Difference between revisions 1836929 and 1836932 on afwiki[[Lêer:Honda_Aqua_Trax_F-12x_turbo.jpg|thumb|center|600px|Honda Aqua Trax F-12x turbo]] [[Lêer:Jeep-CJ.jpg|duimnael|links|280px]] [[Lêer:'46 Jeep CJ (Auto classique Laval '10).jpg|duimnael|regs|1946 Jeep CJ]] [[Lêer:Green Highlander salmon fly.jpg|duimnael|regs|''Green Highlander'' is 'n kunsvlieg wat goed werk vir salm.]] {{reg}} {{verkeerd}} [[en:User:Aliwal2012/sandbox]] [[nso:Mošomi:Aliwal2012/sandpit]] ----------------------------------- {{clr}} ==== Hergroepering ==== Na die oorgawe van die Duitse 6de Leër by Stalingrad op [[2 Februarie]] [[1943]] het die Rooi Leër agt offensiewe gedurende die winter geloods. Baie van die offensiewe was langs die Don-rivier gekonsentreer, in die nabyheid van Stalingrad. Die aanvalle het aanvanklike inwinnings van gebied tot gevolg gehad, tot die Duitse magte daarin geslaag het om die uitgebreide en verswakte toestand van die Rooi Leër uit te buit en 'n teenaanval te loods om die stad van Charkof en die omliggende gebiede weer terug te wen. Dit sou die laaste groot strategiese oorwinning vir Duitsers in die Tweede Wêreldoorlog wees. Die reëns wat die lente gebring het, het effektiewe veldtogte in die Sowjetunie verhinder, maar beide kante het die tussenpose gebruik om hul troepe te versterk met die oog op die onvermydelike veldslag wat in die somer sou plaasvind. Die aanvangsdatum vir die offensief is verskeie kere uitgestel, soos vertragings in die voorbereiding die Duitsers gedwing het om te wag voordat hulle kan aanval. Na die ''Wehrmacht'' uiteindelik hulle grootste konsentrasie vuurkrag van die hele Tweede Wêreldoorlog versamel het, het hulle op [[4 Julie]] [[1943]] hulle offensief teen die Sowjetunie by die [[Koersk (stad)|Koersk]]-uitsprong geloods. Die Sowjetunie het geweet wat die Duitsers beoog het en het in alle haas gejaag om die uitsprong te verdedig met 'n enorme stelsel van walverdedigingspunte. Die Duitsers het van beide die noorde en die suide aangeval, met die hoop om in die middel te ontmoet en sodoende die uitsprong af te sny en die 60 Sowjetse afdelings vas te keer. Die Duitse offensief in die noordelike sektor was tot niet gemaak na bitter min vooruitgang deur die Sowjetse verdedigings bereik is. Daar was egter 'n bedreiging van 'n Duitse deurbraak in die suide en die Sowjetse troepe het hul reserwes opgeroep om die Duitse aanslag in die suide te beteuel. Die daaropvolgende [[Slag van Koersk]] het die grootste tenkgeveg van die oorlog geword. Die Duitsers het nie 'n groot aantal reserwe troepe gehad nie en hulle gepantserde magte was uitgeput. Die Sowjetse teenoffensief het daarin geslaag om die Duitsers terug na hul beginposisies te dwing. [[Lêer:Eastern Front 1943-08 to 1944-12.png|duimnael|250px|Sowjetse vooruitgang van Augustus 1943 tot Desember 1944. {{legend|#ffffb1|tot [[1 Desember]] [[1943]]}} {{legend|#ffddbf|tot [[30 April]] [[1944]]}} {{legend|#cebdff|tot [[19 Augustus]] [[1944]]}} {{legend|#bfffbf|tot [[31 Desember]] [[1944]]}}]] Die Sowjetse oorwinning in die Slag van Koersk het ook beteken dat hulle die stad Koersk ingeneem het. Met die dreigende herfsreën het Hitler ingestem dat die Duitsers in Augustus tot by die Dnjepr-lyn kon terugtrek. Met die loop van die maande het die Duitsers dit naas onmoontlik gevind om die Dnjepr-lyn te bly verdedig, aangesien die Sowjetse brughoofde gegroei het. Belangrike dorpe langs die Dnjepr-lyn het in Sowjetse hande geval, met [[Saporisja]] as die eerste, gevolg deur [[Dnipropetrowsk]]. Vroeg in November 1943 het die Sowjetse troepe uit hul brughoofde aan weerskante van [[Kiëf]] uitgebreek en die Oekraïense hoofstad ingeneem. Die 1ste Oekraïense Front het Korosten op Oukersaand aangeval en die Sowjetse vooruitgang het langs die spoorweë aangehou tot hulle die 1939 Sowjets-Poolse grens bereik het. === Duitsland se kwesbare punt === Die oorgawe van die Spilmoondhede se troepe in Tunisië op [[13 Mei]] [[1943]] het 'n opbrengsste van ongeveer 250 000 gevangenes gehad. Die oorlog in Noord-Afrika het rampspoedige gevolge vir Italië gehad en toe die Geallieerdes Sisilië op [[10 Julie]] ingeval het tydens ''Operasie Husky'' (waartydens hulle die eiland binne net meer as 'n maand ingeneem het), het die regime van Benito Mussolini ineengestort. Op [[25 Julie]] is hy deur die koning van Italië, [[Victor Emanuel III]], van sy amp ontneem en gearresteer met die instemming van Italië se Groot Fascistiese Raad. 'n Nuwe regering, onder leiding van [[Pietro Badoglio]], het aan bewind gekom en verklaar dat Italië steeds aan die oorlog sou deelneem. Badoglio het teen die tyd reeds geheime vredesonderhandelings met die Geallieerdes begin. Na die Geallieerdes die Italiaanse vasteland op [[3 September]] [[1943]] ingeval het, het Italië binne vyf dae na dié inval oorgegee. Die koninklike familie en Badoglio en sy regering het na die suide onstnap, wat die Italiaanse leër sonder bevelvoeder gelaat het. Die Duitsers het die weerstand oorgeneem en die Geallieerdes tot stilstand gebring by die sogenaamde Gustav-linie (wat deur die Spilmoondhede verdedig was) tydens die winter van 1943–1944 net suid van Rome. In die noorde het Mussolini, met ondersteuning van die Nazi's, 'n effektiewelike vasalstaat gestig: die Italiaanse Sosiale Republiek. Die staat het informeel bekend gestaan as die Republiek van Salò; vernoem na die nuut aangewese hoofstad, [[Salò]], by die [[Gardameer]]. [[Lêer:Tehran Conference, 1943.jpg|duimnael|250px|[[Josef Stalin]], [[Theodore Roosevelt]] en [[Winston Churchill]] tydens die Konferensie van [[Teheran]] in 1943.]] In Mei en Junie van 1943 is die hoofmag van die Joego-Slawiese Partisane omsingel en byna deur die Duitsers uitgewis in die Soetjeska-offensief in die ooste van Bosnië. Die magte naby die stigter van die Partisaanse beweging en toekomstige president van Joego-Slawië, [[Josip Broz Tito]], het egter daarin geslaag om deur die omsingelende troepe te breek, wat aan die Partisane die nodige deurslag gegee het. Na die voorwaardelike oorgawe van Italië het die guerrilla-vegters talle eilande in die [[Adriatiese See]] ingeneem, waaronder ook Vis-eiland, wat daarna 'n lugmagbasis vir die Geallieerde magte geword. Tydens die [[Teheran-konferensie]] het die Geallieerdes die Partisane as die wettige krygsmag van Joego-Slawië erken. [[Lêer:Monte Cassino.jpg|Battle of Monte Cassino|links|250px|duimnael|Monte Cassino is vernietig na hewige bombardering.]][[Lêer:Ww2 europe map italy june until december 1944.jpg|duimnael|250px|Duitse verdedigingslinies in Noord-Italië in 1944. ''(Kliek op die beeld vir 'n groter weergawe.)'']] Na hulle mislukte poging om deur die Gustav-linie te breek, het die Geallieerdes nog 'n poging aangewend tydens die [[Slag van Monte Cassino]]. Op [[15 Februarie]] is die klooster van [[Monte Cassino]], wat in [[524]] deur [[Sint Benedictus]] gestig was, deur Amerikaanse bomwerpers vernietig. Duitse valskermtroepe het na die area beweeg om die ruïnes van die [[klooster]], asook die nuwe opening in die Gustav-linie, teen die Geallieerdes te verdedig. Die area was tussen [[12 Januarie]] en [[18 Mei]] [[1944]] vier keer deur die Geallieerdes aangeval, met 'n totale verlies van meer as 54 000 Geallieerde en 20 000 Duitse soldate. [[Lêer:Roteiro da FEB na Campanha da Itália.jpg|duimnael|276x276px|Kaart van die Brasiliaanse en bondgenootskapsaksies in Noord-Italië, 1944-1945. [[Nasionale Argiewe van Brasilië.]]]] Die Gustav-linie was na maande van aanvalle uiteindelik gebreek en die Geallieerdes het na die noorde gemars. Op [[4 Junie]] het die Geallieerdes [[Rome]] bevry en het hulle [[Florence]] in Augustus bereik. Hulle is daarna by die [[Gotiese linie]] by die Toskaanse Appenyne-gebergtes tot stilstand gebring. Die Gotiese linie was die laaste groot verdedigingslinie, net suid van [[Bologna]] en alhoewel die Geallieerdes die linie tydens die herfs van 1944 binnegedring het, het hulle eers in April 1945 'n beslissende deurbraak gemaak. [[Winston Churchill]] het gehoop dat 'n deurbraak in die herfs van 1944 'n weg sou oopmaak waardeur die Geallieerde magte noord kon mars, vanaf [[Wene]] tot by [[Hongarye]], om sodoende die Sowjet-opmars na Oos-Europa te verhinder. Ironies genoeg was die grootste impak van Duitse verdediging in die herfs en winter van 1944 die bevordering van die Sowjet-besetting van Oos-Europa. In die winter en lente van 1944–1945 het uitgebreide partisaanse aktiwiteit in Noord-Italië plaasgevind. Die Geallieerdes se vordering deur die Italiaanse skiereiland in die winter van 1944–1945 was baie stadig, aangesien die gebied baie bergagtig was en sommige troepe na Frankryk gestuur is. Op [[9 April]] het die 15de Landmaggroep, wat uit Britse en Amerikaanse soldate saamgestel was, daarin geslaag om deur die Gotiese lyn te breek en het die hoof Duitse magte te omring. [[Milaan]] is teen die einde van April ingeneem. Die Amerikaanse 5de Leër het voortdurend wes beweeg en met by die Franse troepe aangesluit, terwyl die Britse troepe [[Triëst]] binnegegaan het en by die [[Joego-Slawiese Partisane|Joego-Slawiese partisane]] aangesluit het. 'n Paar dae voor die Duitse troepe in Italië oorgegee het, het Italiaanse partisane daarin geslaag om Mussolini te vang tydens sy poging om na [[Switserland]] te ontsnap. Hy is saam met sy minnares, Clara Petacci, om die lewe gebring. Hulle liggame was na [[Milaan]] geneem en onderstebo gehang waar die publiek hulle kon aanskou. Generaal Heinrich von Vietinghoff, wat in beheer was van die Spilmoondhede se magte in Italië, het die verklaring van oorgawe namens die Duitse troepe in Italië onderteken. Die ondertekening het op [[2 Mei]] [[1945]] 'n amptelike einde aan die geveg in Italië gebring.<ref>{{en}} Blaxland, bl. 277</ref> === Inval van Europa === {{Cquote|''Julle is op pad om die Groot Kruistog aan te pak, waarna julle hierdie baie maande gestrewe het. Die oë van die wêreld is op julle. Die hoop en die gebede van die liefhebbers van vryheid oral oor mars saam met julle. Saam met ons dapper Geallieerdes en ons strydgenote by ander Fronte, sal julle die vernietiging van die Duitse oorlogmasjien bewerkstellig, asook die verwydering van die Nazi-tirannie oor die onderdrukte volke van Europa en die veiligheid vir onsself in 'n vrye wêreld.|[[Dwight D. Eisenhower]]''<ref>{{en}} [http://web.archive.org/web/20040612210524/http://www.cbc.ca/news/background/dday1944/ CBC News Indepth: D-Day 1944 Front Page]. Oorspronklike aanhaling: "''You are about to embark upon the Great Crusade, toward which we have striven these many months. The eyes of the world are upon you. The hopes and prayers of liberty-loving people everywhere march with you. In company with our brave Allies and brothers-in-arms on other Fronts, you will bring about the destruction of the German war machine, the elimination of Nazi tyranny over the oppressed peoples of Europe, and security for ourselves in a free world.''"