Difference between revisions 1836929 and 1836932 on afwiki[[Lêer:Honda_Aqua_Trax_F-12x_turbo.jpg|thumb|center|600px|Honda Aqua Trax F-12x turbo]] [[Lêer:Jeep-CJ.jpg|duimnael|links|280px]] [[Lêer:'46 Jeep CJ (Auto classique Laval '10).jpg|duimnael|regs|1946 Jeep CJ]] [[Lêer:Green Highlander salmon fly.jpg|duimnael|regs|''Green Highlander'' is 'n kunsvlieg wat goed werk vir salm.]] {{reg}} {{verkeerd}} [[en:User:Aliwal2012/sandbox]] [[nso:Mošomi:Aliwal2012/sandpit]] ----------------------------------- {{clr}} ==== Hergroepering ==== Na die oorgawe van die Duitse 6de Leër by Stalingrad op [[2 Februarie]] [[1943]] het die Rooi Leër agt offensiewe gedurende die winter geloods. Baie van die offensiewe was langs die Don-rivier gekonsentreer, in die nabyheid van Stalingrad. Die aanvalle het aanvanklike inwinnings van gebied tot gevolg gehad, tot die Duitse magte daarin geslaag het om die uitgebreide en verswakte toestand van die Rooi Leër uit te buit en 'n teenaanval te loods om die stad van Charkof en die omliggende gebiede weer terug te wen. Dit sou die laaste groot strategiese oorwinning vir Duitsers in die Tweede Wêreldoorlog wees. Die reëns wat die lente gebring het, het effektiewe veldtogte in die Sowjetunie verhinder, maar beide kante het die tussenpose gebruik om hul troepe te versterk met die oog op die onvermydelike veldslag wat in die somer sou plaasvind. Die aanvangsdatum vir die offensief is verskeie kere uitgestel, soos vertragings in die voorbereiding die Duitsers gedwing het om te wag voordat hulle kan aanval. Na die ''Wehrmacht'' uiteindelik hulle grootste konsentrasie vuurkrag van die hele Tweede Wêreldoorlog versamel het, het hulle op [[4 Julie]] [[1943]] hulle offensief teen die Sowjetunie by die [[Koersk (stad)|Koersk]]-uitsprong geloods. Die Sowjetunie het geweet wat die Duitsers beoog het en het in alle haas gejaag om die uitsprong te verdedig met 'n enorme stelsel van walverdedigingspunte. Die Duitsers het van beide die noorde en die suide aangeval, met die hoop om in die middel te ontmoet en sodoende die uitsprong af te sny en die 60 Sowjetse afdelings vas te keer. Die Duitse offensief in die noordelike sektor was tot niet gemaak na bitter min vooruitgang deur die Sowjetse verdedigings bereik is. Daar was egter 'n bedreiging van 'n Duitse deurbraak in die suide en die Sowjetse troepe het hul reserwes opgeroep om die Duitse aanslag in die suide te beteuel. Die daaropvolgende [[Slag van Koersk]] het die grootste tenkgeveg van die oorlog geword. Die Duitsers het nie 'n groot aantal reserwe troepe gehad nie en hulle gepantserde magte was uitgeput. Die Sowjetse teenoffensief het daarin geslaag om die Duitsers terug na hul beginposisies te dwing. [[Lêer:Eastern Front 1943-08 to 1944-12.png|duimnael|250px|Sowjetse vooruitgang van Augustus 1943 tot Desember 1944. {{legend|#ffffb1|tot [[1 Desember]] [[1943]]}} {{legend|#ffddbf|tot [[30 April]] [[1944]]}} {{legend|#cebdff|tot [[19 Augustus]] [[1944]]}} {{legend|#bfffbf|tot [[31 Desember]] [[1944]]}}]] Die Sowjetse oorwinning in die Slag van Koersk het ook beteken dat hulle die stad Koersk ingeneem het. Met die dreigende herfsreën het Hitler ingestem dat die Duitsers in Augustus tot by die Dnjepr-lyn kon terugtrek. Met die loop van die maande het die Duitsers dit naas onmoontlik gevind om die Dnjepr-lyn te bly verdedig, aangesien die Sowjetse brughoofde gegroei het. Belangrike dorpe langs die Dnjepr-lyn het in Sowjetse hande geval, met [[Saporisja]] as die