Difference between revisions 1574049 and 1574051 on afwiki

'''Fiksieskryf''' is die skepping van niefeitelike prosatekste. Dit word dikwels as 'n verhaal aangebied wat veronderstel is om te vermaak of 'n skrywer se standpunt oor te dra. [[Kortverhaal|Kortverhale]], [[Roman|romans]], [[Novelle|novelles]], [[draaiboeke]] of [[Drama|dramas]] is van die tipes fiksieskryfstyle. Verskillende tipes [[Outeur (skrywer)|outeurs]] beoefen fiksieksryf, insluitend [[Romanskrywer|romanskrywers]], [[Toneelskrywer|toneelskrywers]], [[Kortverhaal|kortverhaalskrywers]], [[dramaturge]] en [[draaiboekskrywers]].

== Kategorieë van prosafiksie ==

=== Genrefiksie ===
'n [[Genre]] is die onderwerp of kategorie wat deur skrywers gebruik word. [[Wetenskapsfiksie|Wetenskapfiksie]], [[fantasie]] en [[raaiselfikse]] is voorbeelde van genres. [[Genrefiksie]], ook bekend as populêre fiksie, is intrigegedrewe [[Fiksie|fiktiewe werke]] wat daarop gerig is om by 'n spesifieke [[literêre genre]] in te pas ten einde lesers en aanhangers te trek wat reeds met daardie genre vertroud is.<ref>{{cite web|last=French|first=Christy Tillery|title=Literary Fiction vs Genre Fiction|url=http://www.authorsden.com/categories/article_top.asp?catid=10&id=18884|work=AuthorsDen|accessdate=10 April 2013}}</ref>

Anders as literêre fiksie wat meer op tema en karakter fokus,  is genrefiksie intrigegedrewe. Genrefiksie of populêre fiksie word met die oog op 'n groot leserskring geskryf en verkoop gewoonlik beter, hoofsaaklik omdat dit meer gekommersialiseer is. Die ''Twilight''-reeks verkoop byvoorbeeld beter as Herman Melville se ''Moby Dick'' aangesien die "Twilight"-romans elemente van popkultuur bevat – romanse en vampiere.

=== Literêre fiksie ===
Literêre fiksie is [[Fiksie|fiktiewe werke]] wat literêre meriete dra; dit is met ander woorde werke wat sosiale kommentaar, of politieke kritiek lewer of op 'n aspek van die menslike toestand fokus.

Literêre fiksie word gewoonlik met populêre, kommersiële, of genrefiksie gekontrasteer. Sommige kundiges beskryf hierdie verskil as 'n ontleding van die werklikheid (literêr) in teenstelling metoor ontsnapping van die werklikheid (populêr). Die kontras tussen hierdie twee kategorieë is kontroversieel onder sommige kritici en kundiges.

== Elemente van fiksie ==

=== Karakter ===
(contracted; show full) wat fiksieskrywers bewustelik of onbewustelik tydens die skryf van 'n verhaal uitoefen. Dit omsluit nie net die groter prentjie, strategiese keuses soos oogpunt en keuse van [[verteller]] nie, maar ook persoon en tydvorm, taktiese keuses soos grammatika, leestekens, woordgebruik, sins- en paragraaflengtes en -struktuur, toon, beeldspraak, hoofstukgebruik, titelkeuses, ens. In die skeppingsproses van 'n verhaal versmelt hierdie keuses om die skrywer se stem, sy of haar eie unieke styl, te word.






==== Verteller ====
Die '''verteller''' vertel die verhaal.

==== Oogpunt ====
Oogpunt is die perspektief (of persoonlike of niepersoonlike "lens") waaruit die verhaal gekommunikeer word. Narratiewe oogpunt of narratiewe perspektief beskryf die verteller se standpunt, met ander woorde, die verteller se verhouding tot die verhaal wat vertel word.<ref>{{cite book|editor=James McCracken|title=The Oxford English Dictionary|url=http://www.oed.com/|accessdate=October (contracted; show full)

== Kreatiewe Skryfwerk 101: Volgens Kurt Vonnegut ==
Kurt Vonnegut, die outeur van die aangeprese romans, ''Cat's Cradle'', ''Slaughterhouse-Five'', en ''Breakfast of Champions'', het in sy kortverhaalbundel, ''Bagombo Snuff Box'', agt reëls gegee oor hoe om 'n suksesvolle verhaal te skryf. Die reëls word in die Inleiding van die versameling gelys.

"
Hier is Kreatiewe Skryfwerk 101":
# Gebruik die tyd van 'n volslae vreemdeling op so 'n manier dat hy of sy nie voel dat dit 'n mors van tyd was nie.
# Gee die leser ten minste een karakter aan wie se kant hy of sy kan wees.
# Elke karakter moet iets wil hê, selfs al is dit net 'n glas water.
# Elke sin moet een van die volgende doen — óf meer van 'n karakter openbaar óf die handeling voorthelp.
# Begin so na as moontlik aan die einde.
# Wees 'n sadis. Maak nie saak hoe oulik en onskuldig jou hoofkarakters is nie, laat vreeslike dinge met hulle gebeur — sodat die leser kan sien van watter stoffasie hy of sy gemaak is.
# Skryf om net een persoon tevrede te stel. As jy 'n venster oopmaak en met die wêreld flankeerliefde maak, sal jou verhaal longontsteking kry.
# Verskaf van die begin af soveel inligting moontlik. Te hel met afwagtLaat staan maar die spanning en spannafwagting. Lesers se begrip van wat aan die gang is, moet só volledig wees dat hulle die storie self sal kan klaarmaak indien die laaste paar bladsye deur kokkerotte geëet sou word."

== Sien ook ==

== Aantekeninge ==
# '''[[Fiction writing#ref fn1|^]]'''{{note|fn1}} {{Cite book|last=Vonnegut|year=1999|authorlink=Kurt Vonnegut|first=Kurt|title=[[Bagombo Snuff Box]] pp. 9–10, &ndash;154.|publisher=G. Putnam's Sons|isbn=0-399-14505-2}}
(contracted; show full){{reflist}}

== Eksterne skakels ==
* [https://www.theguardian.com/books/2010/feb/20/ten-rules-for-writing-fiction-part-one Top Notch Writing Advice From Famouse Masters]
* [http://www.ursulakleguin.com/SteeringCraft_57B.html Hugo and Nebula Award Winning Author Ursula K. Le Guin's writing advice]
* [http://www.nanowrimo.org Official Website for National Novel Writing Month]
[[Kategorie:Fiksie]]
[[Kategorie:Skryf]]