Difference between revisions 1992673 and 2059848 on afwiki{{NPOV}} Die '''Geloofsbond van Hervormde Gemeentes''', 'n uitvloeisel van die steedsHervormers. Die steedsHervormers is 'n faksie binne die [[Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika]](NHKA) wat vanaf 2011 'n geloofskrisis in laasgenoemde kerk identifiseer. Die steedsHervormers het hulself onderskei van, en verset teen wat hulle gesien het as 'n nuwe stroming in die NHKA wat gekenmerk word deur 'n liberale teologie met ingeslote [[humanisme]], en '(contracted; show full) Ons grens onsself af teen diegene wat van die erediens ‘n vermaaklikheidsgeleentheid maak waartydens die mens in die middelpunt te staan kom. Ons grens ons af teen die bevrydingsteologie wat werk met ‘n integrasiemodel wat alle menslike verskille sonder respek ignoreer.<ref>http://www.geloofsbond.org.za/index.php/so-glo-ons/geskiedenis-van-die-geloofsbond</ref> ==Historiese aanloop == Die optrede van ons asdie steedsHervormers binne die Kerk het ‘n lang aanloop gehad en het alles met teologie en weining met mag of politiek te make. Op teologiese vlak moet die wending in die Kerk op twee vlakke aangedui word. Aan die een kant was daar al hoe meer ‘n vrysinnigheid in die teologie te bespeur, met die boek van AG van Aarde as die duidelikste baken van ‘n teologie wat geloof ondergrawe. Nie net die maagdelike verwekking van Jesus is in die spervuur nie, maar ook die opstanding. Die kanon word as oop hanteer (met ander woorde boeke soos die Thomas-evangelie word byvoorbeeld gesien as ‘n belangrike bron vir teologie-beoefening), en die band tussen Ou Testament en Nuwe Testament word ontken. Op etiese vlak kom die nuwe teologiese rigting aan die orde in die manier waarop die huwelik in gedrang gebring word. Vele voorbeelde sou gestel kon word, maar die duidelikste voorbeeld is die beskerming wat die Hervormde dosente bied aan ‘n homoseksuele student. Op hulle aandrang is die student wat in ‘n openlike intieme verhouding met ‘n man is, steeds student van die Kerk, studeer hy einde 2012 af en sal dan vroeg 2013 beroepbaar wees. Die dosente se etiek is ver verwyderd van dit wat ‘n geslag gelede die oortuiging was. Daarmee saam het die fakulteit as oop ekumeniese instansie geen duidelike Hervormde inslag nie. In die nuwe liturgie sien omens dan ook die tweede stroom van verandering wat die Kerk wil oorspoel. Die mens (humanisme) het in die hele proses dan ook vir God vervang as middelpunt van die Kerk. Die erediens en alles wat met hierdie belangrike ontmoeting met God te make het, is die beste aanduiding van die tweede teologiese rigtingverandering. Kansels word vervang met ‘n verhoog, die Wet en Belydenis word afgemaak en as oudmodies beskryf en ‘n vreemde liturgie stroom gemeentes binne in so ‘n mate dat Hervormers nie tuis voel in h(contracted; show full) · ‘n Teenstem sal nie langer binne die Kerk verdra word nie, ten spyte van mooi praatjies oor “eenheid in diversiteit”.. · ‘n Regsgeding teen die Kommissie van die AKV (die ultra vires aard van 54/69) word gesien as ‘n doodsonde en lidmate wat daarmee besig is, of selfs net die saak ondersteun, is nie welkom in die Kerk nie. == So Glo Ons ==⏎ ⏎ Beswaar == Die beswaarde steedshervormers het 'n Staat van belydenis as beswaarskrif uitgereik. == Staat van belydenis ==⏎ ⏎ SO GLO ONS - ONS KAN NIE ANDERS NIE. ⏎ ⏎ ⏎ ⏎ Ons onwrikbare geloof in God Drie-enig, ons vashou aan die Bybel as ons enigste kanon, ons aanvaarding van die Belydenisskrifte, die Proponentsformule, ⏎ ⏎ dring ons daartoe om te staan by ons geloofsoortuigings. Ons smeekbede is: Help ons, God. ⏎ ⏎ ⏎ ⏎ Indien alle vorme van protes nie suksesvol was nie, is dit nodig om te bely:⏎ ⏎ Ek distansieer myself en sonder myself af teen hierdie vreemde konsep en verstaan⏎ ⏎ dit as ‘n vreemde leer. Hierdie belydenis spreek elke lidmaat individueel aan. Elkeen moet self kies: Waar staan ek? ⏎ ⏎ ⏎ ⏎ Dit is ons oortuiging dat ons nou by hierdie punt in die geskiedenis van die NHKA gekom het. ⏎ ⏎ ⏎ ⏎ In al hierdie sake wat die eer van God, die verlossing van die mens en die beloftes van die ewige lewe aanraak en ten opsigte waarvan ons verplig is om die Here God te ⏎ ⏎ gehoorsaam, kan ons geen toegewing aan die (georganiseerde) meerderheid maak nie. Buitendien moet in sake waar dit gaan om die eer van God, ons verlossing uit die sonde⏎ ⏎ en die ewige lewe, elke gelowige opstaan en homself voor God verantwoord en niemand kan hierin agter 'n ander een wegkruip nie. ⏎ * ⏎ ⏎ Ons bly getrou aan die Bybels-Reformatoriese teologie soos bedryf in die Hervormde Kerk oor geslagte heen. Dit beteken dat ons werk met die Bybel as die Woord van God, ⏎ ⏎ die gesagvolle openbaring van God. Ons gee gehoor aan die wekroep om telkens