Difference between revisions 1836932 and 1836936 on afwiki[[Lêer:Honda_Aqua_Trax_F-12x_turbo.jpg|thumb|center|600px|Honda Aqua Trax F-12x turbo]] [[Lêer:Jeep-CJ.jpg|duimnael|links|280px]] [[Lêer:'46 Jeep CJ (Auto classique Laval '10).jpg|duimnael|regs|1946 Jeep CJ]] [[Lêer:Green Highlander salmon fly.jpg|duimnael|regs|''Green Highlander'' is 'n kunsvlieg wat goed werk vir salm.]] {{reg}} {{verkeerd}} [[en:User:Aliwal2012/sandbox]] [[nso:Mošomi:Aliwal2012/sandpit]] ----------------------------------- {{clr}}⏎ ⏎ === Oorlog breek uit in Asië === ==== Chinese en Suid-Asiatiese veldtogte ==== [[Lêer:Japanese Empire2.png|regs|duimnael|Die Japannese Ryk se gebied tydens die ryk se piek.]] Op [[3 Desember]] [[1941]] het die opperbevel van die Japannese militêre magte aan generaal Jasoesji Okamoera<!--Yasuji Okamura--> die gesag gegee om die ''sanko sakusen'' of "drie alles"-beleid te implementeer.<ref>{{en}} Bix, Herbert. ''Hirohito and the Making of Modern Japan'', 2000, p.366</ref> Dié beleid was 'n verskroeide-aarde-beleid en die "drie alles" beteken "maak alles dood", "verbrand alles" en "buit alles". Vier dae later is die Groter Oos-Asiatiese Oorlog geloods (ook bekend as die Pasifiese Oorlog). Minder as 24 uur na die Aanval op Pearl Harbor het Japan [[Hong Kong]] ingeval. Nie lank daarna nie was die [[Filippyne]] en die [[Britse Ryk|Britse kolonies]] [[Maleisië]], [[Borneo]] en [[Mianmar]] aan die beurt: die Japannese was vasberade om die olievelde van Nederlands-Oos-Indië in te neem. Ten spyte van versetting deur die Filippynse, Australiese, Nieu-Seelandse, Britse, Kanadese, Indiese en Amerikaanse troepe, het hierdie gebied binne enkele maande in Japan se hande geval. Op [[15 Februarie]] [[1942]] teken Britse generaal [[Arthur Ernest Percival]] 'n dokument wat die onmiddellike en onvoorwaardelike oorgawe van [[Singapoer]] en die garnisoen daar aan generaal [[Tomojoeki Jamasjita]] belowe. Ongeveer 70 000 Britse, Indiese en Australiese troepe word gevangene geneem.<ref name="DaysofWar">{{en}} Cesare Salmaggi & Alfredo Pallavisini (1977). 2194 Days of War. Windward: Londen.</ref> [[Lêer:Changde battle.jpg|duimnael|links|Die Slag van Changde, wat ook die Stalingrad van die Ooste genoem is. Sjina en Japan het 'n gekombineerde totaal van 100 000 soldate in hierdie slag verloor.]] Ná die aanval op [[Pearl Harbor]] het Japan het 'n grootskaalse offensief in Sjina geloods. Die doel van die offensief was om die strategies belangrike stad Chande in te neem; die Japannese het reeds twee keer tevore gefaal in hulle pogings om hierdie stad in te neem. Japan het 120 000 soldate in vier divisies byeengebring vir hierdie aanval. Die Sjinese het met 300 000 man geantwoord en die Japannese leër was gou omsingel en geforseer om terug te beweeg. Die Chinese Nasionalistiese Kwomintang-leër, onder bevel van [[Tsjiang Kai-sjek]], en die Kommunistiese Chinese Leër, onder bevel van Mao Zedong, het beide die Japannese besetting van China teëgesit, maar nooit werklik teen die Japannese saamgewerk nie. Konflik tussen die Nasionalistiese en Kommunistiese magte het lank voor die oorlog in aanvang geneem; dit het ook ná, en tot 'n sekere mate ook tydens, die oorlog voortgeduur, alhoewel toe minder openlik. Die Japannese het die oorgrote gedeelte van [[Birma]] ingeneem en die Birmaweg (wat die land met China verbind) afgesny, met die gevolg dat die Westerse Geallieerdes die Chinese Nasionaliste nie meer van voorraad kon voorsien nie. Hierdie verlies het die Geallieerdes forseer om 'n groot lugbrug tussen Indië en China te skep en in stand te hou. Vlieëniers het na hierdie brug as "The Hump" verwys. Onder bevel van die Amerikaanse Generaal, Joseph Stilwell, is die Chinese troepe in Indië opnuut opgelei en toegerus, terwyl voorbereidings getref is om die Ledo-weg vanuit Indië te neem as 'n plaasvervanger vir die Birmaweg. Hierdie poging was uiteindelik 'n enorme ingenieurstaak. [[Lêer:Subhas Chandra Bose.jpg|duimnael|regs|130px|[[Subhash Chandra Bose|Netaji Subash Chandra Bose]] het die Indiese Nasionale Leër teen die Geallieerdes gelei in Imphal en Birma.]] In April 1944 het die Japannese Operasie ''Ichi-Go'' geloods, met die doel om die spoorwegroete tussen Peking en Nanking te beveilig en om alle Amerikaanse vliegvelde onder die beheer van Generaal Chennault in die suidelike deel van Sjina in te neem.<ref>{{en}} Keegan, John. ''The Second World War''. 1989. bl. 548.</ref> Die operasie was suksesvol: 'n aaneenlopende deurgang tussen Peking en Indo-Sjina is geopen en die vliegvelde was geforseer om na die binneland te skuif. Die operasie het egter gefaal om die leër van [[Tsjiang Kai-sjek]] te oorwin en die Amerikaners het beheer van die Mariana-eilande in die Stille Oseaan gekry, waarvandaan hulle die [[Japanse Argipel|Japannese Tuiseilande]] kon bombardeer. Terwyl die Amerikaners stadig maar seker die Ledo-weg van Indië na China gebou het, het die Japannese in Maart 1944 hulle eie offensief op Indië geloods, wat in die tyd nog 'n Britse kolonie was. Die "Mars na Delhi" was deur Nejati Subhas Chandra Bose in werking gestel:<ref>{{en}} Peter Ward Fay, ''The Forgotten Army: India's Armed Struggle for Independence 1941–1945''.</ref> Bose was die bevelvoerder van die Indiese Nasionale Leër, 'n mag wat saamgestel is uit krygsgevangenes uit die Brits-Indiese Leër wat deur die Japannese gevangene geneem is. Chandra het 'n alliansie met die Nazi-party ('n geallieerde van Japan) gesoek om ontslae te raak van die koloniale heersers van Indië en só die land se onafhanklikheid te verkry.<ref>{{en}} ''Modern India'' deur Sumit Sarkar. Macmillan. Bl 418-423.