Difference between revisions 1674042 and 1674068 on afwiki{{versmelt|Lord Byron}}⏎ ⏎ ''Van al die Engelse Romantiese digters was lord Byron (1788-1824) seker die opsienbarendste en boeiendste digter, wat in sy lewe die sensasionele aspekte van die Romantiek beliggaam het. Net soos sy vriend Shelley het hy hom teen die aanvaarde morele en ander waardes verset en politieke en persoonlike vryheid voorgestaan. Sy bekendste werk is die satiriese gedig Don Juan.'' George Gordon Byron is op 22 Januarie 1788 in Londen gebore. Sy lewe lank was hy gevoelig oor die klompvoet waarmee hy gebore is. Na onstuimige kinderjare het hy aan die Trinity-kollege,Cambridge, gestudeer. Toe hy negentien was, het sy eerste digbundel Hours of idleness (1807) verskyn. In 1915 is hy met Annabelle Milbanke getroud, maar 'n jaar later is hulle uiteen. Hulle het een dogter gehad. As gevolg van sy avontuurlike lewe het hy Engeland in 1816 vir goed verlaal. Nadat hy 'n ruk lank in Switserland was, waar hy op goeie voet met Shelley verkeer het, is hy na Italië In 1823 het hy saam met die Grieke vir hul onafhanklikheid teen Turkye geveg Hy he! groot bedrae geld vir die stryd geskenk en militêre bevelvoerder op die eiland Missolonghi geword. Kort nadat hy op die eiland aangekom het, het hy siek geword en gesterf. Hy is in Engeland begrawe. Twee jaar nadat sy eerste bundel gedigte Hours of idleness, in The Edinburgh Review gekritiseer is, het hy teruggekap met die satire English Bards and Scotch Reviewers. Nadat hy van 'n lang reis deur Spanje, Portugal, Griekeland en Turkye teruggekeer het, is die eerste twee dele van Childe Harold's Pilgrimage (1812), 'n beskrywing van sy reis, gepubliseer. Dit was onmiddellik 'n sukses. Hoewel van sy gedigte immoreel beskou is, was dit baie gewild in Engeland en Europa. Sy bewonderaars, veral vroue, het hom geïdentifiseer met die eksotiese karakters van sy gedigte, soos "The Giaour" (1813), "The corsair" (1814), "Manfred" (1817) en "Cain" (1821). Van 1818 tot 1824 het hy aan sy grootste en bekendste werk, die satiriese Don Juan, gewerk. Van sy ander werke is onder meer The Bride of Abydos (1813), The Prisoner of Chillon and other poems (1816), Beppo (1818) en The Vision of Judgement (1822). <ref>* Wereldspektrum, 1982, ISBN 0908409451 </ref> All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=1674068.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|