Difference between revisions 1837073 and 1837074 on afwiki

[[Lêer:Honda_Aqua_Trax_F-12x_turbo.jpg|thumb|center|600px|Honda Aqua Trax F-12x turbo]]
[[Lêer:Jeep-CJ.jpg|duimnael|links|280px]]
[[Lêer:'46 Jeep CJ (Auto classique Laval '10).jpg|duimnael|regs|1946 Jeep CJ]]
[[Lêer:Green Highlander salmon fly.jpg|duimnael|regs|''Green Highlander'' is 'n kunsvlieg wat goed werk vir salm.]]
{{reg}}
{{verkeerd}}
[[en:User:Aliwal2012/sandbox]]
[[nso:Mošomi:Aliwal2012/sandpit]]
-----------------------------------
{{clr}}
==Benodig hulp met BTW vrae==

Ek het 'n projek ontvang met die volgende vrae wat ek moeilik vind om te antwoord en nêrens inligting oor vind nie:

Nulkoers items(definisie en voorbeelde)

Vrygestelde items(definisie en voorbeelde)

Berekening van BTW op items wat BTW insluit(plus formule)

Indien enige iemand my kan help sal dit baie waardeer word :){{paraf|Miki17forever}}
:: (prys met BTW) * (14/114) = BTW

::[[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 16:30, 3 Maart 2009 (UTC)

Hallo Hansjoseph, ek kan dalk help, stuur 'n e-pos na [email protected] [[Gebruiker:Graaf|Graaf]] ([[Gebruikerbespreking:Graaf|kontak]]) 12:49, 7 Maart 2009 (UTC)

==Advokaat==

Ek soek nou al seker 4 ure vir inligting oor waar om te gaan studeer vir n Advokaat of Prokureur.Kan iemand my dalk help?Verkieslik in Afrikaans a.s.b
[[Spesiaal:Bydraes/196.207.33.197|196.207.33.197]] 16:08, 7 Maart 2009 (UTC)
:Sjoe, dit sal help as mens weet waar jy geleë is. Tuks bied 'n [http://web.up.ac.za/default.asp?ipkCategoryID=6800&language=1 LLB]-program aan, asook die [http://sun025.sun.ac.za/portal/page/portal/Maties/Afrikaans/Voorgraadse_Prospektus/Regsgeleerdheid Universiteit van Stellenbosch]. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 16:35, 7 Maart 2009 (UTC)
:Die Universiteit van die Vrystaat bied ook so 'n program aan. [[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 13:38, 8 Maart 2009 (UTC)

Daar het verlede nag 9 uur n persoon my gebel met al my inligting, asook waar ek herrigestreer het. Volgens haar is sy van die DA. Kab ek bevestiging vanaf julle ontvang asb.{{paraf|196.207.35.245}}
:Hoe nou? [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 14:10, 10 Maart 2009 (UTC)

::Ek dink [[Gebruiker:196.207.35.245|196.207.35.245]] verwar Wikipedia met 'n politieke organisasie. Kontak die DA by http://www.da.org.za/ vir navraag.  — [[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]] • [[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 15:27, 10 Maart 2009 (UTC)

==Nederlandse PDF-versie==
Ek hou baie van die Nederlandse wikipedia se opsie waarmee 'n mens 'n PDF-weergawe kan skep. --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 09:14, 18 Maart 2009 (UTC)
:Hmmm... ek het die funksie destyds vir myself geïnstalleer. Sal kyk of dit ook vir die Afrikaanse Wikipedia as geheel geïmplementeer kan word. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 08:35, 21 Maart 2009 (UTC)
:Navraag hieroor gedoen by Meta. Hoop hulle kom met 'n positiewe antwoord terug. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 20:05, 3 April 2009 (UTC)

==Naamveranderinge==
Daar is 39 kategoriee met die naam "Naamveranderinge in (so-en-so land)" in die kategorie "Naamveranderinge in Afrika" in die kategorie "Naamveranderinge". Die regte woord is Naamsveranderinge met 'n "s". Kan iemand dit regmaak? En kan mense wat kategoriee en artikels skep seker maak hulle het ten minste die regte spelling in die opskrif? Dankie. [[Gebruiker:Winstonza|Winston]] ([[Gebruikerbespreking:Winstonza|kontak]]) 21:20, 21 Maart 2009 (UTC)

:Winston, ek stem saam met jou. Ek sal daarna kyk, maar sal 'n bietjie hulp waardeer. Ek sal in elk geval nie vandag na alles kan omsien nie.  — [[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]] • [[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 06:48, 22 Maart 2009 (UTC)

::Net 'n vragie: moet ons nie eerder meer spesifiek wees en die kategorie [[:kategorie:Pleknaamsveranderinge]] noem nie?  — [[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]] • [[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 06:53, 22 Maart 2009 (UTC)

:::Nog beter, ja. [[Gebruiker:Winstonza|Winston]] ([[Gebruikerbespreking:Winstonza|kontak]]) 09:09, 22 Maart 2009 (UTC)
:::Ekskuus, ek sien nou ek kan self ook die subkategoriee skuif. Ek sal dit doen. Maar die hoofkategorie Naamveranderinge het nie 'n skuiffunksie nie. [[Gebruiker:Winstonza|Winston]] ([[Gebruikerbespreking:Winstonza|kontak]]) 09:13, 22 Maart 2009 (UTC)
:::En ook nie Naamveranderinge in Afrika nie. [[Gebruiker:Winstonza|Winston]] ([[Gebruikerbespreking:Winstonza|kontak]]) 09:17, 22 Maart 2009 (UTC)

::::This transformation will also include those countries in Asia. --[[Gebruiker:Africa South|Bezuidenhout]] ([[Gebruikerbespreking:Africa South|kontak]]) 10:12, 22 Maart 2009 (UTC)

==Artikels oor beroepe==

Ek wil graag voorstel dat ons dit beleid maak om beroepe by die artikel oor die vakgebied self te bespreek, dus sal "Paleontoloog" na "Paleontologie" aanstuur, "Joernalis" na "Joernalistiek", "Byboer" na "Byeboerdery", "Skrynwerker" na "Skrynwerk" ens. Die rede hiervoor is dat hierdie artikels se inhoud in baie gevalle duplikate van mekaar sal wees. Dit inligting rakende die opleidinging/beoefening van so 'n beroep is tog ook belangrik in 'n artikel oor die vakgebied, indien enigsins van ensiklopediese waarde. Ander se menings? [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 15:09, 22 Maart 2009 (UTC)

:Ek dink nie dat daar 'n behoefte aan 'n sodanige beleid is nie. Die vakgebiede is dikwels ook wetenskappe wat moontlik van 'n persoon se beroepsbeoefening verskil. Dit sal van geval tot geval afhang of ons artikels oor die beroep en vakgebied kan saamsmelt. Voorstelle in hierdie verband kan op die besprekingsbladsye van die betrokke artikels gemaak word.  --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 15:40, 22 Maart 2009 (UTC)

::Ja, ek is ten gunste daarvan dat ons die onderskeid so behou deur aparte artikels te hê. Ons kan 'n afdeling teen die einde van die vakgebied se artikel maak wat 'n kort beskrywing van die beroep insluit en dan 'n skakel na die aparte artikel het. Ons artikels mag dalk nie nou groot genoeg wees vir so 'n beleid nie, maar ek glo dis belangrik dat ons dit nou al so hanteer sodat dit nie oor tien jaar 'n probleem is wanneer duisende artikels opgedeel moet word in kleiner weergawes nie. En boonop dink ek tog dat elke beroep sy eie artikel verdien.  — [[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]] • [[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 19:24, 22 Maart 2009 (UTC)

:::Ek kan sien dat party artikels baie lank kan raak as die besonderhede oor die beoefenaars van so 'n beroep ook by die hoofartikel ingevoeg word.  Ek vermoed in sommige beroepe sou mense graag bietjie meer wou uitwei oor die leidende figure/pryswenners in daardie beroepe wat 'n bietjie langdradig sal wees vir iemand wat net 'n kort oorsig oor die vakgebied wou gehad het.  Ek stem dus saam dat ons dit maar op 'n geval na geval basis hanteer.  --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 19:38, 25 Maart 2009 (UTC)

==Torsten Amft==

Hy is 'n internasionale spammer wat alle wikiwebwerwe misbruik vir sy persoonlike promosie. Ook die Deense wiki het hom geblokkeer. Ek weet nie reg hoe hom hier heeltemaal te blok nie, maar ek het die lemma met sy naam ingesout en geblokkeer.
[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 04:24, 24 Maart 2009 (UTC)

:Aangesien hy al mediadekking in openbare Duitse televisiekanale gekry het, sal 'n ensiklopediese artikel oor hierdie modeontwerper aanvaarbaar wees. Ek sou die voorkeur aan 'n regstreekse vertaling van die Duitse artikel gee. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 19:09, 24 Maart 2009 (UTC)

==Andere invasie==

Daar is 'n andere groep wat alle wikiwerwe kom vertel dat HTML nie meer toegestaan is nie en dat alle afbeeldings 'n onderskrif moet hê. Díe onderskrif-idee kom reëlreg uit die burokrasie van Washington DC. Hulle het bedink dat vir blinde mense alle afbeeldings onderskrifte moet kry en hulle dink dat dit deurgevoer moet word op die hele wêreld of dit sin maak of nie. 

As dit sin maak staan daar in die reël al 'n onderskrif maar daar is ook gevalle dat dit rêrig nie sin maak nie. Byvoorbeeld die afbeelding op [[Dugong]]: in die kas is daar 'n beskryving wat dit is. Tog moet daar 'n '"onderskrif" kom. Ek vind dat hulle baie die outonomie van die wiki's skend deur hier te kom en hulle idees op te lê sonder die wikigemeenskap hier die kans te gee daaroor na te dink en selfs te besluit nie. Dis die Afrikaanse wiki en nie Baghdad of Kaboel (of Praag) nie. Ek het die nuut 'gebruiker' geblokkeer en die 'verbeteringlys' geskrap. As daar verbeterings moet kom moet dit van julle kom nie opgelê word nie. 
[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 04:24, 24 Maart 2009 (UTC)

:Ons sal natuurlik moeite doen om te verseker dat ons artikels ook vir blinde mense toeganklik is. Belangrike onvrye beelde wat volgens ons beplande beleid van redelike gebruik toegelaat sal word kan byvoorbeeld van 'n uitvoerige beskrywing voorsien word. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 19:32, 24 Maart 2009 (UTC)

:Ek is nie heeltemal by nie? Wie is die 'gebruiker' en waar is die 'verbeteringslys'? Bedoel jy wikicheck? Indien wel, wil ek graag aandring dat wikicheck behoue bly.  Behalwe onderskrifte by beelde, toets dit ook belangrike skakelfoute soos selfskakels en sintaksisfoute.  wikicheck doen geen kwaad nie, ons kan dit ignoreer soos ons wil. [[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 11:48, 25 Maart 2009 (UTC)

[[Wikipedia:WikiProject Check Wikipedia]] is 'n bladsy wat 'n handige riglyn kan wees. Dit vat klomp dinge wat eintlik maar nonsies is, maar soos hansjoseph tereg sê, dit bevat ook werklik foute waarna omgesien moet word. Ek dink dis belangrik dat ons die "foute" nie slaafs "korrigeer" nie, maar dat mens diskresie gebruik by dié bladsy. 

Ek ''scheme'' dat die beeldonderskrifaffêre vir die ''mouse-over text'' is. Mouse-over text is nie noodsaaklik nie, maar dit verleen net daai ekstra bietjie klas aan 'n mens se werf. Die voorblad bevat byvoorbeeld beelde wat nie van onderskrifte voorsien is nie, maar indien mens jou muis sy pyltjie daaroor hou (sonder om te kliek) spring daar 'n beskrywing op. Geen mouse-over text is natuurlik nie die einde van die wêreld nie, maar dit skaad ook nie om dit by te voeg nie. Sommige sjablone maak natuurlik nie voorsiening vir die normale opskrifsintaks nie, dus sal sommige beelde nie van mouse-over text voorsien kan word nie. Trouens, 'n blinde persoon gaan nie die prentjie kan sien of die onderskrif kan lees nie, maar ons kan hulle wel tegemoet kom met [[:Kategorie:Wikipedia:Gesproke_Wikipedia|opnames van artikels wat voorgelees word]].

