Revision 1814614 of "Gebruiker:Aliwal2012/Sandput" on afwiki[[Lêer:Honda_Aqua_Trax_F-12x_turbo.jpg|thumb|center|600px|Honda Aqua Trax F-12x turbo]]
[[Lêer:Jeep-CJ.jpg|duimnael|links|280px]]
[[Lêer:'46 Jeep CJ (Auto classique Laval '10).jpg|duimnael|regs|1946 Jeep CJ]]
[[Lêer:Green Highlander salmon fly.jpg|duimnael|regs|''Green Highlander'' is 'n kunsvlieg wat goed werk vir salm.]]
{{reg}}
{{verkeerd}}
[[en:User:Aliwal2012/sandbox]]
[[nso:Mošomi:Aliwal2012/sandpit]]

{{clr}}
== Verwysingsjablone ==
Hier is 'n vergelyking van die verskillende verwysingsjablone op en.wiki en af.wiki. Dit kan miskien nuttig wees as hulle dieselde werk, en dit lyk asof die sjablone op af.wiki nog effens agter is. 'n Ander probleem by die af.wiki verwysing-sjablone is dat "last1=" en "first1=", anders as by en.wiki, glad nie die outeur se naam vertoon nie. Dit sal goed wees as lg. twee velde verwisselbaar is met "last=" en "first=". [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 20:58, 18 Junie 2017 (UTC)
'''en.wiki Boek:''' Mumford, David (1999). The Red Book of V... Lecture Notes ... 1358 (2nd expanded ed.). Berlin: Springer-Verlag. p. 198. ISBN 354063293X. MR 1748380. Zbl 0945.14001. doi:10.1007/b62130.

'''af.wiki Boek:''' {{cite book | last = Mumford | first = David | author-link = David Mumford | title = The Red Book of V...
| publisher = ''Springer-Verlag'' | series = Lecture Notes ... | volume = 1358 | edition = 2nd expanded | location = Berlin
| date = 1999 | page = 198 | doi = 10.1007/b62130 | isbn = 354063293X | mr = 1748380 | zbl = 0945.14001 }}<ref name =boek>{{cite book | last = Mumford | first = David | author-link = David Mumford | title = The Red Book of V...
| publisher = ''Springer-Verlag'' | series = Lecture Notes ... | volume = 1358 | edition = 2nd expanded | location = Berlin
| date = 1999 | page = 198 | doi = 10.1007/b62130 | isbn = 354063293X | mr = 1748380 | zbl = 0945.14001 }}</ref>

'''en.wiki Joernaal:''' Bailey, David H.; Borwein, Peter; Borwein, Jonathan M. (25 June 1997). "The Quest for Pi". Mathematical Intelligencer. Berlin: Springer-Verlag. 19 (1): 50–57. ISSN 0343-6993. MR 1439159. Zbl 0878.11002. doi:10.1007/BF03024340.

'''af.wiki Joernaal:''' {{cite journal | last1 = Bailey | first1 = David H. | author1-link = David H. Bailey
| last2 = Borwein | first2 = Peter | author2-link = Peter Borwein | last3 = Borwein | first3 = Jonathan M.
| author3-link = Jonathan Borwein | title = The Quest for Pi | journal = Mathematical Intelligencer | volume = 19
| issue = 1 | pages = 50–57 | publisher = Springer-Verlag | location = Berlin | date = 25 June 1997 | url = http://crd.lbl.gov/~dhbailey/... | issn =0343-6993 | doi = 10.1007/BF03024340 | mr = 1439159 | zbl = 0878.11002 }}<ref name =joernaal>{{cite journal | last1 = Bailey | first1 = David H. | author1-link = David H. Bailey
| last2 = Borwein | first2 = Peter | author2-link = Peter Borwein | last3 = Borwein | first3 = Jonathan M.
| author3-link = Jonathan Borwein | title = The Quest for Pi | journal = Mathematical Intelligencer | volume = 19
| issue = 1 | pages = 50–57 | publisher = Springer-Verlag | location = Berlin | date = 25 June 1997 | url = http://crd.lbl.gov/~dhbailey/... | issn =0343-6993 | doi = 10.1007/BF03024340 | mr = 1439159 | zbl = 0878.11002 }}</ref>
'''en.wiki Web:''' Hansen, James E.; Ruedy, R.; Sato, M.; Lo, K. (December 15, 2005). "GISS Surface Temperature An...". NASA.gov. Goddard Institute for... Retrieved September 28, 2006.

'''af.wiki Web:''' {{cite web | last = Hansen | first = James E. | author-link = James E. Hansen | last2 = Ruedy | first2 = R.
| last3 = Sato | first3 = M. | last4 = Lo | first4 = K. | title = GISS Surface Temperature An... | website = NASA.gov
| publisher = [[Goddard Institute for...]] | date = December 15, 2005 | url = http://data.giss.nasa.gov/gis... | access-date = September 28, 2006 }}<ref name =web>{{cite web | last = Hansen | first = James E. | author-link = James E. Hansen | last2 = Ruedy | first2 = R.
| last3 = Sato | first3 = M. | last4 = Lo | first4 = K. | title = GISS Surface Temperature An... | website = NASA.gov
| publisher = [[Goddard Institute for...]] | date = December 15, 2005 | url = http://data.giss.nasa.gov/gis... | access-date = September 28, 2006 }}</ref>
'''en.wiki Konferensie:''' Evans, N. R.; Schaefer, G.; Bond, H.; Karovska, M.; Nelan, E.; Sasselov, D. (January 9, 2006). ... 30.htm "Direct detection of the ..." Check |url= value (help). American Astronomical Society 207th ... AAS.

'''af.wiki Konferensie:''' {{cite conference | last1 = Evans | first1 = N. R. | last2 = Schaefer | first2 = G. | last3 = Bond | first3 = H. | last4 = Karovska | first4 = M. | last5 = Nelan | first5 = E. | last6 = Sasselov | first6 = D. | title = Direct detection of the ... | book-title = American Astronomical Society 207th ... | publisher = AAS | date = 9 Januarie 2006
| url = http://www.aas.org/ ... 30.htm }}<ref name =konferensie>{{cite conference | last1 = Evans | first1 = N. R. | last2 = Schaefer | first2 = G. | last3 = Bond | first3 = H. | last4 = Karovska | first4 = M. | last5 = Nelan | first5 = E. | last6 = Sasselov | first6 = D. | title = Direct detection of the ... | book-title = American Astronomical Society 207th ... | publisher = AAS | date = 9 Januarie 2006
| url = http://www.aas.org/ ... 30.htm }}</ref>
'''en.wiki Hofuitspraak:''' Roe v. Wade, 410 U.S. 113 (1973).