</ref>}} [[Lêer:Into the Jaws of Death 23-0455M edit.jpg|duimnael|250px|Troepe van die Amerikaanse Leër se Eerste Divisie word uit 'n landingsvaartuig ontplooi by Omaha-strand in Normandië op [[6 Junie]] [[1944]].]] Teen die lente van 1944 was die Geallieerdes se voorbereiding vir die inval van Frankryk en die aanvanklike fases vir die bevryding van Europa ([[Operasie Overlord]]) voltooi. Hulle het ongeveer 120 Divisies met meer as 2 miljoen soldate bymekaargebring. Van dié 2 miljoen soldate was 1,3 miljoen Amerikaners, 600 000 Britte en die res was Kanadese, Vrye Franse en Poolse eenhede. Die inval, kodenaam ''Operasie Neptune'', algemeen bekend as D-dag, was beplan vir [[5 Junie]] [[1944]], maar slegte weer het die inval tot [[6 Junie]] uitgestel. Die oorgrote meerderheid van die Duitse troepe was by die Oosterse Front ontplooi en slegs 'n gesamentlike totaal van 400 000 Duitse soldate vanuit die Duitse Sewende Leër en die nuut-geskepte 5de ''Panzerarmee'', was beskikbaar om die Geallieerde inval teen te sit. Die Duitsers het ook 'n ingewikkelde reeks versterkings langs die kus gebou, wat bekend gestaan het as die [[Atlantiese Muur]]. Die "muur" was bedoel om invalle te verhinder, maar daar was in sommige plekke gapings. Die Geallieerde magte, onder die oppergesag van [[Dwight D. Eisenhower]], het 'n ingewikkelde misleidingsveldtog geloods, ten einde die Duitsers te oortuig dat die inval in die area van [[Calais]] sou plaasvind. Die veldtog was suksesvol en die Duitsers het groot dele van hulle troepe na daardie sektor ontplooi, sodat daar slegs 50 000 Duitsers in die area van [[Normandië]] was tydens die aanvang van die inval. [[Lêer:Bocagenormandy.jpg|duimnael|links|230px|'n Kaart van Normandië en die Geallieerde Front. Die kaart dui ook ''bocage''-terrein aan: 'n mengsel van woude en weivelde, met martelende kantpaadjies en lanings wat aan beide kante begrens was met walle waarop daar dik plantheinings was wat die gesigsveld beperk het.]] Die inval het begin met 17,000 lugtransporttroepe wat in Normandië laat val is as skermtroepe, om sodoende die Duitsers van die strande te weerhou. Vroeg die oggend het 'n massiewe flottielje gepoog om die Duitse verdedigingstrukture op die strande te bombardeer, maar, as gevolg van 'n gebrek aan sigbaarheid, het die meeste skote hul teikens gemis. Meeste van die Geallieerde troepe se vervoerskepe (met personeel, trokke en voorraad) was ook van koers af – sommige so veel as duisende meters vanaf hul respektiewelike landingsones tussen die vyf kusgebiede ([[Utah strand|Utah]], [[Omaha strand|Omaha]], [[Sword strand|Sword]], [[Juno strand|Juno]] en [[Gold strand|Gold]]). Die Amerikaners het in besonder swaar verliese gely op Omaha-strand, as gevolg van Duitse verdedigingstrukture wat ongeskonde gebly het. Teen die einde van die dag het die Geallieerdes die meeste van hulle doelwitte behaal, alhoewel Britse en Kanadese troepe nie daarin geslaag het om [[Caen]] in te neem nie, soos oorspronklik beplan was. Hitler was oortuig daarvan dat die landings by Normandië 'n valstrik was en die Duitsers het geen opmerklike teenaanval geloods nie. Slegs drie dae later het die Duitse Opperbevel besef dat die slag by Normandië die werklike inval was, maar teen daardie tyd het die Geallieerdes reeds hulle strandhowe versterk. [[Lêer:Cherbourgair.jpg|duimnael|250px|'n Lugfoto van die hawestad, Cherbourg, in 1944.]] Die terrein van Normandië waar die Amerikaners geland het, was ideaal vir grondse oorlogvoering: die area het bestaan uit 'n mengsel van woude en weivelde, met martelende kantpaadjies en lanings wat aan beide kante begrens was met walle waarop daar dik plantheinings was wat die gesigsveld beperk het. Die Amerikaners het stadig maar seker vooruitgang behaal en het op [[26 Junie]] daarin geslaag om die hawestad, Cherbourg, in te neem, tydens die [[Slag van Cherbourg]]. Dit was een van die primêre doelwitte van die inval, maar die Duitsers het egter die water om die hawe vol seemyne geplant en het die meeste van die hawe se fasiliteite vernietig voor hulle oorgegee het. Dit sou nog 'n maand duur voor die hawe van beperkte nut kon wees. Die Britte het op [[13 Junie]] nog 'n aanval geloods om die stad Caen in te neem (sien die [[Slag van Villers-Bocage]]), maar was teruggehou nadat die Duitsers 'n groot aantal troepe na die stad beweeg het om dit te verdedig. Die stad sou vir 'n verdere ses weke aan die Duitsers behoort, voor dit uiteindelik op [[9 Julie]] deur Britse en Kanadese magte ingeneem is. Die vuurkrag van die Geallieerdes, gepaard met hulle verbeterde taktieke en groot aantal troepe het uiteindelik 'n deurbraak vir die Geallieerdes besorg: Amerikaanse gemeganiseerde troepe het op [[23 Julie]] uit die westerse punt van die Normandiese weerstandskol gebreek tydens ''Operasie Cobra''. Toe Hitler van hierdie deurbraak geleer het, het hy die Duitse troepe in Normandië beveel om 'n onmiddellike teenoffensief te loods. Dit het egter veroorsaak dat die Duitse magte nou maklike teikens vir Geallieerde lugvaartuie was: waar hulle vroeër in gekamoefleerde skuilings weggekruip het, moes hulle nou deur die oop platteland beweeg om die Geallieerdes te konfronteer. [[Lêer:Falaise Pocket map.jpg|duimnael|links|200px|'n Kaart wat die weerstandskol van Falaise uitlig.]] Die Amerikaners het sterk formasies op hulle flanke geplaas wat die Duitse teenoffensief afgeweer het en hulle het daarna begin om die Duitse 7de Leër en groot dele van die Duitse 5de ''Panzerarmee'' in die weerstandskol van [[Falaise]] te omsingel. Ongeveer 50 000 Duitsers is gevange geneem, maar 100 000 het daarin geslaag om uit die area te ontsnap. Die Britse en Kanadese troepe het ook begin om deur die Duitse linies te breek: enige hoop wat die Duitsers gekoester het om die Geallieerdes se ingang in Frankryk met behulp van nuwe verdedigingslinies te keer, was tot niet. Die Geallieerdes het vinnig deur Frankryk beweeg, in sommige gevalle met 'n vooruitgang van meer as 900 km in twee weke.<ref>{{en}} Generaal Patton se troepe het 600 myl (ongeveer 960 km) in twee weke gevorder: [http://www.generalpatton.com/biography.html].</ref> Die Duitse troepe het na Noord-Frankryk, België en Nederland teruggetrek. Teen Augustus 1944 het die Geallieerde magte wat in [[Korsika]] gevestig was ''Operasie Dragoon'' geloods en met die 6de Landmaggroep, onder leiding van Luitenant-generaal [[Jacob Devers]], het hulle die [[Franse Riviera]] op [[15 Augustus]] ingeval en by die troepe van Normandië ingeskakel. Op [[25 Augustus]], om 07:00, beweeg die Franse 2de Gepantserde Divisie Parys binne vanuit die Suidweste en die Amerikaanse 4de Divisie volg hulle voorbeeld 'n halfuur later vanuit die Suide. Hitler het aan die Duitse bevelvoerder in Parys, generaal Deitrich von Cholotitz, bevele gegee om die publieke geboue, museums en brûe van Parys te bemyn. Generaal von Cholotitz wou egter nie die stad vernietig nie en het die bevele nie gehoorsaam nie: in plaas van 'n uitgestrekte, hulpelose weerstand het hy teen 15:15 van dieselfde dag aan generaal Le Clerc van die Franse Divisie oorgegee. Die Duitsers het die wêreld se eerste [[kruismissiel]], die [[V-1-missiel]], gelanseer om teikens in Engeland en België aan te val. Later sou hulle die [[V-2 vuurpyl]] gebruik: 'n ballistiese missiel wat van vloeibare brandstof gebruik gemaak het. Hierdie wapens was uiters onakkuraat en kon slegs groot areas, soos stede, teiken. Die missiele het nie werklik 'n militêre effek gehad nie, maar was eerder bedoel om die Geallieerde burgers te demoraliseer. [[Lêer:Waves of paratroops land in Holland.jpg|duimnael|240px|Vlae van valskermsoldate land in Nederland tydens Operasie Market Garden in September 1944.]] Soos die Geallieerdes oor Frankryk en die Lae Lande versprei het en nader aan die Duitse grens beweeg het, het logistiese probleme begin om hulle te teister. Hul voorsienings was steeds vanuit Normandië afkomstig en hulle het kritiese tekortkominge gehad rakende brandstof en ander voorsienings al langs die voorste front. Die Geallieerdes het hul opmars verstadig en die beskikbare voorraad aan 'n klein deel van die front gestuur wat dan teen die normale spoed sou kon voortbeweeg. Geallieerde valskermsoldate en gepantserde voertuie het gepoog om die nodige vordering deur Nederland en oor die Ryn-rivier te maak tydens ''Operasie Market Garden'' in September van 1944. Die plan was om valskermsoldate naby die brûe van die Ryn-rivier te laat land, waar hulle die posisie sou hou, totdat die gepantserde tenks deur die vyand se linies kon breuk en by die valskermsoldate kon inskakel en dan saam na Duitsland beweeg. Die plan was bedink en gelei deur Britse Generaal Montgomery en het Britse, Amerikaanse, Poolse en Kanadese magte ingesluit. Alhoewel die plan aanvanklike sukses gebring het, was baie van die brûe opgeblaas en die tenks se opmars was vertraag. Gevolglik was die Britse 1ste ''Airborne Division'', wat hul posisie by die laaste brug gehou het, byna uitgeroei. Die Duitsers het daarin geslaag om 'n verdedigingslinie langs die hele front op te stel en die oorlog het deur die winter voortgeduur. In 'n poging om die voorraadsituasie te verbeter, was die Kanadese Eerste Leër die taak gegee om die ingang na die hawe van [[Antwerpen]] te bevry by die [[Schelde]]-monding. Die leër het die taak in November 1944 suksesvol voltooi, met die gevolg dat Kanada die enigste land was om al hulle D-Dag-doelwitte suksesvol voltooi het. In Oktober het die Amerikaanse troepe [[Aken]] ingeneem: dit was die eerste groot Duitse stad wat ingeneem was. Hitler het al sedert die middel van September 1944 'n groot teenoffensief teen die Geallieerdes beplan. Die doel van die aanval was om Antwerpen in te neem. Die inname of vernietiging van Antwerpen sou nie slegs die verspreiding van voorraad aan die Geallieerdes verhoed nie, maar sou ook die Geallieerde magte in twee verdeel. Hitler het gehoop dat so 'n verdeling die magte sou demoraliseer en hul leiers sou forseer om te onderhandel. Vir die aanval het Hitler 'n konsentrasie van die beste van sy oorblywende mage gebruik en die aanval vanaf die Ardenne in die suide van België geloods: die area was bergagtig en in sommige plekke dig bebos; dit was ook die plek waar Hitler in 1940 'n sege behaal het tydens ''[[Fall Gelb]]''. Digte wolke het beteken dat die Amerikaners nie hul verkenningsvliegtuie en vliegtuie wat grondteikens geteiken het kon gebruik nie. Dele van die aanval het daarin geslaag om deur die dun Amerikaanse linies te breek en het voortgebeur in die rigting van die [[Meuse]]-rivier. Die noordelike deel van die linie het egter behou gebly en die Duitsers se vooruitgang was beperk tot 'n nou korridor. Die Duitse opmarsing was ook vertraag by [[St. Vith]], wat etlike dae deur die Amerikaners verdedig was. Bastogne was die ligging van 'n belangrike padknooppunt en die Amerikaanse troepe het dit suksesvol verdedig tydens die [[Slag van Bastogne]] (mid-Desember 1944 tot Januarie 1945). Hulle was egter steeds omsingel deur die Duitsers en generaal [[George S. Patton]] se 3de Leër, wat oorspronklik suidwaarts gemars het, het 'n 90-grade ommeswaai gemaak en die Duitsers se suidelike flank aangeval, wat die deurslag gegee het. Teen hierdie tyd het die weer begin opklaar en die Geallieerdes se lugmagte is op die Duitsers ontketen en die Duitse aanval is by [[Dinant]] stopgesit. In 'n poging om hulle offensief voort te sit, het die Duitse 'n massiewe lugaanval geloods op die Geallieerdes se vliegvelde in die Lae Lande op [[1 Januarie]] [[1945]], tydens ''Operasie Bodenplatte''. Die Duitsers het 465 Geallieerde vliegtuie vernietig, maar het self 277 van hulle eie vliegtuie verloor. Alhoewel die Geallieerdes daarin geslaag het om hulle verliese in slegs dae te herwin, sou die ''Luftwaffe'' nooit weer daartoe in staat wees om 'n groot lugaanval te loods nie.