</ref> Die Japannese het gepoog om die hoofmagte van die Britte en Indiërs by Imphal te vernietig. Terwyl die Geallieerde troepe egter telkens deur lugvervoer versterk is en van voorraad voorsien is, het die Japannese troepe se voorraad opgeraak (gedeeltelik te wyte aan stortreëns) en het hulle verhonger. Die oorblywende troepe het mettertyd teruggetrek, ná 'n verlies van 85 000 soldate, een van die grootste Japannese nederlae van die oorlog. Tydens die [[moeson]], wat van Augustus tot November 1944 geduur het, is die Japannese tot by die Chindwin-rivier in Birma agtervolg. Met die aanvang van die droë seisoen in die begin van 1945 het die Amerikaanse en Sjinese magte uiteindelik die Ledo-weg voltooi, alhoewel dit te laat was om enige beslissende effek te hê. Terselfdertyd het die Britse Veertiende Leër, wat uit Indiërs, Britte en Afrikane bestaan het, 'n offensief op Sentraal-Birma geloods. Die Japannese magte daar het 'n hewige nederlaag gely en die Geallieerdes het hulle na die suide gevolg, waar hulle Rangoon op [[2 Mei]] [[1945]] ingeneem het. ==== Slag van die Stille Oseaan ==== [[Lêer:Burning ships at Pearl Harbor.jpg|duimnael|regs|Die Amerikaanse slagskepe ''West Virginia'' en ''Tennessee'' word aangeval by [[Pearl Harbor]].]] Hitler het sy plan om die Sowjetunie in te val nie met Japan gedeel nie. Die Sowjetunie, wat 'n oorlog op twee verskillende fronte gevrees het, het besluit om vrede met Japan te sluit. Op [[13 April]] [[1941]] het die Sowjetunie en Japan die Sowjets-Japannese Neutraliteitsverdrag onderteken, wat die Japannese toegelaat het om hulle aandag op die komende oorlog in die Asiatiese-Pasifiese streek te vestig. In die somer van 1941 het die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en Nederland 'n olie-embargo teen Japan geloods, wat gedreig het om dié land van sy vermoë te ontneem om 'n grootskaalse oorlog op die see of in die lug te voer. Japannese magte het egter hulle opmars na China voortgesit. Japan het 'n aanval op [[Pearl Harbor]] beplan om die Amerikaanse Stille Oseaan-vloot te verswak en dan die olievelde in Nederlands-Indië in beslag te neem. Op [[7 Desember]] het Japan amper terselfdertyd drie verrassingsaanvalle op [[Pearl Harbor]], [[Thailand]] en die Britse gebiede van [[Maleia]] en [[Hongkong]] geloods. 'n Japannese vragvloot het die onverwagte aanval op Pearl Harbor geloods. Die oorval het die meeste van die Amerikaanse vliegtuie daar vernietig en het die hoof Amerikaanse slagvloot buite aksie gestel: drie slagskepe was gekelder en vyf ander was hewig beskadig. Die hoofdok, voorraad- en werkswinkels is egter gou herstel. Die basis se brandstofvoorraadfasiliteite was onbeskadig gelaat, ironies genoeg kon die verlies van hierdie fasiliteite die hele vloot in die Stille Oseaan belemmer. Die aanval het die Amerikaanse publiek verenig in hul begeerte om wraak te neem op Japan. Die volgende dag, op [[8 Desember]], het die Verenigde State (en die Verenigde Koninkryk) oorlog teen Japan verklaar. [[Lêer:Yamamoto-Isoroku.jpg|duimnael|links|Admiraal [[Isoroku Yamamoto]], die bevelvoerder van die Japannese Vloot, 1939–43.]] Tegelyk met die aanval op Hawaiï, het die Japannese ook [[Wake-eiland]] aangeval, 'n Amerikaanse gebied in die Stille Oseaan. Die aanvanklike landingspoging was deur die Amerikaanse Vloot teruggedryf en die weerstand het tot [[23 Desember]] aangehou. Die Japannese het versterkings gestuur en die Amerikaanse garnisoen het oorgegee toe dit duidelik word dat daar geen Amerikaanse aflossingstroepe onderwerg was nie. Japan het ook die Filippyne, 'n Amerikaanse Gemenebes, op 8 Desember ingeval. Amerikaanse en Filippynse magte, onder die bevel van generaal Douglas MacArthur, was geforseer om terug te trek na die Bataanse Skiereiland. Volgehoue versetting het tot April aangehou, wat die Geallieerdes kosbare tyd besorg het. Na hulle uiteindelike oorgawe, was die oorblywende Amerikaanse en Filippynse troepe op die [[Bataanse Dodemars]] gelei. Geallieerde versetting het vir nóg 'n maand volgehou op die eilandvestiging, [[Corregidor]], maar het ook uiteindelik oorgegee. Generaal MacArthur, wat op bevel na Australië teruggetrek het, het gesweer "Ek sal terugkeer".<ref>{{en}} [http://www.pbs.org/wgbh/amex/macarthur/filmmore/reference/primary/macspeech02.html MacArthur's Speeches: "I Shall Return."], besoek op 28 Februarie 2007.</ref> Die Britse vloot is swaar getref toe hulle op [[10 Desember]] twee belangrike slagskepe, ''HMS Prince of Wales'' en ''HMS Repulse'', verloor het. Beide skepe is deur 85 Japannese bomwerpers en torpedovliegtuie aangeval; die aanvallende vliegtuie was in Saigon gebaseer en 840 Britse matrose het omgekom. Winston Churchill het oor dié gebeurtenis gesê: "In die hele oorlog het ek nooit 'n meer direkte skok gekry nie".<ref>{{en}} [http://www.american-partisan.com/cols/2002/ww2/qtr1/0111.htm Sixty Years Ago: Reaction to the Attack on Pearl Harbor]. Oorspronklike Engelse aanhaling: ''"In all of the war I have never received a more direct shock."''.</ref> Duitsland het op [[11 Desember]] oorlog verklaar teen die Verenigde State, alhoewel dit nie deur die [[Driesydige Verdrag]] vereis was nie. Hitler het gehoop dat Japan Duitsland sou ondersteun deur die Sowjetunie aan te val. Dit was egter nie die geval nie: Japan het 'n nie-aanvalsverdrag onderteken en het verkies om op die uitbreiding van die Japannese Ryk na China, Suidoos-Asië en die Stille Oseaan-gebied te fokus. In plaas daarvan dat Duitsland se oorlogsverklaring 'n tweede front na die USSR geopen het, het dit eerder daarin geslaag om enige opposisie in die Verenigde State oor húl deelname aan die oorlog te stil. [[Lêer:Japanese Empire (orthographic projection).svg|duimnael|250px|Die Japannese koloniale ryk in sy grootste uitbreiding in 1942.]] Die Geallieerdes was amptelik op [[1 Januarie]] [[1942]] gevorm in die [[Verklaring deur Verenigde Nasies]]. Die American-British-Dutch-Australian Command ("Amerikaanse-Britse-Nederlandse-Australiese Kommando") of ABDACOM was gestig om die