'''af.wiki Hofuitspraak:''' {{cite court | litigants=Roe v. Wade | vol=410 | reporter=U.S. | opinion=113 | date=1973
| url=http://www.law.corn... }}<ref name =hofuitspraak>{{cite court | litigants=Roe v. Wade | vol=410 | reporter=U.S. | opinion=113 | date=1973 | url=http://www.law.corn... }}</ref>
'''en.wiki Poslys:''' Murdock, Ian (26 October 1995). "Debian GNU/Linux 0.9..." Check |url= value (help). debian-announce (Mailing list). Retrieved 20 April 2007.

'''af.wiki Poslys:''' {{cite mailing list | last=Murdock | first=Ian | author-link=Ian Murdock | title=Debian GNU/Linux 0.9...
| mailing-list=debian-announce | date=26 October 1995 | url=http://lists.debian.or... | access-date =20 April 2007 }}<ref name =poslys>{{cite mailing list | last=Murdock | first=Ian | author-link=Ian Murdock | title=Debian GNU/Linux 0.9...
| mailing-list=debian-announce | date=26 October 1995 | url=http://lists.debian.or... | access-date =20 April 2007 }}</ref>
'''en.wiki Kaart:''' Skelly Oil Company; Diversified Map Co (1966). Highway Map of Oklahoma (Map). [1:1,500,000]. St. Louis: Diversified Map Co. § 11C. OCLC 67708775.

'''af.wiki Kaart:''' {{cite map | author1=Skelly Oil Company | author2=Diversified Map Co | year=1966 | title=Highway Map of Oklahoma | scale= [1:1,500,000] | location= St. Louis | publisher=Diversified Map Co | section=11C | oclc= 67708775 }}<ref name =kaart>{{cite map | author1=Skelly Oil Company | author2=Diversified Map Co | year=1966 | title=Highway Map of Oklahoma | scale= [1:1,500,000] | location= St. Louis | publisher=Diversified Map Co | section=11C | oclc= 67708775 }}</ref>

'''en.wiki Nuus:''' Andersen, David; Witter, Lameen (17 February 2006). "Former Marine, Go Daddy CEO...". Marine Corps News. Retrieved 6 June 2006.

'''af.wiki Nuus:''' {{cite news | last = Andersen | first = David | last2 = Witter | first2 = Lameen | title = Former Marine, Go Daddy CEO... | work = Marine Corps News | date = 17 February 2006 | url = http://www.military.com/Caree... | access-date = 6 June 2006 }}<ref name =nuus>{{cite news | last = Andersen | first = David | last2 = Witter | first2 = Lameen | title = Former Marine, Go Daddy CEO... | work = Marine Corps News | date = 17 February 2006 | url = http://www.military.com/Caree... | access-date = 6 June 2006 }}</ref>
'''en.wiki Video:''' Dick Cavett (2005). The Dick Cavett Show — Rock... (DVD). Shout Factory.

'''af.wiki Video:''' {{cite AV media | people = Dick Cavett | title = The Dick Cavett Show — Rock... | medium = DVD
| publisher = Shout Factory | date = 2005 }}<ref name =video>{{cite AV media | people = Dick Cavett | title = The Dick Cavett Show — Rock... | medium = DVD
| publisher = Shout Factory | date = 2005 }}</ref>
{{verwysings}}
== Hoort ''Woordekeus'' by Wikipedia of Wikisource? ==
Uiteindelik het ek klaar die boek gedigitaliseer wat sinonieme en antonieme behandel. Die boek is geskryf in 1962 en postuum uitgegee (die skrywer is dus langer as 50 jaar oorlede). Geen herdruk van die boek het ooit verskyn nie.
Die vraag is dus, waarheen nou? Vir 'n voorsmakie kan jy gaan kyk by my [[Gebruiker:Suidpunt/Sandput#Woordekeus:_Sinonieme_en_antonieme|sandput]].
Die "Einde van bladsy X" sal natuurlik verwyder word, met slegs 'n verwysing by die laaste woord op elke blad. Die verwysing onder sal 'n skakel wees na 'n oplaaisel van die betrokke bladsy..
Ek wil dit spesifiek een blad hou, omdat [Ctrl] + [F] aansienlik vinniger werk in woordesoektogte teenoor bladsy vir bladsy vir bladsy.
:'''Pro vir Wikipedia'''
# Beter kontrolering sou iemand aan die woorde peuter (niemand kom eintlik by Wikibron/Wikisource nie), maar meer siele kan ook kyk waar die OCR verkeerd was of waar my redigering nalatig was.
# Die afgetaste bladsye van die boek in die openbare besit kan regstreeks na die Afrikaanse Wikipedia opgelaai word en as bronne in die verwysings aangegee word. Dit verhoed ook 'n algemene Commons-probleem, selfs al is die boekie in die openbare besit.
# Die [[Antoniem]] en [[Sinoniem]]-blaaie kan reguit na ''[[Woordekeus]]'' skakel, na bewering die eerste sinoniem/antoniemwoordeboek in Afrikaans.
# Dit kan in die toekoms van waarde wees om twee digitale sinoniem/antoniemlyste met mekaar te vergelyk. Soos ASA (''Afrikaanse Sinoniem en Antonieme'') as Louis Eksteen 50 jaar oorlede is. Die leerlinge of studente of publiek hoef dus nie tussen verskillende Wiki-projekte oor en weer verwys te word nie.
# Van die woorde kan makliker na die [[Antoniem]] en [[Sinoniem]]-blaaie verskeep en bygewerk word. Dit wil sê: by ''parasiet'' het ek opgemerk die antoniem, naamlik ''gasheer'', word nêrens gelys nie. Jy verlaat dus nie die Wikipediaprojek nie.
# ''[[Woordekeus]]'' kan ook makliker skakels na ander Wikipedia-artikels rig.
:'''Kontra vir Wikipedia'''
