Difference between revisions 1531858 and 1547893 on afwiki{{reg}} {{verkeerd}} [[Lêer:Green Highlander salmon fly.jpg|duimnael|regs|''Green Highlander'' is 'n kunsvlieg wat goed werk vir salm.]] [[Lêer:Jeep-CJ.jpg|duimnael|regs|280px]] [[Lêer:'46 Jeep CJ (Auto classique Laval '10).jpg|duimnael|links|1946 Jeep CJ]] [[en:Aliwal2012/sandbox]] [[nso:Aliwal2012/sandpit]]⏎ ----------------------------------- {{clr}} ==Meganiese aanpassings== Monaco se straatbaan plaas baie meer eise aan die motors in vergelyking met die meeste ander renbane wat tydens 'n kampioenskapseisoen gebruik word. Die motors word opgestel met hoë afwaartse drukking; nie soos dit in die algemeen geglo word om topspoed te verhoog nie, aangesien baie van die draaie teen so 'n lae spoed geneem word dat enige aerodinamiese effek uitgeskakel word, maar eerder om die remtye te verkort en die motors stabiel te hou onder versnelling.<ref>http://www.formula1.com/news/features/2009/5/9363.html [aerodynamics section]</ref> Baie spanne gebruik spesiale vlerksamestellings wat ekstra aktiewe vlerkies bevat, bo en behalwe dié wat op ander bane gebruik word. Die Jordan- en Arrows-spanne het in 2001 hul nuwe middelvlerke probeer gebruik. Die Arrows-vlerk was soortgelyk aan die normale agtervlerk, maar kleiner en het bo die neuskegel gehang. Jordan het 'n klein vlerk op 'n kort paaltjie net voor die bestuurder gemonteer. Albei is ontwerp om afwaartse drukking te verbeter, maar nadat hulle dit tydens die Donderdag-oefening getoets het, het die FIA albei verbied. ==Remme== Remslytasie verskaf nie 'n probleem tydens 'n ren in Monaco nie. In teenstelling beteken die lae snelhede dat dit moeilik is om die remme op hul werkstemperatuur te hou. Die enigste swaar rempunte is die oorkruising na die tonnel, en in mindere mate in die Sainte-Demote- en Mirabeau-draaie. Met 'n gebrek aan temperatuur word rembyt 'n probleem, aangesien die oppervlak van die koolstofremskyf so glad soos glas word, wat die wrywing tussen die kussings en die skyf verminder, en sodoende die remkrag verminder. Om dit te bekamp, het Juan Pablo Montoya in 2006 skywe met radiale groewe gebruik, wat die byttempo tussen die skywe en kussings verhoog het, en dus die gemiddelde temperatuur van die remme verhoog het. All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=1547893.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|