Difference between revisions 1826441 and 1836922 on afwiki[[Lêer:Honda_Aqua_Trax_F-12x_turbo.jpg|thumb|center|600px|Honda Aqua Trax F-12x turbo]] [[Lêer:Jeep-CJ.jpg|duimnael|links|280px]] [[Lêer:'46 Jeep CJ (Auto classique Laval '10).jpg|duimnael|regs|1946 Jeep CJ]] [[Lêer:Green Highlander salmon fly.jpg|duimnael|regs|''Green Highlander'' is 'n kunsvlieg wat goed werk vir salm.]] {{reg}} {{verkeerd}} [[en:User:Aliwal2012/sandbox]] [[nso:Mošomi:Aliwal2012/sandpit]] ----------------------------------- {{clr}}⏎ ⏎ ⏎ '''Jacob Gedleyihlekisa Zuma''' (GCB<!--"Order of the Bath"-->) (gebore [[12 April]] [[1942]], [[Nkandla]], [[Natal (provinsie)|Natal]] ([[Suid-Afrika]])) was die vierde [[President van Suid-Afrika]], voormalige president van die land en die regerende politieke party, die [[African National Congress]] sowel as die voormalige [[Adjunkpresident van Suid-Afrika]]. Hy is 'n gewilde figuur, selfs oor politieke grense heen, maar word as omstrede gesien sedert sy finansiële adviseur skuldig bevind en veroordeel is weens korrupsie en bedrog. Hierdie gebeure het in Junie 2005 tot Zuma se afdanking as Adjunkpresident van Suid-Afrika gelei.<ref name="SABC2006-09-20">{{cite web |url=http://www.sabcnews.com/south_africa/crime1justice/0,2172,135153,00.html |title=Zuma corruption trial struck off the roll |date=20 September 2006 |publisher=SABC news}}</ref> Nadat die leierskap van die [[African National Congress]] hom amptelik op 13 Februarie 2018 herroep het as president (dus gevra het om te bedank), het hy eers geweier, maar uiteindelik op 14 Februarie sy uittrede aangekondig.<ref>{{af}} {{cite news|url=https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/pres-jacob-zuma-bedank/|title=Pres. Jacob Zuma bedank|work=[[Maroela Media]]|date=14 Februarie 2018|accessdate=14 Februarie 2018|}}</ref> == Inleiding en agtergrond == Zuma is kort na sy afdanking as adjunkpresident van Suid-Afrika formeel aangekla van korrupsie. Die saak is egter van die rol geskrap nadat die staatsaanklaer se aansoek om uitstel van die hand gewys is.<ref name="SABC2006-09-20" /> In Desember 2005 is Zuma ook in die Johannesburgse hooggeregshof van verkragting aangekla. Die beweerde slagoffer, die dogter van 'n ontslape vriend van Zuma uit die struggle-era, was [[MIV]]-positief, 'n feit wat aan Zuma bekend was. Op 8 Mei 2006 het die hof die aanklagte van die hand gewys in 'n beslissing waarin die regter met die verdediging saamgestem het dat die betrokke seksuele daad instemmend van aard was. Gedurende die verhoor het Zuma erken dat hy onbeskermde seks met sy aanklaer gehad het maar dat hy na die tyd gaan stort het, om die risiko om MIV op te doen te verminder. Die stelling is deur die regter, gesondheidskundiges en [[VIGS]]-aktiviste vooroordeel. Spotprenttekenaars soos [[Zapiro]] het ook in die dagblaaie daarmee die spot gedryf, deur permanent 'n stortkop bo-op Zuma se kop uit te beeld. As moontlik die mees prominente [[Zoeloe]]-ANC-politikus, en 'n leier onder linksgesinde ondersteuningsgroepe binne die ANC, kon hy steeds staatmaak op aansienlike ondersteuning selfs na sy afdanking as adjunkpresident van die land. Sy ondersteuningsbasis bring mee dat hy daarin slaag om sy rol as adjunkpresident van die ANC te behou. Op [[18 Desember]] [[2007]] het hy by die ANC se 2007 nasionale kongres in [[Polokwane]] die President van Suid-Afrika en vorige leier van die ANC met 2 329 teen 1 505 stemme geklop om die nuwe president van die ANC te word.