<ref>{{en}} A World At Arms, bl. 769, Gerhard Weinberg.</ref> Geallieerde magte van die noorde en suide het by [[Houffalize]] ontmoet en teen die einde van Januarie het hulle die Duitsers terug tot hulle beginposisies gedruk. Baie Duitsers was vasgevang in die weerstandskol wat deur die uitbulting van die Geallieerde linies geskep is en was geforseer om hulself oor te gee of om sonder hulle swaar toerusting te ontsnap. Maande van die Reich se oorlogproduksie het verlore gegaan en Duitse magte op die Oosterse front was uitgehonger vir voorraad op dieselfde oomblik as wat die Rooi Leër sy grootskaalse teenoffensief teen Duitsland voorberei het. Die Geallieerdes se laaste hindernis was die Ryn-rivier: hulle het in Maart 1945 daarin geslaag om dié rivier oor te steek, gedeelteliks te danke aan die inname van die [[Ludendroff-brug]] by [[Remagen]]. Tydens ''Operasie Varsity'', 'n valskermaanval in laat-Maart, het die Geallieerdes ook 'n vastrapplek gekry aan die oostelike oewer van die [[Ryn]]. Na die Geallieerdes die rivier oorgesteek het, het die Britse troepe na die noordooste uitgesprei in die rigting van [[Hamburg]], die [[Elbe]]-rivier oorgesteek en voortbeweeg na Denemarke en die [[Baltiese See]]. [[Lêer:Omar Bradley.jpg|duimnael|Generaal [[Omar Bradley]] het die opmars na Duitsland gelei.]] Die Amerikaanse 9de Leër het suid beweeg en die Amerikaans 1ste Leër het noord beweeg in 'n poging om die Duitse ''Heeresgruppe B'' te omsingel by die [[Ruhrgebied]] in Duitsland. Die Amerikaanse troepe was gelei deur generaal [[Omar Bradley]], wat meer as 1 300 000 soldate in sy beheer gehad het. Op [[4 April]] [[1945]] was die omsingeling voltooi en die Duitse magte, onder leiding van veldmaarskalk [[Walther Model]] was vasgevang in die weerstandskol by die Ruhr. Ongeveer 300 000 Duitse soldate is as krygsgevangenes geneem. Die 1ste en 9de Amerikaanse leërs het na die ooste gedraai. Hulle het by die Elbe-rivier gehalt, waar hulle Sowjetse troepe in mid-April ontmoet het. === Sowjetse teenaanval en die verowering van Duitsland === Die Sowjette het hulle winteroffensief in Januarie 1944 in die Noordelike sektor geloods en die brutale [[beleg van Leningrad]] afgelos. Die Duitsers het 'n ordelike terugval uit die Leningrad-gebied onderneem na 'n korter linie gebaseer op die mere na die suide. Teen Maart het die Sowjette [[Roemenië]] vanuit die Oekraïne aangeval. Die Sowjetse magte het die 1e ''Panzerarmee'' noord van die Dnjestr-rivier omsingel. Die Duitsers het in April daarin geslaag om uit die weerstandskol te ontsnap en meeste van hulle manskappe te red, maar hulle swaar toerusting het in die proses verlore gegaan. Gedurende April het die Rooi Leër 'n reeks aanvalle naby die stad [[Iaşi]], Roemenië, geloods, wat daarop gemik was om dié strategies belangrike sektor te buit. Indien suksesvol sou die area gebruik kon word as 'n basis om Roemenië in 'n someroffensief in te val. Na die Sowjetse magte die aanval vanuit die woud Târgul Frumos geloods het, is hulle deur die Duitse en Roemeense magte teruggehou en het die Spilmoondhede se magte daarin geslaag om die sektor dwars deur April te verdedig. Soos wat Sowjetse troepe nader aan [[Hongarye]] beweeg het, het Duite magte Hongarye op [[20 Maart]] beset. Hitler het gemeen dat die Hongaarse leier, admiraal [[Miklós Horthy]], moontlik nie meer 'n betroubare bondgenoot kon wees nie. [[Finland]], wat as deel van die [[Voortsettingsoorlog]] ook teen die Sowjetunie geveg het, het in Februarie vrede met Stalin versoek, maar wou nie die aanvanklike voorwaardes wat aangebied is aanvaar nie. Op [[9 Junie]], het die Sowjetunie die Vierde strategiese offensief op die [[Kareliese Landengte]] geloods, wat Finland na drie maande gedwing het om 'n vredesverdrag te aanvaar. Voor die Sowjetunie se someroffensief kon begin met 'n aanval op [[Belarus]], moes hulle die eers die [[Krim]]skiereiland van die Spilmoondhede se troepe bevry. Die oorblywende dele van die Duitse Sewentiende Leër en die ''Heeresgruppe Süd'' en sommige Roemeense magte was afgesny en op die skiereiland agtergelaat toe die Duitsers uit Oekraïne onttrek het. Vroeg in Mei het die Rooi Leër se 3de Oekraïnse Front die Duitsers aangeval en die daaropvolgende veldslag het geëindig in 'n totale oorwinning vir die Sowjetunie. Die Duitsers se poging om oor die Swart See te ontsnap, het misluk. [[Lêer:Approaching Omaha.jpg|duimnael|250px|Die Geallieerde landings in Normandië, Junie 1944.]] Noudat die Krimskiereiland oop was, is die lang-verwagte Sowjetse someroffensief op [[22 Junie]] [[1944]] geloods. Die offensief, met die kodenaam ''Operasie Bagration'', het 2,5 miljoen man en 6 000 tenks ingesluit. Die doel van die offensief was om die Duitse troepe uit Belarus te verwyder en die Duitse ''Heeresgruppe Mitte'', wat die sektor verdedig het, te vernietig. Dit was beplan dat die offensief terselfdertyd as die [[Slag van Normandië|Geallieerde landings in Normandië]] sou plaasvind, maar vertragings het veroorsaak dat die offensief met 'n paar weke uitgestel is. Die daaropvolgende veldslae het die vernietiging van die ''Heeresgruppe Mitte'' tot gevolg gehad en het gelei tot 800 000 Duitse sterfgevalle. Dit was dan ook die grootste nederlaag vir die Duitse ''Wehrmacht'' gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die Sowjetse magte het voorwaarts beweeg en die buitewyke van [[Warskou]] op [[31 Julie]] bereik. Die nabyheid van die Rooi Leër het die Pole in Warskou laat glo dat hulle binnekort bevry sou word. Op [[1 Augustus]] het inwoners van die stad in opstand gekom tydens die [[Warskou-opstand]], wat deel gevorm het van die groter [[Operasie Storm]]. Nagenoeg 40 000 versetstryders het beheer van die stad oorgeneem. Die Rooi Leër het egter gehalt met hul opmarsing.<ref>{{en}} [http://www.warsawuprising.com/doc/okulicki1.htm ''The Warsaw Rising: Its Causes, Course, and Capitulation.''] deur Gen. Leopold Okulicki. Laaste besoek op 6 September 2007.</ref> Die enigste bystand wat aan die Pole verleen is, was artillerievuur en Duitse troepe het na die stad beweeg op die opstand stop te sit. Die opstand het op [[2 Oktober]] geëindig en die Duitse magte het dit wat van die stad oorgebly het, vernietig. In Joego-Slawië is die Partisane uiteindelik met sukses begroet. Op [[16 Junie]] [[1944]] is die [[Verdrag van Vis]] deur die Partisane en die Koninklike Regering onderteken: hierdie verdrag het die Partisane as die leër van Joego-Slawië bevestig. Teen die einde van Augustus is [[Josep Tito]] aangestel as personeelshoof van die [[Tsjetniks]], alhoewel sy koningsgesinde teenstander, [[Draža Mihailovic]], en ander Tsjetniks voortgehou het met hulle eie versettingsbeweging. Dié aparte versettingsbeweging is egter uiteindelik verslaan tydens die [[Slag van Lijevca-veld]] (30 Maart – 8 April) deur 'n Kroasiese alliansie. Na die vernietiging van die Duitse ''Heeresgruppe Mitte'' het die Sowjetse magte die Duitsers in mid-Julie van 1944 in die Suide aangeval. Hulle het in 'n maand se tyd daarin geslaag om Oekraïne geheel en van die Duitsers te bevry en die Duitse troepe het groot verliese gely. Daarna het die Sowjetse magte hulle op Roemenië gerig. Die Rooi Leër se 2de en 3de Oekraïnse Fronte het die Duitse ''Heeresgruppe Südukraine'' (wat uit beide Duitse en Roemeense troepe bestaan het) aangeval in 'n poging om Roemenië te beset en die Duitse oprigtings in die sektor te vernietig. Die uitslag van die [[Slag van Roemenië]] was 'n gehele oorwinning vir die Rooi Leër en 'n skuif vir Roemenië vanaf die Spilmoondhede na die Geallieerdes. [[Bulgarye]] het in September aan die Rooi Leër oorgegee. Na die Duitse onttrekking uit Roemenië, het Sowjetse troepe Hongarye in Oktober 1944 ingevaar, maar die Duitse Sesde Leër het drie afdelings van maarskalk Rodion Jakowlewitsj Malinowski se Groep Plijef naby Debrecen omsingel en vernietig. Die vinnige aanval wat die Sowjette gehoop het sou lei tot die inname van Budapest was nou stopgesit en Hongarye sou Duitsland se geallieerde bly tot aan die einde van die oorlog in Europa. Hierdie veldslag was die laaste Duitse oorwinning aan die Oostelike Front. Soos die Rooi Leër hul opmars na die Balkan voorgesit het, het Duitse troepe op 12 Oktober uit Griekeland onttrek. Terselfdertyd het die Joego-Slawiese Partisane hul operasies na Serwië verskuif en het hulle [[Belgrado]] op [[20 Oktober]] met hulp van die Sowjetunie bevry. Teen die einde van die jaar het die Partisane die oostelike helfte van Joego-Slawië en die Dalmatiese kus beheer en was hulle teen laat Maart 1945 gereed vir 'n finale weswaartse offensief. Die Sowjetunie het van sy nederlaag in Debrecen herstel en naderende kolonne van die Rooi Leër het Belgrado in laat-Desember bevry en Budapest op [[29 Desember]] [[1944]] bereik. Hulle het die stad omsingel en sodoende meer as 188,000 troepe van die Spilmoondhede vasgevang, insluitende baie Duitse [[Waffen-SS]]. Die troepe in Budapest het tot [[13 Februarie]] [[1945]] uitgehou en die daaropvolgende beleëring was een van die bloederigste tydens die oorlog. In die tussentyd het die Rooi Leër se 1ste, 2de en 3de Baltiese Fronte was in 'n geveg met die oorblyfsels van die Duitse ''Heeresgruppe Mitte'' en die ''Heeresgruppe Nord'' om die Baltiese streek van die Duitsers in Oktober 1944 te ontneem. Die uitslag van die reeks veldslae was 'n permanente verlies van kontak tussen die ''Heeresgruppe Nord'' en ''Mitte'' en die skepping van die Koerland-weerstandskol in [[Letland]] waar die Duitse 18de en 16de Leërs (met saam meer as 250 000 man) vasgekeer was tot aan die einde van die oorlog. === Opmars na Berlyn === Siende dat die Balkan en die grootste deel van Hongarye teen laat Desember 1944 van Duitse troepe bevry was, het die Sowjetunie 'n massa-ontplooiing in Pole begin om voor te berei vir die komende Winter-offensief. Sowjetse voorbereidings was steeds besig toe Churchill aan Stalin gevra