Difference between revisions 1342943 and 1354731 on afwiki{{argief}} ;2015: == Verrotte webskakels == Almal wat hier bydrae behoort die artikel oor [[:en:Wikipedia:Link_rot|link rot]] te lees. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 06:59, 6 Januarie 2015 (UTC) :Weet iemand watter sjabloon om te gebruik om argivering te kry (en hoe om dit te gebruik) dankie by voorbaat [[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 08:40, 7 Januarie 2015 (UTC) ::Om 'n webblad te argiveer, kan mens 'n URL soos die oproep: ::http://web.archive.org/save/http://af.wikipedia.org/ ::Die 'http://af.wikipedia.org/' gedeelte is wat geargiveer sal word. ::Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 20:23, 7 Januarie 2015 (UTC) == indiens opleiding == kan iemand my asb help ek is opsoek na n maatskappy wat studente gratis as vlieniers oplei- maw indiens opleiding⏎ ⏎ ==Bronne en verwysings vir artikels van lewende persone.== Hulp benodig by [[Robbie Klay]]. [https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Robbie_Klay&diff=1314592&oldid=1314591] is 'n teruggerolling van inligting wat nie bronne het in die artikel nie. (contracted; show full) * Nee, dit is onvanpas. Verwyder asb! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 12:02, 25 Maart 2015 (UTC) * Ek sou as ek nie in 'n oop kantoor gewerk het nie waar almal my rekenaarskerm kan sien. [[Gebruiker:Morne|Morne]] ([[Gebruikerbespreking:Morne|kontak]]) 12:23, 25 Maart 2015 (UTC) * O dit is snaaks! Ek verstaan, sit self in 'n oop omgewing! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 12:31, 25 Maart 2015 (UTC) ⏎ ⏎ == VisualEditor is nou aktief op die Afrikaanse Wikipedia == :{{kleiner|80%|''Onderstaande boodskap vertaal deur Aliwal2012''}} <div class="mw-content-ltr" lang="en" dir="ltr"> [[Image:VisualEditor - Icon - Help.svg|thumb|80px|{{kleiner|85%|Klik op die ikoon terwyl u in VisualEditor is vir 'n skakel na die}}[[:mw:Help:VisualEditor/User guide|handleiding.]]]] Hallo weereens! Soos sommige van u opgemerk het, het die Afrikaanse Wikipedia nou die [[:mw:VisualEditor|{{int:visualeditor}}]] (VisualEditor of "VE") aangeskakel vir alle gebruikers. Daar is nou twee oortjies vir redigering: "Wysig" en "Wysig bron". Klik op "Wysig" om VisualEditor te gebruik. Klik op "Wysig bron" om te wysig met behulp van Wikiteks. Alle wysigings wat met behulp van VisualEditor gedoen word, sal outomaties gemerk word met "Etiket: Visuele teksverwerker" in onlangse wysigings, dophoulyste en bladsygeskiedenis. Om tot die [[:mw:Help:VisualEditor/User guide|gebruikershandleiding]] vir VisualEditor toegang te verkry, klik op die "(?)" ikoon in VisualEditor se nutsbalk. As jy VisualEditor wil afskakel, doen dit dan onder [[Special:Preferences#mw-prefsection-editing|"Editing" in jou voorkeure]]. Meld asseblief enige sagteware "goggas", of foute wat jy mag vind, aan by [[:mw:VisualEditor/Feedback|MediaWiki se VisualEditor terugvoerbladsy]]. Vertaling van die gebruikerskoppelvlak en sy hulpgids is nog steeds nodig: jy kan '''leer hoe om jou gemeenskap met hierdie en ander take te ondersteun op [[:mw:Help:VisualEditor/VE as the main editor|hierdie instruksiebladsy]]'''. Kontak my gerus as jy nog hulp benodig. Geniet jou redigering, [[:mw:User:Elitre (WMF)|Gebruiker:Elitre (WMF)]] [[:mw:User talk:Elitre (WMF)|(kontak)]] 15:09, 30 Maart 2015 (UTC) </div> <!-- Message sent by User:Elitre (WMF)@metawiki using the list at http://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=VisualEditor/Newsletter/Phase_5_wikis&oldid=11630802 --> == Kajuitraad - nou raak dit persoonlik == Terwyl ek die afgelope twee dae 'n bietjie besig was om [https://wikimania2015.wikimedia.org/w/index.php?title=Special%3ALanguageStats&x=D&language=af&group=page-Category%3ACommunication Wikimania 2015] te vertaal (Van 0% tot 27%), het ek bly wonder watter "verplaasliking" (''localization'') orals oor die web vir Afrikaans gesoek word. Kyk, soos ek al vir my prof. geskryf het: net die feit "DAT DAAR 'N BRON IN AFRIKAANS <u>IS</u>" (soos Duits en Nederlands die een of ander rede dit ALTYD regkry), maak 'n taal en kultuur iets om mee rekening te hou (of, om 'n voet in die deur te kry). Dit is geen verskoning dat kleiner Germaanse tale afwesig hoef te wees bloot "omrede al hierdie sprekers tog die beste ter wêreld Engels kan lees" nie ([http://www.ef.edu/epi/ vergelyk Denemarke, Nederland, Swede, Noorweë]). 'n Probleem wat ek veral ondervind is die gebrek aan "diepte" in die Afrikaanse teenwoordigheid. Dit wil sê, Afrikaans is wel te vinde by 'n webwerf, ja, maar wel bv. net 5% van die "vertaalde" webwerf is klaar geïntegreer. Weereens die kwaliteitdebat. Aan die ander kant kry jy weer webwerwe soos dié van die Jehovah se Getuies (jw.org) wat reeds in die Afrikaanse afdeling nogal verbasend knap vertaal is en die leser met 'n verskeidenheid onderwerpe trakteer (let wel - daar is 724 ander tale ook op dieselfde webwerf!). Nee, ek behoort nie tot hierdie kerk nie; dis net as ek sinsnedes op Google toets dat hierdie spesifieke webwerf gereeld opspring om my grammatika te bevestig. Terug by die oopbronsagteware: Die probleem is nou om 'n mooi gestruktureerde lys saam te stel waar ons en die lesers ons aandag op kan toespits. Dit sou gaaf wees om 'n projekblad te stig waar ons plekke lys waar oopbronvertaling kort (wat op sy beurt weer direk en indirek Wikipedia moontlik beïnvloed en bevoordeel). Om 'n vertaler vir oopbronprogrammatuur deur al die doolhowe te word, so lyk dit my, is moeiliker as vir 'n vrou om pous te word. Behalwe Wikimania (2013, 2014, 2015...) het ek nog twee ander opgespoor: * Ons kry ten eerste [https://translatewiki.net/wiki/Special:MainPage Translatewiki.net], waar ons [https://translatewiki.net/w/i.php?title=Special%3ALanguageStats&x=D&language=af&group=page-Translating%3AHow+to+start hierdie] kry. (Eina, my oë). * Dan het ons [https://www.mozilla.org/af/ Mozilla Firefox (Afrikaans)]; een van die gewildste websnuffelaars. Waar die [https://support.mozilla.org/af/localization statistieke], wel, net so beroerd lyk. Om die waarheid te sê, die laaste bietjie aktiwiteit was in November 2013. Toe ontdek ek iets wat my nekhare laat rys en my regteroog laat spring. As jy brand van begeerte om te weet hoekom die Xhosa en Zoeloe-weergawes (vervang die laaste adres eenvoudig met (xh) en (zu)) sprankelend en skitterblink beter daar uitsien as by die Afrikaanse (en selfs Arabiese!) weergawe, wel - hier lê die [https://www.youtube.com/watch?v=HQClAE91c2s antwoord] op Youtube. Sakebedrywe mag inmeng en 'n taal "kunsmatig" 'n hupstootjie gee. As mens egter kyk in watter "natuurlike" toestand selfs die [https://support.mozilla.org/sv/localization Sweedse] (sv), [https://support.mozilla.org/no/localization Noorse] (no) en [https://support.mozilla.org/da/localization Deense] (da) weergawes verkeer, het mens selfs méér simpatie met Afrikaans. Ons sal van nou af vir lief moet neem: niemand gaan meer vir Afrikaans in die bres tree nie. Afrikaans word nou heeltemal aan sy openbare gebruikers en sprekers oorgelaat, uitgelewer en uitverkoop. Voëlvry. Ek haat dit om my werk net so kwartgebak te los (soos Wikimania 2015, wat