Difference between revisions 1822812 and 1822813 on afwiki

[[Lêer:2007 Myanmar protests 7.jpg|regs|250px|duimnael|Betogers  in Jangon. Die boodskap op die banier lees ''Nie-geweld : Nasionale Beweging'' in Birmaans]]
[[Lêer:Burma protest march in Chicago.jpg|regs|250px|duimnael|Betogers op pad na die Chinese konsulaat in Chicago]]

Die '''2007 Mianmarese anti-regeringsbetogings''' was 'n golf betogings wat op [[15 Augustus]] [[2007]] in [[Mianmar]] (wat ook as Birma bekendstaan) begin het. Die betogings het begin nadat die regerende militêre junta brandstofsubsisdies opgehef het wat gelei het tot 'n styging in die prys van brandstof van sowat 500%.<ref name ="Monks">[http://www.nytimes.com/2007/09/20/world/asia/20cnd-myanmar.html?adxnnl=1&adxnnlx=1190382862-nwfidVsImsj3gq8IKLx0Ow Monks pressure Myanmar junta].</ref> Die aanvanklike betogings wat deur opposisie politieke aktiviste en studente gelei is vinnig en fel onderdruk en tientalle betogers is gearresteer en aangehou.

Op [[18 September]] is nuwe betogings deur duisende [[Boeddhisme|Boeddhiste monnike]] begin. Nadat die betogings aanvanklik vreedsaam verloop het, het die regering op [[26 September]] in weerwil van internasionale oproepe tot beheersing op brutale wyse ingegryp om die protesaksie te onderdruk.<ref name ="Monks" /><ref>[http://english.aljazeera.net/NR/exeres/4081D23F-F1A4-46AF-BA50-D47FA2B7A4AE.htm UN envoy warns of Myanmar crisis]</ref> As deel van die regeringsoptrede is aandklokreëls in Jangon en Mandalay ingestel, openbare internettoegang is afgesny, [[traangas]] is gebruik om betogings op te breek, honderde betogers is in hegtenis geneem en monnike is geslaan. Daar is ook met masjiengewere<ref>[http://www.burmanet.org/ BurmaNet News], [http://www.burmanet.org/news/2007/09/28/irrawaddy-international-pressure-building-on-burma-lalit-k-jha/#more-9121 Irrawaddy: International Pressure Building on Burma – Lalit K. Jha], besoek op 29 September 2007</ref><ref>[http://abcnews.go.com/ abs NEWS], [http://abcnews.go.com/International/wireStory?id=3658216 Myanmar Soldiers Fire Weapons Into Crowd], besoek op 29 September 2007</ref> op betogers gevuur en 'n aantal betogers en 'n  [[Japan]]nese fotograaf is doodgeskiet. Teen 28 September het die regeringsmagte daarin geslaag om meeste van die massabetogings te onderdruk en moes slegs klein groepies aktiviste verjaag word. Die monnike is daarvan verhoed om verder aan die optogte deel te neem deur deur geslote hekke, doringdraadversperrings en wagte om kloosters.<ref>[http://abcnews.go.com/ abs NEWS], [http://abcnews.go.com/International/wireStory?id=3667300 Troops Take Back Control in Myanmar], besoek op 29 September 2007</ref>

Aangesien die regering buitelandse joernaliste verhinder om die land in te gaan, kom die meeste verslae oor en beelde van die gebeurtenisse van skrywers van [[webjoernaal|webjoernale]] en ander ongeïdentifiseerde bronne.<ref>[http://web.archive.org/web/20071016205754/http://blogs.usatoday.com/ondeadline/2007/09/todays-photo-ja.html Japanese journalist shot to death covering protests in Burma], by die [[USA Today]]. Laaste besoek op 29 September 2007.</ref> Meeste van die land se internetskakels na die buitewêreld is egter tans geknip, selfoonseine word geblokkeer en daar is byna geen telefoniese verbindings nie. Alhoewel die regering die buitelandse media vir die betogings blameer, beweer hulle dat hierdie skielike breuk in kommunikasieverbinding die gevolg is van 'n beskadiging aan die land se onderwaterse, hoof-internetkabel.<ref>[http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7016238.stm Junta tightens media screw] by die BBC-nuuswerf. Laaste besoek op 29 September 2007.</ref>

