Revision 1814613 of "Gebruiker:Aliwal2012/Sandput" on afwiki

[[Lêer:Honda_Aqua_Trax_F-12x_turbo.jpg|thumb|center|600px|Honda Aqua Trax F-12x turbo]]
[[Lêer:Jeep-CJ.jpg|duimnael|links|280px]]
[[Lêer:'46 Jeep CJ (Auto classique Laval '10).jpg|duimnael|regs|1946 Jeep CJ]]
[[Lêer:Green Highlander salmon fly.jpg|duimnael|regs|''Green Highlander'' is 'n kunsvlieg wat goed werk vir salm.]]
{{reg}}
{{verkeerd}}
[[en:User:Aliwal2012/sandbox]]
[[nso:Mošomi:Aliwal2012/sandpit]]

{{clr}}

== Verwysingsjablone ==

Hier is 'n vergelyking van die verskillende verwysingsjablone op en.wiki en af.wiki. Dit kan miskien nuttig wees as hulle dieselde werk, en dit lyk asof die sjablone op af.wiki nog effens agter is. 'n Ander probleem by die af.wiki verwysing-sjablone is dat "last1=" en "first1=", anders as by en.wiki, glad nie die outeur se naam vertoon nie. Dit sal goed wees as lg. twee velde verwisselbaar is met "last=" en "first=". [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 20:58, 18 Junie 2017 (UTC)

'''en.wiki Boek:''' Mumford, David (1999). The Red Book of V... Lecture Notes ... 1358 (2nd expanded ed.). Berlin: Springer-Verlag. p. 198. ISBN 354063293X. MR 1748380. Zbl 0945.14001. doi:10.1007/b62130.

'''af.wiki Boek:''' {{cite book | last = Mumford | first = David | author-link = David Mumford | title = The Red Book of V...
| publisher = ''Springer-Verlag''  | series = Lecture Notes ... | volume = 1358 | edition = 2nd expanded | location = Berlin
| date = 1999 | page = 198 | doi = 10.1007/b62130 | isbn = 354063293X | mr = 1748380 | zbl = 0945.14001 }}<ref name =boek>{{cite book | last = Mumford | first = David | author-link = David Mumford | title = The Red Book of V...
| publisher = ''Springer-Verlag''  | series = Lecture Notes ... | volume = 1358 | edition = 2nd expanded | location = Berlin
| date = 1999 | page = 198 | doi = 10.1007/b62130 | isbn = 354063293X | mr = 1748380 | zbl = 0945.14001 }}</ref>

'''en.wiki Joernaal:''' Bailey, David H.; Borwein, Peter; Borwein, Jonathan M. (25 June 1997). "The Quest for Pi". Mathematical Intelligencer. Berlin: Springer-Verlag. 19 (1): 50–57. ISSN 0343-6993. MR 1439159. Zbl 0878.11002. doi:10.1007/BF03024340.

'''af.wiki Joernaal:''' {{cite journal | last1 = Bailey | first1 = David H. | author1-link = David H. Bailey
| last2 = Borwein | first2 = Peter | author2-link = Peter Borwein | last3 = Borwein | first3 = Jonathan M.
| author3-link = Jonathan Borwein | title = The Quest for Pi | journal = Mathematical Intelligencer | volume = 19
| issue = 1 | pages = 50–57 | publisher = Springer-Verlag | location = Berlin | date = 25 June 1997 | url = http://crd.lbl.gov/~dhbailey/... | issn =0343-6993 | doi = 10.1007/BF03024340 | mr = 1439159 | zbl = 0878.11002 }}<ref name =joernaal>{{cite journal | last1 = Bailey | first1 = David H. | author1-link = David H. Bailey
| last2 = Borwein | first2 = Peter | author2-link = Peter Borwein | last3 = Borwein | first3 = Jonathan M.
| author3-link = Jonathan Borwein | title = The Quest for Pi | journal = Mathematical Intelligencer | volume = 19
| issue = 1 | pages = 50–57 | publisher = Springer-Verlag | location = Berlin | date = 25 June 1997 | url = http://crd.lbl.gov/~dhbailey/... | issn =0343-6993 | doi = 10.1007/BF03024340 | mr = 1439159 | zbl = 0878.11002 }}</ref>

'''en.wiki Web:''' Hansen, James E.; Ruedy, R.; Sato, M.; Lo, K. (December 15, 2005). "GISS Surface Temperature An...". NASA.gov. Goddard Institute for... Retrieved September 28, 2006.

'''af.wiki Web:''' {{cite web | last = Hansen | first = James E. | author-link = James E. Hansen | last2 = Ruedy | first2 = R.
| last3 = Sato | first3 = M. | last4 = Lo | first4 = K. | title = GISS Surface Temperature An... | website = NASA.gov
| publisher = [[Goddard Institute for...]] | date = December 15, 2005 | url = http://data.giss.nasa.gov/gis... | access-date = September 28, 2006 }}<ref name =web>{{cite web | last = Hansen | first = James E. | author-link = James E. Hansen | last2 = Ruedy | first2 = R.
| last3 = Sato | first3 = M. | last4 = Lo | first4 = K. | title = GISS Surface Temperature An... | website = NASA.gov
| publisher = [[Goddard Institute for...]] | date = December 15, 2005 | url = http://data.giss.nasa.gov/gis... | access-date = September 28, 2006 }}</ref>

'''en.wiki Konferensie:''' Evans, N. R.; Schaefer, G.; Bond, H.; Karovska, M.; Nelan, E.; Sasselov, D. (January 9, 2006). ... 30.htm "Direct detection of the ..." Check |url= value (help). American Astronomical Society 207th ... AAS.

'''af.wiki Konferensie:''' {{cite conference | last1 = Evans | first1 = N. R. | last2 = Schaefer | first2 = G. | last3 = Bond | first3 = H. | last4 = Karovska | first4 = M. | last5 = Nelan | first5 = E. | last6 = Sasselov | first6 = D. | title = Direct detection of the ... | book-title = American Astronomical Society 207th ... | publisher = AAS | date = 9 Januarie 2006
| url = http://www.aas.org/ ... 30.htm }}<ref name =konferensie>{{cite conference | last1 = Evans | first1 = N. R. | last2 = Schaefer | first2 = G. | last3 = Bond | first3 = H. | last4 = Karovska | first4 = M. | last5 = Nelan | first5 = E. | last6 = Sasselov | first6 = D. | title = Direct detection of the ... | book-title = American Astronomical Society 207th ... | publisher = AAS | date = 9 Januarie 2006
| url = http://www.aas.org/ ... 30.htm }}</ref>

'''en.wiki Hofuitspraak:''' Roe v. Wade, 410 U.S. 113 (1973).

'''af.wiki Hofuitspraak:''' {{cite court | litigants=Roe v. Wade | vol=410 | reporter=U.S. | opinion=113 | date=1973
| url=http://www.law.corn... }}<ref name =hofuitspraak>{{cite court | litigants=Roe v. Wade | vol=410 | reporter=U.S. | opinion=113 | date=1973 | url=http://www.law.corn... }}</ref>

'''en.wiki Poslys:''' Murdock, Ian (26 October 1995). "Debian GNU/Linux 0.9..." Check |url= value (help). debian-announce (Mailing list). Retrieved 20 April 2007.

'''af.wiki Poslys:''' {{cite mailing list | last=Murdock | first=Ian | author-link=Ian Murdock | title=Debian GNU/Linux 0.9...
| mailing-list=debian-announce | date=26 October 1995 | url=http://lists.debian.or... | access-date =20 April 2007 }}<ref name =poslys>{{cite mailing list | last=Murdock | first=Ian | author-link=Ian Murdock | title=Debian GNU/Linux 0.9...
| mailing-list=debian-announce | date=26 October 1995 | url=http://lists.debian.or... | access-date =20 April 2007 }}</ref>

'''en.wiki Kaart:''' Skelly Oil Company; Diversified Map Co (1966). Highway Map of Oklahoma (Map). [1:1,500,000]. St. Louis: Diversified Map Co. § 11C. OCLC 67708775.

'''af.wiki Kaart:''' {{cite map | author1=Skelly Oil Company | author2=Diversified Map Co | year=1966 | title=Highway Map of Oklahoma | scale= [1:1,500,000] | location= St. Louis | publisher=Diversified Map Co | section=11C | oclc= 67708775 }}<ref name =kaart>{{cite map | author1=Skelly Oil Company | author2=Diversified Map Co | year=1966 | title=Highway Map of Oklahoma | scale= [1:1,500,000] | location= St. Louis | publisher=Diversified Map Co | section=11C | oclc= 67708775 }}</ref>

'''en.wiki Nuus:''' Andersen, David; Witter, Lameen (17 February 2006). "Former Marine, Go Daddy CEO...". Marine Corps News. Retrieved 6 June 2006.

'''af.wiki Nuus:''' {{cite news | last = Andersen | first = David | last2 = Witter | first2 = Lameen | title = Former Marine, Go Daddy CEO... | work = Marine Corps News | date = 17 February 2006 | url = http://www.military.com/Caree... | access-date = 6 June 2006 }}<ref name =nuus>{{cite news | last = Andersen | first = David | last2 = Witter | first2 = Lameen | title = Former Marine, Go Daddy CEO... | work = Marine Corps News | date = 17 February 2006 | url = http://www.military.com/Caree... | access-date = 6 June 2006 }}</ref>

'''en.wiki Video:''' Dick Cavett (2005). The Dick Cavett Show — Rock... (DVD). Shout Factory.

'''af.wiki Video:''' {{cite AV media | people = Dick Cavett | title = The Dick Cavett Show — Rock... | medium = DVD
| publisher = Shout Factory | date = 2005 }}<ref name =video>{{cite AV media | people = Dick Cavett | title = The Dick Cavett Show — Rock... | medium = DVD
| publisher = Shout Factory | date = 2005 }}</ref>

{{verwysings}}

== Hoort ''Woordekeus'' by Wikipedia of Wikisource? ==

Uiteindelik het ek klaar die boek gedigitaliseer wat sinonieme en antonieme behandel. Die boek is geskryf in 1962 en postuum uitgegee (die skrywer is dus langer as 50 jaar oorlede). Geen herdruk van die boek het ooit verskyn nie.

Die vraag is dus, waarheen nou? Vir 'n voorsmakie kan jy gaan kyk by my [[Gebruiker:Suidpunt/Sandput#Woordekeus:_Sinonieme_en_antonieme|sandput]].

Die "Einde van bladsy X" sal natuurlik verwyder word, met slegs 'n verwysing by die laaste woord op elke blad. Die verwysing onder sal 'n skakel wees na 'n oplaaisel van die betrokke bladsy..

Ek wil dit spesifiek een blad hou, omdat [Ctrl] + [F] aansienlik vinniger werk in woordesoektogte teenoor bladsy vir bladsy vir bladsy.

:'''Pro vir Wikipedia'''

# Beter kontrolering sou iemand aan die woorde peuter (niemand kom eintlik by Wikibron/Wikisource nie), maar meer siele kan ook kyk waar die OCR verkeerd was of waar my redigering nalatig was.
# Die afgetaste bladsye van die boek in die openbare besit kan regstreeks na die Afrikaanse Wikipedia opgelaai word en as bronne in die verwysings aangegee word. Dit verhoed ook 'n algemene Commons-probleem, selfs al is die boekie in die openbare besit.
# Die [[Antoniem]] en [[Sinoniem]]-blaaie kan reguit na ''[[Woordekeus]]'' skakel, na bewering die eerste sinoniem/antoniemwoordeboek in Afrikaans.
# Dit kan in die toekoms van waarde wees om twee digitale sinoniem/antoniemlyste met mekaar te vergelyk. Soos ASA (''Afrikaanse Sinoniem en Antonieme'') as Louis Eksteen 50 jaar oorlede is. Die leerlinge of studente of publiek hoef dus nie tussen verskillende Wiki-projekte oor en weer verwys te word nie.
# Van die woorde kan makliker na die [[Antoniem]] en [[Sinoniem]]-blaaie verskeep en bygewerk word. Dit wil sê: by ''parasiet'' het ek opgemerk die antoniem, naamlik ''gasheer'', word nêrens gelys nie. Jy verlaat dus nie die Wikipediaprojek nie.
# ''[[Woordekeus]]'' kan ook makliker skakels na ander Wikipedia-artikels rig.

:'''Kontra vir Wikipedia'''

# Wikipedia is nie 'n lys nie.
# Die ou en wisselvallige spelling kan verwarrend wees en hoort in die argief. (Hoewel die inleiding duidelik kan uitstippel die onderstaande woorde is verouderd.)
# 200K kan baie websnuffelaars en selfone laat les opsê. (Wat presies dieselfde geval gaan wees by Wikisource. Intensiewe vorme is 567 KB volgens die Vivaldi-websnuffelaar.).

:'''Ander kommentaar'''

# Ek het die Arabiese woord vir "ongelowige" twee maal in die woordelys opgemerk, maar vir eers uitgehaal. Dit is te verstane vir 'n boek wat in 1962 geskryf is. Verwag egter heelwat mense se nekhare gaan regop staan.
# Natuurlik gaan ons hier met bladtreksyfers te make kry: Google sien 'n helse klomp uiteenlopende woorde en druk die rangorde by die besoekresultate voortdurend op.

Wat is die gemeenskap se voorstelle? [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 13:28, 23 Junie 2017 (UTC)

:: M.i. behoort so 'n teks by Wikisource. Afrikaans gaan net groei by Wikisource as ons daadwerklik inhoud daar begin plaas. Wat sensuur betref, dink ek dis teenstrydig met Wikipedia (en neem ek aan, Wikisource) se beleid dat sensuur onaanvaarbaar is. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 16:12, 14 Julie 2017 (UTC)

== Ons wiki word ingehaal deur Skots ==

Naand alle medebydraers! Kan ek mooi vra dat ons bietjie "mielies gooi" die naweek met nuwe artikels?

Afrikaanse wiki ([https://meta.wikimedia.org/wiki/List_of_Wikipedias op 45 500]) word vinnig ingehaal op die ranglys deur die Skotse wiki (op 45 474), hulle is tans net 26 artikels agter ons! Gelukkig is ons [[Punjabi|Wes-Punjabi]] ver voor met 1100 artikels. Dankbaar, --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 09:35, 24 Junie 2017 (UTC)
:Dankie almal, ons staan op 46 056 en is nou weer '''287''' voor Skots! --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) opd 20:32, 19 Julie 2017 (UTC)

== Geen bron ==

Die [[:sjabloon:Geen bron]] het eintlik net na beelde sonder bronne verwys. Ek het dit verander en 'n parameter bygevoeg. <nowiki>Gebruik gerus {{Geen bron}} indien 'n artikel glad geen bronne vermeld nie en {{Geen bron|beeld}} indien 'n beeld sonder bron is.</nowiki>
--[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 22:10, 23 Junie 2017 (UTC)

== [[Tortelduif]] en [[Streptopelia]] ==

Is [[Tortelduif]] nie die Afrikaanse naam vir [[Streptopelia]] nie? Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 16:15, 26 Junie 2017 (UTC)
:Voorheen was minstens een spesie in die genus nie 'n tortelduif in die ware sin nie. Nou kan jy dit skuif, alhoewel sommige ook as ringduiwe bekend staan. Aangesien ''S. capicola'' soms net tortelduif genoem word, kan Ringduif of ''Streptopelia'' 'n gepaste bladnaam wees. [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 18:14, 29 Junie 2017 (UTC)

== ''Ace pilot'' ==
Wat is dit in Afrikaans: Bobaasvlieënier? Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 14:04, 27 Junie 2017 (UTC)

:  Baasvlieënier of kampioenvlieër, miskien? Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 14:13, 27 Junie 2017 (UTC)

::Topvlieënier? [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 15:42, 27 Junie 2017 (UTC)

:::Kampioenvegvlieënier? Word dit nie "toegeken" aan vegvlieëniers wie meer as vyf vliegtuie afgeskiet het nie? [[Gebruiker:Sobaka|Sobaka]] ([[Gebruikerbespreking:Sobaka|kontak]]) 18:59, 27 Junie 2017 (UTC)
::::Ja, die titel is ter sprake met 5 of meer oorwinnings. Geniet julle mense die vliegtuig artikels? Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 19:03, 27 Junie 2017 (UTC)
:My ou klein goedkoop woordeboekie stel ''Baasvlieënier'' voor. Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 07:20, 28 Junie 2017 (UTC)

== Artikel te skrap op Wikiquote ==

[[q:Free_online_article_spinner_rewriter_list]] asb. [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 19:00, 28 Junie 2017 (UTC)
: Dankie, 'n anderstalige administrateur het dit uit die weg geruim. [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 19:19, 29 Junie 2017 (UTC)

== Wikidata changes now also appear in enhanced recent changes ==

Hello, and sorry to write this message in English. You can [[mw:User:Lea_Lacroix_(WMDE)/Wikidata_in_enhanced_recent_changes|help translating it]].