nou so belangrik soos 'n roomysstalletjie in die Kaapse winters begin lyk)... maar dit lyk my die Afrikaanse FireFox se blus is uit en geniet hoër prioriteit... Miskien moet ek daar 'n bietjie vuur gaan stook. Ns. '''As jy dus van nog oopbronwebwerwe weet wat (dringend!) deur die publiek na Afrikaans vertaal kan word... dalk is dit nou die tyd dat ons 'n lys begin saamstel.''' [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 21:12, 5 April 2015 (UTC) : Dis nogal opvallend hoe internasionale maatskappye (soos Google, Facebook en Microsoft) hulle produkte na Afrikaans vertaal, maar Suid-Afrikaanse maatskappy wyer volstrek. Verskeie groot projekte (soos Firefox, Wikipedia en Ubuntu) verwelkom en moedig ook vertaling na Afrikaans aan. Om so 'n paar by jou lysie te voeg: :* Afrigen - http://www.it46.se/afrigen/ (ek het die een persoonlik van 0% tot 100% gevat) :* Drupal - https://localize.drupal.org/translate/languages/af :* Firefox - Die ouens wat projekte soos Firefox vertaal kan op [https://lists.sourceforge.net/lists/listinfo/translate-discuss-af die e-poslys] gekontak word. : Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 20:39, 7 April 2015 (UTC) ::Baie dankie Frank! ::Ek het ondertussen besluit om totsiens aan Firefox te sê en WikiMania 2015 klaar te maak. My ouers het my geleer 'n mens maak 'n ding klaar wat jy begin het. (Amper maak ek vandag my gebruikersnaam krater: dog heeltyd ''locker room'' is '''sluitkaskamer'''... My Engels was nooit goed op skool nie.) ::En net toe ek dog ek kan na al my harde werk op my opblaasmatras op 'n stomende warmwaterswembad ronddryf, met 'n piña colada in my hand, stort 'n doos vol werk opnuut op my af: * [https://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=Special%3ALanguageStats&x=D&language=af&group=page-Wikimedia+South+Africa Wikimedia]. ::Gelukkig is dit ook al blad wat geen Hollander of Duitser volledig kant en klaar (en ''well-kempt'') het nie. ::DAN EERS sal ek Firefox aanpak. ::O ja, terloops. Ek sien ons vriend [[Gebruiker:MADe]] gaan spiets maak by WikiMania 2015. Die Belg het heelwat op die hart [https://wikimania2015.wikimedia.org/wiki/Submissions/Why_Wikimedia_Fails:_The_Origins_of_Power,_Prosperity,_and_Poverty en hy betrek Suid-Afrikaanse Wiki's ook in sy toespraak]. Dit sal interessant wees om te hoor wat hy oor Afrikaans te sê het. ::En hallo Theresa en Oesjaar! Ek weet julle lees hierdie blad ook: moontlik gaan MADe WikiMedia ZA ook betrek: ''How to define the role of the Foundation? How should the WMF treat its chapters and associated organisations?'' ::Miskien moet ons 'n afskrif na die tyd gaan aanvra. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 21:24, 8 April 2015 (UTC) :::NS. As dit egter so veralgemenend en eensydig soos sy bronteks gaan wees van 'n Turk wat nie eens voet aan wal in Suid-Afrika gesit het, met Afrikaanssprekendes onderhoude gevoer het, of Afrikaans/Nederlandse hofstukke en/of bronne in Suid-Afrika in detail ontleed het nie - raak dit maar net nog 'n geblaf saam met die ander postkoloniale brakke. Cheers, ek het werk om te doen. Ek vind 'n Belgiese boek soos [https://archive.org/details/katangaenzuidafr00lode Katanga en Zuid-Afrika: vier lezingen] veel ontspannender: juis oor wat hierdie "Belgiese menswaardigheid" se nadraai in die 1960's in Katanga was. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 22:22, 8 April 2015 (UTC) :::: Terloops, daar is ook die Ubuntu vertaaldiens op Launchpad.net. Ek het self al heelwat vertalings daar gemaak. https://translations.launchpad.net Groete [[Gebruiker:JCBrand|JCBrand]] ([[Gebruikerbespreking:JCBrand|kontak]]) 07:54, 23 April 2015 (UTC) :::::Dankie, JC! [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 08:26, 24 April 2015 (UTC) == Meer oor Wikipedia == Leer meer oor Wikipedia en wat Jimmy Wales te sê het oor hoe dit begin het in die interessante onderhoud op [http://www.cbsnews.com/news/wikipedia-jimmy-wales-morley-safer-60-minutes/ CBS se 60 Minutes]. --[[Gebruiker:Humetheresa|Humetheresa]] ([[Gebruikerbespreking:Humetheresa|kontak]]) 07:08, 7 April 2015 (UTC) == Opname vir SA Gebruikers == Wikimedia ZA wil graag meer uitvind oor gebruikers in Suid Afrika. Of jy 'n baie aktiewe gebruiker is of slegs op geleentheid bydra, maak nie saak nie. Die opname kan aanlyn voltooi word [http://wikimedia.qualtrics.com/jfe/form/SV_5pXdPBtl9B5BsDH by hierdie skakel]. Wiki Groete --[[Gebruiker:Humetheresa|Humetheresa]] ([[Gebruikerbespreking:Humetheresa|kontak]]) 11:29, 7 April 2015 (UTC) == Wikimania 2015 == :Beide myself en Theresa se aansoeke om bogenoemde by te woon is afgekeur. Dit beteken dat sover my kennis strek daar weereens geen Afrikaanssprekende verteenwoordig sal wees nie. Was daar al ooit? Dit terwyl Afrikaans die 81ste posisie beklee in terme van artikels! Kom ons wag en kyk of die aktiviste van die kleiner tale weer genooi sal word. Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 06:47, 9 April 2015 (UTC) ::Hoe hemeltergend-ironies! Maar moenie kom kommer nie, los maar die taco's, nacho's, tortillas en tequila en alles wat sooibrand gee: volgende jaar is dit in '''[https://wikimania2016.wikimedia.org/wiki/Main_Page Italië]'''. Skerp solank jou ''Bella Figura'' op. Dankie Oesjaar vir die 5-minute-inspirasie om Wikimania verder te '''verpes''' met Afrikaanse vertalings. Dis soos rooi senterkol spuitverf op die Colosseum: '''<span style="color:red"><u>''NEEM KENNIS. ONS IS REEDS HIER! SNY 'N LYN PAPPIE.''</u></span>''' [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 10:47, 9 April 2015 (UTC) :::Miskien moet ons maar weer laer trek, die hele Wiki organisasie in sy moer stuur en werk soos ons tot laasjaar gewerk het! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 11:03, 9 April 2015 (UTC) ::::Dêm, en ek het nou net die mini-relletjie op die kuberruimte begin geniet om my koninklike taalrykie uit te brei... ''The thrill is in the chase.'' ::::Ek dink hier sal die sinvolle rede en oordeel van Voyageur nou goed te pas kom. Want ons is nou presies terug [https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Geselshoekie/Argief31Des14#Wikimedia_Suid_Afrika_Jaarverslag by die begin]. ::::Bly ons aan by Wikimedia ZA, en die ledetal groei sterk aan, kan meer uitgerig word, en die organisasie hopelik besluit om ten volle te diversifiseer. Die klem lê op ''hopelik'', want in wie se belang wil jy nou eintlik werk: diegene wat die meeste teenwoordig is. Dit is wat Voya bedoel het dat ons almal ''en masse'' moet aansluit (''As hulle wil, kan Afrikaanssprekendes in hulle honderde en duisende as lede by Wikimedia ZA aansluit en die hele vereniging dus Afrikaanssprekend maak.''). ::::Daar is reeds 'n blad in Afrikaans op Wikimedia ZA se webwerf - ons teenwoordigheid kan jy dus nie miskyk nie. Theresa het reeds wonderlike werk verrig. ::::Aan die ander kant: as dit jou (wat Oesjaar is) te veel geld, tyd, en kragte kos om iets te bereik, en die politieke smaak te erg na jou sin is, dan is dit om persoonlike redes vir jou eie beswil, wat jou finale besluit ook al mag wees. ::::Ons almal wil julle egter graag oorsee as ons verteenwoordigers sien. ::::Ek het die vraelys ingevul