# Wikipedia is nie 'n lys nie.
# Die ou en wisselvallige spelling kan verwarrend wees en hoort in die argief. (Hoewel die inleiding duidelik kan uitstippel die onderstaande woorde is verouderd.)
# 200K kan baie websnuffelaars en selfone laat les opsê. (Wat presies dieselfde geval gaan wees by Wikisource. Intensiewe vorme is 567 KB volgens die Vivaldi-websnuffelaar.).
:'''Ander kommentaar'''
# Ek het die Arabiese woord vir "ongelowige" twee maal in die woordelys opgemerk, maar vir eers uitgehaal. Dit is te verstane vir 'n boek wat in 1962 geskryf is. Verwag egter heelwat mense se nekhare gaan regop staan.
# Natuurlik gaan ons hier met bladtreksyfers te make kry: Google sien 'n helse klomp uiteenlopende woorde en druk die rangorde by die besoekresultate voortdurend op.
Wat is die gemeenskap se voorstelle? [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 13:28, 23 Junie 2017 (UTC)
:: M.i. behoort so 'n teks by Wikisource. Afrikaans gaan net groei by Wikisource as ons daadwerklik inhoud daar begin plaas. Wat sensuur betref, dink ek dis teenstrydig met Wikipedia (en neem ek aan, Wikisource) se beleid dat sensuur onaanvaarbaar is. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 16:12, 14 Julie 2017 (UTC)
== Ons wiki word ingehaal deur Skots ==
Naand alle medebydraers! Kan ek mooi vra dat ons bietjie "mielies gooi" die naweek met nuwe artikels?
Afrikaanse wiki ([https://meta.wikimedia.org/wiki/List_of_Wikipedias op 45 500]) word vinnig ingehaal op die ranglys deur die Skotse wiki (op 45 474), hulle is tans net 26 artikels agter ons! Gelukkig is ons [[Punjabi|Wes-Punjabi]] ver voor met 1100 artikels. Dankbaar, --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 09:35, 24 Junie 2017 (UTC)
:Dankie almal, ons staan op 46 056 en is nou weer '''287''' voor Skots! --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) opd 20:32, 19 Julie 2017 (UTC)
== Geen bron ==
Die [[:sjabloon:Geen bron]] het eintlik net na beelde sonder bronne verwys. Ek het dit verander en 'n parameter bygevoeg. <nowiki>Gebruik gerus {{Geen bron}} indien 'n artikel glad geen bronne vermeld nie en {{Geen bron|beeld}} indien 'n beeld sonder bron is.</nowiki>
--[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 22:10, 23 Junie 2017 (UTC)
== [[Tortelduif]] en [[Streptopelia]] ==
Is [[Tortelduif]] nie die Afrikaanse naam vir [[Streptopelia]] nie? Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 16:15, 26 Junie 2017 (UTC)
:Voorheen was minstens een spesie in die genus nie 'n tortelduif in die ware sin nie. Nou kan jy dit skuif, alhoewel sommige ook as ringduiwe bekend staan. Aangesien ''S. capicola'' soms net tortelduif genoem word, kan Ringduif of ''Streptopelia'' 'n gepaste bladnaam wees. [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 18:14, 29 Junie 2017 (UTC)
== ''Ace pilot'' ==
Wat is dit in Afrikaans: Bobaasvlieënier? Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 14:04, 27 Junie 2017 (UTC)
: Baasvlieënier of kampioenvlieër, miskien? Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 14:13, 27 Junie 2017 (UTC)
::Topvlieënier? [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 15:42, 27 Junie 2017 (UTC)
:::Kampioenvegvlieënier? Word dit nie "toegeken" aan vegvlieëniers wie meer as vyf vliegtuie afgeskiet het nie? [[Gebruiker:Sobaka|Sobaka]] ([[Gebruikerbespreking:Sobaka|kontak]]) 18:59, 27 Junie 2017 (UTC)
::::Ja, die titel is ter sprake met 5 of meer oorwinnings. Geniet julle mense die vliegtuig artikels? Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 19:03, 27 Junie 2017 (UTC)
:My ou klein goedkoop woordeboekie stel ''Baasvlieënier'' voor. Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 07:20, 28 Junie 2017 (UTC)
== Artikel te skrap op Wikiquote ==
[[q:Free_online_article_spinner_rewriter_list]] asb. [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 19:00, 28 Junie 2017 (UTC)
: Dankie, 'n anderstalige administrateur het dit uit die weg geruim. [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 19:19, 29 Junie 2017 (UTC)
== Wikidata changes now also appear in enhanced recent changes ==