Starting from today, you will be able to display Wikidata changes in both modes of the recent changes and the watchlist.

'''[[mw:User:Lea_Lacroix_(WMDE)/Wikidata_in_enhanced_recent_changes|Read and translate the full message]]'''

{{Int:Feedback-thanks-title}} [[user:Lea Lacroix (WMDE)|Lea Lacroix (WMDE)]] 08:33, 29 Junie 2017 (UTC)

(wrong target page? you can [[m:User:Lea Lacroix (WMDE)/List Wikipedias|fix it here]])

== Rem tene, verba sequentor. ==

Vriende, gebruikers en veral Latynkenners soos [[Gebruiker:Jcwf]] en [[Gebruiker:Voyageur]].

Ek gaan my nou maar na die Wikipediakamp rig, want ek twyfel of die Taalkommissie oor die vermoëns of intellek beskik.

''Rem tene, verba sequentur.''

Voorgestelde vertaling: ''As jy jou storie ken, kom die woorde vanself.''

Ek hou van die verhelderende vrye vertaling (juis weens die matige woordspeling), maar "jou storie ken" proe na 'n Anglisisme. Die Amerikaners ken "he knows his stuff", maar nie "he knows his story" nie. Die Britte ken skynbaar nie een nie. Google lewer net 14 resultate op van "as jy jou storie ken", maar 443 vir "jy moet jou storie ken". Dit lyk vir my eerder na Suid-Afrikaanse Engels; die Engelse koerantkoppe dien as bewyse. Dit roep die vraag op: wie het wie nou beïnvloed? Is dit 'n Boerisme/Afrikanerisme wat byval onder die Engelse gemeenskap gevind het? Is dit 'n ontleen-en-terugleen soos ons tog so gereeld tussen die Nederlanders en Franse vind?

Sou "As jy seker is van jou saak, kom die woorde vanself" miskien beter wees? Of "As jy jou feite agter mekaar het, kom die woorde vanself" / "As jy weet hoe die ding inmekaarsit, kom die woorde vanself" / "As jy weet waarvan jy praat, kom die woorde vanself"? Of moet ons verkieslik die aanhaling ten nouste met [[Cato die ouere|Cato]] se bedoeling behou?

Want die Nederlanders bied ander vertalings: ''Ken je onderwerp, de woorden zullen volgen''. Ook ''wie eenmaal weet, wát hij te zeggen heeft, zal ook het hoé wel vinden.'' Dus: Iemand wat wéét wat hy wil sê, sal die regte woorde vind. Ook: "As jy die beeld voor jou het (dus, in jou kop), kom die woorde vanself."

Die [https://de.wikipedia.org/wiki/Liste_lateinischer_Phrasen/R#Rem Duitse Wikipedia] lewer: ''Beherrsche die Sache, die Worte werden dann schon folgen.''  [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 09:24, 29 Junie 2017 (UTC)

: Klink amper soos "waar die hart van vol is, loop die mond van oor". Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 18:29, 29 Junie 2017 (UTC)

:: Dit gaan blykbaar oor een van die grondbeginsels van die retoriek - Cato pleit hier vir vrye rede, eerder as om van 'n manuskrip af te lees. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 19:04, 29 Junie 2017 (UTC)
::: Ek wens net dat die jongman soms in Afrikaans wil skryf sodat ons oues van dae ook iets kan verstaan.... Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 19:27, 29 Junie 2017 (UTC)

Nou goed, [[Gebruiker:Oesjaar]].  Sonder raaisels, in doodgewone Afrikaans.

1. Ek het binne drie dae die verwerkte proefskrif van 244 bladsye deur F. P. van der Merwe deurgelees. Vandag afgehandel op 30 Junie om 16:41. Getiteld ''Die vertaling as kuns: die grense en moontlikheid van vertaling''. Skaars enkele maande na sy gradeplegtigheid (''promovering'') is hy oorlede (1956). Die SAUK het dit goedgedink om postuum sy verhandeling uit te gee (1958), as blykie van waardering. Dit is dus in die openbare besit, hoewel ek onseker is hoe lank [[Universiteit van die Witwatersrand|Wits]] gaan draai om sy proefskrif op te laai (dit sal my baie tyd spaar). Fritz van der Merwe is dood in sy fleur, min of meer 38 jaar, as ( http://esat.sun.ac.za/index.php/F.P._van_der_Merwe ) die waarheid praat. Hoe het die boek in my skoot beland? Dei gratia: '''1).''' 'n skoolbiblioteek moes eers die boek die Dewey-rugkode R839.36VAN gee, wat beteken die boek kon nooit uitgeneem word nie. Die enigste potloodmerke sou dus eendag deur my gemaak word. Was dit so bestem? '''2).''' Toe moes daardie staatskool eers toemaak. Heeltemal. Sluit. '''3).''' Die boek het hier rondgependel, daar rondgependel, moontlik selfs op die ashoop op die buurdorp beland. Ek weet nie. '''4).''' Toe besluit iemand om vir 'n geldjie die boek by 'n boekekraampie in te gee. '''5).''' En op 'n sonnige dag, met 'n fris windjie, plak ek my pet op en skoert soontoe. Ek betaal toe nie eers R5,00 vir hom nie.

2. In hierdie proefskrif behandel hy absoluut alles wat ek omtrent vertaling wil en wou weet. Hy gee besonder min aandag aan Duits en Duitse bronne (wat hy wel baie goed magtig is), maar trakteer die leser met 'n oordaad Franse en Italiaanse en Engelse voorbeelde. Die Franse en Italiaanse vertalings van die aanhalings word in die bylaag verskaf.

3. [[Gebruiker:EvZ]] het in 2012 sy aandag gewy aan die [[Letterlike vertaling]]s en [[Betekenis-vir-betekenisvertaling]]s. Hy het nie gekyk na [[Vrye vertaling]]s nie. Ook nie sogenaamde "integrale vertalings" (wat waarheidgetrou) is nie. Van der Merwe kyk wel indringend hierna. EvZ is bietjie bevooroordeeld teenoor letterlike vertalings d.m.v. wat hy uit die Engelse Wikipedia vertaal het. Letterlike vertalings het hul nut: hoe leer jy dan 'n rou student om Franse sinne en grammatika en betekenisse te leer? Van die ou ''Teach Yourself''-boeke gee jou die letterlike vertaling, asook die waarheidsgetroue vertaling wat die werklike bedoeling en gees adem. In sekere opsigte kan Afrikaans letterliker uit Frans vertaal. Soos: ''de petit yeux'' kan jy in sekere opsigte nie "little eyes" bedoel nie, maar "small eyes". In Afrikaans is "ogies" of selfs "klein ogies" ewe toelaatbaar, want ons het geen ander adjektiewe woorde wat verwarring kan bring nie. Hy sê ook sekere tekste maak letterlike vertalings moontlik, sonder om inbreuk op die Afrikaanse taaleie of Italiaanse bedoeling te maak. Hy vertaal byvoorbeeld ook die volgende Italiaanse gedig byna woord vir woord:

{| border="0"

| valign="top" align="left" | '''Italiaans'''
| valign="top" align="left" | '''Afrikaans'''

| valign="top" align="left" style="background-color:#EEEEEE" | Notte e giorno faticar,
| valign="top" align="left" style="background-color:#FFFFFF" | Nag en dag laat hy my sloof,

| valign="top" align="left" style="background-color:#FFFFFF" | senza nulla sa gradir;
| valign="top" align="left" style="background-color:#EEEEEE" | sonder dat hy iets waardeer.

| valign="top" align="left" style="background-color:#EEEEEE" | piove e vente sopportar,
| valign="top" align="left" style="background-color:#FFFFFF" | Reën en wind gaan oor my hoof,

| valign="top" align="left" style="background-color:#EEEEEE" | mangiar mal e mal dormir.
| valign="top" align="left" style="background-color:#FFFFFF" | kos en slaap moet ek ontbeer.

As jy gedink het dit is nie meesterlik nie, probeer die volgende vertaal (Tennyson):

:''The long day wanes: the slow moon climbs: the deep''
:''Moans round with many voices.''

Ek kan nie, Van der Merwe kan:

:''Die lang dag sterf: die maan styg traag: die dieptes''
:''Kreun alom met baie stemme.''

4. My gunstelinghoofstuk is natuurlik "vrye vertalings". Om op te som: Vreet die teks op, kou dit, smaak dit, spoeg jou eie woorde uit. Om vryelik om te gaan met die woord. Dit is waar ek '''''Rem tene, verba sequentor''''' die eerste maal teëkom. Jy kry knap verbeterings, soos wat Elizabethaanse North met Amyot se werk gemaak het - 'n voorliefde vir die presiese besonderheid wat 'n gloeiende werklikheid verleen aan die woorde:

:''...donques arrivé sur le bord du peril'' [min-of-meer letterlik: en daarom aankom op die randjie van die gevaar]
:''...being come now to the swordes point''

Waarom was hy so goed met die vertaling? Want hy was self op die slagveld!

'''Maar! Vrye vertalings is ook gevaarlik!''' Hulle is vatbaar vir die volgende: anachronismes; uitbreiding; 'n groter omhaal van woorde; versierings; verdubbeling; betekenis-uitbreiding; willekeurige byvoegings van idees; styltruuks; omkering van die sin (inversie); verduideliking van terme; lesse vir lesers; weglatings; die invoering van eie idees; nadere omskrywings en waardeskatting van persoonlikhede; die aan die dag lê van persoonlike smaak; vooroordele en opvattings; die wysiging van godsdienstige opvattinge; eufemistiese wendinge; die naturalisering van die vorm en inhoud van die oorspronklike; die vervanging van die konkrete deur die abstrakte; die verlening van 'n Afrikaanse agtergrond aan die vertaling; die verhoging van die nadruk en vergroting van gegewens; die oordrywing van die toon; versnelling van handelinge deur die sinsritme; die gebruik van meer adjektiewe as die oorspronklike; die opoffering van bondige woordgebruik aan 'n woordespel; die aanpassing van die gees van die oorspronklike by die gees van die (huidige) tydsgees; die gebruik van inheemse idiome in die plek van direkte taal; die vernietiging van die ewewig en ritme van die oorspronklike; die stel van 'n Afrikaanse of moderne beroep in die plek van 'n Franse (byvoorbeeld uit die Middeleeue), ens.

5. Ag, Van der Merwe behandel 'n hele klomp goed wat eintlik retoriese vrae is. Wat is beter: die geheel, of die som van die dele? Wie is belangriker: die toeganklikheid vir die deursnit leser, of die werk self (slegs die ingeligtes sal die vertaling verstaan)? Niks kan presies vertaal word nie vs. alles kan vertaal word. Is vertalings maar plaasvervangers/surrogate soos sigoreikoffie vir die egte, gesogte produk? Is vertalings bloot 'n Rorschachtoets van die vertaler? Waarom bestaan leenwoorde en leenvertalings? Waarom neem sekere tale makliker uit ander oor (soos Engels) as ander (Frans en Afrikaans in die 1950's)? Waarom is daar volkseie woorde wat gemunt word? Waarom word aangevoer Shakespeare in Duits is beter as Shakespeare in Engels self? Kan tale mekaar aanvul? Wat van taalleemtes? Hoe boots mens klankpatrone na? Het die vertaler te make met visuele digters of musikale digters? Kan 'n meesterlike vertaling terugvertaal word na die oorspronklike taal? Omdat taaltydperke verskil - Renaissance, Barok, Klassisisme, Romantiek, Neogotiek, Naturalisme, Realisme, Modernisme, Postmodernisme, ens., hoe moet vertaal word: moet ons "hoog skryf" as ons Barok of idealistiese Sturm-und-Drangwerke vertaal (dus, die werke van woordkunstenaars), of moet ons die spreektaal in Afrikaans gebruik? Hoe vertaal mens gedeelde woorde in Afrikaans en Nederlands, soos "subiet" wat [[:nl:Gezonken_cultuurgoed|gesonke kultuurgoed]] is in Nederland, teenoor "direk"; d.w.s. woorde wat eers deur die Adel en hoëlui gebruik is, maar toe deur die minder ontwikkeldes oorgeneem en daarom doelbewus deur die oorspronklike sprekers in Nederland vermy word (waarvan die Afrikaanssprekende salig onbewus is)? En wat van Afrikaans wat slegs die laasgenoemde paar internasionale literêre tydperke beleef het? Hoe gemaak met taalouderdom en dialektiek: Duits, Engels en Nederlands kan 'n woord uit 1300 uit 'n uiters afgeleë dialek gebruik om ou betekenisse weer nuut te klee uit 'n betrokke tydperk en tydsgees. Wat kan Afrikaans hieraan doen - gaan ons outomaties 'n Hollandse woord maar aanhaal? Van der Merwe kla steen en been net soos Suidpunt (die nimlike ekke) oor resensies van vertaalde produkte waar meer op die inhoud en styl as op die vertaling self gefokus word.

6. Van der Merwe bevind uit die 3 000 gevalle van foutiewe taalgebruik wat hy identifiseer het was direkte vertalings uit Engels, en elke keer "geykte uitdrukkings" soos ons in woordeboeke kry. Die rede vir al die -ismes is eenvoudig: die onvermoë om die bronteks te begryp, die onvermoë om die bronteks waarheidsgetrou in die doeltaal oor te sit. Belangrik: WOORDEBOEKE GEE SINVERWANTE WOORDE, MAAR NIE BEGRIPSGELYKES NIE - dit moet leksikograwe ook onthou. Dit wil sê: sinonieme is goed, maar die vertaler moet steeds die KONTEKS en BOODSKAP begryp, voor hy vertaal.

7. Hy raai jongmense aan om liefs nie gedigte te vertaal waarvoor hulle nie opgewasse genoeg is nie. Jy moet eers lewenservaring opdoen en tot sekere insigte kom voordat jy jou hand waag. Sekere gedigte verg emosionele volwassenheid waarvoor jy geen woordeboek kan insluk en oornag aanleer nie. (Eintlik baie wat C.L. Leipoldt geskryf het vir die klomp gedigte wat aan skoolkinders voorgeskryf word, wat hulle nie kan ervaar, begryp en waardeer nie; nie soos 'n kind rymboekies en kinderverse waardeer nie). En vertaal eers jou werk klaar - DAN eers kan jy ander vertalings raadpleeg.