Geallieerde magte in Suidoos-Asië te verenig. Dit was die eerste Geallieerde opperbevel van die oorlog. ABDACOM se vloot was egter byna vernietig in die [[Slag in die Javasee]]: op daardie tydstip in die oorlog was dit die grootste seeslag van die oorlog en het geduur vir twee dae, vanaf 28 Februarie tot 1 Maart. Die gesamentlike bevel was kort daarna opgeskort en vervang deur drie Geallieerde opperbevelvoerders in die suide van Asië en die Stille Oseaan-gebied. In April het die Doolittle-inval, die eerste Geallieerde lugaanval op [[Tokio]], die moraal in die Verenigde State 'n hupstoot gegee en veroorsaak dat Japan sy hulpmiddels gebruik het om eerder op tuisverdediging te konsentreer. Die aanval self het egter min fisiese skade berokken. [[Lêer:SBD-3 Dauntless bombers of VS-8 over the burning Japanese cruiser Mikuma on 6 June 1942.jpg|duimnael|links|250px|Die [[Slag van Midway]], Junie 1942.]] Vroeg in Mei het die Japannese ''Mo Sakusen'' (Operasie Mo) geïmplementeer: 'n plan waarvolgens hulle [[Port Moresby]] in [[Nieu-Guinee]] sou inneem. Die eerste fase van die plan was egter deur die Verenigde State en Australië se vlote gekortwiek, tydens die [[Slag van die Koraalsee]]. Hierdie slag was beide die eerste slag geveg deur [[vliegdekskip|vliegdekskepe]] en die eerste slag waar die teenpartye nooit direkte visuele kontak gemaak het nie. Die Amerikaanse vliegdekskip, ''USS Lexington'', was gekelder en die ''USS Yorktown'' was erg beskadig, terwyl die Japannese hulle ligte vliegdekskip, ''Shoho'', verloor het en hul groter ''Shokaku'' matige skade gely het. Die Japannese vliegdekskip ''Zuikaku'' het die helfte van haar vrag (vliegtuie) verloor en kon, saam met ''Shokaku'', nie aan die naderende [[Slag van Midway]] in die [[Stille Oseaan]] deelneem nie. Die slagveld was 'n taktiese oorwinning vir Japan, aangesien hulle meer skade berokken het as wat hulle self ervaar het, maar dit was weer 'n strategiese oorwinning vir Amerika, siende dat die beplande Japannese aanval op Port Moresby voorkom is. In die ses maande ná die aanval op Pearl Harbor het die Japannese byna al hulle skeepsdoelwitte bereik. Hulle vloot van elf slagskepe, tien vliegdekskepe, agtien swaar en twintig ligte kruisers het relatief ongeskonde gebly. Hulle het daarin geslaag om al die Amerikaanse slagskepe in die Stille Oseaan te kelder of erg te beskadig. Die Britse en Nederlands-Oosterse vlote was vernietig en die Koninklike Australiese Vloot was terug na die hawe gedryf.<ref>{{en}} Keegan, John. ''The Second World War.'' 1989. bl. 267.</ref> Die Japannese oorwinnings het berus by 'n verdedigende buitegrens van hul keuse, wat gestrek het van die middel van die Stille Oseaan, tot by Nieu-Guinee en verder tot by Birma. [[Lêer:Cairo conference.jpg|duimnael|250px|Die Geallieerdes van die Asiese en Stille Oseaan Teaters: Generalissimo [[Tsjiang Kai-sjek]], Franklin D. Roosevelt, en Winston Churchill wat by die [[Kairo Konferensie]] ontmoet in 1943.]] Die enigste gewigtige strategiese opposisie wat tot die Geallieerdes se beskikking was, was die vlootbasis by Pearl Harbor, insluitende die Amerikaanse Stille Oseaan-vloot se drie vliegdekskepe. Beide kante het 'n bepalende veldslag tussen vliegdekskepe as onvermydelik beskou en die Japannese was vol vertroue dat hulle getallevoordeel, 10 vliegdekskepe in vergelyking met die Geallieerdes se 3, hulle die deurslag sou gee.<ref>{{en}} Keegan, John. ''The Second World War''. bl. 268.</ref> Japan het ook die uitstekende vliegdekskip-gebaseerde vegvliegtuig [[Mitsubishi A6M Zero]] tot hul beskikking gehad. Hulle het 'n taakmag na [[Midway-atol]] gestuur, 'n losliggende deel van die Hawaiïese Eilande, met die doel om die oorblywende Amerikaanse vloot in 'n geveg te lok. Op [[5 Junie]] het die Amerikaanse duikbomwerpers (wat op die vliegdekskepe gebaseer was) die Japannese mag waargeneem en daarin geslaag om vier van Japan se beste vliegdekskepe te kelder tydens die [[Slag van Midway]]. In ruil het hulle een vliegdekskip, Yorktown, verloor. Dit was 'n reuse oorwinning vir die Verenigde State en het 'n keerpunt in die oorlog in die Stille Oseaan aangedui. Die spoed waarmee Amerikaners skepe en vliegtuie vervaardig het, het die Japannese vermoëns oorskry en Japan het nie weer dieselfde getallevoordeel geniet nie. In Julie het Japan weer Port Moresby in hul visier gehad, maar het die keer gepoog om die stad met landmagte in te neem. Hulle het die Kokoda-pad geneem, 'n beboste voetpad waar soldate agter mekaar moes loop en wat hulle deur die oerwoud en berge geneem het. 'n Australiese reserwe mag, onopgeleid, swak voorsien en in die minderheid, het daar vir eenhede vanuit Noord-Afrika en die Amerikaanse leër gewag. Hulle het 'n vegtende terugtrekking teen die 5000 Japannese gevoer. Op [[7 Augustus]] het die Amerikaanse Vloot die [[Slag van Guadalcanal]] begin. Vir die volgende ses maande het die Amerikaanse magte die Japannese magte om beheer van die eiland geveg. In die tussentyd het hulle vlote vurige ontmoetings in die nabye waters gehad, insluitende die [[Slag van Savo-eiland]], die [[Slag van Cape Esperance]], die [[Seeslag van Guadalcanal]] en die [[Slag van Tassafaronga]]. Laat Augustus en vroeg September, terwyl die slagvelde op die Kokoda-pad en Guadalcanal voortgewoed het, is 'n aanval deur die Japannese seesoldate by die oostelike punt van Nieu-Guinee deur Australiese magte verslaan. Hierdie [[Slag van Milne Bay]] was die eerste nederlaag vir Japannese landmagte tydens die Pasifiese Oorlog. Op [[22 Januarie]], ná 'n strawwe slagveld by Bona en Guna, het Australiese en Amerikaanse magte die belangrikste Japannese strandhowe in die ooste van Nieu-Guinee teruggeneem. Amerikaanse gesagvoerders het Guadalcanal op [[9 Februarie]] as beveilig verklaar. Magte uit Nieu-Seeland, Australië en die Pasifiese