wat Theresa hierbo geplaas het. Wikimedia ZA kan wel meer ingang vind by universiteite; hy kan ook meer uitvind oor wat die wetbepalings is betreffende die Suid-Afrikaanse tekste wat in die publieke domein is (ek het reeds so 'n vraag aan RSG gestuur - ek wag nog in spanning Maandagmiddae): Wikisource moet verder uitgebrei word. ::::By universiteite kan die benadering van Wikipedia anders wees. Ek weet die NWU het met 'n radikale stap goed bedoel om studente te lok na Wikipedia. Ongelukkig het die Pukke (studente) nie die mensliewende sy daarvan ingesien nie: dit was vir hulle slegs, so lyk dit my, net nog 'n werkopdrag om punte te verdien. Juis DAAROM kan Wikimedia die onderskeie universiteite beter benader. (Hoewel jou betrokkenheid by 'n minderheidstaal-Wikipedia 'n verdomp goeie indruk op jou CV maak.) ::::Verder vind ek dit skreiend hoe my lektore, professors, hoogleraars aanhou skryf, skryf en skryf, maar hul werk d.m.v. Sabinet en ander geslote stelsels nooit in die openbaar te siene is nie. So iets is vir my tydmors. Want vir wie skryf hierdie mense dan? ::::Ek het dus gemengde gevoelens oor "afstigting". [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 13:04, 9 April 2015 (UTC) :::::Wat die amptelike Wikimania-program met referate betref, is deelnemers eintlik nie noodsaaklik verteenwoordigers van enkele projekte nie, maar eerder individuele belangstellendes. 'n Mens kry natuurlik altyd die kans om met ander Wikipediane te gesels en ervarings uit te ruil. Behalwe vir Wikimedia Duitsland is daar ook min verenigings wat dit kan bekostig om beurse vir alle belangstellendes beskikbaar te stel. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 20:15, 9 April 2015 (UTC) Hallo almal, ek was hierdie jaar en laasjaar 'n beursbeoordelaar. Ek het hierdie jaar weens werksdruk min tyd gehad vir die taak, en het dus net gefokus op die basiese: evaluerings toeken aan 'n groot klomp beursaansoeke: in die proses het ek elke keer gekyk wat die persoon gesê het hulle gedoen het, en waar ek enige twyfel gehad het of dit waar was, het ek óf 'n bietjie gekyk vir bewyse daarvan op die internet, óf vir ander beoordeelaars gevra of hulle iets daarvan weet. Ek het ook gekyk na wat die persoon se aktiwiteit op hulle tuis-wiki was, en ook hoe veel die impak was in terme van die grootte van die wiki waarop hulle gewerk het. Partykeer moes ek ook ander beoordelaars vra as ek nie die taal geken het nie. Ons het elkeen 'n lys van kandidate gekry om te beoordeel, en ek het die een Suid-Afrikaanse kandidaat op my lys (nie Oesjaar nie, iemand anders) vir 'n ander beoordelaar gegee sodat daar nie 'n moontlikheid van partydigheid sou wees nie. Ek is egter nou spyt dat ek nie ten minste gekyk het en 'n bietjie insette gelewer het nie! As ek net vir die ander beoordelaars 'n bietjie konteks gegee het, sonder om onderduims te wees, sou dit dalk 'n verskil kon gemaak het. Daar was wel ongelooflike kandidate hierdie jaar, en 89 kon beurse kry. Oesjaar het 'n goeie "punt" gekry, maar as ek so kyk na die Afrikakandidate, dink ek dat daar tog 'n bietjie te veel van 'n lukraakfaktor was. Dis nie partydigheid nie; net 'n span van vrywilligers wat hul bes doen om korrek te skat op grond van wat hulle voor hulle sien. Ons moes hierdie jaar spook om seker te maak dat elke kandidaat ten minste deur twee beoordelaars beoordeel is. Daar is elke jaar 'n paar ongelukkige gevalle: daar was laasjaar byvoorbeeld 'n kandidaat wat 'n beurs gekry het omdat hy, reguit gesê, gelieg het oor wat hy alles gedoen het, en die waarheid het te laat uitgekom. Oesjaar, ek het geen twyfel dat jy 'n beurs sal kry om Wikimania in Italië by te woon nie, maar om dit 100% seker te maak, sou ek voorstel dat jy deur Wikimedia ZA een of twee sigbare aktiwiteite doen, soos byvoorbeeld 'n opleidingsessie vir Akademici. Dit gee altyd vir 'n kandidaat 'n beter punt vir die "knowledge sharing" afdeling. Kandidate wat nog nie 'n beurs gekry het nie word voorgetrek, wat ook in jou guns tel. Ek bly in Duitsland, en sal vir myself betaal om dit by te woon, so ek sien uit daarna om jou daar te sien. Ek was al op meer as een Wikimania (het laasjaar self betaal om London toe te gaan, maar gaan nie geld of tyd hê vir Mexiko nie, helaas.) Dis 'n ongelooflike ervaring en 'n mens kry regtig baie goeie insig in wat die mense dwarsoor die wêreld doen. 'n Mens sien oral spieëlbeelde van 'n mens se eie land in ander se situasies. 'n Mens sien wat werk, en wat nie werk nie. Ek gaan nie die hele ryk ervaring hê hierdie jaar nie, maar ek gaan wel 'n paar van die referate op Livestream kyk. Laasjaar se video's is op [https://archive.org/details/wikimedia?and%5B%5D=subject%3A"london" Internet Archive], vir diegene wat belangstel. Groete, --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 19:32, 10 April 2015 (UTC) ::Slashme, dankie vir die terugvoer. Dit bevestig net maar wat ons laas jaar gesê het dat die Wiki prosesses nie deursigtig of demokraties is nie; ook dat die Wikemedia konferensies oor alles behalwe die gewone bydraer gaan en dat dit geskaak word deur aktiviste. Met betrekking tot jou opmerking oor sigbare aktiwiteite, as 3900 plus artikels en 60,000 plus redigeer pogings nie ''sigbaar'' is nie; weereens bevestig dit dat die Wiki dinge '''NIE''' oor ons gewone bydraer gaan nie. Dit jammer en ons aanvaar dit maar so! Ek het werklik waar nie tyd in my lewe om ''sigbare'' projekte te doen en smeek en slaaf speel vir ''brownie points'' nie, dit is net nie in my persoonlikheid nie. Tot tyd en wyl Wiki nie hulle politiek verander nie kan ek net aanneem dat ons gewone gebruikers nie sal gaan na hierdie konferensies nie. Miskien kan jy dit so aan Mnr Wales oordra, duidelik is ons gewone gebruikers nie op sy radar nie! Hierdie is my laaste kommentaar hieroor, volgende artikel.... [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 16:36, 12 April 2015 (UTC) :Aangesien ek indirek aanleiding gegee het en op die koop toe die gesprek gefasiliteer het, sluit ek die gesprek af. (Dis nou aanmatigend...) :Maar my magtig, jy het sigbare werk gelewer: jy het op RSG gepraat met meer as 1,8 miljoen luisteraars (nou nie op Tjailatyd nie, maar wie gee om? Mens kan nie die perd maak drink nie.). Die potgooi is immers beskikbaar. +20 . Het jy dit by jou aansoek ingesluit??? :En wat die akademiese kant betref, teken stokmannetjies op Microsoft Paint, brom in die mikrofoon en laai dit op YouTube: ''Boet en Saartjie leer Wikipedia; Staffel eins, Folge zwei: Der Fluch der Mumie''. +5 . :My ''suggestie'' vir ''perceptie'': Stel 'n lekker CV op waar elke detail aangestip word, soos vir die naamskadevergoedingseiskommissieinventaris. Dit wil sê, selfbemarking. Elke punt en komma, kruim en kors, brokkies en brode wat jy gebak en gebrou het in en vir die naam van Wikimedia ZA. En jy slaan nie 'n jota of tittel oor nie. Tu capisci? As jy jou oogtande sal gee om die magtige suile van die bron van die Westerse beskawing te aanskou, laat dan dat niks in jou pad staan nie. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 09:13, 13 April 2015 (UTC) :Ag, en die BELANGRIKSTE: maak 'n lys van jou blinkste, haalbare toekomsplanne. Dit skep die indruk dat jy vooruit dink. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 09:47, 13 April 2015 (UTC) Nou ja, dit is juis die probleem. Die RSG praatjie is nie in die aansoek genoem nie. Nie een van die beoordelaars was daarvan bewus nie, ek ook nie. Trouens, niks wat nie op Wikipedia self plaasvind nie is hoegenaamd genoem nie. Toe ek gepraat het van "sigbare" aktiwiteite was dit uit die gesigspunt van mense wat besluit vir wie betaal moet word dat hulle na 'n in-persoon konferensie gaan: [https://wikimania2015.wikimedia.org/wiki/Scholarships#Selection_criteria Die krieteria is juis daarvoor opgestel.] Wikipedia bydraes tel wel swaar in hierdie proses, maar dis nie die hele verhaal nie. Die Wikimedia Foundation word heeltyd voor die kop gegooi dat hulle fondse mors, so hulle wil mense uitnooi wat Wikimedia projekte gaan bemark in hulle eie land, maar die probleem is dat hulle die mense grotendeels van geen kant af ken nie, so wat nie in 'n aansoek genoem word nie, is vir hulle onsigbaar. Ek wou vir niemand sê hulle moet "slaaf speel" of klopdans vir 'n kommitee nie, maar daar is mense wat regtig moeite doen om alles in hulle aansoeke sigbaar en bekend te maak wat hulle gedoen het om ander bewus te maak van die projekte. Ons Suid-Afrikaners tel as "Global South" (nouja, daar maak ek self 'n katjie dood) en dus word ons voorgetrek. Ons moet net leer om nie beskeie te wees nie, en onself reg te bemark. --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) == Stewards confirmation rules == Hello, I made [[:m:Requests_for_comment/Confirmation_of_stewards|a proposal on Meta]] to change the rules for the steward confirmations. Currently consensus to remove is required for a steward to lose his status, however I think it's fairer to the community if every steward needed the consensus to keep. As this is an issue that affects all WMF wikis, I'm sending this notification to let people know & be able to participate. Best regards, --<small>[[User:MF-Warburg|MF-W]]</small> 16:12, 10 April 2015 (UTC) <!-- Message sent by User:MF-Warburg@metawiki using the list at http://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=Distribution_list/Global_message_delivery&oldid=11737694 --> == VisualEditor Nuus #2—2015 == <div class="plainlinks mw-content-ltr" lang="en" dir="ltr"> <div style="margin:0.5em;width:230px;{{#switch:ltr|rtl=float:left;margin-left:0;|#default=float:right;margin-right:0;}}border:1px solid #AAA;padding:0.5em;"> [[File:VisualEditor-logo.svg|200x70px|center|alt=VisualEditor]] '''Het jy geweet?''' <div class="thumbcaption" style="font-size: 90%;"> Met [[:mw:Citoid|Citoid]] in VisualEditor, klik jy die 'boek met boekmerk'-ikoon en plak dit in die URL vir 'n betroubare bron: [[File:Citoid in VisualEditor Screen Shot 2015-04-02.png|alt=Screenshot of Citoid's first dialog|centre|frameless|230x230px]] Citoid soek die bron vir jou op en lewer die verwysingsresultate. Klik op die groen "Insert" knoppie om hierdie resultate te aanvaar en dit by die artikel te voeg: [[File:Citoid results in VisualEditor Screen Shot 2015-04-02.png|alt=Screenshot of Citoid's initial results|centre|frameless|230x230px]] Ná invoeging van die verwysing, kan jy dit gaan verander. Kies die verwysing en klik op die "Edit" knoppie in die konteksspyskaart om die verandering te doen. [[:mw:Special:MyLanguage/VisualEditor/User guide|Die gebruikersgids]] het meer inligting oor hoe om VisualEditor te gebruik. </div></div> Sedert die vorige nuusbrief, het die [[:mw:VisualEditor|Redigeerspan]] baie "goggas" reggemaak en VisualEditor se werkverrigting verbeter, asook die [[:mw:Citoid|Citoid]] verwysingsdiens, en ander tale gehelp wat moeilike invoerbehoeftes het. Statusverslae is op [[:mw:VisualEditor/changelog|Mediawiki.org]] beskikbaar. Die werkslys vir April tot Junie is by [[phab:project/sprint/board/1113/|Phabricator]] beskikbaar. Die weeklikse '''task triage meetings''' is steeds oop vir vrywilligers, Woensdae teen [http://www.timeanddate.com/worldclock/fixedtime.html?iso=20150401T11&p1=224&am=30 11:00 PDT] (18:00 UTC). Jy hoef nie die vergadering by te woon om 'n gogga te nomineer vir oorweging as 'n Q4 blokker nie. Gaan sommer direk na "Phabricator" en assosieer die [[phab:tag/editing_department_2014_15_q4_blockers/|Redigeerspan se Q4 blokkeerprojek]] met die gogga. Leer hoe om vergaderings by te woon en hoe om goggas te nomineer by [[:mw:Talk:VisualEditor/Portal|mw:Talk:VisualEditor/Portal]]. === Onlangse verbeterings === VisualEditor is nou aansienlik vinniger gemaak. In die meeste gevalle, laai bladsye in VisualEditor nou vinniger as in wikiteksredigeerder. Die nuwe stelsel se kodespoed is met 37% en die [[:mw:RESTBase|netwerkspoed]] met byna 40% verbeter. Die Redigeerspan is tans besig om '''self-vul eienskappe vir verwysings''' by te voeg. Dis tans slegs op die Franse, Italiaanse en Engelse Wikipedias beskikbaar. Die '''[[:mw:Citoid|Citoid-diens]]''' neem 'n [[:en:URL|URL]] of [[:en:Digital object identifier|DOI]] as 'n betroubare bron, en vorm daarmee 'n voorafgevulde, voorafgeformateerde bibliografiese verwysing. Nadat dit gevorm is, kan jy dit verander of inligting byvoeg tot die verwysing, op dieselfde wyse as wat jy enige ander verwysings in VisualEditor sou redigeer. Ondersteuning vir [[:en:ISBN|ISBNs]], [[:en:PubMed#PubMed_identifier|PMIDs]] en ander identifiseerders word beplan. Redigeerders sal noukeuriger kan werk en onnodige handkorreksies uitskakel deur by te dra tot die Citoid-diens se definisies vir elke webwerf. Citoid vereis goeie [[:mw:Special:MyLanguage/Help:TemplateData|TemplateData]] vir jou aanhalingsjablone. As jy graag hierdie funksie vir jou wiki wil aanvra, pos 'n versoek in die [[phab:tag/citoid/|Citoidprojek Phabricator]]. Sluit asb. skakels na die TemplateData vir die belangrikste verwysingsjablone op jou wiki in. Die '''spesiale karakterinvoeger''' is verbeter, gebaseer op terugvoer ontvang van aktiewe gebruikers. Na dit, is VisualEditor beskikbaar gestel aan alle gebruikers van Wikipedias op die [[:mw:VisualEditor/Rollouts|Fase 5-lys]] op 30 Maart. Dit beïnvloed 53 mediumgrootte en kleiner Wikipedias, waaronder '''Afrikaans''', '''Azerbaijani''', '''Breton''', '''Kyrgyz''', '''Masedonies''', '''Mongools''', '''Tataars''' en '''Wallies'''. Werk duur voort aan tale met komplekse vereistes, soos Koreaans en Japannees. Hierdie tale gebruik insetmetoderedakteurs ("IME"). Onlangse verbeterings sal tikwerk vir hierdie gebruikers vereenvoudig in VisualEditor. Die ontwerp vir die beeldkiesproses gebruik nou 'n "baksteenpas"model. Beelde in die resultate word vertoon op dieselfde hoogte, maar teen veranderlike breedte, soortgelyk aan bakstene van verskillende groottes in 'n baksteenmuur, of die [[:mw:Special:MyLanguage/Help:Images#Mode parameter|"packed"-modus]] soos in beeldgalerye. Hierdie styl help jou om die regte beeld te vind deur dit makliker, en met meer besonderhede in beelde te sien. Jy kan nou kategorieë '''skuif''' en hul volgorde van vertoon op die bladsy '''herrangskik'''. Die opskietvenster wat verskyn wanneer jy kliek op 'n verwysing, beeld, skakel, of 'n ander element, word die "kontekskieslys" genoem. Dit vertoon