Hello, and sorry to write this message in English. You can [[mw:User:Lea_Lacroix_(WMDE)/Wikidata_in_enhanced_recent_changes|help translating it]].
Starting from today, you will be able to display Wikidata changes in both modes of the recent changes and the watchlist.
'''[[mw:User:Lea_Lacroix_(WMDE)/Wikidata_in_enhanced_recent_changes|Read and translate the full message]]'''
{{Int:Feedback-thanks-title}} [[user:Lea Lacroix (WMDE)|Lea Lacroix (WMDE)]] 08:33, 29 Junie 2017 (UTC)
(wrong target page? you can [[m:User:Lea Lacroix (WMDE)/List Wikipedias|fix it here]])

== Rem tene, verba sequentor. ==
Vriende, gebruikers en veral Latynkenners soos [[Gebruiker:Jcwf]] en [[Gebruiker:Voyageur]].
Ek gaan my nou maar na die Wikipediakamp rig, want ek twyfel of die Taalkommissie oor die vermoëns of intellek beskik.
''Rem tene, verba sequentur.''
Voorgestelde vertaling: ''As jy jou storie ken, kom die woorde vanself.''
Ek hou van die verhelderende vrye vertaling (juis weens die matige woordspeling), maar "jou storie ken" proe na 'n Anglisisme. Die Amerikaners ken "he knows his stuff", maar nie "he knows his story" nie. Die Britte ken skynbaar nie een nie. Google lewer net 14 resultate op van "as jy jou storie ken", maar 443 vir "jy moet jou storie ken". Dit lyk vir my eerder na Suid-Afrikaanse Engels; die Engelse koerantkoppe dien as bewyse. Dit roep die vraag op: wie het wie nou beïnvloed? Is dit 'n Boerisme/Afrikanerisme wat byval onder die Engelse gemeenskap gevind het? Is dit 'n ontleen-en-terugleen soos ons tog so gereeld tussen die Nederlanders en Franse vind?
Sou "As jy seker is van jou saak, kom die woorde vanself" miskien beter wees? Of "As jy jou feite agter mekaar het, kom die woorde vanself" / "As jy weet hoe die ding inmekaarsit, kom die woorde vanself" / "As jy weet waarvan jy praat, kom die woorde vanself"? Of moet ons verkieslik die aanhaling ten nouste met [[Cato die ouere|Cato]] se bedoeling behou?
Want die Nederlanders bied ander vertalings: ''Ken je onderwerp, de woorden zullen volgen''. Ook ''wie eenmaal weet, wát hij te zeggen heeft, zal ook het hoé wel vinden.'' Dus: Iemand wat wéét wat hy wil sê, sal die regte woorde vind. Ook: "As jy die beeld voor jou het (dus, in jou kop), kom die woorde vanself."
Die [https://de.wikipedia.org/wiki/Liste_lateinischer_Phrasen/R#Rem Duitse Wikipedia] lewer: ''Beherrsche die Sache, die Worte werden dann schon folgen.'' [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 09:24, 29 Junie 2017 (UTC)
: Klink amper soos "waar die hart van vol is, loop die mond van oor". Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 18:29, 29 Junie 2017 (UTC)
:: Dit gaan blykbaar oor een van die grondbeginsels van die retoriek - Cato pleit hier vir vrye rede, eerder as om van 'n manuskrip af te lees. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 19:04, 29 Junie 2017 (UTC)
::: Ek wens net dat die jongman soms in Afrikaans wil skryf sodat ons oues van dae ook iets kan verstaan.... Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 19:27, 29 Junie 2017 (UTC)
Nou goed, [[Gebruiker:Oesjaar]]. Sonder raaisels, in doodgewone Afrikaans.
1. Ek het binne drie dae die verwerkte proefskrif van 244 bladsye deur F. P. van der Merwe deurgelees. Vandag afgehandel op 30 Junie om 16:41. Getiteld ''Die vertaling as kuns: die grense en moontlikheid van vertaling''. Skaars enkele maande na sy gradeplegtigheid (''promovering'') is hy oorlede (1956). Die SAUK het dit goedgedink om postuum sy verhandeling uit te gee (1958), as blykie van waardering. Dit is dus in die openbare besit, hoewel ek onseker is hoe lank [[Universiteit van die Witwatersrand|Wits]] gaan draai om sy proefskrif op te laai (dit sal my baie tyd spaar). Fritz van der Merwe is dood in sy fleur, min of meer 38 jaar, as ( http://esat.sun.ac.za/index.php/F.P._van_der_Merwe ) die waarheid praat. Hoe het die boek in my skoot beland? Dei gratia: '''1).''' 'n skoolbiblioteek moes eers die boek die Dewey-rugkode R839.36VAN gee, wat beteken die boek kon nooit uitgeneem word nie. Die enigste potloodmerke sou dus eendag deur my gemaak word. Was dit so bestem? '''2).''' Toe moes daardie staatskool eers toemaak. Heeltemal. Sluit. '''3).''' Die boek het hier rondgependel, daar rondgependel, moontlik selfs op die ashoop op die buurdorp beland. Ek weet nie. '''4).''' Toe besluit iemand om vir 'n geldjie die boek by 'n boekekraampie in te gee. '''5).''' En op 'n sonnige dag, met 'n fris windjie, plak ek my pet op en skoert soontoe. Ek betaal toe nie eers R5,00 vir hom nie.
2. In hierdie proefskrif behandel hy absoluut alles wat ek omtrent vertaling wil en wou weet. Hy gee besonder min aandag aan Duits en Duitse bronne (wat hy wel baie goed magtig is), maar trakteer die leser met 'n oordaad Franse en Italiaanse en Engelse voorbeelde. Die Franse en Italiaanse vertalings van die aanhalings word in die bylaag verskaf.
3. [[Gebruiker:EvZ]] het in 2012 sy aandag gewy aan die [[Letterlike vertaling]]s en [[Betekenis-vir-betekenisvertaling]]s. Hy het nie gekyk na [[Vrye vertaling]]s nie. Ook nie sogenaamde "integrale vertalings" (wat waarheidgetrou) is nie. Van der Merwe kyk wel indringend hierna. EvZ is bietjie bevooroordeeld teenoor letterlike vertalings d.m.v. wat hy uit die Engelse Wikipedia vertaal het. Letterlike vertalings het hul nut: hoe leer jy dan 'n rou student om Franse sinne en grammatika en betekenisse te leer? Van die ou ''Teach Yourself''-boeke gee jou die letterlike vertaling, asook die waarheidsgetroue vertaling wat die werklike bedoeling en gees adem. In sekere opsigte kan Afrikaans letterliker uit Frans vertaal. Soos: ''de petit yeux'' kan jy in sekere opsigte nie "little eyes" bedoel nie, maar "small eyes". In Afrikaans is "ogies" of selfs "klein ogies" ewe toelaatbaar, want ons het geen ander adjektiewe woorde wat verwarring kan bring nie. Hy sê ook sekere tekste maak letterlike vertalings moontlik, sonder om inbreuk op die Afrikaanse taaleie of Italiaanse bedoeling te maak. Hy vertaal byvoorbeeld ook die volgende Italiaanse gedig byna woord vir woord:
{| border="0"

| valign="top" align="left" | '''Italiaans'''
| valign="top" align="left" | '''Afrikaans'''

| valign="top" align="left" style="background-color:#EEEEEE" | Notte e giorno faticar,
| valign="top" align="left" style="background-color:#FFFFFF" | Nag en dag laat hy my sloof,

| valign="top" align="left" style="background-color:#FFFFFF" | senza nulla sa gradir;
| valign="top" align="left" style="background-color:#EEEEEE" | sonder dat hy iets waardeer.

| valign="top" align="left" style="background-color:#EEEEEE" | piove e vente sopportar,
| valign="top" align="left" style="background-color:#FFFFFF" | Reën en wind gaan oor my hoof,

| valign="top" align="left" style="background-color:#EEEEEE" | mangiar mal e mal dormir.
| valign="top" align="left" style="background-color:#FFFFFF" | kos en slaap moet ek ontbeer.

