Difference between revisions 1444791 and 1444792 on afwikiDie '''Geloofsbond van Hervormde Gemeentes''', 'n uitvloeisel van die steedsHervormers. Die steedsHervormers is 'n faksie binne die [[Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika]](NHKA) wat vanaf 2011 'n geloofskrisis in laasgenoemde kerk identifiseer. Die steedsHervormers het hulself onderskei van, en verset teen wat hulle gesien het as 'n nuwe stroming in die NHKA wat gekenmerk word deur 'n liberale teologie met ingeslote [[humanisme]], en 'n [[bevrydingsteologie]] wat inklusiwiteit ten koste van teologiese behoudenheid en eie identiteit ten doel het. ==Geskiedenis== Tydens ‘n vergadering wat plaasgevind het op 12 November 2011, waartydens 66 gemeentes van die NHKA verteenwoordig was met ‘n totale bywoning van 268 lidmate, is die steedsHervormers belydenis gespreksgroep amptelik in die lewe geroep. Kortliks was die steedsHervormers as volg gedefinieer: Hierby staan ons, dit kan nie anders nie: Tree ons weg, tree ons uit die ware LIG. Tree ons terug, versaak ons die WAARHEID. Tree ons uit, verloor ons die LEWE. Op grond van die huidige geloofskrisis in die Kerk besluit ons as gemeentes en lidmate van die NHKA om ons te versamel as ‘n konfessionele groep (belydende gespreksgroep) met die naam “steedsHervormers”. Hiermee wil ons te kenne gee dat; · ons steeds onsself sien as Hervormers en as die ware voortsetting van die NHKA, · ons nie van die NHKA wil wegskeur nie, · ons vereenselwig onsself met die teologiese tradisie van die NHKA. As steedsHervormers wil ons getrou bly aan die tradisie en geskiedenis van die Hervormde Kerk; · Ons bly getrou aan die Bybels-Reformatoriese teologie soos bedryf in die Hervormde Kerk oor geslagte heen. Dit beteken dat ons werk met die Bybel as die Woord van God, die gesagvolle openbaring van God. Ons gee gehoor aan die wekroep om telkens te hervorm na die eise van die Skrif. Ons staan by die belydenisskrifte en bely met die geloofsbelydenisse onverkort en sonder interpretasie wat eie inhoude gee. Ons onderteken die belydenisskrifte omdat hulle met die Bybel ooreenstem (quia). · Ons bly getrou aan die liturgie wat getuig van gewyde, respekvolle en stigtelike diens aan God Drie-Enig. · Ons verstaan onsself as volkskerk, ons is oortuig dat mense verskillend in die skepping is en dat volkskerkgerigte sending hierdie verskille eerbiedig en die uitdra van die evangelie bevorder. Hiermee grens ons onsself af van die: liberale teologie wat werk met ‘n oop kanon en die Bybel sien as menslike nadenke oor die goddelike. Ons distansieer onsself van diegene wat die belydenisskrifte verstaan as dat hulle net geld in sekere instansies insoverre die belydenisskrifte ooreenstem met hulle nuwe verstaan van die Bybel (quatenus). Ons grens onsself af teen diegene wat van die erediens ‘n vermaaklikheidsgeleentheid maak waartydens die mens in die middelpunt te staan kom. Ons grens ons af teen die bevrydingsteologie wat werk met ‘n integrasiemodel wat alle menslike verskille sonder respek ignoreer.<ref>http://www.geloofsbond.org.za/index.php/so-glo-ons/geskiedenis-van-die-geloofsbond</ref> ==Historiese aanloop == Die optrede van ons as steedsHervormers binne die Kerk het ‘n lang aanloop gehad en het alles met teologie en weining met mag of politiek te make. Op teologiese vlak moet die wending in die Kerk op twee vlakke aangedui word. Aan die een kant was daar al hoe meer ‘n vrysinnigheid in die teologie te bespeur, met die boek van AG van Aarde as die duidelikste baken van ‘n teologie wat geloof ondergrawe. Nie net die maagdelike verwekking van Jesus is in die spervuur nie, maar ook die opstanding. Die