8. 'n Interessante wenk wat hy gee uit 'n vertaalde Franse aanhaling: vir elke vreemdtalige boek wat jy lees omtrent 'n onderwerp, moet jy twee boeke oor dieselfde onderwerp in die doeltaal deurlees. (Gaan nogal broekskeur in Afrikaans as ons wonderlike akademici vernaamlik in Engels publiseer...).

9. Laastens glo hy Afrikaans sal soos Nederlands van die laat-1800's eers begin opbloei as ons goeie literêre vertalings het. Daarvan het ons beslis 'n oorvloed gehad in die 1960's tot 1970's; hoewel niemand dit gelees het nie. (Miskien omdat die vertalings dikwels ongelukkig(!) maar stokkerig was). Ek moet wel sê, die Franse skryfstyl van die 1960's het die litte bietjie losgemaak.

10. Dit irriteer my wel wanneer hy skryf:

:''Wat wel van belang is, is om...''
Want dit klink Engels: "What  is really important, is to..." STOPWOORDE! PLUISWOORDE! ONNODIGE BYSINNE! ONNODIGE KOMMAS! MIELIEPITTE IN 'N SOKKIE! BEL DIE DOKTER!
:''Dit is wel belangrik om...'' '''Kort en kragtig.''' [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 18:28, 30 Junie 2017 (UTC)
==Lua?==

Ek probeer om die regeringshoofde van Frankryk vanaf fr.wiki te vertaal, maar dit bevat 'n tydlyn wat met 'n #tag:timeline ingeroep word. Is dit 'n lua-module? Sien [[Lys_van_regeringshoofde_van_Frankryk#Frise_chronologique]] Ek weet niks van daai goeters en sou hulp op prys stel. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 20:53, 3 Julie 2017 (UTC)

: Nee, die tydlyn was gewoon gebreek omdat die Afrikaanse Wikipedia nie die nodige sjablone gehad het om dit af te beeld nie. Ek het dit nou ingevoeg vanaf die Franse Wikipedia. U kan [https://www.mediawiki.org/wiki/Help:Magic_words#Miscellaneous hier] meer lees oor hoe #tag gebruik word tussen parser functions. [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 21:05, 3 Julie 2017 (UTC)

::Dankie! [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 21:56, 3 Julie 2017 (UTC)

== Verzoek om verbetering artikel ==

Beste Afrikaner Wikipedianen, mijn excuses dat ik in het Nederlands schrijf, ik ben uw taal niet voldoende machtig. Ik hoop dat u dit bericht wel kunt interpreteren. Op het OTRS-systeem (het internationale mailsysteem van Wikimedia) is een e-mail binnengekomen met de vraag een bepaald artikel te verbeteren. Ik kan niet oordelen over het verzoek. Ook kan ik het verzoek vanwege de vertrouwelijkheid van alle OTRS-mail niet openbaar maken. Wil iemand van u hiermee helpen? Wilt u dan een e-mail sturen naar het OTRS systeem, [email protected], met in het onderwerp "Ticket#2017030310016128". Dan vraag ik aan de persoon die gemaild heeft of de mail mag worden doorgestuurd aan u, zodat u het verzoek kan beoordelen en eventueel verwerken. Bij voorbaat hartelijk dank en met vriendelijke groet, [[Gebruiker:Hetty Pangel|Hetty Pangel]] ([[Gebruikerbespreking:Hetty Pangel|kontak]]) 21:51, 3 Julie 2017 (UTC)
:Inmiddels is een reactie binnen. Verder hoeft niemand te reageren, 1 persoon is voldoende, dank u! Met vriendelijke groet, [[Gebruiker:Hetty Pangel|Hetty Pangel]] ([[Gebruikerbespreking:Hetty Pangel|kontak]]) 22:12, 3 Julie 2017 (UTC)
:: Ek het 'n e-pos gestuur en is bereid om te help (indien dit nog nodig is). Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 06:49, 4 Julie 2017 (UTC)

== Weesbladsye ==

Op 31 Julie 2017 het ons 2640 [https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Spesiaal:EensaamBladsye&limit=500&offset=2500 weesbladsye] gehad. Talle daarvan kan maklik 'n skakeltjie kry, soms deur net die soekfunksie (met die vergrootglas) te gebruik. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 17:56, 1 Augustus 2017 (UTC)

== Afrikaanse alfabet ==

Is daar enige rede vir dié volgorde van die rasse in die info-kassies by voorstede, dorpe, stede en lande, buiten dat dit die volgorde in Engels is? Swart, Kleurling, Indiër/Asiër, Blank, Ander. (Black, Coloured, Indian, White) En indien nie, kan ons die volgorde Afrikaans maak? [[Gebruiker:Morne|Morne]] ([[Gebruikerbespreking:Morne|kontak]]) 12:57, 3 Augustus 2017 (UTC)

: Sonder om na die wysigingsgeskiedenis te kyk, raai ek dat die huidige volgorde 'n oorblyfsel is van die Engelse volgorde. Ek ondersteun 'n wysiging wat die volgorde alfabeties in Afrikaans maak. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 13:53, 3 Augustus 2017 (UTC)
:{{ondersteun}} [[Gebruiker:Puvircho|Puvircho]] ([[Gebruikerbespreking:Puvircho|kontak]]) 10:45, 7 Augustus 2017 (UTC)
::{{ondersteun}} [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 11:03, 7 Augustus 2017 (UTC)
:::{{ondersteun}} en reeds {{uitgevoer}} --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 15:06, 30 Augustus 2017 (UTC)

::::Ons kan dit volgens persentasie sorteer, soos die tale. Dis die beste oplossing, dink ek. Groete. [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 18:50, 24 Augustus 2017 (UTC)

== Die era van robotte op die Afrikaanse Wikipedia het aangebreek ==

Hi julle. Ek het uitgewerk hoe om basiese teksvervanging via [[Gebruiker:KabouterBot]] uit te voer. Is daar enige take wat julle aan die robot wil gee? [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 10:08, 7 Augustus 2017 (UTC)
: Ek sien so! Goed gedoen! Kan mens die bot gebruik om nuwe artikels te integreer, dus sodra nuwe artikel verskyn, neem sy naam en soek in elke artikel waar die woord die 1ste keer voorkom en verander dié woord na 'n skakel? Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 11:06, 7 Augustus 2017 (UTC)
:: Hi Oesjaar, ek glo so. Maar wat as die woord in die artikel na 'n ander betekenis van die woord verwys? Dit is dalk 'n bietjie van 'n ingewikkelder probleem as wat ek tans kan programmeer, maar dit is in prinsiep moontlik. Die robot sal na die konteks waarin die woord gebruik word, moet kyk. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 11:24, 7 Augustus 2017 (UTC)

::: My voorstelle (as ek nou reg dink...):

* vir dit > daarvoor
* met dit > daarmee
* op dit > daarop
* van dit > daarvan
* deur dit > daardeur
* binne dit > daarbinne
* aan dit > daaraan
* agter dit > daaragter
* benewens dit > daarbenewens
* by dit > daarby
* na dit > daarna
* oor dit > daaroor (wees maar versigtig vir dié een)
* teen dit > daarteen
* uit dit > daaruit

As dit kan: probeer 'n sin wat met "Om dit te..." begin te ignoreer - juis daarom het ek "om dit > daarom"  nie gelys nie.

Hierdie ou taalgoggatjies wil ek graag met plaagbestryding ombring; kan dit moontlik gebeur? [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 11:13, 7 Augustus 2017 (UTC)
: Hi Suidpunt, ek dink hierdie behoort maklik te wees en ons kan dit dus prioritiseer. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 11:24, 7 Augustus 2017 (UTC)

''.."Die gedagte agter dit alles," het ds. De Klerk later geskryf, "was evangelisasie...'' ->"Die gedagte '''''daaragter alles'''''," het ds. De Klerk later geskryf, "was evangelisasie. ?

:Trouens kan 'n bot ook 'n [[huis]] bou? Ek is robotoskepties. Ek het bots baie skade sien doen.
[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 11:59, 7 Augustus 2017 (UTC)

Hallo daar! Ek is op soek ná 'n robot wat twee dinge kan doen:
# Maak al die gemors by Lêername reg, sien [[Wikipedia:Geselshoekie/Argief2017/2#Lêername]]. Dis nie nodig dat in ons artikels sondertekens en "_" by Lêername is nie. Dit moet soos skakels ná artikels behandel word: suiwer! Veral by voorbladartikels is dit nie aanvaarbaar nie, sien [[Wikipedia:Riglyne vir voorbladartikels]]: "(d) Netjies leesbare wikisintaks (bv. goeie spasiëring)."
# Bestry vandalisme teen die Afrikaanse Wikipedia op Wikidata. Anonieme gebruikers kan op Wikidata taalskakels sonder probleme of rede verwyder en ons by die Afrikaanse Wikipedia sien daarvan niks! Dis veral die ''tag'' "new editor removing a sitelink", sien bv. [https://www.wikidata.org/wiki/Special:Contributions/37.111.9.107 hier].
Kan jy robot dalk help? Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 12:02, 7 Augustus 2017 (UTC)
::En ja,hoor, die robotgemors het reeds [https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Edvard_Grieg&diff=prev&oldid=1583616 begin]. Nee, Edvard Grieg is nie 147 jaar oud nie. Hy is dood. Hoeveel verslegterings het jou bot nog meer aangerig K175? Is daar 'n noodstop-knoppie? Want dit behoort daar te wees. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 12:37, 7 Augustus 2017 (UTC)
:::Gee [[Gebruiker:K175]] 'n kans asb! Dit is net mense wat niks doen wat nie foute maak nie! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 12:46, 7 Augustus 2017 (UTC)
:::: Dankie vir al die terugvoer en terugrolle (@[[Gebruiker:SpesBona]]). Die robot loop tans semi-outomaties, wat beteken dat ek oorsig lewer terwyl dit loop. Die huidige taak is nou voltooi: geboortedatums in inligtingskasse van musici is nou vervang met {{ss|GDEO}} sodat die ouderdom agteraan gewys word. '''Daar is nou geen meer geboortedatums in hierdie bladsye wat nie 'n ouderdom wys nie.''' 'n Paar probleme het tydens uitvoer van die taak opgeduik: dooie mense se ouderdomme is bereken en 'n paar bladsye wat nie verband hou met musici nie is gewysig. Hierdie foutiewelike wysigings is volgens my kennis almal teruggerol. Die robot gaan nie nou weer hardloop totdat ek dit weer 'n taak gee nie. Ek gaan volgende kyk na Suidpunt se voorstel, maar eers later wanneer ek weer tyd het. En dan kan ons dit ook maar stadig vat. Groete. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 12:53, 7 Augustus 2017 (UTC)
:::Ek is die Duitser wat alles kritiseer, dis my werk... Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 12:55, 7 Augustus 2017 (UTC)

Ons moet die Engelse spreekwoord "''To err is human, but to make a real foul-up takes a computer''" onthou. [[Gebruiker:Martinvl|Martinvl]] ([[Gebruikerbespreking:Martinvl|kontak]]) 11:07, 8 Augustus 2017 (UTC)

: Hallo [[Gebruiker:K175]], en dankie vir die moeite om dinge te verbeter. Ek wil ook maar net my opinie gou noem: bly asb. weg van volledig geoutomatiseerde wysigings. Eenvoudige soek en vervang van "verkeerde" met "regte" teks sal amper altyd êrens 'n fout maak. Sorg asb. dat elke wysiging nagegaan word totdat daar báie groot sekerheid is dat die robot nie droogmaak nie. 'n Robot wat 99% van die tyd nié droogmaak nie se 1% kan foute vinniger maak as wat enige individu maklik kan regmaak, juis omdat al die 99% ook nagegaan moet word om te weet waar die foute is. Daar is bv. dinge wat aanhalings is uit ander tale, liedjies se name, plekname, eiename, en selfs dinge wat as foute bedoel is wat nie gewysig moet word nie. 'n "Eenvoudige" geval soos "op dit" -> "daarop" sal seker veel meer as 1/100 keer 'n verkeerde wysiging wees. Bv. "Hy was trots op dit wat hy vermag het.", "Konsentreer op dit wat saak maak.", en as mens nog agterlosig is, selfs dinge soos "Ek ho'''op dit''' sal werk." Robotte kan ons geweldig help, maar kan ook skade doen. Gebruik goeie oordeel, maar begin gerus stadig en wag vir terugvoer voordat honderde veranderinge ongedaan gemaak moet word. 'n Fyner punt is dat ek baie keer 'n soektog vir swak taal gebruik om artikels te kry om geheel te hersien, wat veel beter is as om slegs een klein saak te verbeter. En bly tog weg van enigiets wat net dalk 'n saak van smaak/opinie is.  Ek hoop dit help! --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 17:48, 12 Augustus 2017 (UTC)

:: Alias, dankie vir jou inset. Dit lyk my die robot sal nuttiger wees by die wysiging van bronteks wat nie sigbaar is aan lesers nie (bv. sjablone en kategorieë in die bronteks). Ek stem saam dat taalkundige wysigings tans maar alleen met oorsig gedoen moet word (dus nie veel anders as wysiging met Autowikibrowser nie). Ek glo wel dat ons eventueel taalnuanse met robotte kan wysig, bv. daar is moontlik 'n reël wat "op dit wat" betref, en "ek hoop dit sal werk" kan natuurlik met 'n [[regular expression]] hanteer word, maar grootskaalse taalkundige robotwysiging is ideologies en sal nie binnekort moontlik wees nie. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 18:54, 12 Augustus 2017 (UTC)

=== Roboteers forum ===
Ek stel self baie graag belang om 'n bot te programeer. Is daar tans 'n Afrikaanse speltoetser bot? Wat net basiese spelfoute reg maak? --[[Gebruiker:MickeyDangerez|MickeyDangerez]] ([[Gebruikerbespreking:MickeyDangerez|kontak]]) 20:37, 29 Augustus 2017 (UTC)

::Hiermee stig ek die amptelike [[Wikipedia:Roboteers|Roboteers forum]].--[[Gebruiker:MickeyDangerez|MickeyDangerez]] ([[Gebruikerbespreking:MickeyDangerez|kontak]]) 21:04, 30 Augustus 2017 (UTC)

: Ons al vantevore oor robotte gepraat. Kom ons hou maar by die bestaande bladsye en vee joune uit. --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 19:21, 31 Augustus 2017 (UTC)

== {{ss|Sterfdatum en ouderdom}} vervang met {{ss|SDEO}} ==

Hi julle, mag ek maar alle gevalle van {{ss|Sterfdatum en ouderdom}} met {{ss|SDEO}} vervang (vir leesbaarheid van bronteks)? [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 16:29, 7 Augustus 2017 (UTC)

:Hallo daar! Nee, dis nou onnodige werk. Ek hou nie daarvan indien 'n direkte skakel in 'n aanstuur verander word nie, dit geld ook vir <nowiki>[[Suid-Afrikaanse]] ipv. [[Suid-Afrika]]anse</nowiki>. Nie almal weet wat SDEO beteken nie, dus verbeter dit nie die leesbaarheid van die bronteks nie. Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 21:40, 7 Augustus 2017 (UTC)

== Organiese chemie ==

Die artikel [[Organiese chemie]] was sedert 2004 niks anders as 'n (taamlik groot en lukraak) versameling rooi skakels nie. Nouliks teks, geen prentjies of verwysings. Tog het dit 5-6 treffers per dag gekry en in die skooltyd (Mei) soms 15-17 per dag... maar die arm kinders het verniet gekom.. Organies is nie my gunsteling-chemie nie, maar ek het geprobeer om hiervan 'n waardevolle storie te maak. Alle skakels is nou blou, maar ek moet beken dat dit dikwels nie meer as blou saadjies is nie.
[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 03:47, 8 Augustus 2017 (UTC)
:Dankie en goed gedoen! Elke bietjie help! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 05:38, 8 Augustus 2017 (UTC)
::Dankie Jaap! Dit verg moed om so 'n artikel te verbeter...--[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 08:00, 8 Augustus 2017 (UTC)

== Orania-artikel verder vertaal ==

Goeiedag, die afgelope 10 dae het ek die (hele) Engelse artikel van ''Orania'' na Afrikaans vertaal, omdat die [[Orania|Afrikaanse weergawe]] baie foute bevat.  Die vertaling staan op [[Gebruiker:I90Christian/Werkblad]]. Die teks het nog 17 rooi skakels, maar hulle gaan nog blou word. Aangesien dit 'n vertaling vanuit Engels is, kan daar plek-plek foute ingesluip het. Kan iemand miskien help om foute uit die teks te haal? Dit sou fantasties wees as julle kon help! [[Gebruiker:I90Christian|I90Christian]] ([[Gebruikerbespreking:I90Christian|kontak]]) 21:15, 9 Augustus 2017 (UTC)
:Nota: ''Die nuutste weergawe is by [[Orania]] beskikbaar, nadat 5 bydraers dit beet gehad het!''

