Difference between revisions 1822808 and 1822810 on afwiki[[Lêer:2007 Myanmar protests 7.jpg|regs|250px|duimnael|Betogers in Jangon. Die boodskap op die banier lees ''Nie-geweld : Nasionale Beweging'' in Birmaans]] [[Lêer:Burma protest march in Chicago.jpg|regs|250px|duimnael|Betogers op pad na die Chinese konsulaat in Chicago]] Die '''2007 Mianmarese anti-regeringsbetogings''' was 'n golf betogings wat op [[15 Augustus]] [[2007]] in [[Mianmar]] (wat ook as Birma bekendstaan) begin het. Die betogings het begin nadat die regerende militêre junta brandstofsubsisdies opgehef het wat gelei het tot 'n styging in die prys van brandstof van sowat 500%.<ref name ="Monks">[http://www.nytimes.com/2007/09/20/world/asia/20cnd-myanmar.html?adxnnl=1&adxnnlx=1190382862-nwfidVsImsj3gq8IKLx0Ow Monks pressure Myanmar junta].</ref> Die aanvanklike betogings wat deur opposisie politieke aktiviste en studente gelei is vinnig en fel onderdruk en tientalle betogers is gearresteer en aangehou. Op [[18 September]] is nuwe betogings deur duisende [[Boeddhisme|Boeddhiste monnike]] begin. Nadat die betogings aanvanklik vreedsaam verloop het, het die regering op [[26 September]] in weerwil van internasionale oproepe tot beheersing op brutale wyse ingegryp om die protesaksie te onderdruk.<ref name ="Monks" /><ref>[http://english.aljazeera.net/NR/exeres/4081D23F-F1A4-46AF-BA50-D47FA2B7A4AE.htm UN envoy warns of Myanmar crisis]</ref> As deel van die regeringsoptrede is aandklokreëls in Jangon en Mandalay ingestel, openbare internettoegang is afgesny, [[traangas]] is gebruik om betogings op te breek, honderde betogers is in hegtenis geneem en monnike is geslaan. Daar is ook met masjiengewere<ref>[http://www.burmanet.org/ BurmaNet News], [http://www.burmanet.org/news/2007/09/28/irrawaddy-international-pressure-building-on-burma-lalit-k-jha/#more-9121 Irrawaddy: International Pressure Building on Burma – Lalit K. Jha], besoek op 29 September 2007</ref><ref>[http://abcnews.go.com/ abs NEWS], [http://abcnews.go.com/International/wireStory?id=3658216 Myanmar Soldiers Fire Weapons Into Crowd], besoek op 29 September 2007</ref> op betogers gevuur en 'n aantal betogers en 'n [[Japan]]nese fotograaf is doodgeskiet. Teen 28 September het die regeringsmagte daarin geslaag om meeste van die massabetogings te onderdruk en moes slegs klein groepies aktiviste verjaag word. Die monnike is daarvan verhoed om verder aan die optogte deel te neem deur deur geslote hekke, doringdraadversperrings en wagte om kloosters.<ref>[http://abcnews.go.com/ abs NEWS], [http://abcnews.go.com/International/wireStory?id=3667300 Troops Take Back Control in Myanmar], besoek op 29 September 2007</ref> Aangesien die regering buitelandse joernaliste verhinder om die land in te gaan, kom die meeste verslae oor en beelde van die gebeurtenisse van skrywers van [[webjoernaal|webjoernale]] en ander ongeïdentifiseerde bronne.<ref>[http://web.archive.org/web/20071016205754/http://blogs.usatoday.com/ondeadline/2007/09/todays-photo-ja.html Japanese journalist shot to death covering protests in Burma], by die [[USA Today]]. Laaste besoek op 29 September 2007.</ref> Meeste van die land se internetskakels na die buitewêreld is egter tans geknip, selfoonseine word geblokkeer en daar is byna geen telefoniese verbindings nie. Alhoewel die regering die buitelandse media vir die betogings blameer, beweer hulle dat hierdie skielike breuk in kommunikasieverbinding die gevolg is van 'n beskadiging aan die land se onderwaterse, hoof-internetkabel.<ref>[http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7016238.stm Junta tightens media screw] by die BBC-nuuswerf. Laaste besoek op 29 September 2007.</ref> Die Mianmarse regeringsoptrede is wêreldwyd verdoem en sanksies is deur die [[VSA]] ingestel terwyl die [[Europese Unie]] besig is om bestaande sanksies teen die land uit te brei. Beswaar is ook in verskeie lande op diplomatieke vlak en by die [[Verenigde nasies]] aangeteken insluitend deur buurlande soos [[Indië]]<ref>[http://timesofindia.indiatimes.com/Political_reform_in_Myanmar_should_be_broad-based_says_India/articleshow/2406090.cms "Political reform in Myanmar should be broad-based, says India"], ''[[Times of India]]'', September 26, 2007</ref> en [[Thailand]].<ref name="BBC in quotes">{{webaanhaling |url=http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7014704.stm |titel=In quotes: Burma reaction |toegangsdatum=2007-09-27 |datum=2007-09-27 |uitgewer=BBC News Online }}</ref> Die VSA en die Europese Unie het ook 'n oproep gemaak vir strafmaatreëls, samesprekinge met die opposisie leier en [[Nobelprys vir Vrede|Nobelpryswenner]] [[Aung San Suu Kyi]] en etniese minderheidsgroepe deur die Verenigde Nasies Veiligheidsraad, maar [[Volksrepubliek China|China]], wat as permanente lid van die Veiligheidsraad vetoreg het, het egter aangedui dat die land nie ten gunste van sulke stappe is nie.<ref name="China-no">[http://thestar.com.my/ The Star, Malaysia], [http://thestar.com.my/news/story.asp?file=/2007/9/27/worldupdates/2007-09-27T052049Z_01_NOOTR_RTRMDNC_0_-297349-1&sec=Worldupdates West seeks U.N. sanctions on Myanmar, China says "No"], besoek op 29 September 2007</ref> [[Rusland]] en China, wat vriendskaplike bande met die Mianmarse regime het, het in Januarie 2007 hulle vetoreg gebruik teen 'n ontwerpsresolusie, wat deur die VSA opgestel is, waarin die junta versoek is om die vervolging van minderhede en die opposisie te staak.