het om sy offensief so gou as moontlik te loods, ten einde die Duitse druk in die weste te verlig. Stalin het ingestem en die begindatum vir die offensief was vasgestel vir [[12 Januarie]] [[1945]]. Die Sowjetse bevelvoerder, [[Iwan Konew]], se troepe het die Duitsers in die suide van Pole aangeval en hulle posisie het in omvang toegeneem vanaf hul brughoof by die Wisła-rivier naby [[Sandomierz]]. Op [[14 Januarie]] het Sowjetse bevelvoerder, [[Konstantin Rokossowski]], se magte die Duiters vanaf die Narew-rivier noord van [[Warskou]] aangeval, terwyl bevelvoerder Georgi Sjukow se troepe in die middel vanaf hulle brughoof naby Warskou aangeval het. Die gekombineerde Sowjetse offensief het deur die verdediging wat [[Oos-Pruise]] gedek het, gebreek en het die Duitse front was in chaos gedompel. Sjukow en sy troepe teen [[17 Januarie]] ingeneem en teen [[19 Januarie]] het sy tenks [[Lódz]] ook ingeneem. Ook op die 19de het Konew se troepe die Duitse voor-oorlogse grens bereik. Aan die einde van die eerste week van die offensie het die Sowjette 160 km diep in 'n front ingebeur wat 650 km wyd was. Die Sowjetse aanval het is uiteindelik by die Oder-rivier aan die einde van Januarie gehalt, slegs 60 km van Berlyn. [[Lêer:Eastern Front 1945-01 to 1945-05.png|duimnael|225px|links|Berlyn- en Praag-offensief op die Oosterse Front, 1945.]] Die Sowjetunie het gehoop om Berlyn teen die middel van Februarie in te neem, maar dit het geblyk dat hulle te optimisties was. Die Duitse versetting het, in plaas van om ineen te stort, aansienlik versterk tydens die aanvang van die aanval. Die Sowjetse voorsieningslyne kon nie aan die behoeftes van die troepe voldoen nie. Die dooiweer van die lente, die gebrek aan lugversterking en die vrees vir omsingeling deur flankaanvalle uit Oos-Pruise, [[Pommere]] en [[Silesië]] het die Sowjetse offensief stopgesit. Die nuut geskepde Heeresgruppe Weichsel, onder die bevel van [[Heinrich Himmler]], het 'n teenaanvaal op die blootgestelde flank van die Sowjetse Leër gepoog, maar het teen 24 Februarie misluk. Dit het dit aan Sjukow duidelik gemaak dat die flank sekuur moes wees, voor enige aanval op Berlyn geloods kon woord. Die Sowjette het hulle magte hergroepeer en na die noorde aangeval en Duitse troepe in Pommere ontruim. Daarna van hulle na die suide aan en ontruim hulle Duitse troepe uit Silesië. In die suide het drie Duitse pogings om die omsingelde garnisoen in Boedapest te ontset, gefaal en die stad is op [[13 Februarie]] deur die Sowjetse magte ingeneem. Die Duitsers het weereens 'n teenaanval geloods: Hitler het daarop aangedring om beheer oor die Donau te verkry. Die [[16 Maart]] het die aanval gefaal en die Rooi Leër het hulle teenaanval op dieselfde dag geloods. Op [[30 Maart]] het Sowjetse troepe Oostenryk binne gegaan en [[Wene]] is op [[13 April]] ingeneem. Hitler het geglo dat die Sowjetunie se hoofteiken vir hulle naderende offensief in die suide naby [[Praag]] sou wees en nie Berlyn nie. Hy het dus sy laaste oorblywende Duitse reserwes gestuur om daardie sektor te verdedig. Die Rooi Leër se doelwit was egter Berlyn en teen [[16 April]] was die Sowjetunie gereed om hulle [[Slag van Berlyn|finale aanslag op Berlyn]] te loods. Sjukow se magte het vanuit die middel aangeval en het die Oder-rivier gekruis, maar is daarna deur sterk Duitse weerstand naby Seelow vasgekeer. Na drie dae van swaar geveg en 33 000 dooie Sowjetse soldate<ref>{{de}} http://www.gedenkstaette-seelower-hoehen.de/</ref> het die Sowjetse troepe deur die laaste verdedigingslyne van Berlyn gebreek. Konew het die Oder-rivier vanuit die suide gekruis en was binne slagwydte van Berlyn, maar Stalin het Konew beveel om die flanke van Sjukow se troepe te beskerm en nie Berlyn self aan te val nie. Rokossowski se troepe het die Oder vanuit die noorde gekruis en het by Britse veldmaarskalk Bernard Montgomery se magte in Noord-Duitsland aangesluit, terwyl Sjukow en Konew se troepe Berlyn ingeneem het. Teen [[24 April]] [[1945]] het die Sowjetse leër die Duitse 9de Leër en 'n deel van die 4de Pantser Leër suid-oos van Berlyn omsingel. Berlyn was ongeveer dieselfde tyd omsingel en, as 'n finale weerstandspoging, het Hitler die stad se burgers, insluitende tieners en ou mens, opgeroep om in die ''[[Volkssturm]]''-burgermag teen die naderende Rooi Leër te veg. Duitse troepe aan die stad se grense is versterk deur die oorblywende troepe wat teen die Sowjette naby Seelow geveg het. Hitler het beveel dat die omsingelde Duitse 9de Leër, onder bevel van Generaal [[Theodor Busse]], uit moes breek an by die Duitse 12de Leër, onder bevel van Generaal [[Walther Wenck]], moes aansluit. Na die leërs bymekaar aangeluit het, het hulle gepoog om Berlyn van die Sowjetunie te bevry: 'n onmoontlike taak. Die oorblywende eenhede van die 9de Leër is na die woude om Berlyn gedryf, naby die dorpie Halbe, waar hulle, tydens die [[Slag van Halbe]], deur die Sowjetse linies probeer breek het om die Duitse 12de Leër te bereik. 'n Klein aantal soldate het daarin geslaag om by die 12de Leër aan te sluit en het hul weg na die weste oopgeveg waar hulle aan die Amerikaners oorgegee het. In die tussentyd het die geveg in Berlyn voortgeduur. Die Duitsers het 'n groot aantal [[Panzerfaust]]s tot hulle beskikking gehad – 'n soort anti-tenk-handkanon – waarmee hulle 'n swaar tol van die Sowjetse geledere in die strate van Berlyn geëis het. Die Sowjette het egter stedelike oorlogvoering in Stalingrad meegemaak en die ervaring het bygedra tot hulle stadig maar sekere vooruitgang na die middel van die stad. Die Duitse weerstand in die stad was volhoudend, maar die Sowjetunie het uiteindelik geseëvier. Die Sowjetunie het 360 000 stergetalle gehad en die Duitsers 450 000, waaronder ook siviele burgers en omtrent 170 000 Duitsers was gevange geneem. Hitler en sy personeel het na die [[Führerbunker]] verhuis: 'n Betonbunker onder die Reichs-kanseliersgebou in Berlyn. Hitler het daar op [[30 April]] [[1945]] saam met sy bruid, [[Eva Braun]], selfmoord gepleeg. Hy het reeds die vorige dag, 29 April 1945, Grootadmiraal Dönitz, as sy opvolger as staatshoof van Duitsland aangestel. === Einde van die oorlog in Europa === [[Lêer:Yalta summit 1945 with Churchill, Roosevelt, Stalin.jpg|duimnael|regs|[[Winston Churchill]], [[Franklin D. Roosevelt]], en [[Joseph Stalin]] in [[Jalta]] in 1945.]] [[Lêer:News. V.E. Day BAnQ P48S1P12270.jpg|duimnael|''Montreal Daily Star'': "Germany Quit", 7 Mei 1945]] [[Franklin D. Roosevelt]], [[Winston Churchill]] en [[Josef Stalin]] het reëlings getref vir 'n na-oorlogse Europa by die [[Konferensie van Jalta]] in Februarie 1945. Hulle ontmoeting het gelei tot baie belangrike besluite, soos die vorming van die [[Verenigde Nasies]], demokratiese verkiesings in [[Pole]], die skuif van Poolse grense na die weste (op Duitsland se onkoste), Sowjetse burgers sou teruggevoer word en daar was ingestem dat die Sowjetunie Japan binne drie maande van Duitsland se oorgawe sou inval. Na Hitler se dood (op 30 April), het grootadmiraal [[Karl Dönitz]] die leier van die Duitse regering geword en het hy die oorgawe van Duitsland beveel. Op [[2 Mei]] [[1945]] gee Duitse troepe Berlyn oor aan die Sowjetse troepe daar. In 'n geïsoleerde insident het die Duitse troepe in Italië reeds hulle oorgawe op [[29 April]] belowe: by Caserta het Kolonel Schweinitz en sy adjudant, Wenner (wat Generaal Vietinghoff verteenwoordig het), 'n dokument onderteken wat die onvoorwaardelike oorgawe van alle Duitse troepe in Italië vanaf 13:00 MGT (14:00 in Italië) op 2 Mei 1945 gewaarborg het. As Dönitz se verteenwoordiger in [[Reims]], [[Frankryk]], beveel Kolonelgeneraal [[Alfred Jodl]] die oorgawe van alle oorblywende troepe daar op [[7 Mei]]. Na die finale ondertekening van Duitse oorgawe in Berlyn op [[8 Mei]] [[1945]] word [[Oorwinningsdag]] vir die eerste keer deur Westerse Geallieerdes gevier. Te wyte aan tydsverskille het die Sowjetunie hulle eie Oorwinningsdag op [[9 Mei]] gevier: volgens die Sowjetse horlosie het die staking van Duitse militêre aktiwiteit een minuut na middernag plaasgevind. Sommige oorblywende Duitse versettingstroepe was tot [[11 Mei]] aktief (sien die [[Praag Offensief]]).<ref>{{en}} [http://www.wargamer.com/ww2timeline/1945eastern.asp ''Eastern Europe – 1945''] deur die ''World War 2 Timeline'' van ''The Wargamer''. 20 Desember 2000. Verkry op 22 April 2007.</ref>⏎ ⏎ === Oorlog breek uit in Asië === ==== Chinese en Suid-Asiatiese veldtogte ==== [[Lêer:Japanese Empire2.png|regs|duimnael|Die Japannese Ryk se gebied tydens die ryk se piek.]] Op [[3 Desember]] [[1941]] het die opperbevel van die Japannese militêre magte aan generaal Jasoesji Okamoera<!--Yasuji Okamura--> die gesag gegee om die ''sanko sakusen'' of "drie alles"-beleid te implementeer.<ref>{{en}} Bix, Herbert. ''Hirohito and the Making of Modern Japan'', 2000, p.366</ref> Dié beleid was 'n verskroeide-aarde-beleid en die "drie alles" beteken "maak alles dood", "verbrand alles" en "buit alles". Vier dae later is die Groter Oos-Asiatiese Oorlog geloods (ook bekend as die Pasifiese Oorlog). Minder as 24 uur na die Aanval op Pearl Harbor het Japan [[Hong Kong]] ingeval. Nie lank daarna nie was die [[Filippyne]] en die [[Britse Ryk|Britse kolonies]] [[Maleisië]], [[Borneo]] en [[Mianmar]] aan die beurt: die Japannese was vasberade om die olievelde van Nederlands-Oos-Indië in te neem. Ten spyte van versetting deur die Filippynse, Australiese, Nieu-Seelandse, Britse, Kanadese, Indiese en Amerikaanse troepe, het hierdie gebied binne enkele maande in Japan se hande geval. Op [[15 Februarie]] [[1942]] teken Britse generaal [[Arthur Ernest Percival]] 'n dokument wat die onmiddellike en onvoorwaardelike oorgawe van [[Singapoer]] en die garnisoen daar aan generaal [[Tomojoeki Jamasjita]] belowe. Ongeveer 70 000 Britse, Indiese en Australiese troepe word gevangene geneem.<ref name="DaysofWar">{{en}} Cesare Salmaggi & Alfredo Pallavisini (1977). 2194 Days of War. Windward: Londen.