Revision 971964 of "Gebruiker:Aliwal2012/Sandput" on afwiki

{{Taksoboks
| name = Tamatie
| image = Bright red tomato and cross section02.jpg
| image_width = 250px
| image_caption = Deursnit en profiel van 'n tamatie in 'n kweekhuis geproduseer.
| regnum = [[Plantae]]
| divisio = [[Angiosperms]]
| classis = [[Eudicots]]
| ordo = [[Solanales]]
| familia = [[Solanaceae]]
| genus = ''[[Solanum]]''
| species = '''''S. lycopersicum'''''
| binomial = ''Solanum lycopersicum''
| binomial_authority = [[Carolus Linnaeus|L.]]
}}

<!......moenie hier verander nie, ek werk nog hieraan......!>

Die woord "tamatie" kan na die plant (Solanum lycopersicum) verwys, of na die eetbare, gewoonlik pragtige rooi, vrug wat dit dra. Die tamatie is oor die wêereld heen versprei gedurende die Spaaanse kolonialisering van die Amerikas, waar dit oorspronklik vandaan kom. Dit word nou baie algemeen verbou, asook in kweekhuise of plastiektonnels in koeler wêrelddele.
Tamaties word op verskeie maniere verbruik, byvoorbeeld rou, gebraai of gekook as bestanddeel van baie geregte en souse, en ook in drankies. Plantkundig word die tamatie as 'n vrug beskryf, maar vir kookdoeleindes word dit as 'n groetesoort beskou. Dit mag verwarring veroorsaak, soos in 'n hooggregshofgeding al ondervind is in die V.S.A. Die vrug is ryk in likopeen, wat positiewe gesondheidseienskappe kan bevorder.
Die tamatie behoort aan die nagskadu familie. Die plante groei gewoonlik een tot drie meter (3–10 vt) hoog en beskik oor 'n slap stam wat in die algemeen oor die grond kruip of oor ander plante rank. In sy natuurlike habitat is die tamatie 'n meerjarige plant, maar binneshuis kan dit as 'n eenjarige gekweek word.

Daar is heelwat natuurlike vyande vir tamaties bv. [[voël]]s en [[insek]]te, en roes, 'n soort swam wat gedy wanneer die tamaties te klam bly.