Dit is ook nie moontlik om alles met Wikisintaks te verrig nie. Volgens die bladsy: ''Article contains a <nowiki><u></nowiki>. In most cases we can use simpler wiki markups in place of these HTML-like tags. This error was found 1 times.''. Laas wat ek gekyk het was dit nie moontlik om woorde te ondersteep met Wikisintaks nie, dus moet ons maar voortgaan om woorde met hakie-u-hakie te onderstreep. So ook is dit bloot eenvoudiger om <nowiki><big></nowiki> te gebruik indien mens groot teks wil hê, in plaas van om 'n graad in CSS-sintaks te gaan verwerf. Sal ook graag wil weet wat ons in plaas van <nowiki><br></nowiki> moet gebruik? Dit is 'n noodsaaklike element in baie sjablone. Daar is dus talle sulke "foute" wat nie regtig foute is nie en waaraan ons werklik nie moet steur nie, maar wanneer dit by die plasing 'n kategorie, inkorrekte skakeling ens. kom, is die bladsy tog wel baie nuttig. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 14:30, 25 Maart 2009 (UTC)

==Profesie==
Die artikel oor [[2009]] het nou 'n profesie geword. Myns insiens is dit nie aanvaarbaar nie. [[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 12:03, 25 Maart 2009 (UTC)
:Watter artikel is dit waarna jy verwys Hansjoseph? [[Gebruiker:Byeboer|Byeboer]] ([[Gebruikerbespreking:Byeboer|kontak]]) 18:02, 25 Maart 2009 (UTC)
:Verstaan ook nie mooi wat is fout met [[2009]] nie? --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 19:41, 25 Maart 2009 (UTC)
::Dit is nie 'n verwaring van [[Astronomie]] met astrologie nie? [[Gebruiker:Byeboer|Byeboer]] ([[Gebruikerbespreking:Byeboer|kontak]]) 22:34, 25 Maart 2009 (UTC)
:::Nee, dit sê dat op 3 Junie Microsoft iets gaan doen. Gaan hulle?? en nog ander toekomstige datums.[[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 16:02, 26 Maart 2009 (UTC)
::::Die ander toekomstige datums lyk korrek, maar Microsoft vir 3 Junie. Dink nie so nie. [[Gebruiker:Byeboer|Byeboer]] ([[Gebruikerbespreking:Byeboer|kontak]]) 08:42, 27 Maart 2009 (UTC)

==Bye en perdebye plaag==

Hi aan almal !

Ek probeer hierdie webblad in n laaste desperate poging om raad te kry by iemand wat kennis dra van hoe om van bye en perde bye ontslae te raak.

Ek woon nou sowat twee jaar in n huis aan die hange van Paarlberg in die Boland. In die tyd het perdebye en bye so om die beurt nagenoeg 20 neste begin bou. Elke keer kos dit my n klomp geld om hulle te laat verwyder(spuit). Kan ek ook net noem dat ek n "groen" ou is en nie daarvan hou om hulle leed aan te doen nie, maar ons vrees vir ons veiligheid en die van ons diere. Nie te lank terug nie, was dit in die nuus dat hier in die dorp is honde wreed aangeval deur bye en van hulle is letterlik vrek gesteek.

Met die inligting tot my beskiking, is die heuning bye groepe wat wil af swerm, maar wat is dan die attraksie by my woning ? Van die perdebye weet ek nie veel nie maar, dat hulle n gevaar inhou is gewis.

Is daar enige iemand daarbuite met soortgelyke probleem wat antwoorde het of wat my kan voorsien van n lekker boere tipe raad om my probleem op te los ?

U kan my epos by: [email protected]

Hartlike dank byvoorbaat !!

:Vir die perde bye bou 'n val. http://www.dave-cushman.net/bee/wasptrap.html. 'n Bietjie konfyt sal goed werk. Hulle het 'n doel in die natuur, so ons wil nie al die perdebye doodmaak nie.
:Vir die bye, bel 'n byeboer en vra of hy belangstel in die bye. Probeer Klapmutskop Byeboerdery. Vra ook of hy 'n paar lokkorwe sal plaas. As 'n swerm intrek, kan hy baie maklik die korf met bye wegvat. Andersins moer jy maar 'n byeboer raak. [[Gebruiker:Byeboer|Byeboer]] ([[Gebruikerbespreking:Byeboer|kontak]]) 15:06, 26 Maart 2009 (UTC)

== Licensing update progress notice ==

Het [[:m:licensing update|Licensing update]] voorstel om een dubbele licentie (GNU Free Documentation License (GFDL)
and the Creative Commons Attribution-ShareAlike License (CC-BY-SA)) te gebruiken op alle Wikimedia projecten verkeerd bijna in het eind stadium. 

Het voorstel is gemaakt door de Foundation en is mogelijk gemaakt door de  recentelijke wijzigingen in de GFDL. In een paar dagen zal er een site notice verschijnen voor alle geregistreerde gebruikers, deze site notice is bedoeld om mensen te informeren dat over drie weken een stemming zal beginnen over het voorstel. 

In de tussentijd willen we u uitnodigen om het [[:m:licensing update|voorstel]] te lezen indien u meer wilt weten. We zouden het op prijs stellen indien u wilt helpen met het [[:m:Licensing update/Translation|vertalen]] van de laatste pagina's. 

{{Gebruiker:Abigor/ht}} 29 mrt 2009 13:17 (CEST)  Namens het [[:m:Licensing update/Committee|Licensing Update Committee]].

==KLEUR VAN BLOMBLARE/TAKKIES==

Ek wil graag boomtakkies - spesifiek "winegum" - die soort wat in ruikers gebruik word, kleur.
Is daar iemand wat my meer kan vertel hoe dit gedoen word en waar om die kleursel te verkry of om self te maak.  My e-pos is :  [email protected]
Dit word waardeer


==Miriam Makeba-lirieke==

Weet enigiemand miskien waar om lirieke te kry vir Miriam Mekeba se musiek? Dalk beskik iemand oor dit? Ek is spesifiek op soek na lirieke vir, vanaf ''Sangoma'', "Emabhaceni", en vanaf ''An Evening With Belafonte & Makeba'', "In The Land Of Zulus", "To Those We Love", en "Beware, Verwoerd!". Enige hulp waardeer! By voorbaat dank.&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 18:55, 31 Maart 2009 (UTC)

==Gebruikerskassies==

Om die naamruimte van sjablone skoon te hou, waar sal ons die gebruikerkassies bêre? Moet ons dit dalk soos die inligtingskaste net 'n voorvoegsel bv. "Inligtingskas ..." byvoeg, of moet ons dit alles na 'n ander naamruimte skuif, bv. "Wikipedia:Gebruikerskas ...". Wat stel julle voor? Of pla dit julle nie? Want ons het nou verskeie gebruikerskassies wat op verskeie maniere getitel is. &nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 10:33, 4 April 2009 (UTC)
:Daar is geen rede om die sjabloonnaamruimte "skoon" te wil hou van ander sjablone nie, want dis immers wat gebruikerskassies is. Omdat dit ook nie soseer deel van die inhoud van Wikipedia vorm nie, huiwer ek om aan ander voor te skryf hoe hulle hulle gebruikerskassies moet noem. Een ding waarop ons wel kan aandring is dat dit slegs onder [[:Kategorie:Gebruikersjablone]] gekategoriseer word en nie saam met ander inhoudelike sjablone of artikels nie. Ek gaan egter nie teëskop as die meerderheid gebruikers saamstem dat hierdie soort sjablone miskien almal met "Gebruiker" moet begin (soos ons "Inligtingskas"-sjablone) nie (dus Sjabloon:Gebruiker Christen, i.p.v. Sjabloon:Christengebruiker). [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 10:48, 4 April 2009 (UTC)
::Ek stem saam met jou punt oor die kategorie, maar ek voel dat dit wel netjieser sal wees om bv. alle gebruikerskassjablone met bv. "Gebruiker" te laat begin sonder om enige bybedoelings daarmee te hê nie. Dit maak nie vir my saak watter voorvoegsel ons byvoeg nie, dit sal net netjieser wees as ons eenvormigheid met die kassies kan kry. &nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 11:20, 4 April 2009 (UTC)

==GPON en "Splitters"==

Ek is tans besig met 'n artikel oor GPON (Gigabis Passiewe Optiese Netwerk) en soek die regte woord vir "splitter" -sien PON in Engelse Wiki. Is dit verdeler, splitter?

Ek sal hierdie keer al die verwysings bysit! 

[[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 09:11, 6 April 2009 (UTC)

:Ek is heeltemal onseker wanneer ek sê dat ek al van die woord "verdeler" gehoor het in hierdie konteks.&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 09:49, 6 April 2009 (UTC)

Is splitter dan aanvaarbaar? Ook - in Engels praat hulle van "Triple Play" bedoelende Oudio, Video en Data dienste gelyktydig op dieselfde verbinding. Is ''Driespel'' aanvaarbaar in Afrikaans? [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 06:14, 7 April 2009 (UTC)
:Triple Play sal wees driedubbelspeel. [[Gebruiker:Byeboer|Byeboer]] ([[Gebruikerbespreking:Byeboer|kontak]]) 06:46, 8 April 2009 (UTC)

==Update information about localisaton on translatewiki.net==

*Currently 77.23% of the MediaWiki messages and 32.61% of the messages of the extensions used by the Wikimedia Foundation projects have been localised. Please help us help your language by localising and proof reading at [[betawiki:Special:LanguageStats/{{CONTENTLANGUAGE}}|Betawiki]]. This is the [http://translatewiki.net/w/i.php?title=Special:RecentChanges&translations=only&trailer=/{{CONTENTLANGUAGE}} recent localisation activity] for your language. Thanks, [[Gebruiker:GerardM|GerardM]] ([[Gebruikerbespreking:GerardM|kontak]]) 08:37, 12 April 2009 (UTC)
*Currently 76.91% of the MediaWiki messages and 32.37% of the messages of the extensions used by the Wikimedia Foundation projects have been localised. Please help us help your language by localising and proof reading at [[betawiki:Special:LanguageStats/{{CONTENTLANGUAGE}}|Betawiki]]. This is the [http://translatewiki.net/w/i.php?title=Special:RecentChanges&translations=only&trailer=/{{CONTENTLANGUAGE}} recent localisation activity] for your language. Thanks, 
*Currently 75.53% of the MediaWiki messages and 30.56% of the messages of the extensions used by the Wikimedia Foundation projects have been localised. Please help us help your language by localising and proof reading at [[betawiki:Special:LanguageStats/{{CONTENTLANGUAGE}}|translatewiki.net]]. This is the [http://translatewiki.net/w/i.php?title=Special:RecentChanges&translations=only&trailer=/{{CONTENTLANGUAGE}} recent localisation activity] for your language. Thanks, [[Gebruiker:GerardM|GerardM]] ([[Gebruikerbespreking:GerardM|kontak]]) 09:02, 15 Junie 2009 (UTC)
*PS Please help us complete [http://translatewiki.net/w/i.php?title=Special%3ATranslate&task=untranslated&group=core-mostused&language={{CONTENTLANGUAGE}}&limit=100 the most wanted messages]..

*It can take a long time before your localised messages become available here on your wiki. The [http://www.mediawiki.org/wiki/Extension:LocalisationUpdate LocalisationUpdate] extension will make messages available within two days. If you want this functionality, you have to ask the MediaWiki developers.

==Menings oor kopieregvoorwaardes==
Ek wil graag die aktiewe bydraers so mening hoor oor die voorgestelde wysigings aan die kopiereg voorwaardes?  Wat sal die belangrikste gevolge vir die projek wees? --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 19:36, 18 April 2009 (UTC)
[[Beeld:BD-propagande colour en.jpg|border|right|400px]]
:Dit sal dan makliker verspreibaar wees. Die GNU VDL vereis dat 'n kopie van die 8 bladsy-lange lisensie elke verspreiding vergesel. As mens dus jou eie poskaart druk van [[:File:Bremen-rathaus.jpg]], dan sal ek in prinsiep die hele lisensie daarby moet aanheg - baie onhandig vir korter tekste of beelde! [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 19:44, 18 April 2009 (UTC)

::Dankie dit het baie gehelp. --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 09:08, 25 April 2009 (UTC)

==Distriksmunisipaliteite==

Wat is die korrekte skryfwyse? Is dit: "X Distriksmunisipaliteit", of is dit "X-distriksmunisipaliteit"?&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 13:11, 22 April 2009 (UTC)
:Ek verkies die tweede vorm. 'n Google-soektog dui daarop aan dat die eerste meer algemeen is, maar dan weer, ons almal weet die meerderheid van die bende kan nie spel nie. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 16:07, 22 April 2009 (UTC)

==Wiki assistant needed urgently==

URGENT!