Eilande het die verlengde taak onderneem om besette dele van die Solomon-eilande, Nieu-Guinee en die Nederlands-Oos-Indië terug te neem, waartydens hulle van die sterkste versetting tydens die oorlog ervaar het. Die res van die eilande was in 1943 ingeneem. [[Lêer:B-29s dropping bombs.jpg|regs|duimnael|Die Amerikaanse lugmag het Japan aangeval deur massiewe brandbomme op Japannese stede te laat val.]] Op [[30 Junie]] het die Geallieerdes [[Operasie Cartwheel]] geloods, 'n groot strategie vir die suide en suidweste van die Stille Oseaan, wat daarop gemik was om die belangrike Japannese basis by Rabaul (in Nieu-Guinee) te isoleer en van daar van eiland tot eiland te beweeg tot hulle Japan bereik. Drie hoofdoelwitte is geïdentifiseer: herowering van [[Tulagi]] en die [[Santa Cruz-eilande]]; herowering van die noordkus van Nieu-Guinee en die sentrale Solomon-eilande en die verswakking van die basis by Rabaul en ander verwante basisse. Teen September het Australiese en Amerikaanse magte in Nieu-Guinee die belangrike Japannese basisse by Salamaua en Lae ingeneem. Kort daarna het hulle die Huon Peninsula-veldtog geloods, asook die Finisterre Range-, Bougainville- en New Britain-veldtogte. Al hierdie veldtogte het in die omgewing van Nieu-Guinee plaasgevind en was gemik teen Japannese magte. In November het die Amerikaanse vloot die [[Slag van Tarawa]] gewen; dit was die eerste amfibiese aanval op die Pasifiese oorlogstoneel. Die hoë aantal sterfgevalle aan die Amerikaanse kant het hewige protes in die Verenigde State uitgelok: dit was onverstaanbaar dat die groot verlies aan menselewens nodig was vir so 'n klein en skynbaar onbelangrike eiland. Die Geallieerdes het 'n nuwe beleid aanvaar en sonder meer Japannese eilandvestigings verbygesteek: die Japannese troepe daar was afgesluit van voorraadaanvulling en kon ook nie deur versterkingstroepe verlos word nie. Die Geallieerde vooruitgang in die Stille Oseaan het aangehou met die inname van die [[Marshall-eilande]] voor die einde van Februarie 1944. Sowat 42 000 Amerikaanse soldate en seesoldate het op [[31 Januarie]] op die [[Kwajalein]]-atol geland. Die [[Slag van Kwajalein]] het daar plaasgevind en die eiland is op [[6 Februarie]] ingeneem. Daarna het die Amerikaanse Vloot die Japannese in die [[Slag van Eniwetok]] verslaan. Die strategiese doelwit van die Verenigde State was om lugbasisse in te win wat binne bombarderingsafstand was van die [[Boeing B-29 Superfortress]]-bomwerpers op die Mariana-eilande, veral [[Saipan]], [[Tinian]] en [[Guam]]. Op [[11 Junie]] het die Amerikaanse vloot Saipan, wat deur 72 000 Japannese troepe verdedig is, gebombardeer. 77 000 seesoldate het vanaf die 15de daar voet aan wal gesit en die eiland was teen [[9 Julie]] beveilig. Japan het 'n groot deel van sy verswakkende vloot in die [[Slag van die Filippynse See]] (19 – 20 Junie) gebruik, maar het hewige vliegtuig- en skeepsverliese gely. Ná hierdie slagveld was Japan se vliegdekskipmag nie meer militêr effektief nie. Met die inname van Saipan was Japan ook uiteindelik binne bereik van die B-29-bomwerpers. [[Guam]] is op [[21 Julie]] ingeval en op [[10 Augustus]] ingeneem, maar die Japannese het verwoed teruggeveg: opruimingsoperasies het lank na die amptelike einde van die veldslag voortgeduur. Tinian-eiland was op [[24 Julie]] ingeval en op [[1 Augustus]] ingeneem. [[Napalm]] is vir die eerste keer in die oorlog tydens hierdie operasie gebruik.<ref>{{en}} Foot, I.C.B. (2005). ''The Oxford Companion to World War II''. Oxford University Press. bl. 118.</ref> Generaal MacArthur se troepe het die [[Filippyne]] bevry, ná hulle op [[20 Oktober]] op [[Leyte]]-eiland geland het. Die Japannese het hulle voorberei vir 'n strawwe verdediging en het hulle laaste vlootmagte gebruik in 'n mislukte poging om die invallende magte tydens die [[Slag van Leyte Golf]] te vernietig. Die seeslag het van [[23 Oktober|23]] tot [[26 Oktober]] [[1944]] geduur en word beskou as een van die grootste seeslagte in die geskiedenis. Dit was ook die eerste slag wat Japannese [[kamikaze]]-aanvalle gesien het. Tydens die slag is die Japannese slagskip ''Musasji'', een van die twee grootste slagskepe wat ooit gebou is, deur 19 Amerikaanse torpedo's en 17 bomme gekelder. Deur 1944 het Geallieerde duikbote en vliegtuie Japannese handelskepe aangeval. Die Japannese nywerheid was skielik ontneem van dié grondstowwe wat hulle danksy die oorlog verkry het. Die hoofteiken was olie en Japan het aan 'n tekort begin lei teen die einde van 1944. Deur die loop van 1944 het duikbote meer as twee miljoen ton skeepsvragte gekelder,<ref>{{en}} King, Admiral Earnest J., [http://www.shsu.edu/~his_ncp/Compac45.html ''Naval Operations in the Pacific from March 1944 to October 1945'']. Sam Houston State University. Verkry op 2006-07-26.</ref> waarvan die Japannese minder as een miljoen ton kon vervang.<ref>{{en}} Parshall, Jon [http://www.combinedfleet.com/economic.htm ''Why Japan Really Lost The War'']. Imperial Japanese Navy Page. Verkry op 2006-07-26.</ref> Tydens Januarie 1945 het die Verenigde State se Sesde Leër op [[Luzon]], die hoofeiland in die Filippyne, geland. Manila was teen Maart teruggeneem. [[Lêer:Attack on carrier USS Franklin 19 March 1945.jpg|duimnael|regs|''USS Franklin'' na sy swaar beskadig is deur Japannese lugaanvalle naby die Japannese kus op [[19 Maart]] [[2005]].]] Die Amerikaners het die Japannese eiland [[Iwo Jima]] in Februarie ingeneem. Die eiland was psigologies belangrik, siende dat dit 'n tradisionele Japannese gebied was wat onder administrasie van die [[Tokio]]-prefektuur was. Die eiland was sterk verdedig met baie ondergrondse verskansings, maar was uiteindelik deur die seesoldate ingeneem nadat hulle Suribatsji ingeneem het, 'n slapende [[vulkaan]] wat 'n hoeksteen van die Japannese verdediging gevorm het. Die aanwins van Iwo Jima was van onskatbare waarde vir die Geallieerdes, aangesien dit twee vliegvelde besit het wat gebruik is vir noodlandings deur die B-29-bomwerpers en omdat dit naby genoeg was om vegtersbegeleiding te bied wat die [[Japanse Argipel|Japannese Tuiseilande]] kon bereik.