te hervorm na die eise van die Skrif. Ons staan by die belydenisskrifte en bely met die ⏎ ⏎ geloofsbelydenisse onverkort en sonder interpretasie wat eie inhoude gee. Ons onderteken die belydenisskrifte omdat hulle met die Bybel ooreenstem (quia). * Ons bly getrou aan die liturgie wat getuig van gewyde, respekvolle en stigtelike diens aan God Drie-Enig. ⏎ *⏎ ⏎ Ons verstaan onsself as volkskerk, ons is oortuig dat mense verskillend in die skepping is en dat volkskerkgerigte sending hierdie verskille eerbiedig en die uitdra van die evangelie bevorder. ⏎ ⏎ ⏎ ⏎ Hiermee grens ons onsself af van die: * liberale teologie wat werk met ‘n oop kanon en die Bybel sien as menslike nadenke oor die goddelike. ⏎ *⏎ ⏎ Ons distansieer onsself van diegene wat die belydenisskrifte verstaan as dat hulle net geld in sekere instansies insoverre die belydenisskrifte ⏎ ⏎ ooreenstem met hulle nuwe verstaan van die Bybel (quatenus). * Ons grens onsself af teen diegene wat van die erediens ‘n vermaaklikheidsgeleentheid maak waartydens die mens in die middelpunt te staan kom. ⏎ *⏎ ⏎ Ons grens ons af teen die bevrydingsteologie wat werk met ‘n integrasiemodel wat alle menslike verskille sonder respek ignoreer. ⏎ ⏎ ⏎ ⏎ Slegs die Skrif, slegs Christus en slegs geloof. Die woordjie “slegs” (sola) moet nie gesien word as wederkerig uitsluitend nie; aangesien elkeen van die drie binne ‘n ander konteks ⏎ ⏎ verstaan moet word. ⏎ ⏎ ⏎ ⏎ Sola scriptura – Die bron van ons geloof is die Skrif en net die Skrif. Teenoor die Roomse Kerk wat tradisie as gesagvol verstaan het, het die Reformatore net die Bybel as gesagvol aanvaar. ⏎ ⏎ Vandag stel ons teenoor die vrysinniges steeds sola scriptura, en nie nog Thomas en die teoretiese Q-bron en ander geskrifte nie, maar die hele Skrif as enigste bron van gesag. ⏎ ⏎ Solus Christus – Teenoor die Roomse Kerk se heiliges en moeder Maria het die Reformatore gestel slegs Christus kan red. Vandag stel ons teenoor die vrysinniges se liefde as reddingsdaad steeds dat ⏎ ⏎ net Christus as Seun van God kan red, en maak ons daardie eksklusiwistiese aanspraak. Christus is redder en saligmaker, nie goeie morele voorbeeld, of shamaan, of subversiewe rabbi nie. ⏎ ⏎ Sola fidei – Geen geld of goeie dade kan jou red nie, het die Reformatore teenoor die Roomse Kerk gestel. Net geloof red. Vandag stel ons steeds teenoor die vrysinniges dat net geloof red, nie die⏎ ⏎ liefde nie. Geloof gaan oor gehoorsaamheid, nie oor inklusiwiteit nie. Anders gestel, mens word nie gered op grond van inklusiwiteit nie, almal wat glo, word ingesluit by die wat gered is. ⏎ ⏎ Sola Gratia – Die Reformatore het teenoor die Roomse Kerk gestel dat daar geen verdienste kan wees nie. Die mens is passiewe ontvanger van genade, God het geen hupstoot nodig om die mens te red nie. ⏎ ⏎ Teenoor die vrysinniges getuig ons vandag dat die mens nie inherent goed is en dat God dan net daardie laaste bietjie genade bygee nie. Die humanisme dring daarop aan dat die mens se heil in liefde te⏎ ⏎ vind is. Ons getuig alles is louter genade. ⏎ ⏎ ⏎ ⏎ Dit is hierdie oortuigings wat ons gebring het by ‘n punt waar ons stel dat ons by sekere sake staan, of dan sal moet val, dit kan nie anders nie. Om getrou te wees aan hierdie beginsels, ⏎ ⏎ is nie onderhandelbaar nie. ⏎ Om op te som: * ⏎ Om op te som:⏎ ⏎ Ons voel nie tuis binne die nuwe teologiese rigting wat stelselmatig in die NHKA ingevoer word nie, dit is volgens ons nie Reformatories nie. * Ons staan by die Bybel en verstaan die Bybel as die Woord van God. * Ons staan by die waarhede wat ons as fundamentele waarhede sien, wat insluit die Skrif alleen, genade alleen, geloof alleen en Christus alleen. * Ons gaan / wou onderhandel met die Kommissie van die AKV oor akkommodasie binne die NHKA. * Ons verstaan onsself as die voortsetting van die teologiese tradisie van die NHKA. In teenstelling daarmee staan die nuwe teologiese rigting, en ons voel tuis by nóg die liberale teologie met ⏎ ⏎ sy humanisme, nóg die bevrydingsteologie met sy inklusiwiteit ten koste van eie identiteit. * Ons nooi lidmate uit om by ons aan te sluit, maar plaas geen gewetensbinding op enige persoon nie. Ons wil net kerk wees en die Here dien.<ref>https://www.geloofsbond.org.za/index.php/so-glo-ons/geloofstandpunt</ref>⏎ staat-van-belydenis</ref> <br /> == Verwysings == <references /> == Eksterne skakels == * [http://www.geloofsbond.org.za/ Official website of the Geloofsbond van Hervormde Gemeentes] (Official website) * [https://www.facebook.com/geloofsbond Official Facebook page of the Geloofsbond van Hervormde Gemeentes] [[Kategorie:Nederduitsch Hervormde Kerk|*]] All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=2059848.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|