Wiki workshop facilitator needed from 17-19 June 2009. Services will be remunerated.
call: 021 422 4168

==Nog 'n hekkie verder...==

[[Beeld:Hurdle (PSF).png|thumb|right|225px|Die Afrikaanse Wikipedia het op 27 April so stil-stil die 12000-artikel mylpaal verbygesteek.]]
Toe gebeur dit: ek kliek op "Onlangse wysigings" en sien "Hier is tans '''12 002''' artikels". So, waar staan die Afrikaanse Wikipedia vandag?
===Gebruikers===
Ons het in Februarie van hierdie jaar 18 "baie aktiewe" gebruikers gehad (100+ wysigings vir die maand). Dit is in teenstelling met 16 in 2008 en 9 in 2007. As ek so na die statistieke kyk, is Februarie altyd een van die stiller maande (miskien geniet almal die laaste somermaand buite?). In teenstelling is Mei-Junie-Julie 'n besiger periode - so rond die wintervakansie (miskien kruip almal binnenshuis vir die koue weg?) 

As ons na slegs "aktiewe" gebruikers kyk (5+ wysigings per maand), dan het ons 56 aktiewe gebruikers in Februarie gehad. Dis in teenstelling met die 33 van Feb. 2008 en die 24 van 2007.

Maar wat van meer onlangse vergelykings?
Dis hoe die gebruikerstalle die afgelope maande hier gelyk het:

Baie aktiewe gebruikers (100+ wysigings):
:Nov. 19 - Des. 14 - Jan. 21 - Feb. 18
Aktiewe gebruikers (5+ wysigings):
:Nov. 47 - Des. 49 - Jan. 53 - Feb. 56

Nou moet ons in alle eerlikheid toegee dat die helfte van die "aktiewe gebruikers" bloot robotte is (ons het in Februarie ±28 aktiewe robotte gehad), maar dit beteken steeds dat daar 28 ander gebruikers was wat 'n aktiewe bydrae gelewer het. En as mens dink aan gebruikers soos Winston wat sulke monsterartikels soos [[Victoria van die Verenigde Koninkryk]] in een wysiging plaas, dan kan 5 wysigings baie wees. ("Monster" verwys na die artikel se grootte, nie sy voorkoms of iets anders nie.) Maar selfs al is dit net om 'n spelfout te korrigeer, dan is dit 'n belangrike, positiewe bydra. 

Daar is ook steeds die gewone kanniedoods: ek kry so die idee Renier dink aan emigreer, as ek na sy reeks artikels oor Australië kyk. En ek hoop maar vir Laurens se part dat sy base nie sien hoe hy hier boer nie, anders is hy straks werkloos! Voyageur is steeds besig met geografiese artikels, met 'n bietjie tegnologie vir afwisseling hier en daar. As ek nou nog name gaan noem gaan dit 'n lang lys word: Adriaan, Ben, Hansjoseph, Arnobarnard, Greenman, Graaf, Ettiene van Zyl, Byeboer, Sobaka ... mens kyk soms sommige gebruikers se bydrae mis, maar dit beteken nie hulle is nie belangrik nie, inteendeel! (Jammer as ek iemand se naam vergeet het - dit gebeur altyd!)

:Dan moet ons ook nie jou bydrae vergeet nie.  Veral die versorging van die voorblad.  Baie dankie daarvoor. --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 20:05, 27 April 2009 (UTC)

===Artikels===
Ek is baie beïndruk met die artikels wat in 2009 tot dusver op die voorblad verskyn het. Ek dink die besluit om ou artikels weer 'n spogbeurt te gee het baie van die las van ons skouers afgehaal en daar word nie meer Sondagaand laat naarstigtelik gesoek vir 'n artikel wat reeds die volgende dag op die voorblad moet verskyn nie. Die ekstra grasietyd beteken dat beide nuwe en ou artikels deeglik gepoets kan word voor hulle op die voorblad verskyn.

Ook die res van ons artikels begin lyf kry. Ben/Africa South se Afrikaans het al so gevorder dat hy deesdae artikels soos [[Roseburg, Oregon]] skep. Ook sy saadjies oor Suid-Afrikaanse stede/dorpe word stelselmatig uitgebrei soos hy die taal aanleer. Ons het ook bydraers wat op slegs een of twee artikels blyk te konsentreer. Wie het onlangs na [[HAT]], [[Darmstadt]] of [[Celine Dion]] geloer? Of wat van [[Optiese vesel]] of [[Eric Louw]]? Ja, hierdie artikels is nie almal perfek nie en een of twee kort heelwat werk, maar hulle is daar!

Sterkte met die volgende 12 000! [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 15:24, 27 April 2009 (UTC)

==Nog steeds GPON en dinge...==

Haai daar.

Wat sal die Afr. woord wees vir grating in "Grating as filters"? Die artikel oor GPON vorder goed! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 10:43, 4 Mei 2009 (UTC)
:Haai, Oesjaar. Ek's bevrees ek verstaan die konteks nie lekker nie, bedoel jy 'n roosterwerk wat as 'n filter dien? [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 11:49, 4 Mei 2009 (UTC)
Anrie: Sien "Fibre BRAGG Grating Filter" in die Eng Wiki. Ek moet die hele gedoente vertaal. 
[[Spesiaal:Bydraes/196.15.250.3|196.15.250.3]] 12:17, 4 Mei 2009 (UTC)
:As ek na die Engelse en Duitse benamings kyk (en die beskrywing van wat dit is), klink "rooster" of iets in die voeg vir my korrek. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 06:25, 6 Mei 2009 (UTC)

=="Voice over IP -VoIP"==

Die slim mense
Wat is die Afrikaans vir bogenoemde? 
Groete 
[[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 08:48, 5 Mei 2009 (UTC)

:Ons het al 'n artikel oor [[Stem oor IP]] - ek dink ons kan hierdie Afrikaanse term net soos die Engelse afkorting VoIP gebruik. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 12:37, 5 Mei 2009 (UTC)

=="Sien ook"==

Die slim mense: indien jy 'n "Sien ook" wil bylas; moet jy al die artikels waarvan jy bewus is wat betrekking het op jou artikel se name presies so weergee?

Groete [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 19:08, 5 Mei 2009 (UTC)

:Ek is nie seker waarom jy die vraag vra nie.  Ek reken egter dit is die gebruik hier.  Dink nie dit sal 'n probleem wees as jy die skakel wil toelig met meer inligting deur die skakelteks anders as die skakelnaam te maak nie, al kan ek nie nou aan 'n spesifieke rede dink daarvoor nie. --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 19:59, 5 Mei 2009 (UTC)

:Oesjaar, dis nie iets om jou oor te bekommer nie. As jy wil kan jy. Anders sal ander weldra daar uitkom. Artikels in dieselfde vakgebied verskyn so wie so in dieselfde kategorie wat onderaan die artikel te vinde is. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 06:29, 6 Mei 2009 (UTC)

==Taksoboks herleef.==

Hallo almal,

Soos sommige sou oplet is ek die laaste paar dae (weke?) besig met opdatering van die taksonomiese inligting op bladsye. Meeste bladsye het verwys na die verouderde [[Sjabloon:Taxobox]] wat later opgedateer is maar nie vertaal is nie. Ek het so ruk gelede die grootste deel daarvan vertaal en dit onder die (meer Afrikaanse?) [[Sjabloon:Taksoboks]] geplaas ('n vuil oplossing intussen het alle bladsye wat [[Sjabloon:Taxobox]] gebruik het net aangestuur na [[Sjabloon:Taksoboks]]). Ek is nounet klaar met die veranderinge sodat alle bladsye wat [[Sjabloon:Taxobox]] gebruik het nou [[Sjabloon:Taksoboks]] direk gebruik. [http://en.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:AutoWikiBrowser AWB] het baie gehelp hiermee. Die ou agtergeblewe '''color = ...''' argument is verwyder en heelwat van die bladsye se [[IUBN]] status is opgedateer. Daar is nog wel vele bladsye wat se [[IUBN]] status nog opgedateer moet word. Indien enige iemand kans sien vir die opdatering van die [[IUBN]] status sal ek dit baie waardeer!

[[Gebruiker:Arnobarnard|Arnobarnard]] ([[Gebruikerbespreking:Arnobarnard|kontak]]) 15:58, 12 Mei 2009 (UTC)
:Ek is seker ons is almal dankbaar vir jou harde werk en moeite. Ek het gesien hoe besig jy is en het myself dikwels afgevra waar jy die energie vandaan kry! [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 16:52, 12 Mei 2009 (UTC)
:: Soos ek sê : [http://en.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:AutoWikiBrowser AWB] help BAIE. [[Gebruiker:Arnobarnard|Arnobarnard]] ([[Gebruikerbespreking:Arnobarnard|kontak]]) 07:31, 13 Mei 2009 (UTC)
:::Ek het dit onmiddelik probeer installeer, maar my skootrekenaar weier (iets oor my .NET Framework wat nie opdatum is nie). Ek sal die naweek kyk of ek dit op my huisrekenaar kan installeer. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 09:15, 14 Mei 2009 (UTC)

==Onlangse nuwe artikels==

Sjoe, maar hierdie is darem nie toepaslike vir hier nie? Of is ek die enigste wat dit dink? [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 14:35, 13 Mei 2009 (UTC)
*[[Boosheid en 'n goeie God]]
*[[Religieuse pluralisme]]
*[[Morele argument vir die bestaan van God]]
*[[Teleologiese]]
*[[Kosmologie]]
*[[Christus en oorlog]]1

: Sommige van die artikels kan dalk omskep word as nuttige artikels indien bronnelyste bygevoeg word en dit objektief gestel word. Ek betwyfel sterk die objektiweiteit van meeste van die inligting. Ek stel dus voor dat '''skoonmaak''', '''NPOV''' en '''geeen bronnelys''' bygevoeg word. [[Gebruiker:Arnobarnard|Arnobarnard]] ([[Gebruikerbespreking:Arnobarnard|kontak]]) 07:56, 14 Mei 2009 (UTC)

::Die artikels is glad nie ensiklopedies van aard nie en bestaan basies uit 'n verhandeling wat 'n spesifieke standpunt ondersteun in stryd met wikipedia se neutrale standpunt vereistes.  Taal is ook nie neutraal nie en moet aangepas word.  Ek glo egter nie die skrywer gaan enigsens verder moeite doen as om die materiaal te knip en hier neer te plak nie en daarom dink ek eerder dit moet gelys word vir verwydering.  Ons hoef natuurlik nie oorhaastig te wees nie, dalk is ek verkeerd en besluit die skrywer om die artikels aan te pas volgens wikipedia riglyne. --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 10:14, 14 Mei 2009 (UTC)
::Ek dink RAM is reg: lys vir verwydering, anders gaan dit nie verbeter nie. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 11:24, 14 Mei 2009 (UTC)

:::Ek is heeltemal daarteen gekant om lelike kennisgewings bo-aan die artikels te plaas. Indien die artikels nie verbeter word nie, moet dit liefs verwyder word. Die kennisgewings gaan andersinds net daar sit en die hele plek lelik maak, soos die geval is by die Engelse Wikipedia.&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 12:51, 14 Mei 2009 (UTC)

==Rename==

Hello, I would like to rename my username here to Darwinius, but I dont' understand this language and don't know where to go. Can someone help me? --[[Gebruiker:Pperneta|Pperneta]] ([[Gebruikerbespreking:Pperneta|kontak]]) 07:29, 21 Mei 2009 (UTC)
:Do you have the global account under that name? If so, I can change it for you. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 08:18, 21 Mei 2009 (UTC)
::Hello Anrie, yes I do, and my home wiki is Wiki pt. Thank you very much! --[[Gebruiker:Pperneta|Pperneta]] ([[Gebruikerbespreking:Pperneta|kontak]]) 10:26, 21 Mei 2009 (UTC)
:::Done. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 11:46, 21 Mei 2009 (UTC)
*Thank you very much! :) --[[Gebruiker:Darwinius|Darwinius]] ([[Gebruikerbespreking:Darwinius|kontak]]) 14:57, 21 Mei 2009 (UTC)

==plant name : help my asb==

ek soek die betekenis van die volgende woorde asseblief
litofiete
mesofiete
protofiete
tallofiete
al die bg is plantname help mys asseblief [email protected]

Probeer by die engelse weergawe [[:en:mesophyte]], [[:en:Lithophyte]], [[:en:protophyte]] en [[:en:thallophyte]] --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 16:20, 24 Mei 2009 (UTC)
: Hidrofiete, mesofiete en xerofiete word hier beskryf in Afrikaans: http://www.mieliestronk.com/hidrofiete.html. [[Gebruiker:Byeboer|Byeboer]] ([[Gebruikerbespreking:Byeboer|kontak]]) 08:04, 25 Mei 2009 (UTC)

==Jesus se vingers==

[[Beeld:00058_christ_pantocrator_mosaic_hagia_sophia_656x800.jpg|thumb|right250px]]
[[Beeld:Christus_Ravenna_Mosaic.jpg|thumb|right250px]]

Op afbeeldings van [[Jesus van Nasaret]] word hy getoon waar hy 'n gebaar met sy vingers maak, soos in die beelde hiernaas. Wat beteken dit? Is dit 'n religieuse gebaar?&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 10:35, 25 Mei 2009 (UTC)
:Dis 'n sëeningsgebaar. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 10:45, 25 Mei 2009 (UTC)

::Dankie, Anrie.&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 18:37, 25 Mei 2009 (UTC)

==Herkategoriseer==

Hallo almal.