<ref>{{en}} Yoder, Dan. ''The Fight for Iwo Jima. In History of the Second World War''. Sir Basil Hart (red). 1989. bl. 393.</ref> Met die daaropvolgende inname van [[Okinawa]]-eiland, wat van April tot Junie geduur het, is die Japannese tuisland nog meer binne bereik van skeeps- en lugaanvalle gebring. Die Japannese het die eiland met grondmagte en kamikaze-vlieëniers verdedig, asook die selfmoordmissie van die slagskip ''[[Japanese slagskip Yamato|Yamato]]'', wat deur Amerikaanse duikbomwerpers gekelder is. Die Amerikaners het 'n aantal stede, waaronder ook Tokio, met brandbomme aangeval en in Tokio alleen het ongeveer 90 000 mense omgekom in die aanvanklike aanval. Die digbevolktheid rondom produksiesentrums en die houtkonstruksies van die wonings het bygedra tot die groot verlies van menselewens. Die hawens en belangrike watergange van Japan was tydens Operasie Uithongering met myne bestook, wat die logistiek van hierdie [[eilandnasie]] ernstig ontwrig het. Die laaste groot offensief in die suidwestelike gedeelte van die [[Stille Oseaan]] was die Borneo-veldtog in die middel van 1945, wat daarop gemik was om die oorblywende Japannese magte in Suidoos-Asië verder te isoleer en die bevryding van Geallieerde krygsgevangenes te bewerkstellig. ==== Einde van die oorlog in Asië ==== [[Lêer:Potsdam conference 1945-8.jpg|duimnael|[[Clement Attlee]], [[Harry S. Truman|Harry Truman]] en [[Josef Stalin]] by die Potsdam-konferensie in Julie 1945.]] Die laaste Geallieerde konferensie van die Tweede Wêreldoorlog was in die voorstad [[Potsdam]], net buite [[Berlyn]], van [[17 Julie]] tot [[2 Augustus]] [[1945]] gehou. Tydens die [[Konferensie van Potsdam]] was daar ooreenkomste tussen die Geallieerdes getref oor beleide rakende 'n besette Duitsland. 'n Ultimatum vir die onvoorwaardelike oorgawe van Japan is ook uitgereik. [[Harry S. Truman|Harry Truman]], die president van die Verenigde State, het besluit om die nuwe [[kernwapen|atomiese wapen]] te gebruik, ten einde 'n vroeër einde aan die oorlog te bring. Die slagveld wat by Okinawa plaasgevind het, het gewys dat 'n inval van die Japannese tuisland (wat vir November beplan was), tot 'n groot aantal Amerikaanse sterfgevalle sou lei. Die amptelike benadering wat aan die Minister van Oorlog gegee is, is 1,4 miljoen Geallieerde sterfgevalle, alhoewel sommige geskiedkundiges dit nie eens is dat dit werklik die geval sou wees nie. 'n Inval sou ook die dood van miljoene Japannese soldate beteken het, asook burgers wat deel van die burgerlike verdedigingsmag gevorm het. [[Lêer:nagasakibomb.jpg|duimnael|links|Die paddastoelwolk afkomstig van die kernwapen ''Fat Man'' styg 18 km bo Nagasaki, vanaf die kernontploffing se hiposentrum.]] Op [[6 Augustus]] [[1945]] het 'n B-29-bomwerper, die ''[[Enola Gay]]'', 'n [[kernwapen]] genaamd ''[[Little Boy]]'' op [[Hirosjima]] laat val, wat die stad geheel en al vernietig het. Drie dae later, op [[9 Augustus]], het 'n ander B-29-bomwerper, genaamd ''[[Bockscar]]'', 'n tweede kernwapen met die naam ''[[Fat Man]]'' op die hawestad [[Nagasaki]] laat val. Op [[8 Augustus]], twee dae na die atoombom op Hirosjima laat val is, het die Sowjetunie, wat in April afstand gedoen het van sy nie-aanvalsverdrag met Japan, die Japannese in [[Mantsjoerye]] aangeval. Die aanval was deur die Sowjetse weermagsgroepe uitgevoer. In minder as twee weke is die Japannese leër in Mantsjoerye, wat uit meer as 'n miljoen man bestaan het, deur die Sowjette vernietig. Die Rooi Leër het op [[18 Augustus]] na [[Noord-Korea]] beweeg; gevolglik is Korea by die 38ste breedetegraad in Sowjetse en Amerikaanse sones verdeel. Die Amerikaanse gebruik van kernwapens teen Japan en die Sowjetse inval van Mantsjoerye het Keiser [[Hirohito]] sover gebring dat hy die bestaande regering omseil het en tussenbeide getree het om 'n einde aan die oorlog te bring. In sy radiotoespraak aan die nasie het hy geen melding van die Sowjetunie se intrede tot die oorlog gemaak nie, maar in sy "Reskrip aan soldate en matrose" van 17 Augustus, waarin hy 'n vuurstaking beveel asook die neerlê van wapens, het hy die verhouding tussen die Sowjetse toetreding tot die oorlog en sy besluit om oor te gee beklemtoon, en geen melding gemaak van die kernwapens nie. Japan het op [[15 Augustus]] [[1945]] oorgegee en die geskrewe oorgawingsverdrag is op [[2 September]] onderteken. Japannese troepe in Sjina het op [[9 September]] [[1945]] aan die Sjinese oorgegee. == Nasleep == [[Lêer:Map-Germany-1945.svg|duimnael|regs|Besettingsones in Duitsland in 1946 na gebiedsanneksasies in die Ooste. Die [[Saarland]] (in die Franse sone) word met strepe aangedui aangesien dit van Duitsland deur Frankryk verwyder is deur 'n protektoraat en eers in 1957 by die Federale Republiek van Duitsland ingelyf is.]] [[Lêer:Colonization 1945.png|duimnael|links|Die koloniale gebiede in 1945.]] Die einde van die oorlog het die afhanklikheid van baie Britse kroonkolonies en Nederlandse gebiede teweeg gebring, asook die vorming van nuwe nasies en alliansies in Asië en Afrika. Die [[Filippyne]] is in 1946 afhanklikheid toegestaan, soos vroeër deur die Verenigde State belowe. Frankryk het gepoog en gefaal om beheer oor hul kolonies in Indo-Sjina te herwin. Pole se grense is opnuut vasgestel om dele van vooroorlogse Duitsland in te sluit, waaronder Oos-Pruise en Opper-Silesië, terwyl die land meeste van die gebiede wat deur die Sowjetunie geneem was in die Molotow-Ribbentrop-verdrag van 1939 aan die Sowjetunie afgegee is. Pole het dus as geheel