Revision 2044229 of "Helpende Hand" on afwiki[[Lêer:Helpjag.jpg|duimnael|Helpjag]] '''Solidariteit Helpende Hand''' is ʼn gemeenskapsorganisasie wat op die beginsels van die Helpmekaar-beweging geskoei is. Hierdie beweging het in [[1949]] tot stand gekom. Die bogenoemde beweging is bekend vir sy standvastige en volhoubare waardes, en dit vorm dus vandag steeds die grondliggende etiese basis vir Helpende Hand. [[Solidariteit]] Helpende Hand streef daarna om die Afrikaner-samelewing te bemagtig en te mobiliseer deur die kringloop van armoede in Afrikaner-gemeenskappe, deur middel van ʼn verskeidenheid projekte te verlig, te verhoed en te verbreek. Ongeveer 80% van die organisasie se tyd en hulpbronne word aan die voorkoming van armoede beste, terwyl die ander 20% aan armoedeverligting bestee word. Hierdie projekte, in ooreenstemming met artikel 39 van die Grondwet, word gemobiliseer en befonds deur vrywilligers en weldoeners in die Afrikaner-gemeenskap. Solidariteit Helpende Hand is werklik ʼn organisasie vir die gemeenskap, deur die gemeenskap. Een van Helpende Hand se grootste bates is die organisasie se posisie om kinders en jongmense se lewens te verbeter en positief te beïnvloed. 150 takke landwyd, funksioneer as die “hande en voete” in die gemeenskap. Projekte sluit die bekende ''StopHonger-veldtog'' in, waar die organisasie daagliks 8 000 kinders voed. Helpende Hand streef daarna om die gevolge van armoede op die lewens van vroue en kinders te verminder deur sanitêre produkte aan 3 000 jong vroue te verskaf. Die organisasie fokus ook op die skep van ’n platform vir vroue waar hulle veilig kan voel, hul verhale kan deel, ander vroue in nood te kan bemagtig en geleenthede vir verdere opleiding kan bied deur die ''<nowiki/>'FroueVonds'-''veldtog. Die ''Studiefondssentrum'' bied rentevrye studielenings vir tersiêre studies aan jongmense. Tot dusver het Helpende Hand 6 981 studente bemagtig, wat in totaal R126 miljoen beloop. Een van die trusts in die bogenoemde inisiatief, bied ook hulp aan kinders wie se ouers en voogde die slagoffers van ʼn plaasaanval was. Helpende Hand se ''HelpJag-projek'' vra jagters en die publiek om ʼn karkas van hul jagtogte te skenk. Hierdie inisiatief verseker dat kleuters en kinders en alle ander afhanklikes van die StopHonger-projek daagliks ʼn gesonde en voldoende porsie proteïene ontvang. Helpende Hand help ook graadeens met skoolbehoeftes deur middel van ons Skooltassie-projek. Bejaardes word ook landswyd ondersteun. Helpende Hand het ook bykans 50 liefdadigheidswinkels genaamd “Ons Winkels”. Al die fondse wat uit hierdie winkels gegenereer word, word vir welsyn en maatskaplike dienste aangewend, en ʼn deel van die fondse word ook gealokeer vir studiegeld aan behoeftige studente. Vir meer inligting oor Helpende Hand, besoek die volgende webwerf: https://helpendehand.co.za/stophonger/ == Bronnelys == * https://helpendehand.co.za/ All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?oldid=2044229.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|