Nog 'n vraag van dieselfde tipe: ek het [[Special:ContentTranslation]] gebruik om [[katjie]] te skep, en ek weet nie presies hoe ek krediet vir die Engelse artikel moet gee nie. --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 18:06, 15 Augustus 2017 (UTC)

:Wat ek doen is onder 'n opskrif "Verwysings" die [[:sjabloon:Wikivertaling]] gebruik. (Sien:[[Groot Ljachof-eiland]] wat ek gister vertaal het) Ek gaan terug na die oorspronklike storie en kliek "permanent link" om die "oldid" te kopieer. Maar ander mense het ander metodes hier. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 18:31, 15 Augustus 2017 (UTC)

::Baie dankie vir almal (en in die besonder vir Aliwal2012, JMK, WinstonZA en K175) wat die afgelope dae bygedra het en die artikel verder verbeter het! [[Gebruiker:I90Christian|I90Christian]] ([[Gebruikerbespreking:I90Christian|kontak]]) 12:19, 20 Augustus 2017 (UTC)

== Wat maak mens met geweldige lang boekname? ==

Salve / Hallo / Goed dankie. / Skink maar koffie.

Ek praat nou nie oor ''[[Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het]]'' nie. Ook nie ''[[Soll die plattdeutsche Sprache gepflegt oder ausgerottet werden - Gegen Ersteres und für Letzteres]]'' nie. Ek bedoel nou hierdie laaaang titels, soos ''Antidotarium gandavense nobilissimi amplissimique Senatus Iussu, denuo correctius editum''.

Of ''Meditationes de prima philosophia in quibus Dei existentia et animae humanae a corpore distinctio, demonstrantur.'' Deur René Descartes, terloops.

Of Johann Schreyer (Chirurgi) se [haal lekker diep asem, ruik die see en skulpies]:

''Neue Ost-Indianische Reisz-Beschreibung von Anno 1669 bis 1677, handelnde von unterscheidenen Afrikanischen und Barbarischen Völkern sonderlich derer an dem Vor-Gebuerge Caput bonae spei sich enthaltenden so genanten Hottentoten. Lebens-art/Kleidung/Haushaltung/Ehestand/Rinder-Zucht/Aber-Glauben/Leibes-Ubung/Kriegs-Ruestung/Tanzen/Handel und Gewerbe/Wohnungen/Tod und Begraebnis/u.d.g. Und dann von unterscheidenen umbliegenden Provinzen und ihrer Situation, Fruchtbarkeit und Nahrung / Alles mit sonderbaren Fleiß auf eigener Erfahrung von dem Auctore zusammen getragen, und zum Druck befordert.''

O, boonop op dieselfde blad, as jy dit nog sou mislees: Gedruk in Leipzig deur Verlegts Johann Christian Wohlfart in Anno 1681.

Maar net gewonder... [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 20:43, 17 Augustus 2017 (UTC)

== Dagga ==

Ek het Aliwal se blokkering opgehef. Blokkerings is nie bedoel om jou politieke oortuiging aan die leser op te dring nie. Dit is misbruik Aliwal. Hierdie gebruiker het niks gevandaliseer of wat ook, net 'n storie geskryf waar jy nie mee saamstem nie. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 21:53, 19 Augustus 2017 (UTC)
:[https://https-af-wikipedia-org.0.freebasics.com/w/index.php?title=Daggafarian&oldid=1587027 Vandalisme] gepleeg deur [[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] deur die beskrywing van die hooffoto op [[Daggafarian]] te verander vanaf "Daggafarians sorteer dagga" na "Daggaverspreiders sorteer dagga" wanneer die inhoud van die skryf stuk nie oor die handelsdryf van dagga gaan nie maar die gebruikers kultuur. Informasie wat op [[dagga]] geplaas word, wat verwyder was het geen verwysing om hul akkuraatheid te ondersteun nie. [[Gebruiker:MickeyDangerez|MickeyDangerez]] ([[Gebruikerbespreking:MickeyDangerez|kontak]]) 00:53, 20 Augustus 2017 (UTC)
::"Daggaverspreiders sorteer dagga" is 'n beter byskrif. Maar al die fotos word na my mening foutiewelik aangewend by die artikel, want daggafariër / cannafariër / hennepfariër is 'n verbeeldingsvlug, en dis die rede hoekom dit nie met ander wikis geskakel is nie. 'n Artikel vir spoedige verwydering, en wikipediane se pedantiese hantering hiervan rek die saga onnodig uit. [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 17:21, 26 Augustus 2017 (UTC)
:::'n beter byskrif vir? Daggaverpreiders is nie neutraal nie want dit word impliseer dat hulle handeldryf. Beskrywing op die foto sê net ''Ganja'', het jy dalk gaan kyk voor jy die aantuiging maak dat hul dit versprei? Hul sit iewers in 'n bar. In die publiek. Die woord word hier in die konteks gebruik met die inhoud en is meer neutraal as verspreiders want daar word vermoed dat hul verspreiders is maar hul [[daggafarianisme]] kan nie betwyfel word nie. Dat dit nie geskakel is met ander wikies is nie, is ook nie 'n geldige rede vir verwydering nie, daar is baie gevalle waar sekere artikels nog nie op ander wikies verskyn nie [[:en:Beatnik]] is 'n goeie voorbeeld. Dit verskyn nie op die [[af:wikipedia]] nie.--[[Gebruiker:MickeyDangerez|MickeyDangerez]] ([[Gebruikerbespreking:MickeyDangerez|kontak]]) 18:33, 26 Augustus 2017 (UTC)

== Facebook (as eksterne bron) ==
*'''As 'n eksterne bron:'''

{{verkeerd}}Oor die algemeen NEE. Gewone webtuistes word verkies, maar uitsondering word gemaak vir amptelike skakels waar die onderwerp van die inhoud geen ander verwysing het nie.

*'''As 'n betroubare bron:'''

::'''Soms'''. Die amptelike blad van die inhoud mag gebruik word mits dit die primêre bron is en self-gepubliseerd is, maar ook net as dit in belang van die inhoud geverifieer kan word. (Sien [[Wikipedia:Verifieerbaarheid]].)

*'''Algemene probleme:''' [[Wikipedia:Wat Wikipedia nie is nie#Wikipedia is nie 'n versameling van willekeurige inligting nie|Wikipedia is nie 'n versameling]] van al die skakels wat die onderwerp op die internet bevat nie, en skakels na sosiale netwerke word ontmoedig waar dit nie amptelike skakels is nie. ([[:en:WP:ELNO#EL10|ELNO #10]]). [[Facebook]] word veral ontmoedig waar dit die gebruiker vra om aan te meld voor die inhoud beskikbaar gestel word. ([[:en:WP:ELNO#EL6|ELNO #6]]). Facebook en Myspace bladsye (behalwe [[:en:WP:ELOFFICIAL|amptelike skakels]]) kan as aanhanger bladsye wees ([[:en:WP:ELNO#EL11|ELNO #11]]). Wees versigtig vir valse blaaie wat as amptelike skakels aangedui word.

Soos vertaal vanaf die [https://en.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:External_links/Perennial_websites#Facebook.2C_MySpace Engelse bron] --[[Gebruiker:MickeyDangerez|MickeyDangerez]] ([[Gebruikerbespreking:MickeyDangerez|kontak]]) 20:00, 25 Augustus 2017 (UTC)

Kan Facebook gebruik word as 'n verwysing? Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 19:53, 22 Augustus 2017 (UTC)
:Wel, as die hoofstroommedia selfs "Tweets" gebruik om my dag op te vrolik, dan kan dit seker maar. Ek het in die verlede onder andere na die Taalkommissie se Vrae en Antwoorde verwys by [[Taalkundige geslag]], aangesien hulle nie so 'n ''fensie'' (ja, dit is in die AWS opgeneem as "Omgangsafrikaans") blad het soos http://taalunieversum.org nie. Ek sal vandag eerder by Archive.org en ander hole gaan rondkrap. Maar as jy na hulle wil verwys, stel ek voor jy gaan na [[Virtuele Instituut vir Afrikaans]]. Dit is seker net uit tradisie dat ek iets op papier nog heilig vind. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 20:36, 22 Augustus 2017 (UTC)
::Wikipedia, Twitter en Facebook is geen betroubare en dus ook geen geldige bronne vir verwysings nie. Sosiale media word wél gebruik om aktuele nuusgebeure te dek, en selfs BBC-joernaliste word aangeraai om hulle dop te hou, maar hul spesifieke inhoud - aktuele nuusgebeure en privaat geselsies - hoort nie outomaties in 'n ensiklopedie nie. Bydraers moet hulle liefs beperk tot die gesaghebbende vakliteratuur van 'n bepaalde gebied. [[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 21:15, 22 Augustus 2017 (UTC)
:::En selfs dan sal ek nog versigtig wees!
:::Ek kom gister heel toevallig op die volgende artikel af uit ''Akroterion'' (1987). Dit handel nou of Latyn ander vakke se prestasie bevorder of nie. Ek dink jy kan dit sommer self lees:

{{cquote|In Afrikaans, the difference was not quite so great. The Latin pupils still performed better than the non-Latinists, but not to such a highly significant degree. Altogether 45,4% of the non-Latin sample achieved above 60% in Afrikaans, and 1,4% achieved an A average. Of the Latin matriculants, 64,7 achieved C's or better, and 4,4% had A's.}}

:::Dis darem nou jammer, sou [[C.J. Langenhoven]] gesê het. "Latyn het my leer bondig skryf en logies dink!" sê hy in sy outobiografie (Suidpunt: kug-kug, Langenhoven se styl lyk '''juis''' nie lapidêr nie!). Ewe jammer die artikel vergeet inligting uit Akroterion Jaargang 31, Uitgawe 1:

{{cquote|
Of the 1 101 questionnaires sent out 799 were eventually used. The following facts and statistics are rather interesting: 87% of the 799 schools do not teach Latin, 19,9% had formerly offered Latin, but do not do so any longer and 19,1% still offer Latin (153 schools, 12 of which had reinstated or started Latin since 1974). Of these 153 schools 23 were already planning in 1980 to phase Latin out of the curriculum. Only 2,4% of all pupils involved in the research took Latin and of these only 1,6% took Latin as a matric subject. (In 1974 there were 2 246 Latin pupils in matric and in 1980 only 772!). There are more English-speaking Latin pupils than Afrikaans-speaking Latin pupils, more boys take Latin than girls and most Latin pupils live in the metropolitan area of the Witwatersrand. These are only a few of the many enlightening and often frightening statistics given by the report.

:::Al wat die statistiek eintlik vir my sê:

:::1) Die meerderheid Afrikaanssprekendes het Duits geneem en 'n toffie vir Latyn gewys. [En hoekom nie?]
:::2) Die deursnit Latynleerling was dus blanke Engelssprekende seuns (die artikel sê elders slegs 3 swart skole het Latyn aangebied).
:::3) Ek dink kontak met ander Afrikaanse leerlinge en leesboeke het 'n véél groter invloed op Engelse leerlinge. Afrikaans is nie soos Latyn wat jy sommer uit boeke kan leer nie.
:::4) Daar word ook nie geskryf oor die gehalte van Afrikaanse tweedetaalklasse nie.
:::5) Leerlinge van Latyn word gewoonlik as "slim mense" beskou. Dat hierdie "room van die oes" beter sou vaar in ander skoolvakke word immers verwag. Selfs al neem Latyn seker heelwat tyd in beslag as die veel onreëlmatiger Duits?

:::Dat die Latynse taal dus nie die prestasie in die Afrikaans bevorder het nie, verbaas my glad nie. Ek sou jou eweveel kon aanraai om Goties te leer om Afrikaans beter te skryf. Dit sal nie werk nie. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 21:41, 22 Augustus 2017 (UTC)

::::Valse doelstelling. Latyn moet as taal in eie reg aangeleer word. Etrurië, Rome en Griekeland was die bakermat van Europa. As 'n mens in argitektuur studeer, sal hy in aanraking moet kom met die eerste doelgerigte stedelike boukuns - die Romeinse een. Regte, retoriek, godsdiens, ens. - alles baseer op 'n Romeinse fondament. Dit is myns insiens rede genoeg om kennis van Latyn en/of Grieks verpligtend te maak vir enige Europese ''lady / gentleman''. Wat haar/hom dan verder gerus besig kan hou met die geskiedenis van die Britse beskawing, Britse Ryk en Engelse taal, argitektuur ens. ;) [[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 22:03, 22 Augustus 2017 (UTC)

== Facebook as verwysing ==
Ek het dit eenkeer gaan opsoek op die Engelse Wikipedia en daar is gesê dit kan indien nodig as 'n verwysing gebruik word, soos om die getal likes of vriende te staaf, maar dit mag nie as 'n eksterne bron gebruik word nie. [[Gebruiker:Winstonza|'''Winston''']] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|(kontak)]] 15:39, 23 Augustus 2017 (UTC)
:Winston eerste wil net se ek waardeer wat jy vir my gedoen het met die hulp met die spelfout van "[[daggafariër|daggafarian]]" verder wil ek net bylas dat enige feite wat gestel word wat na reëls verwys moet gestaaf word met 'n verwysing. Anders is dit net 'n voorstel en moet dus bespreek word.--[[Gebruiker:MickeyDangerez|MickeyDangerez]] ([[Gebruikerbespreking:MickeyDangerez|kontak]]) 18:39, 23 Augustus 2017 (UTC)
::Het self al 'n verwysing na 'n fb-blad ingesluit vir detail rakende 'n sekere bewaringsgebied. Maar as 'n hele konsep (wat hier 'n artikelopskrif sou wees) op 'n fb-blad gebaseer is, is dit m.i. nie meldingswaardig nie. Iets meldingswaardig sou al elders gerapporteer of bespreek gewees het. Wikipedia kan nie gebruik word om 'n konsep meldingswaardig te maak as dit nie reeds is nie. "daggafarian" lewer 222 google-trefslae op (veral deur wikip. en wikip. gebruikers), "daggaroker" 920 trefslae, "dagga smoker" 127000, "daggazol" 875, "dagga zol" 20600, "daggapyp" 3610, "dagga pipe" 59500, "cannabis smoker" 528000, ... Wikipedia bestaan nie om 'n onbekende konsep, wat ook nie skakel met ander wikis geloofwaardig te maak nie. Selfs "daggazol", wat meer bekend is en wel bestaan, sou ingesluit moet word onder "daggakultuur". [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 15:09, 26 Augustus 2017 (UTC)

=== Waar Facebook 'n geldige verwysing mag wees (voorstel): ===
* wanneer dit verwys na kuns en kultuur (daar is self kuns en kultuur wat hul onstaan op Facebook maak, selfde met YouTube dink DIY Suzelle of vele ander moontlike redes te doen met kuns, kultuur en bewegings wat onstaan op Facebook, die Dagga Unie van Suid-Afrika het selfs hul onstaan as 'n [http://union.dagga.za.net Facebook groep] gemaak).
* Wanneer dit moontlik gedenkwaardig mag wees, het die nuus gehaal ens.
* Wanneer dit nie na self-navorsing verwys nie.
* Wanneer dit nie ernstige reëls oortree nie tenopsigte van kopiereg, Suid-Afrikaanse wetgewing soos POPI ens.