eerste, gevolg deur [[Dnipropetrowsk]]. Vroeg in November 1943 het die Sowjetse troepe uit hul brughoofde aan weerskante van [[Kiëf]] uitgebreek en die Oekraïense hoofstad ingeneem. Die 1ste Oekraïense Front het Korosten op Oukersaand aangeval en die Sowjetse vooruitgang het langs die spoorweë aangehou tot hulle die 1939 Sowjets-Poolse grens bereik het. === Duitsland se kwesbare punt === Die oorgawe van die Spilmoondhede se troepe in Tunisië op [[13 Mei]] [[1943]] het 'n opbrengsste van ongeveer 250 000 gevangenes gehad. Die oorlog in Noord-Afrika het rampspoedige gevolge vir Italië gehad en toe die Geallieerdes Sisilië op [[10 Julie]] ingeval het tydens ''Operasie Husky'' (waartydens hulle die eiland binne net meer as 'n maand ingeneem het), het die regime van Benito Mussolini ineengestort. Op [[25 Julie]] is hy deur die koning van Italië, [[Victor Emanuel III]], van sy amp ontneem en gearresteer met die instemming van Italië se Groot Fascistiese Raad. 'n Nuwe regering, onder leiding van [[Pietro Badoglio]], het aan bewind gekom en verklaar dat Italië steeds aan die oorlog sou deelneem. Badoglio het teen die tyd reeds geheime vredesonderhandelings met die Geallieerdes begin. Na die Geallieerdes die Italiaanse vasteland op [[3 September]] [[1943]] ingeval het, het Italië binne vyf dae na dié inval oorgegee. Die koninklike familie en Badoglio en sy regering het na die suide onstnap, wat die Italiaanse leër sonder bevelvoeder gelaat het. Die Duitsers het die weerstand oorgeneem en die Geallieerdes tot stilstand gebring by die sogenaamde Gustav-linie (wat deur die Spilmoondhede verdedig was) tydens die winter van 1943–1944 net suid van Rome. In die noorde het Mussolini, met ondersteuning van die Nazi's, 'n effektiewelike vasalstaat gestig: die Italiaanse Sosiale Republiek. Die staat het informeel bekend gestaan as die Republiek van Salò; vernoem na die nuut aangewese hoofstad, [[Salò]], by die [[Gardameer]]. [[Lêer:Tehran Conference, 1943.jpg|duimnael|250px|[[Josef Stalin]], [[Theodore Roosevelt]] en [[Winston Churchill]] tydens die Konferensie van [[Teheran]] in 1943.]] In Mei en Junie van 1943 is die hoofmag van die Joego-Slawiese Partisane omsingel en byna deur die Duitsers uitgewis in die Soetjeska-offensief in die ooste van Bosnië. Die magte naby die stigter van die Partisaanse beweging en toekomstige president van Joego-Slawië, [[Josip Broz Tito]], het egter daarin geslaag om deur die omsingelende troepe te breek, wat aan die Partisane die nodige deurslag gegee het. Na die voorwaardelike oorgawe van Italië het die guerrilla-vegters talle eilande in die [[Adriatiese See]] ingeneem, waaronder ook Vis-eiland, wat daarna 'n lugmagbasis vir die Geallieerde magte geword. Tydens die [[Teheran-konferensie]] het die Geallieerdes die Partisane as die wettige krygsmag van Joego-Slawië erken. [[Lêer:Monte Cassino.jpg|Battle of Monte Cassino|links|250px|duimnael|Monte Cassino is vernietig na hewige bombardering.]][[Lêer:Ww2 europe map italy june until december 1944.jpg|duimnael|250px|Duitse verdedigingslinies in Noord-Italië in 1944. ''(Kliek op die beeld vir 'n groter weergawe.)'']] Na hulle mislukte poging om deur die Gustav-linie te breek, het die Geallieerdes nog 'n poging aangewend tydens die [[Slag van Monte Cassino]]. Op [[15 Februarie]] is die klooster van [[Monte Cassino]], wat in [[524]] deur [[Sint Benedictus]] gestig was, deur Amerikaanse bomwerpers vernietig. Duitse valskermtroepe het na die area beweeg om die ruïnes van