effektief na die weste geskuif. Duitsland was in vier besettingsones verdeel en die drie sones onder die Westerse Geallieerdes is as 'n grondwetlike monargie herstig. Die Sowjetunie se invloed het gegroei soos hulle, met die stilswyende goedkeuring van die Weste, hul heerskappy oor die grootste dele van Oos-Europa gevestig het en hul grense geskuif het om dele van Pole en Finland in te sluit. Hierdie Westerse passiwiteit sou later in Sowjets-beheerde lande as die "Westerse verraad" bekend staan. Europa was op informele wyse in Westerse en Sowjetse invloedsfere gedeel, wat die bestaande spanning tussen die twee groepe verhoog het en gehelp het om aanleiding tot die [[Koue Oorlog]] te gee. Om toekomstige konflikte te vermy (of ten minste te minimaliseer), het die geallieerde nasies in 1945 in [[San Francisco]], onder leiding van die [[Verenigde State]], die [[Verenigde Nasies]] gevorm. Een van die eerste dade van die Verenigde Nasies was die skepping van die [[Israel]]se staat, deels in antwoord op die [[Sjoa]]. [[Lêer:EasternBloc BorderChange38-48.svg|duimnael|links|250px|Post-oorlog territoriale veranderinge in Oos-Europa en die vorming van die Oos-blok.]] In 1947 het die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, [[George Marshall]] die "Europese Herstellingsprogram" ontwikkel, beter bekend as die [[Marshall-plan]]. Die plan was van 1948 tot 1952 in uitvoering en het 13 miljard dollar vir die heropbouing van Wes-Europa toegestaan. Die Duitse besettingsones was geko-ordineer deur die Geallieerde Kontroleraad en in 1949 het die Amerikaanse, Britse en Franse sones saamgesmelt om die Federale Republiek van Duitsland te vorm; die Sowjetse sone het die Duitse Demokratiese Republiek geword. In Duitsland het ekonomiese onderdrukking en "denazifisering" plaasgevind. Miljoene Duitsers en Pole was uit hulle tuislande verdryf as 'n gevolg van gebiedsanneksasies in Oos-Europa soos ooreengekom tydens die Konferensie van Jalta en die Konferensie van Potsdam. In die Weste is Elsas-Lotharinge aan Frankryk terugbesorg en die Saar-area was van Duitsland geskei. [[Oostenryk]] is in vier besettingsones gedeel, wat weer in 1955 herenig het om die Republiek van Oostenryk te vorm. Die Sowjetunie het groot dele van die Balkan en Sentraal- en Oos-Europa beset. In alle lande wat deur hulle beset was, met die uitsondering van Oostenryk, het die Sowjetunie Kommunistiese regimes daar gehelp om bewind te kry. Die Sowjetunie het ook die [[Baltiese lande]] [[Estland]], [[Letland]] en [[Litaue]] geannekseer. In Asië is Japan deur die Verenigde State beset en deur troepe van die [[Britse Statebond|Statebond]] bygestaan, tot die vredesverdrag in 1952 in werking getree het. Die Japannese regering was onder generaal [[Douglas MacArthur]] ontbind en vervang deur 'n grondwetlike monargie met 'n keiser as skynhoof. Japan se nederlaag het ook gelei tot die stigting van die Verre Oosterse kommissie, wat beleide vir Japan uiteengesit het wat vervul moes word onder die terme van hul oorgawe. Ingevolge die ooreenkomste wat tydens die Konferensie van Jalta getref is, het die Sowjetunie Sakhalin-eiland en die Koeril-eilande beset en daarna geannekseer. Die Japannese besetting van Korea is beëindig, maar die skiereiland is tussen die Verenigde State en die Sowjetunie langs die 38ste breedtegraad verdeel. In 'n verdeelde Korea sou Suid-Korea (met die ondersteuning van die V.S.) later teen die kommunistiese Noord-Korea veg in die [[Koreaanse Oorlog]]. Die Tweede Wêreldoorlog was 'n beslissende oomblik in Sjina se geskiedenis. Voor die oorlog teen Japan is Sjina byna 'n eeu lank verneder deur verskeie imperialistiese magte en was dit telkens semi-koloniale status verwys. Die oorlog het egter Sjina se internasionale status aansienlik verhoog. Die sentrale regering, onder [[Tsjiang Kai-sjek]], het daarin geslaag om meeste van die ongelyke verdrae wat Sjina in die laaste eeu onderteken het te herroep; daarna het Sjina een van die stigterslede van die Verenigde Nasies geword, asook 'n permanente lid van die Veiligheidsraad. Sjina het ook Mantsjoerye en Taiwan teruggewin. Agt jaar se oorlog het egter die sentrale regering swaar belas en baie van die nasiebouende maatreëls wat aangeneem is sedert die begin van die regering se bewind in 1928 is deur die oorlog omvergewerp. Kommunistiese aktiwiteite het ook wyd in besette dele versprei, wat die naoorlogse administrasie van hierdie dele bemoeilik het. Ontsaglike oorlogskade en die hiperinflasie daarna het die bevolking ontmoedig, saam met die voortdurende Sjinese Burgeroorlog tussen Kwomintang (die nasionalistiese party) en die Kommuniste. Gedeeltelik te wyte aan die knou wat sy weermag en regering in die oorlog teen Japan gelei het, het die Kwomintang, saam met die staatsmasjiene, in 1949 na Taiwan teruggetrek en in sy plek het die Sjinese kommuniste die [[Volksrepubliek van Sjina]] op die hoofland gevestig. == Sterfgevalle, burgerlike impak en gruweldade == [[Lêer:April-1945fatality.jpg|duimnael|regs|'n Duitse soldaat sterf vegtend naby die einde van die oorlog in April 1945.]] Benaderings vir die totaal stergevalle tydens die oorlog verskil, maar die meeste stel voor dat sowat 60 miljoen mense gedurende die oorlog gesterf het: ongeveer 20 miljoen soldate en 40 miljoen burgers.<ref name="WWII: C&C">{{en}} [http://web.jjay.cuny.edu/~jobrien/reference/ob62.html accessdate=2007-04-20 ''World War II: Combatants and Casualties (1937–1945)''].</ref><ref>{{en}} [http://users.erols.com/mwhite28/warstat1.htm#Second ''Source List and Detailed Death Tolls for the Twentieth Century Hemoclysm'']. Verkry op 2007-04-20.</ref><ref>{{en}} [http://www.secondworldwar.co.uk/casualty.html ''World War II Fatalities'']. Verkry op 2007-04-20.