Revision 2064816 of "S-leer" on afwiki{{Verwyderingskandidaat}}
Opleiding en ontwikkeling verwys na die proses om kennis, vaardighede en vermoëns wat nodig is om ʼn spesifieke taak uit te voer te bekom of oor te dra. Die voordele van opleiding en ontwikkeling is dus vir beide die werkgewer en die werknemer strategies en operasioneel van belang.
'''S-leer''' vorm deel van [[Solidariteit]] se kernbesigheid, naamlik arbeidsverhoudinge, vaardigheidsontwikkeling en die netwerk van werk. Dit is ʼn opleidingsinstelling wat fokus op die voortgesette ontwikkeling van Solidariteit werknemers, -verteenwoordigers en professionele persone.
As primêre diensverskaffer vir die Solidariteit-beroepsgildes, bied S-leer hul lede die geleentheid om hul vermoëns en vaardighede tot so ʼn mate te ontwikkel dat hulle ʼn goeie werk kan kry en behou om sodoende vry, veilig en voorspoedig te kan lewe. Die fokus is egter nie net op voortgesette professionele ontwikkeling (VPO) nie, maar ook op persoonlike en loopbaanontwikkeling met seminare, kort kursusse, webinare, gespreksgeleenthede en e-leer opleiding waartydens relevante temas bespreek en aangebied word.
Die ontwikkeling van sagte vaardighede soos probleemoplossings, konflikhantering en etiek, skryf- en rekenaarvaardighede bemagtig werkers vir alledaagse uitdagings in die werkplek.
Solidariteit se strategie is om ʼn netwerk te skep wat aan jou opleidingsgeleenthede bied én jou help om werk te kry, of te behou. Hierdie strategie is verweef in die doelwitte en strategieë van al die Solidariteit Beweging se instellings tot ‘n eenheid. S-leer is deel van opleiding en gaan die werkersmag wat deur [[Akademia]] en Sol-Tech opgelei is verder ondersteun.
'''Visie'''
[[Lêer:S-leer kursus.jpg|duimnael|333x333px|'n Dinkskrum tydens 'n S-leer kursus.]]
''Om ʼn voorkeurverskaffer te wees van professionele opleiding en persoonlike ontwikkeling wat persone in staat te stel om hulle volle potensiaal en loopbaandoelwitte te bereik''
'''Missie'''
''Om relevant en gehalte voortgesette professionele opleiding en persoonlike ontwikkeling te bied met bekostigbare opleidingsmodules wat op Solidariteit se ideeraamwerk geskoei is.''
[[Lêer:S-leer 2.jpg|duimnael|349x349px|Tydens 'n kursus]]
'''Doelwitte:'''
''Spesifieke doelwitte:'' Om ʼn hoë kwaliteit opleiding aan te bied wat sal vergelyk met nasionale standaarde. Om geloofwaardig te wees onder die belangegroepe.
''Meetbaar:'' Om die ontwikkelde kursusse binne een jaar terug te betaal.
''Haalbaar:'' Kursusontwikkeling is duur maar die rakleeftyd is drie jaar lank en kan inkomste genereer oor langtermyn.
''Relevant:'' Dit is relevant want kwaliteit opleiding in [[Afrikaans]] en die verkryging van VPO punte is definitiewe behoeftes.
''Tyd:'' Die webblad moet Oktober aktiveer waar inhuis induksie gedoen gaan word. Twee aanlyn opleidingskursusse sal November aangebied word en teen Januarie [[2019]] was die hele stelsel vol funksioneel.
'''Eienaarskap:'''
Dit is ʼn Solidariteit produk geskep vir die bystand aan veral die gildes. S-leer is ‘n geregistreerde maatskappy (in 2016 geregistreer) en is verder ook geakkrediteer by die SABPP as opleidingsinstelling en ook om die Generiese bestuursertifikaat (NKR vlak 4) met 150 krediete aan te bied.
'''Teikenmark en benadering'''
S-leer se fokus gaan val op interne en eksterne opleiding en ontwikkeling:
''Intern'': Solidariteit se personeel en voltydse verteenwoordigers
''Ekstern'': Solidariteit se deeltydse verteenwoordigers, lede en ondersteuners, asook individue wat deel vorm van Solidariteit se internskap program. Die jeug vorm ook ‘n groot kern van die mark
ʼn Proaktiewe en reaktiewe benadering sal gevolg word:
''Proaktief'' – Leeraktiwiteite word met die besigheidstrategie en heersende internasionale vaardigheidsbehoeftes belyn. Die fokus is sodoende op die ontwikkeling van noodsaaklike vaardighede. Dit sal werknemers in staat stel om ʼn potensiële probleem of dispuut voortydig aan te spreek.
''Reaktiewe benadering'' – Lynbestuur en/of die werknemer self identifiseer operasionele behoeftes en ontwikkelingsareas, wat dan uitloop op opleiding. Die operasionele behoeftes ontstaan meestal in reaksie op nuwe tendense in arbeidsverhoudinge en die menslikehulpbronneveld asook verwikkelinge rakende die vierde nywerheidsrevolusie wat werkplekke verander en nuwe vaardighede van personeel verg.
'''Solidariteit se personeel'''
Solidariteit poog om kennis, vaardighede, gedrag en dienslewering op alle vlakke in die werksplek te verbeter in ons strewe om ʼn hoë prestasie [[kultuur]] te vestig en te behou. Hulle beskou personeelontwikkeling as noodsaaklik vir die bereiking van Solidariteit se doelwitte en deel die verantwoordelikheid daarvoor met hulle werknemers. As werkgewer aanvaar Solidariteit die verantwoordelikheid om ʼn werksomgewing te skep waar werknemers hulle vaardighede kan ontwikkel en gebruik om die organisasie se doelwitte te behaal, en hulle ondersteun personeel in hulle strewe na persoonlike loopbaan- en ontwikkelingsdoelwitte. Personeel word aangespoor om van interne en eksterne opleidingsgeleenthede gebruik te maak om hulle vaardighede en vermoëns te ontwikkel.
Die opleiding vir werknemers en voltydse verteenwoordigers sal pasgemaak wees vir ʼn vakbondomgewing omdat bykans alle opleidingsprogramme wat betrekking het op arbeidsverhoudinge en menslikehulpbronbestuur uit ʼn werkgewer se perspektief opgestel is.
Solidariteit verteenwoordig lede in alle beroepsvelde – kollektief en individueel. Opleiding en ontwikkeling speel ʼn deurslaggewende rol in die groei en sukses van die organisasie en onderskei ons van alle ander vakbonde. Personeel benodig tegniese vaardighede sodat hulle lede kan raad gee en bystaan om hulle werk te beskerm, maar ook sagte vaardighede wat hulle emosioneel bemagtig om doeltreffend te funksioneer in enige arbeidsverhoudinge-omgewing met sy unieke uitdagings. Sagte vaardighede is ook belangrik omdat Solidariteit meer lede op die middelbestuursvlakke wil werf en dit ʼn ander aanslag as die tradisionele fabrieksingesteldheid verg.
Opleiding en ontwikkeling speel ʼn deurslaggewende rol in die groei en sukses van die organisasie, maar hou ook die voordeel in dat dit help om personeel te behou.
Die S-leeropleidingsprogramme fokus op die volgende:
i. Nakoming van ontwikkelingsvereistes soos in wetgewing gestipuleer
ii. Skep van ʼn vaardigheidsgebaseerde kultuur wat by besigheidstrategie en doelwitte inskakel
iii. Intervensies wat personeel se vermoë ontwikkel om hul huidige en/of toekomstige pligte en rolle doeltreffend te vervul.
iv. Ontwikkelling van diensleweringsprogramme en beste praktyke wat sal uitloop op “Solidariteit-gehalte” dienslewering
'''Solidariteit se lede'''
Om die Gilde-strategie te ondersteun en versterk, sal S-leer opleiding aan professionele persone bied waarmee hulle punte vir voortgesette professionele ontwikkeling (VPO) kan verdien. VPO is ʼn loopbaanlange verpligting vir praktiserende professionele persone, daarom mag die belangrikheid daarvan nie onderskat word nie. Die doel met VPO is om die professionele persoon en sy loopbaan asook die publiek en die werkgewer te beskerm. Dit hou dus vir alle belanghebbendes voordele in.
S-leer se oogmerk met VPO sal wees om te verseker dat individue se kennis en vaardighede gehandhaaf en verbeter word sodat hulle vermoëns tred hou met die standaarde in hulle veld, wat weer sal verseker dat hulle professionele diens aan kliënte en die gemeenskap kan lewer. S-leer bied ook so ʼn alternatiewe VPO platvorm vir professionele persone wat Solidariteit se ideeraamwerk ondersteun, om te benut
'''Ondersteuners wat nog nie deel is van gildes nie'''
Ondersteuners van Solidariteit kan ook soos lede en gildelede voordeel trek uit die opleidingsgeleenthede. As hulle aansluit, sal die koste vir opleiding en ontwikkeling verminder soos vir lede.
