Difference between revisions 1839397 and 1839407 on afwiki

{{Taksoboks
 | name               = Kelkiewyn
 | image              = Kelkiewyn.png
 | image_width        = 350px
 | image_caption      = Kelkiewyn is ook 'n goeie potplant en 'n pragtige tuinblom
 | regnum             = [[Plantae]]
 | divisio            = [[Magnoliophyta]]
 | classis            = [[Liliopsida]]
 | ordo               = [[Asparagales]]
 | familia            = [[Iridaceae]]
 | subfamilia         = [[Crocoideae]]
 | tribus             = [[Ixieae]]
 | genus              = ''Geissorhiza''
}}
Die '''kelkiewyn''', (''Geissorhiza radians'' (Thunb.) Goldblatt of ''Geissorhiza eurystigma'' L.Bolus) soms ook genoem kelkieswyn is die volksnaam vir 2 nouverwante plantspesies wat tot die familie Iridaceae behoort, en vroeër tot een spesie ''Geissorhiza rochensis'' gereken is. Die naam word ook gebruik vir ''[[Babiana|Babiana rubrocyanea]]''. Dit is 'n knolplant van die genus ''Geissor(r)hiza'', wat sowat 65 spesies insluit. Die kelkiewyn groei inheems in Wes-Kaapland naby Kaapstad en verder ooswaarts tot by [[Humansdorp]], maar die meeste soorte word in of naby die [[Kaapse Skiereiland]] aangetref. ʼn Enkele spesie kom ook in [[Madagaskar]] voor.<ref name="tropicos">{{cite web|url=http://www.tropicos.org/Name/16601073|title= Geissorhiza radians in Tropicos}}</ref> ʼn Enkele spesie kom ook in [[Madagaskar]] voor. <ref name ="wêreldspektrum">Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409559 band</ref>

Die kelkiewyn is 'n knolplant ([[geofiet]]) en groei sowat 20 cm hoog, hoewel sommige spesies selde hoër as 10 cm word. Die blomme is of kelkvormig, of komvormig en die kleur wissel van sagte roomgeel en wit tot 'n helder skakering van pers en boergonje. Die bekendste kelkiewynspesie wat in Suid-Afrika aangetref word, is die ''Geissorhiza rochensis'', wat veral in die omgewing van [[Darling, Wes-Kaap|Darling]] en [[Malmesbury, Wes-Kaap|Malmesbury]] groei. 

(contracted; show full)r kry. Die volksnaam kelkiewyn kan ook vir 'n ander spesie, die ''Babiana rubrocyanea'', gebruik word, hoewel dit meestal as die blou-en-rooibobbejaantjie bekend staan. Die ''Babiana rubrocyanea'' (familie ''Iridaceae'') word in die omgewing van [[Tulbagh]] aangetref en stem uitwendig ooreen met die spesie Geissorhiza rochensis, behalwe dat die bloeiwyse 'n aar is met talryke ligpers blomme met 'n donkerrooi keel.

== Verwysings ==


* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409559 band{{Verwysings}}