Difference between revisions 2040700 and 2044229 on afwiki

[[Lêer:Helpjag.jpg|duimnael|Helpjag]]

'''Solidariteit Helpende Hand''' is ʼn gemeenskapsorganisasie wat op die beginsels van die Helpmekaar-beweging geskoei is. Hierdie beweging het in [[1949]] tot stand gekom. Die bogenoemde beweging is bekend vir sy standvastige en volhoubare waardes, en dit vorm dus vandag steeds die grondliggende etiese basis vir Helpende Hand. 

(contracted; show full)

Helpende Hand se ''HelpJag-projek'' vra jagters en die publiek om ʼn karkas van hul jagtogte te skenk. Hierdie inisiatief verseker dat kleuters en kinders en alle ander afhanklikes van die StopHonger-projek daagliks ʼn gesonde en voldoende porsie proteïene ontvang. 

[[Lêer:Tassie projek.jpg|duimnael|289x289px|Met die tassie-projek, word kinders voorsien van die nodige skryfbehoeftes om hul akademiese jaar mee te begin. ]]
Helpende Hand help ook graadeens met skoolbehoeftes deur middel van ons Skooltassie-projek. Bejaardes word ook landswyd ondersteun. Helpende Hand het ook bykans 50 liefdadigheidswinkels genaamd “Ons Winkels”. Al die fondse wat uit hierdie winkels gegenereer word, word vir welsyn en maatskaplike dienste aangewend, en ʼn deel van die fondse word ook gealokeer vir studiegeld aan behoeftige studente. Vir meer inligting oor Helpende Hand, besoek die volgende webwerf: https://helpendehand.co.za/stophonger/

== Bronnelys ==

* https://helpendehand.co.za/