nou bykomende nuttige inligting, soos die bestemming van die skakel of die beeld se lêernaam. Die span het ook 'n duidelike "Edit"knoppie bygevoeg in die kontekskieslys, wat nuwe redakteurs behoort te help om die instrument te open om die item te kan verander. '''Onsigbare sjablone''' is gemerk met 'n legkaartstukkie-ikoon, sodat hulle interaksie kan ondergaan. Gebruikers sal nou ook in staat wees om HTML-ankers te sien en te wysig in artikelopskrifte. Gebruikers van die TemplateData-redakteur kan nou 'n string as opsionele teks plaas, wat ander gebruikers van die sjabloon kan inlig oor wat hulle moet doen. ([https://phabricator.wikimedia.org/T90734 T90734]) === Vooruitskouing === Die spesiale karakterinvoeger in VisualEditor sal binnekort dieselfde spesiale karakterlys as die Wikiteksredakteur gebruik. Admins van elke wiki sal ook die opsie hê vir die skep van 'n persoonlike afdeling vir algemene gebruikskarakters aan die bokant van die lys. Instruksies vir die opstel van die lys sal gepos word by [[:mw:VisualEditor/Special_characters|mediawiki.org]]. Die span bespreek 'n toets van Visual Editor met nuwe gebruikers op die Engelse Wikipedia, om te sien of hulle hul doelwitte met die gebruik van VisualEditor deur nuwe redakteurs bereik het. Die tydsberekening is onbekend, maar dit kan relatief gou wees. ([https://phabricator.wikimedia.org/T90666 T90666]) === Kom ons werk saam === * Deel jou idees en vrae by [https://www.mediawiki.org/w/index.php?title=VisualEditor/Feedback&lqt_method=talkpage_new_thread mw:VisualEditor/Terugvoering]. * Kan jy uit Engels vertaal in enige ander taal? Gaan asseblief [https://translatewiki.net/w/i.php?title=Special%3AMessageGroupStats&x=D&group=ext-visualeditor-ve&suppressempty=1 hierdie lys] na om te sien of daar meer koppelvlakvertalings nodig is vir jou taal. [[m:User talk:Elitre (WMF)|Kontak ons]] om 'n rekening te kry as jy sou wou help! * Die ontwerpnavorsingspan wil graag sien hoe werklike redakteurs werk. Teken asseblief in op [https://jfe.qualtrics.com/form/SV_6R04ammTX8uoJFP hul navorsingsprogram]. * Lêerversoeke vir taal-geskikte "{{Int:visualeditor-annotationbutton-bold-tooltip}}" en "{{Int:visualeditor-annotationbutton-italic-tooltip}}" ikone vir die formatering van karakters spyskaart [https://phabricator.wikimedia.org/maniphest/task/create/?projects=PHID-PROJ-dafezmpv6huxg3taml24 in Phabricator]. Teken in op die [[mail:translators-l|Vertalersposlys]] of [https://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=User_talk:Elitre_(WMF)&action=edit§ion=new kontak ons direk], sodat ons jou kan laat weet wanneer die volgende uitgawe gereed is. Dankie! — <span class="mw-content-ltr" lang="en" dir="ltr">[[:mw:User:Elitre (WMF)|Elitre (WMF)]]</span> </div> 19:48, 10 April 2015 (UTC) <!-- Message sent by User:Keegan (WMF)@metawiki using the list at http://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=VisualEditor/Newsletter/Wikis_with_VE&oldid=11742174 --> == Vertalingswerktuig == Hallo almal, [[Gebruiker:Amire80|Amir Aharoni]] soek mense om sy vertalingswerktuig uit te toets. Dis nog nie op die Afrikaanse Wikipedia beskikbaar nie, maar as dit lyk asof alles werk, sou dit redelik vinnig hierna kan kom. In ander tale is reeds 1000 artikels daarmee vertaal, waarvan net 13 uitgewis is. Wat dit doen, is om die artikel in 'n ander taal te vat, en vir jou die oorspronklike langs die nuwe weergawe te wys. As jy uit Nederlands vertaal, is daar 'n growwe Afrikaanse weergawe wat jy dan kan regmaak, maar as jy uit Engels vertaal, moet jy al die teks vertaal. Dis nog steeds baie makliker as ander metodes. As jy dit wil uittoets, doen asb. die volgende: # Gaan na http://en.wikipedia.beta.wmflabs.org en skep 'n gebruikersnaam. # Gaan dan na http://en.wikipedia.beta.wmflabs.org/wiki/Special:Preferences#mw-prefsection-betafeatures toe, en aktiveer "Content Translation". # Sit jou muis op die woord "Contributions" bo regs, en daar behoort 'n "Translations" skakel tevoorskyn te kom. Klik hom. # As jy 'n idee soek vir 'n artikel om te vertaal, klik op "Find articles missing in your language" en volg die instruksies - jy moet die naam van die artikel in die vreemde taal dan kopiëer of onthou. # Klik dan op "Create new translation" # Kies die taal waaruit jy wil vertaal by "From", en gee die naam van die artikel wat jy wil vertaal. As jy uit Nederlands vertaal, gaan jy 'n growwe vertaling kry om vanaf te werk, andersins kry jy net die bronteks om te vertaal. # Kies Afrikaans by "To", en as die titel in Afrikaans anders is in die vreemde taal, gee die korrekte titel in Afrikaans, anders los jy hom net so. # Klik "Start Translation". Jy kom dan by 'n venster waar jou nuwe artikel geskep word. Om 'n nuwe afdeling te begin vertaal, klik jy op die grys boks regs. Die sistem skep outomaties interwiki-skakels vir artikels wat reeds in Afrikaans bestaan, en skep ook outomaties verwysings. # Jy hoef nie te stoor soos jy aangaan nie, dit gebeur vanself. Vertel asb. vir Amir by sy Engelse Wikipedia besprekingsbladsy hoe dit gegaan het, en laat weet as daar probleme is. As jy belangstel om die koppelvlak te help vertaal, kan jy dit by [https://translatewiki.net/wiki/Special:Translate?filter=!translated&action=translate&group=ext-contenttranslation&language=af Translatewiki] doen. Groete, [[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 21:11, 10 April 2015 (UTC) N.S.: Ek het nou net die koppelvlak vertaal, maar ek skryf maar selde tegniese Afrikaans. Kan iemand anders asb op [https://translatewiki.net/wiki/Special:Translate?filter=!translated&action=translate&group=ext-contenttranslation&language=af Translatewiki] gaan kyk of dit reg lyk? Dankie! --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 20:17, 11 April 2015 (UTC) :: Lyk goed. Vir tegniese rekenaarterme kan jy na die [https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Rekenaarterme "rekenaartermeblad"] verwys. Byvoorbeeld "tool" wat jy as "werktuig" vertaal kan ook as a "nutsprogram" vertaal word, wat vir my persoonlik beskrywender is. [[Gebruiker:JCBrand|JCBrand]] ([[Gebruikerbespreking:JCBrand|kontak]]) 08:03, 23 April 2015 (UTC) :Dankie [[Gebruiker:JCBrand|JCBrand]], dis nogal 'n nuttige lys daardie! --[[Gebruiker:Slashme|Slashme]] ([[Gebruikerbespreking:Slashme|kontak]]) 20:46, 6 Mei 2015 (UTC) == Wikipedia op Facebook == Haai julle! Sien https://www.facebook.com/groups/231160206984566/?notif_t=group_r2j_approved Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 10:09, 13 April 2015 (UTC) == Wiki from Above 2015 staan einde se kant toe == Ons wil julle net graag herinner aan Wiki from Above 2015 wat hierdie maand tot 'n einde kom. As jy in Kaapstad is en graag wil deelneem aan die kompetisie, nooi ons jou uit om die [http://wikimedia.org.za/wiki/Wiki_From_Above_2015 laaste werkswinkel by te woon]. :Datum : 25 April :Tyd : 10:00 - 12:00 :8 Spin Straat, Kaapstad Daar sal verduidelik word hoe om in te skryf vir die kompetisie, asook 'n geleentheid om jou inskrywing sommer daar op Commons te laai. Hoop om baie van julle daar te sien! Wiki Groete --[[Gebruiker:Humetheresa|Humetheresa]] ([[Gebruikerbespreking:Humetheresa|kontak]]) 09:40, 15 