Revision 1509945 of "Vinger-en-duim" on afwiki{{Taksoboks
| name = Vinger-en-duim
| image = Dactylopsis_digitata_-_prev_Phyllobolus_digitatus_-_finger_and_thumb_plant_5.jpg
| image_width = 240px
| regnum = [[Plantae]]
| divisio = [[Magnoliophyta]]
| classis = [[Magnoliopsida]]
| ordo = [[Caryophyllales]]
| familia = [[Aizoaceae]]
| genus = '''''[[Dactylopsis]]'''''
| species = ''D. digitata''
| binomial = ''Dactylopsis digitata''
| binomial_authority = (Aiton) N.E.Br.
| synonyms=
}}
Die '''vinger-en-duim''' (''Dactylopsis digitata'' (Aiton) N.E.Br.) is 'n vetplantjie uit die [[vygies|vygiefamilie]] wat [[endemies (ekologie)|endemies]] is aan Suid-Afrika. Dit kom voor in die [[Wes-Kaap]]. Op die [[SANBI-rooilys]] is dit as ''veilig'' (LC) gelys en dié lys vermeld twee subspesies:
* ''Dactylopsis digitata'' (Aiton) N.E.Br. subsp. ''digitata'' <ref>{{webaanhaling|url=http://redlist.sanbi.org/species.php?species=131-1|titel=SANBI-rooilys}}</ref>
* ''Dactylopsis digitata'' (Aiton) N.E.Br. subsp. ''littlewoodii'' (L.Bolus) Klak
''D.d. digitatus'' is groter (10 tot 20 cm hoog) en kom by [[Vanrhynsdorp]] en [[Vredendal]] voor. ''D.d. littlewoodii'' is kleiner (<10 cm) en kom noord van Vanrhynsdorp voor. Dit word ook nie groter wanneer daar goeie reëns gewees het nie.
Die plante het twee silindervormige, ongelyke blare wat lyk as 'n vinger en 'n duim. Die blare is met [[blaassel]]le bedek wat ongeveer 1 mm hoog en diggepak is. Die wortel is 'n bietjie verdik. Die blomme word 10 - 20 mm in deursnee en die blomblaartjies is wit tot room. Die blommetjies bly dag en nag oop. Die vygie kom op skalie voor wat met kwartsklippies bedek is. <ref>''Illustrated Handbook of Succulent Plants: Aizoaceae F-Z'', {{Outeur|Heidrun E.K. Hartmann}}, Springer Science & Business Media, 2002, ISBN 3540417230, ISBN 9783540417231, bls. 208-209</ref>
==Verwysings==
{{Verwysings}}
[[Kategorie:Vygies]]
[[Kategorie:Endemiese plant van Suid-Afrika]]All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?oldid=1509945.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|