Revision 1056540 of "Wikipedia:Skryfwedstryd/Toy Story" on afwiki{{Inligtingskas rolprent
| naam = Toy Story
| beeld =
| regisseur = John Lasseter
'''Toesighoudende Tegniese Regisseur:'''
William Reeves
| produksieleier = Austin Belge
Ralph Guggenheim
'''Uitvoerende Vervaardiger:'''
Ed Catmull
[[Steve Jobs]]
| draaiboekskrywer = '''Storie:'''
John Lasseter
Pete Docter
Andrew Stanton
Joe Ranft
'''Draaiboek:'''
Joss Whedon
Andrew Stanton
[[Joel Cohen]]
Alec Sokolow
| verteller =
| met = [[Tom Hanks]]
[[Tim Allen]]
Don Rickles
Jim Varney
Wallace Shawn
John Ratzenberger
Annie Potts
John Morris
Laurie Metcalf
Erik von Detten
| musiek = [[Randy Newman]]
| kinematografie =
| redigeerder = Lee Unkrich
Robert Gordon
| ateljee = [[Walt Disney Pictures]]
[[Pixar Animation Studios]]
| verspreider = Walt Disney Pictures
[[Buena Vista Distribution]]
| vrygestel = 22 November 1995 (VSA)<ref name="imbd_vrystellingdatums_vir_toy_story">{{webaanhaling |url= http://www.imdb.com/title/tt0114709/releaseinfo |titel= Release dates for Toy Story (1995) |toegangsdatum= 2009-11-12 |formaat= Webbladsy |werk= IMDB }}</ref>
| speeltyd = 81 minute
| land = [[Verenigde State van Amerika]]
| taal = [[Engels]]
| begroting = VS$30 miljoen
| bruto = '''Noord-Amerika'''
VS$191 796 233
'''Res van die Wêreld'''
$VS170 162 503
'''Wêreldwyd'''
VS$361 958 736
| voorafgegaan_deur =
| opgevolg_deur = ''Toy Story 2''
| webtuiste =
| imdb_id = tt0114709

'''''Toy Story''''' is 'n rekenaargeanimeerde familie-/[[buddy-rolprent]] van 1995 wat deur [[John Lasseter]] geregisseer is en die stemme van [[Tom Hanks]] en [[Tim Allen]], onder andere, gebruik. Die rolprent is deur [[Ralph Guggenheim]] en [[Bonnie Arnold]] kovervaardig en deur die verspreidingsfirma [[Buena Vista Distribution]] versprei. Die draaiboek is deur [[Joss Whedon]], [[Andrew Stanton]], [[Joel Cohen]] en [[Alec Sokolow]] geskryf en musiek van [[Randy Newman]] word gebruik. Dit is die eerste hoofprent wat slegs rekenaargegenereerde beeldmateriaal gebruik. ''Toy Story'' se intrige handel oor 'n klein seun se speelgoed wat aan 't lewe raak wanneer ookal hy nie in hul teenwoordigheid is nie. Die verhaal volg 'n speelgoed-cowboy wat jaloers raak wanneer 'n ruimtevaarder-aksiefiguur die eienaar se gunsteling speelding word.
''Toy Story'' was die verdienstelikste rolprent op sy openingsnaweek.<ref name="numbers">{{cite web|url=http://www.the-numbers.com/movies/1995/0TYST.php|title=Toy Story|work=The Numbers|accessdate=March 11, 2009}}</ref> Dit het $192 miljoen in die [[Verenigde State]] en [[Kanada]] tydens sy aanvanklike teatervrystelling ingevorder<ref name="BOXGuru">{{cite web|url=http://www.boxofficeguru.com/t2.htm|title=Film Database: T|work=Box Office Guru|accessdate=March 11, 2009}}</ref> en het wêreldwyd meer as $356 miljoen verdien.<ref name="numbers"/> Resensies was grotendeels positief en het die tegniese innovering van die animasie en die vernuf en gesofistikeerdheid van die draaiboek geloof.<ref name="metacritic">{{cite web|url=http://www.metacritic.com/video/titles/toystory?q=toy%20story|title=Toy Story Reviews|work=Metacritic|accessdate=March 11, 2009}}</ref><ref name="RotTom">{{cite web|url=http://www.rottentomatoes.com/m/toy_story/|title=Toy Story (1995)|work=Rotten Tomatoes|accessdate=March 11, 2009}}</ref>
''Toy Story''-geïnspireerde materiaal sluit in DVD-vrystellings, temaspeelgoed, videospeletjies en koopware. Die rolprent is deur sy sukses genoop om 'n opvolg voort te bring. ''[[Toy Story 2]]'' is vrygestel en was selfs 'n groter lokettreffer as die oorspronklike rolprent. Op 2 Oktober 2009 is ''Toy Story'' op 'n [[Double Feature]] met ''Toy Story 2'' in [[Disney Digital 3-D]] vrygestel en ''[[Toy Story 3]]'', wat vir vrystelling op 18 Junie 2010 geskeduleer is, is tans in ontwikkeling.<ref name="TSMake3D">{{cite news|first=Marc|last=Graser|title='Toy Story' gets 3-D makeover|url=http://www.variety.com/article/VR1117979561.html?categoryid=1050&cs=1|publisher=''Variety''|date=January 24, 2008|accessdate=March 11, 2009}}</ref>
