Difference between revisions 1837081 and 1837082 on afwiki⏎ == Gemors in werfkennisgewing == Ek sien pas 'n gemorsplasing in die vertaling van die werfkennisgewing. Ek het dit nou [https://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=CNBanner:Strategy2030_Cycle2-text1/af&diff=16777202&oldid=16760007 reggestel]. Ek sien nie meer hierdie kennisgewing nie, dus weet ek nie of ander dit steeds gaan teëkom nie. Dit skep nogal 'n slegte indruk, sou ek sê. Weet iemand van 'n manier om die opneem daarvan te versnel? Moet die vertaling [https://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=Special:Translate&group=Centralnotice-tgroup-Strategy2030_Cycle2&language=af&filter=&action=proofread gekontroleer word], of hoe werk dit? Reeds opgelos? Groete, [[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 19:32, 17 Mei 2017 (UTC) : Ek sien steeds die gemors op meta.wikipedia.org. Enige voorstelle? --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 19:37, 17 Mei 2017 (UTC) :: Kan jy dalk 'n skermgreep op [http://imgur.com/ Imgur] deel sodat ek kan sien wat jy sien? [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 13:59, 18 Mei 2017 (UTC) ::: Ek sien dit nie konsekwent nie, maar het dit pas weer op meta.wikipedia.org gesien. https://imgur.com/a/mQVJj --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 19:01, 18 Mei 2017 (UTC) : Ek het dit nou weer op af.wikiquote.org gesien. Ek sien dit net as ek aangemeld is. --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 18:15, 24 Mei 2017 (UTC) :: Hi Alias, ek het wat jy gesien het gister op Wikipedia en Wikiquote gesien. Ek het gaan kyk by Wikimedia waar die boodskap vertaal word, maar ek kon nog nie opspoor waar die irrelevante inligting oor een of ander oliekatastrofe vandaan kom nie. Ek sal die situasie aanhou monitor. Terloops, wanneer kom help jy 'n bietjie daar by Wikiquote soos jy oorspronklik hier by Wikipedia gehelp het om dinge aan die gang te bring? [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 19:24, 24 Mei 2017 (UTC) :: Hallo Adriaan. Die oliegoeters is weens 'n gemorsvertaling van die werfkennisgewing. Sien die wysiging wat ek hier gemaak het in my poging om dit reg te maak: https://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=CNBanner:Strategy2030_Cycle2-text1/af&diff=16777202&oldid=16760007 . Dít is hoekom dit aanvanklik gebeur het, soos ek dit verstaan. Hoekom dit 'n week na die tyd steeds wys, is vir my 'n misterie. --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 06:18, 25 Mei 2017 (UTC) ::: Is daar enige ander plek waar die olieteks moontlik nog in bronteks verskyn? (Dit is moontlik op meer as een plek ingevoeg). [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 10:07, 25 Mei 2017 (UTC) == [[m:Requests for comment/Global centralnotice for the blockade of the Turkish government]] == Hi, you are invited to participate in the discussion on the proposal to make a banner through [[m: centralnotice]] to inform more people around the world about what the Turkish government has done about Wikipedia, ie all the language versions of Wikipedia are You are obscured, so in Turkey it is impossible to view the * .wikipedia.org site. To hope that the Turkish government will remove the block, it is necessary to raise awareness of this fact around the world because it is important to succeed in this mission because Wikipedia can not be seen in Turkey. With this message also for those interested, I invite him to sign the [[m:Response to 2017 ban in Turkey|Wikimedian appeal]]. If you have any questions or questions do not hesitate to contact me. Thanks best regards. --[[User:Samuele2002|<span style="color:#0080C0;">'''Samuele'''2002</span>]] <small>[[User Talk:Samuele2002|'''<font face="Cursive"><font color="#F50">(Talk!)</font></font>''']]</small> 20:43, 17 Mei 2017 (UTC) == Hoe translitereer 'n mens Sun Tzu na Afrikaans? == Ek neem waar dat dit Sunzi in beide Nederlands en Duits is, en my woordeboek en AWS aanlyn lewer geen resultate nie. [[Gebruiker:Anoniem202|Anoniem202]] ([[Gebruikerbespreking:Anoniem202|kontak]]) 15:57, 18 Mei 2017 (UTC) : Ek is nie 'n taalkenner nie, die taalgurus sal dalk beter kan antwoord, maar in my opinie bly dit Sun Tzu, want dit is sy naam. Net soos Cat Stevens nie Kat Stefaans word nie, want dis 'n naam. Ek mag dalk verkeerd wees :) [[Gebruiker:Ossewa|Ossewa]] ([[Gebruikerbespreking:Ossewa|kontak]]) 16:19, 18 Mei 2017 (UTC) ::Sun Zi of Sunzi is [[Pinyin]]. Sun Tzu is die ouer Wade-Giles-transliterasie. Ek sou gaan met Sunzi, maar ek weet nie hoekom dit een woord is nie. [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 16:35, 18 Mei 2017 (UTC) ::: Dankie, julle! Ek verafstand my dus van die vraag oor watter vorm die gebruiklikste is in Afrikaans deur die artikel oor hom by [[Sunzi]] te begin, na aanleiding van die Nederlands en Duits. Nog 'n vraag: hoe translitereer 'n mens sy stylnaam, wat ''Changqing'' in Engels is? [[Gebruiker:Anoniem202|Anoniem202]] ([[Gebruikerbespreking:Anoniem202|kontak]]) 19:45, 19 Mei 2017 (UTC) == Londense Tower == Kan ons asb. ophou om die naam hierbo in artikels na Toring van Londen te verander totdat uitsluitsel gekry is oor wat die regte naam is? Sien [[Bespreking:Toring van Londen]]. [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 17:46, 19 Mei 2017 (UTC) :Jammer, dis seker al weer ek (die "ons" wat jy hierbo noem)! Ek het nou eers jou wens/aanbeveling hier gelees nadat ek in die dik geskrifte van Engeland se koningsgeskiedenis vasgevang was, sorry Winston! --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 18:17, 19 Mei 2017 (UTC) ::Pharos gee Londense Tower aan en 'n lid van die Taalkommissie wat ek gevra het, sê dis die regte vorm. Ek weet dit klink vir mense snaaks, maar dit is hoe dit amptelik in Afrikaans bekend staan. [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 18:25, 19 Mei 2017 (UTC) ::: Moet dit regtig vertaal word, kan dit nie maar net ''Tower of London'' bly soos by die [https://nl.wikipedia.org/wiki/Tower_of_London_(gebouw) Nederlandse] en [https://de.wikipedia.org/wiki/Tower_of_London Duitse] Wiki's nie? Groete [[Gebruiker:Ossewa|Ossewa]] ([[Gebruikerbespreking:Ossewa|kontak]]) 07:16, 20 Mei 2017 (UTC) ::::Die term "Tower" het in baie tale al só ingeburger geraak dat albei keuses, vertaling of volledige Engelse naam, aanvaarbaar sou wees. In Duitse tekste kom benamings soos Londoner Tower net soos Tower of London voor. In Frans is - om historiese redes en as 'n uitsondering - slegs Tour de Londres aanvaarbaar. Vir minder bekende burge/kastele in Engels-, Duits- en Franssprekende gebiede het ek byvoorbeeld al begin om die inheemse name onvertaald hier in Afrikaans oor te neem. Dit is myns aansiens aanvaarbaar in 'n taalgebied waar 'n betreklike groot deel van die bevolking van Franse of Duitse afkoms is en Franse of Duitse voorname/vanne dra. Ons leef meertaligheid. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 12:16, 21 Mei 2017 (UTC) ::::: Ek het kommentaar gelewer by [[bespreking:Londense Tower]] - ek het dalk die affêre begin, en sien nou ook die gesprek hier. Dankie vir die opmerking, Voyageur. Dit klink half oortuigend, alhoewel ek sterk twyfel of dit in Afrikaans ingeburger is. Met die verwysings uit die woordeboek, probeer ek my kommentaar in te perk, maar die aanvanklike indruk wat dit by my geskep het was nie een van verbasing oor die rykheid van veeltaligheid in die wêreld nie, maar van 'n blaps wat ek onmiddellik moes regstel. Ek raai heelwat lesers gaan die selfde gevoel kry, en dalk moet ons ten minste die lesers se wrang indruk probeer bestuur. Weens geografiese afstand is die toring, jammer, tower, dalk ook nie só bekend in die Afrikaanse gemeenskap soos by die Duitsers nie. Tradisioneel het Afrikaanssprekendes ook nie die selfde ingesteldheid teenoor Engels nie, en dit moet ons ook dalk in ag neem. --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 19:14, 22 Mei 2017 (UTC) == Vier fees saam met oesjaar.... == Vandag, 'n jaar terug het ek my hartaanval gehad met gevolglike dubbele omleiding! Ek is net uiters dankbaar dat ek nog met julle is en nog kan tik! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 09:12, 20 Mei 2017 (UTC) :Ek is uiters dankbaar dat jy nog onder ons is en skryf! Jou besoek aan Berlyn is nou meer as een jaar terug en dit sal gaaf wees, indien jy eendag weer Duitsland kan besoek. Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 20:40, 20 Mei 2017 (UTC) ::As ek weer kom bring ek vir jou 'n HAT saam! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 20:54, 20 Mei 2017 (UTC) :::Bly dat jy nog aktief is op die Wiki, en beste wense vir jou. Hoop om nog baie van jou artikels hier te sien. Groete [[Gebruiker:Ossewa|Ossewa]] ([[Gebruikerbespreking:Ossewa|kontak]]) 06:37, 21 Mei 2017 (UTC) :::: Sterkte met jou gesondheid, Oesjaar, en dankie vir al jou bydraes! [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 07:22, 22 Mei 2017 (UTC) == Wikilinks == Julle moet meer [[skakel]]s maak as julle meer [[klieks]] wil kry. [[Spesiaal:Bydraes/196.209.234.26|196.209.234.26]] 18:26, 20 Mei 2017 (UTC) == ...en julle kort meer basiese definisies == 'n Ensiklopedie benodig deurgaans bondige artikels wat belangrike terme kortliks definieer sodat 'n leser belangrikke begrippe ook op die Afrikaanse Wikipedia opsoek en nie eerder na die Engelse een oorslaan en dan daar bly nie. [[Spesiaal:Bydraes/196.209.234.26|196.209.234.26]] 18:32, 20 Mei 2017 (UTC) :En jy is so slim, jy weet presies wat "julle" moet doen. Hoekom kry jy nie vir jou 'n aanmeldnaam nie, dan kan jy deel van "ons" word. [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 19:26, 20 Mei 2017 (UTC) ::Waarom so vyandig? [[Spesiaal:Bydraes/196.209.234.26|196.209.234.26]] 19:27, 20 Mei 2017 (UTC) ::: Op hierdie blad kommunikeer die gemeenskap met mekaar met gebruikersname. Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 19:32, 20 Mei 2017 (UTC) ::::Hier is 'n handjie vol mense wat jare lank al elke dag hul vrye tyd hier bestee om hierdie Wikipedia uit te brei en te verbeter. Ons is nie dom nie, ons weet wat nodig is, maar daar is nie genoeg mense met kennis om alles te doen nie. En ek bedoel '''met kennis''', ek bedoel nie dat mense net hier moet inval en goed verander soos hulle dit wil hê soos wat jy doen nie. [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 19:34, 20 Mei 2017 (UTC) ::::: Julle weet nie wat julle doen nie, want julle vervreem [[Wikipedia:Welkom nuwelinge|nuwelinge]] en julle gebruik nie genoeg [[skakel]]s nie en julle skep nie genoeg [[Wikipedia:Saadjie|saadjies]] nie. [[Spesiaal:Bydraes/196.209.234.26|196.209.234.26]] 19:38, 20 Mei 2017 (UTC) ::::::Hoekom skep ons nie genoeg saadjies nie?! Ons kies kwaliteit bo kwantiteit. Sal ons nou 100 saadjies soos [[St. Gallen]] skep? Wil jy ons lesers nader aan die Engelse Wikipedia met meer inhoud bring? Dit kos baie tyd om artikels op datum te bring en nuttige artikels te skryf. Ons het nie 1 000 000 artikels nodig nie. Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 19:45, 20 Mei 2017 (UTC) ::::::: Sou jy verkies dat 'n Afrikaanssprekende wat op hierdie projek na [[St. Gallen]] soek geen resultaat kry nie? Ek stem nie met hierdie benadering saam nie. As julle geweet het wat julle doen, sou hierdie projek lank reeds 1 miljoen artikels gehad het. [[Spesiaal:Bydraes/196.209.234.26|196.209.234.26]] 19:47, 20 Mei 2017 (UTC) :::::::: Sou jy verkies dat 'n Afrikaanssprekende net die een sin vind wat jy in die artikel geplaas het? Hoekom sal hy dan die Afrikaanse artikel lees en nie die Duitse of Engelse een nie? Al die groot Wikipedias met 'n natuurlike groei het baie meer gebruikers! Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 19:55, 20 Mei 2017 (UTC) {{uitkeep}} Nie alle lesers is noodwendig op soek na die volledige artikel nie. 'n Ensiklopedie bevat bondige artikels wat rondom belangrike onderwerpe geskryf word sodat die leser 'n beter begrip kan kry. [[Gebruiker:Christiaan Human|Christiaan Human]] ([[Gebruikerbespreking:Christiaan Human|kontak]]) 20:02, 20 Mei 2017 (UTC) :Almal is vrywilligers op hierdie Wiki en na 9 jaar, 4536 artikels en 82000+ redigeerpogings later word ek al moeg vir al die slimjanne wat net wil probeer bestuur maar niks eintlik bydra in terme van artikels nie. Ons het lankal besluit dat ons kwaliteit bo kwantiteit verkies. [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 20:06, 20 Mei 2017 (UTC) ::Kyk nee, as ons nuwe mense so vriendelik ontvang soos in hierdie geval, kan ons maar ophou skryf. [[Gebruiker:AHB|AHB]] ([[Gebruikerbespreking:AHB|kontak]]) 07:09, 21 Mei 2017 (UTC) :::Kyk gerus na sy geskiedenis en die nonsens wat hy aangejaag het. Hy maak net links en regs veranderings aan artikels. Dan moet ander mense dit gaan regmaak, en dan rol hy die foute<!-- edit, Aliwal2012 --> net weer terug. [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 07:40, 21 Mei 2017 (UTC) ::::Ons kan maar ophou skryf, indien daar nou nog tientalle saadjies geskep word, wat ons kwaliteit afskeur. Dit neem net 'n paar sekondes, om sulke saadjies te skep, maar die uitbreiding daarvan kos baie tyd wat vir ander projekte hier gebruik kan word. Dis net die ou gebruikers wat sulke saadjies uitbrei. Maar wie help ons nou met al die [[:Kategorie:Gaan taal na|gaan taal na-artikels]] en die [[:Kategorie:Bladsye wat vertaal moet word|bladsye wat vertaal moet word]] wat steeds groei? Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 08:35, 21 Mei 2017 (UTC) :::::Ek dink ons moet eerder nuwe gebruikers wat saadjies wil skep verwelkom. Toe ek op die af:wiki begin het, het ek maar met saadjies en kort artikels begin, en baie foute gemaak (en maak nog steeds baie foute, en skep ook nog saadjies). Vir my is dit verkeerd om nuwe gebruikers af te raai om saadjies te skep, net omdat die ouer gebruikers besluit het dat dit nie kwaliteit is nie. Ons moet hulle eerder aanmoedig om aan te hou om deel te neem, al is dit ook met kort saadjie-artikels. Dié wat dan werklik belangstel sal wel later gewoond raak aan die ding, en hopelik meer aan die kwaliteit van artikels bydra. Die ouer gebruikers kan help om saadjies uit te brei, en die nuwe gebruikers raad gee. Ouer gebruikers behoort nie vies te raak waneer saadjies nie op standaard is nie, dit is tog immers 'n saadjie wat nog verbeter moet word, iemand sal dit wel later doen. Wanneer ons nuwe gebruikers (en hul saadjies) verwelkom, sal die aantal gebruikers toeneem, en daar sal later meer "kwaliteit" gebruikers wees, maar as ons hulle <u>wegjaag</u>, dan sal daar later net ou gebruikers wees wat kla oor die kwaliteit, en oor hulle nie tyd het om alles te hanteer nie. Groete [[Gebruiker:Ossewa|Ossewa]] ([[Gebruikerbespreking:Ossewa|kontak]]) 10:10, 21 Mei 2017 (UTC) == Voorbladartikel == Wat is die blad se naam nou weer waar voorstelle vir nuwe voorbladartikels gedoen kan word? Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 20:13, 20 Mei 2017 (UTC) : Die ou [[Wikipedia:Kandidaatartikels vir voorblad]]? Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 20:30, 20 Mei 2017 (UTC) :: Die ou? Wat is die nuwe of gebruik ons dit nie meer nie? Groete1 [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 20:55, 20 Mei 2017 (UTC) ::: Dis steeds ons amptelike bladsy vir nuwe voorbladartikels, maar dis tans rustig daar, in 2017. Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 21:05, 20 Mei 2017 (UTC) == WhatsApp-groep == Ek het onlangs 'n WhatsApp-groep begin waarheen ek Afrikaanssprekende mense genooi het wat ek dink in die idee van Wikipedia in Afrikaans belang stel. Ek moedig hulle aan om bydraes te maak en die meeste lede tot dusver is universiteitstudente. Op die oog af lyk dit asof my aanmoedigings reeds tot 'n paar nuwe belangstellendes gelei het. Ek nooi graag die ervare bydraers uit om aan te sluit by ons WhatsApp-groep indien julle belang stel om met mense wat nie noodwendig met Wikipedia vertroud is nie, maar wat wel daarin belang stel, te gesels. WhatsApp is 'n maklike manier van kommunikeer en dit lyk asof dit in gewildheid net toeneem, en ek dink dit is 'n belangrike faset van die uitbreiding van die Afrikaanse Wikipedia om op alle sosiale media 'n teenwoordigheid te hê. Daar is reeds 'n groep op Facebook wat deur Hugo Barnard bestuur word.