Om dinge vir my makliker te maak om kategorisering verder skoon te maak het ek [[Sjabloon:Herkategoriseer]] geskep. Gebruik dit asseblief indien julle oplet dat 'n bladsy verkeerdelik gekategoriseer is. Die sjabloon kan aan die onderkant van die inhoud gevoeg word om die bladsy so min moontlik te ontsier. Dit maak dit moontlik dat ek maklik 'n lys van bladsye het om aan te werk en nie moet gaan soek vir bladsye wat op die verkeerde plakke gekategoriseer is nie. [[Gebruiker:Arnobarnard|Arnobarnard]] ([[Gebruikerbespreking:Arnobarnard|kontak]]) 11:13, 25 Mei 2009 (UTC)

==Formaat vir Pleknaamtitels==

Hoe betitel ons nou weer die plekke? Ek kan nie onthou waar ons voorheen hierdie gesprek gehad het nie en wat die uitslag daarvan was nie, maar ek sou 'n konvensie wou hê waarvolgens ons alle dubbelsinnige plekname as volg skryf: Dorp X (Land Y). Dus stel ek die volgende verskuiwings hierby voor: [[Messina, Suid-Afrika]] -> [[Messina (Suid-Afrika)]] en [[Warmbad, Suid-Afrika]] -> [[Warmbad (Suid-Afrika)]]. Tensy ons natuurlik die vorm Dorp X, Land Y bo hierdie skryfwyse kies.&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 18:37, 25 Mei 2009 (UTC)

:Ek stem saam - ons het dan een konvensie vir alle soorte dubbelsinnige titels, of dit nou plekname of ander items is. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 18:43, 25 Mei 2009 (UTC)

::Elke reël het 'n uitsondering. Plekname word gewoonlik van nature as Parys, Frankryk of Parys, Suid-Afrika ens. geskryf. Buiten dit is meeste artikels reeds in hierdie formaat en lees dit ook baie makliker (die hakies lyk vreeslik lomp, dis hoekom ek oor die algemeen teen sulke kwalifiseerders is). [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 19:57, 25 Mei 2009 (UTC)

:::So moet ek alle plekartikels na 'n titel in die formaat Dorp X, Land Y, skuif, of net die dubbelsinnige gevalle, of eers wag vir nog kommentaar (wat moontlik nie gelewer gaan word nie)?&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 11:30, 26 Mei 2009 (UTC)

:::In my opinie (en waaroor ek nogal sterk voel) moet slegs titels vir dubbelsinnige plekname as "Dorp X, Land Y" geskryf word en die res as "Dorp X". [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 11:32, 26 Mei 2009 (UTC)

::::Ek stem saam dat slegs dubbelsinnige plekname een of ander soort kwalifiseerder nodig het. Die komma is nogtans aan Engels ontleen, terwyl alle Europese tale die voorkeur aan hakies gee. Ek het 'n aantal Afrikaanse publikasie wat ook konsekwent hakies gebruik. Maar ek voel nie so sterk daaroor nie. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 11:53, 26 Mei 2009 (UTC)

:::::Ek verkies weer die hakie-vorm redelik sterk, maar ek het nie 'n rede vir my voorkeur nie. Maar as dit is soos Voyageur sê, sou ek ook dink ons moet eerder vir die hakie-vorm gaan.&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 11:59, 26 Mei 2009 (UTC)

::::::Hakies of komma ... met hakies gebruik ons een karakter meer as stoor spasie teeenoor komma opsie :). Ek stem saam met Voyageur i.t.v. dubbelsinnigheid. Verder het ek nie sterk gevoel oor komma of hakies opsie nie. Kies een van jou kant af en kyk of iemand ernstig beswaar maak. Indien nie ... dan het jy jou antwoord. --[[Gebruiker:Arnobarnard|Arnobarnard]] ([[Gebruikerbespreking:Arnobarnard|kontak]]) 12:03, 26 Mei 2009 (UTC)

:::::Ek het 'n aantal Afrikaanse publikasies wat konsekwent kommas ook gebruik en dan weer ander wat hakies gebruik. Ek weet darem nou nie of die komma regtig van Engels ontleen is nie - wie sê dit het nie selfstandig in Afrikaans ontwikkel nie? Dit verg immers nie vreeslik baie inspanning om met die idee van 'n komma as 'n manier van skeiding vorendag te kom nie (of miskien is die die invloed van die [[:id:Kimberley, Afrika Selatan|destydse handelsroetes]]). En selfs al is dit van Engels ontleen, ''so what''? Dit maak dit nie minder Afrikaans nie - daar is baie dinge wat ons van Engels gekry het (en wat Engels in elk geval weer van ander Germaanse tale verkry het het) wat nie minder Afrikaans is as dit wat van Frans, Maleis, Portugees, Nederlands of Duits kom nie. Die komma word in elk geval nie uitsluitlik in Engels gebruik nie - hulle gebruik ook dikwels hakies - maar dit moet tog regtig nie 'n oorwegingsfaktor hier wees nie, net soos ons ons ook nie moet steur aan wat Europese tale gebruik nie. Bloot: wat is Afrikaans en wat is die beste ten opsigte van uitleg en gebruikersvriendelikheid. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 12:59, 26 Mei 2009 (UTC)

Ek gaan môre begin om artikels wat se titels in die formaat Dorp X, Land Y is na of (a) Dorp X verskuif indien geen dubbelsinnigheid bestaan nie, of na (b) Dorp X, Land Y indien dubbelsinnigheid wel bestaan. Ek moet egter vanaand vir Rekeningkunde leer waaroor ek môre eksamen skryf. Ek dink ons nou 'n tipe van blits-konsensus bereik? Dit lyk my die meerderheid voel nie baie sterk oor die saak nie, maar daar is 'n effense gevoel ten gunste van die gebruik van kommas?&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 17:30, 26 Mei 2009 (UTC)

:Ek verstaan net nie lekker wat daar dan is om te skuif nie: jy laat dit klink of dit 'n hoop werk gaan wees. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 18:05, 26 Mei 2009 (UTC)

::Verder sal ek ook wil weet hoe om die volgende gevalle te hanteer: Sal ons by alle dorpe in bv. die VSA die staat waarin hulle lê, aandui, bv. [[Stowe (Vermont)]] -> [[Stowe, VSA]] of -> [[Stowe, Vermont]] of -> [[Stowe]] of -> [[Stowe, Vermont, VSA]], of -> [[Stowe (Vermont), VSA]], en [[Potsdam (Oos-Kaap)]] -> ? en so ook [[Buffalo (New York)]]. Daarbenewens moet ons ook besluit of ons immer VSA of immer Verenigde State van Amerika agteraan dubbelsinnige titels gaan voeg. Ek dink ons kan hierdie vrae nou bietjie bespreek.&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 18:19, 26 Mei 2009 (UTC)

:::Titels soos "Potsdam, Oos-Kaap" en "Stowe, Vermont" sal myns insiens die beste opsie wees. Perth in Wes-Australië bly Perth, maar ons kan later artikels soos Perth, Skotland saam met 'n dubbelsinnigheidsbladsy vir minder bekende stede met dieselfde naam skep. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 18:28, 26 Mei 2009 (UTC)

::::Sorry to butt in like this, but I agree with Dorp/Stad X, Land/Provinsie Y, rather than Dorp X (Land Y), but I think some cities like Parys, Londen and many towns with no other Foreign place names (for example [[Coos Bay]], is the only one of it's kind in the world, so therefore I kept it at it's corrent location). --[[Gebruiker:Africa South|Bezuidenhout]] ([[Gebruikerbespreking:Africa South|kontak]]) 21:19, 26 Mei 2009 (UTC)

:::::I must also add, that Dorp X, Land Y is more convienient if a location has to have two names, for example, there are many towns in West Africa, were there are duplicates of the name, and sometimes, in American, there is two towns under the same name in the same county (very rare though), and this could be hard to distinguish when in it's title.--[[Gebruiker:Africa South|Bezuidenhout]] ([[Gebruikerbespreking:Africa South|kontak]]) 09:11, 27 Mei 2009 (UTC)

==wikEd vertaal==

Hallo almal,

Ek het wikEd vertaal. Die inligting is soos voorskrif in my gebruikerblad vir sekuriteitsdoeleindes (javascript). Ek is nie 'n taalkundige nie so die vertaling mag dalk verbetering benodig. Administrateurs kan dit direk wysig, enige ander persoon kan voorstelle oor die terme op my [[Gebruikerbespreking:Arnobarnard|besprekingsblad]] doen. Om die Afrikaanse weergawe in Afrikaanse wiki te gebruik voeg die volgende kode in jou vel (en:skin) opsies blad. bv. Gebruiker:JouGebruikernaam/monobook.js (of die vel (skin) wat jy verkies).
 
<pre>
// install the (Language) translation for [[:en:User:Cacycle/wikEd]]
document.write('<script type="text/javascript" src="'
+ 'http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Gebruiker:Arnobarnard/wikEd_international_af.js'
+ '&action=raw&ctype=text/javascript"></script>');
</pre>

Jy moet natuurlik ook die regte hê om wikEd te gebruik en dit aktiveer onder jou gebruiker opsies. Onthou om jou webblaaier se geheue te verfris na die veranderinge.

--[[Gebruiker:Arnobarnard|Arnobarnard]] ([[Gebruikerbespreking:Arnobarnard|kontak]]) 15:34, 26 Mei

==Nuwe wikiprojek vir musikale kunstenaars==

Ek het 'n voormalige projekbladsy by [[Wikipedia:Musikale kunstenaars]] geskep waar riglyne uiteen gesit word m.b.t. die skryf van artikels oor musikale kunstenaars. Wanneer ek nie stry oor die titels van artikels en sjablone nie, gaan ek probeer om hierdie projekbladsy op te dateer om sodoende 'n eenvormige stel artikels oor musikante en musiekgroepe te kry. Die huidige riglyne wat daar staan is volgens hoe die meeste artikels tans geskryf staan, maar alles is natuurlik oop vir bespreking. Ek het bv. die manier hoe ons die oorsprong van 'n musiekgroep skryf, as Dorp X, Provinsie Y (Land Z) vasgestel, aangesien dit is hoe ek die meeste kunstenaars se oorspronge aangedui het. Dit is natuurlik teenstrydig met die formaat vir die artikeltitels oor dubbelsinnige plekname, so as iemand beswaar het, kan ons dit bespreek en sal ek dit op my om-te-doen-lysie voeg om die formaat in al die artikels te wysig. Wel, ek hoop hierdie dra by tot die verbetering van die algehele Wikipedia-projek, lekker naweek vir almal verder.&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 12:28, 30 Mei 2009 (UTC)

==SEACOM==

Hi julle

Ek het laas Vrydag 'n atikel begin oor die onderwater kabel aan die oos kus van Afrika wat een van die in diens gestel word. Ek het sedetdien twee beelde(kkarte) gekry oor die projek wat Seacom bevestig ek kan gebruik en ander persone ook kan gebruik. Hoe moet die lisense dinge op Wikecommoms genoem word? 

Adriaan was vinnig om die artikel te proeflees! Adriaan siende dat jy so vinnig is; die verwysings na bandwydte bv. Tbis/s op al my artikels is almal dieselde formaat nie. Wat is die tegnies korrekte formaat?

Anrie: sien Bespreking:Ligbreking asb.

