Revision 1327295 of "Eon Malan" on afwiki{{Inligtingskas Musikale kunstenaar
|Naam = Eon Malan
|Foto =
|Foto-onderskrif =
|Agtergrondkleur =
|Geboortenaam =
|Alias =
|Oorsprong =
|Geboortedatum = [[1981]]
|Geboorteplek = [[Johannesburg]], [[Suid-Afrika]]
|Sterftedatum =
|Sterfteplek =
|Beroep = Orrelis
|Genre =
|Tipe stem =
|Instrumente =
|Aktiewe jare =
|Uitgewer =
|Invloede =
|Webwerf =
|Last.fm =
|Lirieke =
|Huidige_lede =
|Gewese_lede =
|Assosiasies =
|Logo =
}}
'''Eon Malan''' (gebore [[1981]] in [[Johannesburg]]) is 'n [[Suid-Afrika]]anse [[orrel]]is.
Malan begin in 2002 by Allen-orrels Suid-Afrika werk en help met die installering van 25 orrels oor die land, insluitend die een in die [[Voortrekkermonument]]. Tydens die inwyding van die Voortrekkermonument se orrel, tree hy saam met Willem Luitingh en Marita van der Merwe op.<ref>[http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2004/10/14/KA/03/05.html Monument kry 'n Allen], [[Beeld]], 14 Oktober 2004.</ref><ref>[http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2004/10/13/S2/10/01.html Monument se nuwe orrel ingewy], [[Beeld]], 13 Oktober 2004.</ref>
Malan het orrelspel aan die Konservatorium vir Kerkmusiek in [[Pretoria]] studeer. In Oktober 2006 is hy aangestel as verteenwoordiger van die noordelike Suid-Afrikaanse streek in die komitee van die Royal School of Church Music (RSCM).<ref>[http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2009/06/24/TN/7/2406psewebrok.html Orrelmusiek in monument], [[Beeld]], 24 Junie 2009.</ref>
Eon tree op as invoerder van instrumente en bladmusiek vir verskeie musiekwinkels in Pretoria en is die eksklusiewe verspreider van die Johannus- en Rodgers- digitale orrels in Suid-Afrika.
== Biografie ==
Eon Malan begin met sy musiekloopbaan op ouderdom van 6 jaar. Hy ontvang klavieronderig by Isebaue Swanepoel en Reinette Bouwer. Hy studeer orrel by Johan Coetzer van die SAUK en later Gerrit Jordaan. Na sy skoolloopbaan studeer hy fotografie aan die Technikon Pretoria en vryskut as fotograaf vir verskeie glanstydskrifte.
In 2003 het Eon Pro Studio Musiek op die been gebring wat tans die grootste verskaffer van orrelbladmusiek in Suid-Afrika is en bedien meer as 19 denominasies. Hy was orrelis by verskeie kerke vanaf hoërskooldae nl. NG Kerk Wilgespruit, NG Kerk Wonderpark en NG Kerk Moedergemeente in Lyttelton. Tans is hy musiek direkteur by Midstream Familiekerk (NH Midstream).
In 2004 ontvang hy Ere-kuratorskap by die Voortrekkermonument met sy betrokkenheid van die installering van die nuwe orrel en tree op as die huidige Konsertreeks ko-ordineerder en kurator. Vanaf 2004 gee Eon jaarlikse orrelkonserte in die buiteland saam met ander Britse kerkmusici.
2005 sit Eon sy studies voort by die Konservatorium vir Musiek onder Margaret van der Veght en voltooi onder andere sy Diploma in Himnologie by Dr Elsabé Kloppers. Gedurende hierdie jaar word hy verkies as kommitee-lid van die Royal School of Church Music in Suid-Afrika.
Vanaf Januarie 2008 tot Oktober 2009 was hy die bemarkingsbestuurder vir die Hilton hotelgroep in Sandton.
== Sien ook ==
* [[Lys van Suid-Afrikaanse musikante]]
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
== Eksterne skakels ==
* {{en}} [http://www.johannusorgans.co.za/about_us.html Biografie op Johannus-orrels se webtuiste]
{{Saadjie}}
{{DEFAULTSORT:Malan, Eon}}
[[Kategorie:Suid-Afrikaanse musici]]All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?oldid=1327295.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|