</ref> [[Lêer:Changde battle.jpg|duimnael|links|Die Slag van Changde, wat ook die Stalingrad van die Ooste genoem is. Sjina en Japan het 'n gekombineerde totaal van 100 000 soldate in hierdie slag verloor.]] Ná die aanval op [[Pearl Harbor]] het Japan het 'n grootskaalse offensief in Sjina geloods. Die doel van die offensief was om die strategies belangrike stad Chande in te neem; die Japannese het reeds twee keer tevore gefaal in hulle pogings om hierdie stad in te neem. Japan het 120 000 soldate in vier divisies byeengebring vir hierdie aanval. Die Sjinese het met 300 000 man geantwoord en die Japannese leër was gou omsingel en geforseer om terug te beweeg. Die Chinese Nasionalistiese Kwomintang-leër, onder bevel van [[Tsjiang Kai-sjek]], en die Kommunistiese Chinese Leër, onder bevel van Mao Zedong, het beide die Japannese besetting van China teëgesit, maar nooit werklik teen die Japannese saamgewerk nie. Konflik tussen die Nasionalistiese en Kommunistiese magte het lank voor die oorlog in aanvang geneem; dit het ook ná, en tot 'n sekere mate ook tydens, die oorlog voortgeduur, alhoewel toe minder openlik. Die Japannese het die oorgrote gedeelte van [[Birma]] ingeneem en die Birmaweg (wat die land met China verbind) afgesny, met die gevolg dat die Westerse Geallieerdes die Chinese Nasionaliste nie meer van voorraad kon voorsien nie. Hierdie verlies het die Geallieerdes forseer om 'n groot lugbrug tussen Indië en China te skep en in stand te hou. Vlieëniers het na hierdie brug as "The Hump" verwys. Onder bevel van die Amerikaanse Generaal, Joseph Stilwell, is die Chinese troepe in Indië opnuut opgelei en toegerus, terwyl voorbereidings getref is om die Ledo-weg vanuit Indië te neem as 'n plaasvervanger vir die Birmaweg. Hierdie poging was uiteindelik 'n enorme ingenieurstaak. [[Lêer:Subhas Chandra Bose.jpg|duimnael|regs|130px|[[Subhash Chandra Bose|Netaji Subash Chandra Bose]] het die Indiese Nasionale Leër teen die Geallieerdes gelei in Imphal en Birma.]] In April 1944 het die Japannese Operasie ''Ichi-Go'' geloods, met die doel om die spoorwegroete tussen Peking en Nanking te beveilig en om alle Amerikaanse vliegvelde onder die beheer van Generaal Chennault in die suidelike deel van Sjina in te neem.<ref>{{en}} Keegan, John. ''The Second World War''. 1989. bl. 548.</ref> Die operasie was suksesvol: 'n aaneenlopende deurgang tussen Peking en Indo-Sjina is geopen en die vliegvelde was geforseer om na die binneland te skuif. Die operasie het egter gefaal om die leër van [[Tsjiang Kai-sjek]] te oorwin en die Amerikaners het beheer van die Mariana-eilande in die Stille Oseaan gekry, waarvandaan hulle die [[Japanse Argipel|Japannese Tuiseilande]] kon bombardeer. Terwyl die Amerikaners stadig maar seker die Ledo-weg van Indië na China gebou het, het die Japannese in Maart 1944 hulle eie offensief op Indië geloods, wat in die tyd nog 'n Britse kolonie was. Die "Mars na Delhi" was deur Nejati Subhas Chandra Bose in werking gestel:<ref>{{en}} Peter Ward Fay, ''The Forgotten Army: India's Armed Struggle for Independence 1941–1945''.</ref> Bose was die bevelvoerder van die Indiese Nasionale Leër, 'n mag wat saamgestel is uit krygsgevangenes uit die Brits-Indiese Leër wat deur die Japannese gevangene geneem is. Chandra het 'n alliansie met die Nazi-party ('n geallieerde van Japan) gesoek om ontslae te raak van die koloniale heersers van Indië en só die land se onafhanklikheid te verkry.<ref>{{en}} ''Modern India'' deur Sumit Sarkar. Macmillan. Bl 418-423.</ref> Die Japannese het gepoog om die hoofmagte van die Britte en Indiërs by Imphal te vernietig. Terwyl die Geallieerde troepe egter telkens deur lugvervoer versterk is en van voorraad voorsien is, het die Japannese troepe se voorraad opgeraak (gedeeltelik te wyte aan stortreëns) en het hulle verhonger. Die oorblywende troepe het mettertyd teruggetrek, ná 'n verlies van 85 000 soldate, een van die grootste Japannese nederlae van die oorlog. Tydens die [[moeson]], wat van Augustus tot November 1944 geduur het, is die Japannese tot by die Chindwin-rivier in Birma agtervolg. Met die aanvang van die droë seisoen in die begin van 1945 het die Amerikaanse en Sjinese magte uiteindelik die Ledo-weg voltooi, alhoewel dit te laat was om enige beslissende effek te hê. Terselfdertyd het die Britse Veertiende Leër, wat uit Indiërs, Britte en Afrikane bestaan het, 'n offensief op Sentraal-Birma geloods. Die Japannese magte daar het 'n hewige nederlaag gely en die Geallieerdes het hulle na die suide gevolg, waar hulle Rangoon op [[2 Mei]] [[1945]] ingeneem het. ==== Slag van die Stille Oseaan ==== [[Lêer:Burning ships at Pearl Harbor.jpg|duimnael|regs|Die Amerikaanse slagskepe ''West Virginia'' en ''Tennessee'' word aangeval by [[Pearl Harbor]].]] Hitler het sy plan om die Sowjetunie in te val nie met Japan gedeel nie. Die Sowjetunie, wat 'n oorlog op twee verskillende fronte gevrees het, het besluit om vrede met Japan te sluit. Op [[13 April]] [[1941]] het die Sowjetunie en Japan die Sowjets-Japannese Neutraliteitsverdrag onderteken, wat die Japannese toegelaat het om hulle aandag op die komende oorlog in die Asiatiese-Pasifiese streek te vestig. In die somer van 1941 het die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en Nederland 'n olie-embargo teen Japan geloods, wat gedreig het om dié land van sy vermoë te ontneem om 'n grootskaalse oorlog op die see of in die lug te voer. Japannese magte het egter hulle opmars na China voortgesit. Japan het 'n aanval op [[Pearl Harbor]] beplan om die Amerikaanse Stille Oseaan-vloot te verswak en dan die olievelde in Nederlands-Indië in beslag te neem. Op [[7 Desember]] het Japan amper terselfdertyd drie verrassingsaanvalle op [[Pearl Harbor]], [[Thailand]] en die Britse gebiede van [[Maleia]] en [[Hongkong]] geloods. 'n Japannese vragvloot het die onverwagte aanval op Pearl Harbor geloods. Die oorval het die meeste van die Amerikaanse vliegtuie daar vernietig en het die hoof Amerikaanse slagvloot buite aksie gestel: drie slagskepe was gekelder en vyf ander was hewig beskadig. Die hoofdok, voorraad- en werkswinkels is egter gou herstel. Die basis se brandstofvoorraadfasiliteite was onbeskadig gelaat, ironies genoeg kon die verlies van hierdie fasiliteite die hele vloot in die Stille Oseaan belemmer. Die aanval het die Amerikaanse publiek verenig in hul begeerte om wraak te neem op Japan. Die volgende dag, op [[8 Desember]], het die Verenigde State (en die Verenigde Koninkryk) oorlog teen Japan verklaar. [[Lêer:Yamamoto-Isoroku.jpg|duimnael|links|Admiraal [[Isoroku Yamamoto]], die bevelvoerder van die Japannese Vloot, 1939–43.]] Tegelyk met die aanval op Hawaiï, het die Japannese ook [[Wake-eiland]] aangeval, 'n Amerikaanse gebied in die Stille Oseaan. Die aanvanklike landingspoging was deur die Amerikaanse Vloot teruggedryf en die weerstand het tot [[23 Desember]] aangehou. Die Japannese het versterkings gestuur en die Amerikaanse garnisoen het oorgegee toe dit duidelik word dat daar geen Amerikaanse aflossingstroepe onderwerg was nie. Japan het ook die Filippyne, 'n Amerikaanse Gemenebes, op 8 Desember ingeval. Amerikaanse en Filippynse magte, onder die bevel van generaal Douglas MacArthur, was geforseer om terug te trek na die Bataanse Skiereiland. Volgehoue versetting het tot April aangehou, wat die Geallieerdes kosbare tyd besorg het. Na hulle uiteindelike oorgawe, was die oorblywende Amerikaanse en Filippynse troepe op die [[Bataanse Dodemars]] gelei. Geallieerde versetting het vir nóg 'n maand volgehou op die eilandvestiging, [[Corregidor]], maar het ook uiteindelik oorgegee. Generaal MacArthur, wat op bevel na Australië teruggetrek het, het gesweer "Ek sal terugkeer".<ref>{{en}} [http://www.pbs.org/wgbh/amex/macarthur/filmmore/reference/primary/macspeech02.html MacArthur's Speeches: "I Shall Return."], besoek op 28 Februarie 2007.</ref> Die Britse vloot is swaar getref toe hulle op [[10 Desember]] twee belangrike slagskepe, ''HMS Prince of Wales'' en ''HMS Repulse'', verloor het. Beide skepe is deur 85 Japannese bomwerpers en torpedovliegtuie aangeval; die aanvallende vliegtuie was in Saigon gebaseer en 840 Britse matrose het omgekom. Winston Churchill het oor dié gebeurtenis gesê: "In die hele oorlog het ek nooit 'n meer direkte skok gekry nie".<ref>{{en}} [http://www.american-partisan.com/cols/2002/ww2/qtr1/0111.htm Sixty Years Ago: Reaction to the Attack on Pearl Harbor]. Oorspronklike Engelse aanhaling: ''"In all of the war I have never received a more direct shock."''.</ref> Duitsland het op [[11 Desember]] oorlog verklaar teen die Verenigde State, alhoewel dit nie deur die [[Driesydige Verdrag]] vereis was nie. Hitler het gehoop dat Japan Duitsland sou ondersteun deur die Sowjetunie aan te val. Dit was egter nie die geval nie: Japan het 'n nie-aanvalsverdrag onderteken en het verkies om op die uitbreiding van die Japannese Ryk na China, Suidoos-Asië en die Stille Oseaan-gebied te fokus. In plaas daarvan dat Duitsland se oorlogsverklaring 'n tweede front na die USSR geopen het, het dit eerder daarin geslaag om enige opposisie in die Verenigde State oor húl deelname aan die oorlog te stil. [[Lêer:Japanese Empire (orthographic projection).svg|duimnael|250px|Die Japannese koloniale ryk in sy grootste uitbreiding in 1942.]] Die Geallieerdes was amptelik op [[1 Januarie]] [[1942]] gevorm in die [[Verklaring deur Verenigde Nasies]]. Die American-British-Dutch-Australian Command ("Amerikaanse-Britse-Nederlandse-Australiese Kommando") of ABDACOM was gestig om die Geallieerde magte in Suidoos-Asië te verenig. Dit was die eerste Geallieerde opperbevel van die oorlog. ABDACOM se vloot was egter byna vernietig in die [[Slag in die Javasee]]: op daardie tydstip in die oorlog was dit die grootste seeslag van die oorlog en het geduur vir twee dae, vanaf 28 Februarie tot 1 Maart. Die gesamentlike bevel was kort daarna opgeskort en vervang deur drie Geallieerde opperbevelvoerders in die suide van Asië en die Stille Oseaan-gebied. In April het die Doolittle-inval, die eerste Geallieerde lugaanval op [[Tokio]], die moraal in die Verenigde State 'n hupstoot gegee en veroorsaak dat Japan sy hulpmiddels gebruik het om eerder op tuisverdediging te konsentreer. Die aanval self het egter min fisiese skade berokken. [[Lêer:SBD-3 Dauntless bombers of VS-8 over the burning Japanese cruiser Mikuma on 6 June 1942.jpg|duimnael|links|250px|Die [[Slag van Midway]], Junie 1942.]] Vroeg in Mei het die Japannese ''Mo Sakusen'' (Operasie Mo) geïmplementeer: 'n plan waarvolgens hulle [[Port Moresby]] in [[Nieu-Guinee]] sou inneem. Die eerste fase van die plan was egter deur die Verenigde State en Australië se vlote gekortwiek, tydens die [[Slag van die Koraalsee]]. Hierdie slag was beide die eerste slag geveg deur [[vliegdekskip|vliegdekskepe]] en die eerste slag waar die teenpartye nooit direkte visuele kontak gemaak het nie. Die Amerikaanse vliegdekskip, ''USS Lexington'', was gekelder en die ''USS Yorktown'' was erg beskadig, terwyl die Japannese hulle ligte vliegdekskip, ''Shoho'', verloor het en hul groter ''Shokaku'' matige skade gely het. Die Japannese vliegdekskip ''Zuikaku'' het die helfte van haar vrag (vliegtuie) verloor en kon, saam met ''Shokaku'', nie aan die naderende [[Slag van Midway]] in die [[Stille Oseaan]] deelneem nie. Die slagveld was 'n taktiese oorwinning vir Japan, aangesien hulle meer skade berokken het as wat hulle self ervaar het, maar dit was weer 'n strategiese oorwinning vir Amerika, siende dat die beplande Japannese aanval op Port Moresby voorkom is. In die ses maande ná die aanval op Pearl Harbor het die Japannese byna al hulle skeepsdoelwitte bereik. Hulle vloot van elf slagskepe, tien vliegdekskepe, agtien swaar en twintig ligte kruisers het relatief ongeskonde gebly. Hulle het daarin geslaag om al die Amerikaanse slagskepe in die Stille Oseaan te kelder of erg te beskadig. Die Britse en Nederlands-Oosterse vlote was vernietig en die Koninklike Australiese Vloot was terug na die hawe gedryf.