Daar is nog baie geldige redes wat ek kan voorstel wat sin maak, maar ek is nou nogal baie honger so gee 'n paar voorstelle waar dit mag en nie mag gebruik word nie. As jy eensydig is dan is jy nie neutraal nie. Elkeen moet tenminste een mag en een mag nie byvoeg tot daar nie meer moontlike voorstelle mag wees nie, lekker aand.--[[Gebruiker:MickeyDangerez|MickeyDangerez]] ([[Gebruikerbespreking:MickeyDangerez|kontak]]) 18:39, 23 Augustus 2017 (UTC)

:[[:en:Wikipedia:External_links/Perennial_websites#Facebook.2C_Myspace]] [[Gebruiker:Winstonza|'''Winston''']] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|(kontak)]] 11:32, 24 Augustus 2017 (UTC)

::Dankie [[Gebruiker:Winstonza|'''Winston''']]! Sien wel gevalle waar dit mag bebruik word.

== Woordfrekwensie ==

Ek het nou net die aantal woorde op die Afrikaanse Wikipedia getel. Die top 25 woorde word hieronder aangedui. Ek is egter meer geïnteresseerd in die woorde wat slegs een keer voorkom, omdat hulle waarskynlik spelfoute is.

Terloops, [[Sjina]] kom 1224 keer voor, terwyl China slegs 692 keer gebruik word.

Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 20:51, 25 Augustus 2017 (UTC)

{{Kolomme4
|Kolom1=
* die 1251165
* van 512819
* en 446347
* in 438226
* is 332213
* het 291269
* wat 154081
|Kolom2=
* sy 128635
* op 124819
* word 123681
* met 121402
* as 113062
* hy 104097
* was 102950
|Kolom3=
* te 100265
* vir 90015
* dit 85128
* om 84636
* nie 82693
* se 77656
* deur 75847
|Kolom4=
* aan 75764
* ook 61196
* na 59282
* tot 58311

En ek wens ek kan 'n lys van rooi skakels kry wat net een keer voorkom! Ek vermoed baie van hulle is skakels wat verkeerd gespel is! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 13:32, 30 Augustus 2017 (UTC)

== Cite Magazine werk nie ==

Hallo almal,

Ek vertaal op die oomblik artikels uit Engels om [[Gebruiker:Slashme/100wikiDays|100 Wikidays]] te voltooi. Die outomatiese vertaling werk oor die algemeen verbased goed vir versysings, maar ek kry 'n fout by [[Rosalyn Scott]] - [[:Sjabloon:Cite magazine]] is duidelik foutief. Weet iemand hier dalk hoe 'n mens hom kan regruk? --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 16:35, 26 Augustus 2017 (UTC)

: Nou beter? Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 20:03, 26 Augustus 2017 (UTC)

::Briljant, dankie!! --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 14:42, 27 Augustus 2017 (UTC)

== Probleem met argiefskakel ==

Hallo almal,

Ek het probeer om 'n argiefskakel by te voeg by 'n verwysing in [[Kyalami Kasteel]]:

<nowiki><ref>{{en}} {{cite news  | last =Shah | first =Neel | title =Scientology Sets Sights on African Expansion | work =Radar Online | publisher =Radar (tydskrif) | date =25 Maart 2008 | url =http://www.radaronline.com/exclusives/2008/03/scientology-sets-sights-on-african-expansion.php | accessdate = 2008-04-08 |archiveurl=https://web.archive.org/web/20080328015410/http://www.radaronline.com/exclusives/2008/03/scientology-sets-sights-on-african-expansion.php |archivedate=2008-03-28}}</ref></nowiki>

maar dit lyk nie asof dit werk nie. Wat doen ek verkeerd? --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 08:23, 28 Augustus 2017 (UTC)

: Probleem opgelos. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 05:29, 30 Augustus 2017 (UTC)

::Jy's 'n genie! --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 21:15, 1 September 2017 (UTC)

== Afrikaanse name vir endemiese plantjies (opnuut) ==

Ek het sommer opnuut 'n endemiese plantjie bygevoeg ''[[Adromischus leucophyllus‎]]'' en het daarby natuurlik teen die ou probleem aangeloop: waar vind ek die Afrikaanse naam... Sou dit nuttig wees om 'n sjabloontjie en 'n kategorie te skep vir hierdie goeters? Afrikaanse naam gewens of so?
[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 19:16, 7 Julie 2017 (UTC)
:Daar is blykbaar geen Afrikaanse naam vir die spesie nie. Nie op die net of in "Common names of South African Plants" deur CA Smith nie. Dit seker omdat dit 'n kremnofiet of kransplantjie is. Die kategorie wat jy geskep het is 'n goeie idee. Plante van hierdie genus word dikwels "plakkies" genoem (soos ook ander genera). Iets soos "witblaarplakkie", n.a.v. die wetenskaplike naam, sal nie ver uit wees nie, maar daar is geen presendent daarvoor nie. Daar is wel al baie volksname vir biota op commons se kategoriebladsye, maar dit bly 'n oneindige taak. [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 15:29, 14 Julie 2017 (UTC)
::Dankie JMK. Die Suid-Afrikaanse flora is 'n wonderlike ding.. Veral as jy bedink dat Nederland nie een endemiese plantjie het nie... Ek dink ek gaan die "witblaarplakkie" sommer skep en op Oesjaar se lysie sit. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 15:57, 14 Julie 2017 (UTC)

== [[Gebruiker:Babel AutoCreate]] ==

Wat doen ons met hierdie outomatiese gebruiker? Hy skep nuwe kategorieë sonder inhoud, taalskakels en kategorisering. Ek glo, ons het dit nie nodig nie. Kategorieë wat ons kort, het ons nog immers self geskep. Die ou is vir sy werk op die Duitse en Engelse taalweergawes geblokkeer. Wat dink julle? Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 20:45, 9 Julie 2017 (UTC)
:Blok! [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 20:51, 9 Julie 2017 (UTC)
::Blokkeer! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 05:58, 11 Julie 2017 (UTC)
::{{Ondersteun}} [[Gebruiker:Puvircho|Puvircho]] ([[Gebruikerbespreking:Puvircho|kontak]]) 08:28, 11 Julie 2017 (UTC)
* {{uitgevoer}} – Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 14:15, 12 Julie 2017 (UTC)

== Accessible editing buttons ==

The MediaWiki developers have been slowly improving the accessibility of the user interface.  The next step in this transition will change the appearance of some buttons and may break some outdated (non-updated or unmaintained) user scripts and gadgets.

You can see and use the [https://www.mediawiki.org/wiki/Project:Sandbox?action=submit&ooui=0 old] and [https://www.mediawiki.org/wiki/Project:Sandbox?action=submit&ooui=1 new] versions now.  Most editors will only notice that some buttons are slightly larger and have different colors.

<gallery mode="nolines" caption="Comparison of old and new styles" heights="240" widths="572">
File:MediaWiki edit page buttons accessibility change 2017, before.png|Buttons before the change
File:MediaWiki edit page buttons accessibility change 2017, after.png|Buttons after the change
</gallery>

However, this change also affects some user scripts and gadgets.  Unfortunately, some of them may not work well in the new system.  If you maintain any user scripts or gadgets that are used for editing, please see '''[[:mw:Contributors/Projects/Accessible editing buttons]]''' for information on how to test and fix your scripts.  Outdated scripts can be tested and fixed now.

This change will probably reach this wiki on '''Tuesday, 18 July 2017'''.  Please leave a note at [[:mw:Talk:Contributors/Projects/Accessible editing buttons]] if you need help.
[[:m:User:Whatamidoing (WMF)|Whatamidoing (WMF)]] ([[User talk:Whatamidoing (WMF)|talk]]) 22:22, 10 Julie 2017 (UTC)

== Herbenoeming van naamruimte ==

Is hier iemand met regte om die naamruimte ''Module talk'' na ''Modulebespreking'' te verander? [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 22:21, 12 Julie 2017 (UTC)

== Nog 'n wetenskaplike artikel oor die Afrikaanse Wikipedia. ==

Ek het uiteindelik op Prof. Pretorius se vaktydskrifartikel afgekom: http://www.scielo.org.za/pdf/tvg/v56n2-1/07.pdf . Geniet!
Gegewe die vaktydskrifartikel omtrent die [[Virtuele Instituut vir Afrikaans]], waarin seker 5 tot 10 bladsye aan die Afrikaanse Wikipedia afgestaan word, gaan ek binnekort 'n "akademiese belangstelling" hofie maak by [[Afrikaanse Wikipedia]]. Daardie klomp besoekerstatistiek kan in elk geval maar waai. Dis verouderd. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 11:13, 14 Julie 2017 (UTC)

:: Jongman, dankie vir die! Blikskottels maar die Tannie kan skryf! Ek moes nou diep gaan grou het in my Wes-Rand Afrikaans! Ek dink haar boodskap is hard en duidelik: ons moet meer admins en dinge kry, ons ''honey buns'' roer en tik dat dit klap. Hoe kry ons meer admins ens? Bemarking oor radio, TV, koerante, tydskrifte ens. Sonder geld? Niemand het gesê dit gaan maklik wees nie! Sy meld 39,000 iets artikels, ons trek amper by 46,000, ten minste 'n bietjie goeie nuus! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 12:17, 14 Julie 2017 (UTC)
:::Interessant! Vra my net, watter lesers dit sal hê? [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 13:43, 14 Julie 2017 (UTC)
:::Stadig Oesjaar! Vaktydskrifartikels is daar om leemtes te soek!

:::Om die waarheid te sê handel die eerste 18 bladsye net hoe alle inligting in mekaar steek. Hoe meer inligting per blad, hoe meer word die inligting na ander webwerwe toe versprei, soos DBpedia, ens. om die Google Resultate almal te herlei na O.N.S. Sy het wel persoonlik in die jaar 2013 vir Andras Kornai gevra hoe lewenskragtig Afrikaans is. Ons is 3/4 bepunt, of tweedeklas, naamlik:

{{cquote|
In Maart 2016 is Afrikaans, op grond van die nuutste beskikbare data, as digitaal “Lewenskragtig” bevind, tweede op die vierpuntskaal van “Florerend” (Thriving), “Lewenskragtig” (Vital), “Erfenis” (Heritage) en “Stil” (Still) (Kornai 2013). Tans is Afrikaans een van bykans 250 tale wat die potensiaal het om in die digitale ruimte te kan oorleef.

:::Ek dink dis vrek moeilik om hierdie saak te bepunt. Sal Yslands nou op "Erfenis" geplaas word of "Lewenskragtig"? 300K-bevolking is maar klein hoor. Faroëes op 50K eweneens (hoewel daardie mense nog altyd 'n klein eilandvolkie was). En na aanleiding van 'n moontlike infrastruktuurineenstorting, moet die ''Alice in Wonderland''-vraag eerder gestel word: sal die digitale ruimte daartoe in staat wees om Afrikaans te oorleef?

:::In elk geval, Madame Pretorius beskou die Afrikaanse Wikipedia moontlik as die [[Derde Afrikaanse Taalbeweging]] (vir diegene wat die artikel wil skryf); of, 'n Derde Taalbeweging is daarvoor nodig.

{{cquote|
Die Afrikaanssprekende gemeenskap sal dus gratis en verniet skouer aan die wiel moet sit. 'n Taalbeweging is inderdaad nodig waarin kundige Afrikaanssprekendes op groot skaal self artikels vertaal deur van die CX Inhoudvertaling (soos hierbo beskryf) gebruik te maak, self redigeer, skryf en terminologie ontwikkel. Die Afrikaanssprekende gemeenskap is ideaal toegerus om te verseker dat Afrikaans ook sy status as taalwonderwerk in die digitale ruimte handhaaf. In hierdie verband het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns onlangs ʼn projek geloods om vrywillige kundiges touwys te maak oor hoe om tot die Afrikaanse Wikipedia by te dra.