<ref name="China-no" /> [[Suid-Afrika]] se [[Nobelprys vir Vrede|Nobelvredespryswenner]] [[Desmond Tutu]] het 'n beroep gedoen op China om in te gryp om "hierdie brutale mans aan te sê om hulle brutaliteit te staak". Hy het bygevoeg dat as Sjina nie sy invloed oor die regering sou gebruik nie hy hom sou skaar by 'n veldtog om die Beijing Olimpiese spele in 2008 te boikot.<ref>[http://www.dn.se/DNet/jsp/polopoly.jsp?d=148&a=698244 Desmond Tutu vädjar till Burmas ledare] Dagens Nyheter, September 28, 2007.</ref> == Agtergrond == === Militêre diktatorskap === Mianmar word reeds sedert [[1962]] deur 'n militêre diktatorskap regeer nadat Generaal Ne Win 'n militêre staatsgreep uitgevoer het en die land vir 26 jaar regeer het. In 1974 is antiregeringsbetogings by die begrafnis van U Thant geweldadig onderdruk. In 1988 het onrus wat deur ekonomiese wanbestuur en politieke onderdrukking aangewakker is gelei tot grootskaalse prodemokrasie betoging in wat as die ''8888 Opstand'' bekend staan. Honderde betogers is deur die veiligheidsmagte doodgemaak. Generaal Saw Maung het 'n staatsgreep uitgevoer en die ''State Law and Order Restoration Council'' (SLORC) gevorm om die land te regeer. In 1989 het die SLORC [[krygswet]] afgekondig nadat betogings opnuut opgevlam het. Die militêre regering het planne vir 'n algemene verkiesing teen [[31 Mei]] [[1989]] voltooi.<ref>{{webaanhaling|url=http://www.ibiblio.org/obl/docs/pyithu_hluttaw_election_law.htm |titel=PYITHU HLUTTAW ELECTION LAW|werk=State Law and Order Restoration Council |uitgewer=iBiblio.org |datum=1989-05-31 |toegangsdatum=2006-07-11 }}</ref> In Mei [[1990]] is 'n vrye verkiesing vir die eerste keer in byna dertig jaar gehou. Die Nasionale Bond vir Demokrasie (Afkorting: NLD van die [[Engels]]: ''National League for Democracy'') party van [[Aung San Suu Kyi]] het die verkiesing oorweldigend gewen met 392 van die 489 setels. Die verkiesing is egter deur die SLORC, wat geweier het om te bedank, nietig verklaar.<ref>{{webaanhaling|url=http://www.ibiblio.org/obl/docs/Elections-02.htm |titel=1990 MULTI-PARTY DEMOCRACY GENERAL ELECTIONS |werk=National League for Democracy |uitgewer=iBiblio.org| outeur=Khin Kyaw Han |toegangsdatum=2006-07-11 |datum=2003-02-01}}</ref> Aung San Suu Kyi is onder huisarres geplaas. Tydens haar huisarres is sy in 1990 die Sakharovprys vir vryheid van denke toegeken in in 1991 die [[Nobelprys vir Vrede]]. Ondanks internasionale oproepe vir haar vrylating is sy is sedert 1990 voortdurend onder huisarres of in aanhouding geplaas en kan tot vandag toe nie vrylik beweeg nie. === Menseregteskendings === Die generaals wat Mianmar regeer onderdruk die bevolking van die land reeds vir vyftien jaar lank stelselmatig en ten spyte van talle vergrype en internasionale druk bly hulle steeds aan bewind. Onder die generaal se bewind het Mianmar verval tot een van die wêreld se voorste vervaardigers van heroïen.<ref name=soros>[http://www.soros.org/initiatives/bpsai The Burma Project/Southeast Asia Initiative], [http://www3.soros.org/burma/CRISIS/index.html Burma, Country in Crisis], besoek op 29 September 2007</ref> MIV-lyne wat hulle oorsprong in Mianmar het word langs heroïenroetes na naburige lande versprei en die regering voer stelselmatig grusame menseregte misdrywe teen sy onderdane uit wat die vernietiging van 2 700 dorpies sedert 1996 insluit, reuse gedwonge verskuiwings, verkragting van etniese minderhede deur regerings soldate, wydverspreide dwangarbeid en die gebruik van meer as 70 000 kindersoldate deur die regime.<ref name=iht>[http://www.iht.com/ International harold Tribune], [http://web.archive.org/web/20051001045056/http://www.iht.com/articles/2005/09/19/opinion/edgenser.php Myanmar: A job for the Security Council], besoek op 29 September 2007</ref> Marteling is 'n alledaagse gebeurtenis in Mianmar en artbitrêre teregstellings vind gereeld plaas. As gevolg van die vergrype het meer as 700 000 vlugtelinge uit Mianmar na buurlande, veral [[Thailand]] gevlug.<ref name=iht /> Die meer brutale menseregteskendings vorm deel van 'n breër onderdrukking van basiese vryhede. Daar is geen sprake van vryheid van uitdrukking in die land nie en selfs kunsuitstallings moet deur die militêre owerhede goedgekeur word. Weinig onafhanklike media bly oor en die is onderhewig aan swaar sensuur. Die staatsbeheerde uitsaaiwese is onverskuilde propagandamasjien van die regerende regime en Mainamar se burgers se enigste bron van akkurate nuus is internasionale radio stasies. Openbare opposisie teen die junta se beleide is strafbaar met tot twintig jaar gevangenis straf en die besit van ongelisensieerde faksmasjiene en of modems met vyftien jaar.<ref name=soros /> Verder word vryheid van assosiasie en vergadering ontneem en alle politieke vergaderings is verbode. Politieke partye soos die NLD word gemonitor en lede word lastig geval of gearresteer. Teen 2000 is daar geskat dat ten minste 1 700 politieke gevangenes in aanhouding was.<ref name=soros /> Die militêre regering onderdruk en manipuleer ook godsdienstige uitdrukking in die land. In die grootliks [[Boeddhisme|Boeddhistiese]] land dring die regering op geestelikes se ondersteuning aan en word kloosters gestroop om leiers wat hulle teë gaan te verwyder. Moslems in die suidweste van die land is blootgestel aan weermag aanvalle wat in [[1997]] gelei het tot 25 000 vlugtelinge na [[Bangladesj]].