<ref>{{en}} Keegan, John. ''The Second World War.'' 1989. bl. 267.</ref> Die Japannese oorwinnings het berus by 'n verdedigende buitegrens van hul keuse, wat gestrek het van die middel van die Stille Oseaan, tot by Nieu-Guinee en verder tot by Birma. [[Lêer:Cairo conference.jpg|duimnael|250px|Die Geallieerdes van die Asiese en Stille Oseaan Teaters: Generalissimo [[Tsjiang Kai-sjek]], Franklin D. Roosevelt, en Winston Churchill wat by die [[Kairo Konferensie]] ontmoet in 1943.]] Die enigste gewigtige strategiese opposisie wat tot die Geallieerdes se beskikking was, was die vlootbasis by Pearl Harbor, insluitende die Amerikaanse Stille Oseaan-vloot se drie vliegdekskepe. Beide kante het 'n bepalende veldslag tussen vliegdekskepe as onvermydelik beskou en die Japannese was vol vertroue dat hulle getallevoordeel, 10 vliegdekskepe in vergelyking met die Geallieerdes se 3, hulle die deurslag sou gee.<ref>{{en}} Keegan, John. ''The Second World War''. bl. 268.</ref> Japan het ook die uitstekende vliegdekskip-gebaseerde vegvliegtuig [[Mitsubishi A6M Zero]] tot hul beskikking gehad. Hulle het 'n taakmag na [[Midway-atol]] gestuur, 'n losliggende deel van die Hawaiïese Eilande, met die doel om die oorblywende Amerikaanse vloot in 'n geveg te lok. Op [[5 Junie]] het die Amerikaanse duikbomwerpers (wat op die vliegdekskepe gebaseer was) die Japannese mag waargeneem en daarin geslaag om vier van Japan se beste vliegdekskepe te kelder tydens die [[Slag van Midway]]. In ruil het hulle een vliegdekskip, Yorktown, verloor. Dit was 'n reuse oorwinning vir die Verenigde State en het 'n keerpunt in die oorlog in die Stille Oseaan aangedui. Die spoed waarmee Amerikaners skepe en vliegtuie vervaardig het, het die Japannese vermoëns oorskry en Japan het nie weer dieselfde getallevoordeel geniet nie. In Julie het Japan weer Port Moresby in hul visier gehad, maar het die keer gepoog om die stad met landmagte in te neem. Hulle het die Kokoda-pad geneem, 'n beboste voetpad waar soldate agter mekaar moes loop en wat hulle deur die oerwoud en berge geneem het. 'n Australiese reserwe mag, onopgeleid, swak voorsien en in die minderheid, het daar vir eenhede vanuit Noord-Afrika en die Amerikaanse leër gewag. Hulle het 'n vegtende terugtrekking teen die 5000 Japannese gevoer. Op [[7 Augustus]] het die Amerikaanse Vloot die [[Slag van Guadalcanal]] begin. Vir die volgende ses maande het die Amerikaanse magte die Japannese magte om beheer van die eiland geveg. In die tussentyd het hulle vlote vurige ontmoetings in die nabye waters gehad, insluitende die [[Slag van Savo-eiland]], die [[Slag van Cape Esperance]], die [[Seeslag van Guadalcanal]] en die [[Slag van Tassafaronga]]. Laat Augustus en vroeg September, terwyl die slagvelde op die Kokoda-pad en Guadalcanal voortgewoed het, is 'n aanval deur die Japannese seesoldate by die oostelike punt van Nieu-Guinee deur Australiese magte verslaan. Hierdie [[Slag van Milne Bay]] was die eerste nederlaag vir Japannese landmagte tydens die Pasifiese Oorlog. Op [[22 Januarie]], ná 'n strawwe slagveld by Bona en Guna, het Australiese en Amerikaanse magte die belangrikste Japannese strandhowe in die ooste van Nieu-Guinee teruggeneem. Amerikaanse gesagvoerders het Guadalcanal op [[9 Februarie]] as beveilig verklaar. Magte uit Nieu-Seeland, Australië en die Pasifiese Eilande het die verlengde taak onderneem om besette dele van die Solomon-eilande, Nieu-Guinee en die Nederlands-Oos-Indië terug te neem, waartydens hulle van die sterkste versetting tydens die oorlog ervaar het. Die res van die eilande was in 1943 ingeneem. [[Lêer:B-29s dropping bombs.jpg|regs|duimnael|Die Amerikaanse lugmag het Japan aangeval deur massiewe brandbomme op Japannese stede te laat val.]] Op [[30 Junie]] het die Geallieerdes [[Operasie Cartwheel]] geloods, 'n groot strategie vir die suide en suidweste van die Stille Oseaan, wat daarop gemik was om die belangrike Japannese basis by Rabaul (in Nieu-Guinee) te isoleer en van daar van eiland tot eiland te beweeg tot hulle Japan bereik. Drie hoofdoelwitte is geïdentifiseer: herowering van [[Tulagi]] en die [[Santa Cruz-eilande]]; herowering van die noordkus van Nieu-Guinee en die sentrale Solomon-eilande en die verswakking van die basis by Rabaul en ander verwante basisse. Teen September het Australiese en Amerikaanse magte in Nieu-Guinee die belangrike Japannese basisse by Salamaua en Lae ingeneem. Kort daarna het hulle die Huon Peninsula-veldtog geloods, asook die Finisterre Range-, Bougainville- en New Britain-veldtogte. Al hierdie veldtogte het in die omgewing van Nieu-Guinee plaasgevind en was gemik teen Japannese magte. In November het die Amerikaanse vloot die [[Slag van Tarawa]] gewen; dit was die eerste amfibiese aanval op die Pasifiese oorlogstoneel. Die hoë aantal sterfgevalle aan die Amerikaanse kant het hewige protes in die Verenigde State uitgelok: dit was onverstaanbaar dat die groot verlies aan menselewens nodig was vir so 'n klein en skynbaar onbelangrike eiland. Die Geallieerdes het 'n nuwe beleid aanvaar en sonder meer Japannese eilandvestigings verbygesteek: die Japannese troepe daar was afgesluit van voorraadaanvulling en kon ook nie deur versterkingstroepe verlos word nie. Die Geallieerde vooruitgang in die Stille Oseaan het aangehou met die inname van die [[Marshall-eilande]] voor die einde van Februarie 1944. Sowat 42 000 Amerikaanse soldate en seesoldate het op [[31 Januarie]] op die [[Kwajalein]]-atol geland. Die [[Slag van Kwajalein]] het daar plaasgevind en die eiland is op [[6 Februarie]] ingeneem. Daarna het die Amerikaanse Vloot die Japannese in die [[Slag van Eniwetok]] verslaan. Die strategiese doelwit van die Verenigde State was om lugbasisse in te win wat binne bombarderingsafstand was van die [[Boeing B-29 Superfortress]]-bomwerpers op die Mariana-eilande, veral [[Saipan]], [[Tinian]] en [[Guam]]. Op [[11 Junie]] het die Amerikaanse vloot Saipan, wat deur 72 000 Japannese troepe verdedig is, gebombardeer. 77 000 seesoldate het vanaf die 15de daar voet aan wal gesit en die eiland was teen [[9 Julie]] beveilig. Japan het 'n groot deel van sy verswakkende vloot in die [[Slag van die Filippynse See]] (19 – 20 Junie) gebruik, maar het hewige vliegtuig- en skeepsverliese gely. Ná hierdie slagveld was Japan se vliegdekskipmag nie meer militêr effektief nie. Met die inname van Saipan was Japan ook uiteindelik binne bereik van die B-29-bomwerpers. [[Guam]] is op [[21 Julie]] ingeval en op [[10 Augustus]] ingeneem, maar die Japannese het verwoed teruggeveg: opruimingsoperasies het lank na die amptelike einde van die veldslag voortgeduur. Tinian-eiland was op [[24 Julie]] ingeval en op [[1 Augustus]] ingeneem. [[Napalm]] is vir die eerste keer in die oorlog tydens hierdie operasie gebruik.<ref>{{en}} Foot, I.C.B. (2005). ''The Oxford Companion to World War II''. Oxford University Press. bl. 118.</ref> Generaal MacArthur se troepe het die [[Filippyne]] bevry, ná hulle op [[20 Oktober]] op [[Leyte]]-eiland geland het. Die Japannese het hulle voorberei vir 'n strawwe verdediging en het hulle laaste vlootmagte gebruik in 'n mislukte poging om die invallende magte tydens die [[Slag van Leyte Golf]] te vernietig. Die seeslag het van [[23 Oktober|23]] tot [[26 Oktober]] [[1944]] geduur en word beskou as een van die grootste seeslagte in die geskiedenis. Dit was ook die eerste slag wat Japannese [[kamikaze]]-aanvalle gesien het. Tydens die slag is die Japannese slagskip ''Musasji'', een van die twee grootste slagskepe wat ooit gebou is, deur 19 Amerikaanse torpedo's en 17 bomme gekelder. Deur 1944 het Geallieerde duikbote en vliegtuie Japannese handelskepe aangeval. Die Japannese nywerheid was skielik ontneem van dié grondstowwe wat hulle danksy die oorlog verkry het. Die hoofteiken was olie en Japan het aan 'n tekort begin lei teen die einde van 1944. Deur die loop van 1944 het duikbote meer as twee miljoen ton skeepsvragte gekelder,<ref>{{en}} King, Admiral Earnest J., [http://www.shsu.edu/~his_ncp/Compac45.html ''Naval Operations in the Pacific from March 1944 to October 1945'']. Sam Houston State University. Verkry op 2006-07-26.</ref> waarvan die Japannese minder as een miljoen ton kon vervang.<ref>{{en}} Parshall, Jon [http://www.combinedfleet.com/economic.htm ''Why Japan Really Lost The War'']. Imperial Japanese Navy Page. Verkry op 2006-07-26.</ref> Tydens Januarie 1945 het die Verenigde State se Sesde Leër op [[Luzon]], die hoofeiland in die Filippyne, geland. Manila was teen Maart teruggeneem. [[Lêer:Attack on carrier USS Franklin 19 March 1945.jpg|duimnael|regs|''USS Franklin'' na sy swaar beskadig is deur Japannese lugaanvalle naby die Japannese kus op [[19 Maart]] [[2005]].]] Die Amerikaners het die Japannese eiland [[Iwo Jima]] in Februarie ingeneem. Die eiland was psigologies belangrik, siende dat dit 'n tradisionele Japannese gebied was wat onder administrasie van die [[Tokio]]-prefektuur was. Die eiland was sterk verdedig met baie ondergrondse verskansings, maar was uiteindelik deur die seesoldate ingeneem nadat hulle Suribatsji ingeneem het, 'n slapende [[vulkaan]] wat 'n hoeksteen van die Japannese verdediging gevorm het. Die aanwins van Iwo Jima was van onskatbare waarde vir die Geallieerdes, aangesien dit twee vliegvelde besit het wat gebruik is vir noodlandings deur die B-29-bomwerpers en omdat dit naby genoeg was om vegtersbegeleiding te bied wat die [[Japanse Argipel|Japannese Tuiseilande]] kon bereik.<ref>{{en}} Yoder, Dan. ''The Fight for Iwo Jima. In History of the Second World War''. Sir Basil Hart (red). 1989. bl. 393.</ref> Met die daaropvolgende inname van [[Okinawa]]-eiland, wat van April tot Junie geduur het, is die Japannese tuisland nog meer binne bereik van skeeps- en lugaanvalle gebring. Die Japannese het die eiland met grondmagte en kamikaze-vlieëniers verdedig, asook die selfmoordmissie van die slagskip ''[[Japanese slagskip Yamato|Yamato]]'', wat deur Amerikaanse duikbomwerpers gekelder is. Die Amerikaners het 'n aantal stede, waaronder ook Tokio, met brandbomme aangeval en in Tokio alleen het ongeveer 90 000 mense omgekom in die aanvanklike aanval. Die digbevolktheid rondom produksiesentrums en die houtkonstruksies van die wonings het bygedra tot die groot verlies van menselewens. Die hawens en belangrike watergange van Japan was tydens Operasie Uithongering met myne bestook, wat die logistiek van hierdie [[eilandnasie]] ernstig ontwrig het. Die laaste groot offensief in die suidwestelike gedeelte van die [[Stille Oseaan]] was die Borneo-veldtog in die middel van 1945, wat daarop gemik was om die oorblywende Japannese magte in Suidoos-Asië verder te isoleer en die bevryding van Geallieerde krygsgevangenes te bewerkstellig. ==== Einde van die oorlog in Asië ==== [[Lêer:Potsdam conference 1945-8.jpg|duimnael|[[Clement Attlee]], [[Harry S. Truman|Harry Truman]] en [[Josef Stalin]] by die Potsdam-konferensie in Julie 1945.]] Die laaste Geallieerde konferensie van die Tweede Wêreldoorlog was in die voorstad [[Potsdam]], net buite [[Berlyn]], van [[17 Julie]] tot [[2 Augustus]] [[1945]] gehou. Tydens die [[Konferensie van Potsdam]] was daar ooreenkomste tussen die Geallieerdes getref oor beleide rakende 'n besette Duitsland. 