Difference between revisions 1581732 and 1698059 on afwiki

{{Weesbladsy|datum=Augustus 2017}}


'''Ontlametse Bernstein Menyatsoe''' is 'n self-erkende moordenaar (en moontlik ook oorlogsmisdadiger) wat bekendheid verwerf het deur drie gewonde [[AWB]] lede buite [[Mmabatho]] dood te skiet na hulle reeds oorgegee het. Die drie lede was Alwyn Wolfaardt, Johannes Fourie en Jacobus Stephanus Uys. Ná die skietery het Menyatsoe ook stilgebly en toegelaat dat ene Sersant Nare eers vervolg word voordat hy erken het dat hy die eintlike moordenaar is. Menayatsoe het aansoek gedoen vir amnestie by die [[Waarheid-en-versoeningskommissie]] (WVK) waarna hy by die WVK verhoor onder andere deur die AWB-leier [[Eugene Terre'Blanche]] self kruisondervra is. Die WVK het bevind dat Menyatsoe 'n onbetroubare getuie was, maar het nietemin amnestie aan hom toegestaan.

Tot op datum (Julie 2016) is daar geen verdere stappe teen Menyatsoe geneem rakende die moorde nie. Hy was verbonde aan die Bophuthatswana Polisiemag ten tye van die skietery.

== Verwysings ==
* {{cite web| url=http://www.doj.gov.za/trc/decisions/1999/ac990239.htm |title=Amnestie-aansoek – Ontlametse Bernstein Menyatsoe |publisher=[[Waarheid-en-versoeningskommissie]]}}

[[Kategorie:Moordenaars]]
[[Kategorie:Suid-Afrikaanse kriminele]]