</ref> Baie burgers het gesterf as gevolg van siekte, verhongering, massamoorde en volksmoorde. Van die totale sterftes tydens die Tweede Wêreldoorlog, was 'n beraamde 85% aan die Geallieerdes se kant (meesal Sowjets en Sjinees) en 15% aan die kant van die Spilmoondhede. Een benadering is dat 12 miljoen burgers in Duitse konsentrasie en verdelgingskampe gesterf het (insluitende nie-Joodse slagoffers), 1,5 miljoen slagoffers deur bomaanvalle gedood is en 7 en 7,5 miljoen in Europa en Sjina, respektiewelik, as gevolg van ander oorsake.<ref>{{en}} J. M. Winter, "Demography of the War", in Dear and Foot, red., ''Oxford Companion to World War'', bl. 290.</ref> Presiese syfers vir die aantal sterfgevalle verskil aansienlik, siende dat die oorgrote meerderheid van die sterftes nie aangeteken is nie. === Verdelgingskampe en slawerny === [[Lêer:Ebensee concentration camp prisoners 1945.jpg|duimnael|links|250px|Mishandel en honger gevangenes in die Mauthausen kamp, Oostenryk, 1945.]] Die [[Sjoa]] (holocaust) was die uitmoring van ongeveer ses miljoen Europese Jode, asook 3 tot 5 miljoen ander mense wat beskryf is "lewens wat nie lewe werd is nie".<ref>{{en}} [http://history1900s.about.com/library/holocaust/aa081997.htm ''Holocaust Glossary'']. Verkry op 8 Maart 2008.</ref> Dit was deel van 'n doelbewuste uitwissingsprogram wat beplan en uitgevoer is deur die Nasionale Sosialistiese regering in Duitsland onder leiding van [[Adolf Hitler]]. Naas die Nazi-[[konsentrasiekamp]]e, het die Sowjetse [[Goelag]], of [[arbeidskamp]]e, die dood van burgers van besette lande soos [[Pole]], [[Litaue]], [[Letland]] en [[Estland]] tot gevolg gehad, asook Duitse krygsgevangenes en selfs Sowjetse burgers wat ondersteuners (of beweerde ondersteuners) van die Nazi-regering was. Japannese gevangenekampe het ook hoë sterfgetalle gehad: baie was gebruik as arbeidskampe en die verhongeringstoestande tussen Amerikaanse, Britse, Australiese en ander gevangenes uit die [[Britse Statebond|Statebond]] was nie veel beter as dié wat in Duitse kampe geheers het nie. Een benadering stel voor dat 3,5 miljoen Sowjetse krygsgevangenes tydens die oorlog oorly het.<ref>{{en}} [http://www.historynet.com/wars_conflicts/world_war_2/3037296.html ''Soviet Prisoners of War: Forgotten Nazi Victims of World War II'']. Verkry op 8 Maart 2008.</ref> Die geskiedkundige Richard Overy gee 'n getal van 5,7 miljoen Sowjetse krygsgevangenes, waarvan 57% gesterf het of vermoor is.<ref>{{en}} Richard Overy: ''The Dictators Hitler's Germany, Stalin's Russia'' bl. 568–569.</ref> Volgens 'n gesamentlike studie deur geskiedkundiges, insluitende Zhifen Ju, Mark Peattie, Toru Kubo en Mitsuyoshi Himeta, is meer as 10 miljoen Sjinese deur die Japannese leër gemobiliseer en as slawe gebruik in Mantsjoerye en Noord-Sjina.<ref>{{en}} Zhifen Ju, "''Japan's atrocities of conscripting and abusing north China draftees after the outbreak of the Pacific war''", 2002</ref> Volgens Mitsuyoshi Himeta het ten minste 2,7 miljoen Sjinese gesterf as gevolg van generaal Jasoesji Okamoera se verskroeide aarde-beleid, die ''Sanko sakusen''. Op [[19 Februarie]] [[1942]] het Roosevelt die Uitvoerende Bevel 9066 onderteken, wat gelei het tot die internering van ongeveer 150 000 Amerikaanse Japannese en 11 000 Amerikaanse Italianers en Duitsers, asook sommige emigrante van Hawaiï wat gevlug het na die bombardering van [[Pearl Harbor]]. === Chemiese en bakteriologiese wapens === Ondanks die internasionale verdrae en 'n besluit geneem deur die [[Volkebond]] op [[14 Mei]] [[1938]], wat die gebruik van giftige gasse deur Japan sterk afgekeur het, het die Keiserlike Japannese Leër dikwels chemiese wapens gebruik. Uit vrees vir vergelding vanaf die Weste, is die wapens slegs teen ander Asiatiese lande gebruik wat as "ondergeskik" beskou was deur keiserlike propaganda. Volgens die geskiedkundiges Yoshiaki Yoshimi en Seiya Matsuno, is die goedkeuring vir die gebruik van chemiese wapens deur spesifieke bevele van [[Hirohito]] self gegee. Die keiser het byvoorbeeld die gebruik van giftige gasse op 375 verskeie geleenthede tydens die inval van Wuhan (Augustus tot Oktober 1938) goedgekeur. Baie eenhede wat deel van die Japannese leër was het met bakteriologiese wapens op mense geëksperimenteer, insluitende die berugte [[Eenheid 731]], wat in 1939 volgens keiserlike bevel by die Kwantoeng-leër ingelyf is. Sulke wapens is hoofsaaklik in Sjina gebruik en, volgens sommige Japannese oorlogsveterane, teen Mongoolse en Sowjetse soldate in 1939 tydens die Slag van Halhin Gol( (1939).<ref>{{en}} Hal Gold, ''Unit 731 testimony'', bl. 64–65, 1996.</ref> Volgens sommige dokumente wat in 2004 in die Australiese nasionale argiewe deur Yoshiaki Yoshimi en Yuki Tanaka gevind is, is [[sianied]]gas op Australiese en Nederlandse gevangenes getoets op die Kai-eilande in November 1944.<ref>{{en}} [https://archive.is/20120529003741/search.japantimes.co.jp/member/nn20040727a9.html ''Japan tested chemical weapon on Aussie POW: new evidence'']. In die The Japan Times, 2007-06-10. Verkry op 2007-07-27.</ref> === Bombarderings === Massiewe strategiese lugbombardering deur beide die Geallieerdes en die Spilmoondhede het die lewens van honderde duisende burgers gekos. Anglo-Amerikaanse bombardering van Duitsland het tot 600 000 burgerlewens vernietig,<ref>{{en}} [http://www.guardian.co.uk/elsewhere/journalist/story/0,,1068437,00.html ''Germany's forgotten victims''] in ''The Guardian''.</ref> met die bombardering van [[Dresden]] wat tussen 24 000 and 40 000 lewens geëis het. Die [[Engeland|Engelse]] stad [[Londen]] het is ook deur die Duitse ''[[Luftwaffe]]'' gebombardeer tussen September 1940 en Mei 1941, as deel van hul ''Blitz''-aanval op Brittanje; tydens een strek is die stad vir 57 opeenvolgende aande gebombardeer. Die Tweede Wêreldoorlog het ook die eerste en (tot sover) enigste gebruik van [[kernwapen]]s tydens stryd gesien: twee atomiese wapens is deur die Verenigde State van Amerika op die Japannese stede, [[Hirosjima]] en [[Nagasaki]], laat val. 