:::Ek gee haar twee bonuspunte omdat sy twee van [[Jaap Steyn]] se boeke aangehaal het (+2). Ek gee haar nog 'n bonuspunt omdat sy die akademici met die sweep bygekom het weens hul traagheid om by te dra (+1). Ek moet egter ook twee punte aftrek, want "''in'' sigself" (in itself) moet "'''op''' sigself" wees (-1) en as gevolg van die volgende leemtes (-1):

#Daar word nêrens na die Voyageurs en die Jcwf's en Spesbonas verwys nie.
#Die artikel dink steeds te veel uit 'n Anglosentriese Welt. (En nou doen 'n gulde geleentheid hom voor om die hele Afrikanerdom te bestraf oor elke ensiklopedie in die verlede wat uit Amerikaans en Brits vertaal is, soos ''Die Afrikaanse Kernensiklopedie'' van die 1960's...)
#Madame raak vreeslik opgewonde oor getalle: sy soek meer artikels. Gaaf: dan span ons net vir ''Boten Anna'' in, met goor gehalte. Of, nee wag, ek kan nog wavragte Deense stranddorpie-artikels skryf wat vir die Afrikaanse leser nutteloos is. Getalle is mos belangrik. (Boten Anna het 'n simpel melodie, ek hou meer van ''LaFee'' (die rocklegende van weleer) se "Ring Frei", wat vernaamlik nog deur 7- tot 10-jarige Duitsertjies geluister word. Et moi.)
#Madame is na my mening te vertaalgeoriënteerd. Dit is seker die maklikste oplossing - veral artikels soos [[:de:Hugenotten_in_Berlin]] waar jy die inligting seker in géén Afrikaanse vaktydskrif sal vind nie - maar daar is niks fout met 'n klein bietjie oorspronklikheid nie. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 17:13, 14 Julie 2017 (UTC)

#Maak nie saak nie
#Ag, dis nie uniek vir Afrikaans nie.. (Ongelukkiglik). Maar dit is een rede waarom ek uit nl, de, fr en soms ru vertaal.
#Wikipedia is multidimensionaal en baie mense het 'n probleem daarme en will alles tot een dimensie terugbring.
#Vertaal is pragtig, maar jy kan daar ook oorspronklikheid byvoeg. Mense dink vaak dat as jy vertaal dat die skoolmeester jou bestraf indien jy dit nie letterlik doen nie. Op wiki is dit dikwels beter indien jy dit verhoed en daar jou eie weergawe van maak. Maar hoe kan ons mense dit laat besef? Ons veg teen die edukasiesisteem.
[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 17:34, 14 Julie 2017 (UTC)

== [[Sjabloon:Commons-kategorie]] en [[Sjabloon:Commons]] ==

Hierdie sjablone se bronkode is onlangs verander en nou verskyn by duisende bladsye kategorieë soos [[:Kategorie:Bladsye met skripfoute]] (in totaal 5 550 kategorieë en 3 291 artikels) en [[:Kategorie:Commons category with local link different than on Wikidata]] (in totaal 5 550 kategorieë en 3 262 artikels). Is daar nou 'n fout by al die bladsye? Ek verstaan nie die voordeel van die veranderinge nie. Hierdie sjablone het goed gewerk. Self die naam van die artikel of kategorie is outomaties agter die naam van Commons geplaas. Nou verskyn immers die Engelse naam van die bladsy van Commons, tensy die Afrikaanse naam ook bygevoeg is. Let op die verskil by [[Berlyn]] en [[Potsdam]], albei gebruik dieselfde sjabloon. Is dit weens Berlyn se Afrikaanse naam ipv. Berlin? Is dit nou 'n nadeel dat Berlyn 'n Afrikaanse naam het? By Potsdam verskyn nie hierdie nuwe kategorieë nie. Dis nou verwarrend en ek glo sulke veranderinge wat duisende bladsye betref moet eers met die ander gebruikers bespreek word! Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 09:15, 15 Julie 2017 (UTC)
: [[:Kategorie:Commons category with local link different than on Wikidata]] moet versteek word. Ek moet net daarby uitkom. Die taal wat gebruik word wanneer die skakel na Commons gevolg word, is ook iets wat gestel kan word. Dit is indien ek reg onthou by die vorige weergawe van die sjabloon geïmplementeer en die bronkode moet net oorgedra word na die nuwe weergawe. Dat die sjablone bygwerk word tot dieselfde tegniese standaard van die weergawes by die Engelse ensiklopedie is iets wat eventueel moet gebeur. Ons kan nie die projek uitbou met primitiewe sjablone nie. Die groot voordeel van die Engelse susterprojek-sjablone is dat hulle almal 'n eenvormige voorkoms het en netjies lyk wanneer 'n paar van hulle onder mekaar verskyn. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 09:25, 15 Julie 2017 (UTC)
::@[[Gebruiker:SpesBona]] [[:Kategorie:Commons category with local link different than on Wikidata]] is nou vertaal na Afrikaans en kan gevind word by [[:Kategorie:Commons-kategorie met plaaslike skakel anders as op Wikidata]]. Dit is 'n opspoor- en versteekte kategorie en behoort nie op bladsye te verskyn wat in daardie kategorie geplaas is nie. Die Engelse Wikipedia gebruik dit om bladsye op te spoor met sekere eienskappe, bv. onderwerp of bv. om artikels met probleme in hul sjablone op te spoor. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 19:47, 15 Julie 2017 (UTC)

== Page Previews (Hovercards) update ==

Hello,

A quick update on the progress of enabling [[mw:Hovercards|Page Previews]] (previously named Hovercards) on this project. Page Previews provide a preview of any linked article, giving readers a quick understanding of a related article without leaving the current page. As mentioned in December we're preparing to remove the feature from Beta and make it the default behavior for logged-out users. We have recently made a large update to the code which fixes most outstanding bugs.

Due to some issues with our instrumentation, we delayed our deployment by a few months.  We are finally ready to deploy the feature.  Page Previews will be off by default and available in the user preferences page for logged-in users the week of July 24th. The feature will be on by default for current beta users and logged-out users. If you would like to preview the feature, you can enable it as a [[Special:Preferences#mw-prefsection-betafeatures|beta feature]]. For more information see [[mw:Hovercards|Page Previews]]. Questions can be left [[mw:Talk:Beta_Features/Hovercards|on the talk page]] in your preferred language.

Thank you again.

[[m:User:CKoerner (WMF)|CKoerner (WMF)]] ([[m:User talk:CKoerner (WMF)|talk]]) 22:33, 20 Julie 2017 (UTC)

== "Ill" skakels ==

In die artikel [[SI-stelsel]] is 'n hele paar [[Sjabloon:Intertaalskakel|Intertaalskakels]] soos "<nowiki>{{Ill|en|afgeleide eenhede|SI derived unit}}</nowiki>" wat uitbrei tot "{{Ill|en|afgeleide eenhede|SI derived unit}}" verwyder.

Waneer behoort 'n mens hierdie soort skakels te gebruik? In hierdie geval is daar tans geen Afrikaans artikel "Afgeleide eenhede". Waarom kan ons geen skakel aan 'n andere taal gee nie? Is die verwydering van hierdie skakels 'n soort sensuur? In die Engelse Wikipedia artikel [[:en:Elfstedentopcht|Elfstedentocht]] is daar skakels na al die wennaars van die wedren.  Indien daar geen Engelse artikel oor daardie wennaar is nie, wys die skakel na die Nederlandse artikel.  [[Gebruiker:Martinvl|Martinvl]] ([[Gebruikerbespreking:Martinvl|kontak]]) 18:35, 24 Julie 2017 (UTC)

== Lyfeiene‏‎ vs. Lyfeienes‏‎  ==

Hallo gemeenskap! Ek het bogenoemde twee woorde op die Gesoekte Bladsye lys raakgeloop elk met 5 skakels. Dit het iets met Rusland en sy mense te doen. Is die twee woorde reg so of is een verkeerd? Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 06:22, 25 Julie 2017 (UTC)

:Dis slawe. Lyfeiene is die enkelvoud, lyfeienes die meervoud. [[Gebruiker:Winstonza|'''Winston''']] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|(kontak)]] 12:00, 25 Julie 2017 (UTC)

== Improved search in deleted pages archive ==

{{int:please-translate}}

During Wikimedia Hackathon 2016, the [[mw:Wikimedia_Discovery|Discovery]] team [https://phabricator.wikimedia.org/T109561 worked] on one of the items on the 2015 community wishlist, namely [[m:2015_Community_Wishlist_Survey/Search#Provide_a_means_of_searching_for_deleted_pages|enabling searching the archive of deleted pages]]. This feature is now ready for production deployment, and will be enabled on all wikis, except Wikidata.

Right now, the feature is behind a feature flag - to use it on your wiki, please go to the Special:Undelete page, and add &fuzzy=1 to the URL, like this: https://test.wikipedia.org/w/index.php?title=Special%3AUndelete&fuzzy=1. Then search for the pages you're interested in. There should be more results than before, due to using ElasticSearch indexing (via the CirrusSearch extension).

We plan to enable this improved search by default on all wikis soon (around August 1, 2017). If you have any objections to this - please raise them with the Discovery team via [http://mailto:[email protected] email] or on this announcement's discussion page. Like most Mediawiki configuration parameters, the functionality can be configured per wiki.
Once the improved search becomes the default, you can still access the old mode using &fuzzy=0 in the URL, like this: https://test.wikipedia.org/w/index.php?title=Special%3AUndelete&fuzzy=0

Please note that since Special:Undelete is an admin-only feature, this search capability is also only accessible to wiki admins.

{{Int:Feedback-thanks-title}}  [[m:User:CKoerner (WMF)|CKoerner (WMF)]] ([[m:User talk:CKoerner (WMF)|talk]]) 18:40, 25 Julie 2017 (UTC)

== Tafeltennissaadjies ==
:Ek wou gou mening peil oor hoeveel saadjies ons wil hê oor [[:kategorie:tafeltennis|tafeltennisspelers]]? Dit lyk nie geweldig relevant vir ons ensiklopedie nie, maar ek hoor graag ander opinies. --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 13:40, 5 September 2017 (UTC)
::Ja, dit maak my ook nie baie opgewonde nie. Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 13:50, 5 September 2017 (UTC)
::: Ek is fyn daarmee. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 15:45, 5 September 2017 (UTC)
:::: Duisende is reg, maar as elkeen 2 sinne en 3 foute bevat, het ons 'n probleem. As die outeur nog besig is en verder daaraan gaan werk, is dit 100% reg so. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 06:32, 6 September 2017 (UTC)
:::::Ek het 'n groot probleem met die groot getal van klein artikels! Die uitbreiding van artikels maak weens al die nuwe klein artikels vir my nie regtig sin nie, ek's nie [[Sisyphos]] nie. Ek hoop, FFouche versorg waar moontlik, sy artikels met kassies. Ek is moeg vir hierdie dinge! Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 18:14, 10 September 2017 (UTC)

== 100 dae Wikidae ==

Ek sien op Facebook [[Gebruiker:Slashme]] is besig met 100 Wikidae; dit is om vir 100 dae vir elke dag ten minste een nuwe artikel te skryf! Ons wens hom sterkte toe! Ek sal ook graag die 100 Wikidae wil doen maar is nie bereid om van 3 artikels 'n dag na een te gaan nie... Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 16:20, 5 September 2017 (UTC)
: Sterkte 👏 [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 16:28, 5 September 2017 (UTC)

Janee, [[Gebruiker:Oesjaar]], ons ken jou as 'n oorpresteerder ;-] Ek sal maar voortgaan met my skamele 1 artikel per dag: dis beter as my vorige 0 artikels per dag. ∞% verbetering is darem iets. --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 19:54, 5 September 2017 (UTC)

: Oesjaar, onthou jy daai tjomp-advertensie met die seekoei, "Jou ou groot bek!" Elke geval, beide van julle doen fantastiese werk, doe so voort. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 06:41, 6 September 2017 (UTC)

::Ek het in elk geval besluit om nie meer retoriese vrae te vra nie want ek kry nooit 'n antwoord nie! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 19:29, 6 September 2017 (UTC)

== Engelse Wikipedia se Sciëntologie-onsin ==
Ek het die R2-45-twak nou geskrap. Die artikel het nie eers aanhalings van Hubbard-tekste bevat nie; dit is akademies onaanvaarbaar en het, interessant genoeg, ook geen ekwivalent in die Duitse Wikipedia nie. As dit weer opgelaai word, is dit my laaste dag hier. JULLE MOET KIES - IDIOTE OF ENSIKLOPEDIESE SKRYWERS. [[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 21:28, 5 September 2017 (UTC)

: Ek weet niks van die onderwerp nie, maar vertrou jou oordeel. Verwyder gerus as dit weer te voorskyn kom. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 06:37, 6 September 2017 (UTC)

Die artikel is verwyder met die stawing "blatante nonsens", m.a.w. Voyageur het dit as 'n kandidaat vir [[Wikipedia:Spoedige_verwyderings|spoedige verwydering]] gesien. Die kriterium vir "blatante nonsens" is "'n onbegrypbare bladsy sonder enige betekenisvolle inhoud wat nie gered kan word nie." Ek stem glad nie saam dat dit hier die geval was nie. Kan ons nie liewer 'n volledige bespreking by [[Wikipedia:Bladsyverwydering]] voer nie? Ek wil ook met respek aanvoer dat Voyageur dalk nie heeltemal onpartydig is in hierdie saak nie, aangesien hy daarop gesinspeel het dat ek "anti-Sciëntologie haatspraak" bedryf, en scientologymyths.info as 'n bron van nuttige informasie oor Sciëntologie voorgestel het. Terloops, die kommentaar dat dit nog nie in die Duitse Wikipedia bestaan nie, is nie relevant nie: dis nie daar uitgewis nie, so die feit dat niemand al daardie artikel geskryf het nie beteken niks nie. --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 07:33, 6 September 2017 (UTC)

: Voyageur, ek verstaan dat jy gefrustreerd is met die artikel. Ek glo jy weet dat allerhande kwaliteitsake my hier pla. Daar is oplossings hiervoor: volg asb. die proses. Nomineer die artikel vir verwydering en gee mense 'n kans om dit te verbeter en/of hulle opinies te lug. Slashme was gister nog besig om uit te vra oor maniere om dit te verbeter. Ek sou sê individuele oordeel oor of iets uitgevee moet word, is slegs van toepassing in die geval van vandalisme (bv. masjienvertaling, ens.). Ek wou pas skakel na [[Reconquista]] omdat ek dit onlangs gesien het. Nou sien ek dit is weg. Ek kan nie oordeel hoekom dit uitgevee is nie. Dit is nie deursigtig genoeg nie, voel ek. Ek dink persoonlik ons is beter af sonder die R2-45-artikel, maar ek wil ook dat almal voel dat hulle bydraes waardeer word en dat almal 'n kans kry om te verbeter. Ek glo jy weet dat almal hier jou bydraes ook waardeer. Ek glo jy weet ook dat ek (en meeste van ons hier) veral belangstel in kwaliteit en 'n fantastiese ensiklopedie. As ek moet kies, kies ek natuurlik ensiklopediese skrywers. Ek kies ook vir 'n proses wat konsensus soek. Ek glo jy sal ook wil hê mense moet jou werk respekteer - en ek glo almal hier respekteer jou werk. Ek dink die ongerief van bietjie langer proses hier en daar is presies wat 'n klomp mense welkom laat voel het oor die jare. Ek wou al honderde dinge summier uitvee, maar probeer altyd om mense te oorreed. Ek kon eerlikwaar nie eens jou presiese standpunt oor die artikel peil nie. Jammer as ek te vinnig gelees het. --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 07:39, 6 September 2017 (UTC)

== Mentol ==

Hallo almal,

Ek het pas [[Mentol]] vanaf Ingels vertaal. Daar's 'n klomp chemiese terminologie, en alhoewel ek op Maties organiese chemie en biochemie as voorgraadse vakke gehad het, is dit 'n paar dekades gelede, so ek's nie altyd 100% seker van my verafrikaansing van die woorde nie.

Ek het ook nie die chembox-sjabloon vanaf Engels oorgeneem nie, want ek was nie baie gelukkig met die resultate wat ek by [[promin]] bereik het nie. Kan iemand vir my touwys maak oor wat die beste praktyk is? Op Wikimania hierdie jaar is daar baie gepraat oor hoe outomatiese infokaste binnekort uit Wikidata sal vloei, maar ek weet ons is nog nie daar nie! --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 12:10, 6 September 2017 (UTC)

== Interessante statistiek! ==

Sien http://www.greenman.co.za/blog/?p=2082 Dankie [[Gebruiker:Greenman]]. Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 20:32, 6 September 2017 (UTC)

{{cquote|
I know some of the Afrikaans Wikipedia editors have been a bit disappointed by the slowing pace of growth as they move towards 50,000 articles. But, to put it in perspective, the 2013 Global Brittanica had about 40,000 articles, so there are less and less obvious gaps in content. Afrikaans is also one of the highest quality Wikipedias for its size – there’s a focus by many editors on the quality of articles rather than just the numbers. And they shouldn’t be too disappointed by the pace – Afrikaans is still the fastest growing African-language Wikipedia, catching up to Malagasy, which has the most articles.