As jy gedink het dit is nie meesterlik nie, probeer die volgende vertaal (Tennyson):
:''The long day wanes: the slow moon climbs: the deep''
:''Moans round with many voices.''
Ek kan nie, Van der Merwe kan:
:''Die lang dag sterf: die maan styg traag: die dieptes''
:''Kreun alom met baie stemme.''
4. My gunstelinghoofstuk is natuurlik "vrye vertalings". Om op te som: Vreet die teks op, kou dit, smaak dit, spoeg jou eie woorde uit. Om vryelik om te gaan met die woord. Dit is waar ek '''''Rem tene, verba sequentor''''' die eerste maal teëkom. Jy kry knap verbeterings, soos wat Elizabethaanse North met Amyot se werk gemaak het - 'n voorliefde vir die presiese besonderheid wat 'n gloeiende werklikheid verleen aan die woorde:
:''...donques arrivé sur le bord du peril'' [min-of-meer letterlik: en daarom aankom op die randjie van die gevaar]
:''...being come now to the swordes point''
Waarom was hy so goed met die vertaling? Want hy was self op die slagveld!
'''Maar! Vrye vertalings is ook gevaarlik!''' Hulle is vatbaar vir die volgende: anachronismes; uitbreiding; 'n groter omhaal van woorde; versierings; verdubbeling; betekenis-uitbreiding; willekeurige byvoegings van idees; styltruuks; omkering van die sin (inversie); verduideliking van terme; lesse vir lesers; weglatings; die invoering van eie idees; nadere omskrywings en waardeskatting van persoonlikhede; die aan die dag lê van persoonlike smaak; vooroordele en opvattings; die wysiging van godsdienstige opvattinge; eufemistiese wendinge; die naturalisering van die vorm en inhoud van die oorspronklike; die vervanging van die konkrete deur die abstrakte; die verlening van 'n Afrikaanse agtergrond aan die vertaling; die verhoging van die nadruk en vergroting van gegewens; die oordrywing van die toon; versnelling van handelinge deur die sinsritme; die gebruik van meer adjektiewe as die oorspronklike; die opoffering van bondige woordgebruik aan 'n woordespel; die aanpassing van die gees van die oorspronklike by die gees van die (huidige) tydsgees; die gebruik van inheemse idiome in die plek van direkte taal; die vernietiging van die ewewig en ritme van die oorspronklike; die stel van 'n Afrikaanse of moderne beroep in die plek van 'n Franse (byvoorbeeld uit die Middeleeue), ens.
5. Ag, Van der Merwe behandel 'n hele klomp goed wat eintlik retoriese vrae is. Wat is beter: die geheel, of die som van die dele? Wie is belangriker: die toeganklikheid vir die deursnit leser, of die werk self (slegs die ingeligtes sal die vertaling verstaan)? Niks kan presies vertaal word nie vs. alles kan vertaal word. Is vertalings maar plaasvervangers/surrogate soos sigoreikoffie vir die egte, gesogte produk? Is vertalings bloot 'n Rorschachtoets van die vertaler? Waarom bestaan leenwoorde en leenvertalings? Waarom neem sekere tale makliker uit ander oor (soos Engels) as ander (Frans en Afrikaans in die 1950's)? Waarom is daar volkseie woorde wat gemunt word? Waarom word aangevoer Shakespeare in Duits is beter as Shakespeare in Engels self? Kan tale mekaar aanvul? Wat van taalleemtes? Hoe boots mens klankpatrone na? Het die vertaler te make met visuele digters of musikale digters? Kan 'n meesterlike vertaling terugvertaal word na die oorspronklike taal? Omdat taaltydperke verskil - Renaissance, Barok, Klassisisme, Romantiek, Neogotiek, Naturalisme, Realisme, Modernisme, Postmodernisme, ens., hoe moet vertaal word: moet ons "hoog skryf" as ons Barok of idealistiese Sturm-und-Drangwerke vertaal (dus, die werke van woordkunstenaars), of moet ons die spreektaal in Afrikaans gebruik? Hoe vertaal mens gedeelde woorde in Afrikaans en Nederlands, soos "subiet" wat [[:nl:Gezonken_cultuurgoed|gesonke kultuurgoed]] is in Nederland, teenoor "direk"; d.w.s. woorde wat eers deur die Adel en hoëlui gebruik is, maar toe deur die minder ontwikkeldes oorgeneem en daarom doelbewus deur die oorspronklike sprekers in Nederland vermy word (waarvan die Afrikaanssprekende salig onbewus is)? En wat van Afrikaans wat slegs die laasgenoemde paar internasionale literêre tydperke beleef het? Hoe gemaak met taalouderdom en dialektiek: Duits, Engels en Nederlands kan 'n woord uit 1300 uit 'n uiters afgeleë dialek gebruik om ou betekenisse weer nuut te klee uit 'n betrokke tydperk en tydsgees. Wat kan Afrikaans hieraan doen - gaan ons outomaties 'n Hollandse woord maar aanhaal? Van der Merwe kla steen en been net soos Suidpunt (die nimlike ekke) oor resensies van vertaalde produkte waar meer op die inhoud en styl as op die vertaling self gefokus word.
6. Van der Merwe bevind uit die 3 000 gevalle van foutiewe taalgebruik wat hy identifiseer het was direkte vertalings uit Engels, en elke keer "geykte uitdrukkings" soos ons in woordeboeke kry. Die rede vir al die -ismes is eenvoudig: die onvermoë om die bronteks te begryp, die onvermoë om die bronteks waarheidsgetrou in die doeltaal oor te sit. Belangrik: WOORDEBOEKE GEE SINVERWANTE WOORDE, MAAR NIE BEGRIPSGELYKES NIE - dit moet leksikograwe ook onthou. Dit wil sê: sinonieme is goed, maar die vertaler moet steeds die KONTEKS en BOODSKAP begryp, voor hy vertaal.
7. Hy raai jongmense aan om liefs nie gedigte te vertaal waarvoor hulle nie opgewasse genoeg is nie. Jy moet eers lewenservaring opdoen en tot sekere insigte kom voordat jy jou hand waag. Sekere gedigte verg emosionele volwassenheid waarvoor jy geen woordeboek kan insluk en oornag aanleer nie. (Eintlik baie wat C.L. Leipoldt geskryf het vir die klomp gedigte wat aan skoolkinders voorgeskryf word, wat hulle nie kan ervaar, begryp en waardeer nie; nie soos 'n kind rymboekies en kinderverse waardeer nie). En vertaal eers jou werk klaar - DAN eers kan jy ander vertalings raadpleeg.
8. 'n Interessante wenk wat hy gee uit 'n vertaalde Franse aanhaling: vir elke vreemdtalige boek wat jy lees omtrent 'n onderwerp, moet jy twee boeke oor dieselfde onderwerp in die doeltaal deurlees. (Gaan nogal broekskeur in Afrikaans as ons wonderlike akademici vernaamlik in Engels publiseer...).
9. Laastens glo hy Afrikaans sal soos Nederlands van die laat-1800's eers begin opbloei as ons goeie literêre vertalings het. Daarvan het ons beslis 'n oorvloed gehad in die 1960's tot 1970's; hoewel niemand dit gelees het nie. (Miskien omdat die vertalings dikwels ongelukkig(!) maar stokkerig was). Ek moet wel sê, die Franse skryfstyl van die 1960's het die litte bietjie losgemaak.
10. Dit irriteer my wel wanneer hy skryf:
:''Wat wel van belang is, is om...''
Want dit klink Engels: "What is really important, is to..." STOPWOORDE! PLUISWOORDE! ONNODIGE BYSINNE! ONNODIGE KOMMAS! MIELIEPITTE IN 'N SOKKIE! BEL DIE DOKTER!
:''Dit is wel belangrik om...'' '''Kort en kragtig.''' [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 18:28, 30 Junie 2017 (UTC)
==Lua?==
Ek probeer om die regeringshoofde van Frankryk vanaf fr.wiki te vertaal, maar dit bevat 'n tydlyn wat met 'n #tag:timeline ingeroep word. Is dit 'n lua-module? Sien [[Lys_van_regeringshoofde_van_Frankryk#Frise_chronologique]] Ek weet niks van daai goeters en sou hulp op prys stel. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 20:53, 3 Julie 2017 (UTC)
: Nee, die tydlyn was gewoon gebreek omdat die Afrikaanse Wikipedia nie die nodige sjablone gehad het om dit af te beeld nie. Ek het dit nou ingevoeg vanaf die Franse Wikipedia. U kan [https://www.mediawiki.org/wiki/Help:Magic_words#Miscellaneous hier] meer lees oor hoe #tag gebruik word tussen parser functions. [[Gebruiker:Adriaan Joubert|Adriaan Joubert]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan Joubert|kontak]]) 21:05, 3 Julie 2017 (UTC)
::Dankie! [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 21:56, 3 Julie 2017 (UTC)
== Verzoek om verbetering artikel ==
Beste Afrikaner Wikipedianen, mijn excuses dat ik in het Nederlands schrijf, ik ben uw taal niet voldoende machtig. Ik hoop dat u dit bericht wel kunt interpreteren. Op het OTRS-systeem (het internationale mailsysteem van Wikimedia) is een e-mail binnengekomen met de vraag een bepaald artikel te verbeteren. Ik kan niet oordelen over het verzoek. Ook kan ik het verzoek vanwege de vertrouwelijkheid van alle OTRS-mail niet openbaar maken. Wil iemand van u hiermee helpen? Wilt u dan een e-mail sturen naar het OTRS systeem, [email protected], met in het onderwerp "Ticket#2017030310016128". Dan vraag ik aan de persoon die gemaild heeft of de mail mag worden doorgestuurd aan u, zodat u het verzoek kan beoordelen en eventueel verwerken. Bij voorbaat hartelijk dank en met vriendelijke groet, [[Gebruiker:Hetty Pangel|Hetty Pangel]] ([[Gebruikerbespreking:Hetty Pangel|kontak]]) 21:51, 3 Julie 2017 (UTC)
:Inmiddels is een reactie binnen. Verder hoeft niemand te reageren, 1 persoon is voldoende, dank u! Met vriendelijke groet, [[Gebruiker:Hetty Pangel|Hetty Pangel]] ([[Gebruikerbespreking:Hetty Pangel|kontak]]) 22:12, 3 Julie 2017 (UTC)
:: Ek het 'n e-pos gestuur en is bereid om te help (indien dit nog nodig is). Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 06:49, 4 Julie 2017 (UTC)
== Weesbladsye ==
Op 31 Julie 2017 het ons 2640 [https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Spesiaal:EensaamBladsye&limit=500&offset=2500 weesbladsye] gehad. Talle daarvan kan maklik 'n skakeltjie kry, soms deur net die soekfunksie (met die vergrootglas) te gebruik. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 17:56, 1 Augustus 2017 (UTC)
== Afrikaanse alfabet ==
Is daar enige rede vir dié volgorde van die rasse in die info-kassies by voorstede, dorpe, stede en lande, buiten dat dit die volgorde in Engels is? Swart, Kleurling, Indiër/Asiër, Blank, Ander. (Black, Coloured, Indian, White) En indien nie, kan ons die volgorde Afrikaans maak? [[Gebruiker:Morne|Morne]] ([[Gebruikerbespreking:Morne|kontak]]) 12:57, 3 Augustus 2017 (UTC)
: Sonder om na die wysigingsgeskiedenis te kyk, raai ek dat die huidige volgorde 'n oorblyfsel is van die Engelse volgorde. Ek ondersteun 'n wysiging wat die volgorde alfabeties in Afrikaans maak. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 13:53, 3 Augustus 2017 (UTC)
:{{ondersteun}} [[Gebruiker:Puvircho|Puvircho]] ([[Gebruikerbespreking:Puvircho|kontak]]) 10:45, 7 Augustus 2017 (UTC)
::{{ondersteun}} [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 11:03, 7 Augustus 2017 (UTC)
:::{{ondersteun}} en reeds {{uitgevoer}} --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 15:06, 30 Augustus 2017 (UTC)
::::Ons kan dit volgens persentasie sorteer, soos die tale. Dis die beste oplossing, dink ek. Groete. [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 18:50, 24 Augustus 2017 (UTC)
== Die era van robotte op die Afrikaanse Wikipedia het aangebreek ==
Hi julle. Ek het uitgewerk hoe om basiese teksvervanging via [[Gebruiker:KabouterBot]] uit te voer. Is daar enige take wat julle aan die robot wil gee? [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 10:08, 7 Augustus 2017 (UTC)
: Ek sien so! Goed gedoen! Kan mens die bot gebruik om nuwe artikels te integreer, dus sodra nuwe artikel verskyn, neem sy naam en soek in elke artikel waar die woord die 1ste keer voorkom en verander dié woord na 'n skakel? Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 11:06, 7 Augustus 2017 (UTC)
:: Hi Oesjaar, ek glo so. Maar wat as die woord in die artikel na 'n ander betekenis van die woord verwys? Dit is dalk 'n bietjie van 'n ingewikkelder probleem as wat ek tans kan programmeer, maar dit is in prinsiep moontlik. Die robot sal na die konteks waarin die woord gebruik word, moet kyk. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 11:24, 7 Augustus 2017 (UTC)
::: My voorstelle (as ek nou reg dink...):
* vir dit > daarvoor
* met dit > daarmee
* op dit > daarop
* van dit > daarvan
* deur dit > daardeur
* binne dit > daarbinne
* aan dit > daaraan
* agter dit > daaragter
* benewens dit > daarbenewens
* by dit > daarby
* na dit > daarna
* oor dit > daaroor (wees maar versigtig vir dié een)
* teen dit > daarteen
* uit dit > daaruit
As dit kan: probeer 'n sin wat met "Om dit te..." begin te ignoreer - juis daarom het ek "om dit > daarom" nie gelys nie.
Hierdie ou taalgoggatjies wil ek graag met plaagbestryding ombring; kan dit moontlik gebeur? [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 11:13, 7 Augustus 2017 (UTC)
: Hi Suidpunt, ek dink hierdie behoort maklik te wees en ons kan dit dus prioritiseer. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 11:24, 7 Augustus 2017 (UTC)
''.."Die gedagte agter dit alles," het ds. De Klerk later geskryf, "was evangelisasie...'' ->"Die gedagte '''''daaragter alles'''''," het ds. De Klerk later geskryf, "was evangelisasie. ?
:Trouens kan 'n bot ook 'n [[huis]] bou? Ek is robotoskepties. Ek het bots baie skade sien doen.
[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 11:59, 7 Augustus 2017 (UTC)
Hallo daar! Ek is op soek ná 'n robot wat twee dinge kan doen:
# Maak al die gemors by Lêername reg, sien [[Wikipedia:Geselshoekie/Argief2017/2#Lêername]]. Dis nie nodig dat in ons artikels sondertekens en "_" by Lêername is nie. Dit moet soos skakels ná artikels behandel word: suiwer! Veral by voorbladartikels is dit nie aanvaarbaar nie, sien [[Wikipedia:Riglyne vir voorbladartikels]]: "(d) Netjies leesbare wikisintaks (bv. goeie spasiëring)."
# Bestry vandalisme teen die Afrikaanse Wikipedia op Wikidata. Anonieme gebruikers kan op Wikidata taalskakels sonder probleme of rede verwyder en ons by die Afrikaanse Wikipedia sien daarvan niks! Dis veral die ''tag'' "new editor removing a sitelink", sien bv. [https://www.wikidata.org/wiki/Special:Contributions/37.111.9.107 hier].
Kan jy robot dalk help? Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 12:02, 7 Augustus 2017 (UTC)
::En ja,hoor, die robotgemors het reeds [https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Edvard_Grieg&diff=prev&oldid=1583616 begin]. Nee, Edvard Grieg is nie 147 jaar oud nie. Hy is dood. Hoeveel verslegterings het jou bot nog meer aangerig K175? Is daar 'n noodstop-knoppie? Want dit behoort daar te wees. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 12:37, 7 Augustus 2017 (UTC)
:::Gee [[Gebruiker:K175]] 'n kans asb! Dit is net mense wat niks doen wat nie foute maak nie! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 12:46, 7 Augustus 2017 (UTC)
:::: Dankie vir al die terugvoer en terugrolle (@[[Gebruiker:SpesBona]]). Die robot loop tans semi-outomaties, wat beteken dat ek oorsig lewer terwyl dit loop. Die huidige taak is nou voltooi: geboortedatums in inligtingskasse van musici is nou vervang met {{ss|GDEO}} sodat die ouderdom agteraan gewys word. '''Daar is nou geen meer geboortedatums in hierdie bladsye wat nie 'n ouderdom wys nie.''' 'n Paar probleme het tydens uitvoer van die taak opgeduik: dooie mense se ouderdomme is bereken en 'n paar bladsye wat nie verband hou met musici nie is gewysig. Hierdie foutiewelike wysigings is volgens my kennis almal teruggerol. Die robot gaan nie nou weer hardloop totdat ek dit weer 'n taak gee nie. Ek gaan volgende kyk na Suidpunt se voorstel, maar eers later wanneer ek weer tyd het. En dan kan ons dit ook maar stadig vat. Groete. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 12:53, 7 Augustus 2017 (UTC)
:::Ek is die Duitser wat alles kritiseer, dis my werk... Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 12:55, 7 Augustus 2017 (UTC)
Ons moet die Engelse spreekwoord "''To err is human, but to make a real foul-up takes a computer''" onthou. [[Gebruiker:Martinvl|Martinvl]] ([[Gebruikerbespreking:Martinvl|kontak]]) 11:07, 8 Augustus 2017 (UTC)
: Hallo [[Gebruiker:K175]], en dankie vir die moeite om dinge te verbeter. Ek wil ook maar net my opinie gou noem: bly asb. weg van volledig geoutomatiseerde wysigings. Eenvoudige soek en vervang van "verkeerde" met "regte" teks sal amper altyd êrens 'n fout maak. Sorg asb. dat elke wysiging nagegaan word totdat daar báie groot sekerheid is dat die robot nie droogmaak nie. 'n Robot wat 99% van die tyd nié droogmaak nie se 1% kan foute vinniger maak as wat enige individu maklik kan regmaak, juis omdat al die 99% ook nagegaan moet word om te weet waar die foute is. Daar is bv. dinge wat aanhalings is uit ander tale, liedjies se name, plekname, eiename, en selfs dinge wat as foute bedoel is wat nie gewysig moet word nie. 'n "Eenvoudige" geval soos "op dit" -> "daarop" sal seker veel meer as 1/100 keer 'n verkeerde wysiging wees. Bv. "Hy was trots op dit wat hy vermag het.", "Konsentreer op dit wat saak maak.", en as mens nog agterlosig is, selfs dinge soos "Ek ho'''op dit''' sal werk." Robotte kan ons geweldig help, maar kan ook skade doen. Gebruik goeie oordeel, maar begin gerus stadig en wag vir terugvoer voordat honderde veranderinge ongedaan gemaak moet word. 'n Fyner punt is dat ek baie keer 'n soektog vir swak taal gebruik om artikels te kry om geheel te hersien, wat veel beter is as om slegs een klein saak te verbeter. En bly tog weg van enigiets wat net dalk 'n saak van smaak/opinie is. Ek hoop dit help! --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 17:48, 12 Augustus 2017 (UTC)
:: Alias, dankie vir jou inset. Dit lyk my die robot sal nuttiger wees by die wysiging van bronteks wat nie sigbaar is aan lesers nie (bv. sjablone en kategorieë in die bronteks). Ek stem saam dat taalkundige wysigings tans maar alleen met oorsig gedoen moet word (dus nie veel anders as wysiging met Autowikibrowser nie). Ek glo wel dat ons eventueel taalnuanse met robotte kan wysig, bv. daar is moontlik 'n reël wat "op dit wat" betref, en "ek hoop dit sal werk" kan natuurlik met 'n [[regular expression]] hanteer word, maar grootskaalse taalkundige robotwysiging is ideologies en sal nie binnekort moontlik wees nie. [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 18:54, 12 Augustus 2017 (UTC)
=== Roboteers forum ===
Ek stel self baie graag belang om 'n bot te programeer. Is daar tans 'n Afrikaanse speltoetser bot? Wat net basiese spelfoute reg maak? --[[Gebruiker:MickeyDangerez|MickeyDangerez]] ([[Gebruikerbespreking:MickeyDangerez|kontak]]) 20:37, 29 Augustus 2017 (UTC)
::Hiermee stig ek die amptelike [[Wikipedia:Roboteers|Roboteers forum]].--[[Gebruiker:MickeyDangerez|MickeyDangerez]] ([[Gebruikerbespreking:MickeyDangerez|kontak]]) 21:04, 30 Augustus 2017 (UTC)
: Ons al vantevore oor robotte gepraat. Kom ons hou maar by die bestaande bladsye en vee joune uit. --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 19:21, 31 Augustus 2017 (UTC)
== {{ss|Sterfdatum en ouderdom}} vervang met {{ss|SDEO}} ==
Hi julle, mag ek maar alle gevalle van {{ss|Sterfdatum en ouderdom}} met {{ss|SDEO}} vervang (vir leesbaarheid van bronteks)? [[Gebruiker:K175|K175]] ([[Gebruikerbespreking:K175|kontak]]) 16:29, 7 Augustus 2017 (UTC)
:Hallo daar! Nee, dis nou onnodige werk. Ek hou nie daarvan indien 'n direkte skakel in 'n aanstuur verander word nie, dit geld ook vir <nowiki>[[Suid-Afrikaanse]] ipv. [[Suid-Afrika]]anse</nowiki>. Nie almal weet wat SDEO beteken nie, dus verbeter dit nie die leesbaarheid van die bronteks nie. Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 21:40, 7 Augustus 2017 (UTC)
== Organiese chemie ==