<ref>[http://news.bbc.co.uk/ BBC Nuus], [http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7019882.stm Burmese exiles in desperate conditions], besoek op 30 September 2007</ref> [[Christendom|Christenkerke]] word ook fyn dopgehou en en kerk aktiwiteit word ingeperk.<ref name=soros /> === Ekonomiese toestand === Mianmar het geweldige ekonomiese potensiaal. Die land is ryk aan minerale en lanbougeleenthede en ten spyte van regeringsverwaarlosing is daar steeds 'n sterk onderwystradisie. Goeie infrastruktuur is ook tydens die Britse Koloniale bewind opgerig. bestendige groei het na onafhanklikheid gevolg, maar die militêre regime wat van 1962 af regeer het se isolasionistiese "Birmaanse Weg na Sosialisme" beleid groot skade berokken en het dit die land verarm van 'n land wat in die 1950's deur die Wêreldbank gesien is as een van die in Asië met die beste vooruitsigte tot een van die armste lande ter wêreld.<ref>[http://uk.reuters.com/ Reuters], [http://uk.reuters.com/article/worldNews/idUKBKK23220820070827 Myanmar fuel rises suggest junta budget crunch], besoek op 29 September 2007</ref> Desperate ekonomiese toestande het bygedra tot die pro-demokrasie betogings van [[1988]]. Oor die afgelope aantal jare het ekonomiese liberalisering veranderinge ingelui. Ekonomiese ontwikkeling raak egter slegs 'n klein minderheid van die bevolking en die meeste Birmane baat nie daarby nie. Hoë inflasie verminder hulle koopkrag wat sake verder bemoeilik. Die regering spandeer 40% van sy begroting op militêre besteding ten spyte van die algehele gebrek aan buitelandse bedreiginge. Die Miniamarse junta se ekonomiese beleid berus op die uitvoer van die land se hulpbronne met min of geen waardetoevoeging. Koper, hout en en energie uitvoere ondersteun 'n ekonomie wat byna geheel en al afhanklik is van invoere en blootgestel is aan wispelturigheid van hulpbronpryse. Buitelandse inkomste en beleggings is swak bestuur en beplande hidroëlektriese skemas sal waarskynlik noodgedwonge elektrisiteit moet uitvoer om die ekonomie te ondersteun eerder as om ekonomiese en maatskaplike groei te ondersteun.<ref name=pinr>[http://www.pinr.com/ The Power and Interest News Report], [http://www.pinr.com/report.php?ac=view_report&report_id=688&language_id=1 Economic Brief: The Economic Factors Behind the Myanmar Protests'], besoek op 29 September 2007</ref> Die junta begeef hom ook in ondeurdagte projekte soos die inligtingstegnologie projek by Jadanabon in 'n land met argaïese kommunikasie-infrastruktuur wat nie so 'n projek sal kan ondersteun nie. 'n Ander voorbeeld is die landswye jatropha (medisinale neut) plantasies wat nie na noemenswaardige ekonomiese ontwikkeling sal lei nie.<ref name=pinr /> 'n Belangrike aspek van die junta se inmenging in die ekonomie is brandstofsubsidies – die inkorting van die subsidies in Augustus 2007 sou 'n belangrike role speel in die ontlont van die betogings van Augustus en September 2007. In 2006 het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreldbank as deel van 'n hervormingspakket aanbeveel dat brandstofsubsidies gesny word. In die verslag het hulle verwys na die hoë begrotingstekorte wat deur die regering opgehoop word as gevolg van die maatreëls. Die junta se bou van 'n nuwe hoofstad by Naypyidaw en die beplande inligtingstegnologie hoofstad, Jadanabon en beduidende salarisverhogings vir staatsamptenare en weermagpersoneel het ernstige druk op regeringsreserwes geplaas. Die regering het in die verlede die soos tekorte aangespreek deur meer geld te druk wat weer tot inflasie lei. Planne om brandstofsubsidies in Mianmar te beëindig is waarskynlik deel van 'n stel hervormings wat die junta beplan het om onder andere die druk van wêreldbrandstof pryse te verlig. Privaatseketor belange in Mianmar was moontlik ook 'n faktor. Een van Mianmar se sakeleiers, Tay Za en die maatskappy Htoo Trading Company sal na verwagting baie baat by die privatisering van die branstofverspredingstelsel wat afhanklik is van die uitroei van die brandstof swartmark – wat behaal kan word deur die ophef van subsidies. Hoewel dit nie gesien word as die hoof rede vir die junta se besluit om subsidies op te hef nie strook dit met hulle neiging om beleide deur te voer wat die regering se sakevennote bevoordeel.<ref name=pinr /> === Internasionale druk === Mianmar verkeer reeds vir geruime tyd onder internasionale druk om stappe te doen om demokrasie in die land te herstel. In Maart [[1997]] is 'n resolusie eenparig deur die Verenigde Nasies Menseregtekommissie waarin 'n string menseregteskendings gelys word insluitend moord, marteling, verkragting, politieke aanhouding en dwangarbeid. Talle ander internasionale organisasies soos die Internasionale Arbeidsorganisasie, Amnestie Internasionaal, Article 19, Human Rights Watch, en ander onafhanklike groepe veroordeel die regime se behandeling van die Birmaanse bevolking. Die VSA het reeds in [[1988]] sanksies teen Mianmar ingestel. Die sanksies is in [[1997]] en [[2003]] verskerp. Die [[Europese Unie]] In Oktober is die sogenaamde Gemene Posisie (Engels: ''Common Position'') deur die Europese Unie aangeneem. Die dokument het bestaande Europse sanksies teen Mianmar bevestig. Sedertdien is die Gemene Posisie verskeie kere versterk en uitgebrei as gevolg van die regime se weiering om betekenisvolle vordering tot demokrasie te maak. Tot 2004 is Europese Kommissie hulp tot Birma/Mianmar beperk tot humanitêre hulpverlening. Die huidige weergawe van die dokument maak egter voorsiening vir 'n meer stelselmatige benadering tot hulpverlening.