Difference between revisions 1839024 and 1839091 on afwiki

[[Lêer:Kelkiewyn.png|duimnael|367x367px|Die kelkiewyn (Geissorhiza rochensis) is 'n veldblom wat hoofsaaklik in Suidwes-Kaapland groei. Dit is egter ook 'n goeie potplant en 'n pragtige tuinblom. Die kelkiewyn blom gewoonlik gedurende September. ]]
Die '''kelkiewyn''',{{Taksoboks
 | name               = Kelkiewyn
 | image              = Kelkiewyn.png
 | image_width        = 350px
 | image_caption      = Kelkiewyn is ook 'n goeie potplant en 'n pragtige tuinblom
 | regnum             = [[Plantae]]
 | divisio            = [[Magnoliophyta]]
 | classis            = [[Liliopsida]]
 | ordo               = [[Asparagales]]
 | familia            = [[Iridaceae]]
 | subfamilia         = [[Crocoideae]]
 | tribus             = [[Ixieae]]
 | genus              = ''Geissorhiza''
}}
Die '''kelkiewyn''', (''Geissorhiza radians'' (Thunb.) Goldblatt of ''Geissorhiza eurystigma'' L.Bolus) soms ook genoem kelkieswyn, is die volksnaam vir 2 nouverwante plantspesies wat tot die familie ''Iridaceae'' behoort, naamliken vroeër tot een spesie ''Geissorhiza rochensis'' en ''gereken is. Die naam word ook gebruik vir ''[[Babiana|Babiana rubrocyanea]]''. Dit is 'n knolplant van die genus ''Geissor(r)hiza'', wat sowat 65 spesies insluit. Die kelkiewyn groei inheems in Wes-Kaapland naby Kaapstad en verder ooswaarts tot by [[Humansdorp]], maar die meeste soorte word in of naby die [[Kaapse Skiereiland]] aangetref. 



ʼn Enkele spesie kom ook in [[Madagaskar]] voor.  



Die kelkiewyn is 'n knolplant en groei sowat 20 cm hoog, hoewel sommige spesies selde hoër as 10 cm word. Die blomme is of kelkvormig, of komvormig en die kleur wissel van sagte roomgeel en wit tot 'n helder skakering van pers en boergonje. Die bekendste kelkiewynspesie wat in Suid-Afrika aangetref word, is die ''Geissorhiza rochensis'', wat veral in die omgewing van [[Darling, Wes-Kaap|Darling]] en [[Malmesbury, Wes-Kaap|Malmesbury]] groei. 

(contracted; show full)x27;n ander spesie, die ''Babiana rubrocyanea'', gebruik word, hoewel dit meestal as die blou-en-rooibobbejaantjie bekend staan. Die ''Babiana rubrocyanea'' (familie ''Iridaceae'') word in die omgewing van [[Tulbagh]] aangetref en stem uitwendig ooreen met die spesie Geissorhiza rochensis, behalwe dat die bloeiwyse 'n aar is met talryke ligpers blomme met 'n donkerrooi keel.

== Verwysings ==

* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409559 band