Die Mianmarse regeringsoptrede is wêreldwyd verdoem en sanksies is deur die [[VSA]] ingestel terwyl die [[Europese Unie]] besig is om bestaande sanksies teen die land uit te brei.  Beswaar is ook in verskeie lande op diplomatieke vlak en by die [[Verenigde nasies]] aangeteken insluitend deur buurlande soos [[Indië]]<ref>[http://timesofindia.indiatimes.com/Political_reform_in_Myanmar_should_be_broad-based_says_India/articleshow/2406090.cms "Political reform in Myanmar should be broad-based, says India"], ''[[Times of India]]'', September 26, 2007</ref> en [[Thailand]].<ref name="BBC in quotes">{{webaanhaling |url=http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7014704.stm |titel=In quotes: Burma reaction |toegangsdatum=2007-09-27 |datum=2007-09-27 |uitgewer=BBC News Online }}</ref> Die VSA en die Europese Unie het ook 'n oproep gemaak vir strafmaatreëls, samesprekinge met die  opposisie leier en [[Nobelprys vir Vrede|Nobelpryswenner]] [[Aung San Suu Kyi]] en etniese minderheidsgroepe deur die Verenigde Nasies Veiligheidsraad, maar [[Volksrepubliek China|China]], wat as permanente lid van die Veiligheidsraad vetoreg het, het egter aangedui dat die land nie ten gunste van sulke stappe is nie.<ref name="China-no">[http://thestar.com.my/ The Star, Malaysia], [http://thestar.com.my/news/story.asp?file=/2007/9/27/worldupdates/2007-09-27T052049Z_01_NOOTR_RTRMDNC_0_-297349-1&sec=Worldupdates West seeks U.N. sanctions on Myanmar, China says "No"], besoek op 29 September 2007</ref> [[Rusland]] en China, wat vriendskaplike bande met die Mianmarse regime het, het in Januarie 2007 hulle vetoreg gebruik teen 'n ontwerpsresolusie, wat deur die VSA opgestel is, waarin die junta versoek is om die vervolging van minderhede en die opposisie te staak.<ref name="China-no" />

[[Suid-Afrika]] se [[Nobelprys vir Vrede|Nobelvredespryswenner]] [[Desmond Tutu]] het 'n beroep gedoen op China om in te gryp om "hierdie brutale mans aan te sê om hulle brutaliteit te staak". Hy het bygevoeg dat as Sjina nie sy invloed oor die regering sou gebruik nie hy hom sou skaar by 'n veldtog om die Beijing Olimpiese spele in 2008 te boikot.<ref>[http://www.dn.se/DNet/jsp/polopoly.jsp?d=148&a=698244 Desmond Tutu vädjar till Burmas ledare] Dagens Nyheter, September 28, 2007.</ref>

== Agtergrond ==
=== Militêre diktatorskap ===
Mianmar word reeds sedert [[1962]] deur 'n militêre diktatorskap regeer nadat Generaal Ne Win 'n militêre staatsgreep uitgevoer het en die land vir 26 jaar regeer het. In 1974 is antiregeringsbetogings by die begrafnis van U Thant geweldadig onderdruk.

In 1988 het onrus wat deur ekonomiese wanbestuur en politieke onderdrukking aangewakker is gelei tot grootskaalse prodemokrasie betoging in wat as die ''8888 Opstand'' bekend staan. Honderde betogers is deur die veiligheidsmagte doodgemaak. Generaal Saw Maung het 'n staatsgreep uitgevoer en die ''State Law and Order Restoration Council'' (SLORC) gevorm om die land te regeer. In 1989 het die SLORC [[krygswet]] afgekondig nadat betogings opnuut opgevlam het. Die militêre regering het planne vir 'n algemene verkiesing teen [[31 Mei]] [[1989]] voltooi.<ref>{{webaanhaling|url=http://www.ibiblio.org/obl/docs/pyithu_hluttaw_election_law.htm |titel=PYITHU HLUTTAW ELECTION LAW|werk=State Law and Order Restoration Council |uitgewer=iBiblio.org |datum=1989-05-31 |toegangsdatum=2006-07-11 }}</ref> In Mei [[1990]] is 'n vrye verkiesing vir die eerste keer in byna dertig jaar gehou. Die Nasionale Bond vir Demokrasie (Afkorting: NLD van die [[Engels]]: ''National League for Democracy'') party van [[Aung San Suu Kyi]] het die verkiesing oorweldigend gewen met 392 van die 489 setels. Die verkiesing is egter deur die SLORC, wat geweier het om te bedank, nietig verklaar.<ref>{{webaanhaling|url=http://www.ibiblio.org/obl/docs/Elections-02.htm |titel=1990 MULTI-PARTY DEMOCRACY GENERAL ELECTIONS |werk=National League for Democracy |uitgewer=iBiblio.org| outeur=Khin Kyaw Han |toegangsdatum=2006-07-11 |datum=2003-02-01}}</ref>

