Difference between revisions 1202188 and 1202196 on afwiki

--[[Spesiaal:Bydraes/105.236.164.156|105.236.164.156]] 10:05, 10 September 2013 (UTC)[[Lêer:Geokeys.jpg|thumb|right|200px|Die internet het tot een van die steunpilare van internasionale kommunikasie ontwikkel]] '''Globalisering''' is 'n vakterm wat gebruik word om na die ontwikkelinge te verwys waaraan die wêreldekonomie en die verskillende samelewings as gevolg van die toenemende internasionale handel en kulturele betrekkinge blootgestel is. In suiwer ekonomiese verband verwys dit na die groeiende internasionale handelsbande en grootskaalse buitelandse be(contracted; show full)d vir die eerste keer in [[1961]] in 'n Engelstalige woordeboek gelys en kom oorspronklik uit die ekonomie en sosiologie. In die negentigerjare word dit in 'n toenemende mate in die openbare debat gebruik om na die ingewikkelde proses van transnasionale, ekonomiese, kulturele en sosiale betrekkinge te verwys. Die proses word dikwels ook as densionalisering geïnterpreteer, aangesien die nasionale state se invloed op ekonomiese en sosiale ontwikkelinge al hoe kleiner word.

[[Kategorie:Sosiologie]]