Difference between revisions 1582608 and 1591285 on afwiki

{{Weesbladsy|datum=Augustus 2017}}
'''Wessel Pretorius''' (1949–2012) was ’n [[Afrikaans]]e [[digter]].

== Lewe en werk ==
Wessel Johannes Pretorius was op 17 April 1949 in Pretoria gebore, waar hy aan die [[Afrikaanse Hoër Seunskool]] matrikuleer. Hy studeer verder aan die [[Universiteit van Pretoria]] en bekwaam hom as ’n siviele ingenieur. Na afhandeling van sy studies sluit hy hom as siviele ingenieur by die Pretoriase Stadsraad en later die Johannesburgse Stadsraad aan. Hierna aanvaar hy ’n pos as assistent-stadsingenieur by die Stadsraad van [[Brakpan]].

Op 23 November 1974 trou hy met die [[lugwaardin]] Christine Pretorius. Hierdie huwelik misluk en in Januarie 1977 doen hy aansoek om van haar te skei nadat sy hom in November 1976 verlaat het. In November 1977 is hy in die nuus wanneer hy saam met die kunstenaar [[Walter Battiss]] en die aktrise [[Paddy Norval]] beoordelaar is van die Mej. Kaal skoonheidskompetisie wat in [[Maseru]] in [[Lesotho]] aangebied is. Op 7 Desember 1977 trou hy na ’n blitsromanse van twaalf dae in die Johannesburgse landdroshof met Elize, ’n joernalis van [[Pretoria]]. Slegs twee maande na die huwelik is daar egter reeds probleme wanneer gedigte uit sy bundels wat hy aan sy vorige vrou Christine opgedra het, oor die radio voorgelees word. Op 6 September 1978 doen Elize aansoek om ’n egskeiding nadat hy haar op 22 Junie 1978 verlaat het e(contracted; show full)* LitNet ATKV-Skrywersalbum 23 Augustus 2012: www.litnet.co.za
* Rademeyer, Alet Die Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2012/03/14/SK/4/tardigterdood_1803.html

=== Resensies ===
{{Verwysings}}

{{DEFAULTSORT:Pretoruis, Wessel}}
[[Kategorie:Afrikaanse digters]]