<ref>[http://ec.europa.eu/ Europese Kommissie], [http://ec.europa.eu/external_relations/myanmar/csp/index.htm The EU's relations with Burma / Myanmar Country Strategy Paper 2007–2013 Executive Summary], besoek op 30 September 2007</ref> Mianmar is 'n lid van die Assosiasie van Suidoos-Asiese Nasies (Afkorting ASEAN van die [[Engels]]e naam '' Association of Southeast Asian Nations''). Die ASEAN neig om nie in wat as lidlande se interne aangeleenthede in te meng nie. Westerse sanksies word ondermyn deur die volgehou ekonomiese bande tussen Minamr en veral Sjina. Op [[12 Januarie]] het [[Rusland]] en [[Volksrepubliek van Sjina|Sjina]], wat beide vetoreg het, asook [[Suid-Afrika]] in die Verenigde Nasies teen 'n voorstel gestem wat deur die [[VSA]] en die [[Verenigde Koninkryk]] gemaak is wat Mianmar sou versoek het om sekere pro-demokrasie stappe te neem. Nege lande het ten gunste van die resolusie gestem en Kongo, [[Indonesië]] en [[Katar]] het buite stemming gebly. Rusland en Sjina het ekonomiese belange in Mianmar terwyl Suid-Afrika se stem blykbaar op tegniese redes gegrond is.<ref>[http://www.dfa.gov.za/ Departement van Buitelandse Sake], [http://www.dfa.gov.za/docs/2007pq/pq22.htm South Africa's Vote in the United Nations Security Council], besoek op 30 September 2007</ref> Suid-Afrika se besluit is plaaslik deur die Nobelprys vir Vrede wenner [[Desmond Tutu]], die vakbond alliansie Cosatu en die amptelike opposisie, die [[Demokratiese Alliansie]] veroordeel en die Departement van Buitelandse Sake se redes word deur die groepe verwerp. Internasionale kommentators het hulle teleurstelling met Suid-Afrika se posisie uitgespreek en gewys op ooreenkomste met die situasie in Mianmar en die in Suid-Afrika tydens die [[Apartheid]]era en die belangrike rol wat die Verenigde Nasies gespeel het in terme van internasionale druk op die Apartheidsregering – ten spyte van die regering se besware dat Apartheid 'n interne aangeleentheid was.<ref>[http://archive.is/20120729160506/unweek.blogspot.com/|UN Week], [http://archive.is/20120715132229/unweek.blogspot.com/2007/01/usuk-draft-resolution-on-myanmar.html US/UK draft resolution on Myanmar vetoed in Security Council. - January 15, 2007 United Nations Week], besoek op 30 September 2007</ref><ref>[http://www.nytimes.com/ New York Times], [http://www.nytimes.com/2007/03/24/world/africa/24africa.html?n=Top%2fReference%2fTimes%20Topics%2fOrganizations%2fU%2fUnited%20Nations%20 South Africa Lowers Voice on Human Rights], besoek op 30 September 2007</ref> == Hoofgebeure == === Aanloop tot betogings === Die eerste tekens van onrus in 2007 in Mianmar het reeds in Februarie voorgekom toe 'n groep wat hulleself die Mianmar Ontwikkelings Komitee noem 'n beroep gemaak het op die militêre regering om verbruikerspryse, gebrek aan gesondheidsorg, onderwys en swak elektristeitsvoorsiening aan te spreek. Betogings in Mianmar is byna ongehoord en die protes aksie is ook vinnig stop gesit. Waarskynlik in reaksie op die onrus is Brigadier-Generaal Than Han van die Mianmarse polisie verantwoordelik gemaak vir die hantering van burgerlike onrus in Rangoen.<ref name=pinr />⏎ ⏎ === Inkort van brandstof-subsidies en aanvanklike betogings === Op [[15 Augustus]] [[2007]] het die regering van Mianmar aangekondig dat branstofsubsisdies gesny sou word. Dit het gelei tot onmiddellike stygings in die prys van alle soorte brandstof. Die prys van Diesel het met 100 persent gestyg, aardgas met 500% en petrol met 67%.<ref>[http://www.mmtimes.com/ The Myanmar Times], [http://www.mmtimes.com/no380/n008.htm Higher global oil prices drive up the cost of fuel], besoek op 29 September 2007</ref> Die prys verhogings het verdere inflasionêredruk veroorsaak op 'n koers wat reeds 21,4% bedra het in 2006. In reaksie op die prys verhogings het burgerlike onrus onder leiding van 'n groep wat bekend staan as die 88 Generasie Studente Groep, wat byna 20 jaar te vore as studenteleiers die pro-demokrasie betogings van 1988 gelei het, 'n aanvang geneem.<ref>[http://www.atimes.com/ Asia Times], [http://www.atimes.com/atimes/Southeast_Asia/IH24Ae03.html Fuel price policy explodes in Myanmar], besoek op 29 September</ref> Op [[18 Augustus]] het die groep 'n verklaring uitgereik aangaande die stygende brandstofpryse waarin hulle die regering versoek het om die styging in verbruikerspryse wat daarop gevolg het aan te spreek en die maatskaplike leiding van die bevolking te verlig. Die groep het op [[19 Augustus]] van Koke-kaing tot by Kyauk-myong mark in Rangoen marsjeer. Onderweg het verbygangers hulle met applous ondersteun en ongeveer 500 mense by hulle aangesluit. Die owerhede het video-opnames van die optog gemaak maar nie teen die betogers opgetree nie.<ref name=IoS>[http://www.independent.co.uk/ The Independent on Sunday], [http://news.independent.co.uk/world/asia/article3013125.ece Veterans of 1988 at the forefront of latest action], besoek op 30 September 2007</ref> Op [[22 Augustus]] is sewe sleutel lede van 88 Generasie Studente Groep gearresteer weens hulle rol in die organisering van betogings.