Revision 1143187 of "Frederik, Kroonprins van Denemarke" on afwiki

[[Lêer:Royal Wedding Stockholm 2010 Crown Prince Frederik.jpg|thumb|regs|300px|Foto van Frederik, die Kroonprins van Denemarke.]]
[[Lêer:Royal guest Wedding Victoria.jpg|thumb|Frederik (links)]]

'''Frederik, die Kroonprins van Denemarke''', Graaf van Monzepat ([[Deens]]: Frederik André Henrik Christian, Kronprins til Danmark, Greve af Monzepat, gebore [[26 Mei]] [[1968]]) is die troonopvolger van [[Denemarke]]. Frederik is die oudste seun van Koningin Margrethe II en Henrik, die Prinsgemaal.

==Doop en Naamgewing==
Sy peetouers sluit Prins Georg van Denemarke, Baron Maximilien de Wattevill-Berckheim, Graaf Etienne de Laborde de Monzepat, Koningin Anne-Marie van Griekeland, die Groothertogin Joséphine-Charlotte van Luxemburg en Mevrou Birgitta Juel Hillingsø in. 

*Frederik is vernoem na sy oupa van moederskant, Frederik IX, wat dus die koninklike tradisie navolg waar die troonopvolger hetsy Frederik of Christian genoem word.
*André is vernoem na sy oupa van vaderskant, André de Laborde de Monzepat.
*Henrik is vernoem na sy pa, Prins Henrik.
*Christian is 'n algemene koninklike Deense naam, omrede die meeste Konings van Denemarke of Christian of Frederik is.

==Opvoeding en loopbaan==
Op 14 Januarie 1972 het hy die nuwe Kroonprins van Denemarke geword geword toe sy ma, Margrethe II, die troon bestyg het. 

Die Kroonprins het die grondslagfaseskool by ''Krebs' Skole'' gedurende 1974 - 1981 bygewoon, vanaf 1974-1976 as 'n privaatleerling by die Amalienborgpaleis. 

==Tale==
Die Kroonprins se moedertaal is Deens. Daarby praat Kroonprins Frederik ook vlot [[Frans]], [[Engels]] en [[Duits]].

[[Kategorie:Dene]]