<ref>[[Die Burger]], [http://www.dieburger.com/Stories/News/16.0.3460069608.aspx Die Zuma-era breek aan], besoek op 19 Desember 2007</ref> Dit was hierdie sukses in Zuma se veldtog wat daartoe gely het dat hy die volgende President van Suid-Afrika kon word. == Vroeë jare en familie == Zuma is op [[12 April]] [[1942]] in [[Nkandla]], wat in nou in die [[KwaZulu-Natal]]provinsie is, gebore. Zuma het sy kinderjare deur tussen Zoeloeland en die voorstede van [[Durban]] deurgebring. Sy vader was 'n polisieman, wat teen die einde van die [[Tweede Wêreldoorlog]] gesterf het toe Zuma nog 'n jong seun was. Hy het as jong seun [[bees]]te opgepas en het geen formele [[onderwys]] ontvang nie. Sy stamnaam is '''Msholozi''' wat ook deur sy ondersteuners gebruik word om na hom te verwys.<ref>{{cite news|first=Jeremy|last=Gordin|title=So what are Msholozi's options?|url=http://www.sundaytribune.co.za/index.php?fArticleId=4586569|work=Sunday Tribune|date=31 Augustus 2008|accessdate=14 September 2008}}</ref> Hy het op 'n vroeë ouderdom by [[politiek]] betrokke geraak en in [[1959]] by die ANC aangesluit. Hy het in [[1962]], na die verbanning van die ANC in [[1960]], 'n aktiewe lid van [[Umkhonto we Sizwe]] geword.<ref>[[ANC]] [http://www.anc.org.za/people/zumaj.html Biografie van Jacob Zuma], besoek op 29 April 2006.</ref> Zuma het ook sy eerste vrou, met wie hy steeds getroud is, Gertrude Sizakele Khumalo, in 1959 ontmoet. Hy het geen kinders by sy eerste vrou wat as "MaKhumalo" of "MaShobane" bekend staan en by Zuma se huis in Nkandla woon. Zuma het later nog twee vroue geneem terwyl hy in ballingskap in buurlande van Suid-Afrika was. Sy tweede vrou was Me. Kate Mantsho, ’n lugwaardin van die Mosambiekse lugdiens met wie hy vier kinders gehad het. Mantsho het in 2000 selfmoord gepleeg ná ’n huwelik van 24 jaar. In die 1980’s het hy sy volgende vrou, me. [[Nkosazana Dlamini-Zuma|Nkosazana Dlamini]], voormalige [[Minister van Buitelandse Sake]], in [[Swaziland]] ontmoet terwyl sy by die [[Mbabane]]-staatshospitaal gewerk het. Hulle het vier kinders saam gehad en is in 1998 geskei.<ref>[http://www.news24.com/ News24], [http://www.news24.com/Beeld/In-Diepte/0,,3-67_1934246,00.html Zuma-herinneringe], besoek op 19 Desember 2007</ref> In 2002 is Zuma weer getroud met Mantuli Zuma saam met wie hy reeds twee kinders het. Sy jongste vrou, die vyfde, is Thobeka Stacy Mabhija, vir wie hy onlangs [[lobolo]] betaal het en by wie hy reeds twee kinders het. Verder het Zuma 'n kind by Minah Shongwe, suster van Regter Jeremiah Shongwe, wat hom van Zuma se verkragtingsaak onttrek het.<ref>[http://www.timesonline.co.uk/ TIMESONLINE], [http://www.timesonline.co.uk/tol/news/world/africa/article3070220.ece Profile: Zuma charmed wives and a nation], Besoek 19 Desember</ref> == Deelname aan die stryd teen Apartheid == === Gevangenis en bannelingskap === [[Lêer:Robben island from table mountain.jpg|duimnael|[[Robbeneiland]] soos vanaf [[Tafelberg]] gesien]] In [[1963]] is hy saam met 'n groep van 45 rekrute naby [[Zeerust]] in die [[Transvaal|Wes-Transvaal]] in hegtenis geneem. Hy is skuldig bevind aan sameswering om die regering omver te werp en tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis wat hy op [[Robbeneiland]] saam met [[Nelson Mandela]], wat terselfdertyd weens 'n ander insident in die gevangenis was, uitgedien het. Na sy vrylating was hy instrumenteel in die hervestiging van die ANC ondergrondse strukture in die [[Natal]] provinsie. Hy het Suid-Afrika in [[1975]] verlaat en was eers in [[Swaziland]] en toe in [[Mosambiek]] gebaseer waar hy na die Soweto-opstand met duisende uitgewekenes gewerk het.<!