'n Ultimatum vir die onvoorwaardelike oorgawe van Japan is ook uitgereik. [[Harry S. Truman|Harry Truman]], die president van die Verenigde State, het besluit om die nuwe [[kernwapen|atomiese wapen]] te gebruik, ten einde 'n vroeër einde aan die oorlog te bring. Die slagveld wat by Okinawa plaasgevind het, het gewys dat 'n inval van die Japannese tuisland (wat vir November beplan was), tot 'n groot aantal Amerikaanse sterfgevalle sou lei. Die amptelike benadering wat aan die Minister van Oorlog gegee is, is 1,4 miljoen Geallieerde sterfgevalle, alhoewel sommige geskiedkundiges dit nie eens is dat dit werklik die geval sou wees nie. 'n Inval sou ook die dood van miljoene Japannese soldate beteken het, asook burgers wat deel van die burgerlike verdedigingsmag gevorm het. [[Lêer:nagasakibomb.jpg|duimnael|links|Die paddastoelwolk afkomstig van die kernwapen ''Fat Man'' styg 18 km bo Nagasaki, vanaf die kernontploffing se hiposentrum.]] Op [[6 Augustus]] [[1945]] het 'n B-29-bomwerper, die ''[[Enola Gay]]'', 'n [[kernwapen]] genaamd ''[[Little Boy]]'' op [[Hirosjima]] laat val, wat die stad geheel en al vernietig het. Drie dae later, op [[9 Augustus]], het 'n ander B-29-bomwerper, genaamd ''[[Bockscar]]'', 'n tweede kernwapen met die naam ''[[Fat Man]]'' op die hawestad [[Nagasaki]] laat val. Op [[8 Augustus]], twee dae na die atoombom op Hirosjima laat val is, het die Sowjetunie, wat in April afstand gedoen het van sy nie-aanvalsverdrag met Japan, die Japannese in [[Mantsjoerye]] aangeval. Die aanval was deur die Sowjetse weermagsgroepe uitgevoer. In minder as twee weke is die Japannese leër in Mantsjoerye, wat uit meer as 'n miljoen man bestaan het, deur die Sowjette vernietig. Die Rooi Leër het op [[18 Augustus]] na [[Noord-Korea]] beweeg; gevolglik is Korea by die 38ste breedetegraad in Sowjetse en Amerikaanse sones verdeel. Die Amerikaanse gebruik van kernwapens teen Japan en die Sowjetse inval van Mantsjoerye het Keiser [[Hirohito]] sover gebring dat hy die bestaande regering omseil het en tussenbeide getree het om 'n einde aan die oorlog te bring. In sy radiotoespraak aan die nasie het hy geen melding van die Sowjetunie se intrede tot die oorlog gemaak nie, maar in sy "Reskrip aan soldate en matrose" van 17 Augustus, waarin hy 'n vuurstaking beveel asook die neerlê van wapens, het hy die verhouding tussen die Sowjetse toetreding tot die oorlog en sy besluit om oor te gee beklemtoon, en geen melding gemaak van die kernwapens nie. Japan het op [[15 Augustus]] [[1945]] oorgegee en die geskrewe oorgawingsverdrag is op [[2 September]] onderteken. Japannese troepe in Sjina het op [[9 September]] [[1945]] aan die Sjinese oorgegee. == Nasleep == [[Lêer:Map-Germany-1945.svg|duimnael|regs|Besettingsones in Duitsland in 1946 na gebiedsanneksasies in die Ooste. Die [[Saarland]] (in die Franse sone) word met strepe aangedui aangesien dit van Duitsland deur Frankryk verwyder is deur 'n protektoraat en eers in 1957 by die Federale Republiek van Duitsland ingelyf is.]] [[Lêer:Colonization 1945.png|duimnael|links|Die koloniale gebiede in 1945.]] Die einde van die oorlog het die afhanklikheid van baie Britse kroonkolonies en Nederlandse gebiede teweeg gebring, asook die vorming van nuwe nasies en alliansies in Asië en Afrika. Die [[Filippyne]] is in 1946 afhanklikheid toegestaan, soos vroeër deur die Verenigde State belowe. Frankryk het gepoog en gefaal om beheer oor hul kolonies in Indo-Sjina te herwin. Pole se grense is opnuut vasgestel om dele van vooroorlogse Duitsland in te sluit, waaronder Oos-Pruise en Opper-Silesië, terwyl die land meeste van die gebiede wat deur die Sowjetunie geneem was in die Molotow-Ribbentrop-verdrag van 1939 aan die Sowjetunie afgegee is. Pole het dus as geheel effektief na die weste geskuif. Duitsland was in vier besettingsones verdeel en die drie sones onder die Westerse Geallieerdes is as 'n grondwetlike monargie herstig. Die Sowjetunie se invloed het gegroei soos hulle, met die stilswyende goedkeuring van die Weste, hul heerskappy oor die grootste dele van Oos-Europa gevestig het en hul grense geskuif het om dele van Pole en Finland in te sluit. Hierdie Westerse passiwiteit sou later in Sowjets-beheerde lande as die "Westerse verraad" bekend staan. Europa was op informele wyse in Westerse en Sowjetse invloedsfere gedeel, wat die bestaande spanning tussen die twee groepe verhoog het en gehelp het om aanleiding tot die [[Koue Oorlog]] te gee. Om toekomstige konflikte te vermy (of ten minste te minimaliseer), het die geallieerde nasies in 1945 in [[San Francisco]], onder leiding van die [[Verenigde State]], die [[Verenigde Nasies]] gevorm. Een van die eerste dade van die Verenigde Nasies was die skepping van die [[Israel]]se staat, deels in antwoord op die [[Sjoa]]. [[Lêer:EasternBloc BorderChange38-48.svg|duimnael|links|250px|Post-oorlog territoriale veranderinge in Oos-Europa en die vorming van die Oos-blok.]] In 1947 het die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, [[George Marshall]] die "Europese Herstellingsprogram" ontwikkel, beter bekend as die [[Marshall-plan]]. Die plan was van 1948 tot 1952 in uitvoering en het 13 miljard dollar vir die heropbouing van Wes-Europa toegestaan. Die Duitse besettingsones was geko-ordineer deur die Geallieerde Kontroleraad en in 1949 het die Amerikaanse, Britse en Franse sones saamgesmelt om die Federale Republiek van Duitsland te vorm; die Sowjetse sone het die Duitse Demokratiese Republiek geword. In Duitsland het ekonomiese onderdrukking en "denazifisering" plaasgevind. Miljoene Duitsers en Pole was uit hulle tuislande verdryf as 'n gevolg van gebiedsanneksasies in Oos-Europa soos ooreengekom tydens die Konferensie van Jalta en die Konferensie van Potsdam. In die Weste is Elsas-Lotharinge aan Frankryk terugbesorg en die Saar-area was van Duitsland geskei. [[Oostenryk]] is in vier besettingsones gedeel, wat weer in 1955 herenig het om die Republiek van Oostenryk te vorm. Die Sowjetunie het groot dele van die Balkan en Sentraal- en Oos-Europa beset. In alle lande wat deur hulle beset was, met die uitsondering van Oostenryk, het die Sowjetunie Kommunistiese regimes daar gehelp om bewind te kry. Die Sowjetunie het ook die [[Baltiese lande]] [[Estland]], [[Letland]] en [[Litaue]] geannekseer. In Asië is Japan deur die Verenigde State beset en deur troepe van die [[Britse Statebond|Statebond]] bygestaan, tot die vredesverdrag in 1952 in werking getree het. Die Japannese regering was onder generaal [[Douglas MacArthur]] ontbind en vervang deur 'n grondwetlike monargie met 'n keiser as skynhoof. Japan se nederlaag het ook gelei tot die stigting van die Verre Oosterse kommissie, wat beleide vir Japan uiteengesit het wat vervul moes word onder die terme van hul oorgawe. Ingevolge die ooreenkomste wat tydens die Konferensie van Jalta getref is, het die Sowjetunie Sakhalin-eiland en die Koeril-eilande beset en daarna geannekseer. Die Japannese besetting van Korea is beëindig, maar die skiereiland is tussen die Verenigde State en die Sowjetunie langs die 38ste breedtegraad verdeel. In 'n verdeelde Korea sou Suid-Korea (met die ondersteuning van die V.S.) later teen die kommunistiese Noord-Korea veg in die [[Koreaanse Oorlog]]. Die Tweede Wêreldoorlog was 'n beslissende oomblik in Sjina se geskiedenis. Voor die oorlog teen Japan is Sjina byna 'n eeu lank verneder deur verskeie imperialistiese magte en was dit telkens semi-koloniale status verwys. Die oorlog het egter Sjina se internasionale status aansienlik verhoog. Die sentrale regering, onder [[Tsjiang Kai-sjek]], het daarin geslaag om meeste van die ongelyke verdrae wat Sjina in die laaste eeu onderteken het te herroep; daarna het Sjina een van die stigterslede van die Verenigde Nasies geword, asook 'n permanente lid van die Veiligheidsraad. Sjina het ook Mantsjoerye en Taiwan teruggewin. Agt jaar se oorlog het egter die sentrale regering swaar belas en baie van die nasiebouende maatreëls wat aangeneem is sedert die begin van die regering se bewind in 1928 is deur die oorlog omvergewerp. Kommunistiese aktiwiteite het ook wyd in besette dele versprei, wat die naoorlogse administrasie van hierdie dele bemoeilik het. Ontsaglike oorlogskade en die hiperinflasie daarna het die bevolking ontmoedig, saam met die voortdurende Sjinese Burgeroorlog tussen Kwomintang (die nasionalistiese party) en die Kommuniste. Gedeeltelik te wyte aan die knou wat sy weermag en regering in die oorlog teen Japan gelei het, het die Kwomintang, saam met die staatsmasjiene, in 1949 na Taiwan teruggetrek en in sy plek het die Sjinese kommuniste die [[Volksrepubliek van Sjina]] op die hoofland gevestig. == Sterfgevalle, burgerlike impak en gruweldade == [[Lêer:April-1945fatality.jpg|duimnael|regs|'n Duitse soldaat sterf vegtend naby die einde van die oorlog in April 1945.]] Benaderings vir die totaal stergevalle tydens die oorlog verskil, maar die meeste stel voor dat sowat 60 miljoen mense gedurende die oorlog gesterf het: ongeveer 20 miljoen soldate en 40 miljoen burgers.<ref name="WWII: C&C">{{en}} [http://web.jjay.cuny.edu/~jobrien/reference/ob62.html accessdate=2007-04-20 ''World War II: Combatants and Casualties (1937–1945)''].</ref><ref>{{en}} [http://users.erols.com/mwhite28/warstat1.htm#Second ''Source List and Detailed Death Tolls for the Twentieth Century Hemoclysm'']. Verkry op 2007-04-20.</ref><ref>{{en}} [http://www.secondworldwar.co.uk/casualty.html ''World War II Fatalities'']. Verkry op 2007-04-20.</ref> Baie burgers het gesterf as gevolg van siekte, verhongering, massamoorde en volksmoorde. Van die totale sterftes tydens die Tweede Wêreldoorlog, was 'n beraamde 85% aan die Geallieerdes se kant (meesal Sowjets en Sjinees) en 15% aan die kant van die Spilmoondhede. Een benadering is dat 12 miljoen burgers in Duitse konsentrasie en verdelgingskampe gesterf het (insluitende nie-Joodse slagoffers), 1,5 miljoen slagoffers deur bomaanvalle gedood is en 7 en 7,5 miljoen in Europa en Sjina, respektiewelik, as gevolg van ander oorsake.<ref>{{en}} J. M. Winter, "Demography of the War", in Dear and Foot, red., ''Oxford Companion to World War'', bl. 290.