<ref>[http://news.bbc.co.uk/ BBC News], [http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/6958363.stm Profilef: 88 Generation Students], besoek op 29 September 2007</ref> Die owerhede het vinnig teen die betogings opgetree en tientalle aktiviste is in hegtenis geneem. Betogings het egter voortgeduur en na ander dele van die land versprei insluitend in Sittwe en ander dorpe.<ref>[http://news.bbc.co.uk/ BBC News], [http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7010202.stm Q&A: Protests in Burma], besoek op 29 September 2007</ref> === Monnike sluit by die betogings aan === [[Lêer:2007 Myanmar protests 11.jpg|regs|250px|duimnael|Monnike wat in Jangon betoog met die Boeddhistevlag]] Op [[5 September]] [[2007]] het Mianmarse regeringsmagte 'n vreedsame optog in Pakokku uitmekaar gedwing en in die proses drie Boeddhistiese monnike beseer. Die volgende dag het ander monnike in weerwraak 'n aantal regeringsamptenaare as gyselaars aangehou.<ref>[http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7010202.stm Q&A: Protests in Burma] BBC, September 24, 2007</ref> Die monnike het aangedring dat daar teen [[17 September]] om verskoning gevra moes word, maar die militêre owerheid het geweier om dit te doen. Dit het gelei tot betoging waarby al hoe meer monnike aangesluit het. Religieuse dienste is ook aan die weermag geweier. Die monnike se rol is noem nsewaardig as gevolg van die agting wat hulle by beide die burgerlike en militêre bevolking geniet. Betogings het oor Mianmar begin versprei na Sittwe, Pakokku en Mandalay.<ref name=MONKS-LEAD-LARGEST-PROTEST>[http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7009825.stm Monks lead largest Burma protest] BBC, September 24, 2007.</ref> Op [[22 September]] het ongeveer tweeduisend monnike deur Jangon masjeer en tienduisend deur Mandalay, met ander betogings in vyf ander dorpsgebiede oor Mianmar. Die betogers wat deur Jangon masjeer het is toegelaat om verby die huis van [[Nobelprys vir Vrede]]-wenner [[Aung San Suu Kyi]] te masjeer.<ref name="Rangoon">[http://www.cnn.com/2007/WORLD/asiapcf/09/23/myanmar.protest.ap/index.html 20,000 march in Myanmar protest].</ref> Alhoewel sy steeds onder huisarres was, het sy vlugtig by die hek van haar woning verskyn om deur die monnike geseën te word.<ref name="AFP">[http://news.yahoo.com/s/afp/20070922/wl_asia_afp/myanmarprotestmonks AFP:Democracy icon Aung San Suu Kyi greets Myanmar monks]</ref> Op [[23 September]] het 150 nonne by die betogings in Jangon aangesluit. Op die dag het 15 000 Boeddhistiese monnike en ander burgers deur die strate van Jangon masjeeren stygende vreedsame betogings teen die militêre regime.<ref>[http://www.bangkokpost.com/topstories/topstories.php?id=121953 Monks' protest swells] The Bangkok Post, 23 September 2007.</ref> Die Alliansie van Alle Birmaanse Boeddhiste Monnike het gesweer om met hulle betogings voort te gaan totdat die militêre junta omver gewerp is.<ref>[http://news.bbc.co.uk/1/hi/world/asia-pacific/7009005.stm Nuns in Burma anti-junta rallies]</ref> Op [[24 September]] het tussen 30 000 en 100 000 in Jangon betoog, die grootste antiregeringsprotesaksie in Mianmar in twintig jaar.<ref name=MONKS-LEAD-LARGEST-PROTEST>[http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7009825.stm Monks lead largest Burma protest] BBC, September 24, 2007.</ref><ref>[http://www.cnn.com/2007/WORLD/asiapcf/09/24/myanmar.protest.ap/index.html 100,000 protest Myanmar junta] CNN, September 24, 2007.</ref> Marse het gelyktydig in ten minste 25 stede oral in Mianmar plaasgevind met kolomme monnike wat tot 'n kilometer lank getrek het.<ref name=US-TO-IMPOSE-NEW-SANCTIONS>[http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7011607.stm US to impose new Burma sanctions] BBC, September 24, 2007.</ref> By die mars se eindpunt wou ongeveer 1000 monnike Aung San Suu Kyi by haar huis groet, maar is deur die polisie belet. Die monnike het gebede gedreunsing voor hulle ontbind het. Later daardie dag het die junta se Minister vir Godsdiens, Brigadier-Generaal Thura Myint Maung, die Boeddhiste monnike wat die betogings gelei het gewaarsku om nie verder as hulle "reëls en regulasies" te gaan nie.<ref>[http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7010839.stm Burmese military threatens monks]</ref> Intussen het die VSA begin voorberei om saksies teen die land te verskerp.<ref name=US-TO-IMPOSE-NEW-SANCTIONS/> Die [[Tenzin Gyatso, 14de Dalai Lama|Dalai Lama]] van [[Tibet]] het ook sy seëning oor die monnike uitgespreek.<ref>[http://newsinfo.inquirer.net/breakingnews/world/view_article.php?article_id=90451 Dalai Lama offers support to Myanmar monks]</ref> [[Lêer:2007 Myanmar protests 4.jpg|duimnael|regs|250px|Betogers by die Shwedagon Pagoda in Jangon.]] Op [[25 September]] het die junta betogers met militêre mag gedreig en weermag vragmotors by die Shwedagon Pagoda, die vergaderplek vir monnike wat die betogings gelei het, geparkeer. 5000 monnike en ander betogers het nogtans in die Shwedagon in gemarsjeer. Voertuie met luidsprekers het vroeër die dag in die sentrale deel van Jangon boodskappe wat van militêre aksie gewaarsku het, uitgesaai. Die boodskappe het gelui: "mens mag nie die marse volg, aanmoedig of daaraan deelneem nie. Aksie sal geneem word teen dié wat die bevel oortree". Die aankondigings was gegrond op 'n wet wat die opbreek van "onwettige" betogings met militêre mag moontlik maak.