Groete

--[[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 08:55, 1 Junie 2009 (UTC)
:Haai, Oesjaar. Sien gerus [[Wikipedia:Beeldbronne]], veral die inligting onder "in 'n neutedop". As die Ingelse mense is, dan voeg ek gewoonlik die teks wat by [[:Commons:Commons:Email_templates]] te kry is onder aan my e-pos, dan stuur hulle die ingevulde een terug en jy ''forward'' dit dan vir permissions-commons{{@}}wikimedia.org. Sien [[:Commons:Commons:OTRS]] vir wat jy dan by die beeld moet voeg. Dit kan ingewikkeld lyk, so as jy sukkel, sê net, dan help ons waar ons kan.

:Ek sal so gou as moontlik by die ligbrekingbespreking gaan loer. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 09:28, 1 Junie 2009 (UTC)

::Hallo Oesjaar. Alhoewel Tbis/s 'n algemene aanduiding van spoed per sekonde is, glo ek nie dis korrek nie. In die wetenskappe gebruik ons die vorm eenheid·eenheid<sup>-1</sup> bv., net soos ons 'n eksponent by m<sup>2</sup> of by m·s<sup>-1</sup> moet gebruik. Dit mag dalk wees dat die konvensie in die verlede was om die voorwaartse slash te gebruik, maar al my skoolhandboeke gebruik die eksponentvorm. Dit mag egter 'n wisselvorm wees wat beide aanvaarbaar is, en dan is dit geen probleem. Die eksponent-vorm is egter die enigste manier hoe ek dit ken, en deur [[Wikipedia:Voel vry en gaan jou gang|vry te voel en my gang te gaan]], het ek moontlike tegniese inkorreksies gekorrigeer. Verskoon my as ek fouteer het.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 10:30, 1 Junie 2009 (UTC)

:::Adriaan 

:::Ek is self glad nie seker oor die korrekte taalkundige dus hoekom ek vra. In my beroep luister ons net na die waarde en wanneer persone van bv Swede, Engeland, Frankryk besigheid praat waai die korrektheid by die venster uit en die waardes is al wat belangrik is! Ek leer maar by julle oor gramitikale (bestaan daar so 'n woord?) korrektheid! Groete! --[[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 12:01, 1 Junie 2009 (UTC)

:::Dit moet 'n nuwe manier wees van spoed aandui, Adriaan, ek ken dit ook maar slegs as x/s (ook destyds so in wetenskap en elektronika gebruik). [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 12:13, 1 Junie 2009 (UTC)

==Fiela se kind==

Ek is in graad 11, en het hulp nodig met die opsomming van die boek en moontlike eksamen vrae, my email adres gayevdmerwe.magog{{@}}gmail.com, enige hulp sal waardeur word[[Gebruiker:Gaye|Gaye]] ([[Gebruikerbespreking:Gaye|kontak]]) 10:29, 2 Junie 2009 (UTC)

: Hallo Gaye, ek sou jou graag wou help, maar ongelukkig het ek al my gr. 10-notas weggegooi! Ek sal by my vriende uitvind of hulle nog daarvan het. Ek neem aan dis vir die eksamen? Hoe dringend is dit?&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 12:03, 2 Junie 2009 (UTC)

==Waterstof uitgelig==

Ek het gedink waterstof is <sub>1</sub>H (met isotope <sup>1</sup><sub>1</sub>H en <sup>2</sup><sub>1</sub>H=D) en nie H<sup>1</sup> nie. Regsbo is gereserveer vir die lading van die ioon.
[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 20:16, 3 Junie 2009 (UTC)

:Verwys jy na die beeld? Ek dink dis dalk 'n stylfout - die één links bo is waar die illustrateur die atoomgetal aangedui het. As dit is soos jy sê, het die illustrateur seker nie in ag geneem dat die syfer op daardie plek met die lading verwar kon word nie. Soos ek dit ken, moet ladings egter in elk geval 'n + of - teken bevat, so ek dink nie die één (1) alleen kan regtig as 'n lading geïnterpreteer word nie.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 21:42, 3 Junie 2009 (UTC)

==[[Sjabloon:Argiefboks]]==

Ek het hierdie sjabloon 'n tydjie terug (9 Junie 2007) geskep en op my besprekingsbladsy en op [[Bespreking:Tuisblad]] gebruik. Ek het dit vanaf die Engelse Wikipedia gekopieer. Nou (gister en vanoggend) het ek dit volgens die Duitse weergawe daarvan, wat 'n soek-knoppie insluit, aangepas. Ek het ook bietjie sjablooninfo bygevoeg wat hopelik gebruikers kan help om hierdie sjabloon te gebruik. Dit is eintlik nie so moeilik nie. Enige voorstelle is welkom en ek hoop die sjabloon help om die projek netjies te hou en argiewe georganiseerd.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 22:24, 4 Junie 2009 (UTC)

==Portale, nut of onding?==

Ons gebruik nie portale hier nie - 'n goeie ding in my opinie. Ek verwag dat Wordscape moontlik portale gaan wil skep en ek dink ons moet dit vooraf bespreek. 

Ek het nou bietjie gaan rondkyk en die portale van verskillende wikipedias vergelyk.

Die portaal vir biologie, byvoorbeeld, bevat die volgende onderdele:

#inleding van wat biologie is;
#'n uitgeligte artikel;
##'n uitgeligte biografie
##'n uitgeligte prentjie
#die artikels in die Wikipedia wat tot die vak Biologie hoort;
##die voorbladartikels wat tot die vak Biologie hoort;
##nuwe artikels wat tot die vak Biologie hoort
#'n nuusafdeling wat aktuele artikels uitlig
#take wat verrig kan word
#verwante Wikiprojekte
#verwante portale

Hier is egter niks wat nie volledig deur 'n kategorie of 'n Wikiprojekbladsy gedek kan word nie. Kategorieë het baie potensiaal wat by baie plekke nie volledig benut word nie. Uit die bogenoemde punte kan byna alles by 'n kategoriebladsy bygevoeg word, alhoewel dit in my opinie bietjie ''overkill'' sou wees, by beide 'n portaal en 'n kategorieblad. Verder kan die "take" wat in die vakgebied verrig moet word, maklik in 'n Wikiprojekbladsy saamgevat word, soos byvoorbeeld [[Wikipedia:Wikiprojek Musikale kunstenaars]] of [[Wikipedia:Wikiprojek Anatomie]]. Die kategorie kan dan 'n skakel na die Wikiprojek bevat.

Ek dink ook dat ons enige iets wat konstante opdatering/instandhouding gaan verg moet vermy. Een van die pluspunte van 'n kategorie is dat dit redelik min instandhouding verg. Indien 'n artikel herkategoriseer word (ek het byvoorbeeld onlangs [[Kuiper-gordel]] van [[:Kategorie:Sterrekunde]] na [[:Kategorie:Sonnestelsel]] geskuif), gebeur die herkategorisering op die kategoriebladsye outomaties, waar mens by 'n portaal die skakels met die hand sou moes verwyder en byvoeg. Ek spandeer reeds meer tyd aan administrasie as wat ek sou wou (ten koste van tyd wat aan inhoud spandeer kon word) en indien daar elke week 'n nuwe beeld, artikel en wat alles dan nou nog vir elke portaal uitgelik moes word - ons het bloot nie die nodige mannekrag op die oomblik nie.(Dan was daar ook reeds 'n geval of twee waar iemand verantwoordelikheid vir iets geneem het en dan bloot daarmee gestop het, sonder enige kennisgewing.) 

Dit sou egter nie baie moeite neem om die voorbladartikels in elke kategorie uit te lig nie en die instandhouding daarvan sou werklik so min wees dat mens dit nie moeite sal kan noem nie. Goeters soos "nuwe artikels wat to die vak Biologie hoort" en " 'n nuusafdeling wat aktuele artikels uitlig" is myns insien oorbodig op die oomblik. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 11:07, 16 Junie 2009 (UTC)

: Jip ek stem saam. Ek het aanvanklik geen voorkeur of afkeur vir die idee van portale gehad nie, maar soos jy dit daar stel, glo ek wel dat ons alle verwante inligting in die betrokke kategorie kan sit. Ek gaan die musikale kategorie-e as 'n proef gebruik om te sien hoe hierdie idee verloop. Indien dit goed werk, dink ek sal 'n portaal vir musiek (bv.) erg oorbodig wees en in elk geval te veel werk skep.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 11:37, 16 Junie 2009 (UTC)

::Gebruikers mag net soos in ander projekte steeds hul eie portale of projekte begin mits hulle bereid is om die projek/portaal te koördineer. Ek stel tans self belang daarin om hierdie taak vir die Duitse Litaue-portaal te verrig soos wat my vrye tyd toelaat. Administrateurs moet asseblief net seker maak dat die oprigting van portale op die Afrikaanse Wikipedia tegnies moontlik is, of hulp by ander projekte aanvra. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 12:07, 16 Junie 2009 (UTC)

:::Ek verstaan nie mooi wat jy van plan is nie, Voyageur. Miskien kan jy jou voornemens bietjie meer beskryf?  [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 12:21, 16 Junie 2009 (UTC)

::::Ek bedoel net dat gebruikers wat graag 'n portaal wil oprig ook die geleentheid moet kry om só 'n bladsy te skep - dit is ook die beleid van ander Wikipedia-projekte. Die betrokke gebruiker(s) is dan self verantwoordelik vir die administratiewe werk wat daaraan verbonde is. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 13:00, 16 Junie 2009 (UTC)

::::::Stem saam dat die vryheid moet bestaan om sodanige portale te skep indien mense dit nodig sou vind. --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 16:07, 18 Junie 2009 (UTC)

:::::Bloot omdat ander Wikipedias iets doen beteken geensins dat ons dit ook ''moet'' toelaat nie. Wat ek probeer wys is dat dit geensins 'n beperking is om nie portale te gebruik nie. As jy 'n projek wil stig oor Litaue is jy meer as welkom om dit by [[Wikipedia:Wikiprojek Litaue]] te doen. As jy eerder die klem wil lê op bestaande inhoud, is jy meer as welkom op [[:Kategorie:Litaue]] op te tooi. Ek het nou so vinnig aan [[:Kategorie:Sterrekunde]] gepeuter: dit kan beter en meer uitgebreid, maar ek het nie regtig tyd of lus om nou 'n prentjie van die week of wat dan ook te gaan byvoeg nie - maar dit kan, as ek wou. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 14:07, 16 Junie 2009 (UTC)

::::::Na my mening is portale 'n Wikipedia innovasie wat soos ander innovasies (voorbladartikels, projekte, ens) ook 'n plek het op die Afrikaanse wikipedia. Die argumente teen portale hierbo kan saamgevat word as besware dat portale moeilik onderhoubaar is en dus te veel moeite vir 'n betreklik klein gemeenskap gaan wees om gehalte te handhaaf, en tweedens dat daar ander bestaande meganismes is wat die werk van portale doen. Om die tweede argument te ondersoek is dit nuttige om te onderskei tussen die drie meganismes wat bepreek word:
::::::* '''Kategorieë''' is 'n organiseringsmeganisme wat 'n mens help om volgens onderwerp deur artikels te blaai.
::::::* '''Projekte''' behels versamelings bladsye toegewy tot die bestuur van 'n spesifieke onderwerp of versameling verwante onderwerpe op Wikipedia waar groepe ''bydraers'' saam werk aan die ensiklopedie. Dit is dus 'n hulpbron wat koördinasie en organisering van die skryf en redigeer van artikels binne die projek se bestek ondersteun.
::::::* '''Portale''' dien as "Voorblaaie" vir spesifieke onderwerpe of gebiede. Portale kan geassosieer word met een of meer Wikiprojekte; ander as WikiProjekte, is dit egter gerig op beide ''lesers'' en ''bydraers'' en behoort dit skep en verspreiding van inhoud aan te moedig.
::::::Op die engelse wikipedia word die verskil mooi geïllustreer deur die hoofkategorie, projek en portaal vir [[Skotland]]:
::::::* [[:en:Category:Scotland|Skotlandhoofkategorie]] 
::::::* [[:en:Portal:Scotland|Skotlandportaal]]
::::::* [[:en:WikiProject:Scotland|Skotlandprojek]]
:::::: Die drie verskynsels dien verskillende doele en leef mooi saam. Dit is wel waar dat ons minder mannekrag hier het en dat ons moet waak teen die aanpak van goed wat ons nie kan byhou nie. Dit moet ons egter nie daarvan weerhou om innovasies wat ons wikipedia kan beter maak aan te neem nie. 'n Portaal oor die regte onderwerp kan dalk net die regte lesers lok. Kyk byvoorbeeld hoe mooi lyk [[:en:Portal:Solar_system]].
:::::: [[Gebruiker:Laurens|laurens]] ([[Gebruikerbespreking:Laurens|kontak]]) 08:56, 20 Junie 2009 (UTC)