</ref> Presiese syfers vir die aantal sterfgevalle verskil aansienlik, siende dat die oorgrote meerderheid van die sterftes nie aangeteken is nie. === Verdelgingskampe en slawerny === [[Lêer:Ebensee concentration camp prisoners 1945.jpg|duimnael|links|250px|Mishandel en honger gevangenes in die Mauthausen kamp, Oostenryk, 1945.]] Die [[Sjoa]] (holocaust) was die uitmoring van ongeveer ses miljoen Europese Jode, asook 3 tot 5 miljoen ander mense wat beskryf is "lewens wat nie lewe werd is nie".<ref>{{en}} [http://history1900s.about.com/library/holocaust/aa081997.htm ''Holocaust Glossary'']. Verkry op 8 Maart 2008.</ref> Dit was deel van 'n doelbewuste uitwissingsprogram wat beplan en uitgevoer is deur die Nasionale Sosialistiese regering in Duitsland onder leiding van [[Adolf Hitler]]. Naas die Nazi-[[konsentrasiekamp]]e, het die Sowjetse [[Goelag]], of [[arbeidskamp]]e, die dood van burgers van besette lande soos [[Pole]], [[Litaue]], [[Letland]] en [[Estland]] tot gevolg gehad, asook Duitse krygsgevangenes en selfs Sowjetse burgers wat ondersteuners (of beweerde ondersteuners) van die Nazi-regering was. Japannese gevangenekampe het ook hoë sterfgetalle gehad: baie was gebruik as arbeidskampe en die verhongeringstoestande tussen Amerikaanse, Britse, Australiese en ander gevangenes uit die [[Britse Statebond|Statebond]] was nie veel beter as dié wat in Duitse kampe geheers het nie. Een benadering stel voor dat 3,5 miljoen Sowjetse krygsgevangenes tydens die oorlog oorly het.<ref>{{en}} [http://www.historynet.com/wars_conflicts/world_war_2/3037296.html ''Soviet Prisoners of War: Forgotten Nazi Victims of World War II'']. Verkry op 8 Maart 2008.</ref> Die geskiedkundige Richard Overy gee 'n getal van 5,7 miljoen Sowjetse krygsgevangenes, waarvan 57% gesterf het of vermoor is.<ref>{{en}} Richard Overy: ''The Dictators Hitler's Germany, Stalin's Russia'' bl. 568–569.</ref> Volgens 'n gesamentlike studie deur geskiedkundiges, insluitende Zhifen Ju, Mark Peattie, Toru Kubo en Mitsuyoshi Himeta, is meer as 10 miljoen Sjinese deur die Japannese leër gemobiliseer en as slawe gebruik in Mantsjoerye en Noord-Sjina.<ref>{{en}} Zhifen Ju, "''Japan's atrocities of conscripting and abusing north China draftees after the outbreak of the Pacific war''", 2002</ref> Volgens Mitsuyoshi Himeta het ten minste 2,7 miljoen Sjinese gesterf as gevolg van generaal Jasoesji Okamoera se verskroeide aarde-beleid, die ''Sanko sakusen''. Op [[19 Februarie]] [[1942]] het Roosevelt die Uitvoerende Bevel 9066 onderteken, wat gelei het tot die internering van ongeveer 150 000 Amerikaanse Japannese en 11 000 Amerikaanse Italianers en Duitsers, asook sommige emigrante van Hawaiï wat gevlug het na die bombardering van [[Pearl Harbor]]. === Chemiese en bakteriologiese wapens === Ondanks die internasionale verdrae en 'n besluit geneem deur die [[Volkebond]] op [[14 Mei]] [[1938]], wat die gebruik van giftige gasse deur Japan sterk afgekeur het, het die Keiserlike Japannese Leër dikwels chemiese wapens gebruik. Uit vrees vir vergelding vanaf die Weste, is die wapens slegs teen ander Asiatiese lande gebruik wat as "ondergeskik" beskou was deur keiserlike propaganda. Volgens die geskiedkundiges Yoshiaki Yoshimi en Seiya Matsuno, is die goedkeuring vir die gebruik van chemiese wapens deur spesifieke bevele van [[Hirohito]] self gegee. Die keiser het byvoorbeeld die gebruik van giftige gasse op 375 verskeie geleenthede tydens die inval van Wuhan (Augustus tot Oktober 1938) goedgekeur. Baie eenhede wat deel van die Japannese leër was het met bakteriologiese wapens op mense geëksperimenteer, insluitende die berugte [[Eenheid 731]], wat in 1939 volgens keiserlike bevel by die Kwantoeng-leër ingelyf is. Sulke wapens is hoofsaaklik in Sjina gebruik en, volgens sommige Japannese oorlogsveterane, teen Mongoolse en Sowjetse soldate in 1939 tydens die Slag van Halhin Gol( (1939).<ref>{{en}} Hal Gold, ''Unit 731 testimony'', bl. 64–65, 1996.</ref> Volgens sommige dokumente wat in 2004 in die Australiese nasionale argiewe deur Yoshiaki Yoshimi en Yuki Tanaka gevind is, is [[sianied]]gas op Australiese en Nederlandse gevangenes getoets op die Kai-eilande in November 1944.<ref>{{en}} [https://archive.is/20120529003741/search.japantimes.co.jp/member/nn20040727a9.html ''Japan tested chemical weapon on Aussie POW: new evidence'']. In die The Japan Times, 2007-06-10. Verkry op 2007-07-27.</ref> === Bombarderings === Massiewe strategiese lugbombardering deur beide die Geallieerdes en die Spilmoondhede het die lewens van honderde duisende burgers gekos. Anglo-Amerikaanse bombardering van Duitsland het tot 600 000 burgerlewens vernietig,<ref>{{en}} [http://www.guardian.co.uk/elsewhere/journalist/story/0,,1068437,00.html ''Germany's forgotten victims''] in ''The Guardian''.</ref> met die bombardering van [[Dresden]] wat tussen 24 000 and 40 000 lewens geëis het. Die [[Engeland|Engelse]] stad [[Londen]] het is ook deur die Duitse ''[[Luftwaffe]]'' gebombardeer tussen September 1940 en Mei 1941, as deel van hul ''Blitz''-aanval op Brittanje; tydens een strek is die stad vir 57 opeenvolgende aande gebombardeer. Die Tweede Wêreldoorlog het ook die eerste en (tot sover) enigste gebruik van [[kernwapen]]s tydens stryd gesien: twee atomiese wapens is deur die Verenigde State van Amerika op die Japannese stede, [[Hirosjima]] en [[Nagasaki]], laat val. 'n Beraamde 200 000 mense het as gevolg van hierdie twee aanvalle gesterf.<ref>{{en}} [http://www.atomicarchive.com/Docs/MED/med_chp10.shtml ''The Atomic Bombings of Hiroshima and Nagasaki'']</ref> === Oorlogsverhore === Van 1945 tot 1951 is Duitse en Japannese amptenare en personeel vir oorlogsmisdade aangekla. Aanklagtes het misdade teen vrede, misdade teen die mensdom, die voer van aanvalsoorloë en ander misdade ingesluit. Die mees senior Duitse amptenare was verhoor tydens die [[Neurenberg-verhore]] en baie Japannese amptenare by die Oorlogsmisdaadverhoor van Tokio en ander verhore in die Asië-Pasifiese gebied. Baie minder-senior amptenare was skuldig verklaar in kleiner verhore, insluitende opvolgende verhore deur die Nuremberg-geregsbank, die [[Dachau]]-verhore en die Chabarowsk-verhore. * Sien ook: [[Japannese oorlogsmisdade]] == Notas == <references group="n" /> == Verwysings == : ''Hierdie artikel is grotendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia artikel, [[:en:Special:PermanentLink/138200043|"World War II"]].'' <div style="font-size:90%;"> {{Verwysings|3}} </div> == Bronnelys == {{refbegin}} * {{en}} Arthur, Max. ''Forgotten Voices of the Second World War'', Ebury Press (2005) ISBN 978-0-09-189735-2 * {{en}} Bauer, E. Lt-Colonel. ''The History of World War II'', Orbis (2000) General Editor: Brigadier Peter Young; Consultants: Brigadier General James L. Collins Jr., Correli Barnet. (1 024 bladsye) ISBN 1-85605-552-3 * {{en}} Churchill, Winston S. ''The Second World War''. (6 volumes). (1948–1953). ISBN 978-0-395-41685-3 * {{en}} I.C.B. Dear en M.R.D. Foot, eds. ''The Oxford Companion to World War II'' (1995), 1300 page encyclopedia covering all topics * {{en}} Ellis, John. ''Brute Force: Allied Strategy and Tactics in the Second World War'' (1999) * {{en}} Gilbert, Martin. ''Second World War'' (1995) * {{en}} Mark Harrison. "Resource Mobilization for World War II: The U.S.A., UK, U.S.S.R., and Germany, 1938–1945" in ''The Economic History Review,'' Vol. 41, No. 2. (May, 1988), bl. 171–192. [http://links.jstor.org/sici?sici=0013-0117%28198805%292%3A41%3A2%3C171%3ARMFWWI%3E2.0.CO%3B2-7 in JSTOR] * {{en}} Keegan, John. ''The Second World War'' (1989) * {{en}} Jon Latimer. ''Burma: The Forgotten War'', London: John Murray, (2004) * {{en}} [[B. H. Liddell Hart | Liddell Hart]], Sir Basil. ''History of the Second World War'' (1970) * {{en}} Murray, Williamson en Millett, Allan R. ''A War to Be Won: Fighting the Second World War'' (2000) * {{en}} Overy, Richard. ''Why the Allies Won'' (1995) * {{en}} Shirer, William L. ''The Rise and Fall of the Third Reich'', Simon & Schuster. (1959). ISBN 0-671-62420-2. * {{en}} Smith, J. Douglas en Richard Jensen (2003). ''World War II on the Web: A Guide to the Very Best Sites''. ISBN 0-8420-5020-5. * {{en}} Weinberg, Gerhard L., ''A World at Arms: A Global History of World War II'' (2005) ISBN 0-521-44317-2 * {{en}} Cesare Salmaggi & Alfredo Pallavisini (1977). ''2194 Days of War.'' Windward: Londen. {{refeindig}} == Eksterne skakels en verdere leesstof == {{CommonsKategorie|World War II|Tweede Wêreldoorlog}} ; Algemeen * {{en}} [http://www.ww2db.com/ Databasis van die Tweede Wêreldoorlog.] * {{de}} [http://www6.dw-world.de/en/worldwarII.php Die Deutsche Welle se spesiale afdeling oor die Tweede Wêreldoorlog.] * {{en}} [http://www.wwii.ca/ Kanada en die Tweede Wêreldoorlog] * {{de}} [http://www.historisches-centrum.de/index.php?id=427 Die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Duitsland] – inligting oor die aanval by die Ruhr-verdedigingskol. * {{en}} [http://www.history.com/encyclopedia.do?articleId=226140 Die Tweede Wêreldoorlog], by die webwerf van history.com. ; Media * {{en}} [http://www.archives.gov/research/ww2/ Foto's uit die Nasionale Argiewe van die V.S.A.] * {{en}} [http://english.pobediteli.ru/ ''Multimedia map of the war''] — 'n Voorstelling wat die oorlog dek vanaf die inval van die Sowjetunie tot die val van Berlyn. * {{en}} [http://warphotos.basnetworks.net/World_War_Two/ Duisende foto's en video-uitreksels van die Tweede Wêreldoorlog] * {{en}} [http://museumofworldwarii.com/ Die virtuele ''Museum of World War II''] — met beelde en inligting * {{en}} [http://digital.library.unt.edu/search.tkl?type=collection&q=WWII Plakkate uit die Tweede Wêreldoorlog] beskikbaar gestel deur die Universiteit van Texas se [http://digital.library.unt.edu/ digitale versameling]. ; Verhalende webwerwe * {{en}} [http://www.gurdjieff-legacy.org/70links/bk_voices2.htm ''Voices in the Dark''] — Beskrywings van die lewe in 'n Nazi-besette Parys. * {{en}} [http://www.bbc.co.uk/dna/ww2/ ''WW2 People's War''] — 'n Projek deur die BBC om die verhale van gewone mense tydens die oorlog te vergader. * {{en}} [http://www.wilhelm-radkovsky.de/ ''Memories of Leutenant d.R. Wilhelm Radkovsky 1940–1945''] – Ervarings van 'n Duitse soldaat op die oosterse en westerse front. * {{en}} [http://www.warsawuprising.com/ www.warsawuprising.com] – Die Warskou Opstand van 1944. ; Dokumentêre programme * {{en}} ''The World at War'' (1974) is 'n 26-delige reeks deur ''Thames Television'' wat die meeste aspekte van die Tweede Wêreldoorlog vanuit verskillende perspektiewe dek. Dit bevat onderhoude met baie sleutelfigure, soos [[Karl Dönitz]], [[Albert Speer]], [[Anthony Eden]], ens. ([http://www.imdb.com/title/tt0071075/ Imdb-skakel]) * {{en}} ''The Second World War in Colour'' (1999) is 'n dokumentêre reeks wat drie episodes beloop het en unieke beeldmateriaal in kleur wys. ([http://www.imdb.com/title/tt0212694/ Imdb-skakel]) All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=1836932.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|