kanon word as oop hanteer (met ander woorde boeke soos die Thomas-evangelie word byvoorbeeld gesien as ‘n belangrike bron vir teologie-beoefening), en die band tussen Ou Testament en Nuwe Testament word ontken. Op etiese vlak kom die nuwe teologiese rigting aan die orde in die manier waarop die huwelik in gedrang gebring word. Vele voorbeelde sou gestel kon word, maar die duidelikste voorbeeld is die beskerming wat die Hervormde dosente bied aan ‘n homoseksuele student. Op hulle aandrang is die student wat in ‘n openlike intieme verhouding met ‘n man is, steeds student van die Kerk, studeer hy einde 2012 af en sal dan vroeg 2013 beroepbaar wees. Die dosente se etiek is ver verwyderd van dit wat ‘n geslag gelede die oortuiging was. Daarmee saam het die fakulteit as oop ekumeniese instansie geen duidelike Hervormde inslag nie. In die nuwe liturgie sien ons dan ook die tweede stroom van verandering wat die Kerk wil oorspoel. Die mens (humanisme) het in die hele proses dan ook vir God vervang as middelpunt van die Kerk. Die erediens en alles wat met hierdie belangrike ontmoeting met God te make het, is die beste aanduiding van die tweede teologiese rigtingverandering. Kansels word vervang met ‘n verhoog, die Wet en Belydenis word afgemaak en as oudmodies beskryf en ‘n vreemde liturgie stroom gemeentes binne in so ‘n mate dat Hervormers nie tuis voel in hulle eie Kerk nie. Die Liedboek word aangevul met “geestelike liedjies” en die fokus val op die mens wat goed voel met die sing van liedere. Op kerkleidingvlak was dit reeds onder die leiding van prof. Johan Buitendag duidelik dat ‘n groep binne die Kerk ‘n nuwe rigting ingeslaan het en die Kerk wou saamneem. Die selektiewe Colloquium was ‘n belangrike rigtingaanduider. Een van die sake aldaar was die beplande eenwording (struktureel) met die HKSA. Die Kerk was nie reg vir die vinnige verandering van rigting nie en die Buitendag Kommissie is uitgestem. Agter die skerms is daar steeds hard gewoeker en dit was veral ten opsigte van sake rondom ekumene waarop die meeste fokus geplaas is. ‘n Struikelblok in die onderhandelings met WARC het die dosente se volgende reaksie ontketen. Hulle het in lyn met die verwagting van die WARC apartheid tot sonde verklaar en lidmate en ampsdraers uitgenooi om by hulle aan te sluit. Daar is geen manier om die reaksie te kontroleer nie, maar die gebeure in aanloop tot en by die 69e AKV dui daarop dat hulle deur genoeg steun bemoedig is om voort te gaan. Hulle verklaring in die openbare media en die storm in die Kerk het ‘n paar ampsdraers tot aksie gedwing in ‘n poging om die probleme wat geskep is, aan te spreek. ‘n Klagskrif met onder andere verskeie klagtes van dwaalleer is in 2009 teen sommige van die dosente gelê, met verbygaan van die broederlike gesprek, in die lig van die ernstige klagtes wat teen die dosente ingebring is. Die Kommissie het egter die klag terug verwys en op ‘n bemiddelde gesprek aangedring. Die gesprek se fokus was die verklaring en in die gesprek het nie veel gekom van die ander ernstige klagtes nie (Die klagskrif is beskikbaar indien iemand feite wil kontroleer). Die gesprek was onbevredigend en die verklaring wat uitgereik is deur die dosente was nie aanvaarbaar vir die klaers nie. Met die AKV voorhande het die klaers besluit om die saak eers daar te laat. Die een saak waaroor ooreengekom is, was dat die dosente se standpunt in die agenda opgeneem sou word, asook die standpunt van die klaers. Die agendakommissie wat die 69e AKV se agenda opgestel het, het verkeerdelik die beskrywingspunte toegelaat. Die Kerkorde skryf ‘n ander proses voor. Die uitslag van die 69e AKV is bekend