<ref>[http://ca.today.reuters.com/news/newsArticle.aspx?type=topNews&storyID=2007-09-25T063524Z_01_B588599_RTRIDST_0_NEWS-MYANMAR-COL.XML Myanmar junta threatens military force] Reuters, September 25, 2007.</ref> 2000 Boeddhiste monnike en ondersteuners het ondanks die dreigemente van Mianmar se junta tussen weermaglorries na Jangon se strate gemarsjeer."<ref>[http://www.guardian.co.uk/burma/story/0,,2176691,00.html Burmese protesters defy junta's threat of crackdown]</ref> Die demokrasie leier Aung San Suu Kyi is op Sondag 23 September na die Insein-gevangenis geskuif, 'n dag nadat sy voor haar huis verskyn het om die monnike te groet.<ref>[http://www.reuters.com/article/wtMostRead/idUSB58859920070925 Myanmar junta sets curfew] Reuters, September 25, 2007.</ref> Van [[26 September]] af het die junta 'n aandklokreël in die land se twee grootste stede, Jangon en Mandalay in plek gestel en vergaderings van meer as vyf mense verbied. Weermagvragmotors het talle gewapende soldate na Jangon begin vervoer.<ref>[http://web.archive.org/web/20070609092458/http://afp.google.com/article/ALeqM5hXKLA7lM0A-IwwffmHhQfZDhT5UA Myanmar imposes curfews after mass protests] AFP, September 25, 2007.</ref> === Junta optrede === [[Lêer:Propaganda, Myanmar 2.jpg|duimnael|regs|250px|Mianmarse regeringsbanier wat lees "vergruis almal wat die unie skade doen"]] Op [[26 September]] is die pro-demokrasie figuur Win Naing by sy huis in Jangon gearresteer omtrent 2:30 vm nadat hy gesien is terwyl hy voedsel en water aan betogende monnike verskaf het. Die sewentigjarige aktivis is weer na een nag vrygelaat. Hy is te vore op [[8 Maart]] gearresteer vir die hou van 'n perskonferensie met Birmaanse betogers teen ekonomiese teëspoed.<ref>[http://web.archive.org/web/20090708060414/http://afp.google.com/article/ALeqM5gPUjdWUHQY4VeYAGG3zQfGIRAdng Pro-democracy politician arrested in Myanmar]</ref> Prominente Birmaanse komediant Zargana is ook oornag in aanhouding gehou.<ref>[http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7013638.stm Burma monks march as police act] BBC, September 26, 2007.</ref> Troepe het versperrings om die Shwedagon Pagoda opgerig en 'n groep van 700 betogers met knuppels en traangas aangeval. Die polisie het van die monnike en sowat 200 ondersteuners verjaag terwyl ander probeer het om naby die oostelike hek van die pagoda kompleks te bly. Troepe het die gebied om die pagoda afgeseël om te probeer verhoed dat die monnike verdere betoging onderneem.<ref>[http://www.telegraph.co.uk/news/main.jhtml?xml=/news/2007/09/26/wburma526.xml Burma troops charge monks with batons]</ref><ref>[http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7013638.stm Burma riot police beat back monks]BBC, September 26, 2007.</ref> Dit het egter nie die opmarse verhoed nie en tot 5000 monnike het deur Jangon marsjeer. Van hulle het maskers gedra in verwagting dat traangas gebruik sou word. Later die dag het 'n tragedie hom afgespeel toe ten minste drie Boeddhiste monnike en 'n vrou in Jangon deur veiligheidsmagte doodgeskiet is toe duisende mense onder leiding van Boeddhiste monnike verdere betogings teen die Mianmarse regering onderneem het.<ref>[http://www.mizzima.com/MizzimaNews/News/2007/Sep/Today-demonstration.html Over 100,000 people in Rangoon and parts of Burma protest] Mizzima News, September 26, 2007.</ref> 'n Dokter in Jangon se algemene hospitaal het ook bevestig dat drie beseerde monnike in die hospitaal opgeneem is nadat hulle by die Shwedagon pagoda deur onlustepolisie aangerand is.<ref>[http://www.mizzima.com/MizzimaNews/News/2007/Sep/Today-demonstration.html Protesters in Rangoon have dispersed for the day.] Mizzima News, September 26, 2007.</ref> Meer as driehonderd mense, wat talle monnike ingesluit het, is in aanhouding geneem.<ref>[http://www.sr.se/cgi-bin/ekot/artikel.asp?Artikel=1621861 Minst tre munkar dödade i Burma (Minstens drie monnike gedood in Birma)] Sveriges Radio, September 26, 2007.</ref> Volgens die Burma Campaign UK het die junta ook groot getalle maroen-gewade bestel en van hulle soldate beveel om hulle koppe te skeer, moontlik om die monnike se geledere te infiltreer.<ref>[http://web.archive.org/web/20080314224210/http://www.iht.com/articles/2007/09/25/news/myanmar.php Monks defy warnings to protest in Myanmar] International Herald Tribune, September 26, 2007</ref> [[Lêer:Nagaikenji.jpg|regs|duimnael|250px|Die Japannese verslaggewer Kenji Nagai wat deur Mianmarse militêre magte dood geskiet is.]] Op [[27 September]] het die regerende junta begin om klopjagte op kloosters in die vroeë oggendure oral in Mianmar uit te voer in 'n poging om die betogings te onderdruk. Honderde monnike is in Jangon en in die noordooste van die land gearresteer. By die Ngwe Kya Yan-klooster het veiligheidsmagte in 'n klopjag teen 00:15 in die nag 'n muur gebreek en verskeie monnike is beseer in skermutselings met veiligheidsmagte. Die leër het klopjagte uitgevoer op die ses-verdieping Religieuse Wetenskap Klooster in die Chaukhtatgyi Pagoda, Moe Kaung Kin-klooster in Yan Kin, Mingin in Thingankyun, en Thein Phyu-klooster in Thein Phyu, en verskeie monnike gearresteer.<ref>[http://www.mizzima.com/MizzimaNews/News/2007/Sep/Today-demonstration.html Burmese junta raids monasteries, arrests over 200 monks] Mizzima News, 27 September 2007.</ref><ref name="Globe and Mail Raids">{{cite news|title=Myanmar junta raids monasteries, arrests hundreds of monks|publisher=The Globe and Mail |date=2007-09-26 |url=http://www.theglobeandmail.com/servlet/story/RTGAM.20070926.wjuntaraids0927/BNStory/International|accessdate=2007-09-27}}</ref><ref name="Reuters Raids">{{cite news |last=Reuters |title=Myanmar junta raids monasteries |publisher=Reuters |date=2007-09-27 |url=http://ca.today.reuters.com/news/NewsArticle.aspx?type=topNews&storyID=2007-09-27T021914Z_01_B588599_RTRIDST_0_NEWS-MYANMAR-COL.XML |accessdate=2007-09-26}}</ref><ref name="Sky News Raids">{{cite news |title=Monks arrested in monastery raids |publisher=SKY News |date=2007-09-27 |url=http://news.sky.com/skynews/article/0,,30200-1285944,00.html |accessdate=2007-09-26}}</ref> Later in die dag het van die grootste betogings tot nog toe in Jangon plaasgevind. Tienduisende mense het teen die middel van die dag oënskynlik spontaan in die strate ingestroom en nasionalistiese liedere gesing en soldate wat in vragmotors verbygery het uitgeskel. Troepe het waarskuwingskote begin skiet toe betogers gepoog het om hulle wapens by hulle af te neem. 'n [[Japan]]nese verslaggewer Kenji Nagai en agt ander is volgens amptelike verklarings doodgeskiet.<ref>{{cite news|title=70,000 protesters defy Burma troops |publisher=guardian.co.uk |date=2007-09-27|url=http://www.guardian.co.uk/uklatest/story/0,,-6953108,00.html|accessdate=2007-09-27}}</ref><ref>{{cite news|title=Burma troops issue 'extreme action' ultimatum |publisher=telegraph.co.uk |date=2007-09-27 |url=http://www.telegraph.co.uk/news/main.jhtml?xml=/news/2007/09/27/nosplit/wburma727.xml |accessdate=2007-09-27}}</ref><ref>{{cite news|title=Soldater dræber ni i Myanmar|publisher=Politiken |date=2007-09-27|url=http://politiken.dk/udland/article386278.ece|accessdate=2007-09-27}}</ref><ref>{{cite news|title=Japansk fotograf dræbt i Myanmar|publisher=[[TV2 (Denmark)]]|date=2007-09-27|url=http://nyhederne.tv2.dk/article.php/id-8769851.html?forside|accessdate=2007-09-27}}</ref><ref>{{cite news|title=ミャンマーで邦人カメラマン死亡…デモ取材中の長井健司さん|publisher=Sankei Sports |date=2007-09-28 |url=http://www.sanspo.com/shakai/top/sha200709/sha2007092801.html|accessdate=2007-09-28}}</ref> 'n Amateurvideo van die Nagai-voorval wat op Japannese televisie vertoon is dui daarop dat die joernalis oënskynlik doelbewus geskiet is.<ref>{{cite news|title=Video shows Japanese journalist 'being shot deliberately' |publisher=timesonline.co.uk |date=2007-09-28 |url=http://www.timesonline.co.uk/tol/news/world/asia/article2550369.ece|accessdate=2007-09-28}}</ref> Die Britse en Autraliese amasadeurs meen ook dat die dodetal moontlik baie hoër is as die amptelike syfer wat die regering gebruik.<ref>[http://news.bbc.co.uk/ BBC Nuus], [http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7017496.stm Soldiers break up Burma protests], besoek op 30 September</ref> Soldate het ook op of oor studente wat na 'n hoërskool in Tam We in Jangon geskiet. Onbevestigde ooggetuie-verslae dui daarop dat 'n honderd mense geskiet is.<ref>[http://www.ft.com/cms/s/0/0d0623bc-6de4-11dc-b8ab-0000779fd2ac.html Fears of mounting death toll in Burma] Financial Times, September 28, 2007.</ref> Tot 300 studente is gearresteer.<ref>[http://english.dvb.no/news.php?id=483 Security forces fire on school pupils] Democratic Voice of Burma, September 28, 2007.</ref> In die aandnuus het die staatstelevisiekanaal verslag gedoen dat nege mense omgekom het in die aksie teen betogers in Jangon. Die verslag het ook gesê dat elf betogers en 31 soldate beseer is.<ref>[http://www.mizzima.com/MizzimaNews/News/2007/Sep/Today-demonstration.html At least nine dead, 10 injured] Mizzima News, September 27, 2007.</ref> Ook op 27 September het die Mianmar-junta ingestem dat die [[Verenigde Nasies]] spesiale gesant, [[Ibrahim Gambari]], in die land teoeglaat sal word. Gambari is na die land gestuur nadat die veiligheidsraad in [[New York Stad|New York]] vergader het en om beheersing gepleit het.<ref>[http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7017369.stm Bush hits out at 'brutal' Burma]BBC News, September 27, 2007.</ref><ref>[http://newsinfo.inquirer.net/breakingnews/world/view_article.php?article_id=91192 UN confirms its envoy to be allowed in Myanmar] Inquirer.net, September 27, 2007.</ref> Na die brutale aanslag op betogers die vorige dag was die strate van Jangon abnormaal stil op 28 September. Die regering in Mianmar het internettoegang en kommunikasiekanale blokkeer in 'n poging om openbare bewustheid en inligting oor die opstand na die buiteland te verhoed.<ref>[http://www.smh.com.au/news/web/burma-cuts-web-access/2007/09/28/1190486554032.html SMH.com.au – Burma cuts web access]</ref> Soldate het mense met [[kamera]]s gearresteer en aangerand.<ref>[http://www.irrawaddy.org/article.php?art_id=8787 Two Shot in Clash with Troops; People with Cameras Singled Out The Irrawaddy Sept 28 2007]</ref> Vyf kloosters is teen Vrydag 28 September omsingel om te verhoed dat monnike aan betogings deelneem. Ooggetuies het berig dat die regering busvragte vol vigilantes die stad ingestuur het om betogers aan te val en dat 'n tydelike tronk by 'n ou resiesbaan opgerig is om honderde, moontlik duisende, mense wat aangehou word te huisves. Internettoegang is Saterdag 29 September herstel wat volgens die BBC se verslaggewer in [[Bangkok]] daarop dui dat die junta voel dat hulle die betogings nou onder beheer het. Soldate en polisiemanne is op byna elke straathoek gestasioneer en winkelsentrums en parke is gesluit.