die [[klooster]], asook die nuwe opening in die Gustav-linie, teen die Geallieerdes te verdedig. Die area was tussen [[12 Januarie]] en [[18 Mei]] [[1944]] vier keer deur die Geallieerdes aangeval, met 'n totale verlies van meer as 54 000 Geallieerde en 20 000 Duitse soldate. [[Lêer:Roteiro da FEB na Campanha da Itália.jpg|duimnael|276x276px|Kaart van die Brasiliaanse en bondgenootskapsaksies in Noord-Italië, 1944-1945. [[Nasionale Argiewe van Brasilië.]]]] Die Gustav-linie was na maande van aanvalle uiteindelik gebreek en die Geallieerdes het na die noorde gemars. Op [[4 Junie]] het die Geallieerdes [[Rome]] bevry en het hulle [[Florence]] in Augustus bereik. Hulle is daarna by die [[Gotiese linie]] by die Toskaanse Appenyne-gebergtes tot stilstand gebring. Die Gotiese linie was die laaste groot verdedigingslinie, net suid van [[Bologna]] en alhoewel die Geallieerdes die linie tydens die herfs van 1944 binnegedring het, het hulle eers in April 1945 'n beslissende deurbraak gemaak. [[Winston Churchill]] het gehoop dat 'n deurbraak in die herfs van 1944 'n weg sou oopmaak waardeur die Geallieerde magte noord kon mars, vanaf [[Wene]] tot by [[Hongarye]], om sodoende die Sowjet-opmars na Oos-Europa te verhinder. Ironies genoeg was die grootste impak van Duitse verdediging in die herfs en winter van 1944 die bevordering van die Sowjet-besetting van Oos-Europa. In die winter en lente van 1944–1945 het uitgebreide partisaanse aktiwiteit in Noord-Italië plaasgevind. Die Geallieerdes se vordering deur die Italiaanse skiereiland in die winter van 1944–1945 was baie stadig, aangesien die gebied baie bergagtig was en sommige troepe na Frankryk gestuur is. Op [[9 April]] het die 15de Landmaggroep, wat uit Britse en Amerikaanse soldate saamgestel was, daarin geslaag om deur die Gotiese lyn te breek en het die hoof Duitse magte te omring. [[Milaan]] is teen die einde van April ingeneem. Die Amerikaanse 5de Leër het voortdurend wes beweeg en met by die Franse troepe aangesluit, terwyl die Britse troepe [[Triëst]] binnegegaan het en by die [[Joego-Slawiese Partisane|Joego-Slawiese partisane]] aangesluit het. 'n Paar dae voor die Duitse troepe in Italië oorgegee het, het Italiaanse partisane daarin geslaag om Mussolini te vang tydens sy poging om na [[Switserland]] te ontsnap. Hy is saam met sy minnares, Clara Petacci, om die lewe gebring. Hulle liggame was na [[Milaan]] geneem en onderstebo gehang waar die publiek hulle kon aanskou. Generaal Heinrich von Vietinghoff, wat in beheer was van die Spilmoondhede se magte in Italië, het die verklaring van oorgawe namens die Duitse troepe in Italië onderteken. Die ondertekening het op [[2 Mei]] [[1945]] 'n amptelike einde aan die geveg in Italië gebring.<ref>{{en}} Blaxland, bl. 277</ref> === Inval van Europa === {{Cquote|''Julle is op pad om die Groot Kruistog aan te pak, waarna julle hierdie baie maande gestrewe het. Die oë van die wêreld is op julle. Die hoop en die gebede van die liefhebbers van vryheid oral oor mars saam met julle. Saam met ons dapper Geallieerdes en ons strydgenote by ander Fronte, sal julle die vernietiging van die Duitse oorlogmasjien bewerkstellig, asook die verwydering van die Nazi-tirannie oor die onderdrukte volke van Europa en die veiligheid vir onsself in 'n vrye wêreld.