== Storielyn ==
{{pretbederwer}}
Oudmodiese koeijong- (''cowboy'') speelgoedpop Woody is besig om 'n verkenningsekspedisie na sy eienaar Andy se verjaarsdagpartytjie te reël in die laaste dae voordat Andy se familie na hul nuwe huis verhuis. Tot Woody se ontsteltenis ontvang Andy 'n nuwe aksiefiguur, ruimtereisiger Buzz Lightyear, wie se indrukwekkende kenmerke vinnig veroorsaak dat hy Woody se plek as Andy se gunsteling speelding oorneem. Woody, die voormalige ''de facto'' leier van Andy se speelgoed, is hewig ontsteld en gebelgd oor sy vervangs. In die tussentyd kan Buzz nie verstaan dat hy net 'n speelding is nie — hy glo hy is 'n egte ruimtereisiger en sien Woody as 'n hindernis in sy "missie" om na sy tuisplaneet terug te keer.
Woody probeer later Buzz se plek op 'n familie-uitstappie inneem deur hom in 'n gaping agter Andy se lessenaar vas te vang sodat Andy hom nie kan vind wanneer hy 'n speelding vir die rit wil saamneem nie. Woody se plan loop egter skeef en Buzz word by die venster uitgewerp. Die ander speelgoed beskuldig Woody daarvan dat hy Buzz uit jaloesie probeer vermoor het, maar hulle kan hom nie straf nie omdat Andy die huis met Woody verlaat vir die uitstappie na die ruimtetema Pizza Planet-restourant. Buzz sien hoe Andy met Woody in sy moeder se kar klim en kry dit reg om ook aanboord te kom om wraak op Woody te neem. By die petrolstasie peins Woody hoe hy alleen na Andy se kamer kan terugkeer, terwyl Andy se moeder die motor met brandstof vul. Buzz verskyn plotseling en is suur oor wat Woody aan hom gedoen het. Die twee begin baklei en land per abuis buite die motor, wat wegry en die twee op die petrolstasie gestrand laat.
Woody sien 'n Pizza Planet-afleweringsvoertuig by die stasie en beplan om Andy daar te herontmoet. Hy besef egter dat die ander speelgoed woedend sal wees indien hy sonder Buzz terugkeer, en gevolglik oorreed hy Buzz dat die afleweringswa hulle na 'n ruimteskip sal neem. By Pizza Planet aangekom, klim Buzz by 'n klou-speletjiesmasjien, wat soos 'n ruimteskip lyk, in omdat hy glo dat dit die deur Woody beloofde ruimtetuig is. Woody klim ook in die kloumasjien sodat hy Buzz kan red, maar dan word Buzz en Woody deur Andy se buurseun, die speelgoedvernietegende Sid Phillips, opgeraap.
Die twee probeer uit Sid se huis ontsnap voordat Andy se familie se verhuisingsdag aanbreek. Hulle ontdek gruwelike, mutante speelgoed wat Sid se kamer bewoon, asook Sid se bose hond, Scud. Buzz sien 'n televisieadvertensie vir Buzz Lightyear-speelgoed nes homself. Terneergeslae en ontkennend dat hy 'n speelding is, probeer Buzz vir een laaste keer om by die venster uit te vlieg, maar val en breek sy vlerk af. Woody slaag nie daarin om die depressiewe Buzz aan sy ontsnappingsplan te laat deelneem nie, ten spyte daarvan dat die mutante speelgoed hul ware kleure gewys het deur Buzz se vlerk reg te maak. Sid maak voorbereidings om Buzz te vernietig deur 'n vuurwerk-vuurpyl aan hom te heg, maar die lansering word uitgestel vanweë 'n reënstorm. Woody oorreed Buzz dat die lewe die leef werd is al is hy nie 'n ruimtevaarder nie, alhoewel hy self in wanhoop verval het omdat hy geen kans staan om Andy se gunsteling te wees nie. Buzz herwin sy lewenslus, maar Sid word wakkeer voordat hulle kan ontsnap en neem Buzz, wat steeds aan die vuurpyl geheg is, na sy agtererfse lanseerarea. Woody werk met Sid se mutante speelgoed saam deur Sid in vrees vir sy eie speelgoed weg te laat hardloop en sodoende Buzz te red. Die twee is egter te laat vir Andy se familie wat wegry op pad na die nuwe huis.