Na aanleiding van hierdie kommentaar is ek oortuig dat ons wel die portale kan aanpak. Ek sal nie nou binnekort by een kan bydra nie, maar ek dink tog ons moet die mense wat lus het, toelaat om 'n portaal te skep/bedryf. Ek dink nie dit kan veel kwaad doen nie, en soos Laurens sê, dit moedig betrokkenheid by beide lesers en skrywers aan.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 14:11, 20 Junie 2009 (UTC)

: 'n Vinnige stem teen portale, waarskynlik vir min of meer die redes wat Anrie noem. Ek is vir 'n geruime ruk nie meer baie betrokke hier nie, en dit lyk of die voorblad darem genoeg aandag kry om dit volhoubaar te maak op die huidige peil. 'n Moontlike probleem met portale is dat dit inkonsekwent kan raak indien sommige areas in die ensiklopedie 'n portaal het, terwyl ander 'n "portaalkategorie" het. Ek sou sê, kom ons bry kategoriebladsye uit om as portale te dien totdat dit glad nie meer anders kan nie. --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 08:16, 29 Junie 2009 (UTC)

==Alfabetiese naamlys==

Moet name volgens voornaam of van gelys word? Moet Fernando Alonso onder A of F kom? (Jammer as dit reeds bespreek was, maar ek kon dit nie kry nie)
:Bedoel jy met die kategorisering? Of wil jy 'n alfabetiese lys van renjaers skep? Indien laasgenoemde, kan jy dit skep soos jy wil, alhoewel volgens van miskien algemener is. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 18:59, 17 Junie 2009 (UTC)
::Hier is 'n geval waar die eerste letter gebruik word:[[Lys_van_botaniste_volgens_outeurs_afkorting]] en een volgens van [[Lys_van_Suid-Afrikaanse_musikale_kunstenaars]]. So dit hang af van die tipe lys hoe dit gebruik word. [[Gebruiker:Byeboer|Byeboer]] ([[Gebruikerbespreking:Byeboer|kontak]]) 20:59, 17 Junie 2009 (UTC)

::: Vir my sou die alfabetiese sortering volgens van die meeste sin maak.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 21:21, 17 Junie 2009 (UTC)

:::: Ek het bedoel met kategorisering en spesifiek 'n katagorie wat persoon name bevat. Ek sien oral dat van die items volgens naam gekategoriseer is en in dieselfde kategorie items wat volgens van gekategoriseer is. Ek stem saam met Adriaan90 en sal dit van nou af volgens van rangskik. Dankie

==Dwelms==

Ek is 'n besorgde ouer. My 14 jarige dogter gebruik dwelms as 'n mens dit so kan noem. Sien sy wat lyf sproei, doom , meubel politoer en spuit dit in 'n handoek en dan snuif sy dit om hoog te raak. Sy het daarmee op gehou vir 'n jaar maar nou het sy weer begin. Sy gaan vir berading. 

Ek wil ouers net graag inlig oor dit wat dalk onskuldig lyk maar is nie en glo my ek weet van een geval dat ;n kind dood.

Ek wil so graag weet hoekom kinders dit doen en my dogter kan nie vir my s{{paraaf|196.35.167.10}}

: Google se top skakel verwys [http://www.yic.gov/drugfree/whykiduse.html hier]. Begin daarby en ek stel voor jy kontak 'n ondersteuningsgroep of goeie kindersielkundige ook. [[Gebruiker:Arnobarnard|Arnobarnard]] ([[Gebruikerbespreking:Arnobarnard|kontak]]) 13:24, 25 Junie 2009 (UTC)

==[[Campora San Giovanni]]==

from [[:en:Campora San Giovanni]],  [[:es:Campora San Giovanni]] or [[:it:Campora San Giovanni]]--[[Gebruiker:Lodewijk Vadacchino|Lodewijk Vadacchino]] ([[Gebruikerbespreking:Lodewijk Vadacchino|kontak]]) 19:11, 23 Junie 2009 (UTC)

==AWS uitgawe 10==

Die AWS uitgawe 10 het gister verskyn. Dit is 'n "omvattend herbewerkte uitgawe".  Behalwe dat hulle steeds alternatiewe spellings toelaat soos "Siprus" of "Ciprus" het die woordelys aansienlik uitgebrei.  Daar is 'n nuwe lys met plekname, wat die pleknaam, die naam van die bewoner en die byvoeglike naamwoord bevat.  Jammer Voyageur, maar Montreal is nou definitief sonder gravisteken in Afrikaans.  Groete [[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 11:08, 25 Junie 2009 (UTC)
:Geen probleem. Nadat ek my aktiwiteite na Litaue verskuif het, kan ek julle met 'n groot verskeidenheid ander tekens teister (wat van Panevėžys of Žirmūnų tiltas...?) :) --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 12:02, 25 Junie 2009 (UTC)
:Ek gaan hom vandag bestel - my weergawe dateer uit die sestigerjare. Hopelik is dit die prys werd. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 11:16, 25 Junie 2009 (UTC)
:: Mag ek vra (ek weet nie veel van die verskillende taalboeke af nie), is daar enige taalriglynvrystelling wat ons bo 'n ander verkies? Indien verskille tussen bv. 'n spelwyse van dieselfde woord in die HAT met die weergawe in die AWS verskil, sal ons die een weergawe bo die ander verkies (bv.)?&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 11:26, 25 Junie 2009 (UTC)
:::Die AWS word bo ander verkies: dit word naamlik deur die Taalkomissie saamgestel, wat amptelik aangestel is om die taal te reguleer en te standaardiseer. Daarna die HAT en WAT. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 12:42, 25 Junie 2009 (UTC)

::: Gelukkig/ongelukkig gee die AWS nie altyd al die leiding wat mens dalk sal wil hê nie. Sommige wisselvorme word byvoorbeeld aanvaar in die AWS, terwyl ons dalk eerder op een vorm sal wil besluit. Só bv. het ons al 'n hele ruk gelede besluit om eerder [[Sjina]] te skryf as die alternatief. Die WAT is 'n beskrywende woordeboek, en die eerste dele daarvan is nou al dekades oud. Dit behoort nie normaalweg gebruik te word vir leiding wat spelling betref nie. Dit beskryf ook registers en streekstaal waarvan ons dalk weens die aard van ons projek van gaan wegbly. Ek glo dat die HAT telkens opgedateer word om tred te hou met veranderinge in die AWS, alhoewel dit nou natuurlik weer 'n rukkie sal neem vir 'n nuwe HAT ná die nuwe AWS. Die spelreëls verander egter nie op merkwaardige maniere tussen die uitgawes nie, maar die feit dat hulle self veranderinge wil aanbring behoort ons 'n aanduiding te gee dat die AWS nie noodwendig in alle opsigte die laaste woord sal hê nie (alhoewel dit sekerlik in meeste gevalle heeltemal onomstrede sal wees om dit eenvoudig as sodanig te aanvaar). --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 15:39, 29 Junie 2009 (UTC)

::::Die HAT is al donkiejare oud. Die nuutste woordeboek wat omvattend bygewerk is, is Pharos se Afrikaans-Angelse-Engels-Afrikaanse woordeboek (so 'n ou groot, swaar swart een), wat die ou Tweetalige Woordeboek van Bosman, Hiemstra en Van der Merwe vervang het. Daar is heelwat foute in, maar myns insiens is dit die enigste woordeboek wat min of meer die AWS (die een voor 2009) se riglyne volg. [[Gebruiker:Winstonza|Winston]] ([[Gebruikerbespreking:Winstonza|kontak]]) 20:07, 30 Junie 2009 (UTC)

:::::HAT is oud maar soos deur Alias uigewys word dit voordurend bygewerk en die nuwer weergawes is heel op datum. AWS het die voordeel dat dit benewens die woordelys beginsels oor die Afrikaanse spelwyse spesifiseer. Die probleem met wisselvorme word mooi hanteer in ons [[Wikipedia:Titelriglyne|Titelriglyne]] se beginsels waar een van die beginsels is "Waar meer as een aanvaarbare Afrikaanse alternatief bestaan word voorkeur aan die meer-Afrikaanse vorm gegee - dus Sjina eerder as China." [[Gebruiker:Laurens|laurens]] ([[Gebruikerbespreking:Laurens|kontak]]) 17:21, 2 Julie 2009 (UTC)

==Standaard vir inligting oor individuele voëlspesies==

Ek het begin werk aan artikels oor individuele Suid-Afrikaanse voëlspesies.  Is daar reeds (of behoort daar een te wees?) 'n standaard inligtingslys oor die verskillende voëlspesies?  Maw dat ons in elke artikel dieselfde inligting in dieselfde volgorde plaas:  Bv Identifikasie, Geografiese verspreiding, Voortplanting ... ens.  Ek het oor die [[Sekretarisvoël]] reeds 'n artikel geskryf, maar daar is darem te veel om deur te werk om agter te kom of daar so 'n "sjabloon" is.  Ek wil aan ander spesies ook werk, maar wil graag weet wat standaardgebruik is (behoorte te wees) voordat ek verder gaan.  Laat weet wat julle ander Wikipediane dink.--[[Gebruiker:Arnwalt|Arnwalt]] ([[Gebruikerbespreking:Arnwalt|kontak]]) 06:31, 26 Junie 2009 (UTC)
:Nie regtig nie, maar ek het nou al 'n paar artikels geskep en pobeer by die volgende indeling hou, wat myns insiens redelik logies is.
:*Inleiding
:*Identifikasie
:*Habitat en verspreiding (soms ruil ek identifikasie en habitat om)
:*Dieet
:*Gewoontes/Gedrag (soms ruil ek dieet en gedrag om)
:*Voortplanting (geboorteskenking, moontlike lewensduur)
:*Bedreigings / Voordele/nadele vir die mens
:Daar is natuurlik nie altyd inligtings vir al hierdie afdelings beskikbaar nie. Ek neem aan dat jy goeie bronne beskikbaar het, maar as jy op soek is na 'n Internetbron of twee vir vergelyking, dan kan [http://animaldiversity.ummz.umich.edu/site/index.html Animal Diversity Web] en [http://avibase.bsc-eoc.org/avibase.jsp?pg=home&lang=AF Avibase] (vir taksonomiese inligting, sinonieme en name in ander tale) aanbeveel. 

:Ek wil graag noem dat mens nie altyd 'n opskrif bo-aan elke afdeling moet plaas nie. Seker nie as die afdeling maar 'n sin of twee lank is nie (soos byvoorbeeld [[Silwerjakkals]]). Wanneer een of twee afdelings natuurlik redelik lank word, dan is opskrifte nodig om ook die leesbaarheid te vergemaklik (byvoorbeeld [[Swartswaan]]). [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 07:20, 26 Junie 2009 (UTC)
::Dankie, Anrie - ek gaan van jou idees en myne inkorporeer en dit maar as raamwerk vir my artikels gebruik - en soos wat mens bestaande artikels aanvul en versorg dit dalk maar na 'n "standaardraamwerk" oorskuif.  Ek leer maar nog en nog nie gekonfyt om 'n sjabloon te skep nie.  Dalk probeer ek dit doen as 'n volgende ietsie om baas te raak.[[Gebruiker:Arnwalt|Arnwalt]] ([[Gebruikerbespreking:Arnwalt|kontak]]) 07:59, 26 Junie 2009 (UTC)

