Revision 1837074 of "Gebruiker:Aliwal2012/Sandput" on afwiki


==Nuwe wikiprojek vir musikale kunstenaars==

Ek het 'n voormalige projekbladsy by [[Wikipedia:Musikale kunstenaars]] geskep waar riglyne uiteen gesit word m.b.t. die skryf van artikels oor musikale kunstenaars. Wanneer ek nie stry oor die titels van artikels en sjablone nie, gaan ek probeer om hierdie projekbladsy op te dateer om sodoende 'n eenvormige stel artikels oor musikante en musiekgroepe te kry. Die huidige riglyne wat daar staan is volgens hoe die meeste artikels tans geskryf staan, maar alles is natuurlik oop vir bespreking. Ek het bv. die manier hoe ons die oorsprong van 'n musiekgroep skryf, as Dorp X, Provinsie Y (Land Z) vasgestel, aangesien dit is hoe ek die meeste kunstenaars se oorspronge aangedui het. Dit is natuurlik teenstrydig met die formaat vir die artikeltitels oor dubbelsinnige plekname, so as iemand beswaar het, kan ons dit bespreek en sal ek dit op my om-te-doen-lysie voeg om die formaat in al die artikels te wysig. Wel, ek hoop hierdie dra by tot die verbetering van die algehele Wikipedia-projek, lekker naweek vir almal verder. — [[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]] • [[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 12:28, 30 Mei 2009 (UTC)

==SEACOM==

Hi julle

Ek het laas Vrydag 'n atikel begin oor die onderwater kabel aan die oos kus van Afrika wat een van die in diens gestel word. Ek het sedetdien twee beelde(kkarte) gekry oor die projek wat Seacom bevestig ek kan gebruik en ander persone ook kan gebruik. Hoe moet die lisense dinge op Wikecommoms genoem word? 

Adriaan was vinnig om die artikel te proeflees! Adriaan siende dat jy so vinnig is; die verwysings na bandwydte bv. Tbis/s op al my artikels is almal dieselde formaat nie. Wat is die tegnies korrekte formaat?

Anrie: sien Bespreking:Ligbreking asb.

Groete

--[[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 08:55, 1 Junie 2009 (UTC)
:Haai, Oesjaar. Sien gerus [[Wikipedia:Beeldbronne]], veral die inligting onder "in 'n neutedop". As die Ingelse mense is, dan voeg ek gewoonlik die teks wat by [[:Commons:Commons:Email_templates]] te kry is onder aan my e-pos, dan stuur hulle die ingevulde een terug en jy ''forward'' dit dan vir permissions-commons{{@}}wikimedia.org. Sien [[:Commons:Commons:OTRS]] vir wat jy dan by die beeld moet voeg. Dit kan ingewikkeld lyk, so as jy sukkel, sê net, dan help ons waar ons kan.

:Ek sal so gou as moontlik by die ligbrekingbespreking gaan loer. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 09:28, 1 Junie 2009 (UTC)

::Hallo Oesjaar. Alhoewel Tbis/s 'n algemene aanduiding van spoed per sekonde is, glo ek nie dis korrek nie. In die wetenskappe gebruik ons die vorm eenheid·eenheid<sup>-1</sup> bv., net soos ons 'n eksponent by m<sup>2</sup> of by m·s<sup>-1</sup> moet gebruik. Dit mag dalk wees dat die konvensie in die verlede was om die voorwaartse slash te gebruik, maar al my skoolhandboeke gebruik die eksponentvorm. Dit mag egter 'n wisselvorm wees wat beide aanvaarbaar is, en dan is dit geen probleem. Die eksponent-vorm is egter die enigste manier hoe ek dit ken, en deur [[Wikipedia:Voel vry en gaan jou gang|vry te voel en my gang te gaan]], het ek moontlike tegniese inkorreksies gekorrigeer. Verskoon my as ek fouteer het.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 10:30, 1 Junie 2009 (UTC)

:::Adriaan 

:::Ek is self glad nie seker oor die korrekte taalkundige dus hoekom ek vra. In my beroep luister ons net na die waarde en wanneer persone van bv Swede, Engeland, Frankryk besigheid praat waai die korrektheid by die venster uit en die waardes is al wat belangrik is! Ek leer maar by julle oor gramitikale (bestaan daar so 'n woord?) korrektheid! Groete! --[[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 12:01, 1 Junie 2009 (UTC)

:::Dit moet 'n nuwe manier wees van spoed aandui, Adriaan, ek ken dit ook maar slegs as x/s (ook destyds so in wetenskap en elektronika gebruik). [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 12:13, 1 Junie 2009 (UTC)

==Fiela se kind==

Ek is in graad 11, en het hulp nodig met die opsomming van die boek en moontlike eksamen vrae, my email adres gayevdmerwe.magog{{@}}gmail.com, enige hulp sal waardeur word[[Gebruiker:Gaye|Gaye]] ([[Gebruikerbespreking:Gaye|kontak]]) 10:29, 2 Junie 2009 (UTC)

: Hallo Gaye, ek sou jou graag wou help, maar ongelukkig het ek al my gr. 10-notas weggegooi! Ek sal by my vriende uitvind of hulle nog daarvan het. Ek neem aan dis vir die eksamen? Hoe dringend is dit?&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 12:03, 2 Junie 2009 (UTC)

==Waterstof uitgelig==

Ek het gedink waterstof is <sub>1</sub>H (met isotope <sup>1</sup><sub>1</sub>H en <sup>2</sup><sub>1</sub>H=D) en nie H<sup>1</sup> nie. Regsbo is gereserveer vir die lading van die ioon.
[[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 20:16, 3 Junie 2009 (UTC)

:Verwys jy na die beeld? Ek dink dis dalk 'n stylfout - die één links bo is waar die illustrateur die atoomgetal aangedui het. As dit is soos jy sê, het die illustrateur seker nie in ag geneem dat die syfer op daardie plek met die lading verwar kon word nie. Soos ek dit ken, moet ladings egter in elk geval 'n + of - teken bevat, so ek dink nie die één (1) alleen kan regtig as 'n lading geïnterpreteer word nie.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 21:42, 3 Junie 2009 (UTC)

==[[Sjabloon:Argiefboks]]==

Ek het hierdie sjabloon 'n tydjie terug (9 Junie 2007) geskep en op my besprekingsbladsy en op [[Bespreking:Tuisblad]] gebruik. Ek het dit vanaf die Engelse Wikipedia gekopieer. Nou (gister en vanoggend) het ek dit volgens die Duitse weergawe daarvan, wat 'n soek-knoppie insluit, aangepas. Ek het ook bietjie sjablooninfo bygevoeg wat hopelik gebruikers kan help om hierdie sjabloon te gebruik. Dit is eintlik nie so moeilik nie. Enige voorstelle is welkom en ek hoop die sjabloon help om die projek netjies te hou en argiewe georganiseerd.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 22:24, 4 Junie 2009 (UTC)

==Portale, nut of onding?==

Ons gebruik nie portale hier nie - 'n goeie ding in my opinie. Ek verwag dat Wordscape moontlik portale gaan wil skep en ek dink ons moet dit vooraf bespreek. 