Terwyl hulle op die bewegende verhuisingstrok klim, trek hulle die aandag van Scud. Buzz offer homself op om Woody te red deur die hond aan te val. Woody probeer om Buzz weer te red met behulp van Andy se afstandbeheerde motorkar. Die ander speelgoed in die bewegende trok glo egter verkeerdelik dat Woody poog om van nog 'n speelding ontslae te raak, en gooi hom gevolglik op die teerpad met Buzz. Die speelgoed sien hoe Woody en Buzz op die afstandbeheerde kar ry en besef hul verkeerde oordeel. Hulle probeer om die drie speelgoed op die trok te kry, maar die speelgoedkar se batterye raak uitgeput en die drie word agtergelaat terwyl die trok voortbeweeg. Woody besef dan dat hy die vuurpyl op Buzz se rug kan aansteek, en gooi die karretjie in die bewegende trok terwyl hy en Buzz die hemel inskiet. Buzz verlos homself van die vuurpyl net voordat dit ontplof en hy en Woody sweef in die lug totdat hulle veilig langs Andy in die familiekar land.
Op Oukersaand by die nuwe huis voer 'n herversoende Buzz en Woody weer 'n verkenningsekspedisie uit om vir die nuwe speelgoedarriverings voor te berei. Terwyl Woody wonder welke geskenk ooit erger as Buzz kon wees, word 'n blaf vanuit die onderste verdieping gehoor. Andy het 'n jong hondjie ontvang — iets wat Woody en Buzz ongemaklik laat.
== Rolverdeling ==
* '''[[Tom Hanks]]''' as '''Sheriff Woody''', 'n oudmodiese koeijong (''cowbow'') -opwenpop en Andy se gunsteling speelding. Andy se ander speelgoed sien hom as 'n leier. Hy is een van die twee protagoniste in die rolprent.
* '''[[Tim Allen]]''' as '''Buzz Lightyear''', 'n nuwe en gewilde wetenskapfiksie aksiefiguur wat vir Woody se posisie as Andy se gunsteling speelding en as die gewildste speelding onder die ander speelgoed in Andy se kamer meeding. Hy is die rolprent se tweede protagonis.
* '''John Morris''' as '''Andy Davis''', die agtjarige eienaar van Woody en Buzz.
* '''Erik von Detten''' as '''Sid Phillips''', Andy se waansinnige en sosiopatiese buurseun wat speelgoed vir die pret folter. Hy dien as die antagonis in die film.
* '''Don Rickles''' as '''Mr. Potato Head''', 'n siniese speelding, gebaseer op Playskool se gewilde Mr. Potato Head-speelding. Hy is geneig om in ongelukke betrokke te wat sy verwyderbare onderdele betrek.
* '''Jim Varney''' as '''Slinky Dog''', een van Woody se naaste vriende.
* '''Wallace Shawn''' as '''Rex''', 'n hulpelose en onseker [[tirannosourus]].
* '''John Ratzenberger''' as '''Hamm''', 'n wysneus spaarvarkie wat sy neus in al die ander speelgoed se sake druk.
* '''Annie Potts''' as '''Bo Peep''', 'n porselein skaapwagterin wat verstandige insette in die speelgoed se argumente lewer.
* '''R. Lee Ermey''' as '''Sarge''', the hoof van Andy se weermagspeelgoed en 'n voorbeeld van militêre dissipline en presiesheid.
* '''Laurie Metcalf''' as '''Mrs. Davis''', Andy se moeder.
* '''Sarah Freeman''' as '''Hannah Phillips''', Sid se jonger suster.
* '''Mary Freeman''' as '''Mrs. Phillips''', Sid se moeder.
Van die kameevertolkers sluit in Penn Jillette (as 'n TV-aankondiger), Sam Lasseter, Joe Ranft (as Lenny, die speelgoed-verkyker), en Andrew Stanton.
== Bronne en verwysings ==
=== Spesifieke verwysings ===
{{Verwysings}}
== Eksterne skakels ==
* [http://www.pixar.com/featurefilms/ts/ Amptelike webwerf op Pixar.com] {{en}}
* [http://disney.go.com/toystory/ Amptelike webwerf op Disney.go.com] {{en}}
* [http://www.imdb.com/title/tt0114709/ Internetrolprentdatabasis-profiel] {{en}}
* [http://www.rottentomatoes.com/m/toy_story/ Rotten Tomatoes-profiel] {{en}}
[[Kategorie:Amerikaanse rolprente]]
[[Kategorie:Buddy-rolprente]]All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?oldid=1056540.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.