[https://www.facebook.com/groups/231160206984566] Nes die Facebook-groep is die WhatsApp-groep natuurlik onafhanklik van enige amptelike stigtings. Diegene wat belang stel om bygevoeg te word, moet asb. aan my [[Spesiaal:Stuur_e-pos/Adriaan_Joubert|'n e-pos stuur]] met hul selfoonnommers. Indien die boodskappe te veel raak, maak gewoon die groep stil sodat jy nie kennisgewings van nuwe boodskappe ontvang nie (ek kan jou hiermee help indien jy vashaak). En indien dit steeds nie jou interesseer nie, kan jy altyd die groep verlaat, maar ek moedig almal aan om ten minste aan te sluit en saam te breinstoei om te kyk of dit iets is wat kan werk. En dan aan die wat aansluit wil ek vra om ook ander te nooi wat moontlik sou belang stel en wat saam wil gesels. Groete. [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 11:20, 22 Mei 2017 (UTC) : Ek het vergeet om te noem, maar ek het dit ook aan die WhatsApp-groeplede genoem: ek wil hê dat ons die aantal gebruikers met meer as 100 bydraes vir Mei op 15 te staan bring. Dink julle so 'n doelwit is haalbaar? In Maart 2017 was daar agt sulke gebruikers.[https://stats.wikimedia.org/EN/TablesWikipediaAF.htm] [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 11:33, 22 Mei 2017 (UTC) ::Daar is baie meer as 8 mense wat meer as 100 artikels bygedra het. Bedoel jy 1000 of 100 per maand? Daar is ongelukkig nie te veel aksie op die Afr Facebook nie, het dit maar op myself geneem om weekliks te meld wat die nuwe voorbladartikel is. Soms plaas ek ook verwysing na 'n interessante artikel daar. Die ledetal het darem begin groei en daar is tans 324 of so iets. Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 12:21, 22 Mei 2017 (UTC) ::: Hi Oesjaar, nee, ek bedoel daar was 8 gebruikers wat in Maart meer as 100 bydraes gemaak het. M.i. skep hierdie statistiek 'n goeie indruk van hoeveel aktiewe gebruikers daar op die projek is. Ek noem maar net Maart se statistiek omdat dit die mees onlangse statistiek is wat beskikbaar is op [https://stats.wikimedia.org/EN/TablesWikipediaAF.htm]. Die syfer staan sedert Januarie 2017 op 8 en dit was die afgelope paar maande by tye 12. Dus glo ek 15 is 'n haalbare mikpunt vir Mei 2017. Gaan jy by ons WhatsApp-groep aansluit? [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 12:30, 22 Mei 2017 (UTC) == 'n Kategorie vir terreuraanvalle == Ek wil graag 'n kategorie begin sodat ons terreuraanvalle kan groepeer. Wat is die korrekte benaming vir hierdie tipe aanvalle? Ek het spesifiek die tipe aanvalle wat deur Islamitiese ekstremiste uitgevoer word in gedagte. Sal 'n mens dus daarna verwys as terreuraanvalle of terrorisme-aanvalle? Wat is die verskil? Suidpunt, kan jy inset lewer? Ook, onder watter kategorie moet bg. kategorie ingesluit word as 'n subkategorie? [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 11:00, 23 Mei 2017 (UTC) : Ek sien [[Netwerk24]] maak gebruik van die term [[terreuraanval]]. [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 11:00, 23 Mei 2017 (UTC) ::Terreuraanvalle klink reg, en dit kan 'n subkategorie wees van [[:Kategorie:Terrorisme]]. [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 15:08, 23 Mei 2017 (UTC) == [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections/2017/Updates/Start of the 2017 Wikimedia Foundation Funds Dissemination Committee elections|Start of the 2017 Wikimedia Foundation Funds Dissemination Committee elections]] == <div class="plainlinks mw-content-ltr" lang="en" dir="ltr">[[File:Wikimedia-logo black.svg|{{#switch:{{CONTENTLANG}}|ar=left|he=left|right}}|125px|link=m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections/2017/Updates/Start of the 2017 Wikimedia Foundation Funds Dissemination Committee elections]] :''[[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections/2017/Updates/Start of the 2017 Wikimedia Foundation Funds Dissemination Committee elections|Translations of this message are available on Meta-Wiki]].'' On behalf of the Wikimedia Foundation Elections Committee, we are pleased to announce that self-nominations are being accepted for the [[m:Wikimedia Foundation elections/2017/Funds Dissemination Committee/Call for candidates|2017 Wikimedia Foundation Funds Dissemination Committee]] and [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections/2017/Funds Dissemination Committee Ombudsperson|Funds Dissemination Committee Ombudsperson]] elections. Please read the letter from the Wikimedia Foundation calling for candidates at [[m:Wikimedia Foundation elections/2017/Funds Dissemination Committee/Call for candidates|on the 2017 Wikimedia Foundation elections portal]]. ''Funds Dissemination Committee''<br /> The Funds Dissemination Committee (FDC) makes recommendations about how to allocate Wikimedia movement funds to eligible entities. There are five positions being filled. More information about this role can be found at [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections/2017/Funds Dissemination Committee|the FDC elections page]]. ''Funds Dissemination Committee Ombudsperson''<br /> The Funds Dissemination Committee Ombudsperson receives complaints and feedback about the FDC process, investigates complaints at the request of the Board of Trustees, and summarizes the investigations and feedback for the Board of Trustees on an annual basis. One position is being filled. More information about this role can be found at [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections/2017/Funds Dissemination Committee Ombudsperson|the FDC Ombudsperson elections page]]. '''The [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections/2017/Funds Dissemination Committee/Candidates|candidacy submission phase]] will last until May 28 (23:59 UTC).''' '''We will also be accepting questions to ask the candidates until May 28. [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections/2017/Funds Dissemination Committee/Questions|You can submit your questions on Meta-Wiki]].''' Once the questions submission period has ended on May 28, the Elections Committee will then collate the questions for the candidates to respond to. The goal of this process is to fill the '''five community-selected seats''' on the Wikimedia Foundation Funds Dissemination Committee and the '''community-selected ombudsperson'''. The election results will be used by the Board itself to make the appointments. The full schedule for the FDC elections is as follows. All dates are '''inclusive''', that is, from the beginning of the first day (UTC) to the end of the last. * May 15 (00:00 UTC) – May 28 (23:59 UTC) – '''Nominations''' * May 15 – May 28 – '''Candidates questions submission period''' * May 29 – June 2 – '''Candidates answer questions''' * June 3 – June 11 – '''Voting period''' * June 12–14 – '''Vote checking''' * June 15 – '''Goal date for announcing election results''' More information on this year's elections can be found at [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections/2017|the 2017 Wikimedia Foundation elections portal]]. Please feel free to post a note about the election on your project's village pump. Any questions related to the election can be posted on [[m:Talk:Wikimedia Foundation elections/2017|the talk page on Meta-Wiki]], or sent to the election committee's mailing list, <tt dir="ltr" style="white-space:nowrap;font-size:12px;line-height:1.5">board-elections[[File:At sign.svg|15x15px|middle|link=|alt=(at)]]wikimedia.org</tt>. On behalf of the Election Committee,<br /> [[m:User:KTC|Katie Chan]], Chair, [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections committee|Wikimedia Foundation Elections Committee]]<br /> [[m:User:JSutherland (WMF)|Joe Sutherland]], Community Advocate, Wikimedia Foundation ''Posted by the [[m:Special:MyLanguage/User:MediaWiki message delivery|MediaWiki message delivery]] • [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections/2017/Updates/Start of the 2017 Wikimedia Foundation Funds Dissemination Committee elections|Translate]] • [[m:Talk:Wikimedia Foundation elections/2017|Get help]]''</div> 21:06, 23 Mei 2017 (UTC) <!