Ek het nou bietjie gaan rondkyk en die portale van verskillende wikipedias vergelyk.

Die portaal vir biologie, byvoorbeeld, bevat die volgende onderdele:

#inleding van wat biologie is;
#'n uitgeligte artikel;
##'n uitgeligte biografie
##'n uitgeligte prentjie
#die artikels in die Wikipedia wat tot die vak Biologie hoort;
##die voorbladartikels wat tot die vak Biologie hoort;
##nuwe artikels wat tot die vak Biologie hoort
#'n nuusafdeling wat aktuele artikels uitlig
#take wat verrig kan word
#verwante Wikiprojekte
#verwante portale

Hier is egter niks wat nie volledig deur 'n kategorie of 'n Wikiprojekbladsy gedek kan word nie. Kategorieë het baie potensiaal wat by baie plekke nie volledig benut word nie. Uit die bogenoemde punte kan byna alles by 'n kategoriebladsy bygevoeg word, alhoewel dit in my opinie bietjie ''overkill'' sou wees, by beide 'n portaal en 'n kategorieblad. Verder kan die "take" wat in die vakgebied verrig moet word, maklik in 'n Wikiprojekbladsy saamgevat word, soos byvoorbeeld [[Wikipedia:Wikiprojek Musikale kunstenaars]] of [[Wikipedia:Wikiprojek Anatomie]]. Die kategorie kan dan 'n skakel na die Wikiprojek bevat.

Ek dink ook dat ons enige iets wat konstante opdatering/instandhouding gaan verg moet vermy. Een van die pluspunte van 'n kategorie is dat dit redelik min instandhouding verg. Indien 'n artikel herkategoriseer word (ek het byvoorbeeld onlangs [[Kuiper-gordel]] van [[:Kategorie:Sterrekunde]] na [[:Kategorie:Sonnestelsel]] geskuif), gebeur die herkategorisering op die kategoriebladsye outomaties, waar mens by 'n portaal die skakels met die hand sou moes verwyder en byvoeg. Ek spandeer reeds meer tyd aan administrasie as wat ek sou wou (ten koste van tyd wat aan inhoud spandeer kon word) en indien daar elke week 'n nuwe beeld, artikel en wat alles dan nou nog vir elke portaal uitgelik moes word - ons het bloot nie die nodige mannekrag op die oomblik nie.(Dan was daar ook reeds 'n geval of twee waar iemand verantwoordelikheid vir iets geneem het en dan bloot daarmee gestop het, sonder enige kennisgewing.) 

Dit sou egter nie baie moeite neem om die voorbladartikels in elke kategorie uit te lig nie en die instandhouding daarvan sou werklik so min wees dat mens dit nie moeite sal kan noem nie. Goeters soos "nuwe artikels wat to die vak Biologie hoort" en " 'n nuusafdeling wat aktuele artikels uitlig" is myns insien oorbodig op die oomblik. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 11:07, 16 Junie 2009 (UTC)

: Jip ek stem saam. Ek het aanvanklik geen voorkeur of afkeur vir die idee van portale gehad nie, maar soos jy dit daar stel, glo ek wel dat ons alle verwante inligting in die betrokke kategorie kan sit. Ek gaan die musikale kategorie-e as 'n proef gebruik om te sien hoe hierdie idee verloop. Indien dit goed werk, dink ek sal 'n portaal vir musiek (bv.) erg oorbodig wees en in elk geval te veel werk skep.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 11:37, 16 Junie 2009 (UTC)

::Gebruikers mag net soos in ander projekte steeds hul eie portale of projekte begin mits hulle bereid is om die projek/portaal te koördineer. Ek stel tans self belang daarin om hierdie taak vir die Duitse Litaue-portaal te verrig soos wat my vrye tyd toelaat. Administrateurs moet asseblief net seker maak dat die oprigting van portale op die Afrikaanse Wikipedia tegnies moontlik is, of hulp by ander projekte aanvra. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 12:07, 16 Junie 2009 (UTC)

:::Ek verstaan nie mooi wat jy van plan is nie, Voyageur. Miskien kan jy jou voornemens bietjie meer beskryf?  [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 12:21, 16 Junie 2009 (UTC)

::::Ek bedoel net dat gebruikers wat graag 'n portaal wil oprig ook die geleentheid moet kry om só 'n bladsy te skep - dit is ook die beleid van ander Wikipedia-projekte. Die betrokke gebruiker(s) is dan self verantwoordelik vir die administratiewe werk wat daaraan verbonde is. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 13:00, 16 Junie 2009 (UTC)

::::::Stem saam dat die vryheid moet bestaan om sodanige portale te skep indien mense dit nodig sou vind. --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 16:07, 18 Junie 2009 (UTC)

:::::Bloot omdat ander Wikipedias iets doen beteken geensins dat ons dit ook ''moet'' toelaat nie. Wat ek probeer wys is dat dit geensins 'n beperking is om nie portale te gebruik nie. As jy 'n projek wil stig oor Litaue is jy meer as welkom om dit by [[Wikipedia:Wikiprojek Litaue]] te doen. As jy eerder die klem wil lê op bestaande inhoud, is jy meer as welkom op [[:Kategorie:Litaue]] op te tooi. Ek het nou so vinnig aan [[:Kategorie:Sterrekunde]] gepeuter: dit kan beter en meer uitgebreid, maar ek het nie regtig tyd of lus om nou 'n prentjie van die week of wat dan ook te gaan byvoeg nie - maar dit kan, as ek wou. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 14:07, 16 Junie 2009 (UTC)

::::::Na my mening is portale 'n Wikipedia innovasie wat soos ander innovasies (voorbladartikels, projekte, ens) ook 'n plek het op die Afrikaanse wikipedia. Die argumente teen portale hierbo kan saamgevat word as besware dat portale moeilik onderhoubaar is en dus te veel moeite vir 'n betreklik klein gemeenskap gaan wees om gehalte te handhaaf, en tweedens dat daar ander bestaande meganismes is wat die werk van portale doen. Om die tweede argument te ondersoek is dit nuttige om te onderskei tussen die drie meganismes wat bepreek word:
::::::* '''Kategorieë''' is 'n organiseringsmeganisme wat 'n mens help om volgens onderwerp deur artikels te blaai.
::::::* '''Projekte''' behels versamelings bladsye toegewy tot die bestuur van 'n spesifieke onderwerp of versameling verwante onderwerpe op Wikipedia waar groepe ''bydraers'' saam werk aan die ensiklopedie. Dit is dus 'n hulpbron wat koördinasie en organisering van die skryf en redigeer van artikels binne die projek se bestek ondersteun.
::::::* '''Portale''' dien as "Voorblaaie" vir spesifieke onderwerpe of gebiede. Portale kan geassosieer word met een of meer Wikiprojekte; ander as WikiProjekte, is dit egter gerig op beide ''lesers'' en ''bydraers'' en behoort dit skep en verspreiding van inhoud aan te moedig.
::::::Op die engelse wikipedia word die verskil mooi geïllustreer deur die hoofkategorie, projek en portaal vir [[Skotland]]:
::::::* [[:en:Category:Scotland|Skotlandhoofkategorie]] 
::::::* [[:en:Portal:Scotland|Skotlandportaal]]
::::::* [[:en:WikiProject:Scotland|Skotlandprojek]]
:::::: Die drie verskynsels dien verskillende doele en leef mooi saam. Dit is wel waar dat ons minder mannekrag hier het en dat ons moet waak teen die aanpak van goed wat ons nie kan byhou nie. Dit moet ons egter nie daarvan weerhou om innovasies wat ons wikipedia kan beter maak aan te neem nie. 'n Portaal oor die regte onderwerp kan dalk net die regte lesers lok. Kyk byvoorbeeld hoe mooi lyk [[:en:Portal:Solar_system]].
:::::: [[Gebruiker:Laurens|laurens]] ([[Gebruikerbespreking:Laurens|kontak]]) 08:56, 20 Junie 2009 (UTC)

Na aanleiding van hierdie kommentaar is ek oortuig dat ons wel die portale kan aanpak. Ek sal nie nou binnekort by een kan bydra nie, maar ek dink tog ons moet die mense wat lus het, toelaat om 'n portaal te skep/bedryf. Ek dink nie dit kan veel kwaad doen nie, en soos Laurens sê, dit moedig betrokkenheid by beide lesers en skrywers aan.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 14:11, 20 Junie 2009 (UTC)

: 'n Vinnige stem teen portale, waarskynlik vir min of meer die redes wat Anrie noem. Ek is vir 'n geruime ruk nie meer baie betrokke hier nie, en dit lyk of die voorblad darem genoeg aandag kry om dit volhoubaar te maak op die huidige peil. 'n Moontlike probleem met portale is dat dit inkonsekwent kan raak indien sommige areas in die ensiklopedie 'n portaal het, terwyl ander 'n "portaalkategorie" het. Ek sou sê, kom ons bry kategoriebladsye uit om as portale te dien totdat dit glad nie meer anders kan nie. --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 08:16, 29 Junie 2009 (UTC)

==Alfabetiese naamlys==

Moet name volgens voornaam of van gelys word? Moet Fernando Alonso onder A of F kom? (Jammer as dit reeds bespreek was, maar ek kon dit nie kry nie)
:Bedoel jy met die kategorisering? Of wil jy 'n alfabetiese lys van renjaers skep? Indien laasgenoemde, kan jy dit skep soos jy wil, alhoewel volgens van miskien algemener is. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 18:59, 17 Junie 2009 (UTC)
::Hier is 'n geval waar die eerste letter gebruik word:[[Lys_van_botaniste_volgens_outeurs_afkorting]] en een volgens van [[Lys_van_Suid-Afrikaanse_musikale_kunstenaars]]. So dit hang af van die tipe lys hoe dit gebruik word. [[Gebruiker:Byeboer|Byeboer]] ([[Gebruikerbespreking:Byeboer|kontak]]) 20:59, 17 Junie 2009 (UTC)

::: Vir my sou die alfabetiese sortering volgens van die meeste sin maak.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 21:21, 17 Junie 2009 (UTC)

:::: Ek het bedoel met kategorisering en spesifiek 'n katagorie wat persoon name bevat. Ek sien oral dat van die items volgens naam gekategoriseer is en in dieselfde kategorie items wat volgens van gekategoriseer is. Ek stem saam met Adriaan90 en sal dit van nou af volgens van rangskik. Dankie

==Dwelms==

Ek is 'n besorgde ouer. My 14 jarige dogter gebruik dwelms as 'n mens dit so kan noem. Sien sy wat lyf sproei, doom , meubel politoer en spuit dit in 'n handoek en dan snuif sy dit om hoog te raak. Sy het daarmee op gehou vir 'n jaar maar nou het sy weer begin. Sy gaan vir berading. 

Ek wil ouers net graag inlig oor dit wat dalk onskuldig lyk maar is nie en glo my ek weet van een geval dat ;n kind dood.

Ek wil so graag weet hoekom kinders dit doen en my dogter kan nie vir my s{{paraaf|196.35.167.10}}

: Google se top skakel verwys [http://www.yic.gov/drugfree/whykiduse.html hier]. Begin daarby en ek stel voor jy kontak 'n ondersteuningsgroep of goeie kindersielkundige ook. [[Gebruiker:Arnobarnard|Arnobarnard]] ([[Gebruikerbespreking:Arnobarnard|kontak]]) 13:24, 25 Junie 2009 (UTC)

==[[Campora San Giovanni]]==

from [[:en:Campora San Giovanni]],  [[:es:Campora San Giovanni]] or [[:it:Campora San Giovanni]]--[[Gebruiker:Lodewijk Vadacchino|Lodewijk Vadacchino]] ([[Gebruikerbespreking:Lodewijk Vadacchino|kontak]]) 19:11, 23 Junie 2009 (UTC)

==AWS uitgawe 10==

Die AWS uitgawe 10 het gister verskyn. Dit is 'n "omvattend herbewerkte uitgawe".  Behalwe dat hulle steeds alternatiewe spellings toelaat soos "Siprus" of "Ciprus" het die woordelys aansienlik uitgebrei.  Daar is 'n nuwe lys met plekname, wat die pleknaam, die naam van die bewoner en die byvoeglike naamwoord bevat.  Jammer Voyageur, maar Montreal is nou definitief sonder gravisteken in Afrikaans.  Groete [[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 11:08, 25 Junie 2009 (UTC)
:Geen probleem. Nadat ek my aktiwiteite na Litaue verskuif het, kan ek julle met 'n groot verskeidenheid ander tekens teister (wat van Panevėžys of Žirmūnų tiltas...?) :) --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 12:02, 25 Junie 2009 (UTC)
:Ek gaan hom vandag bestel - my weergawe dateer uit die sestigerjare. Hopelik is dit die prys werd. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 11:16, 25 Junie 2009 (UTC)
:: Mag ek vra (ek weet nie veel van die verskillende taalboeke af nie), is daar enige taalriglynvrystelling wat ons bo 'n ander verkies? Indien verskille tussen bv. 'n spelwyse van dieselfde woord in die HAT met die weergawe in die AWS verskil, sal ons die een weergawe bo die ander verkies (bv.)?&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 11:26, 25 Junie 2009 (UTC)
:::Die AWS word bo ander verkies: dit word naamlik deur die Taalkomissie saamgestel, wat amptelik aangestel is om die taal te reguleer en te standaardiseer. Daarna die HAT en WAT. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 12:42, 25 Junie 2009 (UTC)

::: Gelukkig/ongelukkig gee die AWS nie altyd al die leiding wat mens dalk sal wil hê nie. Sommige wisselvorme word byvoorbeeld aanvaar in die AWS, terwyl ons dalk eerder op een vorm sal wil besluit. Só bv. het ons al 'n hele ruk gelede besluit om eerder [[Sjina]] te skryf as die alternatief. Die WAT is 'n beskrywende woordeboek, en die eerste dele daarvan is nou al dekades oud. Dit behoort nie normaalweg gebruik te word vir leiding wat spelling betref nie. Dit beskryf ook registers en streekstaal waarvan ons dalk weens die aard van ons projek van gaan wegbly. Ek glo dat die HAT telkens opgedateer word om tred te hou met veranderinge in die AWS, alhoewel dit nou natuurlik weer 'n rukkie sal neem vir 'n nuwe HAT ná die nuwe AWS. Die spelreëls verander egter nie op merkwaardige maniere tussen die uitgawes nie, maar die feit dat hulle self veranderinge wil aanbring behoort ons 'n aanduiding te gee dat die AWS nie noodwendig in alle opsigte die laaste woord sal hê nie (alhoewel dit sekerlik in meeste gevalle heeltemal onomstrede sal wees om dit eenvoudig as sodanig te aanvaar). --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 15:39, 29 Junie 2009 (UTC)

::::Die HAT is al donkiejare oud. Die nuutste woordeboek wat omvattend bygewerk is, is Pharos se Afrikaans-Angelse-Engels-Afrikaanse woordeboek (so 'n ou groot, swaar swart een), wat die ou Tweetalige Woordeboek van Bosman, Hiemstra en Van der Merwe vervang het. Daar is heelwat foute in, maar myns insiens is dit die enigste woordeboek wat min of meer die AWS (die een voor 2009) se riglyne volg. [[Gebruiker:Winstonza|Winston]] ([[Gebruikerbespreking:Winstonza|kontak]]) 20:07, 30 Junie 2009 (UTC)

:::::HAT is oud maar soos deur Alias uigewys word dit voordurend bygewerk en die nuwer weergawes is heel op datum. AWS het die voordeel dat dit benewens die woordelys beginsels oor die Afrikaanse spelwyse spesifiseer. Die probleem met wisselvorme word mooi hanteer in ons [[Wikipedia:Titelriglyne|Titelriglyne]] se beginsels waar een van die beginsels is "Waar meer as een aanvaarbare Afrikaanse alternatief bestaan word voorkeur aan die meer-Afrikaanse vorm gegee - dus Sjina eerder as China." [[Gebruiker:Laurens|laurens]] ([[Gebruikerbespreking:Laurens|kontak]]) 17:21, 2 Julie 2009 (UTC)

==Standaard vir inligting oor individuele voëlspesies==

Ek het begin werk aan artikels oor individuele Suid-Afrikaanse voëlspesies.  Is daar reeds (of behoort daar een te wees?) 'n standaard inligtingslys oor die verskillende voëlspesies?  Maw dat ons in elke artikel dieselfde inligting in dieselfde volgorde plaas:  Bv Identifikasie, Geografiese verspreiding, Voortplanting ... ens.  Ek het oor die [[Sekretarisvoël]] reeds 'n artikel geskryf, maar daar is darem te veel om deur te werk om agter te kom of daar so 'n "sjabloon" is.  Ek wil aan ander spesies ook werk, maar wil graag weet wat standaardgebruik is (behoorte te wees) voordat ek verder gaan.  Laat weet wat julle ander Wikipediane dink.--[[Gebruiker:Arnwalt|Arnwalt]] ([[Gebruikerbespreking:Arnwalt|kontak]]) 06:31, 26 Junie 2009 (UTC)
:Nie regtig nie, maar ek het nou al 'n paar artikels geskep en pobeer by die volgende indeling hou, wat myns insiens redelik logies is.
:*Inleiding
:*Identifikasie
:*Habitat en verspreiding (soms ruil ek identifikasie en habitat om)
:*Dieet
:*Gewoontes/Gedrag (soms ruil ek dieet en gedrag om)
:*Voortplanting (geboorteskenking, moontlike lewensduur)
:*Bedreigings / Voordele/nadele vir die mens
:Daar is natuurlik nie altyd inligtings vir al hierdie afdelings beskikbaar nie. Ek neem aan dat jy goeie bronne beskikbaar het, maar as jy op soek is na 'n Internetbron of twee vir vergelyking, dan kan [http://animaldiversity.ummz.umich.edu/site/index.html Animal Diversity Web] en [http://avibase.bsc-eoc.org/avibase.jsp?pg=home&lang=AF Avibase] (vir taksonomiese inligting, sinonieme en name in ander tale) aanbeveel. 

:Ek wil graag noem dat mens nie altyd 'n opskrif bo-aan elke afdeling moet plaas nie. Seker nie as die afdeling maar 'n sin of twee lank is nie (soos byvoorbeeld [[Silwerjakkals]]). Wanneer een of twee afdelings natuurlik redelik lank word, dan is opskrifte nodig om ook die leesbaarheid te vergemaklik (byvoorbeeld [[Swartswaan]]). [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 07:20, 26 Junie 2009 (UTC)
::Dankie, Anrie - ek gaan van jou idees en myne inkorporeer en dit maar as raamwerk vir my artikels gebruik - en soos wat mens bestaande artikels aanvul en versorg dit dalk maar na 'n "standaardraamwerk" oorskuif.  Ek leer maar nog en nog nie gekonfyt om 'n sjabloon te skep nie.  Dalk probeer ek dit doen as 'n volgende ietsie om baas te raak.[[Gebruiker:Arnwalt|Arnwalt]] ([[Gebruikerbespreking:Arnwalt|kontak]]) 07:59, 26 Junie 2009 (UTC)

==CC-BY-SA==

Sommige van julle het miskien al opgemerk dat Wikipedia nou dubbeld gelisensieer word, ook onder [http://creativecommons.org/licenses/by-sa/3.0/deed.af Creative Commons se erkenning-ingelyks deel 3.0]. Met die verandering wil ek gebruikers (myself ingesluit) asb. vermaan om tog die URL van 'n artikel in die wysigingsopsomming te voeg wanneer julle bronteks vir kopiëring vertaal. Dit word deur die lisensie vereis en is minder as min moeite. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 16:32, 30 Junie 2009 (UTC)
:Jammer Anri ek verstaan nie mooi nie.  Wat bedoel jy met "bronteks vir kopiëring"?  As ek 'n ander artikel wil vertaal moet dit tog sonder kopiereg wees, anders skend ek die oorspronklike skrywer se reg.  Jy bedoel seker dat as ek 'n artikel uit 'n andertalige wiki vertaal moet ek die URL aangee?  Moet die spesifiek in die wysigingsopsomming wees? Mag dit ook in die artikel self wees? Groete [[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 11:28, 4 Julie 2009 (UTC)
::Skuus, hansjoseph. Jy het gelyk: ek verwys hier na ander Wikipedia-artikels. Die URL in die wysigingsopsomming is meer belangrik as in die artikel, siende dat die wysigingsopsomming op die geskiedenisblad verskyn en dit die amptelike lys van outeurs is. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 11:49, 4 Julie 2009 (UTC)
:::Dankie Anrie.  Dit gee my 'n probleem. My pous-artikels word vertaal uit baie artikels, beide wiki en nie-wiki. Ek kan nie ses of sewe URLs in die wysigingsopsomming sit nie.  Ek sit dit in die "Nota", "Verwysings" en "Eksterne skakels" dele van die bladsy.  Is dit voldoende?  Sal ek die een wat ek as basis gebruik in die wysigingsopsomming sit? [[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 12:27, 4 Julie 2009 (UTC)

:::Ek dink dit sal meer as voldoende wees. Sommige mense knip-en-plak hele tekste regstreeks vir vertaling, maar indien jy 'n teks plak wat jy uit meerdere bronne saamgestel is, is dit tog nie plagiaat om jouself as die outeur te noem nie. (Mits die bronne dan in die artikel verskyn, soos jy reeds doen, bygenoem.) [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 12:33, 4 Julie 2009 (UTC)

==Proeflezer gevra==
Hallo almal! Ek is nuut hier, en netnou het ek 'n poging onderneem om my eerste Afrikaanse artikel te skryf (oor die [[Verfransing van Brussel]]). Maar ek is nie Afrikaans nie dus die teks mag dalk verbetering benodig. Dus as enigiemand die artikel eendag sou kan proeflees, sou ek baie bly wees. Dankie! --[[Gebruiker:Hooiwind|Hooiwind]] ([[Gebruikerbespreking:Hooiwind|kontak]]) 13:28, 7 Julie 2009 (UTC)
:Nee, Hooiwind, dit lyk goed! Ek het bietjie getimmer, soos jy sal kan sien, maar dit lyk eintlik baie goed vir 'n vierde? vyfde? taalspreker. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 17:03, 7 Julie 2009 (UTC)
::Baie dankie vir jou hulp, Anrie! Dis eintlik die sesde taal wat ek leer, maar nou sonder woordeboek :) Groete! --[[Gebruiker:Hooiwind|Hooiwind]] ([[Gebruikerbespreking:Hooiwind|kontak]]) 13:43, 8 Julie 2009 (UTC)

==Johannes Heesters==

Beste Wikipedianen,

Over de heer [[Johannes Heesters]] is op de Nederlandstalige Wikipedia wat meer informatie. Heesters staat in Nederland namelijk vooral bekend om zijn dubieuze rol in de Tweede Wereldoorlog. Hij heeft, zoals dat heet, gecollaboreerd. Dat is samenwerken met de Duitse bezetter. Zie: [[:nl:Johan Heesters]]. Misschien is het de moeite waard dit ook hier te vermelden, omdat er nu alleen positieve zaken staan vermeld (zoals dat hij 's werelds oudste schouwspeler is).

Met vriendelijke groet,

[[Spesiaal:Bydraes/62.195.7.165|62.195.7.165]] 14:17, 16 Julie 2009 (UTC) / [[:nl:Gebruiker:Mark Coenraats|Mark Coenraats]]

==Translations needed for the 2009 Board of Trustees elections==

Hello everyone, sorry to be writing here in English. Afrikaans translations are being solicited for a few announcements that will be used during the elections for the Board of Trustees. There are also lengthier texts by the candidates themselves. If anyone wishes to volunteer, please visit the following page: [[meta:Board_elections/2009/Translation]]. Thank you --[[Gebruiker:Capmo|Capmo]] ([[Gebruikerbespreking:Capmo|kontak]]) 18:59, 16 Julie 2009 (UTC)

== Derrick Coetzee/Wikipedia vs National Portrait Gallery ==
{{Kombi-beeld|Grey line.png|George Washington 1795.jpg|Arthur Wellesley, 1st Duke of Wellington by Benjamin Robert Haydon.jpg|
|align=right
|caption1=<center><big>''Can you spot the difference?''</big></center>
|caption2='n Foto van hierdie Amerikaanse skildery, wat meer as 150 jaar oud is, is in die publieke domein.
|caption3='n Foto van hierdie Britse skildery, wat meer as 150 jaar oud is, geniet volle outeursreg.
}}
[http://news.bbc.co.uk/2/hi/technology/8156268.stm Hierdie storie] is vir my net nog 'n bewys dat Wikipedia meer vir mense doen as die mense wat belastingbetalers se geld misbruik.  Ek dink daar is 'n behoefte wêreldwyd om verandering teweeg te bring ten opsigte van kopiereg op materiaal wat eintlik aan die gepeupel behoort. --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 21:55, 18 Julie 2009 (UTC)

::Stem saam, RAM. Wikipedia, Twitter, ens. het die wêreld subtiel gewysig en die politiek en die business-hulle het dit begin op te merk. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 02:03, 19 Julie 2009 (UTC)

::Dis juis hoekom die Creative Commons-lisensies geskep is, veral in 'n tyd wat [http://www.eff.org/deeplinks/2009/04/wikipedia-threatens- nie eers die Wikimidia-stigting billike gebruik respekteer nie] en meer en meer mense na CC toe oorstap [http://creativecommons.org/weblog/entry/15795] [http://www.badscience.net/2009/04/matthias-rath-steal-this-chapter/#more-1088]. (Om effens af te wyk van die onderwerp - Suid-Afrikaners sal moontlik die laaste skakel interessant vind.)

::In meeste lande is 'n loodregte foto van 'n 2D-beeld wat in die publieke domein is, in die... publieke domein (eintlik logies), maar die Britte dink anders daaroor, aangesien hulle meen dat die outeur/kopieerder kopiereg verkry deur die vaardigheid en moeite wat dit kos om 'n identiese digitale beeld te skep, terwyl ander lande 'n "drempel van kreatiwiteit" het, waar mens kreatiwiteit aan die dag moet lê om kopiereg te kry. Die Wikimedia-stigting is dit eens en het [[:Commons:Commons:When_to_use_the_PD-Art_tag#Why_do_we_allow_the_.7B.7BPD-Art.7D.7D_tag_to_be_used_for_photographs_from_any_country.3F|besluit om die Britse wetgewing hieroor te ignoreer]].

::Wat my vies maak is dat die NPG nou gesê het dat hulle meer as bly sal wees om lae-resolusie beelde aan Wikipedia te skenk wat onder 'n beperkte "slegs Wikipedia"-lisensie gebruik kan word. Dit klink miskien kras, maar ek hoop hulle stik in hulle gierigheid. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 08:13, 19 Julie 2009 (UTC)

==Groot Roei oor die groot mere van Afrika.==

Twee van my vriende van die Oos Kaap, Boeta en Jan is tans besig om een van hulle ideale te verwesenlik deur met twee kayake die groot mere van Afrika aan te pak sonder enige onderstueningsvoertuie- ek glo dit wil gedoen wees.
Hulle het reeds Karaiba van bo tot by die Damwal voltooi en sover as die samevloeing van die Luangwarivier en Die Zambezi geroei vanwaar hulle oor land is na Malawi meer waar hulle tans besig is om te roei. Hulle het Cahorra Basa vermy as gevolg van die groot en aggresiewe krokkedille wat soms mense uit bote haal en omdat hulle geen ondersteunende bote naby het wat kan help as hulle aangevat word nie.
Na Malawi meer gaan hulle Tanganjika meer aanpak en daarna Victoria meer tot my die MIchisson waterval en ook so 'n spoegie op die Nyl roei.
Sal julle op hoogte hou oor hulle vordering as daar belangstelling is.
Hulle beplan om die avontuur te boekstaaf volgende jaar omdat hulle vir die res van die jaar hiermee gaan besig bly- en ja omdat dit nou die  begin van die winderige seisoen in hierdie deel van Afrika is.
Wens hulle alle sterkte toe.
P.Cloete: Chipata:Zambia[[Spesiaal:Bydraes/57.66.53.197|57.66.53.197]] 14:34, 20 Julie 2009 (UTC)

==Slaap siekte==

Ek wil 'n nuwe blad skep vir slaap siekte. Slaap siekte alleen kan nie werk nie, want dit stem ooreen met ander siektes. In Engels word  dit African sleeping sickness of African trypanosomiasis genoem. Word dit in Afrikaans, Afrikaanse slaap siekte of Afrika slaap siekte?  [[Spesiaal:Bydraes/137.215.6.50|137.215.6.50]] 11:08, 22 Julie 2009 (UTC)
:Ek dink [[slaapsiekte]] is voldoende, dis die hoofsiekte wat hierdie naam dra (woordeboek stem saam). Indien daar artikels oor soortgelyke siektes geskep word, kan die artikel bo-aan 'n skakel na [[slaapsiekte (dubbelsinnigheid)]] bied, waarvan daar weer na hierdie ander siektes geskakel word. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 11:43, 22 Julie 2009 (UTC)

==veiligheids==

Ek wil net graag weet as enige iemand weet waar kan ek 'n voorbeeld kry van hoe 'n mens se "risk analysment" moet lyk van 'n besigheid--[[Spesiaal:Bydraes/41.245.71.96|41.245.71.96]] 08:48, 23 Julie 2009 (UTC)
:'n Google-soektog na "risk analysis template" bied 'n paar handige voorbeelde, soos [http://www.projectmanagertraining.com/art_risk_temp.html hierdie eenvoudige weergawe]. [http://www.exinfm.com/free_spreadsheets.html Die werf] bied ook 'n "Risk analysis" programmetjie wat Excel gebruik (dis 'n .exe-lêer, so hardloop altyd 'n virusprogram voor dit oopgemaak word). [http://www.hud.gov/offices/cio/sdm/devlife/tempchecks/ratemplate.doc Hier] is weer 'n meer ingewikkelde weergawe.[[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 09:34, 23 Julie 2009 (UTC)

==Afkortings / kortpaaie==

Wat is ons gemeenskap se beleid oor die skep van afkortingsbladsye vir snelle toegang tot algemene bladsye wat lang titels het? Sou dit in die haak wees as ons bv. 'n aanstuurbladsy soos [[Wikipedia:SV]] skep om na [[Wikipedia:Spoedige verwyderings]] aan te stuur? So ook bv. [[Wikipedia:BV]], of selfs [[WP:BV]], wat na [[Wikipedia:Bladsyverwydering]] aanstuur. Dit sou veral my help wanneer ek vinnig (bv.) so 'n bladsy sou wou besigtig.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 15:16, 23 Julie 2009 (UTC)
:Ja, hoekom nie. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 16:08, 23 Julie 2009 (UTC)

:: Ons kan dalk by die beleid insluit dat ons ons net daarvan moet weerhou om hierdie afkortings in besprekings met oningeligtes gebruik: ek vind dit altyd frustrerend om op die Engelse Wikipedia rond te kliek omdat ek geen van die afkortings ken nie.&nbsp;Groete&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 16:37, 23 Julie 2009 (UTC)

==skilders==

[[Gebruiker:Mrspagel|Mrspagel]] 06:52, 1 Maart 2008 (UTC)Kan iemand my asb. meer inligting gee oor 'n skilder met die van "Versteegh".   Ek het 'n olie skildery van genoemde skilder en wil graag meer oor hom uitvind.   Al wat ek weet is dat die skildery op 'n "Datston Canvas Board" van Reeves & Sons geskilder is.    Dit is 'n natuurtoneel.  (Mrspagel - 1/3/2008)&nbsp;{{paraaf|Mrspagel}}

: My Ma Weet Alles Van Oliekuns.{{paraaf|Mattewis}}

:Daar is 'n aantal kunstenaars met hierdie van, waaronder Michiel Versteegh (1756-1843), Jacobus Versteegh (1730-1816) en Dirk Versteegh (1751-1822), terwyl die Nederlands RKD (Rijksbureau voor Kunsthistorische Documentatie) [http://www.rkd.nl/rkddb/%28r4epge45w32gh3455bcu3k45%29/brief.aspx 7 skilders met hierdie van vind]. Ek sal voorstel om eers te probeer vasstel wie die "hom" is voordat mens meer oor "hom" probeer uitvind. Doen byvoorbeeld Google-soektogte om te kyk wie van die bogenoemde se werke lyk op die betrokke skildery ([http://www.artnet.com/artist/705458/jacobus-verstegen-jacob-versteegh.html hier kan byvoorbeeld werke deur Jacobus Versteegh gesien word]). [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 18:24, 23 Julie 2009 (UTC)

==Bitter bossie==

Is daar dalk iemand met raad vir Bitter bossie, soos dit hier in die Wes-Vrystaat genoem word, dis die bossie wat werker altyd vir besems gebruik. My weiding is deurtrek met Bitterbos en veral in droogte tye is dit 'n grootprobleem omdat dit 'n kort houtagtige boompie is met 'n sterk taai stam en vertoon amper soos 'n Bonzai boompie. Die vog kompetering in weiding veroorsaak dat die gras aan die verloor kant is. Oplossings kan moontlik wees om 'n bossieslaner te gebruik om die bossies op die grond onder die lower af te sny of 'n moontlike chemiese doder. Iemand het aan beveel ek gebruik Tomahawk; my probleem is die koste en wil nie graag dubbel werk nie! of chemies of bossieslaner. Kan iemand met die nodige kennis dalk help.[[Spesiaal:Bydraes/196.207.47.60|196.207.47.60]] 09:14, 26 Julie 2009 (UTC)
:Hier is 'n skakel http://www.learnweb.com/azeenet/archive/brown.htm en as jy vir LN Howell van Hillside skryf sal hy heel mooontlik vir jou 'n kopie stuur van http://www.jstor.org/pss/3897207 sy werk. Die regte manier van wy lyk my sal die probleem aanspreek. Maar nie gou nie! Sterkte. [[Gebruiker:Byeboer|Byeboer]] ([[Gebruikerbespreking:Byeboer|kontak]]) 13:13, 1 Augustus 2009 (UTC)

==Vertalings==

Kan iemand dalk met die volgende vertalings by die Commons help ([http://commons.wikimedia.org/wiki/User_talk:Adriaan90#Afikaan_translations_needed])?&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 19:45, 28 Julie 2009 (UTC)

: Daar is nuwe kommentaar op daardie bladsy. Bibi sê "accession number" is "inventarisnommer" in Nederlands. Sou dit nie 'n meer gepaste Afrikaanse vertaling wees nie? Of is "aanwinsnommer" voldoende?&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 05:16, 29 Julie 2009 (UTC)

::Ons biblioteke gebruik "aanwinsnommer".[[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 12:42, 29 Julie 2009 (UTC)

==Afrikaanse nuuswebwerf==

Afrikaanse nuus as 'n teenwoordigheid op die internet het 'n hupstoot gekry ná [[24.com]] ([[Naspers]]) die Afrikaanse weergawe van New24.com bekendgestel het: http://www.nuus24.com ([http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/9f0983baf8804f149c087837bbbe8e84/29-07-2009%2002-07/Welkom_by_Nuus24!]) .&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 18:30, 29 Julie 2009 (UTC)

==Translatewiki.net update==
*Currently 74.66% of the MediaWiki messages and 26.47% of the messages of the extensions used by the Wikimedia Foundation projects have been localised. Please help us help your language by localising and proof reading at [[betawiki:Special:LanguageStats/{{CONTENTLANGUAGE}}|translatewiki.net]]. This is the [http://translatewiki.net/w/i.php?title=Special:RecentChanges&translations=only&trailer=/{{CONTENTLANGUAGE}} recent localisation activity] for your language. Thanks, [[Gebruiker:GerardM|GerardM]] ([[Gebruikerbespreking:GerardM|kontak]]) 10:59, 2 Augustus 2009 (UTC)
*PS Please help us complete [http://translatewiki.net/w/i.php?title=Special%3ATranslate&task=untranslated&group=core-mostused&language={{CONTENTLANGUAGE}}&limit=100 the most wanted messages]..

*It can take a long time before your localised messages become available here on your wiki. The [http://www.mediawiki.org/wiki/Extension:LocalisationUpdate LocalisationUpdate] extension will make messages available within two days. We hope it will go life on the WMF projects within a month

==Trusteeraadverkiesing==

Waar kry ons inligting oor die Trusteeraadverkiesing?&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 13:52, 2 Augustus 2009 (UTC)
:Vir meer inligting, sien:
* [http://meta.wikimedia.org/wiki/Board_elections/2009 Board elections 2009]
* [http://meta.wikimedia.org/wiki/Board_elections/2009/Candidates Candidates]
* [http://en.wikipedia.org/wiki/Schulze_method Schulze method]
[[Gebruiker:Greenman|Greenman]] ([[Gebruikerbespreking:Greenman|kontak]]) 21:55, 3 Augustus 2009 (UTC)

==Wiel (wheel)==
Het enigiemand inligting oor die ontstaan van die wiel?
Wie het dit uigevind?

Lees [[wiel]] --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 13:37, 3 Augustus 2009 (UTC)

==Term: Parkinsons==
Die gewone algemene parkinson term is nie op wikedia nie hoekom? wikipedia is ee van die mees bebruikste hulp bronne in elke land! is daar dalk n ander plek waar ons skool kinder kan gaan soek vir goed vir ons take? die internet is groot maar gee nie altyd wat jy soek nie. hoe klaar ons dit op?
Die siekte Ensefalitis is ooik nie hier nie!

