Revision 1822812 of "Gebruiker:Aliwal2012/Sandput" on afwiki

[[Lêer:2007 Myanmar protests 7.jpg|regs|250px|duimnael|Betogers  in Jangon. Die boodskap op die banier lees ''Nie-geweld : Nasionale Beweging'' in Birmaans]]
[[Lêer:Burma protest march in Chicago.jpg|regs|250px|duimnael|Betogers op pad na die Chinese konsulaat in Chicago]]

Die '''2007 Mianmarese anti-regeringsbetogings''' was 'n golf betogings wat op [[15 Augustus]] [[2007]] in [[Mianmar]] (wat ook as Birma bekendstaan) begin het. Die betogings het begin nadat die regerende militêre junta brandstofsubsisdies opgehef het wat gelei het tot 'n styging in die prys van brandstof van sowat 500%.<ref name ="Monks">[http://www.nytimes.com/2007/09/20/world/asia/20cnd-myanmar.html?adxnnl=1&adxnnlx=1190382862-nwfidVsImsj3gq8IKLx0Ow Monks pressure Myanmar junta].</ref> Die aanvanklike betogings wat deur opposisie politieke aktiviste en studente gelei is vinnig en fel onderdruk en tientalle betogers is gearresteer en aangehou.

Op [[18 September]] is nuwe betogings deur duisende [[Boeddhisme|Boeddhiste monnike]] begin. Nadat die betogings aanvanklik vreedsaam verloop het, het die regering op [[26 September]] in weerwil van internasionale oproepe tot beheersing op brutale wyse ingegryp om die protesaksie te onderdruk.<ref name ="Monks" /><ref>[http://english.aljazeera.net/NR/exeres/4081D23F-F1A4-46AF-BA50-D47FA2B7A4AE.htm UN envoy warns of Myanmar crisis]</ref> As deel van die regeringsoptrede is aandklokreëls in Jangon en Mandalay ingestel, openbare internettoegang is afgesny, [[traangas]] is gebruik om betogings op te breek, honderde betogers is in hegtenis geneem en monnike is geslaan. Daar is ook met masjiengewere<ref>[http://www.burmanet.org/ BurmaNet News], [http://www.burmanet.org/news/2007/09/28/irrawaddy-international-pressure-building-on-burma-lalit-k-jha/#more-9121 Irrawaddy: International Pressure Building on Burma – Lalit K. Jha], besoek op 29 September 2007</ref><ref>[http://abcnews.go.com/ abs NEWS], [http://abcnews.go.com/International/wireStory?id=3658216 Myanmar Soldiers Fire Weapons Into Crowd], besoek op 29 September 2007</ref> op betogers gevuur en 'n aantal betogers en 'n  [[Japan]]nese fotograaf is doodgeskiet. Teen 28 September het die regeringsmagte daarin geslaag om meeste van die massabetogings te onderdruk en moes slegs klein groepies aktiviste verjaag word. Die monnike is daarvan verhoed om verder aan die optogte deel te neem deur deur geslote hekke, doringdraadversperrings en wagte om kloosters.<ref>[http://abcnews.go.com/ abs NEWS], [http://abcnews.go.com/International/wireStory?id=3667300 Troops Take Back Control in Myanmar], besoek op 29 September 2007</ref>

Aangesien die regering buitelandse joernaliste verhinder om die land in te gaan, kom die meeste verslae oor en beelde van die gebeurtenisse van skrywers van [[webjoernaal|webjoernale]] en ander ongeïdentifiseerde bronne.<ref>[http://web.archive.org/web/20071016205754/http://blogs.usatoday.com/ondeadline/2007/09/todays-photo-ja.html Japanese journalist shot to death covering protests in Burma], by die [[USA Today]]. Laaste besoek op 29 September 2007.</ref> Meeste van die land se internetskakels na die buitewêreld is egter tans geknip, selfoonseine word geblokkeer en daar is byna geen telefoniese verbindings nie. Alhoewel die regering die buitelandse media vir die betogings blameer, beweer hulle dat hierdie skielike breuk in kommunikasieverbinding die gevolg is van 'n beskadiging aan die land se onderwaterse, hoof-internetkabel.<ref>[http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7016238.stm Junta tightens media screw] by die BBC-nuuswerf. Laaste besoek op 29 September 2007.</ref>

Die Mianmarse regeringsoptrede is wêreldwyd verdoem en sanksies is deur die [[VSA]] ingestel terwyl die [[Europese Unie]] besig is om bestaande sanksies teen die land uit te brei.  Beswaar is ook in verskeie lande op diplomatieke vlak en by die [[Verenigde nasies]] aangeteken insluitend deur buurlande soos [[Indië]]<ref>[http://timesofindia.indiatimes.com/Political_reform_in_Myanmar_should_be_broad-based_says_India/articleshow/2406090.cms "Political reform in Myanmar should be broad-based, says India"], ''[[Times of India]]'', September 26, 2007</ref> en [[Thailand]].<ref name="BBC in quotes">{{webaanhaling |url=http://news.bbc.co.uk/2/hi/asia-pacific/7014704.stm |titel=In quotes: Burma reaction |toegangsdatum=2007-09-27 |datum=2007-09-27 |uitgewer=BBC News Online }}</ref> Die VSA en die Europese Unie het ook 'n oproep gemaak vir strafmaatreëls, samesprekinge met die  opposisie leier en [[Nobelprys vir Vrede|Nobelpryswenner]] [[Aung San Suu Kyi]] en etniese minderheidsgroepe deur die Verenigde Nasies Veiligheidsraad, maar [[Volksrepubliek China|China]], wat as permanente lid van die Veiligheidsraad vetoreg het, het egter aangedui dat die land nie ten gunste van sulke stappe is nie.<ref name="China-no">[http://thestar.com.my/ The Star, Malaysia], [http://thestar.com.my/news/story.asp?file=/2007/9/27/worldupdates/2007-09-27T052049Z_01_NOOTR_RTRMDNC_0_-297349-1&sec=Worldupdates West seeks U.N. sanctions on Myanmar, China says "No"], besoek op 29 September 2007</ref> [[Rusland]] en China, wat vriendskaplike bande met die Mianmarse regime het, het in Januarie 2007 hulle vetoreg gebruik teen 'n ontwerpsresolusie, wat deur die VSA opgestel is, waarin die junta versoek is om die vervolging van minderhede en die opposisie te staak.<ref name="China-no" />

[[Suid-Afrika]] se [[Nobelprys vir Vrede|Nobelvredespryswenner]] [[Desmond Tutu]] het 'n beroep gedoen op China om in te gryp om "hierdie brutale mans aan te sê om hulle brutaliteit te staak". Hy het bygevoeg dat as Sjina nie sy invloed oor die regering sou gebruik nie hy hom sou skaar by 'n veldtog om die Beijing Olimpiese spele in 2008 te boikot.<ref>[http://www.dn.se/DNet/jsp/polopoly.jsp?d=148&a=698244 Desmond Tutu vädjar till Burmas ledare] Dagens Nyheter, September 28, 2007.</ref>

== Agtergrond ==
=== Militêre diktatorskap ===
Mianmar word reeds sedert [[1962]] deur 'n militêre diktatorskap regeer nadat Generaal Ne Win 'n militêre staatsgreep uitgevoer het en die land vir 26 jaar regeer het. In 1974 is antiregeringsbetogings by die begrafnis van U Thant geweldadig onderdruk.

In 1988 het onrus wat deur ekonomiese wanbestuur en politieke onderdrukking aangewakker is gelei tot grootskaalse prodemokrasie betoging in wat as die ''8888 Opstand'' bekend staan. Honderde betogers is deur die veiligheidsmagte doodgemaak. Generaal Saw Maung het 'n staatsgreep uitgevoer en die ''State Law and Order Restoration Council'' (SLORC) gevorm om die land te regeer. In 1989 het die SLORC [[krygswet]] afgekondig nadat betogings opnuut opgevlam het. Die militêre regering het planne vir 'n algemene verkiesing teen [[31 Mei]] [[1989]] voltooi.<ref>{{webaanhaling|url=http://www.ibiblio.org/obl/docs/pyithu_hluttaw_election_law.htm |titel=PYITHU HLUTTAW ELECTION LAW|werk=State Law and Order Restoration Council |uitgewer=iBiblio.org |datum=1989-05-31 |toegangsdatum=2006-07-11 }}</ref> In Mei [[1990]] is 'n vrye verkiesing vir die eerste keer in byna dertig jaar gehou. Die Nasionale Bond vir Demokrasie (Afkorting: NLD van die [[Engels]]: ''National League for Democracy'') party van [[Aung San Suu Kyi]] het die verkiesing oorweldigend gewen met 392 van die 489 setels. Die verkiesing is egter deur die SLORC, wat geweier het om te bedank, nietig verklaar.<ref>{{webaanhaling|url=http://www.ibiblio.org/obl/docs/Elections-02.htm |titel=1990 MULTI-PARTY DEMOCRACY GENERAL ELECTIONS |werk=National League for Democracy |uitgewer=iBiblio.org| outeur=Khin Kyaw Han |toegangsdatum=2006-07-11 |datum=2003-02-01}}</ref>

Aung San Suu Kyi is onder huisarres geplaas. Tydens haar huisarres is sy in 1990 die  Sakharovprys vir vryheid van denke toegeken in in 1991 die [[Nobelprys vir Vrede]]. Ondanks internasionale oproepe vir haar vrylating is sy is sedert 1990 voortdurend onder huisarres of in aanhouding geplaas en kan tot vandag toe nie vrylik beweeg nie.