Aung San Suu Kyi is onder huisarres geplaas. Tydens haar huisarres is sy in 1990 die  Sakharovprys vir vryheid van denke toegeken in in 1991 die [[Nobelprys vir Vrede]]. Ondanks internasionale oproepe vir haar vrylating is sy is sedert 1990 voortdurend onder huisarres of in aanhouding geplaas en kan tot vandag toe nie vrylik beweeg nie.
=== Menseregteskendings ===
Die generaals wat Mianmar regeer onderdruk die bevolking van die land reeds vir vyftien jaar lank stelselmatig en ten spyte van talle vergrype en internasionale druk bly hulle steeds aan  bewind.

Onder die generaal se bewind het Mianmar verval tot een van die wêreld se voorste vervaardigers van heroïen.<ref name=soros>[http://www.soros.org/initiatives/bpsai The Burma Project/Southeast Asia Initiative], [http://www3.soros.org/burma/CRISIS/index.html Burma, Country in Crisis], besoek op 29 September 2007</ref> MIV-lyne wat hulle oorsprong in Mianmar het word langs heroïenroetes na naburige lande versprei en die regering voer stelselmatig grusame menseregte misdrywe teen sy onderdane uit wat die vernietiging van 2&nbsp;700 dorpies sedert 1996 insluit, reuse gedwonge verskuiwings, verkragting van etniese minderhede deur regerings soldate, wydverspreide dwangarbeid en die gebruik van meer as 70&nbsp;000 kindersoldate deur die regime.<ref name=iht>[http://www.iht.com/ International harold Tribune], [http://web.archive.org/web/20051001045056/http://www.iht.com/articles/2005/09/19/opinion/edgenser.php Myanmar: A job for the Security Council], besoek op 29 September 2007</ref> Marteling is 'n alledaagse gebeurtenis in Mianmar en artbitrêre teregstellings vind gereeld plaas.

As gevolg van die vergrype het meer as 700&nbsp;000 vlugtelinge uit Mianmar na buurlande, veral [[Thailand]] gevlug.<ref name=iht />

Die meer brutale menseregteskendings vorm deel van 'n breër onderdrukking van basiese vryhede. Daar is geen sprake van vryheid van uitdrukking in die land nie en selfs kunsuitstallings moet deur die militêre owerhede goedgekeur word. Weinig onafhanklike media bly oor en die is onderhewig aan swaar sensuur. Die staatsbeheerde uitsaaiwese is onverskuilde propagandamasjien van die regerende regime en Mainamar se burgers se enigste bron van akkurate nuus is internasionale radio stasies. Openbare opposisie teen die junta se beleide is strafbaar met tot twintig jaar gevangenis straf en die besit van ongelisensieerde faksmasjiene en of modems met vyftien jaar.<ref name=soros />

Verder word vryheid van assosiasie en vergadering ontneem en alle politieke vergaderings is verbode. Politieke partye soos die NLD word gemonitor en lede word lastig geval of gearresteer. Teen 2000 is daar geskat dat ten minste 1&nbsp;700 politieke gevangenes in aanhouding was.<ref name=soros />

Die militêre regering onderdruk en manipuleer ook godsdienstige uitdrukking in die land. In die grootliks [[Boeddhisme|Boeddhistiese]] land  dring die regering op geestelikes se ondersteuning aan en word kloosters gestroop om leiers wat hulle teë gaan te verwyder.  Moslems in die suidweste van die land is blootgestel aan weermag aanvalle wat in [[1997]] gelei het tot 25&nbsp;000 vlugtelinge na [[Bangladesj]].<ref>[http://news.bbc.co.uk/ BBC Nuus], [http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7019882.stm Burmese exiles in desperate conditions], besoek op 30 September 2007</ref> [[Christendom|Christenkerke]] word ook fyn dopgehou en en kerk aktiwiteit word ingeperk.<ref name=soros />

=== Ekonomiese toestand ===
Mianmar het geweldige ekonomiese potensiaal. Die land is ryk aan minerale en lanbougeleenthede en ten spyte van regeringsverwaarlosing is daar steeds 'n sterk onderwystradisie. Goeie infrastruktuur is ook tydens die Britse Koloniale bewind opgerig. bestendige groei het na onafhanklikheid gevolg, maar die militêre regime wat van 1962 af regeer het se isolasionistiese "Birmaanse Weg na Sosialisme" beleid groot skade berokken en het dit die land verarm van 'n land wat in die 1950's deur die Wêreldbank gesien is as een van die in Asië met die beste vooruitsigte tot een van die armste lande ter wêreld.<ref>[http://uk.reuters.com/ Reuters], [http://uk.reuters.com/article/worldNews/idUKBKK23220820070827 Myanmar fuel rises suggest junta budget crunch], besoek op 29 September 2007</ref>

