Difference between revisions 1682885 and 1682922 on afwikiDaar is twee soorte ([[spesie]]s) aasblomme wat tot die vetplantfamilie ''Asclepiadaceae'' behoort, nl. ''Stapelia gemmiflora'' en ''Stapelia variegata''. Dié twee soorte aasblomme is elkeen 'n afsonderlike soort, maar albei het die geslagsnaam Stapelia-hoewel hulle verskil, toon hulle ook groot ooreenkomste. Net soos die verwante soorte saamgevoeg word in genera (geslagte), so word verwante geslagte, wat gemeenskaplike kenmerke vertoon, georden in 'n familie. ''Stapelia'' en ''Caralluma'' verskil wat gestalte betref bv. baie van mekaar, hoewel die sade en blomme baie dieselfde is. Stapelia-soorte is algemeen bekend as aasblomme.
Gewoonlik het die naam betrekking op die onwelriekende geur van die blomme of op die vorm van die vrugte en die blom, bv. ''Stapelia gemmiflora'' (aasblom, swartaasblom) en ''Stapelia hirsuta'' (haasoor).
Die Stapelia-familie sluit in meerjarige kruidsoorte, kleinerige tropiese en subtropiese struik een sukkulente met water - of 'n melkagtige sap. Die Stapelia-familie word deur nagenoeg 200 genera (geslagte) en bykans 2000 spesies (soorte) verteenwoordig.
Die blare van hierdie familie is spiraalvormig of teenoorstaande. Dit varieer baie wat vorm betref en die blare aan die vetplantagtige stamme is soms nie volledig ontwikkel nie. Die Asclepiadaceae is interessant, maar die bouvorm ingewikkeld. Die blomme is tweeslagtig en dis moei lik om die bekende dele van ander blomme daarin te herken. Die ingewikkeldheid van die blom hou verband met die bestuiwingsproses wat hoofsaaklik, so word daar gemeen, deur vlieë, brommers en torre gedoen word. Die vog van die lobbe gee'n reuk af wat insekte lok.
Die brommers dring die blom binne om by die bron van die aasreuk uit te kom, en só vind bestuiwing plaas. Die blomme van die vetplantagtige Stapelia soorte lyk na vleis en het 'n rooibruin kleur wat vlieë en sommige insekte lok.
Die vrug bestaan uit kokervrugte, soms net uit een. Die sade is met 'n haarpluis toegerus wat maklik deur die wind versprei word.
Van die familie ''Asclepiadaceae'' is daar 'n aantal geslagte en letterlik honderde spesies of soorte wat as vetplante geklassifiseer kan word.
<ref>1982 Ensiklopedie Afrikana (Edms) Bpk </ref>
<ref>ISBN 0908409419 Stel </ref>
<ref>ISBN 0908409427 Band </ref>All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=1682922.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|