-- Tydens regter Van der Merwe se uitspraak by die verkragtingverhoor, het hy bietjie ander gegewens gegee: eers Mosambiek, toe Swaziland, met Zimbabwe êrens ook. Kan iemand dit nagaan? --> Hy het in [[1977]] lid geword van die [[ANC|ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee]]. Hy het ook gedien as Adjunkhoofafgevaardigde van die ANC in Mosambiek, 'n pos wat hy beklee het tot die ondertekening van die Nkomati-ooreenkoms tussen die Mosambiekse en Suid-Afrikaanse regerings in [[1984]]. Na die ondertekening van die ooreenkoms is hy aangestel as Hoofafgevaardigde van die ANC. Zuma is gedwing om Mosambiek in Januarie [[1987]] te verlaat na aansienlike druk op die Mosambiekse regering deur die [[P.W. Botha]] regime. Hy het na die ANC Hoofkantoor in [[Lusaka]], [[Zambië]], geskuif waar hy aangestel is as Hoof van Ondergrondse Strukture en kort daarna as Hoof van die Intelligensie-afdeling. Hy het in die ANC se politieke en militêre raad gedien toe dit in die middel-[[1980]]'s gevorm is. === Terugkeer na Suid-Afrika === Ná die ontbanning van die ANC in Februarie [[1990]] was hy een van die eerste ANC-leiers wat na Suid-Afrika teruggekeer het om met die onderhandelingsproses te begin. In 1990 is hy verkies tot Voorsitter van die ANC in die Suid-Natal-gebied, en het hy 'n leidende rol gespeel in die bekamping van politieke geweld in die gebied tussen lede van die ANC en die [[Inkatha-Vryheidsparty]]. Die IVP, gelei deur [[Mangosuthu Buthelezi]], het in daardie stadium heelwat klem gelê op [[Zoeloes|Zoeloetrots]] en politieke mag. In dié konteks was Zuma se Zoeloe-erfenis deurslaggewend in ANC-pogings om die geweld te beëindig. Die ANC se strategie was om politieke eerder as stamverband te beklemtoon as die oorsaak van die geweld en om ondersteuning onder Zoeloes in die gebied te werf. Hy is in [[1991]] verkies tot Onder-Sekretarisgeneraal van die ANC en in Januarie [[1994]] is hy genomineer as die ANC-kandidaat vir die Premierskap van [[KwaZulu-Natal]]. == Politieke loopbaan == === Opkoms as nasionale leier === Ná die eerste veelrassige verkiesing in Suid-Afrika in 1994 is Zuma aangestel as 'n Lid van die Uitvoerende Komitee vir ekonomiese aangeleenthede en toerisme vir die KZN provinsiale regering nadat sy kandidaatskap vir adjunkpresident van die ANC terug getrek het om [[Thabo Mbeki]] toe te laat om onbestrede tot die amp verkies te word. In Desember 1994 is hy verkies tot Nasionale Voorsitter van die ANC en voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, en is later herverkies tot die amp in [[1996]]. Hy is in Desember [[1997]] by die ANC se Nasionale Kongres in [[Mafikeng]] tot adjunkpresident van die ANC verkies. === Termyn as adjunkpresident van Suid-Afrika === Zuma is in Junie [[1999]] deur die nuutaangestelde President Mbeki aangestel as [[Adjunkpresident van Suid-Afrika]]. Hy is algemeen gesien as die natuurlike opvolger tot die presidensie wanneer [[Thabo Mbeki]] uit die pos aftree. As adjunkpresident was hy betrokke by verskeie buitelandse sake-aangeleenthede soos bilaterale verhoudinge met onder meer [[Swede]], [[Nigerië]], [[Duitsland]], [[Australië]] en [[Volksrepubliek van Sjina|Sjina]]. Verder was hy betrokke by Nepad en die Afrika-uniesake en die bemiddeling van vredespogings in die groot-merestate. In die verband het hy in [[Kampala]] saam met President [[Yoweri Museveni]] van [[Uganda]] opgetree as bemiddelaar in die [[Burundi]]-vredesproses.<ref>[http://www.dfa.gov.za/ Departement Buitelandse Sake], [http://www.dfa.gov.za/docs/speeches/zuma.htm Addresses and Speeches by Deputy President of South Africa Mr Jacob Zuma], besoek op 20 Desember 2007</ref><ref>[http://www.info.gov.za/ South African Government Information], [http://www.info.gov.za/issues/hiv/sanac.htm The South African National AIDS Council (SANAC)], besoek op 20 Desember 2007</ref> Sy pligte in die amp het ook die voorsitterskap van die Suid-Afrikaanse Nasionale VIGS-raad ingesluit. Die VIGS-raad is 'n hoëvlak multisektorale liggaam wat die doelstelling het om 'n leierskapsrol te speel in die bou van konsensus oor VIGS-beleid en -strategie.