Die artikel [[Organiese chemie]] was sedert 2004 niks anders as 'n (taamlik groot en lukraak) versameling rooi skakels nie. Nouliks teks, geen prentjies of verwysings. Tog het dit 5-6 treffers per dag gekry en in die skooltyd (Mei) soms 15-17 per dag... maar die arm kinders het verniet gekom.. Organies is nie my gunsteling-chemie nie, maar ek het geprobeer om hiervan 'n waardevolle storie te maak. Alle skakels is nou blou, maar ek moet beken dat dit dikwels nie meer as blou saadjies is nie.
[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 03:47, 8 Augustus 2017 (UTC)
:Dankie en goed gedoen! Elke bietjie help! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 05:38, 8 Augustus 2017 (UTC)
::Dankie Jaap! Dit verg moed om so 'n artikel te verbeter...--[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 08:00, 8 Augustus 2017 (UTC)
== Orania-artikel verder vertaal ==
Goeiedag, die afgelope 10 dae het ek die (hele) Engelse artikel van ''Orania'' na Afrikaans vertaal, omdat die [[Orania|Afrikaanse weergawe]] baie foute bevat. Die vertaling staan op [[Gebruiker:I90Christian/Werkblad]]. Die teks het nog 17 rooi skakels, maar hulle gaan nog blou word. Aangesien dit 'n vertaling vanuit Engels is, kan daar plek-plek foute ingesluip het. Kan iemand miskien help om foute uit die teks te haal? Dit sou fantasties wees as julle kon help! [[Gebruiker:I90Christian|I90Christian]] ([[Gebruikerbespreking:I90Christian|kontak]]) 21:15, 9 Augustus 2017 (UTC)
:Nota: ''Die nuutste weergawe is by [[Orania]] beskikbaar, nadat 5 bydraers dit beet gehad het!''
Nog 'n vraag van dieselfde tipe: ek het [[Special:ContentTranslation]] gebruik om [[katjie]] te skep, en ek weet nie presies hoe ek krediet vir die Engelse artikel moet gee nie. --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 18:06, 15 Augustus 2017 (UTC)
:Wat ek doen is onder 'n opskrif "Verwysings" die [[:sjabloon:Wikivertaling]] gebruik. (Sien:[[Groot Ljachof-eiland]] wat ek gister vertaal het) Ek gaan terug na die oorspronklike storie en kliek "permanent link" om die "oldid" te kopieer. Maar ander mense het ander metodes hier. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 18:31, 15 Augustus 2017 (UTC)
::Baie dankie vir almal (en in die besonder vir Aliwal2012, JMK, WinstonZA en K175) wat die afgelope dae bygedra het en die artikel verder verbeter het! [[Gebruiker:I90Christian|I90Christian]] ([[Gebruikerbespreking:I90Christian|kontak]]) 12:19, 20 Augustus 2017 (UTC)
== Wat maak mens met geweldige lang boekname? ==
Salve / Hallo / Goed dankie. / Skink maar koffie.
Ek praat nou nie oor ''[[Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het]]'' nie. Ook nie ''[[Soll die plattdeutsche Sprache gepflegt oder ausgerottet werden - Gegen Ersteres und für Letzteres]]'' nie. Ek bedoel nou hierdie laaaang titels, soos ''Antidotarium gandavense nobilissimi amplissimique Senatus Iussu, denuo correctius editum''.
Of ''Meditationes de prima philosophia in quibus Dei existentia et animae humanae a corpore distinctio, demonstrantur.'' Deur René Descartes, terloops.
Of Johann Schreyer (Chirurgi) se [haal lekker diep asem, ruik die see en skulpies]:
''Neue Ost-Indianische Reisz-Beschreibung von Anno 1669 bis 1677, handelnde von unterscheidenen Afrikanischen und Barbarischen Völkern sonderlich derer an dem Vor-Gebuerge Caput bonae spei sich enthaltenden so genanten Hottentoten. Lebens-art/Kleidung/Haushaltung/Ehestand/Rinder-Zucht/Aber-Glauben/Leibes-Ubung/Kriegs-Ruestung/Tanzen/Handel und Gewerbe/Wohnungen/Tod und Begraebnis/u.d.g. Und dann von unterscheidenen umbliegenden Provinzen und ihrer Situation, Fruchtbarkeit und Nahrung / Alles mit sonderbaren Fleiß auf eigener Erfahrung von dem Auctore zusammen getragen, und zum Druck befordert.''
O, boonop op dieselfde blad, as jy dit nog sou mislees: Gedruk in Leipzig deur Verlegts Johann Christian Wohlfart in Anno 1681.
Maar net gewonder... [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 20:43, 17 Augustus 2017 (UTC)
== Dagga ==
Ek het Aliwal se blokkering opgehef. Blokkerings is nie bedoel om jou politieke oortuiging aan die leser op te dring nie. Dit is misbruik Aliwal. Hierdie gebruiker het niks gevandaliseer of wat ook, net 'n storie geskryf waar jy nie mee saamstem nie. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 21:53, 19 Augustus 2017 (UTC)
:[https://https-af-wikipedia-org.0.freebasics.com/w/index.php?title=Daggafarian&oldid=1587027 Vandalisme] gepleeg deur [[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] deur die beskrywing van die hooffoto op [[Daggafarian]] te verander vanaf "Daggafarians sorteer dagga" na "Daggaverspreiders sorteer dagga" wanneer die inhoud van die skryf stuk nie oor die handelsdryf van dagga gaan nie maar die gebruikers kultuur. Informasie wat op [[dagga]] geplaas word, wat verwyder was het geen verwysing om hul akkuraatheid te ondersteun nie. [[Gebruiker:MickeyDangerez|MickeyDangerez]] ([[Gebruikerbespreking:MickeyDangerez|kontak]]) 00:53, 20 Augustus 2017 (UTC)
::"Daggaverspreiders sorteer dagga" is 'n beter byskrif. Maar al die fotos word na my mening foutiewelik aangewend by die artikel, want daggafariër / cannafariër / hennepfariër is 'n verbeeldingsvlug, en dis die rede hoekom dit nie met ander wikis geskakel is nie. 'n Artikel vir spoedige verwydering, en wikipediane se pedantiese hantering hiervan rek die saga onnodig uit. [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 17:21, 26 Augustus 2017 (UTC)
:::'n beter byskrif vir? Daggaverpreiders is nie neutraal nie want dit word impliseer dat hulle handeldryf. Beskrywing op die foto sê net ''Ganja'', het jy dalk gaan kyk voor jy die aantuiging maak dat hul dit versprei? Hul sit iewers in 'n bar. In die publiek. Die woord word hier in die konteks gebruik met die inhoud en is meer neutraal as verspreiders want daar word vermoed dat hul verspreiders is maar hul [[daggafarianisme]] kan nie betwyfel word nie. Dat dit nie geskakel is met ander wikies is nie, is ook nie 'n geldige rede vir verwydering nie, daar is baie gevalle waar sekere artikels nog nie op ander wikies verskyn nie [[:en:Beatnik]] is 'n goeie voorbeeld. Dit verskyn nie op die [[af:wikipedia]] nie.--[[Gebruiker:MickeyDangerez|MickeyDangerez]] ([[Gebruikerbespreking:MickeyDangerez|kontak]]) 18:33, 26 Augustus 2017 (UTC)
Eskalasie na oom Jimmy gaan nie help nie; hy baie groter probleme: China (Sjina) het onder andere Wiki en VPN's geblokeer.All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?oldid=1814614.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.