April 2015 (UTC) == ''Inhoudvertaler'' word aangeskakel as betafunksie op 21 April 2015 == :{{kleiner|80%|''Vertaling van boodskap deur'' [[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 09:00, 18 April 2015}} Hallo almal! Die nuwe [[mw:Content_translation|'''Inhoudvertaler''']] sal as 'n betafunksie aangeskakel word op die Afrikaanse Wikipedia op 21 April 2015. Dit is tans beskikbaar op http://en.wikipedia.beta.wmflabs.org/wiki/Special:ContentTranslation vir 'n toetsvertaling. Jy moet 'n nuwe rekening skep, omrede dit nie tans gedek word deur die sentrale verifikasiestelsel nie. Sodra jy aangeteken het, skakel die beta-funksie van die instrument aan, om dit te kan sien. Hierna kan jy enige artikel uit die beskikbare brontale vertaal. Gee ons asseblief jou kommentaar en terugvoer op die [[:mw:Talk:Content_translation|inhoudvertaler se besprekingsblad]], of by [https://phabricator.wikimedia.org/T95848 Phabricator]. Dankie! [[Gebruiker:Runab WMF|Runa Bhattacharjee]] ([https://www.mediawiki.org/wiki/User_talk:Runab_WMF kontak]) 09:49, 17 April 2015 == Wiki from Above Kompetisie Verleng == Hi almal, net 'n vinnige nota om te laat weet dat die Wiki from Above Kompetisie verleng is. Sluitingsdatum is nou '''25 Mei 2015'''. Om meer uit te vind oor die kompetisie, besoek gerus die [http://wikimedia.org.za/wiki/Wiki_From_Above_2015 kompetisie se webtuiste.]--[[Gebruiker:Humetheresa|Humetheresa]] ([[Gebruikerbespreking:Humetheresa|kontak]]) 07:30, 20 April 2015 (UTC) == [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections 2015/Call for candidates|Nominasies word nou ingewag vir die Wikimediastigting se verkiesings in 2015]] == ''This is a message from the [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections 2015/Committee|2015 Wikimedia Foundation Elections Committee]]. [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections 2015/MassMessages/Accepting nominations|Translations]] are available.'' [[File:Wmf logo vert pms.svg|100px|right]] Dagsê almal! Ek kondig met graagte aan dat nominasies nou ingewag word vir die Wikimediastigting se verkiesings in 2015. Die Raad en die FVK-personeel is hierdie jaar op soek na 'n diverse groep kandidate uit streke en projekte wat tradisioneel onderverteenwoordig is op die raad en in die beweging asook kandidate met ondervinding in tegnologie, produkte of finansies. Om hierdie rede het hulle [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections 2015/Call for candidates|publikasies]] geskryf van wat hulle dink benodig word, en erken dat diegene wat die gemeenskap die beste ken, die gemeenskap self is, die verkiesingskomitee [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections 2015|aanvaar nominasies]] vir lede van die gemeenskap wat jy dink moet staan, en sal uitreik na genomineerdes om hulle van inligting te voorsien oor die werk en die verkiesingsproses. Verkiesings word hierdie jaar gehou vir die volgende rolle: ''Raad van Trustees''<br /> Die Raad van Trustees is die besluitnemende liggaam wat uiteindelik verantwoordelik is vir die langtermynvolhoubaarheid van die Stigting, so ons waardeer wye insette in sy seleksie. Daar is drie posisies wat gevul moet word. Meer inligting oor hierdie rol kan gevind word by die [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections/Board elections/2015|raad se verkiesingsbladsy]]. ''Fondsverspreidingkomitee (FVK) '' <br /> Die Fondsverspreidingkomitee (FVK) maak aanbevelings oor hoe die Wikimediabeweging sy fondse moet toeken aan kwalifiserende entiteite. Daar is vyf posisies wat gevul moet word. Meer inligting oor hierdie rol kan gevind word by [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections/FDC elections/2015|die FVK-verkiesingsbladsy]]. ''Fondsverspreidingkomitee (FVK) Ombudspersoon'' <br /> Die FVK Ombudspersoon ontvang klagtes en terugvoer oor die FVK proses, ondersoek klagtes op versoek van die Raad van Trustees, en 'n opsomming van die ondersoeke en terugvoer bereik die Raad van Trustees op 'n jaarlikse basis. Een posisie moet gevul word. Meer inligting oor hierdie rol kan gevind word by [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections/FDC Ombudsperson elections/2015|die FVK ombudspersoon verkiesingsbladsy]]. Die kandidatuurvoorleggingsfase duur van 00:00 UTC 20 April tot 23:59 UTC 5 Mei vir die Raad en van 00:00 UTC 20 April tot 23:59 UTC April 30 vir die FVK en FVK ombudspersoon. Hierdie jaar aanvaar ons beide eie nominasies en nominasies van ander. Meer inligting oor hierdie verkiesing en nominasie proses kan gevind word op [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections 2015|2015 Wikimedia verkiesingsbladsy op Meta-Wiki]]. Namens die verkiesingskomitee,<br /> -Gregory Varnum ([[m:User:Varnent|Gebruiker:Varnent]])<br /> Köordineerder, [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections 2015/Committee|2015 Wikimedia Stigtingverkiesingskomitee]] ''Posted by the [[m:User:MediaWiki message delivery|MediaWiki message delivery]] on behalf of the [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections 2015/Committee|2015 Wikimedia Foundation Elections Committee]], 05:03, 21 April 2015 (UTC) • [[m:Special:MyLanguage/Wikimedia Foundation elections 2015/MassMessages/Accepting nominations|Translate]] • [[m:Talk:Wikimedia Foundation elections 2015|Get help]] == Content Translation beta feature is now available == Hello, [[mw:Content_translation|Content Translation]] has now been enabled as a beta feature on the Afrikaans Wikipedia. To start translating, enable the beta feature and go to [[Spesiaal:ContentTranslation]] or to your contributions page and create a new translation by selecting the source language, the article name and target language. If the article already exists then a warning will be displayed. After you translate the article, you can publish it directly as a new page on the Afrikaans Wikipedia. In case the article gets created in the Afrikaans Wikipedia by another user while you were translating, you will see an option to save the newly published translation under your user namespace. The number of published pages can be seen on the [[Spesiaal:ContentTranslationStats|Content Translation stats page]]. Since, this is the first time we have installed the tool on this Wikipedia, there are chances that there may be some problems or service disruptions which we are not yet aware of. We will be monitoring the usage to check for any failures or issues, but please do let us know on the [[:mw:Talk:Content_translation|Content Translation talk page]] or through [https://phabricator.wikimedia.org/T95848 Phabricator] if you spot any problems that prevent you from using the tool. For more information, please read [[:mw:Content_translation#Try_the_tool|about how to use the tool]]. You can also view a [https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/e/ee/Content_Translation_Screencast_%28English%29.webm short screencast] on how to use Content Translation. My apologies for writing this announcement only in English. Please feel free to translate this message for wider distribution. Thank you.