-- Message sent by User:GVarnum-WMF@metawiki using the list at https://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=Distribution_list/Global_message_delivery&oldid=16804695 --> ==Closure of ZA Copyright Act amendement vote== Could an admin please close the vote on whether or not to advocate for Freedom of Panorama in the [[Wikipedia:Geselshoekie/Argief2017/1#ZA_Copyright_Act_amendment|Copyright Amendement act vote]]? Quick update, I have just herd that [https://www.parliament.gov.za/storage/app/media/Docs/bill/ffd3aa9e-77f2-4903-b496-13fa282056ef.pdf the bill] is now out and open to public comment so I would like to proceed with setting up banner adds on af.wikipedia and en.wikipedia calling for action. I haven't yet had time to read it through myself but I am told by the legal eagles that it does not included any reference to Freedom of Panorama. The vote has been concluded on en.wikipedia so I can move forward there but not yet on af.wikipedia. Thanks, --[[Gebruiker:Discott|Discott]] ([[Gebruikerbespreking:Discott|kontak]]) 14:43, 26 Mei 2017 (UTC). **{{uitgevoer}} Eenparig so aanvaar/"accepted such"/a YES vote!!, thanks [[Gebruiker:Discott|Discott]]! --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 16:16, 26 Mei 2017 (UTC) == (Die afwesigheid van) Latyn in nuwe wetsontwerpe == DIT IS WRAGTIG INTERESSANT hoe die '''anonieme''' WETSKRYWERS Regslatynse begrippe een na die ander wegweer - soos ''mutatis mutandis'' wat nou "with the necessary changes" word. Ook maar goed ek het NIE in die regte gaan studeer nie... Want ek sou vloek oor die nagtelange studie van Latyn wat nou tevergeefs is. Ek wonder of dit wetenswaardig genoeg is vir [[Latynonderrig]]... [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 16:24, 26 Mei 2017 (UTC) : Dit is inderdaad noemenswaardig, want dit het betrekking tot die bespreking oor of verpligte Latynonderrig nog regverdigbaar is. Het jy 'n bron daarvoor? [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 16:54, 26 Mei 2017 (UTC) ::Die enigste bron tot dusver is juis die bogenoemde wetsontwerp (ek moes seker geweet het die Latynse terminologie sou mettertyd vervang word), soek net ''mutatis'' in "the bill" (hierbo) en jy sien duidelik hoe die naam verander word. As mens lank genoeg in parliament.gov rondsoek, behoort daar selfs meer bewyse te wees. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 17:28, 26 Mei 2017 (UTC) ::: Iemand moes iewers iets daaroor te sê gehad het? [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 19:17, 26 Mei 2017 (UTC) == CSS vir mbox == Ek stel graag die volgende CSS voor vir insluiting op [[MediaWiki:Common.css]], wat CSS vir alle koppelvlaktemas bevat: <pre> th.mbox-text, td.mbox-text { /* The message body cell(s) */ border: none; /* @noflip */ padding: 0.25em 0.9em; /* 0.9em left/right */ width: 100%; /* Make all mboxes the same width regardless of text length */ } td.mbox-image { /* The left image cell */ border: none; /* @noflip */ padding: 2px 0 2px 0.9em; /* 0.9em left, 0px right */ text-align: center; } td.mbox-imageright { /* The right image cell */ border: none; /* @noflip */ padding: 2px 0.9em 2px 0; /* 0px left, 0.9em right */ text-align: center; } td.mbox-empty-cell { /* An empty narrow cell */ border: none; padding: 0; width: 1px; } /* These mbox-small classes must be placed after all other ambox/tmbox/ombox etc classes. "html body.mediawiki" is so they override "table.ambox + table.ambox" above. */ html body.mediawiki .mbox-small { /* For the "small=yes" option. */ /* @noflip */ clear: right; /* @noflip */ float: right; /* @noflip */ margin: 4px 0 4px 1em; box-sizing: border-box; width: 238px; font-size: 88%; line-height: 1.25em; } html body.mediawiki .mbox-small-left { /* For the "small=left" option. */ /* @noflip */ margin: 4px 1em 4px 0; box-sizing: border-box; overflow: hidden; width: 238px; border-collapse: collapse; font-size: 88%; line-height: 1.25em; } </pre> Bg. CSS sal ons in staat stel om gevorderde sjablone soos [[Sjabloon:Luister]] op die Afrikaanse Wikipedia te implementeer. Cf. [[:en:MediaWiki:Common.css]] (CTRL + F, "mbox"). [[Gebruiker:Adriaan Joubert/vector.css]] toon die CSS wat ek ingesluit het sodat [[Bespreking:Konsert vir Fluit, Harp, en Orkes (Mozart)]] [http://imgur.com/k1ySyKd korrek vertoon]. Is daar enige besware teen insluiting van bg. CSS op [[MediaWiki:Common.css]]? [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 22:01, 27 Mei 2017 (UTC) :Hi, vir myself is dit Grieks, maar as jy weet wat jy doen, gaan gerus voort! Dankie vir jou moeite! --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 06:53, 28 Mei 2017 (UTC) :: Laai gerus. Laat weet as jy hulp benodig. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 06:59, 28 Mei 2017 (UTC) ::: {{uitgevoer}} [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 20:04, 28 Mei 2017 (UTC) == Vogtei == Wat beteken hierdie Duitse woord en hoe word dit vertaal in Afrikaans? Ek sien daar is in die Wartburgkasteel 'n Vogtei, waarbinne die Lutherstube is, waarin Luther sy vertaling gedoen het. Vogtei is blykbaar die territorium van 'n Vogt, wat kwalik in die Wartburgkasteel sal inpas. En in Engels is Vogtei blykbaar Bailiff’s Lodge, of Bailiwick. Ek sien 'n Afrikaanse woord "voogdyskap", maar dié word ook so selde gebruik dat ek nie seker is van die korrekte aanwending nie. [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 22:15, 27 Mei 2017 (UTC) :''Vogtei'' kan vertaal word as administratiewe setel of kantoor van 'n ''Vogt''. Sien die aanlyn-uitgawe van die Duitse Duden-woordeboek: [http://www.duden.de/suchen/dudenonline/Vogtei ''www.duden.de: Vogtei'']. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 22:19, 27 Mei 2017 (UTC) ::In Nederlands beteken ''voogdijschap'' dat 'n ouer persoon (die voogd) wettelik verantwoordelik is byv. vir 'n weeskind wat nog nie volwasse is nie, pleks van die ouers. In die VS: ''legal guardian'' Vir 'n koning is dit gewoonlik 'n regentskap. Maar mens kan ook praat van 'n ''slotvoogd'': iemand wat die beheer van 'n kasteel waarneem. Hoop dit help. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 00:49, 28 Mei 2017 (UTC) :::My Duitse skoolwoordeboek gee vir Vogt "opsigter, bestuurder, balju" en vir Vogtei "gebou of gebied van 'n opsigter". Ek weet nie of dit sal werk nie? [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 09:30, 28 Mei 2017 (UTC) ::::'n Soektog help en lewer 'n foto van die ''Vogtei'' op: [http://www.audioguideportal.de/reiseziel/784/vogtei-der-wartburg ''Architektur in Eisenach - Vogtei der Wartburg'']. Dit is klaarblyklik 'n gebou binne die uitgestrekte kasteelkompleks, en ons mag die term ''Vogt'' gerus as "administrasie-amptenaar" of so iets vertaal. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 20:00, 28 Mei 2017 (UTC) :::::Voya, my raad is: plaas maar 'n voetnota met 'n kort verduideliking vir buitelandse terminologie wat die mense nog nie ken nie. Plaas dan maar net die woord in skuinsskrif, niemand sal vir jou kwaad wees nie. Ek kom vanaand die eerste keer in my lewe die woord [[:nl:Eendenkooi]] teë. Dit werk op presies dieselfde prinsiep as 'n visvywer - maar nou net met wilde-eende! Slim Friese en Hollanders hierdie - sedert Caesar lank genoeg tussen die riete deurgebring. ''Kooi'' hou verband met ''kou'' of ''koutjie''. Jy kry dus 'n kooiman (wat die eende vang), met sy kooihond (sy "assistent"). Daardie woord ''eendekooi'' is wérklik in die WAT ook opgeneem. Maar hoeveel van ons ken dit? Niemand. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 20:26, 28 Mei 2017 (UTC) == Uitsluitsel oor Sjina vs. China == Die Afrikaanse Wikipedia het 'n behoefte daaraan om uitsluitsel te kry oor die gebruik van die Sj-/Ch-spelwyse vir [[Sjina]] sodat ons één spelwyse konsekwent oor die hele ensiklopedie kan gebruik. Die onsekerheid oor welke vorm vanpas is vir hierdie projek stam m.i. af van breër onsekerheid wat in die gemeenskap heers m.b.t. hoe hoog die opinie van die [[Taalkommissie]] in Wikipedia se sake geag word. M.i. moet die Afrikaanse Wikipedia totaal onafhanklik van eksterne invloed bestaan en moet die gemeenskap wat hier betrokke is 'n besluit neem, ingelig deur die Taalkommissie se perspektief asook deur praktiese en [[ideologie]]se beginsels. Ons moet veral waak teen [[politiek]]e inmenging in ons tradisionele instellings wat misbruik kan word om invloed oor die Afrikaanse Wikipedia te probeer uitoefen. [[Gebruiker:Christiaan Human|Christiaan Human]] ([[Gebruikerbespreking:Christiaan Human|kontak]]) 19:31, 2 Junie 2017 (UTC) : Ek was onder die indruk dat ons die Taalkomissie se spelling sou aanvaar. Is die Taalkomissie dan nie 'n [[Wikipedia:Haal bronne aan|betroubare bron]] nie? Volgens die [[Wikipedia:Gebruikersportaal/Beleid en stylriglyne]] moet enige materiaal wat bevraagteken word (of in die toekoms bevraagteken mag word) deur 'n betroubare bron vergesel word. Indien die gemeenskap 'n ander besluit neem, kan dit nie dalk gesien word as oorspronklike werk en denke van die Wikipediaan nie, wat teenstrydig is met die Wikipediabeleid? [[Gebruiker:Ossewa|Ossewa]] ([[Gebruikerbespreking:Ossewa|kontak]]) 04:57, 3 Junie 2017 (UTC) Ossewa :: Beide vorme kom in Afrikaanse boeke en selfs woordeboeke voor, en behoort hier toelaatbaar te wees. Ek voel dat die spelwyse van die outeur eerbiedig moet word, sonder om dit onnodiglik te probeer standaardiseer. Ter wille van 'n fonetiese spelwyse en om Afrikaans makliker en meer toeganklik te maak, wil ek nie die reg tot die 'Sjina'-spelwyse prysgee nie. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 05:04, 3 Junie 2017 (UTC) Die Taalkommissie is 'n gesaghebbende bron en ons volg in die reël hul voorbeeld. Wikipedia is egter nie die Taalkommissie se spraakbuis nie. [[Gebruiker:Christiaan Human|Christiaan Human]] ([[Gebruikerbespreking:Christiaan Human|kontak]]) 10:47, 3 Junie 2017 (UTC) :Wikipedia is inderdaad nie die Taalkommissies se spraakbuis nie maar ter wille van die goeie orde het die Wiki gemeenskap besluit om die Taalkommissie te ondersteun. Indien elke Jan-rap en sy maat hul eie reëls wil implementeer sal dit lei na chaos. Die Taalkommissie is nie perfek nie maar dit verskaf ten minste 'n goeie basis. Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 11:53, 3 Junie 2017 (UTC) :: Waar het die Wiki-gemeenskap dit besluit? Aanvanklik is daar op die 'Sjina'-spelwyse gestandaardiseer (die fonetiese spellers), toe kom 'n ander groep (die taalkommissie-apologete) en begin alles na 'China' skuif. Is dit nie die einste taalkomissie wat die [[AWS]] opstel nie? Slaan dit oop en kyk self: ''Sjina of China / Sjinese of Chinese / Sjinees of Chinees'' (so alles op een lyn). Julle kan dalk mense hier intimideer, maar ek dink nie julle sal beide vorme uit ons woordeboeke kan kry nie. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 12:11, 3 Junie 2017 (UTC) :::So elke persoon kan dan doen wat hy wil... Dan hoof ons ook nie meer te proeflees nie. Gaan my baie tyd spaar. Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 12:15, 3 Junie 2017 (UTC) ::: Nee Oesjaar, ek hoop maar net vir 'n vrye Wikipedia waar ons al die korrekte vorme mag gebruik. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 12:18, 3 Junie 2017 (UTC) {{uitkeep}} Dit is natuurlik wenslik om die taalkommissie te volg, maar ek begryp Frank goed dat hulle op hierdie punt self nie eenduidig is nie? [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 12:25, 3 Junie 2017 (UTC) :Sommige mense kan nie doen wat hulle wil nie. Die meeste van my Sjinese artikels is nou Chinese artikels en indien ek na my selfgeskepte artikels wil skakel, moet ek nou die China-spelling gebruik! Maar ek ondersteun Suidpunt se verklaring van Sjina wat BAIE logies vir Afrikaans is. China is en bly vir my Duits, Engels, Nederlands, ens. Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 12:40, 3 Junie 2017 (UTC) ::’n Mens kan darem nie die Taalkommissie blameer vir die spelling van ’n naam soos China nie. Hulle kyk ook maar wat Afrikaanse mense gebruik en maak dan aanbevelings op grond daarvan. Die feit is dat koerante al die spelling China gebruik het toe ek 40 jaar gelede begin werk het. Ek twyfel baie sterk of enige koerant of tydskrif die afgelope minstens twee dekades die spelling Sjina gebruik het. Ek verbeel my ook die Taalkommissie het gesê laasgenoemde spelling gaan nie in die nuwe AWS wees nie? [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 12:44, 3 Junie 2017 (UTC) ::: Ek hoop nie hulle maak so 'n fout nie, ek gaan nie al my woordeboeke vervang nie, of moet ons maar begin om woorde daarin dood te trek? Terloops ek het pas 'Sjina' in die Rooi Rose, Republikein en selfs op Maroelamedia gesien. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 13:12, 3 Junie 2017 (UTC) :::: As Calviniste drie of meer gereformeerde en hervormde en wat ook al kerke vir één Bybel en belydenis nodig het, is twee spellings vir een landsnaam eintlik ook geen luukse nie. Stelselmatige standaardisering maak sin in tegniese dissiplines en natuurwetenskappe, teologie en taal sou ek in dié opsig onder die hopelose gevalle reken. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 21:39, 3 Junie 2017 (UTC) {{uitkeep}} ;Volledigheidshalwe oorgedra vanaf [[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|Aliwal se besprekingsblad]] :[[Gebruiker:Geebee100|Geebee]] het [https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Volksrepubliek_China&diff=prev&oldid=1476219 daarmee begin] by [[Volksrepubliek van Sjina]]→[[Volksrepubliek China]]. :Ek volg net die wetenskaplike beginsel van: As een naam verander is, moet almal verander word. Sterkte, --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 08:22, 15 April 2017 (UTC) ::Hierdie skuif laat my ook koud want die skuiwers gaan waarskynlik nie al die nodige skuiwe uitvoer nie. Die artikel [[China]] wys reeds hoe die twee opsies deurmekaar raak. 'n Groot werk lê voor vir die skuiwers en ek twyfel of die tyd daaraan nuttig aangewend word. Wikipedia hoef nie noodwendig resente veranderinge op te volg nie, maar soos die Everest -> Denali geval getuig, is daar ook wikipediane wat dit welgeval. Ek is bevooroordeeld, want Sjina lyk myns insiens ver beter. En tog het ek my ook al op koerante beroep vir 'n spelkeuse. [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 18:02, 8 Junie 2017 (UTC) :::[[Denali]] is nie die nuwe naam van [[Berg Everest]] nie, dit was [[Mount McKinley]]. Ek het dit geskuif, omdat dit die nuwe amptelike naam is. Wat Sjina/China betref, stem ek wel saam. Kan ons dit nou asb. amptelik besprek, Gert? Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 18:30, 8 Junie 2017 (UTC) :Julle moet nou besluit wat julle wil doen met Sjina/China!! Soos julle kan sien het ek reeds begin skuif/redigeer. Laat weet my asb. dringend, anders moet ek dit eers stop en my ouer "edits" ook terugrol. Dankie, --[[Gebruiker:Aliwal2012|Die perd se bek]] 19:43, 8 Junie 2017 (UTC) ::Die bespreking het reeds 8 dae gelede [[Wikipedia:Geselshoekie#Uitsluitsel oor Sjina vs. China|hier]] begin. Ons kan nie eers redigeer en dan bespreek nie, dit loop eintlik andersom. Frank het gesê ons sal nie China in Sjina en vice versa verander nie en ek stem saam, Voyageur blykbaar ook. Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 20:30, 8 Junie 2017 (UTC) :::Sal ons dit nog bespreek of gaan jy met jou veranderinge voort? Hoekom is {{sl|Saadjie}} by klein artikels verwyder? Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 15:04, 9 Junie 2017 (UTC) :Hallo SpesBona! Ek wil graag voortgaan met Sjina→China, as ek nie iemand sal aanstoot gee nie! Ek het tyd daarvoor die naweek (dis yskoud hier)! Jy kan maar die saadjies terugplaas, ek wou dit net opruim ;) Groete --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 15:21, 9 Junie 2017 (UTC) == [[Wikipedia:Kategorisering]] == Ek wil net 'n wink gee vir 'n meer geskikte kategorisering: Dis nie nodig om bv. artikels wat by [[:Kategorie:Vleis]] geplaas is, ook by [[:Kategorie:Voedsel]] te plaas. Dis 'n onderkategorie van die eerste. Vir kategorieë geld: So min as moontlik, so veel as wat nodig is. Stel jou voor ons plaas [[Berlyn]] nou ook by [[:Kategorie:Geografie van Duitsland]], [[:Kategorie:Duitsland]], [[:Kategorie:Europa]], [[:Kategorie:Nedersettings]], [[:Kategorie:Hoofstede]], [[:Kategorie:Geografie van Europa]], [[:Kategorie:Geografie]], ens... Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 19:15, 3 Junie 2017 (UTC) : Hi Spesbona, dankie vir die wenk. Groete [[Gebruiker:Ossewa|Ossewa]] ([[Gebruikerbespreking:Ossewa|kontak]]) 04:45, 4 Junie 2017 (UTC) == Lêername == Jammer, maar ek moet 'n nuwe wink gee: Sommige gebruikers neem die lêername soos dit in die adresbalk staan. Dit gebruik dan die bekende onderstreep (_) wat die kleinste probleem is. Maar die groot probleem kom, indien die lêernaam in 'n ander skryfstelsel is soos Cyrillies of Arabies. Dit skep dan 'n lêernaam soos "Lêer:%D0%9F%D1%96%D0%B2%D0%B4%D0%B5%D0%BD%D0%BD%D0%B5_%D0%94%D0%B5%D0%BC%D0%B5%D1%80%D0%B4%D0%B6%D1%96_%D0%BD%D0%B0_%D1%81%D0%B2%D1%96%D1%82%D0%B0%D0%BD%D0%BA%D1%83.jpg" wat geen mens op hierdie blou planeet kan lees! Self die soek by "Deursoek Wikipedia" gee 0 resultate! Hoekom gebruik mens nie die regte beeldnaam [[:Lêer:Південне Демерджі на світанку.jpg]] nie? Dit kan ten minste mense met kennis van Cyrillies lees. Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 20:20, 5 Junie 2017 (UTC) :Omdat ons die hoogs moderne Edge-webblaaier op al ons toestelle - skootrekenaars, tafelrekenaars, tabletrekenaars en slimfone - gebruik wat lêers só kan lees, stoor en tydens latere websessies weer maklik kan herlaai. Die hele adres - soos byvoorbeeld https://af.wikipedia.org/wiki/Krim#/media/File:%D0%97%D0%B0%D0%BA%D0%B0%D1%82_(2517162534).jpg - word vir soektogte vereis en lewer die gewenste resultaat op. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 21:38, 5 Junie 2017 (UTC) ::Ah, die vooruitgang! [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 21:56, 5 Junie 2017 (UTC) :::Dis onafhanklik van die Microsoft Edge wat ek tans self gebruik omdat die Mozilla Firefox tans nie vinnig loop nie. Lêername moet so behandel word soos Artikelname. Indien 'n lêer op Commons geskuif word, word dit hier net aangepas, indien die normale naam gebruik word, maar nie by al die spesiale karakters nie. 'n Tweede punt is die bronteks wat veral by voorbladartikels in elk geval vir almal leesbaar moet wees, sien [[Wikipedia:Riglyne vir voorbladartikels]] 5 (d). Jammer, dat ek weens hierdie klein probleem kla, maar ek ruim by elke nuwe voorbladartikel die bronteks op. Dit sal net 'n wink gee vir onlangse wysigings en geen kritiek lewer op sommige gebruikers se algemene werk hier. Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 14:30, 6 Junie 2017 (UTC) == Hoofartikel == Ek sien daar is nou al minstens drie sjablone om aan te dui wat die hoofartikel van 'n subhofie is: {{sj|Hoofartikel}}, {{sj|Hoof}} en {{sj|Sien hoofartikel}}. Kan ons nie op een besluit nie, asseblief? - [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 19:35, 7 Junie 2017 (UTC). : Hi, Winston! Ek het sommer {{sj|Sien hoofartikel}} geskrap, dit was die mees onlangse (en onbenutte) duplikaat vd ander twee! --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 10:59, 9 Junie 2017 (UTC) ::Dankie! - [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 12:44, 9 Junie 2017 (UTC) :::Ek kies {{sl|Hoofartikel}}, omdat daar meer as een hoofartikel moontlik is, soos by die [[Eerste Wêreldoorlog]]. Indien nodig, kan ons 'n botlopie doen wat die gebruik van die een sjabloon na die ander verander. Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 20:45, 9 Junie 2017 (UTC) ::::Ek hou net nie van "kategorie/afdeling" nie. Dit klink so of jy nie jou mind kan opmaak nie. Net "afdeling" sal dalk beter wees, of hoe? [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 07:54, 10 Junie 2017 (UTC) ::::: Ja, ek kan ook nie eintlik sien hoe dit na 'n kategorie kan verwys nie. As almal met {{sl|Hoofartikel}} tevrede is, kan ek gou die omskakeling doen. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 08:08, 10 Junie 2017 (UTC) :::::: {{sl|Hoofartikel}} word ook by kategorieë gebruik, dus maak die verwysing na 'n kategorie sin, sien [[:Kategorie:Sterrekunde]] en [[:Kategorie:Natuurwetenskap]]. Ons kan maar een sjabloon vir kategorieë ("Die hoofartikel vir hierdie kategorie is: Hoofartikel.") gebruik en een vir artikels ("Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Hoofartikel."). Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 08:25, 10 Junie 2017 (UTC) Ek stem ja. [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 08:21, 10 Junie 2017 (UTC) : {{uitgevoer}}: Die sjabloon onderskei nou tussen artikels en kategorieë. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 08:42, 10 Junie 2017 (UTC) == Die brand in Knysna == Hello gemeenskap! Na my hartoperasie het my lewe inderdaad 'n paar wilde draaie gemaak! My ou moeder woon alleen hier in Brenton in Knysna. Na die eerste nuus oor die brand my bereik het begin 'n mens bekommerd raak. Doodbrand is seker die ergste vorm van sterf. Lang storie kort: die liewe Heer het haar lewe en haar huis gespaar. Ons was gelukkig - baie. Ek het inderdaad laas donderdag gery uit JHB om haar by te staan, na ek vir 12 ure geen kontak of nuus oor haar kon kry nie. Tans het Brenton nog geen krag of water nie en ons kamp maar in haar huis. Ek is bly om te sê dat ek 'n paar ander inwoners kon help met klein dingetjies bv net om selfone te laai sodat hulle met hul familie kan praat - nadat ek die laaste kragopwekker in die dorp kon kry! Ek is gebore in Knysna, toe ek 'n paar plekke sien waar ek as kind rondgehardloop het het ek begin huil! Ai! Maar nou ja, die lewe gaan aan! Help met skenkings waar julle kan. Dit sal 'n verskil maak! Groete! Oesjaar (kontak) 07:57, 12 Junie 2017 (UTC) :Hi Oesjaar, Ek het ook verbindings met Knysna - my ouers het 10 jaar daar gewoon en my pa is in die kerkhof daar begrawe; my ma vertrek vanuit die stad in 2003. Een van my onderwysers het ook daar afgetreë is ook daar begrawe. [[Gebruiker:Martinvl|Martinvl]] ([[Gebruikerbespreking:Martinvl|kontak]]) 18:22, 12 Junie 2017 (UTC) == Sjabloon:Fossiel tydperk-65 en -252 == Hi, Ek het 'n tweede weergave van [[:Sjabloon:Fossiel tydperk]] gemaak, wat net die tydskaal van ná 65 mj toon. Vir talle fossiele wat byvoorbeeld van 55-20 mj gelede gevind word is die tydskaal anders te groot: {{Fossiel tydperk|55|20}} My weergawe gee: {{Fossiel tydperk-65|55|20}} <s>Ongelukkig werk dit nog nie heeltemal nie. Byv. die kleur van die paleoseen word nie getoon nie.</s> Ek het op en.wiki vir die oorspronklike outeur 'n beriggie agtergelaat. Ons sal sien. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 22:08, 12 Junie 2017 (UTC) ::Ek het 'n derde sjabloon gemaak vir die tydperk > 252 mj (Meso+ Caeno) en dit lyk goed te werk. Sien byvoorbeeld [[Ornithischia]] en [[Tyrannosauridae]]. <s>Hoekom die kleur van Paleogeen nie werk nie het ek nie kan uitvind nie...</s> (Ja, ek het, daar was 'n gogga in [[:sjabloon:Volgende periode]]) Maar ek dink ons kan met hierdie drie sjablone: [[:Sjabloon:Fossiel tydperk]], [[:Sjabloon:Fossiel tydperk-65]] en [[:Sjabloon:Fossiel tydperk-252]] klaarkom. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 20:21, 13 Junie 2017 (UTC) ==[[Wikipedia:Verifieerbaarheid]]== Dagsê! Ek het die hele bespreking se argief verskuif na [[Wikipediabespreking:Verifieerbaarheid]] waar dit hoort. Jammer daaroor mense, maar dit word nou 'n kraaines hier! --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 17:32, 15 Junie 2017 (UTC) == Aansture as 'n artikel geskuif word == 'n Vinnige versoek aan almal wat bladsye skuif: ek sien nou en dan dat bladsye geskuif word sonder om 'n [[wikipedia:aanstuur]] agter te laat. Dit is myns insiens amper nooit die regte ding om te doen nie. Aansture kos ons niks, en maak dat meer skakels sal werk. Dit het ook verdere voordele: as mense 'n verkeerde of alternatiewe soekterm op 'n soekenjin (of met Wikipedia se eie soekfunksionaliteit) intik, sal die aansture vanaf verkeerde titels help dat hulle dit kry. Dit is ook nuttig met die grafiese redigeerder en inhoudvertaling. Wikipedia se inligting word ook gebruik deur plekke soos Google om te leer hoe om foute in teks te interpreteer in elke taal, en ons baat dalk almal daarby op 'n plek soos Google Maps of ander produkte. Ek voel enige algemene spelfout, tikfout, hoofletterfout, alternatiewe spelling en sinoniem kan maar 'n aanstuur wees as dit nie in iets anders se plek staan nie. Selfs die Engelse titel is in enkele gevalle vir my gepas as aanstuur, bv. [[London]], wat algemeen gebruik word, of hoogs tegniese terme waar iemand dalk nie die term ken nie, en die aanstuur hulle sal help om die regte artikel op te spoor. Só voorkom ons onnodige rooi skakels én skep 'n hegter geskakelde ensiklopedie. Iemand in die sandput wat 'n rooi skakel sien vir [[Suid Afrika]] word dalk ontmoedig. (Ja, dalk help dit hulle om die spelfout te sien, maar die aanstuur sal ook 'n wenk in daardie rigting gee.) Ek sien pas by [[:gebruiker:FFouche]] dat een van sy/haar jongste bydraes nou 'n rooi skakel op sy/haar gebruikersblad is. Dit skep dalk net die verkeerde indruk dat dit uitgevee is, en is onnodig onsierlik. Ek voel die aanstuur sou 'n aanwins wees. Ek pleit nie vir honderde aansture na elke artikel nie, maar as iets reeds 'n keer gebruik is, is dit tog immers 'n aanduiding dat iemand daardie soekterm/skakel sal gebruik (al is dit nie 100% korrek nie). Ek hoop ek maak sin. Groete, [[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 18:11, 15 Junie 2017 (UTC) <br/> :;Terugvoer :Dagsê almal vanuit 'n yskoue Oos-Kaap! Ek is die skuldige by <u>"sonder om 'n aanstuur te laat"</u>, ek erken dit skaamteloos. My rede hiervoor is dat ek die taal wil suiwer en geheel en al van foutiewe spellings ontslae raak, maar ek begryp Alias se verduideliking hierbo i.v.m. soekenjins, ens. Die probleem is net, laat jy mense (veral ons jong gebruikers) sorgeloos toe om [[Londen]] as [[London]] te spel, dan neem hulle aan dis korrek só, dis dan immers 'n blou skakel op Wikipedia! :Ek sal in die vervolg die bestaande blouskakel behou, wat dan 'n aanstuur word na die korrekte styl. Amen! Geniet die naweek, --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 06:30, 16 Junie 2017 (UTC) == Verwysingsjablone == Hier is 'n vergelyking van die verskillende verwysingsjablone op en.wiki en af.wiki. Dit kan miskien nuttig wees as hulle dieselde werk, en dit lyk asof die sjablone op af.wiki nog effens agter is. 'n Ander probleem by die af.wiki verwysing-sjablone is dat "last1=" en "first1=", anders as by en.wiki, glad nie die outeur se naam vertoon nie. Dit sal goed wees as lg. twee velde verwisselbaar is met "last=" en "first=". [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 20:58, 18 Junie 2017 (UTC) '''en.wiki Boek:''' Mumford, David (1999). The Red Book of V... Lecture Notes ... 1358 (2nd expanded ed.). Berlin: Springer-Verlag. p. 198. ISBN 354063293X. MR 1748380. Zbl 0945.14001. doi:10.1007/b62130.<br/> '''af.wiki Boek:''' {{cite book | last = Mumford | first = David | author-link = David Mumford | title = The Red Book of V... | publisher = ''Springer-Verlag'' | series = Lecture Notes ... | volume = 1358 | edition = 2nd expanded | location = Berlin | date = 1999 | page = 198 | doi = 10.1007/b62130 | isbn = 354063293X | mr = 1748380 | zbl = 0945.14001 }}<ref name =boek>{{cite book | last = Mumford | first = David | author-link = David Mumford | title = The Red Book of V... | publisher = ''Springer-Verlag'' | series = Lecture Notes ... | volume = 1358 | edition = 2nd expanded | location = Berlin | date = 1999 | page = 198 | doi = 10.1007/b62130 | isbn = 354063293X | mr = 1748380 | zbl = 0945.14001 }}</ref><br/> '''en.wiki Joernaal:''' Bailey, David H.; Borwein, Peter; Borwein, Jonathan M. (25 June 1997). "The Quest for Pi". Mathematical Intelligencer. Berlin: Springer-Verlag. 19 (1): 50–57. ISSN 0343-6993. MR 1439159. Zbl 0878.11002. doi:10.1007/BF03024340.<br/> '''af.wiki Joernaal:''' {{cite journal | last1 = Bailey | first1 = David H. | author1-link = David H. Bailey | last2 = Borwein | first2 = Peter | author2-link = Peter Borwein | last3 = Borwein | first3 = Jonathan M. | author3-link = Jonathan Borwein | title = The Quest for Pi | journal = Mathematical Intelligencer | volume = 19 | issue = 1 | pages = 50–57 | publisher = Springer-Verlag | location = Berlin | date = 25 June 1997 | url = http://crd.lbl.gov/~dhbailey/... | issn =0343-6993 | doi = 10.1007/BF03024340 | mr = 1439159 | zbl = 0878.11002 }}<ref name =joernaal>{{cite journal | last1 = Bailey | first1 = David H. | author1-link = David H. Bailey | last2 = Borwein | first2 = Peter | author2-link = Peter Borwein | last3 = Borwein | first3 = Jonathan M. | author3-link = Jonathan Borwein | title = The Quest for Pi | journal = Mathematical Intelligencer | volume = 19 | issue = 1 | pages = 50–57 | publisher = Springer-Verlag | location = Berlin | date = 25 June 1997 | url = http://crd.lbl.gov/~dhbailey/... | issn =0343-6993 | doi = 10.1007/BF03024340 | mr = 1439159 | zbl = 0878.11002 }}</ref> '''en.wiki Web:''' Hansen, James E.; Ruedy, R.; Sato, M.; Lo, K. (December 15, 2005). "GISS Surface Temperature An...". NASA.gov. Goddard Institute for... Retrieved September 28, 2006.<br/> '''af.wiki Web:''' {{cite web | last = Hansen | first = James E. | author-link = James E. Hansen | last2 = Ruedy | first2 = R. | last3 = Sato | first3 = M. | last4 = Lo | first4 = K. | title = GISS Surface Temperature An... | website = NASA.gov | publisher = [[Goddard Institute for...]] | date = December 15, 2005 | url = http://data.giss.nasa.gov/gis... | access-date = September 28, 2006 }}<ref name =web>{{cite web | last = Hansen | first = James E. | author-link = James E. Hansen | last2 = Ruedy | first2 = R. | last3 = Sato | first3 = M. | last4 = Lo | first4 = K. | title = GISS Surface Temperature An... | website = NASA.gov | publisher = [[Goddard Institute for...]] | date = December 15, 2005 | url = http://data.giss.nasa.gov/gis... | access-date = September 28, 2006 }}</ref> '''en.wiki Konferensie:''' Evans, N. R.; Schaefer, G.; Bond, H.; Karovska, M.; Nelan, E.; Sasselov, D. (January 9, 2006). ... 30.htm "Direct detection of the ..." Check |url= value (help). American Astronomical Society 207th ... AAS.<br/> '''af.wiki Konferensie:''' {{cite conference | last1 = Evans | first1 = N. R. | last2 = Schaefer | first2 = G. | last3 = Bond | first3 = H. | last4 = Karovska | first4 = M. | last5 = Nelan | first5 = E. | last6 = Sasselov | first6 = D. | title = Direct detection of the ... | book-title = American Astronomical Society 207th ... | publisher = AAS | date = 9 Januarie 2006 | url = http://www.aas.org/ ... 30.htm }}<ref name =konferensie>{{cite conference | last1 = Evans | first1 = N. R. | last2 = Schaefer | first2 = G. | last3 = Bond | first3 = H. | last4 = Karovska | first4 = M. | last5 = Nelan | first5 = E. | last6 = Sasselov | first6 = D. | title = Direct detection of the ... | book-title = American Astronomical Society 207th ... | publisher = AAS | date = 9 Januarie 2006 | url = http://www.aas.org/ ... 30.htm }}</ref> '''en.wiki Hofuitspraak:''' Roe v. Wade, 410 U.S. 113 (1973).