Desperate ekonomiese toestande het bygedra tot die pro-demokrasie betogings van [[1988]]. Oor die afgelope aantal jare het ekonomiese liberalisering veranderinge ingelui. Ekonomiese ontwikkeling raak egter slegs 'n klein minderheid van die bevolking en die meeste Birmane baat nie daarby nie. Hoë inflasie verminder hulle koopkrag wat sake verder bemoeilik. Die regering spandeer 40% van sy begroting op militêre besteding ten spyte van die algehele gebrek aan buitelandse bedreiginge.

Die Miniamarse junta se ekonomiese beleid berus op die uitvoer van die land se hulpbronne met min of geen waardetoevoeging. Koper, hout en en energie uitvoere ondersteun 'n ekonomie wat byna geheel en al afhanklik is van invoere en blootgestel is aan wispelturigheid van hulpbronpryse. Buitelandse inkomste en beleggings is swak bestuur en beplande hidroëlektriese skemas sal waarskynlik noodgedwonge elektrisiteit moet uitvoer om die ekonomie te ondersteun eerder as om ekonomiese en maatskaplike groei te ondersteun.<ref name=pinr>[http://www.pinr.com/ The Power and Interest News Report], [http://www.pinr.com/report.php?ac=view_report&report_id=688&language_id=1 Economic Brief: The Economic Factors Behind the Myanmar Protests'], besoek op 29 September 2007</ref>

Die junta begeef hom ook in ondeurdagte projekte soos die inligtingstegnologie projek by Jadanabon in 'n land met argaïese kommunikasie-infrastruktuur wat nie so 'n projek sal kan ondersteun nie. 'n Ander voorbeeld is die landswye jatropha (medisinale neut) plantasies wat nie na noemenswaardige ekonomiese ontwikkeling sal lei nie.<ref name=pinr />

'n Belangrike aspek van die junta se inmenging in die ekonomie is brandstofsubsidies – die inkorting van die subsidies in Augustus 2007 sou 'n belangrike role speel in die ontlont van die betogings van Augustus en September 2007. In 2006 het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreldbank as deel van 'n hervormingspakket aanbeveel dat brandstofsubsidies gesny word. In die verslag het hulle verwys na die hoë begrotingstekorte wat deur die regering opgehoop word as gevolg van die maatreëls. Die junta se bou van 'n nuwe hoofstad by Naypyidaw en die beplande inligtingstegnologie hoofstad, Jadanabon en beduidende salarisverhogings vir staatsamptenare en weermagpersoneel het ernstige druk op regeringsreserwes geplaas. Die regering het in die verlede die soos tekorte aangespreek deur meer geld te druk wat weer tot inflasie lei. Planne om brandstofsubsidies in Mianmar te beëindig is waarskynlik deel van 'n stel hervormings wat die junta beplan het om onder andere die druk van wêreldbrandstof pryse te verlig. Privaatseketor belange in Mianmar was moontlik ook 'n faktor. Een van Mianmar se sakeleiers, Tay Za en die maatskappy Htoo Trading Company sal na verwagting baie baat by die privatisering van die branstofverspredingstelsel wat afhanklik is van die uitroei van die brandstof swartmark – wat behaal kan word deur die ophef van subsidies. Hoewel dit nie gesien word as die hoof rede vir die junta se besluit om subsidies op te hef nie strook dit met hulle neiging om beleide deur te voer wat die regering se sakevennote bevoordeel.<ref name=pinr />

=== Internasionale druk ===
Mianmar verkeer reeds vir geruime tyd onder internasionale druk om stappe te doen om demokrasie in die land te herstel. In Maart [[1997]] is 'n resolusie eenparig deur die Verenigde Nasies Menseregtekommissie waarin 'n string menseregteskendings gelys word insluitend moord, marteling, verkragting, politieke aanhouding en dwangarbeid. Talle ander internasionale organisasies soos die Internasionale Arbeidsorganisasie, Amnestie Internasionaal, Article 19, Human Rights Watch, en ander onafhanklike groepe veroordeel die regime se behandeling van die Birmaanse bevolking.