--[[Gebruiker:Runab WMF|Runa Bhattacharjee]] ([[Gebruikerbespreking:Runab WMF|kontak]]) 15:54, 21 April 2015 (UTC) :Lei ons nie in die versoeking nie . . . [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 16:22, 21 April 2015 (UTC) == "Conference Organizers" == Ek is besig om hierdie artikel oor [https://wikimania2015.wikimedia.org/wiki/Conference_organizers vyf gesiggies] te vertaal en soek 'n gepaste titel. Ek hou baie van Duits en Frans, maar "Organisateurs de la conférence" (letterlik: Organiseerders van die konferensie) en "Konferenzveranstalter" (letterlik: Konferensieorganiseerders) is 'n bietjie onafrikaans. Ek kon tot dusver met twee vorendag kom, maar weet nie watter een klink die beste nie: :Konferensiekoördineerders vs. Sameroepers Eersgenoemde is seker die juiste keuse, hoewel "koördineerder" vaag in die Afrikaanse woordeboeke omskryf word as iemand wat 'n onderlinge verband, samewerking bring, by mekaar laat aansluit. Kyk mens na die Nederlandse "coördinator" in die ouer ''Van Dale'' (1981), staan daar: ''hij die coördineert, die m. betr. t. een groot project de versch. werkzaamheden goed op elkaar laat aansluiten''. Die Oxford sê: ''A person whose job is to organize events or activities and to negotiate with others in order to ensure they work together effectively''. Dit is presies waarna mens soek: Wikimania is nie jou gewone samekoms nie. 'n Sameroeper beteken volgens die HAT en Verklarende Afrikaanse Woordeboek iemand spesiaal aangestel om 'n vergadering te belê/reël of persone byeen te roep. ''Zamenroeper'' bestaan lankal nie meer in die Nederlands nie - vroeër was dit soortgelyk aan die Latynse ''convocator'' (uit: con- 'saam' + vocare 'roep'; vergelyk Frans: ''convocateur''). ''Samenroeper'' bestaan egter wel. In Afrikaans word hierdie woord in die woordeboeke gelykgestel met die Engelse ''convener'' (''A person whose job it is to call people together for meetings of a committee''). Ek het dus aangeneem dat "sameroeper" slegs by 'n aangeleentheid betrek word vir die geslote (werks)binnekring of vir 'n (keurders)komitee, forum, universiteit, afrigters, beoordeelaars, of een of ander paneel/raad, '''wat nie die publiek betrek nie'''. Toe kom ek egter op hierdie [http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2015/04/15/2/dreliasTK_31_0_637152532.html berig] af: ::’n Forum wat aan Afrikaanse skrywers, digters en storievertellers ’n platform sal bied om hul kuns onder mekaar en die publiek te deel, word Saterdagaand in Kraaifontein van stapel gestuur. Elias P. Nel, die '''sameroeper''' en plaaslike skrywer, noem die beweging KW-KW, oftewel Kranige Woorde en Kaas en Wyn. En toe volg andere: :: Hy was ook die '''sameroeper''' vir sokker in die Uitenhage-distrik en was baie jare lank die skool se eerstespan-afrigter. ([http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2015/01/08/7/BYLAAGokMemoriam_31_0_259142952.html Só groet ons . . .]) :: Prof. Carlu van der Westhuizen, '''sameroeper''' van die kompetisie, het meer spesifiek gepraat. ([http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2014/11/14/6/mbTrevor2_31_0_89441032.html Passie, bemarking lei tot prestasie]). :: Die Baai het geskitter by die toekennings – veral as jy in ag neem dat die Durban-skou byna R45 miljoen in borgskap ontvang het,” het dr. Crystal Watson, '''sameroeper''' van die Baywest-skou, gesê. ([http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2014/11/10/3/BOKokLugskou_31_0_81678316.html Baaienaar as vlieënier van jaar bekroon]) :: Helma Poggenpoel, die sport-'''sameroeper''' by Astra, sê die kinders het hulle geniet en gaan weer probeer. ([http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2014/10/16/21/oosHokskole_30_0_606976914.html Astra sal harder probeer]) :: Dié egpaar het gedurende hul verblyf hier 'n groot bydrae gelewer tot die Kas se jaarlikse karnaval, waar mev. Meskendahl '''sameroeper''' van die Duitse stalletjie was. ([http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1986/03/28/10/2.html ''Die Burger'']). :: Die groot nuus wat met dié goeie vooruitsigte saamval, is dat die jaarlikse snoekderby nou inderdaad gaan plaasvind. Dudley Wintle, '''sameroeper''' vir die toernooi, het gister gesê die laaste reëlings is getref. ([http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1986/06/26/11/2.html Die snoek loop, en die Kaap is Hollands]) :: Die aand is gereël deur mev. Marie Smit, '''sameroeper''' van gemeenskapsontwikkeling op Ceres. [http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1987/02/21/12/3.html Vroue van alle rasse byeen] :: "Bydraes van kleinsakemanne en die private sektor het dit moontlik gemaak dat 'n aansienlike bedrag geld vanjaar - op dié historiese gebeurtenis - by die Studentebeursfonds van die Universiteit van Wes-Kaapland bygevoeg kan word," het die '''sameroeper''' van die kermis, mnr. Norton Gelderbloem gesê. ([http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1987/03/26/4/24.html UWK-kermis begin vandag met 'iets vir almal']). Dit wil dus vir my lyk of sameroeper nou ook van toepassing is op 'n '''reëlingskomitee''' of '''feeskomitee''' (of is dit nou '''organiseerder'''?), maar is dit geskik vir 'n konferensie (Wikimania)? Dan weer: die HAT gee nie 'n meervoud nie - daar kan slegs één sameroeper wees. Wat sê julle? Is ''konferensiekoördineerders'' die beste keuse? [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 11:07, 22 April 2015 (UTC) ::'n Google-soektog lewer enkele koerantartikels op waar die term "konferensie-sameroeper" in samehang met internasionale byeenkomste gebruik word. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 15:05, 22 April 2015 (UTC) :::Dankie, Voya. Nie dat ek wil lelik wees nie, maar hoe langer ek oor Meksiko skrywe, hoe meer hou ek van die Kaap... Daar is immers 'n see, wynproe, graanlande besoek... Buiten die huidige Afrika-vreemdelingehaatinkwisisie, karige mediadekking, afstand, vervoerprobleempies, beurtkrag en misdaad (wat ek nou al kan sê maar net soveel soos in Meksiko is), voel ek dat Kaapstad en omtrek vir die besoeker veel meer te bied het. As jy eers in Suid-Afrika is, kan jy verskillende klimate en platteland besoek en selfs langer hier by ons deurbring. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 08:20, 24 April 2015 (UTC) ==Vertaling== Is 'n "act/bill/writ of attainder" 'n "wet van ontering" in Afrikaans? [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 06:43, 23 April 2015 (UTC) :"Attainder" word in my logge Engels-Latynse woordeboek aangegee as : ''accusatio''. Kyk mens nou na [http://en.wiktionary.org/wiki/accusatio Wiktionary], lyk dit my ons kan sê Aanklagwet. Op Linguee.com bly hierdie Engelse naam in Nederlands en Duits net so behoue. :Maar onthou: konteks, konteks, konteks! :In die 1972-woordeboek (Engels-Afrikaans) wat ek het word "attainder" omskryf as die ''verlies van burgerreg deur hoogverraad'', "ontburgering" en dan afsonderlik, "eerverlies". Daar staan ook: ''Bill of Attainder'' = "wetsontwerp ter veroordeling weens hoogverraad". 'n Korter weergawe kon wees: [http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2001/04/12/9/6.html hoogverraadwet]. Persoonlik sou ek ''ontburgeringswet'' verkies het, maar daar is darem te veel redes waarom iemand ''voëlvry'' verklaar sou kon word. :Ek is geen prokureur of spesialis in die regstaal nie.