|[[Dwight D. Eisenhower]]''<ref>{{en}} [http://web.archive.org/web/20040612210524/http://www.cbc.ca/news/background/dday1944/ CBC News Indepth: D-Day 1944 Front Page]. Oorspronklike aanhaling: "''You are about to embark upon the Great Crusade, toward which we have striven these many months. The eyes of the world are upon you. The hopes and prayers of liberty-loving people everywhere march with you. In company with our brave Allies and brothers-in-arms on other Fronts, you will bring about the destruction of the German war machine, the elimination of Nazi tyranny over the oppressed peoples of Europe, and security for ourselves in a free world.''"</ref>}} [[Lêer:Into the Jaws of Death 23-0455M edit.jpg|duimnael|250px|Troepe van die Amerikaanse Leër se Eerste Divisie word uit 'n landingsvaartuig ontplooi by Omaha-strand in Normandië op [[6 Junie]] [[1944]].]] Teen die lente van 1944 was die Geallieerdes se voorbereiding vir die inval van Frankryk en die aanvanklike fases vir die bevryding van Europa ([[Operasie Overlord]]) voltooi. Hulle het ongeveer 120 Divisies met meer as 2 miljoen soldate bymekaargebring. Van dié 2 miljoen soldate was 1,3 miljoen Amerikaners, 600 000 Britte en die res was Kanadese, Vrye Franse en Poolse eenhede. Die inval, kodenaam ''Operasie Neptune'', algemeen bekend as D-dag, was beplan vir [[5 Junie]] [[1944]], maar slegte weer het die inval tot [[6 Junie]] uitgestel. Die oorgrote meerderheid van die Duitse troepe was by die Oosterse Front ontplooi en slegs 'n gesamentlike totaal van 400 000 Duitse soldate vanuit die Duitse Sewende Leër en die nuut-geskepte 5de ''Panzerarmee'', was beskikbaar om die Geallieerde inval teen te sit. Die Duitsers het ook 'n ingewikkelde reeks versterkings langs die kus gebou, wat bekend gestaan het as die [[Atlantiese Muur]]. Die "muur" was bedoel om invalle te verhinder, maar daar was in sommige plekke gapings. Die Geallieerde magte, onder die oppergesag van [[Dwight D. Eisenhower]], het 'n ingewikkelde misleidingsveldtog geloods, ten einde die Duitsers te oortuig dat die inval in die area van [[Calais]] sou plaasvind. Die veldtog was suksesvol en die Duitsers het groot dele van hulle troepe na daardie sektor ontplooi, sodat daar slegs 50 000 Duitsers in die area van [[Normandië]] was tydens die aanvang van die inval. [[Lêer:Bocagenormandy.jpg|duimnael|links|230px|'n Kaart van Normandië en die Geallieerde Front. Die kaart dui ook ''bocage''-terrein aan: 'n mengsel van woude en weivelde, met martelende kantpaadjies en lanings wat aan beide kante begrens was met walle waarop daar dik plantheinings was wat die gesigsveld beperk het.]] Die inval het begin met 17,000 lugtransporttroepe wat in Normandië laat val is as skermtroepe, om sodoende die Duitsers van die strande te weerhou. Vroeg die oggend het 'n massiewe flottielje gepoog om die Duitse verdedigingstrukture op die strande te bombardeer, maar, as gevolg van 'n gebrek aan sigbaarheid, het die meeste skote hul teikens gemis. Meeste van die Geallieerde troepe se vervoerskepe (met personeel, trokke en voorraad) was ook van koers af – sommige so veel as duisende meters vanaf hul respektiewelike landingsones tussen die vyf kusgebiede ([[Utah strand|Utah]], [[Omaha strand|Omaha]], [[Sword strand|Sword]], [[Juno strand|Juno]] en [[Gold strand|Gold]]). Die Amerikaners het in besonder swaar verliese gely op Omaha-strand, as gevolg van Duitse verdedigingstrukture wat ongeskonde gebly het. Teen die einde van die dag het die Geallieerdes die meeste van hulle doelwitte behaal, alhoewel Britse en Kanadese troepe nie daarin geslaag het om [[Caen]] in te neem nie, soos oorspronklik beplan was. Hitler was oortuig daarvan dat