Difference between revisions 1058671 and 1058686 on afwiki

{{Taksoboks
| name = Gewone Melba
| image = Green-winged Pytilia (Pytilia melba).jpg
| image_width = 240px
| image_caption = Volwasse mannetjie, Tsavo-Oos NP, Kenya 
| status = LC | status_system = IUCN3.1
| regnum = [[Animal]]ia
| phylum = [[Estrildidae]]
| classis = [[Aves]]
| ordo = [[Passeriformes]]
| familia = [[Estrildidae]]
| genus = ''[[Pytilia]]''
| species = '''''P. melba'''''
| binomial = ''Pytilia melba''
| binomial_authority = ([[Carolus Linnaeus|Linnaeus]], 1758)
| range_map = 
| range_map_width = 
| range_map_caption = 
}}


Die '''gewone melba''' is 'n klein (lengte: 12 - 14 cm) kleurvolle voëltjie wat maklik die oog vang wanneer dit rondbeweeg tussen doringbosse en struike. Veral die mannetjie is kenmerkend met 'n rooi gesig, groen bors en gespikkelde onderlyf.

==Identifikasie==
Die gewone melba word gewoonlik in pare of klein familiegroepe aangetref. Hulle boer in swerms wanneer hulle nie nes maak nie. Die mannetjie se gesig en bo-keel is helder rooi, met 'n grys bo-kroon en nek. Sy onderlyf is gespikkeld met swart en wit dwarsstrepe. Sy bekkie vertoon rooierig.
Die wyfie het 'n soortgelyke uiterlike, maar haar hele gesig en nek is grys, met 'n swart bekkie.<!--nie volgens Newman nie--> 'n Onvolwasse melba het 'n uitgewaste olyfkleur op sy kop en keel, met 'n swart bekkie swart en rooibruin oë.

==Habitat==
Die melba verkies digte doringbosse of lang gras in ''[[Acacia]]'' savanna, rivieroewers en bosse in droeë dele.

==Verspreiding==
Die gewone melba kom voor in [[Afrika]]; Suid van die [[Sahara]] en is wydverspreid in suidelike Afrika, uitgesluit die [[Kaap]] Suid van die [[Oranje-rivier]] en die [[Vrystaat]]se hoëveld.

==Geluid==
Sagte string note tot en met 16 sekondes lank, beginnende met kort waterdruppel-agtige klanke gevolg deur 'n skerp ''kriek-kriek'' klank. Uiter ook 'n klaende fluit in 'n mooi kort liedjie.

==Fotogalery==
<gallery widths="200px" heights="150px" >
Green-winged Pytilia SMTC.jpg|Mannetjie in die San Diego-dieretuin.
Green-winged Pytilia, Serengeti.jpg|Mannetjie in die Serengeti, [[Tanzanië]]
Green-winged Pytilia female RWD.jpg|Wyfie, San Diego-dieretuin.
</gallery>

==Ander name==
*  Afrikaans: ''Melbasysie''
*  Engels: ''Melba Finch''
*  Duits: ''Buntastrild''
*  Wetenskaplike naam:  ''Pytilia melba''
    
==Sien ook==
*  [[Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls]]
*[[Klasifikasie-indeks van Suid-Afrikaanse voëls]]
*[[Wetenskaplike naam-indeks van Suid-Afrikaanse voëls]]

==Bronnelys==
*  Roberts' Birds of Southern Africa, Sixth Edition, ISBN 0620175834
*  [[Newman se Voëls van Suider-Afrika]].

[[Kategorie:Melbas]]

[[de:Buntastrild]]
[[en:Green-winged Pytilia]]
[[es:Pytilia melba]]
[[eu:Pytilia melba]]
[[fi:Palettipeippo]]
[[fr:Beaumarquet melba]]
[[hu:Tarka asztrild]]
[[nl:Melba-astrild]]
[[sv:Brokig astrild]]
[[vi:Pytilia melba]]
[[zh:绿翅斑腹雀]]