<ref>[http://www.doh.gov.za/ Departement Gesondheid], [http://www.doh.gov.za/docs/pr/2006/pr1201b.html The restructuring of the South African National AIDS Council (SANAC): Record of Agreement], besoek op 20 Desember 2007</ref> Op [[18 April]] [[2002]] is die Morele Heropboubeweging ([[Engels]]: ''Moral Regeneration Movement'') by die [[Lugmagbasis Waterkloof]] in [[Pretoria]] geloods. Die organisasie is gestig na 'n aantal skokkende misdade gepleeg is, soos die verkragting van babas. Zuma is in sy hoedanigheid as adjunkpresident die verantwoordelikheid vir die inisiatief gegee. In dié rol het hy verskeie toesprake oor die onderwerp gelewer. In die toesprake het hy gepleit dat die boodskap dat morele hernuwing die verantwoordelikheid van elke Suid-Afrikaner is, en nie net dié van die beweging se leierskap of die regering nie. Hy het ook gesê dat "Elke Suid-Afrikaner moet 'n agent vir morele heropbou wees".<ref>[http://www.iss.org.za/ Institute for Security Studies], [http://www.iss.org.za/pubs/CrimeQ/No.11/Rauch.htm LINKING CRIME AND MORALITY – Reviewing the Moral Regeneration Movement], Janine Rauch, gepubliseer in Crime Quarterly No 11 2005, besoek op 20 Desember 2007</ref><ref>[http://www.polity.org.za/ Polity.org.za], [http://www.polity.org.za/article.php?a_id=60675 Zuma: National Conference of the Moral Regeneration Movement (30/11/2004)], besoek op 20 Desember 2007</ref> Op [[10 Februarie]] [[2003]] het die parlementslid Raenette Taljaard, wat die amptelike opposisie, die [[Demokratiese Alliansie]], se woordvoerder oor Suid-Afrika se Wapentransaksie, in 'n brief aan President Mbeki gevra of of hy dit as gepas beskou dat daar 'n wolk van agterdog oor die adjunkpresident hang wat belas is met die veldtog vir morele hernuwing en heropbou.<ref>[http://www.armsdeal-vpo.co.za/ The Arms Deal Virtual Press Office], [http://www.armsdeal-vpo.co.za/articles03/da_question_zuma.html DA to Question Zuma on Alleged Thetard Meeting(s) and Corruption], besoek op 20 Desember 2007</ref> Mbeki het in 'n geskrewe antwoord bevestig dat Zuma steeds die veldtog sou lei waarop Taljaard gereageer het dat as dit die soort morele leiding is wat 'n mens nie verbaas sou laat as die aantal Yengeni's sou vermenigvuldig nie.<ref>[http://iafrica.com/ iafrica.com], [http://iafrica.com/news/sa/217392.htm Zuma still to lead moral regeneration], besoek op 20 Desember 2007</ref> Tydens sy amp as adjunkpresident het hy in Junie [[1998]] het Zuma van Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, op daardie stadium Minister van Buitelandse Sake van Suid-Afrika, geskei. === ANC-leierskapstryd === [[Lêer:Jacob Zuma with Obamas.jpg|duimnael|President Zuma en een van sy vroue saam met die President van Amerika, [[Barack Obama]] en Michelle Obama in [[New York Stad|New York]], 2009]] [[Lêer:CFK & Jacob Zuma.jpg|duimnael|Die [[Argentinië|Argentynse]] president [[Cristina Fernández de Kirchner]] en die Suid-Afrikaanse president Zuma tydens 'n bespreking in 2010]] Terwyl Zuma as Adjunkpresident gedien het, het hy aansienlike steun geniet uit die linkervleuel van die ANC, insluitend baie in die [[ANC-jeugliga]], die [[Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party]] en [[Congress of South African Trade Unions|COSATU]]. Terwyl Zuma korrupsie-aanklagte in die gesig gestaar