die landings by Normandië 'n valstrik was en die Duitsers het geen opmerklike teenaanval geloods nie. Slegs drie dae later het die Duitse Opperbevel besef dat die slag by Normandië die werklike inval was, maar teen daardie tyd het die Geallieerdes reeds hulle strandhowe versterk. [[Lêer:Cherbourgair.jpg|duimnael|250px|'n Lugfoto van die hawestad, Cherbourg, in 1944.]] Die terrein van Normandië waar die Amerikaners geland het, was ideaal vir grondse oorlogvoering: die area het bestaan uit 'n mengsel van woude en weivelde, met martelende kantpaadjies en lanings wat aan beide kante begrens was met walle waarop daar dik plantheinings was wat die gesigsveld beperk het. Die Amerikaners het stadig maar seker vooruitgang behaal en het op [[26 Junie]] daarin geslaag om die hawestad, Cherbourg, in te neem, tydens die [[Slag van Cherbourg]]. Dit was een van die primêre doelwitte van die inval, maar die Duitsers het egter die water om die hawe vol seemyne geplant en het die meeste van die hawe se fasiliteite vernietig voor hulle oorgegee het. Dit sou nog 'n maand duur voor die hawe van beperkte nut kon wees. Die Britte het op [[13 Junie]] nog 'n aanval geloods om die stad Caen in te neem (sien die [[Slag van Villers-Bocage]]), maar was teruggehou nadat die Duitsers 'n groot aantal troepe na die stad beweeg het om dit te verdedig. Die stad sou vir 'n verdere ses weke aan die Duitsers behoort, voor dit uiteindelik op [[9 Julie]] deur Britse en Kanadese magte ingeneem is. Die vuurkrag van die Geallieerdes, gepaard met hulle verbeterde taktieke en groot aantal troepe het uiteindelik 'n deurbraak vir die Geallieerdes besorg: Amerikaanse gemeganiseerde troepe het op [[23 Julie]] uit die westerse punt van die Normandiese weerstandskol gebreek tydens ''Operasie Cobra''. Toe Hitler van hierdie deurbraak geleer het, het hy die Duitse troepe in Normandië beveel om 'n onmiddellike teenoffensief te loods. Dit het egter veroorsaak dat die Duitse magte nou maklike teikens vir Geallieerde lugvaartuie was: waar hulle vroeër in gekamoefleerde skuilings weggekruip het, moes hulle nou deur die oop platteland beweeg om die Geallieerdes te konfronteer. [[Lêer:Falaise Pocket map.jpg|duimnael|links|200px|'n Kaart wat die weerstandskol van Falaise uitlig.]] Die Amerikaners het sterk formasies op hulle flanke geplaas wat die Duitse teenoffensief afgeweer het en hulle het daarna begin om die Duitse 7de Leër en groot dele van die Duitse 5de ''Panzerarmee'' in die weerstandskol van [[Falaise]] te omsingel. Ongeveer 50 000 Duitsers is gevange geneem, maar 100 000 het daarin geslaag om uit die area te ontsnap. Die Britse en Kanadese troepe het ook begin om deur die Duitse linies te breek: enige hoop wat die Duitsers gekoester het om die Geallieerdes se ingang in Frankryk met behulp van nuwe verdedigingslinies te keer, was tot niet. Die Geallieerdes het vinnig deur Frankryk beweeg, in sommige gevalle met 'n vooruitgang van meer as 900 km in twee weke.<ref>{{en}} Generaal Patton se troepe het 600 myl (ongeveer 960 km) in twee weke gevorder: [http://www.generalpatton.com/biography.html].