==CC-BY-SA==

Sommige van julle het miskien al opgemerk dat Wikipedia nou dubbeld gelisensieer word, ook onder [http://creativecommons.org/licenses/by-sa/3.0/deed.af Creative Commons se erkenning-ingelyks deel 3.0]. Met die verandering wil ek gebruikers (myself ingesluit) asb. vermaan om tog die URL van 'n artikel in die wysigingsopsomming te voeg wanneer julle bronteks vir kopiëring vertaal. Dit word deur die lisensie vereis en is minder as min moeite. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 16:32, 30 Junie 2009 (UTC)
:Jammer Anri ek verstaan nie mooi nie.  Wat bedoel jy met "bronteks vir kopiëring"?  As ek 'n ander artikel wil vertaal moet dit tog sonder kopiereg wees, anders skend ek die oorspronklike skrywer se reg.  Jy bedoel seker dat as ek 'n artikel uit 'n andertalige wiki vertaal moet ek die URL aangee?  Moet die spesifiek in die wysigingsopsomming wees? Mag dit ook in die artikel self wees? Groete [[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 11:28, 4 Julie 2009 (UTC)
::Skuus, hansjoseph. Jy het gelyk: ek verwys hier na ander Wikipedia-artikels. Die URL in die wysigingsopsomming is meer belangrik as in die artikel, siende dat die wysigingsopsomming op die geskiedenisblad verskyn en dit die amptelike lys van outeurs is. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 11:49, 4 Julie 2009 (UTC)
:::Dankie Anrie.  Dit gee my 'n probleem. My pous-artikels word vertaal uit baie artikels, beide wiki en nie-wiki. Ek kan nie ses of sewe URLs in die wysigingsopsomming sit nie.  Ek sit dit in die "Nota", "Verwysings" en "Eksterne skakels" dele van die bladsy.  Is dit voldoende?  Sal ek die een wat ek as basis gebruik in die wysigingsopsomming sit? [[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 12:27, 4 Julie 2009 (UTC)

:::Ek dink dit sal meer as voldoende wees. Sommige mense knip-en-plak hele tekste regstreeks vir vertaling, maar indien jy 'n teks plak wat jy uit meerdere bronne saamgestel is, is dit tog nie plagiaat om jouself as die outeur te noem nie. (Mits die bronne dan in die artikel verskyn, soos jy reeds doen, bygenoem.) [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 12:33, 4 Julie 2009 (UTC)

==Proeflezer gevra==
Hallo almal! Ek is nuut hier, en netnou het ek 'n poging onderneem om my eerste Afrikaanse artikel te skryf (oor die [[Verfransing van Brussel]]). Maar ek is nie Afrikaans nie dus die teks mag dalk verbetering benodig. Dus as enigiemand die artikel eendag sou kan proeflees, sou ek baie bly wees. Dankie! --[[Gebruiker:Hooiwind|Hooiwind]] ([[Gebruikerbespreking:Hooiwind|kontak]]) 13:28, 7 Julie 2009 (UTC)
:Nee, Hooiwind, dit lyk goed! Ek het bietjie getimmer, soos jy sal kan sien, maar dit lyk eintlik baie goed vir 'n vierde? vyfde? taalspreker. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 17:03, 7 Julie 2009 (UTC)
::Baie dankie vir jou hulp, Anrie! Dis eintlik die sesde taal wat ek leer, maar nou sonder woordeboek :) Groete! --[[Gebruiker:Hooiwind|Hooiwind]] ([[Gebruikerbespreking:Hooiwind|kontak]]) 13:43, 8 Julie 2009 (UTC)

==Johannes Heesters==

Beste Wikipedianen,

Over de heer [[Johannes Heesters]] is op de Nederlandstalige Wikipedia wat meer informatie. Heesters staat in Nederland namelijk vooral bekend om zijn dubieuze rol in de Tweede Wereldoorlog. Hij heeft, zoals dat heet, gecollaboreerd. Dat is samenwerken met de Duitse bezetter. Zie: [[:nl:Johan Heesters]]. Misschien is het de moeite waard dit ook hier te vermelden, omdat er nu alleen positieve zaken staan vermeld (zoals dat hij 's werelds oudste schouwspeler is).

Met vriendelijke groet,

[[Spesiaal:Bydraes/62.195.7.165|62.195.7.165]] 14:17, 16 Julie 2009 (UTC) / [[:nl:Gebruiker:Mark Coenraats|Mark Coenraats]]

==Translations needed for the 2009 Board of Trustees elections==

Hello everyone, sorry to be writing here in English. Afrikaans translations are being solicited for a few announcements that will be used during the elections for the Board of Trustees. There are also lengthier texts by the candidates themselves. If anyone wishes to volunteer, please visit the following page: [[meta:Board_elections/2009/Translation]]. Thank you --[[Gebruiker:Capmo|Capmo]] ([[Gebruikerbespreking:Capmo|kontak]]) 18:59, 16 Julie 2009 (UTC)

== Derrick Coetzee/Wikipedia vs National Portrait Gallery ==
{{Kombi-beeld|Grey line.png|George Washington 1795.jpg|Arthur Wellesley, 1st Duke of Wellington by Benjamin Robert Haydon.jpg|
|align=right
|caption1=<center><big>''Can you spot the difference?''</big></center>
|caption2='n Foto van hierdie Amerikaanse skildery, wat meer as 150 jaar oud is, is in die publieke domein.
|caption3='n Foto van hierdie Britse skildery, wat meer as 150 jaar oud is, geniet volle outeursreg.
}}
[http://news.bbc.co.uk/2/hi/technology/8156268.stm Hierdie storie] is vir my net nog 'n bewys dat Wikipedia meer vir mense doen as die mense wat belastingbetalers se geld misbruik.  Ek dink daar is 'n behoefte wêreldwyd om verandering teweeg te bring ten opsigte van kopiereg op materiaal wat eintlik aan die gepeupel behoort. --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 21:55, 18 Julie 2009 (UTC)

::Stem saam, RAM. Wikipedia, Twitter, ens. het die wêreld subtiel gewysig en die politiek en die business-hulle het dit begin op te merk. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 02:03, 19 Julie 2009 (UTC)

::Dis juis hoekom die Creative Commons-lisensies geskep is, veral in 'n tyd wat [http://www.eff.org/deeplinks/2009/04/wikipedia-threatens- nie eers die Wikimidia-stigting billike gebruik respekteer nie] en meer en meer mense na CC toe oorstap [http://creativecommons.org/weblog/entry/15795] [http://www.badscience.net/2009/04/matthias-rath-steal-this-chapter/#more-1088]. (Om effens af te wyk van die onderwerp - Suid-Afrikaners sal moontlik die laaste skakel interessant vind.)

::In meeste lande is 'n loodregte foto van 'n 2D-beeld wat in die publieke domein is, in die... publieke domein (eintlik logies), maar die Britte dink anders daaroor, aangesien hulle meen dat die outeur/kopieerder kopiereg verkry deur die vaardigheid en moeite wat dit kos om 'n identiese digitale beeld te skep, terwyl ander lande 'n "drempel van kreatiwiteit" het, waar mens kreatiwiteit aan die dag moet lê om kopiereg te kry. Die Wikimedia-stigting is dit eens en het [[:Commons:Commons:When_to_use_the_PD-Art_tag#Why_do_we_allow_the_.7B.7BPD-Art.7D.7D_tag_to_be_used_for_photographs_from_any_country.3F|besluit om die Britse wetgewing hieroor te ignoreer]].

::Wat my vies maak is dat die NPG nou gesê het dat hulle meer as bly sal wees om lae-resolusie beelde aan Wikipedia te skenk wat onder 'n beperkte "slegs Wikipedia"-lisensie gebruik kan word. Dit klink miskien kras, maar ek hoop hulle stik in hulle gierigheid. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 08:13, 19 Julie 2009 (UTC)

==Groot Roei oor die groot mere van Afrika.==

Twee van my vriende van die Oos Kaap, Boeta en Jan is tans besig om een van hulle ideale te verwesenlik deur met twee kayake die groot mere van Afrika aan te pak sonder enige onderstueningsvoertuie- ek glo dit wil gedoen wees.
Hulle het reeds Karaiba van bo tot by die Damwal voltooi en sover as die samevloeing van die Luangwarivier en Die Zambezi geroei vanwaar hulle oor land is na Malawi meer waar hulle tans besig is om te roei. Hulle het Cahorra Basa vermy as gevolg van die groot en aggresiewe krokkedille wat soms mense uit bote haal en omdat hulle geen ondersteunende bote naby het wat kan help as hulle aangevat word nie.
Na Malawi meer gaan hulle Tanganjika meer aanpak en daarna Victoria meer tot my die MIchisson waterval en ook so 'n spoegie op die Nyl roei.
Sal julle op hoogte hou oor hulle vordering as daar belangstelling is.
Hulle beplan om die avontuur te boekstaaf volgende jaar omdat hulle vir die res van die jaar hiermee gaan besig bly- en ja omdat dit nou die  begin van die winderige seisoen in hierdie deel van Afrika is.
Wens hulle alle sterkte toe.
P.Cloete: Chipata:Zambia[[Spesiaal:Bydraes/57.66.53.197|57.66.53.197]] 14:34, 20 Julie 2009 (UTC)

==Slaap siekte==

Ek wil 'n nuwe blad skep vir slaap siekte. Slaap siekte alleen kan nie werk nie, want dit stem ooreen met ander siektes. In Engels word  dit African sleeping sickness of African trypanosomiasis genoem. Word dit in Afrikaans, Afrikaanse slaap siekte of Afrika slaap siekte?  [[Spesiaal:Bydraes/137.215.6.50|137.215.6.50]] 11:08, 22 Julie 2009 (UTC)
:Ek dink [[slaapsiekte]] is voldoende, dis die hoofsiekte wat hierdie naam dra (woordeboek stem saam). Indien daar artikels oor soortgelyke siektes geskep word, kan die artikel bo-aan 'n skakel na [[slaapsiekte (dubbelsinnigheid)]] bied, waarvan daar weer na hierdie ander siektes geskakel word. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 11:43, 22 Julie 2009 (UTC)

==veiligheids==

Ek wil net graag weet as enige iemand weet waar kan ek 'n voorbeeld kry van hoe 'n mens se "risk analysment" moet lyk van 'n besigheid--[[Spesiaal:Bydraes/41.245.71.96|41.245.71.96]] 08:48, 23 Julie 2009 (UTC)
:'n Google-soektog na "risk analysis template" bied 'n paar handige voorbeelde, soos [http://www.projectmanagertraining.com/art_risk_temp.html hierdie eenvoudige weergawe]. [http://www.exinfm.com/free_spreadsheets.html Die werf] bied ook 'n "Risk analysis" programmetjie wat Excel gebruik (dis 'n .exe-lêer, so hardloop altyd 'n virusprogram voor dit oopgemaak word). [http://www.hud.gov/offices/cio/sdm/devlife/tempchecks/ratemplate.doc Hier] is weer 'n meer ingewikkelde weergawe.[[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 09:34, 23 Julie 2009 (UTC)

==Afkortings / kortpaaie==

Wat is ons gemeenskap se beleid oor die skep van afkortingsbladsye vir snelle toegang tot algemene bladsye wat lang titels het? Sou dit in die haak wees as ons bv. 'n aanstuurbladsy soos [[Wikipedia:SV]] skep om na [[Wikipedia:Spoedige verwyderings]] aan te stuur? So ook bv. [[Wikipedia:BV]], of selfs [[WP:BV]], wat na [[Wikipedia:Bladsyverwydering]] aanstuur. Dit sou veral my help wanneer ek vinnig (bv.) so 'n bladsy sou wou besigtig.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 15:16, 23 Julie 2009 (UTC)
:Ja, hoekom nie. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 16:08, 23 Julie 2009 (UTC)

:: Ons kan dalk by die beleid insluit dat ons ons net daarvan moet weerhou om hierdie afkortings in besprekings met oningeligtes gebruik: ek vind dit altyd frustrerend om op die Engelse Wikipedia rond te kliek omdat ek geen van die afkortings ken nie.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 16:37, 23 Julie 2009 (UTC)

==skilders==

[[Gebruiker:Mrspagel|Mrspagel]] 06:52, 1 Maart 2008 (UTC)Kan iemand my asb. meer inligting gee oor 'n skilder met die van "Versteegh".   Ek het 'n olie skildery van genoemde skilder en wil graag meer oor hom uitvind.   Al wat ek weet is dat die skildery op 'n "Datston Canvas Board" van Reeves & Sons geskilder is.    Dit is 'n natuurtoneel.  (Mrspagel - 1/3/2008)&nbsp;{{paraaf|Mrspagel}}

: My Ma Weet Alles Van Oliekuns.{{paraaf|Mattewis}}

:Daar is 'n aantal kunstenaars met hierdie van, waaronder Michiel Versteegh (1756-1843), Jacobus Versteegh (1730-1816) en Dirk Versteegh (1751-1822), terwyl die Nederlands RKD (Rijksbureau voor Kunsthistorische Documentatie) [http://www.rkd.nl/rkddb/%28r4epge45w32gh3455bcu3k45%29/brief.aspx 7 skilders met hierdie van vind]. Ek sal voorstel om eers te probeer vasstel wie die "hom" is voordat mens meer oor "hom" probeer uitvind. Doen byvoorbeeld Google-soektogte om te kyk wie van die bogenoemde se werke lyk op die betrokke skildery ([http://www.artnet.com/artist/705458/jacobus-verstegen-jacob-versteegh.html hier kan byvoorbeeld werke deur Jacobus Versteegh gesien word]). [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 18:24, 23 Julie 2009 (UTC)