'n Beraamde 200 000 mense het as gevolg van hierdie twee aanvalle gesterf.<ref>{{en}} [http://www.atomicarchive.com/Docs/MED/med_chp10.shtml ''The Atomic Bombings of Hiroshima and Nagasaki'']</ref> === Oorlogsverhore === Van 1945 tot 1951 is Duitse en Japannese amptenare en personeel vir oorlogsmisdade aangekla. Aanklagtes het misdade teen vrede, misdade teen die mensdom, die voer van aanvalsoorloë en ander misdade ingesluit. Die mees senior Duitse amptenare was verhoor tydens die [[Neurenberg-verhore]] en baie Japannese amptenare by die Oorlogsmisdaadverhoor van Tokio en ander verhore in die Asië-Pasifiese gebied. Baie minder-senior amptenare was skuldig verklaar in kleiner verhore, insluitende opvolgende verhore deur die Nuremberg-geregsbank, die [[Dachau]]-verhore en die Chabarowsk-verhore. * Sien ook: [[Japannese oorlogsmisdade]] == Notas == <references group="n" /> == Verwysings == : ''Hierdie artikel is grotendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia artikel, [[:en:Special:PermanentLink/138200043|"World War II"]].'' <div style="font-size:90%;"> {{Verwysings|3}} </div> == Bronnelys == {{refbegin}} * {{en}} Arthur, Max. ''Forgotten Voices of the Second World War'', Ebury Press (2005) ISBN 978-0-09-189735-2 * {{en}} Bauer, E. Lt-Colonel. ''The History of World War II'', Orbis (2000) General Editor: Brigadier Peter Young; Consultants: Brigadier General James L. Collins Jr., Correli Barnet. (1 024 bladsye) ISBN 1-85605-552-3 * {{en}} Churchill, Winston S. ''The Second World War''. (6 volumes). (1948–1953). ISBN 978-0-395-41685-3 * {{en}} I.C.B. Dear en M.R.D. Foot, eds. ''The Oxford Companion to World War II'' (1995), 1300 page encyclopedia covering all topics * {{en}} Ellis, John. ''Brute Force: Allied Strategy and Tactics in the Second World War'' (1999) * {{en}} Gilbert, Martin. ''Second World War'' (1995) * {{en}} Mark Harrison. "Resource Mobilization for World War II: The U.S.A., UK, U.S.S.R., and Germany, 1938–1945" in ''The Economic History Review,'' Vol. 41, No. 2. (May, 1988), bl. 171–192. [http://links.jstor.org/sici?sici=0013-0117%28198805%292%3A41%3A2%3C171%3ARMFWWI%3E2.0.CO%3B2-7 in JSTOR] * {{en}} Keegan, John. ''The Second World War'' (1989) * {{en}} Jon Latimer. ''Burma: The Forgotten War'', London: John Murray, (2004) * {{en}} [[B. H. Liddell Hart | Liddell Hart]], Sir Basil. ''History of the Second World War'' (1970) * {{en}} Murray, Williamson en Millett, Allan R. ''A War to Be Won: Fighting the Second World War'' (2000) * {{en}} Overy, Richard. ''Why the Allies Won'' (1995) * {{en}} Shirer, William L. ''The Rise and Fall of the Third Reich'', Simon & Schuster. (1959). ISBN 0-671-62420-2. * {{en}} Smith, J. Douglas en Richard Jensen (2003). ''World War II on the Web: A Guide to the Very Best Sites''. ISBN 0-8420-5020-5. * {{en}} Weinberg, Gerhard L., ''A World at Arms: A Global History of World War II'' (2005) ISBN 0-521-44317-2 * {{en}} Cesare Salmaggi & Alfredo Pallavisini (1977). ''2194 Days of War.'' Windward: Londen. {{refeindig}} == Eksterne skakels en verdere leesstof == {{CommonsKategorie|World War II|Tweede Wêreldoorlog}} ; Algemeen * {{en}} [http://www.ww2db.com/ Databasis van die Tweede Wêreldoorlog.] * {{de}} [http://www6.dw-world.de/en/worldwarII.php Die Deutsche Welle se spesiale afdeling oor die Tweede Wêreldoorlog.] * {{en}} [http://www.wwii.ca/ Kanada en die Tweede Wêreldoorlog] * {{de}} [http://www.historisches-centrum.de/index.php?id=427 Die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Duitsland] – inligting oor die aanval by die Ruhr-verdedigingskol. * {{en}} [http://www.history.com/encyclopedia.do?articleId=226140 Die Tweede Wêreldoorlog], by die webwerf van history.com. ; Media * {{en}} [http://www.archives.gov/research/ww2/ Foto's uit die Nasionale Argiewe van die V.S.A.] * {{en}} [http://english.pobediteli.ru/ ''Multimedia map of the war''] — 'n Voorstelling wat die oorlog dek vanaf die inval van die Sowjetunie tot die val van Berlyn. * {{en}} [http://warphotos.basnetworks.net/World_War_Two/ Duisende foto's en video-uitreksels van die Tweede Wêreldoorlog] * {{en}} [http://museumofworldwarii.com/ Die virtuele ''Museum of World War II''] — met beelde en inligting * {{en}} [http://digital.library.unt.edu/search.tkl?type=collection&q=WWII Plakkate uit die Tweede Wêreldoorlog] beskikbaar gestel deur die Universiteit van Texas se [http://digital.library.unt.edu/ digitale versameling]. ; Verhalende webwerwe * {{en}} [http://www.gurdjieff-legacy.org/70links/bk_voices2.htm ''Voices in the Dark''] — Beskrywings van die lewe in 'n Nazi-besette Parys. * {{en}} [http://www.bbc.co.uk/dna/ww2/ ''WW2 People's War''] — 'n Projek deur die BBC om die verhale van gewone mense tydens die oorlog te vergader. * {{en}} [http://www.wilhelm-radkovsky.de/ ''Memories of Leutenant d.R. Wilhelm Radkovsky 1940–1945''] – Ervarings van 'n Duitse soldaat op die oosterse en westerse front. * {{en}} [http://www.warsawuprising.com/ www.warsawuprising.com] – Die Warskou Opstand van 1944. ; Dokumentêre programme * {{en}} ''The World at War'' (1974) is 'n 26-delige reeks deur ''Thames Television'' wat die meeste aspekte van die Tweede Wêreldoorlog vanuit verskillende perspektiewe dek. Dit bevat onderhoude met baie sleutelfigure, soos [[Karl Dönitz]], [[Albert Speer]], [[Anthony Eden]], ens. ([http://www.imdb.com/title/tt0071075/ Imdb-skakel]) * {{en}} ''The Second World War in Colour'' (1999) is 'n dokumentêre reeks wat drie episodes beloop het en unieke beeldmateriaal in kleur wys. ([http://www.imdb.com/title/tt0212694/ Imdb-skakel]) All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=1836936.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|