Difference between revisions 1640139 and 2144897 on afwiki{{Weesbladsy}}⏎ {{Taksoboks | name = Vinger-en-duim | image = Dactylopsis digitata - prev Phyllobolus digitatus - finger and thumb plant 5.jpg | image_width = 240px | regnum = [[Plantae]] | divisio = [[Magnoliophyta]] | classis = [[Magnoliopsida]] | ordo = [[Caryophyllales]] | familia = [[Aizoaceae]] | genus = '''''[[Dactylopsis]]''''' | species = ''D. digitata'' | binomial = ''Dactylopsis digitata'' | binomial_authority = (Aiton) N.E.Br. | synonyms= * ''Mesembryanthemum digitatum'' Aiton, * ''Mesembryanthemum digitatum'' [[Carl Peter Thunberg|Thunb.]], * ''Mesembryanthemum digitiforme'' Thunb., * ''Phyllobolus digitatus'' (Aiton) Gerbaulet }} Die '''vinger-en-duim''' (''Dactylopsis digitata'' (Aiton) N.E.Br.) is 'n [[vetplant]]jie uit die [[vygies|vygiefamilie]] wat [[endemies (ekologie)|endemies]] aan Suid-Afrika is. Dit kom in die [[Wes-Kaap]] voor. Op die [[SANBI-rooilys]] is dit as ''veilig'' (LC) gelys en dié lys vermeld twee subspesies: * ''Dactylopsis digitata'' (Aiton) N.E.Br. subsp. ''digitata'' <ref>{{webaanhaling|url=http://redlist.sanbi.org/species.php?species=131-1|titel=SANBI-rooilys}}</ref> * ''Dactylopsis digitata'' (Aiton) N.E.Br. subsp. ''littlewoodii'' (L.Bolus) Klak.<ref>{{webaanhaling|url=http://redlist.sanbi.org/species.php?species=131-3|titel=SANBI-rooilys}}</ref> ''D.d. digitatus'' is groter (10 tot 20 cm hoog) en kom naby [[Vanrhynsdorp]] en [[Vredendal]] voor. ''D.d. littlewoodii'' is kleiner (<10 cm) en kom noord van Vanrhynsdorp voor. Dit word ook nie groter wanneer daar goeie reëns gewees het nie. Die plante het twee silindervormige, ongelyke blare wat lyk as 'n vinger en 'n duim. Die blare is met [[blaassel]]le bedek wat ongeveer 1 mm hoog en diggepak is. Die wortel is 'n bietjie verdik. Die blomme word 10 – 20 mm in deursnee en die blomblaartjies is wit tot room. Die blommetjies bly dag en nag oop. Die vygie kom op [[skalie]] voor wat met kwartsklippies bedek is.<ref>''Illustrated Handbook of Succulent Plants: Aizoaceae F-Z'', {{Outeur|Heidrun E.K. Hartmann}}, Springer Science & Business Media, 2002, ISBN 3-540-41723-0, ISBN 978-3-540-41723-1, bls. 208-209</ref> == Verwysings == {{Verwysings}} == Eksterne skakels == {{Wikt-inlyn|vinger-en-duim}} [[Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika]] [[Kategorie:Vygies]] All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=2144897.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|