==Bitter bossie==

Is daar dalk iemand met raad vir Bitter bossie, soos dit hier in die Wes-Vrystaat genoem word, dis die bossie wat werker altyd vir besems gebruik. My weiding is deurtrek met Bitterbos en veral in droogte tye is dit 'n grootprobleem omdat dit 'n kort houtagtige boompie is met 'n sterk taai stam en vertoon amper soos 'n Bonzai boompie. Die vog kompetering in weiding veroorsaak dat die gras aan die verloor kant is. Oplossings kan moontlik wees om 'n bossieslaner te gebruik om die bossies op die grond onder die lower af te sny of 'n moontlike chemiese doder. Iemand het aan beveel ek gebruik Tomahawk; my probleem is die koste en wil nie graag dubbel werk nie! of chemies of bossieslaner. Kan iemand met die nodige kennis dalk help.[[Spesiaal:Bydraes/196.207.47.60|196.207.47.60]] 09:14, 26 Julie 2009 (UTC)
:Hier is 'n skakel http://www.learnweb.com/azeenet/archive/brown.htm en as jy vir LN Howell van Hillside skryf sal hy heel mooontlik vir jou 'n kopie stuur van http://www.jstor.org/pss/3897207 sy werk. Die regte manier van wy lyk my sal die probleem aanspreek. Maar nie gou nie! Sterkte. [[Gebruiker:Byeboer|Byeboer]] ([[Gebruikerbespreking:Byeboer|kontak]]) 13:13, 1 Augustus 2009 (UTC)

==Vertalings==

Kan iemand dalk met die volgende vertalings by die Commons help ([http://commons.wikimedia.org/wiki/User_talk:Adriaan90#Afikaan_translations_needed])?&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 19:45, 28 Julie 2009 (UTC)

: Daar is nuwe kommentaar op daardie bladsy. Bibi sê "accession number" is "inventarisnommer" in Nederlands. Sou dit nie 'n meer gepaste Afrikaanse vertaling wees nie? Of is "aanwinsnommer" voldoende?&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 05:16, 29 Julie 2009 (UTC)

::Ons biblioteke gebruik "aanwinsnommer".[[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 12:42, 29 Julie 2009 (UTC)

==Afrikaanse nuuswebwerf==

Afrikaanse nuus as 'n teenwoordigheid op die internet het 'n hupstoot gekry ná [[24.com]] ([[Naspers]]) die Afrikaanse weergawe van New24.com bekendgestel het: http://www.nuus24.com ([http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/9f0983baf8804f149c087837bbbe8e84/29-07-2009%2002-07/Welkom_by_Nuus24!]) .&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 18:30, 29 Julie 2009 (UTC)

==Translatewiki.net update==
*Currently 74.66% of the MediaWiki messages and 26.47% of the messages of the extensions used by the Wikimedia Foundation projects have been localised. Please help us help your language by localising and proof reading at [[betawiki:Special:LanguageStats/{{CONTENTLANGUAGE}}|translatewiki.net]]. This is the [http://translatewiki.net/w/i.php?title=Special:RecentChanges&translations=only&trailer=/{{CONTENTLANGUAGE}} recent localisation activity] for your language. Thanks, [[Gebruiker:GerardM|GerardM]] ([[Gebruikerbespreking:GerardM|kontak]]) 10:59, 2 Augustus 2009 (UTC)
*PS Please help us complete [http://translatewiki.net/w/i.php?title=Special%3ATranslate&task=untranslated&group=core-mostused&language={{CONTENTLANGUAGE}}&limit=100 the most wanted messages]..

*It can take a long time before your localised messages become available here on your wiki. The [http://www.mediawiki.org/wiki/Extension:LocalisationUpdate LocalisationUpdate] extension will make messages available within two days. We hope it will go life on the WMF projects within a month

==Trusteeraadverkiesing==

Waar kry ons inligting oor die Trusteeraadverkiesing?&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 13:52, 2 Augustus 2009 (UTC)
:Vir meer inligting, sien:
* [http://meta.wikimedia.org/wiki/Board_elections/2009 Board elections 2009]
* [http://meta.wikimedia.org/wiki/Board_elections/2009/Candidates Candidates]
* [http://en.wikipedia.org/wiki/Schulze_method Schulze method]
[[Gebruiker:Greenman|Greenman]] ([[Gebruikerbespreking:Greenman|kontak]]) 21:55, 3 Augustus 2009 (UTC)

==Wiel (wheel)==
Het enigiemand inligting oor die ontstaan van die wiel?
Wie het dit uigevind?

Lees [[wiel]] --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 13:37, 3 Augustus 2009 (UTC)

==Term: Parkinsons==
Die gewone algemene parkinson term is nie op wikedia nie hoekom? wikipedia is ee van die mees bebruikste hulp bronne in elke land! is daar dalk n ander plek waar ons skool kinder kan gaan soek vir goed vir ons take? die internet is groot maar gee nie altyd wat jy soek nie. hoe klaar ons dit op?
Die siekte Ensefalitis is ooik nie hier nie!

:Goeie punt - ek het vir 5 minute inspirasie ontvang - [[Enkefalitis]] (korrekte term volgens Pharos) is geskep.
:: Ensefalitis is volgens die AWS ook reg.  Ek sal aangee skep indien nie alreeds daar nie.  [[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 07:11, 12 September 2009 (UTC)

Verskoon my maar, ek voel dat 'n spelles ook nodig is :

<center>
{| class="wikitable" border="1" width="80%"
|-
| <u>D</u>ie gewone algemene <u>''parkinson''</u> term is nie op <u>Wikipedia</u> nie<u>.</u> <u>H</u>oekom <u>nie</u>? <u>W</u>ikipedia is ee<u>n</u> van die mees <u>g</u>ebruik<s>s</s>te <u>hulpbronne</u> in elke land! <u>I</u>s daar dalk <u>'</u>n ander plek waar ons <u>skoolkinders</u> kan gaan soek vir goed vir ons take? <u>D</u>ie internet is groot maar gee nie altyd wat jy soek nie. <u>H</u>oe klaar ons dit op? Die siekte Ensefalitis is <u>ook</u> nie hier nie! 
|}
</center>

:Ek is erg besorg oor die spelling van skoolkinders wat agteruit gaan a.g.v. SMS verslawing. Ek was geskok om oor die laaste week te sien hoe 1ste jaar universiteitstudente Afrikaanse sinne probeer skryf. [[Gebruiker:Arnobarnard|Arnobarnard]] ([[Gebruikerbespreking:Arnobarnard|kontak]]) 13:25, 4 Augustus 2009 (UTC)

:: Ek dink 'n groot bydraer is die tekort aan interessante Afrikaanse leesstof. Die meeste kinders kan nie meer hul lewens só balanseer om fiksie in hul vryetyd te lees nie, en lees slegs dit wat in die skool voorgeskryf word (indien hulle ooit daardie moeite doen). Baanbrekende nie-fiksie is meestal anderstalig (Engels). Ons biblioteke is pateties. My plaaslike bib (Strand, 'n dorp met 'n aansienlike Afrikaanstalige bevolking) het tweehonderd boeke, waarvan 'n handjievol Afrikaans is, en die bibliotekaresse weet nie wie Plato is nie. Die Afrikaanse nuusmedia handel oor Rugby en Steve Hofmeyr (hierdie onderwerpe was al 'n paar maal hoofnuus op van die grootste koerante). Afrikaans het ook geen samevattende aktuele tydskrifte nie. Indien ek nie verkeerd is nie, is goed soos Huisgenoot van die gewildste tydskrifte onder Afrikaanstaliges. Ons betaal om 'n televisiekanaal, MK, te kyk, waar 'n skynbaar Afrikaanse kanaal tweederdes Engels gebruik (gemeng in Afrikaanse sinne). Ons onderwyseresse en onderwysers is dropouts wat nie gekwalifiseerd is om vir hoër salarisse te werk nie. Ek dink wanneer 'n kind nie meer die taal lees nie, hy nie daarvoor kwalik geneem kan word dat hy onbegryplik daarin probeer kommunikeer nie. Dit is die skuld van ons ouers wat agteroor sit en niks doen vir ons kultuur nie. Ek is nie juis geskok nie. Moet ek byvoeg ons betaal ook vir allerhande dienste wat in Engels bedien word, maar wat maklik in Afrikaans gelewer kan word. Engelse insetsels in Afrikaanse nuus op bv. SABC TV en radio (RSG) word bv. nie gedub of gesubtitle nie. Die DSTV-koppelvlak is uitsluitlik in Engels, alhoewel ek glo dat Afrikaanssprekendes 'n groot persentasie van die kliëntebasis uitmaak. Ek dink die meeste mense gee nie juis om oor die status van ons taal nie.&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 20:00, 4 Augustus 2009 (UTC)

==Afrikaans nie meer die grootste Wikipedia van die Afrikatale!==
Swahili bevat nou meer artikiels as Afrikaans :) - lees meer by [http://www.greenman.co.za/blog/?p=614 greenman.co.za] [[Gebruiker:Greenman|Greenman]] ([[Gebruikerbespreking:Greenman|kontak]]) 22:05, 3 Augustus 2009 (UTC)
* A nee a! Dit kan mos nie so aanhou nie ... gaan werf 'n paar vriende en gee hulle elkeen 'n sleutelbord en 'n muis en laat hulle begin Afrikaanse artikels skryf! [[Gebruiker:Arnobarnard|Arnobarnard]] ([[Gebruikerbespreking:Arnobarnard|kontak]]) 12:24, 4 Augustus 2009 (UTC)
** Ons databasis was op 31 Augustus 50 megagrepe groot - teenoor Swahili se 24 megagrepe. Afrikaans is steeds die grootste Wikipedia van alle Afrikatale! --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 23:38, 1 September 2009 (UTC)
** Dit hang af hoe mens die ding benader: volgens die lys [[:m:List of Wikipedias by sample of articles]] is ons 50ste, tussen Yslands en Hindi. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 07:37, 2 September 2009 (UTC)
** I was VERY upset when I found out, especially since that was one of the few awards Afrikaans wikipedia actually achieved (embarresing since we were 11th to be created), but the ''huge wave'' of new Swahili articles have all been year articles such as [[1066]], and before that, another wave of Tanzanian town saadjies were made. Therefore Afrikaans still has more quality and more value than that of Swahili wikipedia. Personally, I'm still quite proud of this wiki, only 20 million speakers vs. 90 million Swahili speakers (thats both 2nd and native language). On the contrary, I would still like Afrikaans wikipedia to have a 'wave' as well, this wiki deserves recognition. Lastly, Afrikaans is still the largest South African language. --[[Gebruiker:Africa South|Ben Bezuidenhout]] ([[Gebruikerbespreking:Africa South|kontak]]) 08:00, 2 September 2009 (UTC)
*** After English? [[Spesiaal:Bydraes/152.1.193.138|152.1.193.138]] 16:21, 30 September 2009 (UTC)
**** But congrats to Swahili! [[Spesiaal:Bydraes/152.1.193.138|152.1.193.138]] 16:21, 30 September 2009 (UTC)
**** Nope, Afrikaans beats English by 5% - as per the 2001 sensus [http://www.southafrica.info/about/people/language.htm]. Afrikaans (13.3%) being in 3rd place, and English (8.2%) sharing 5th place with Setswana. [[Gebruiker:Ggeldenhuys|Ggeldenhuys]] ([[Gebruikerbespreking:Ggeldenhuys|kontak]]) 14:37, 21 Desember 2009 (UTC)

==Hulp met FONETIEK==

Goeie middag

Ek het vandag hierdie webwerf 'ontdek'.  Ek het hulp nodig om een woord foneties te vertaal.  Is daar enige iemand wat my dalk kan help?

Dankie

Sunette Thackwray

[email protected]

082 931 2569

Ek stel voor jy besoek die volgende artikel - [[Internasionale_Fonetiese_Alfabet]] en daar is verskeie eksterne skakels soos hierdie een waarna die artikel verwys - [http://www.langsci.ucl.ac.uk/ipa/ Internasionale fonetiese assosiasie se webwerf] waarvandaan 'n nuttige verdere skakel die een na hierdie klanklêers is [http://www.langsci.ucl.ac.uk/ipa/sounds.html]   --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 16:41, 4 Augustus 2009 (UTC)