</ref> Die Duitse troepe het na Noord-Frankryk, België en Nederland teruggetrek. Teen Augustus 1944 het die Geallieerde magte wat in [[Korsika]] gevestig was ''Operasie Dragoon'' geloods en met die 6de Landmaggroep, onder leiding van Luitenant-generaal [[Jacob Devers]], het hulle die [[Franse Riviera]] op [[15 Augustus]] ingeval en by die troepe van Normandië ingeskakel. Op [[25 Augustus]], om 07:00, beweeg die Franse 2de Gepantserde Divisie Parys binne vanuit die Suidweste en die Amerikaanse 4de Divisie volg hulle voorbeeld 'n halfuur later vanuit die Suide. Hitler het aan die Duitse bevelvoerder in Parys, generaal Deitrich von Cholotitz, bevele gegee om die publieke geboue, museums en brûe van Parys te bemyn. Generaal von Cholotitz wou egter nie die stad vernietig nie en het die bevele nie gehoorsaam nie: in plaas van 'n uitgestrekte, hulpelose weerstand het hy teen 15:15 van dieselfde dag aan generaal Le Clerc van die Franse Divisie oorgegee. Die Duitsers het die wêreld se eerste [[kruismissiel]], die [[V-1-missiel]], gelanseer om teikens in Engeland en België aan te val. Later sou hulle die [[V-2 vuurpyl]] gebruik: 'n ballistiese missiel wat van vloeibare brandstof gebruik gemaak het. Hierdie wapens was uiters onakkuraat en kon slegs groot areas, soos stede, teiken. Die missiele het nie werklik 'n militêre effek gehad nie, maar was eerder bedoel om die Geallieerde burgers te demoraliseer. [[Lêer:Waves of paratroops land in Holland.jpg|duimnael|240px|Vlae van valskermsoldate land in Nederland tydens Operasie Market Garden in September 1944.]] Soos die Geallieerdes oor Frankryk en die Lae Lande versprei het en nader aan die Duitse grens beweeg het, het logistiese probleme begin om hulle te teister. Hul voorsienings was steeds vanuit Normandië afkomstig en hulle het kritiese tekortkominge gehad rakende brandstof en ander voorsienings al langs die voorste front. Die Geallieerdes het hul opmars verstadig en die beskikbare voorraad aan 'n klein deel van die front gestuur wat dan teen die normale spoed sou kon voortbeweeg. Geallieerde valskermsoldate en gepantserde voertuie het gepoog om die nodige vordering deur Nederland en oor die Ryn-rivier te maak tydens ''Operasie Market Garden'' in September van 1944. Die plan was om valskermsoldate naby die brûe van die Ryn-rivier te laat land, waar hulle die posisie sou hou, totdat die gepantserde tenks deur die vyand se linies kon breuk en by die valskermsoldate kon inskakel en dan saam na Duitsland beweeg. Die plan was bedink en gelei deur Britse Generaal Montgomery en het Britse, Amerikaanse, Poolse en Kanadese magte ingesluit. Alhoewel die plan aanvanklike sukses gebring het, was baie van die brûe opgeblaas en die tenks se opmars was vertraag. Gevolglik was die Britse 1ste ''Airborne Division'', wat hul posisie by die laaste brug gehou het, byna uitgeroei. Die Duitsers het daarin geslaag om 'n verdedigingslinie langs die hele front op te stel en die oorlog het deur die winter voortgeduur. In 'n poging om die voorraadsituasie te verbeter, was die Kanadese Eerste Leër die taak gegee om die ingang na die hawe van [[Antwerpen]] te bevry by die [[Schelde]]-monding. Die leër het die taak in November 1944 suksesvol voltooi, met die gevolg dat Kanada die enigste land was om al hulle D-Dag-doelwitte suksesvol voltooi het. In Oktober het die Amerikaanse troepe [[Aken]] ingeneem: dit was die eerste groot Duitse stad wat ingeneem was. Hitler het al sedert die middel van September 1944 'n groot teenoffensief teen die Geallieerdes beplan. Die doel van die aanval was om Antwerpen in te neem. Die inname of vernietiging van Antwerpen sou nie slegs die verspreiding van voorraad aan die Geallieerdes verhoed nie, maar sou ook die Geallieerde magte in twee verdeel. Hitler het gehoop dat so 'n verdeling die magte sou demoraliseer en hul leiers sou forseer om te onderhandel. