Revision 2137514 of "Kelkiewyn (plant)" on afwiki{{Weesbladsy}}
{{Taksoboks
| name = Kelkiewyn
| image =
| image_width = 350px
| image_caption = Kelkiewyn is ook 'n goeie potplant en 'n pragtige tuinblom
| regnum = [[Plantae]]
| divisio = [[Magnoliophyta]]
| classis = [[Liliopsida]]
| ordo = [[Asparagales]]
| familia = [[Iridaceae]]
| subfamilia = [[Crocoideae]]
| tribus = [[Ixieae]]
| genus = ''Geissorhiza''
}}
Die '''kelkiewyn''', (''Geissorhiza radians'' (Thunb.) Goldblatt of ''Geissorhiza eurystigma'' L.Bolus) soms ook genoem kelkieswyn is die volksnaam vir 2 nouverwante plantspesies wat tot die familie Iridaceae behoort, en vroeër tot een spesie ''Geissorhiza rochensis'' gereken is. Die naam word ook gebruik vir ''[[Babiana|Babiana rubrocyanea]]''. Dit is 'n knolplant van die genus ''Geissor(r)hiza'', wat sowat 65 spesies insluit. Die kelkiewyn groei inheems in Wes-Kaapland naby Kaapstad en verder ooswaarts tot by [[Humansdorp]], maar die meeste soorte word in of naby die [[Kaapse Skiereiland]] aangetref.<ref name="tropicos">{{cite web|url=https://www.tropicos.org/Name/16601073|title= Geissorhiza radians in Tropicos}}</ref> ʼn Enkele spesie kom ook in [[Madagaskar]] voor. <ref name ="wêreldspektrum">Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409559 band</ref>
Die kelkiewyn is 'n knolplant ([[geofiet]]) en groei sowat 20 cm hoog, hoewel sommige spesies selde hoër as 10 cm word. Die blomme is of kelkvormig, of komvormig en die kleur wissel van sagte roomgeel en wit tot 'n helder skakering van pers en boergonje. Die bekendste kelkiewynspesie wat in Suid-Afrika aangetref word, is die ''Geissorhiza rochensis'', wat veral in die omgewing van [[Darling, Wes-Kaap|Darling]] en [[Malmesbury, Wes-Kaap|Malmesbury]] groei.
Die kelkvormige blomme Iyk kompleet soos 'n kelkie van duursame glas wat halfvol met 'n bietjie helderrooi wyn gevul is. Die keel of hartjie van elke blom is boergonjerooi, terwyl die boonste kelkdeel 'n diep blou kleur het. Die twee kleure word duidelik van mekaar geskei deur 'n wit Iyn wat reg rondom die blomkelk strek. Verskeie blomme word aan die 20 cm lange stingels gedra en die blare is slank en swaardvormig. Hierdie kelkiewynspesie blom in die vroeë lente (gedurende September) en hou van baie water in die winter maar van droë somermaande.
Hulle aard nietemin ook uitstekend in die somerreënvalstreek as hulle gedurende die droë wintermaande genoeg water kry. Die volksnaam kelkiewyn kan ook vir 'n ander spesie, die ''Babiana rubrocyanea'', gebruik word, hoewel dit meestal as die blou-en-rooibobbejaantjie bekend staan. Die ''Babiana rubrocyanea'' (familie ''Iridaceae'') word in die omgewing van [[Tulbagh]] aangetref en stem uitwendig ooreen met die spesie Geissorhiza rochensis, behalwe dat die bloeiwyse 'n aar is met talryke ligpers blomme met 'n donkerrooi keel.
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
{{Taksonbalk}}
[[Kategorie:Iridaceae]]All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?oldid=2137514.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|