'''Kernprodukte'''
· Kursusse, [[E-leser|e-leer]], kongresse en seminare met die oog op VPO
· Kursusse vir die ontwikkeling van sagte vaardighede
· Kort kursusse en Erkenning van Vorige Leer (EVL) wat toegang bied tot formele leer
· Kort kursusse, leerlingskappe en EVL wat toegang bied tot NQF-kwalifikasies
'''Samewerking tussen S-leer en gildes'''
'''Gildes'''
Gildes sal navorsing doen om hulle lede se behoefte aan en vereistes vir VPO en sagtevaardigheidskursusse te bepaal. Dié inligting sal gebruik word om die inhoud van S-leerkursusse te beplan.
'''S-leer'''
S-leer sal verantwoordelik wees vir die volgende:
· Die skryf van materiaal vir kursusse en/of e-leer
· Die nodige akkreditasie (in samewerking met gildes)
· Die reël van seminare en beskikbaarstelling van e-leermodules
· Samewerking met professionele liggame
· Professionaliteit en gehalte van alle opleiding in ʼn poging om ʼn voorkeurverskaffer te word
'''Prioriteite vir 2018 – 2019'''
· Jeug
· VRA (Vereniging van regslui vir Afrikaans)
· Verpleegsters
· Kommunikasie
· Menslike hulpbronne
· Administrasie
· Arbeidsverhoudinge
· Finansies
· IT
· Politiek en ekonomie
· Ambagslui
· Taalpraktisyns
· Veiligheid
'''Leermetodes'''
S-leer sal deur middel van onder andere die volgende metodes aangebied word (al die metodes is op die webblad verkrygbaar):
· E-leer (kort kursusse)
· Seminare
· Kongresse
· Werkswinkels
· Induksies en werksbesoeke
· Erkenning van Vorige Leer (EVL)
· Webinare
· In-diepte artikels wat aan studente beskikbaar gestel word
'''Direksie van S-leer'''
· Voorsitter : Gideon du Plessis (Hoofsekretaris van Solidariteit)
· Uitvoerende hoof: Juran van den Heever (S-leer)
· Anneri Leach (Hoof: MHB Solidariteit)
· Dirk Hermann (Bestuurshoof: Solidariteit)
· Appie Pienaar (Adjunkbestuurshoof: Solidariteit)
· Marthinus Visser (Uitvoerende hoof: Akademia)
'''Kursusse'''
10 kritieke vaardighede ter voorbereiding vir die [[Vierde Industriële Revolusie|Vierde Industriële Rewolusie]]
Aanbiedingsvaardighede, kommunikasie en gedrag
Verstaan die afleggingsproses in terme van artikel 189
Is jy ’n mentor of ’n afrigter? Leer hoe dit werklik gedoen word.
Arbeidshof-proses en opstelwerk
A-Z van navorsing
Kardinale vaardighede vir enige administratiewe take
Beïnvloeding in langtermyn en korttermyn verkope
Beïnvloeding vir leiers
Die proses rondom persoonlike belastingindiening
Die kuns van besluitneming en oordeel
Die bestuur en motiveer van mense
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en jou kontrak
Verstaan [[Suid-Afrika]] se Diensbillikheidsplan
Bewysmateriaal in ’n digitale era
Digitale kommunikasie in die moderne wêreld van werk
Digitale wetgewing: Die moets en moenies van sosiale media.
Dissiplinêre verhore en ontslag
Diversiteit in die werksplek
Leierskap vir middelvlakbestuur
Laat jouself beter geld deur emosionele intelligensie
Excel – Basies/ Intermediêr/ Gevorderd
Finansies vir nie-finansiële bestuurders
Generasie X, Y, Z – verstaan die gapings
Sertifikaat in Generiese Bestuur: ''GenMan4'' (NKR4, 150 krediete)
Hoe om verandering effektief te hanteer
Interpersoonlike vaardighede: Werk goed saam met ander
Intervensie & ondersteuning vir maatskaplike werkers
Jeugkamp: Fiks vir werk
Verstaan die Kinderwet
Kliëntediensuitnemendheid
Kognitiewe buigsaamheid: Die kuns om verkeerd te wees
Kollektiewe reg
Kommunikasiebeginsels in die werksplek
Hoe om konflik, stres en verandering te bestuur
Kreatiwiteit en innovasie
Kritieke denke vir die werkplek: Van probleme tot kreatiewe oplossings
KVBA in ’n neutedop
Invloedryke Leierskapsontwikkelingsprogram
[[Lugvaart]] – Taalvaardigheid
Kritieke luister: ’n Fundamentele vaardigheid
E-pos-etiket
Onbillike arbeidspraktyke
Onderhandelingsvaardighede: Algemeen
Outlook Produktiwiteit: Bestuur en spaar jou tyd só
Verstaan vandag se politiek en filosofie
POPI-Wet
Positiewe energie om stres en uitbranding te voorkom
Probleemoplossingsvaardighede
Projekbestuur
Seksuele teistering
Self-leierskap: Dit is waar jou sukses begin
Skynhof
Spaarsamigheid in 2020
Spel-, taal en skryfvaardighede
Toepassing van beïnvloeding in innovasie, konflik, onderhandeling en konsultasies
Bemeester [[Tswana]] as derde taal
Veerkragtigheid om verandering effektief te hanteer
Hoe om verandering effektief te hanteer
Verpleegstersopleiding: Inflammatoriese Infeksieproses
Vierde Industriële Revolusie: 4IR
Vrouwees in die werkplek
Verbreed jou begrip oor werksetiek en professionalisme
Werk-Lewe-Balans: Die gesonde keuse
Word: Basies/ Intermediêr en Intermediêr/Gevorderd
'''Ander instellings betrokke by S-leer'''
· S-leer gaan met die ''gildes'' se hulp lede vir hulle beroepe bemagtig.
· S-leer gaan mense wat hul werk verloor het of in armoede verval/leef saam met Solidariteit se ''Werknet'' oplei en toerus om weer die wêreld van werk te betree.
· S-leer gaan geskikte kandidate deur sy vakbond-werkgewer netwerk aan werkgewers “bemark”
· S-leer gaan in vennootskap met ''[[Helpende Hand]]'' help met ontwikkeling in die onderwys.
· S-leer en die gildes gaan in vennootskap met ''AfriSake'' werksgeleenthede ondersoek.
· S-leer sal saam met ''Akademia'' en ''Sol-Tech'' aanvullende kursusse mobiliseer''.''
· S-leer kan ons ''Jeug'' met die ''gildes'' se hulp help om hulself verder te bemagtig en toe te rus om die beroepswêreld te betree.
· Verdere ontwikkeling vir studente by Sol-Tech wat in ambagte spesialiseer en [[Akademia]] studeer het en deel is van gilde. Verdere ontwikkeling vir spesifieke loopbane sal met marknavorsing oor verwikkelinge in verskillende industrieë geïdentifiseer word. Kenners in elke gilde sal ons leiding gee hieroor. Ons sal ook ontwikkeling bied vir tegnies gekwalifiseerde werkendes wat hul eie besighede wil begin en/of die potensiaal het om bestuurders te word. Hierdie ontwikkeling sluit sagte vaardighede in en maak ook voorsiening vir Erkenning van Vorige Leer (EVL) van geakkrediteerde kursusse. Kursusse word hiervoor ontwikkel en word deel van die kursusbank.
· ''Helpende Hand-loopbaansentrum'' kan ʼn voerkanaal wees vir bestaande/potensiële lede wat reeds in ʼn werksplek is en wil ontwikkel, van loopbaan verander, ʼn eie besigheid begin of werkloos is. Geakkrediteerde vaardigheidsprogramme sal hier van waarde wees en EVL insluit. Dit sal mense ondervang wat nie by Akademia, Sol-Tech of ander tersiêre instellings hulself verder kan kwalifiseer nie.
· Gesprek met Akademia oor NQF-kwalifikasies wat toegang verleen tot Akademia. Ondersoek NQF-kwalifikasies vir spesifieke grade en of daar ʼn meer generiese NQF-kwalifikasie sal wees vir die algemene BCom-grade.
· Ontwikkel mense na aan aftrede om na aftrede ʼn verdere inkomste te verdien.
· Help lede wat afgelê is in samewerking met die gildes en loopbaansentrum om hulself te bemagtig.
'''Die stelsel'''
''Learner Management System (LMS)''
Die Webblad www.s-leer.co.za bied die geleentheid om vir elke lewenslange student ‘n profiel te skep waarop daarself gemonitor kan word, verder op sy of haar tyd geleer kan word. Die sertifikate kan digitaal afgelaai word en vordering kan gemonitor word.
Die stelsel laat maklike betalings toe en die e-leer komponente is modern en interessant en boei die student tot die einde van die leerproses.
== Bronnelys ==
https://s-leer.co.za/
https://solidariteit.co.za/en/s-leer-your-way-to-the-future/
https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/s-leer-die-nuwe-gonswoord-vir-voortgesette-leer/
<br />All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?oldid=2064816.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|