Revision 1131280 of "Frederik, Kroonprins van Denemarke" on afwiki[[Lêer:Royal Wedding Stockholm 2010 Crown Prince Frederik.jpg|thumb|regs|300px|Foto van Frederik, die Kroonprins van Denemarke.]] [[Lêer:Royal guest Wedding Victoria.jpg|thumb|Frederik (links)]] '''Frederik, die Kroonprins van Denemarke''', Graaf van Monzepat ([[Deens]]: Frederik André Henrik Christian, Kronprins til Danmark, Greve af Monzepat, gebore [[26 Mei]] [[1968]]) is die troonopvolger van [[Denemarke]]. Frederik is die oudste seun van Koningin Margrethe II en Henrik, die Prinsgemaal. ==Doop en Naamgewing== Sy peetouers sluit Prins Georg van Denemarke, Baron Maximilien de Wattevill-Berckheim, Graaf Etienne de Laborde de Monzepat, Koningin Anne-Marie van Griekeland, die Groothertogin Joséphine-Charlotte van Luxemburg en Mevrou Birgitta Juel Hillingsø in. *Frederik is vernoem na sy oupa van moederskant, Frederik IX, wat dus die koninklike tradisie navolg waar die troonopvolger hetsy Frederik of Christian genoem word. *André is vernoem na sy oupa van vaderskant, André de Laborde de Monzepat. *Henrik is vernoem na sy pa, Prins Henrik. *Christian is 'n algemene koninklike Deense naam, omrede die meeste Konings van Denemarke of Christian of Frederik is. ==Opvoeding en loopbaan== Op 14 Januarie 1972 het hy die nuwe Kroonprins van Denemarke geword geword toe sy ma, Margrethe II, die troon bestyg het. Die Kroonprins het die grondslagfaseskool by ''Krebs' Skole'' gedurende 1974 - 1981 bygewoon, vanaf 1974-1976 as 'n privaatleerling by die Amalienborgpaleis. ==Tale== Die Kroonprins se moedertaal is Deens. Daarby praat Kroonprins Frederik ook vlot [[Frans]], [[Engels]] en [[Duits]]. [[Kategorie:Dene]] [[ro:Frederic al Danemarcei]] All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?oldid=1131280.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|