<br/> '''af.wiki Hofuitspraak:''' {{cite court | litigants=Roe v. Wade | vol=410 | reporter=U.S. | opinion=113 | date=1973 | url=http://www.law.corn... }}<ref name =hofuitspraak>{{cite court | litigants=Roe v. Wade | vol=410 | reporter=U.S. | opinion=113 | date=1973 | url=http://www.law.corn... }}</ref> '''en.wiki Poslys:''' Murdock, Ian (26 October 1995). "Debian GNU/Linux 0.9..." Check |url= value (help). debian-announce (Mailing list). Retrieved 20 April 2007.<br/> '''af.wiki Poslys:''' {{cite mailing list | last=Murdock | first=Ian | author-link=Ian Murdock | title=Debian GNU/Linux 0.9... | mailing-list=debian-announce | date=26 October 1995 | url=http://lists.debian.or... | access-date =20 April 2007 }}<ref name =poslys>{{cite mailing list | last=Murdock | first=Ian | author-link=Ian Murdock | title=Debian GNU/Linux 0.9... | mailing-list=debian-announce | date=26 October 1995 | url=http://lists.debian.or... | access-date =20 April 2007 }}</ref> '''en.wiki Kaart:''' Skelly Oil Company; Diversified Map Co (1966). Highway Map of Oklahoma (Map). [1:1,500,000]. St. Louis: Diversified Map Co. § 11C. OCLC 67708775.<br/> '''af.wiki Kaart:''' {{cite map | author1=Skelly Oil Company | author2=Diversified Map Co | year=1966 | title=Highway Map of Oklahoma | scale= [1:1,500,000] | location= St. Louis | publisher=Diversified Map Co | section=11C | oclc= 67708775 }}<ref name =kaart>{{cite map | author1=Skelly Oil Company | author2=Diversified Map Co | year=1966 | title=Highway Map of Oklahoma | scale= [1:1,500,000] | location= St. Louis | publisher=Diversified Map Co | section=11C | oclc= 67708775 }}</ref><br/> '''en.wiki Nuus:''' Andersen, David; Witter, Lameen (17 February 2006). "Former Marine, Go Daddy CEO...". Marine Corps News. Retrieved 6 June 2006.<br/> '''af.wiki Nuus:''' {{cite news | last = Andersen | first = David | last2 = Witter | first2 = Lameen | title = Former Marine, Go Daddy CEO... | work = Marine Corps News | date = 17 February 2006 | url = http://www.military.com/Caree... | access-date = 6 June 2006 }}<ref name =nuus>{{cite news | last = Andersen | first = David | last2 = Witter | first2 = Lameen | title = Former Marine, Go Daddy CEO... | work = Marine Corps News | date = 17 February 2006 | url = http://www.military.com/Caree... | access-date = 6 June 2006 }}</ref> '''en.wiki Video:''' Dick Cavett (2005). The Dick Cavett Show — Rock... (DVD). Shout Factory.<br/> '''af.wiki Video:''' {{cite AV media | people = Dick Cavett | title = The Dick Cavett Show — Rock... | medium = DVD | publisher = Shout Factory | date = 2005 }}<ref name =video>{{cite AV media | people = Dick Cavett | title = The Dick Cavett Show — Rock... | medium = DVD | publisher = Shout Factory | date = 2005 }}</ref> {{verwysings}} == Hoort ''Woordekeus'' by Wikipedia of Wikisource? == Uiteindelik het ek klaar die boek gedigitaliseer wat sinonieme en antonieme behandel. Die boek is geskryf in 1962 en postuum uitgegee (die skrywer is dus langer as 50 jaar oorlede). Geen herdruk van die boek het ooit verskyn nie. Die vraag is dus, waarheen nou? Vir 'n voorsmakie kan jy gaan kyk by my [[Gebruiker:Suidpunt/Sandput#Woordekeus:_Sinonieme_en_antonieme|sandput]]. Die "Einde van bladsy X" sal natuurlik verwyder word, met slegs 'n verwysing by die laaste woord op elke blad. Die verwysing onder sal 'n skakel wees na 'n oplaaisel van die betrokke bladsy.. Ek wil dit spesifiek een blad hou, omdat [Ctrl] + [F] aansienlik vinniger werk in woordesoektogte teenoor bladsy vir bladsy vir bladsy. :'''Pro vir Wikipedia''' # Beter kontrolering sou iemand aan die woorde peuter (niemand kom eintlik by Wikibron/Wikisource nie), maar meer siele kan ook kyk waar die OCR verkeerd was of waar my redigering nalatig was. # Die afgetaste bladsye van die boek in die openbare besit kan regstreeks na die Afrikaanse Wikipedia opgelaai word en as bronne in die verwysings aangegee word. Dit verhoed ook 'n algemene Commons-probleem, selfs al is die boekie in die openbare besit. # Die [[Antoniem]] en [[Sinoniem]]-blaaie kan reguit na ''[[Woordekeus]]'' skakel, na bewering die eerste sinoniem/antoniemwoordeboek in Afrikaans. # Dit kan in die toekoms van waarde wees om twee digitale sinoniem/antoniemlyste met mekaar te vergelyk. Soos ASA (''Afrikaanse Sinoniem en Antonieme'') as Louis Eksteen 50 jaar oorlede is. Die leerlinge of studente of publiek hoef dus nie tussen verskillende Wiki-projekte oor en weer verwys te word nie. # Van die woorde kan makliker na die [[Antoniem]] en [[Sinoniem]]-blaaie verskeep en bygewerk word. Dit wil sê: by ''parasiet'' het ek opgemerk die antoniem, naamlik ''gasheer'', word nêrens gelys nie. Jy verlaat dus nie die Wikipediaprojek nie. # ''[[Woordekeus]]'' kan ook makliker skakels na ander Wikipedia-artikels rig. :'''Kontra vir Wikipedia''' # Wikipedia is nie 'n lys nie. # Die ou en wisselvallige spelling kan verwarrend wees en hoort in die argief. (Hoewel die inleiding duidelik kan uitstippel die onderstaande woorde is verouderd.) # 200K kan baie websnuffelaars en selfone laat les opsê. (Wat presies dieselfde geval gaan wees by Wikisource. Intensiewe vorme is 567 KB volgens die Vivaldi-websnuffelaar.). :'''Ander kommentaar''' # Ek het die Arabiese woord vir "ongelowige" twee maal in die woordelys opgemerk, maar vir eers uitgehaal. Dit is te verstane vir 'n boek wat in 1962 geskryf is. Verwag egter heelwat mense se nekhare gaan regop staan. # Natuurlik gaan ons hier met bladtreksyfers te make kry: Google sien 'n helse klomp uiteenlopende woorde en druk die rangorde by die besoekresultate voortdurend op. Wat is die gemeenskap se voorstelle? [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 13:28, 23 Junie 2017 (UTC) :: M.i. behoort so 'n teks by Wikisource. Afrikaans gaan net groei by Wikisource as ons daadwerklik inhoud daar begin plaas. Wat sensuur betref, dink ek dis teenstrydig met Wikipedia (en neem ek aan, Wikisource) se beleid dat sensuur onaanvaarbaar is. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 16:12, 14 Julie 2017 (UTC) == Ons wiki word ingehaal deur Skots == Naand alle medebydraers! Kan ek mooi vra dat ons bietjie "mielies gooi" die naweek met nuwe artikels? Afrikaanse wiki ([https://meta.wikimedia.org/wiki/List_of_Wikipedias op 45 500]) word vinnig ingehaal op die ranglys deur die Skotse wiki (op 45 474), hulle is tans net 26 artikels agter ons! Gelukkig is ons [[Punjabi|Wes-Punjabi]] ver voor met 1100 artikels. Dankbaar, --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 09:35, 24 Junie 2017 (UTC) :Dankie almal, ons staan op 46 056 en is nou weer '''287''' voor Skots! --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) opd 20:32, 19 Julie 2017 (UTC) == Geen bron == Die [[:sjabloon:Geen bron]] het eintlik net na beelde sonder bronne verwys. Ek het dit verander en 'n parameter bygevoeg. <nowiki>Gebruik gerus {{Geen bron}} indien 'n artikel glad geen bronne vermeld nie en {{Geen bron|beeld}} indien 'n beeld sonder bron is.</nowiki> --[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 22:10, 23 Junie 2017 (UTC) == [[Tortelduif]] en [[Streptopelia]] == Is [[Tortelduif]] nie die Afrikaanse naam vir [[Streptopelia]] nie? Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 16:15, 26 Junie 2017 (UTC) :Voorheen was minstens een spesie in die genus nie 'n tortelduif in die ware sin nie. Nou kan jy dit skuif, alhoewel sommige ook as ringduiwe bekend staan. Aangesien ''S. capicola'' soms net tortelduif genoem word, kan Ringduif of ''Streptopelia'' 'n gepaste bladnaam wees. [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 18:14, 29 Junie 2017 (UTC)[[Lêer:Honda_Aqua_Trax_F-12x_turbo.jpg|thumb|center|600px|Honda Aqua Trax F-12x turbo]] [[Lêer:Jeep-CJ.jpg|duimnael|links|280px]] [[Lêer:'46 Jeep CJ (Auto classique Laval '10).jpg|duimnael|regs|1946 Jeep CJ]] [[Lêer:Green Highlander salmon fly.jpg|duimnael|regs|''Green Highlander'' is 'n kunsvlieg wat goed werk vir salm.]] {{reg}} {{verkeerd}} [[en:User:Aliwal2012/sandbox]] [[nso:Mošomi:Aliwal2012/sandpit]] ----------------------------------- {{clr}} All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=1837082.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|