en die probleme en ongerymdhede rondom die besluit is opgeteken in die beswaarskrif wat deur teenstemmers opgestel is. Die Kerk se hantering van die beswaarskrif is ook reeds goed gedokumenteer en daar sou nog baie gestel kon word rondom die manipulasie van die BAKV. Uit die Kommissie se hantering van die beswaarskrif en die sake wat daarmee saamgaan, het ‘n paar sake duidelik geword. · Daar is nog ‘n groot groep ampsdraers en lidmate wat nie tuis voel binne die nuwe denke wat die NHKA stelselmatig inbring nie. · Die lojaliteit van ouderlinge kan misbruik word om selfs ‘n vreemde leer (beeld van God in die mens) en ‘n leuen (verwysing na ‘n besluit wat nooit geneem is nie) te beskerm. · ‘n Beswaarskrif sal nie suksesvol kan wees nie, al is daar onbetwisbare bewyse dat die beswaarskrif korrek is. · Die kerkleiding is in die hande van mense wat die nuwe teologie ondersteun. Die nuwe teologiese rigting verdra alles behalwe mense wat beginselvas wil wees. Inklusiwiteit wat enige eksklusiewe denke uitsluit! · ‘n Teenstem sal nie langer binne die Kerk verdra word nie, ten spyte van mooi praatjies oor “eenheid in diversiteit”.. · ‘n Regsgeding teen die Kommissie van die AKV (die ultra vires aard van 54/69) word gesien as ‘n doodsonde en lidmate wat daarmee besig is, of selfs net die saak ondersteun, is nie welkom in die Kerk nie. ==So Glo Ons== SO GLO ONS - ONS KAN NIE ANDERS NIE. Ons onwrikbare geloof in God Drie-enig, ons vashou aan die Bybel as ons enigste kanon, ons aanvaarding van die Belydenisskrifte, die Proponentsformule, dring ons daartoe om te staan by ons geloofsoortuigings. Ons smeekbede is: Help ons, God. Indien alle vorme van protes nie suksesvol was nie, is dit nodig om te bely: Ek distansieer myself en sonder myself af teen hierdie vreemde konsep en verstaan dit as ‘n vreemde leer. Hierdie belydenis spreek elke lidmaat individueel aan. Elkeen moet self kies: Waar staan ek? Dit is ons oortuiging dat ons nou by hierdie punt in die geskiedenis van die NHKA gekom het. In al hierdie sake wat die eer van God, die verlossing van die mens en die beloftes van die ewige lewe aanraak en ten opsigte waarvan ons verplig is om die Here God te gehoorsaam, kan ons geen toegewing aan die (georganiseerde) meerderheid maak nie. Buitendien moet in sake waar dit gaan om die eer van God, ons verlossing uit die sonde en die ewige lewe, elke gelowige opstaan en homself voor God verantwoord en niemand kan hierin agter 'n ander een wegkruip nie. * Ons bly getrou aan die Bybels-Reformatoriese teologie soos bedryf in die Hervormde Kerk oor geslagte heen. Dit beteken dat ons werk met die Bybel as die Woord van God, die gesagvolle openbaring van God. Ons gee gehoor aan die wekroep om telkens te hervorm na die eise van die Skrif. Ons staan by die belydenisskrifte en bely met die geloofsbelydenisse onverkort en sonder interpretasie wat eie inhoude gee. Ons onderteken die belydenisskrifte omdat hulle met die Bybel ooreenstem (quia). * Ons bly getrou aan die liturgie wat getuig van gewyde, respekvolle en stigtelike diens aan God Drie-Enig. * Ons verstaan onsself as volkskerk, ons is oortuig dat mense verskillend in die skepping is en dat volkskerkgerigte sending hierdie verskille eerbiedig en die uitdra van die evangelie bevorder. Hiermee grens ons onsself af van die: * liberale teologie wat werk met ‘n oop kanon en die Bybel sien as menslike nadenke oor die goddelike. * Ons distansieer onsself van diegene wat die belydenisskrifte verstaan as dat hulle net geld in sekere instansies insoverre die belydenisskrifte ooreenstem met hulle nuwe verstaan van die Bybel (quatenus). * Ons grens onsself af teen diegene