:Wel, laat ek dit so stel: as iemand (ja, Dr. Claassen) so ''verwaand'' is om sy boek se naam ''Goed om te weet: Dié feiteboek vir ingeligte Suid-Afrikaners: Mense plekke, gedagtes en gebeure wat saakmaak'' (2010) te gee, dan hou ek doelbewus verby; selfs die Engelse titel ''In the know : the ultimate [South African] family reference'' laat mens skeefkyk na Routledge, Dorling Kindersley, Britannica Junior of, behoede ons, Oxford/Cambridge University Press. Want verklaar "ingelig" vir my, asseblief. Is iemand nou ingelig wat soos Gerrit Komrij die hele Goethe se ''Faust'' uit sy kop geken het? [Genade, sal party vra - wie was Gerrit Komrij?]. Of is hulle die ingeligtes wat die vieslike betekenis van die inleiding van Catullus 16 ken (''Pedicabo ego vos et irrumabo...''). Wel, hierdie feite ontbreek ook. Dit is immers 'n boek. By elke liewe Afrikaanse feitegids het ek al oor ander tale se grammatika en letterkunde gesoek. Hetsy Duits, hetsy Frans. Tevergeefs! Laat staan nog die kleiner taaltjies in die wêreld.

:Ek dink nie die Afrikaanse Wikipedia is so sleg nie. Elkeen het sy eie stel behoeftes en begeertes. Waarvan mens hou - daaroor skryf mens. En dit is verbasend hoe ander dieselfde belangstellings as jy het. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 10:55, 7 September 2017 (UTC)

== Wikimania 2018 te Kaapstad! ==

Haai daar Wiki-gemeenskap! Die 2018 Wikimania vind in Julie in Kaapstad plaas. Julle kan meer inligting kry by https://wikimania2018.wikimedia.org/wiki/Wikimania Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 21:14, 6 September 2017 (UTC)

:Dis reg! Ons het juis nou hulp nodig met die webwerf, so enigeen wat lus is om hand by te sit is baie welkom. --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 07:04, 7 September 2017 (UTC)
::Vriendelike waarskuwing: Ek het ingestem 'n paar maande terug, maar sal eers wag totdat alles nou mooi afgehandel is en wie waar nou onthaal moet word op watter rooi tapyt en langs watter badkamer met goue krane. Maak dit so Februarie 2018 se kant en later... Ek onthou nog hoe ek [[Biblioteca Vasconcelos]] vertaal het vir die Mexikovergadering, net sodat dit daarna geskrap word. Mens, ek was '''Moerig''', want toe moes ek alles oordoen! [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 09:48, 7 September 2017 (UTC)
::: @[[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]], ek kan nie in die joernale sien dat [[Biblioteca Vasconcelos]] ooit geskrap is nie. Bedoel jy dat jy besig was met wysiging toe jy al jou teks verloor het, moontlik deur 'n fout op jou rekenaar of in jou webblaaier? [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 19:41, 7 September 2017 (UTC)
::::Hallo, [[Gebruiker:K175]].  Nee - hulle het alles met die aarde gelyk gemaak. As jy my brief aan Voyageur kyk in April/Mei 2015 [https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruikerbespreking:Voyageur/Argief62015#Lokaal hierso], kan jy sien ek vra hom nog bietjie raad met die afronding van die werk. Jy sal ook my groot teleurstelling sien by die laaste paragrawe. As jy [https://wikimania2015.wikimedia.org/w/index.php?title=Venue/af&action=history hierso kyk], dan sien jy hoe word alles een na die ander "bygewerk" deur Fuzzybot. Alles wat ek geskryf het, is uitgewis. Die biblioteek was nie meer die bymekaarkomplek (lokaal) soos aanvanklik gereël was nie. Ek ''moes'' alles oordoen, maar ek '''hét nie'''. Ek is eintlik nou nog vies.[[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 09:17, 8 September 2017 (UTC)
:::::Nouja, Peter is die leier van die webwerfaktiwiteit vir die Kaapse Wikimania, en jy't direkte toegang tot die beplanningskomitee (hulle's letterlik binne wurgafstand), so ek sou my verstout om te sê dat die risiko vir verspilde arbeid aansienlik laer is! --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 11:56, 8 September 2017 (UTC)
::::::Dis in 2018 uiteindelik tyd vir 'n besoek aan die liefde Moederstad! Kan ons almal daar ontmoet, indien moontlik? Groete. [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 18:30, 10 September 2017 (UTC)
:::::::Beslis! Ons kan reeds vroeg begin beplan vir 'n paar afwiki-sessies. --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 18:41, 11 September 2017 (UTC)
::::::::Ons kan iets doen, indien jy wil. Kan jy/julle een van Duitsland se Wikipedia-ontmoetings toe kom? Ek besoek gereeld [[:de:Wikipedia:Berlin|dié in Berlyn]]. Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 13:10, 9 Oktober 2017 (UTC)
:::::::Ek kan definitief 'n plan maak. DerHexer kom volgende naweek na my toe in München om oor stipendia te gesels, en dit word bv. deur WMDE gedek. --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 13:34, 9 Oktober 2017 (UTC)

== Onderwaterduik ==

[[Gebruiker:Pbsouthwood|Peter Southwood]] het sy eerste "Featured Article" in Engels behaal met [[:en:Underwater diving]], en is tans besig om dit in Afrikaans te vertaal by [[Onderwaterduik]]. Afrikaans is sy tweede taal, en hy het op sy Engelse gebruikerbesprekingsblad gesê dat hy dalk hulp sal nodig hê om die regte tegniese woordeskat in te bring. Aangesien julle almal so gaaf vir my gehelp het met my 100 WikiDays pogings, het ek besluit om vir hom hier so 'n bietjie advertensie te maak - ek's seker hy gee nie om nie :-] --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 07:19, 7 September 2017 (UTC)

:Dankie [[Gebruiker:Slashme|Slashme]], gaaf van jou om 'n woord vir my in te sit. Enige grammatiese verbeterings of ander taalhulp sal waardeer word. Daar is veral probleme met tegniese terme, in sommige gevalle is dit moontlik dat daar bestaan nog nie 'n offisieel aanvarde vertaling in Afrikaans. As hierdie vertaling goed loop sal ek later 'n woordelys van duikterme probeer vertaal. ([[:en:Glossary of underwater diving terminology]]). Cheers [[Gebruiker:Pbsouthwood|Pbsouthwood]] ([[Gebruikerbespreking:Pbsouthwood|kontak]]) 17:51, 7 September 2017 (UTC) ''P.S. Ek sal graag help! --Aliwal2012''
::Die basiese vertaling is nou klaar, en die artikel is nou beskikbaar vir algemene taalverbetering en enige veranderings wat nodig is om aan te pas by Afrikaans Wikipedia se huisstyl. [[Gebruiker:Pbsouthwood|Pbsouthwood]] ([[Gebruikerbespreking:Pbsouthwood|kontak]]) 14:25, 9 September 2017 (UTC)

== Voyageur, as jy my kan hoor... ==

Dit is baie duidelik dat jou naam in die rooi geskryf is; wat moontlik sinspeel dat jou moermeter in die rooi is. Jy, as een van die stigtervaders van die Afrikaanse Wikipedia, bedank ons (ROYAL WE - die nimlike EKKE) jou persoonlik vir die rol wat jy gespeel het om die Wikipedia aan die gang te kry. As jy besluit het om die Afrikaanse Wikipedia vir goed te verlaat, is dit jou keuse. Dalk wou jy slegs die Wikipedia aan die gang gekry het, dalk het jy 'n beter tydverdryf gevind, dalk vereis die werk meer van jou. As jy besluit om die Afrikaanse Wikipedia permanent te verlaat, is dit 'n swaar boom wat val - want wie moet ek nou met vrae verpes?

Ons kan jou helaas nie keer om te gaan nie. If you really love someone, set them free - sê die Engelsman. Maar, laat asseblief net jou Duits-Afrikaanse woordeboek agter, ek sal graag daaraan wil voortbou, as dit jou sou geval. Asook die stelle argiewe waar ek nog goeie herinneringe oor kan koester... [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 14:54, 7 September 2017 (UTC)
:Hierdie is 'n slag! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 18:13, 7 September 2017 (UTC)
:: Dit sal jammer wees indien dit waar is dat Voyageur die projek verlaat. Het dit iets te doen met die onlangse twis oor Sciëntologie? [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 18:50, 7 September 2017 (UTC)
:::Definitief! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 08:19, 8 September 2017 (UTC)

::::Nee, ek blameer die Volmaan - dit is alles sy skuld! Volmaan gaan gepaard met honde wat blaf (''snakes crawl at night...''), strale wat mens saans wakker hou - juis daarom verkeer ek optimaal met nuwemaan. Die kere wat ek myself impulsief geblok het (en Jcwf my ontblok het), was juis om my te motiveer om voltyds aan 'n taal of projek besig te wees - maar nooit a.g.v. Wikipedialede en verskille nie.

::::Kyk, daar was '''HOEVEEL''' (menings)verskille in die verlede - en hy is nou al so lank met ons - en selfs 'n kort rukkie gelede het Oesjaar ook sy moer gestrip en wou waai - en dit oor 'n kleinigheidjie. Ons almal het toe 'n Wikibreak voorgestel, en ''da steht er!'' Maar vir Voyageur om nou sover te gaan om by die Duitse Wikipedia die volgende af te haal... ( https://tools.wmflabs.org/xtools-ec/index.php?user=Voyageur&lang=af&wiki=wikipedia&uselang=af ):

{{cquote|
''Ich schreibe hauptsächlich auf der afrikaansen Wikipedia, dem Projekt, in dem ich 2005 begonnen habe, selbst Artikel zu editieren. Inzwischen bin ich dort einer von derzeit elf Administratoren.''

::::...is nogal drasties. Daar is soveel ander onderwerpe wat ernstiger aandag geniet waarvan hy kennis dra - Litouse grammatika, Noorse grammatika en al daardie ander tale wat hy ken. Of wat ook al. Ek hoop wel, indien hy die Afrikaanse Wikipedia om watter rede dan nou ook verlaat het, hy by 'n ander kleiner taaltjie sal aanklop. Die grootste sendingsveld is juis daar waar hy hom nou bevind: Skots-Gaelies, Iers-Gaelies, Kornies, Wallies. En daardie groepies sukkel om aan die lewe te bly, want die volksgees is onwillig. Hy sal vir enigeen van hulle 'n aanwins wees. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 09:03, 8 September 2017 (UTC)
{{uitkeep}}
Ek sou verbaas wees as iemand wat soveel vir hierdie projek gedoen het, vir altyd weg is oor 'n meningsverskil. Dikwels het 'n mens net 'n bietjie tyd nodig om af te koel. --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 09:47, 8 September 2017 (UTC)

:Wat vir een persoon 'n meningverskil is, is vir die volgende persoon 'n beginsel saak. Dis die kleinjakkalsies.... Toe ek in 2009 hier begin het was die Gemeenskap baie strenger as vandag, tot my spyt. Ek staan minder maar beter kwaliteit artikels voor. Ek het nog nie vergeet van die Facebook saak nie, om die waarheid te sê ek het dit met die WikimediaZA kommittee bespreek. [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 10:26, 8 September 2017 (UTC)

::Daar is lewe! Voyageur is nou bedrywig op die Duitse Wikipedia. Oor 'n baie bekende onderwerp... Kyk by tools.wmflabs.org. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 09:59, 9 September 2017 (UTC)

== Verwyderingsbeleid ==

Dis wonderlik (seker in [[Wikipedia:Bladsyverwydering#Daggafarianisme|die]] geval maar wat oor [http://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wikipedia%3ABladsyverwydering&type=revision&diff=1561762&oldid=1561760 die]?) dat ons, soos die Engelse projek, die wikibeleide van [[Wikipedia:Neutrale standpunt|Neutraliteit]] en [[Wikipedia:Noemenswaardigheid|Noemenswaardigheid]] wil implementeer. Maar waar is hierdie concern vir duidelike (en duisende) onensiklopediese bladsye soos [[De Goede Hoop Koshuis]] en al [[:Kategorie:Suid-Afrikaanse predikante|die]] en [[:Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika|die]] sulke goed? (om net 'n paar te noem)

Dit maakie sin vir my nie want hierdie duisende bladsye is op 'n heeltemal onneutrale manier geskryf en die onderwerp word dikwels daarin verheerlik. Die ensiklopediese noemenswaardigheid (of die gebrek daaraan) van die bladsye is ook duidelik; vir 'n ewekansige voorbeeld tik net [[Dwight Snyman]] in Google en se vir my hoeveel betroubare, derde party en ensiklopediese bronne jy gevind het. Absoluut niks. Maar dis interessant af.wikipedia.org het 'n groot, lang artikel oor hom.

Ek stem vir die implementering van ons wikibeleide; as die onderwerp nie ensiklopedies noemenswaardig is nie, moet dit seker verwyder word. MAAR sekere (julle weet waarna ek verwys) artikels kan nie immuniteit kry nie, ons kan nie dubbele standaarde op Wikipedia hê nie. Dit ondermyn die kwaliteit van die projek en skep 'n negatiewe atmosfeer op afwiki.

Die Afrikaanse Wikipedia is nou baie groot en om goeie kwaliteit te handhaaf, moet die wikibeleide met strengheid implementeer word. --[[Gebruiker:BooysenN|Nazeer]] ([[Gebruikerbespreking:BooysenN|kontak]]) 16:25, 9 September 2017 (UTC)

:Goeie punt. Op die Engelse Wikipedia is daar baie al geskryf oor die "I don't like it" argument by verwyderingsbesprekings, dat dit heeltemal uit is. Die "But I like it" konsep is waarskynlik hier ook aktief, en dis partykeer moeilik om daarteen te veg. --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 18:58, 9 September 2017 (UTC)

:: Wat 'n negatiewe atmosfeer hier skep, is wanneer ongeletterdes inkom en die wysigings van gevestigde gebruikers ongedaan maak sonder bespreking. Die artikel [[Dwight Snyman]] het 'n bronnelys. As jy die verifieerbaarheid van die artikel wil betwis, of [[De Goede Hoop Koshuis]] vir verwydering wil nomineer, is jy welkom om so te maak ingevolge die riglyne van die projek. Dieselfde geld enige ander artikel op die Afrikaanse Wikipedia. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 19:07, 9 September 2017 (UTC)
:{{kommentaar}} Aggenee julle mense, dis onaangenaam om julle so te sien baklei hierbo! Die afgelope week het 3 groot bydraers hier al gewaai (hul gebruikersrekeninge gesluit) oor onbenullighede wat ander bydraers oor hulle kwytgeraak het, ek wil nie nog een sien sneuwel nie!--[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 20:09, 9 September 2017 (UTC)

Nazeer het vir my op enwiki laat weet dat hy 'n [https://meta.wikimedia.org/wiki/Requests_for_comment/Afrikaans_Wikipedia_issues RfC] op meta oopgemaak het oor sy sperring, en gevra dat ek dit hier bekend maak. --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 19:52, 9 September 2017 (UTC)

: Die [[Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek]] is 'n gesaghebbende bron. So [[Dwight Snyman]] is seker veilig, al is daar nie veel oor hom op google nie. [[De Goede Hoop Koshuis]] is 'n grensgeval, maar daar is tientalle verwysings daarna in die media (noemenswaardig en verifieerbaar) en beide kante van die saak word gestel (neutraal). Veel erger is al op die Engelse wiki toegelaat, dink byvoorbeeld aan die debakel oor [[Mzoli's]]. Die gesprek is egter nie gesluit nie, en almal is welkom om hul opinies te deel. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 07:56, 10 September 2017 (UTC)

:: Ek het 'n onvolledige repliek gelewer op BooysenN se ernstige aantygings op [[:m:Requests_for_comment/Afrikaans_Wikipedia_issues#Kommentaar|Meta]]. Let wel dat ek onder meer in my repliek noem dat ek voel die bespreking eerder hier by die Afrikaanse Wikipedia behoort as op Meta. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 08:28, 12 September 2017 (UTC)