het, het die organisasies Zuma aanhou ondersteun. Ondersteuning van die half-outonome strukture binne die party het Zuma gehelp om ondersteuning te behou selfs nadat hy die adjunkpresidentskap verloor het. Hy is byvoorbeeld heraangestel as ANC adjunkpresident nadat hy kort na Schaik se skuldigbevinding uit die pos bedank het. Hy het ook 'n salaris van die party ontvang vir die pos – 'n voorreg wat nie te vore deur bekleërs van die pos geniet is nie. Zuma se afdanking is op twee maniere geïnterpreteer. Baie Suid-Afrikaanse en buitelandse waarnemers het dit geloof as 'n duidelike teken dat die Suid-Afrikaanse regering toegewyd is tot die uitroei van korrupsie binne sy eie geledere. Aan die ander kant het sommige mense in Suid-Afrika klem geplaas op die feit dat Zuma en Mbeki verskillende ondersteuningbasisse binne die ANC verteenwoordig. Sommige linksgesindes het sy afdanking gesien as 'n geleentheid vir Mbeki se meer markgerigte vleuel in die party om hulle opkoms verder te verstewig, en samesweringsteorieë oor Zuma se uit die weg ruiming doen in sommige kringe die rondte.<ref>[http://news.bbc.co.uk/ BBC Nuus] [http://news.bbc.co.uk/1/hi/world/africa/4328360.stm] Analysis: SA's Zuma in the dock, besoek op 29 April 2006.</ref> Zuma se saak het by elkeen van sy korrupsieverwante hofverskynings in [[2005]] groot skares ondersteuners ter ondersteuning van sy saak getrek. Tydens een van die hofverskynings het Zuma ondersteuners T-hemde met Mbeki se beeld op verbrand. Dit is deur die ANC veroordeel en Zuma en sy bondgenote het pleit vir 'n terugkeer na partydissipline vir komende byeenkomste. By die volgende hofverskyning in November 2005 het duisende Zuma-ondersteuners vergader om hom te ondersteun; hy het die skare in Durban in [[Zoeloe]] toegespreek en partyeenheid bepleit. Hy het by die geleentheid die [[apartheid]]-era struggle-lied ''Leth' umshini wam'' met lirieke wat, as dit letterlik vertaal word, beteken "bring my my masjien" maar wat na 'n masjiengeweer verwys. Tydens 'n Oktobertoer vir die ANC-jeugliga elders in die land is Zuma ook deur groot skares toegejuig. Hoewel sy volgehoue gewildheid ten minste gedeeltelik gegrond is op intra-party politiek word daar gemeen dat Zoeloe benadering tot lojaliteit en behulpsaamheid ook 'n faktor was.<ref>[[Mail & Guardian]], [http://www.mg.co.za/articledirect.aspx?articleid=256829&area=%2finsight%2finsight__national%2f Zuma had been particularly successful in rallying Zulu supporters], besoek op 19 Desember 2007.</ref> As gevolg van ondersteuning deur elemente in die party bly Zuma 'n kredietwaardige politiese figuur; baie het geglo dat al wat tussen hom en die presidentskap staan 'n geloofwaardige verdediging is teen die korrupsie-aanklagte wat teen hom gemaak is. Dit is 'n taak wat bemoeilik is maar geensins onmoontlik gemaak is deur die onomwonde oordeel teen Shaik nie. Politieke kommentators het dit nogtans betwyfel of Zuma linksgesindes sal kan bevredig, aangesien dieselfde globale en nasionale ekonomiese beperkinge wat Mbeki se presidentskap gevorm het, ook in latere presidensiële termyne van toepassing sou wees. === Presidentskap === Op [[9 Mei]] [[2009]] word Zuma as die vierde demokraties-verkose President van die Republiek van Suid-Afrika in sy amp ingehuldig. Terwyl hy op 'n amptelike besoek aan [[Volksrepubliek China|China]] was om politieke en ekonomiese bande tussen die twee lande te versterk, ontvang hy op [[5 Desember]] [[2014]] 'n ereprofessoraat van die Tsinghua Universiteit in [[Beijing]]. All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=1836922.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|