:Goeie punt - ek het vir 5 minute inspirasie ontvang - [[Enkefalitis]] (korrekte term volgens Pharos) is geskep.
:: Ensefalitis is volgens die AWS ook reg.  Ek sal aangee skep indien nie alreeds daar nie.  [[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 07:11, 12 September 2009 (UTC)

Verskoon my maar, ek voel dat 'n spelles ook nodig is :

<center>
{| class="wikitable" border="1" width="80%"
|-
| <u>D</u>ie gewone algemene <u>''parkinson''</u> term is nie op <u>Wikipedia</u> nie<u>.</u> <u>H</u>oekom <u>nie</u>? <u>W</u>ikipedia is ee<u>n</u> van die mees <u>g</u>ebruik<s>s</s>te <u>hulpbronne</u> in elke land! <u>I</u>s daar dalk <u>'</u>n ander plek waar ons <u>skoolkinders</u> kan gaan soek vir goed vir ons take? <u>D</u>ie internet is groot maar gee nie altyd wat jy soek nie. <u>H</u>oe klaar ons dit op? Die siekte Ensefalitis is <u>ook</u> nie hier nie! 
|}
</center>

:Ek is erg besorg oor die spelling van skoolkinders wat agteruit gaan a.g.v. SMS verslawing. Ek was geskok om oor die laaste week te sien hoe 1ste jaar universiteitstudente Afrikaanse sinne probeer skryf. [[Gebruiker:Arnobarnard|Arnobarnard]] ([[Gebruikerbespreking:Arnobarnard|kontak]]) 13:25, 4 Augustus 2009 (UTC)

:: Ek dink 'n groot bydraer is die tekort aan interessante Afrikaanse leesstof. Die meeste kinders kan nie meer hul lewens só balanseer om fiksie in hul vryetyd te lees nie, en lees slegs dit wat in die skool voorgeskryf word (indien hulle ooit daardie moeite doen). Baanbrekende nie-fiksie is meestal anderstalig (Engels). Ons biblioteke is pateties. My plaaslike bib (Strand, 'n dorp met 'n aansienlike Afrikaanstalige bevolking) het tweehonderd boeke, waarvan 'n handjievol Afrikaans is, en die bibliotekaresse weet nie wie Plato is nie. Die Afrikaanse nuusmedia handel oor Rugby en Steve Hofmeyr (hierdie onderwerpe was al 'n paar maal hoofnuus op van die grootste koerante). Afrikaans het ook geen samevattende aktuele tydskrifte nie. Indien ek nie verkeerd is nie, is goed soos Huisgenoot van die gewildste tydskrifte onder Afrikaanstaliges. Ons betaal om 'n televisiekanaal, MK, te kyk, waar 'n skynbaar Afrikaanse kanaal tweederdes Engels gebruik (gemeng in Afrikaanse sinne). Ons onderwyseresse en onderwysers is dropouts wat nie gekwalifiseerd is om vir hoër salarisse te werk nie. Ek dink wanneer 'n kind nie meer die taal lees nie, hy nie daarvoor kwalik geneem kan word dat hy onbegryplik daarin probeer kommunikeer nie. Dit is die skuld van ons ouers wat agteroor sit en niks doen vir ons kultuur nie. Ek is nie juis geskok nie. Moet ek byvoeg ons betaal ook vir allerhande dienste wat in Engels bedien word, maar wat maklik in Afrikaans gelewer kan word. Engelse insetsels in Afrikaanse nuus op bv. SABC TV en radio (RSG) word bv. nie gedub of gesubtitle nie. Die DSTV-koppelvlak is uitsluitlik in Engels, alhoewel ek glo dat Afrikaanssprekendes 'n groot persentasie van die kliëntebasis uitmaak. Ek dink die meeste mense gee nie juis om oor die status van ons taal nie.&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 20:00, 4 Augustus 2009 (UTC)

==Afrikaans nie meer die grootste Wikipedia van die Afrikatale!==
Swahili bevat nou meer artikiels as Afrikaans :) - lees meer by [http://www.greenman.co.za/blog/?p=614 greenman.co.za] [[Gebruiker:Greenman|Greenman]] ([[Gebruikerbespreking:Greenman|kontak]]) 22:05, 3 Augustus 2009 (UTC)
* A nee a! Dit kan mos nie so aanhou nie ... gaan werf 'n paar vriende en gee hulle elkeen 'n sleutelbord en 'n muis en laat hulle begin Afrikaanse artikels skryf! [[Gebruiker:Arnobarnard|Arnobarnard]] ([[Gebruikerbespreking:Arnobarnard|kontak]]) 12:24, 4 Augustus 2009 (UTC)
** Ons databasis was op 31 Augustus 50 megagrepe groot - teenoor Swahili se 24 megagrepe. Afrikaans is steeds die grootste Wikipedia van alle Afrikatale! --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 23:38, 1 September 2009 (UTC)
** Dit hang af hoe mens die ding benader: volgens die lys [[:m:List of Wikipedias by sample of articles]] is ons 50ste, tussen Yslands en Hindi. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 07:37, 2 September 2009 (UTC)
** I was VERY upset when I found out, especially since that was one of the few awards Afrikaans wikipedia actually achieved (embarresing since we were 11th to be created), but the ''huge wave'' of new Swahili articles have all been year articles such as [[1066]], and before that, another wave of Tanzanian town saadjies were made. Therefore Afrikaans still has more quality and more value than that of Swahili wikipedia. Personally, I'm still quite proud of this wiki, only 20 million speakers vs. 90 million Swahili speakers (thats both 2nd and native language). On the contrary, I would still like Afrikaans wikipedia to have a 'wave' as well, this wiki deserves recognition. Lastly, Afrikaans is still the largest South African language. --[[Gebruiker:Africa South|Ben Bezuidenhout]] ([[Gebruikerbespreking:Africa South|kontak]]) 08:00, 2 September 2009 (UTC)
*** After English? [[Spesiaal:Bydraes/152.1.193.138|152.1.193.138]] 16:21, 30 September 2009 (UTC)
**** But congrats to Swahili! [[Spesiaal:Bydraes/152.1.193.138|152.1.193.138]] 16:21, 30 September 2009 (UTC)
**** Nope, Afrikaans beats English by 5% - as per the 2001 sensus [http://www.southafrica.info/about/people/language.htm]. Afrikaans (13.3%) being in 3rd place, and English (8.2%) sharing 5th place with Setswana. [[Gebruiker:Ggeldenhuys|Ggeldenhuys]] ([[Gebruikerbespreking:Ggeldenhuys|kontak]]) 14:37, 21 Desember 2009 (UTC)

==Hulp met FONETIEK==

Goeie middag

Ek het vandag hierdie webwerf 'ontdek'.  Ek het hulp nodig om een woord foneties te vertaal.  Is daar enige iemand wat my dalk kan help?

Dankie

Sunette Thackwray

[email protected]

082 931 2569

Ek stel voor jy besoek die volgende artikel - [[Internasionale_Fonetiese_Alfabet]] en daar is verskeie eksterne skakels soos hierdie een waarna die artikel verwys - [http://www.langsci.ucl.ac.uk/ipa/ Internasionale fonetiese assosiasie se webwerf] waarvandaan 'n nuttige verdere skakel die een na hierdie klanklêers is [http://www.langsci.ucl.ac.uk/ipa/sounds.html]   --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 16:41, 4 Augustus 2009 (UTC)