Revision 1648049 of "Violet Ferguson-Louw" on afwiki

{{Geen bronnelys}}

'''Violet Ferguson-Louw''' is 'n Suid-Afrikaanse skilder wat omvattend in [[Suid-Afrika]] en [[Suidwes-Afrika]] (hedendaagse [[Namibië]]) gereis het. Sy is mees bekend vir haar stillewe- en landskap-skilderye. Sy was 'n veelsydige kunstenaar wat houtskool, olie, waterverf en borduurwerk gebruik het om diverse natuurtonele op doek vas te lê.

==Persoonlike Lewe==
Violet Volga Louw is 1892 gebore en het op die Louw familieplaas Nuwejaarskraal naby [[Prieska]] groot geword. Sy het kuns aan die Hugenot Seminarie in [[Wellington]] gestudeer, waar sy in 1909 as student ingeskryf het. Die familie het later na die plaas Ankerpaal naby Prieska verhuis. Na haar troue aan 'n Skot, Reginald Ferguson, het sy begin om onder die naam Violet Ferguson-Louw te skilder. Sy het 'n seun en twee dogters gehad. Alhoewel sy later geskei is, het sy haar man se naam behou. Sy het haar laaste dae gespandeer in 'n tehuis in [[Britstown]], waar sy in 1973 oorlede is. Sy is op Nuwejaarskraal begrawe. Die inskripsie op haar grafsteen lees: "''Nature I loved, next to nature art.''"

{{DEFAULTSORT:Ferguson-Louw, Violet}}
[[Kategorie:Suid-Afrikaanse skilders]]