: Ek raai die probleem is dat elkeen tot 'n mate sy eie interpretasie het van die noemenswaardigheid beleid. Ek wou onlangs van al die tafeltennisgoeters ontslae raak, maar ander mense het anders gevoel. Dis ok. Dis hoekom ons hieroor praat. 'n Jong koshuis is definitief nie op sy eie noemenswaardig nie, maar in hierdie geval het die mediadekking en die ongewone aard van die koshuis ('n eerste in 'n paar opsigte vir Tukkies, soos ek verstaan), 'n teenargument moontlik gemaak. Wat [[Dwight Snyman]] betref: mense wat in die 1800's geleef het, sal noodwendig bietjie moeiliker wees, en natuurlik sal Google minder oor hulle hê. Mens moet eenvoudig die gesprek voer as 'n spesifieke geval iemand werklik pla. In hierdie geval is daar wel bronne (selfs foto's), en daar is voor die hand liggende relevansie in terme van ander artikels (alhoewel ek besef dat dit as 'n kringargument gesien kan word). As daar ongelukkigheid is oor administrateurs se optrede, voel ek moet die gesprek so ver moontlik hier geskied. Ek sien Nazeer is tans geblok met rede "afkoelperiode" wat maak dat hy nie nou hier kan kommentaar lewer nie. Ek hoop die betrokkenes kan die gesprek binnekort op 'n beskaafde manier voortsit. Ek sien Nazeer het gevra [https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wikipediabespreking:Administrateur&diff=prev&oldid=1593130 hoe K175 nog 'n administrateur kan wees]. K175 het gevra om van sy aanstelling onthef te word, en ek glo 'n burokraat sal sy versoek eersdaags toestaan. Alhoewel ek al baie werk aan beleid hier gedoen het, hoop ek dat almal ook 'n ander doel voor oë sal hou: om mekaar te help om 'n goeie Afrikaanse ensiklopedie te skryf. Die beleid is immers slegs daar om juis dít te fasiliteer. Die beleid is nie ten eerste daar om mense mee oor die kop te slaan nie. Ek glo wel dit kan baie help, veral as ons die selfde hoofdoel in gedagte het. --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 16:38, 12 September 2017 (UTC)

== Wat is 'n "collet" in Afrikaans? ==

Ek wil graag [[:en:collet]] vertaal, maar ek het geen idee wat die korrekte vertaling is nie! My tweetalige woordeboek sê "band, halsband, kraag(band), ring, beslag, vatsel; splitkraag." Die enigste twee wat vir my moontlik klink is vatsel of splitkraag. Splitkraag klink logies, gegee die vorm van die ding, maar Google beeldsoektogte gee vir my net klere. Enige masjiniste teenwoordig? --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 19:51, 9 September 2017 (UTC)

: Wat van klemkraag? Volgens Pharos: 1. (juweelmontering) kollet; 2. (meg.ing.) klem=, splitkraag; 3. (teg.) ashals, spantang, ringas. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 20:24, 9 September 2017 (UTC)
::Collet = Klemkraag, splitkraag. Collet chuck = split(kraag)kloukop in Terblanche, H.J; Engels-Afrikaanse Tegniese Woordeboek [[Gebruiker:Pbsouthwood|Pbsouthwood]] ([[Gebruikerbespreking:Pbsouthwood|kontak]]) 21:21, 9 September 2017 (UTC)

Dankie! Ek gaan maar klemkraag gebruik, maar dis môre se artikel - ek wil nie 'n oorpresteerder wees nie ;-] --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 21:29, 9 September 2017 (UTC)

:Nouja, ek het probeer, maar het meer en meer kleigetrap omdat ek nog nooit daardie tipe ding in Afrikaans bespreek het nie. Dis duidelik bo my vuurmaakplek, so toe gaan ek maar oor na 'n eenvoudiger onderwerp: [[miofibril]]. Ek gaan nou na die [[:de:Wikipedia:WikiMUC/2017-09-09 Infostand Corso Leopold|Wikipedia-stalletjie]] by die Corso Leopold. --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 11:13, 10 September 2017 (UTC)

::Die stalletjie was toe soos altyd 'n dawerende sukses: soveel mense het verbygekom wat óf nie geweet het dat hulle Wikipedia ''kan'' bewerk nie, of ''mag'' bewerk nie. Ons het baie mense uitgenooi om by ons 'n draai te gooi, aangesien ons 'n kantoortjie in die stad het. Ek sou hoogs aanbeveel, as julle 'n moontlikheid sien, om 'n stalletjie op iets soos die KKNKV or Grahamstown te kry. Mense is mal daaroor om Wikipediane in lewende lywe te ontmoet en te vertel wat alles wonderlik of afgryslik is oor Wikipedia. Ek het selfs met 'n regte-egte plat-aarde voorstaander gesels. Dit is ook die tipe ding waarvoor [[:meta:Grants:PEG|persoonlike befondsing]] daar is, so daar is beslis reisgeld as 'n mens goed vooraf beplan. --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 18:48, 11 September 2017 (UTC)

== Sjina->China ==

Het ons êrens ooreengekom dat ons [[China|Sjina]] orals na China gaan verander? Ek was onder die indruk dat ons beide vorme sou toelaat. Laat asb weet as ek dit verkeerd het. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 07:39, 10 September 2017 (UTC)

== Aantygings van rassisme deur [[Gebruiker:BooysenN]] ==
[[Gebruiker:BooysenN]] is besig om baie ernstige aantygings van rassisme teen my en moontlik ander wat hier betrokke is te maak. Bewyse:
* ''Edits from mysterious IPs and new accounts that know all the ins and outs of Wikipedia policies, formatting, lingo etc. and usually pop up to make controversial edits, talk page posts and abuse other users to push the same right-wing Afrikaner [[:en:WP:POV|POV]].'' [https://en.wikipedia.org/w/index.php?title=User_talk:MickeyDangerez&diff=prev&oldid=798247852]
* ''Hou op met die dubbele standaarde, rassistiese superioriteitskomplekse en om my soos 'n dom kind te behandel.'' [https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Gebruikerbespreking:Naudefj&diff=prev&oldid=1592941]
* ''It makes me speculate as to if there is an unwritten rule that a user can create any article on af.wiki as long as the user has been substantially contributing in other areas, and is contributing to topics that give coverage to conservative Afrikaner-related subjects, no matter how encyclopaedically dubious.'' [https://meta.wikimedia.org/wiki/Requests_for_comment/Afrikaans_Wikipedia_issues]

Ek beskou hierdie aantygings in 'n '''baie ernstige''' lig. Hoe moet ons hierdie situasie hanteer? [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 11:00, 10 September 2017 (UTC)

: Jy kan dit plaas op http://wikimedia.org.za/wiki/Main_Page. Dit is die amptelike Suid-Afrikaanse verteenwoordiger van Wikipedia. Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 12:07, 10 September 2017 (UTC)

== Dooie skakels ==

Lectori salutem (of, Heil die leser)

[[Gebruiker:Jcwf]] het in die verlede my bedag gemaak op dooie skakels wat toenemend begin opduik.

Selfs "goeie artikels" word nie hiervan gespaar nie, soos hierdie Deense artikel oor 'n rooi party getuig: http://69.142.160.183/~dispenser/cgi-bin/webchecklinks.py?page=da:Enhedslisten (dankie [[Gebruiker:Martinvl|Martinvl]] vir die oulike webwerf - dit verrig wondere. Op die oomblik gaan hy die volgende paar dae soms van die lug af wees om bygewerk te word).

As jy heel toevallig in die buurt is en jy wonder of 'n blad se bronne nog almal werk, gebruik eers hierdie nutsprogram. Bedieners wat se tyd uitloop, asook die bose 404's berokken groot skade aan die Afrikaanse Wikipedia. Gaan daarna asseblief na http://archive.is/, plaas die oorspronklike adres van 'n http://  in die soekbalk en druk Enter. Klik dan op die eerste die beste resultaat. Die adres kry dan in jou websnuffelaar (''browser'') se adresbalk 'n nuwe adres.

Dit wil vir my lyk asof absoluut alle .html-bronne wat in Wikipedia gelys en terloops genoem word, eenvoudig by hierdie Yslandse argiefwebwerf geberg word (via skermkiekies). .pdf's werk ongelukkig nie so lekker nie.

Ek het reeds vir [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] hiervan vertel. Ons kan egter nie almal verwag dat hy al die werk moet doen nie. Oerbronne nog uit die jare van Nuus24 is steeds sigbaar, so lyk dit my. Selfs webjoernaalbladsye en ou regeringswebblaaie word behou.

Doen Wikipediagebruikers net 'n guns, as jy wel die adres wil verander.
Voeg die volgende tabelletjie-formaat in by die Besprekingsblad, onder die titel "Skakels herstel":

{| class="wikitable"
! Artikelnaam !! Oorspronklike adres !! Verander na

| Botha, Danie. 2004. Hough: Groot jeugskrywer – Sal nie die TV-uitsending van Skilpoppe sien nie. ''Volksblad'', 23 Augustus:8 || http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2004/08/23/VB/8/01.html || http://archive.is/w2omw

Waarom? Want hoe weet ons archive.is gaan vir ewig hou? Om dan die oorspronklike adresse byderhand te hê kan dan baie help. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 19:02, 11 September 2017 (UTC)

:Indien moontlik, sou ek sterk aanraai om eers te kyk of archive.org 'n argiefweergawe het - dis 'n meer bestendige opsie as archive.is . --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 20:52, 11 September 2017 (UTC)

::Sal so maak. Vir ander gebruikers - dit is http://web.archive.org/ .[[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 06:04, 12 September 2017 (UTC)

::: Die {{sl|Cite news}}-sjabloon het ook argiefparameters wat gebruik kan word. Byvoorbeeld: {{cite news| url=http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1991/04/30/19/7.html |title=Koerantartikel | archive-url=http://archive.is/20140512184527/http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1991/04/30/19/7.html |archive-date=12 Mei 2014}} Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 06:39, 12 September 2017 (UTC)

== Die naam van (nog) 'n Russiese vliegtuig... ==

Haai Gemeenskap! Wat sal die korrekte Afrikaanse naam vir die Russiesse vliegtuig ''Lavochkin LaGG-3'' wees? Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 15:59, 12 September 2017 (UTC)
:Die vliegtuig is genoem na Sergei Lawotsjkin (wetenskaplike transliterasie: Semën Alekseevič Lavočkin) - familienaam en vliegtuignaam moet dieselfde Afrikaanse naam/spelling kry. Groete [[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 16:07, 12 September 2017 (UTC)

== Die Booysen/K175 insident ==

Hierdie insident was op die Wikimedia vergadering bespreek laas nag. Dit was 'n interressante gespreksvoering. Kom ons begin by die heel begin, wat was en is [[Jimmy Wales]] se visie:  "Stel jou 'n wêreld voor waarin elke persoon op die planeet vry toegang verleen word tot die somtotaal van al die menslike kennis. Dit is wat ons besig is om te doen." Dit is sy visie, sterk, helder en duidelik. Sy gereedskapstuk om die doelwit te bereik is 'n elektroniese formaat in ensiklopediese formaat soos die Wiki tans is. Wat vir ons uitstaan is '''al die menslike kennis.'''. Dus enige iets, mense, geboue, geografie, alles waaroor ons iets tot alles weet..... Hierdie lys het eindelik nie 'n einde nie en sluit niks pertinent uit nie.

Maar omrede mense dit moet doen is daar reëls vir die proses: neutraliteit, geen oorspronklike navorsing nie, bronne ens. om, kom ons sê, ''entrepreneuriese'' aksies te vermy soos bemarking, eie gewin ens.

Die term ''Ensiklopedie'' verwys na 'n dik boek (tot onlangs 'n stel boeke en deesdae DVD's) wat 'n  beperkte aantal artikels (soms opsommings) bevat omrede die kennis te veel geword het en 'n stel ensiklopedië nie oneindig kan wees nie. So, oom Jimmy Wales se elektronise ensiklopedie is baanbrekerswerk. Dit het voordele bo-oor boeke: is in tyd (enige gebeurtenis kan amper oomblik op Wiki verewig word), foute kan dadelik reggestel word, minder plantasies word verwoes ens.

Binne die Wiki moet elke taal (gemeenskap) homself organiseer en Engels sal feitlik die toonsetter bly. Afrikaans is een gemeenskap in Suidelike Afrika met die ander tale wat gemeenskape vorm. Afrikaans word egter deur 'n paar kulture gepraat.

Terug na K175 vs Booysen: die grootste argumente het by [[Hendrik Verwoerd]] begin (daar was ander kleiner argumente met Gebruiker:Booysen oor ander artikels en ek vermoed ek was self betrokke). Gebruiker:Booysen het die stelling dat swartes beter af was na Verwoerd aan bewind gekom het bevraagteken en verwyder, al was daar 'n bron vir die stelling. Die aksie het gelei tot verskeie stellings, teenstellings deur 'n paar gebruikers. Die Wikimedia Raad het die bron ondersoek en gefokus op die publikasiehuis (as dit die regte woord is) sien: https://www.stevenbooks.co.uk/ Nadat ek Stevenbooks gesien het kon ek verstaan waar die moeilikhede begin het. Dit is duidelik dat Stevenbooks se boeke as 'n bron bevraagteken moet word. Die hele Wikimedia Raad het besluit dat Stevenbooks onaanvaarbaar is, myself ingesluit. Dus moet artikel Hendrik Verwoerd verander word.

Daarna was die Raad se besluit dat die Afr. Gemeenskap die probleem moet oplos, inhuis. Dit is nie die eerste sodanige geval nie en sal seker ook nie die laaste wees nie. Daar bestaan nie iets soos grieweprosedures, verhore, ens binne Wikipedia nie. Die werk word grotendeels deur vrywilligers gedoen. Die Raad gaan nie aksie neem nie. Hulle mening is ook dat die Afr. gemeenskap beleidsdokumente daar moet stel om meganisme te skep om sodanige situasies te voorkom en/of maklik op te los. Almal moet besef met die Suid-Afrikaanse geskiedenis is daar nog steeds sensitiwiteite oor apartheid-verwante sake/artikels en gevolge. Ek dink ons Duitse gebruikers soos Voya en SpesBona voel ook maar soms ongemaklik oor die Joodse dinge in hulle geskiedenis, dit gaan nog lank met hulle bly ook. Net soos hulle moet ons ook aanvaar, dat alhoewel geskiedenis geen toekoms het nie, dit nog lank met ons gaan wees... Die Raad is bly dat anderskleurige Afrikaanssprekendes betrokke wil raak by Wiki. My kommentaar: daar is soveel ongeskryfte artikels oor anderskleurige sportmanne, rugby, krieket, atletiek...

Gebruikers Booysen en K175: Ek het nie 'n kitsoplossing nie, ek vermoed daar is ook nie. Beide partye is verkeerd en reg en prokureurs kan seker maande op die sake deurbring. Sekere aksies van beide is nie aanvaarbaar nie. Die Afr Wiki is egter groot genoeg om beide te huisves, dit weet ek. K175 het bedank as Admin, ons kan dit nie keer nie. Ons kan gebruiker:Booysen nie onbepaald blokkeer nie, maar hy sal sy kommentaar en argumente moet afskaal en nie persoonlike vetes maak nie. Hou hy aan blokkeer ons hom weer.

Eskalasie na oom Jimmy gaan nie help nie; hy baie groter probleme: China (Sjina) het onder andere Wiki en VPN's geblokeer.