Die VSA het reeds in [[1988]] sanksies teen Mianmar ingestel. Die sanksies is in [[1997]] en [[2003]] verskerp. Die [[Europese Unie]]   In Oktober is die sogenaamde Gemene Posisie (Engels: ''Common Position'') deur die Europese Unie aangeneem. Die dokument het bestaande Europse sanksies teen Mianmar bevestig. Sedertdien is die Gemene Posisie verskeie kere versterk en uitgebrei as gevolg van die regime se weiering om betekenisvolle vordering tot demokrasie te maak. Tot 2004 is Europese Kommissie hulp tot Birma/Mianmar beperk tot humanitêre hulpverlening. Die huidige weergawe van die dokument maak egter voorsiening vir 'n meer stelselmatige benadering tot hulpverlening.<ref>[http://ec.europa.eu/ Europese Kommissie], [http://ec.europa.eu/external_relations/myanmar/csp/index.htm The EU's relations with Burma / Myanmar Country Strategy Paper 2007–2013 Executive Summary], besoek op 30 September 2007</ref>

Mianmar is 'n lid van die Assosiasie van Suidoos-Asiese Nasies (Afkorting ASEAN van die [[Engels]]e naam '' Association of Southeast Asian Nations''). Die ASEAN neig om nie in wat as lidlande se interne aangeleenthede in te meng nie.
Westerse sanksies word ondermyn deur die volgehou ekonomiese bande tussen Minamr en veral Sjina. Op [[12 Januarie]] het [[Rusland]] en [[Volksrepubliek van Sjina|Sjina]], wat beide vetoreg het, asook [[Suid-Afrika]] in die Verenigde Nasies teen 'n voorstel gestem wat deur die [[VSA]] en die [[Verenigde Koninkryk]] gemaak is wat Mianmar sou versoek het om sekere pro-demokrasie stappe te neem. Nege lande het ten gunste van die resolusie gestem en Kongo, [[Indonesië]] en [[Katar]] het buite stemming gebly. Rusland en Sjina het ekonomiese belange in Mianmar terwyl Suid-Afrika se stem blykbaar op tegniese redes gegrond is.<ref>[http://www.dfa.gov.za/ Departement van Buitelandse Sake], [http://www.dfa.gov.za/docs/2007pq/pq22.htm South Africa's Vote in the United Nations Security Council], besoek op 30 September 2007</ref> Suid-Afrika se besluit is plaaslik deur die Nobelprys vir Vrede wenner [[Desmond Tutu]], die vakbond alliansie Cosatu en die amptelike opposisie, die [[Demokratiese Alliansie]] veroordeel en die Departement van Buitelandse Sake se redes word deur die groepe verwerp. Internasionale kommentators het hulle teleurstelling met Suid-Afrika se posisie uitgespreek en gewys op ooreenkomste met die situasie in Mianmar en die in Suid-Afrika tydens die [[Apartheid]]era en die belangrike rol wat die Verenigde Nasies gespeel het in terme van internasionale druk op die Apartheidsregering – ten spyte van die regering se besware dat Apartheid 'n interne aangeleentheid was.<ref>[http://archive.is/20120729160506/unweek.blogspot.com/|UN Week], [http://archive.is/20120715132229/unweek.blogspot.com/2007/01/usuk-draft-resolution-on-myanmar.html US/UK draft resolution on Myanmar vetoed in Security Council. - January 15, 2007 United Nations Week], besoek op 30 September 2007</ref><ref>[http://www.nytimes.com/ New York Times], [http://www.nytimes.com/2007/03/24/world/africa/24africa.html?n=Top%2fReference%2fTimes%20Topics%2fOrganizations%2fU%2fUnited%20Nations%20 South Africa Lowers Voice on Human Rights], besoek op 30 September 2007</ref>

== Hoofgebeure ==
=== Aanloop tot betogings ===
Die eerste tekens van onrus in 2007 in Mianmar het reeds in Februarie voorgekom toe 'n groep wat hulleself die Mianmar Ontwikkelings Komitee noem 'n beroep gemaak het op die militêre regering om verbruikerspryse, gebrek aan gesondheidsorg, onderwys en swak elektristeitsvoorsiening aan te spreek. Betogings in Mianmar is byna ongehoord en die protes aksie is ook vinnig stop gesit. Waarskynlik in reaksie op die onrus is Brigadier-Generaal Than Han van die Mianmarse polisie verantwoordelik gemaak vir die hantering van burgerlike onrus in Rangoen.<ref name=pinr />