<ref>[http://news.bbc.co.uk/ BBC Nuus], [http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7019359.stm UN envoy heading for Burma talks], besoek op 30 September</ref> Teen Saterdag 29 September was die veterane van [[1988]] agter tralies, die monnike is in hulle kloosters vasgekeer of na klein dorpies verwyder en die stede is swaar beleer met soldate en polisie van die militêre diktatorskap op elke hoek, talle padblokkades en weermagvragmotors wat die strate patrolleer as deel van die junta se magsvertoning. Betogers wat nou sonder hulle leiers moes optree kon slegs sporadies hulle verskyning maak om die militêre magte uit te tart voor hulle weer weghardloop.<ref name=IoS2>[http://news.independent.co.uk/ The Independent on Sunday], [http://news.independent.co.uk/world/asia/article3013126.ece Burma's fight for freedom: Troops reclaim the streets as monks pray for a miracle], besoek op 30 September 2007</ref><ref name=BBCGambari /> Teen Sondag 30 September was daar geen teken van betogings nie met 15 000 troepe wat in Jangon ontplooi is.<ref>[http://news.bbc.co.uk/ BBC Nuus], [http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7020465.stm UN envoy sees top Burma dissident], besoek op 30 September 2007</ref> == Buitelandse reaksie == [[Lêer:Free Myanmar (Burma) Protest - Portland - OR.jpg|duimnael|regs|250px|"Bevry Birma"-betogings in Portland, Oregon in die [[VSA]] op 24 September 2007]] Talle regerings het hulle ondersteuning vir die betogings in die openbaar verklaar en die militêre junta gemaan om nie met geweld teen betogers op te tree nie. Die [[VSA]] en die [[Europese Unie]] het bestaande sanksies teen Minamar se leiers verskerp. Verder het die wêreld sy woede teenoor die Mianmarse regering te kenne gegee met betogings in [[Japan]], [[Suid-Korea]], [[Thailand]], [[Switserland]], [[Kanada]] en die [[VSA]]. Mianmar se buurlande, veral die [[Volksrepubliek China]] volg tradisioneel 'n beleid van nie-inmenging. In Korea het studente hulle koppe kaal geskeer in simpatie met die monnike wat tradisioneel hulle koppe kaal skeer. Op Saterdag [[29 September]] [[2007]] het die [[Verenigde Nasies]] gesant Ibrahim Gambari in Mianmar aangekom. Gambari se sending is daarop gemik om as bemiddelaar tussen die militêre regering en opposisie groepe op te tree. Na wat berig word het Gambari met die generaals sowel as met [[Aung San Suu Kyi]] vergader.<ref name=BBCGambari>[http://news.bbc.co.uk/ BBC Nuus], [http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7020465.stm UN envoy 'meets Burmese leaders'], besoek op 30 September 2007</ref> Die twee het vir negentig minute vergader by 'n staatsgastehuis in Jangon nadat Gambari teruggekeer het van samesprekinge met die junta in die afgeleë hoofstad Nay Pyi Taw.<ref>[http://www.mizzima.com/MizzimaNews/News/2007/Sep/today-demonstration.html Breaking News – Gambari meets Daw Aung San Suu Kyi] ''Mizzima News'' September 30, 2007.</ref> Gambari het met die waarnemende Eerste Minister Thein Sein, Kultuur Minister Khin Aung Myint en Inligtingsminister Kyaw Hsan ontmoet, maar is nie 'n gespreksbeurt met die huidige senior generaal [[Than Shwe]] gegun nie.<ref>[http://abc.net.au/news/stories/2007/09/30/2047362.htm?section=world UN envoy meet detained Burma Opposition leader: diplomats] ''Australian Broadcasting Corporation'', 30 September 2007.</ref> Na telefoniese samesprekinge met die Eerste Minister van die [[Verenigde Koninkryk]], [[Gordon Brown]], het die Eerste Minister van China, [[Wen Jiabao]], China se sterkste oproep tot dusver gemaak vir 'n einde aan die geweldadige optrede teen betogers; "China hoop alle partye betrokke [in Burma] sal beheersing aan die dag lê, dat stabiliteit sou gou moontlik op vreedsame wyse bereik sal word, ondersteun binnelandse versoening en die bereik demokrasie en ontwikkeling". Javier Solana, die Europese Unie se buitelandse beleidshoof het China aangespoor om groter druk op Birma uit te oefen.<ref>[http://news.bbc.co.uk/1/hi/world/asia-pacific/7020399.stm China appeals for calm in Burma] ''BBC News'', 30 September 2007.</ref> Na wat berig is, was Kolonel Hla Win, 'n sentrale lid van die militêre junta, geïnteresseerd in politieke [[asiel]] in [[Noorweë]]. Blykbaar het die kolonel oorgeloop en geskuil in die woud saam met rebelle van die Karenvolk.<ref>[http://www.norwaypost.no/cgi-bin/norwaypost/imaker?id=104499 Burma: - Colonel to seek asylum in Norway] The Norway Post, 30 September 2007.</ref> Hy het oorgeloop nadat hy beveel is om klopjagte op twee kloosters uit te voer en honderde monnike in aanhouding te neem. Volgens die kolonel is die monnike vermoor en hulle liggame in die woud gegooi.<ref>[http://www.dn.se/DNet/jsp/polopoly.jsp?d=148&a=698776 Avhoppare vägrade döda munkar] NTB (via Dagens Nyheter), 30 September 2007.</ref> == Verwysings == {{Verwysings|2}} [[Kategorie:Geskiedenis van Mianmar]] [[nl:Myanmar#Protesten najaar 2007]] All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=1822810.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|