[[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 08:09, 24 April 2015 (UTC) In die Duits-Engelse Collins word egter (sagter en vaer) geskryf: *'''(h)''' (''Jur'') '''Bill of attainder''' (''Brit Hist''). ''Anklage und Urteil gegen politische Persönlichkeiten in Form eines Gesetzes''. (''US'') ''unmittelbare Bestrafung einer Person durch den Gesetzgeber''. In die Frans-Engelse Collins word weer (bloediger?) geskryf: *'''(f)'''(''Jur'') '''Bill of attainder''' décret ''m'' de confiscation de biens et de mort civile. Nadat ek gister deur 'n Franse taalgids geblaai het, besef ek nou eers hoe sterk die nuanses tussen Engels en Frans heeltemal van die pad af verskil. Jy moet letterlik elke woord van voor af leer, nie soos Nederlands/Duits waar ek/jy hier en daar 'n snaaksigheid teëkom deur hom met Afrikaans te vergelyk nie. As moedertaalspreker kan Voyageur na goeddunke hier (reg!)help. Ek lees dit so: '' 'n Wet/hofbevel ter konfiskering van die eiendom, asook die teregstelling van die burger''. Dus: ''voëlvry verklaar''? [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 09:59, 24 April 2015 (UTC) :Dit lyk vir my soos 'n hofbevel vir ontburgering. Die WAT gee aan: "James I ... (het) dit ernstig oorweeg om John Rolfe te laat ontburger vir verraad." [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 11:55, 24 April 2015 (UTC) == Wiki from Above Werkswinkel == Hi almal, onthou asseblief hierdie '''Saterdag, 25 April''' hou ons nog 'n werkswinkel in Kaapstad oor hoe om deel te neem aan 'Wiki from Above'. Meer besonderhede kan op die [http://wikimedia.org.za/wiki/Wiki_From_Above_2015#Wiki_from_Above_Workshops kompetisie blad] gevind word! Onthou, die kompetisie is verleng na die einde van Mei, so daar is nog baie tyd om deel te neem! Wiki Groete --[[Gebruiker:Humetheresa|Humetheresa]] ([[Gebruikerbespreking:Humetheresa|kontak]]) 07:19, 23 April 2015 (UTC) == Poskantoorwoordeboek ontdek! == [http://www.researchgate.net/profile/Kas_Smit/publication/215671602_Poskantoorwoordeboek_-_Post_Office_Dictionary/links/54e46d260cf282dbed6fbb21 Hierdie boek] (1990) is ideaal om nuutskeppings te maak. Ek was onseker of ''battery chamber'' in Afrikaans nou "batteryvak", "batteryomhulsel" of "batterykamer" is. Lyk my dit moet batteryhulsel (''battery housing'') wees. Laai nou dadelik daardie woordeboek (.doc) af en praat Afrikaans in die poskantoor en met die koerier! Die Afrikaanse bewoording kan ook vir die alledaagse elektroniese poswese aangewend word; ''poslys'' vir mailing list is reeds opgeneem. Die woordeboek is 2,1 megagreep groot en 469 bladsye lank. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 09:22, 26 April 2015 (UTC) : Vreemd genoeg, die woordeboek is op my boekrak! Ek het dit 'n hele paar jaar gelede uit 'n asblik gered. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 09:30, 26 April 2015 (UTC) Ek vullissmullus (''dumpster diving'' / ''dumpster dive'') ook Afrikaanse vakwoordeboeke waar dit kan! Daar bestaan die volgende woordeboeke volgens ''Ruimland 6: Afrikaans Eerste Taal vir Standerd 6'' (1989, bl. 119): aptekerswoordeboek; asbesterme en -woordbepalings; basketbal, korfbal, netbal; Afrikaanse verklarende Woordeboek vir biologie; verklarende biologiewoordeboek; borduurwoordeboek; brandweerwoordeboek; bouwoordeboek; Bybelkundeterme; '''chemiewoordeboek'''; die ABC van diere; dierkundewoordeboek; drukkersterme,ekonomieterme, ekonomiewoordeboek, elektrotegniese verklarende woordelyste, filatelieterme, finansiële woordeboek, fotografiewoordeboek; Woordeboek van die Afrikaanse geneeskundeterme; geneeskundige woordeboek; genetiese en statistiese woordeboek vir veekunde; tweetalige lys van geologiese en verwante terme; geomorfologiese woordelys; grondkunde; grondkundelys; haarkappersterme; handelsterme en begrippe vir die sakeman; handwerkwoordeboek; hokkieterme; hotelontvangsterme; houtwerkterme; huishoudkundewoordeboek; ingenieursterme, hidroulies, pneumaties, fluïdies; gewone insekname; juridiese woordeboek; kernwoordeboek; kernenergieterme; terminologie in verband met en die klassifikasie van kleefmiddels vir hout; krieketterme; kriminologiewoordeboek; '''kunsterme'''; glossarium van terme vir kwaliteitsversekering en kwaliteitsbeheer; linguistiekwoordeboek; tweetalige definiërende woordeboek vir maatskaplike werk; motorwoordeboek; '''musiekwoordeboek'''; mynbouwoordeboek; papierterme; plantname; plastiekwoordeboek; '''poskantoorwoordeboek'''; radio- en televisiewoordeboek; drietalige regswoordeboek (dit bestaan vandag nog, maar beloop R1000,00+ stuk by Juta); Engels-Afrikaanse regswoordeboek; rekenaarwoordeboek; tweetalige rekenaarwoordeboek; rugbyterme; SASOL-terminologie; sielkundewoordeboek; skoenlapperlys; sokkerwoordeboek; sosiologiewoordeboek; springstofterme; staalwoordeboek; statistiekwoordeboek; standaardnomenklatuur vir steke, nate en stiksels; verklarende woordelys van strategiese terme; suiwelterme; glossarium vir sweisterme; teaterwoordeboek; tegniese tekenterme; Engels-Afrikaanse tegniese woordeboek; tekstielwoordeboek; terme:tennis, muurbal, tafeltennis, pluimbal, ringtennis, vlugbal; teologie; veeartsenykundige woordeboek; terminologie van vergaderingsprodusedure en redevoering; verpakking en behoueringswoordeboek; verpleegsterswoordeboek; veename; terme vir die gebruik in die vuurvastemateriaalnywerheid; watertegnologieterme; weerkunde- en hidrologiewoordeboek; werkstudieterme; Wiskundewoordeboek; Verklarende en vertalende woordeboek vir die wolbedryf. Dan is daar nog die Wynindustriewoordeboek, [http://fskwdb.up.ac.za/units.php Fisikawoordeboek], [http://www.akademie.co.za/articles/32/sterrekundewoordeboek Sterrekundewoordeboek] en vele andere. Die woordeboeke in vetdruk het ek in my besit - ek het dit toevallig by 'n tweedehandse winkel opgespoor (buiten die poskantoorwoordeboek, natuurlik). Mag ek vra waarmee die akademici hulle vandag mee besig hou? Word hierdie woordeboeke en -lyste nog gedruk? Word dit nog verkoop en waar? Selfs groter nog: waarom is die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns so stil? [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 10:26, 26 April 2015 (UTC) ::Hoe durf ek vergeet! Die [http://www.literaryterminology.com/index.php/trefwoordelys literêre terminologielys] (letterkunde). [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 10:41, 26 April 2015 (UTC) :Dalk kan ons ons eie besigheidsveld na elektroniese woordeboeke uitbrei? Die Wikimedia Stigting beywer hom immers vir die vrye toegang tot kennis vir almal. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 10:44, 26 April 2015 (UTC) ::Daar was sprake van die [http://m.news24.com/rapport/Suid-Afrika/Nuus/Woorde-soos-app-is-tans-op-pad-20130914 Virtuele Instituut vir Afrikaans]. Ons wag geduldig in spanning terwyl gepraat word oor skarefinansiering (''crowd funding''). Tot dan - geniet! [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 11:10, 26 April 2015 (UTC) All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=1354731.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|