Difference between revisions 1376491 and 1376504 on afwiki{{Gaan taal na}} [[Beeld:Perchten4.jpg|duimnael|200px|Optog in die Oostenrykse stad [[Klagenfurt]]]] Veral die oostelike en sentrale [[Alpe]]gebiede staan bekend vir hulle ryk tradisies, wat hulle oorsprong onder meer in die voor-Christelike tydperk het. Die huidige "heidense" tradisies is 'n mengsel van Germaanse, Slawiese, Retiese en Keltiese invloede. == Oorlewering == (contracted; show full) == Krampus == [[Beeld:Krampus Morzger Pass Salzburg 2008 06.jpg|duimnael|200px|Krampus]] Die woord [[Krampus]] het sy oorsprong in die Oudhoogduitse term vir klou, ''krampen''. Krampus word in die Alpegebied, maar ook in [[Hongarye]] en [[Kroasië]], as 'n demoniese figuur uitgebeeld, wat saam met Sint Nikolaas optree. Gewoonlik ver kleemom jong mans hulle gedurende die eerste twee weke van Desember, en veral op die aand van 5 Desember, in Krampus-kostuums om die strate rond te swerf en sowel kinders asook volwassenes met hulle roestige<!-- geroeste --> kettings en klokke angs op die lyf te jaag. In 'n aantal landelike gebiede word jong dames as deel van die pret saggies met roedes geslaan. Jong mans doen groot moeite met die vervaardiging van hulle handgemaakte maskers om by die plaaslike feeste met 'n indrukwekkende kostuum te kan spog. Die Krampus-figuur toon sekere ooreenkomste met Swarte Piet, die begeleier van Sint Nikolaas in ander Europese gebiede. Daar is egter belangrike verskille. Krampusse tree dikwels in groot groepe op. In die omgewing van Salzburg, die Tiroolse Unterland en in die Salzkammergut tree Sint Nikolaas, Krampus en ''Körbelträger'' (die "Mandjiesdraer") gemeenskaplik op. Die Krampus-tradisie was oorspronklik oor die hele Oostenryk verspreid, maar in die tydperk van die Inkwisisie is die gebruik verbied. Mense, wat hulle as duiwelse wesens vrklee<!-- vermom? -->ermom het, is destyds die doodstraf opgelê. Die tradisie het sodoende net in afgeleë gebiede oorleef. Vanuit die kloosterskole het vanaf die middel van die 17de eeu 'n nuwe tradisie ontwikkel. Sint Nikolaas is deur skrikwekkende wesens, duiwels en mense in dierkostuums vergesel om kinders op te soek. Vrome, volgsame<!-- volgende? --> en gehoorsame kinders het geskenke ontvang, terwyl die stouterds gestraf is. == Perchten == [[Beeld:Krampus Morzger Pass Salzburg 2008 04.jpg|duimnael|200px|Percht-aanhanger]] [[Beeld:Perchtenmaske.jpg|duimnael|regs|200px|Perchten-masker uit St. Johann (Pongau)]] (contracted; show full) * Müller, Felix; Ulrich Müller: [http://www.fmueller.net/krampus_de.html Percht und Krampus, Kramperl und Schiach-Perchten.] In: Müller, Ulrich; Werner Wunderlich (reds.): ''Mittelalter-Mythen 2. Dämonen-Monster-Fabelwesen''. St. Gallen 1999, bl. 449 – 460. == Eksterne skakels == * [http://www.visit-salzburg.net/travel/perchten.htm Die Perchten van Salzburg] * [http://www.asatruart.de/ PaganArt] * [http://www.asatruringfrankfurt.de/ Pagan Mythology] [[Kategorie:Paganisme]] All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=1376504.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|