wat van die erediens ‘n vermaaklikheidsgeleentheid maak waartydens die mens in die middelpunt te staan kom. * Ons grens ons af teen die bevrydingsteologie wat werk met ‘n integrasiemodel wat alle menslike verskille sonder respek ignoreer. Slegs die Skrif, slegs Christus en slegs geloof. Die woordjie “slegs” (sola) moet nie gesien word as wederkerig uitsluitend nie; aangesien elkeen van die drie binne ‘n ander konteks verstaan moet word. Sola scriptura – Die bron van ons geloof is die Skrif en net die Skrif. Teenoor die Roomse Kerk wat tradisie as gesagvol verstaan het, het die Reformatore net die Bybel as gesagvol aanvaar. Vandag stel ons teenoor die vrysinniges steeds sola scriptura, en nie nog Thomas en die teoretiese Q-bron en ander geskrifte nie, maar die hele Skrif as enigste bron van gesag. Solus Christus – Teenoor die Roomse Kerk se heiliges en moeder Maria het die Reformatore gestel slegs Christus kan red. Vandag stel ons teenoor die vrysinniges se liefde as reddingsdaad steeds dat net Christus as Seun van God kan red, en maak ons daardie eksklusiwistiese aanspraak. Christus is redder en saligmaker, nie goeie morele voorbeeld, of shamaan, of subversiewe rabbi nie. Sola fidei – Geen geld of goeie dade kan jou red nie, het die Reformatore teenoor die Roomse Kerk gestel. Net geloof red. Vandag stel ons steeds teenoor die vrysinniges dat net geloof red, nie die liefde nie. Geloof gaan oor gehoorsaamheid, nie oor inklusiwiteit nie. Anders gestel, mens word nie gered op grond van inklusiwiteit nie, almal wat glo, word ingesluit by die wat gered is. Sola Gratia – Die Reformatore het teenoor die Roomse Kerk gestel dat daar geen verdienste kan wees nie. Die mens is passiewe ontvanger van genade, God het geen hupstoot nodig om die mens te red nie. Teenoor die vrysinniges getuig ons vandag dat die mens nie inherent goed is en dat God dan net daardie laaste bietjie genade bygee nie. Die humanisme dring daarop aan dat die mens se heil in liefde te vind is. Ons getuig alles is louter genade. Dit is hierdie oortuigings wat ons gebring het by ‘n punt waar ons stel dat ons by sekere sake staan, of dan sal moet val, dit kan nie anders nie. Om getrou te wees aan hierdie beginsels, is nie onderhandelbaar nie. Om op te som: * Ons voel nie tuis binne die nuwe teologiese rigting wat stelselmatig in die NHKA ingevoer word nie, dit is volgens ons nie Reformatories nie. * Ons staan by die Bybel en verstaan die Bybel as die Woord van God. * Ons staan by die waarhede wat ons as fundamentele waarhede sien, wat insluit die Skrif alleen, genade alleen, geloof alleen en Christus alleen. * Ons gaan / wou onderhandel met die Kommissie van die AKV oor akkommodasie binne die NHKA. * Ons verstaan onsself as die voortsetting van die teologiese tradisie van die NHKA. In teenstelling daarmee staan die nuwe teologiese rigting, en ons voel tuis by nóg die liberale teologie met sy humanisme, nóg die bevrydingsteologie met sy inklusiwiteit ten koste van eie identiteit. * Ons nooi lidmate uit om by ons aan te sluit, maar plaas geen gewetensbinding op enige persoon nie. Ons wil net kerk wees en die Here dien.<ref>http://www.geloofsbond.org.za/index.php/so-glo-ons/geloofstandpunt</ref> == Verwysings == <references /> == Eksterne Sskakels == * [http://www.geloofsbond.org.za/ Official website of the Geloofsbond van Hervormde Gemeentes] (Official website) * [https://www.facebook.com/geloofsbond Official Facebook page of the Geloofsbond van Hervormde Gemeentes] [[Kategorie:Nederduitsch Hervormde Kerk]] All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=1444792.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|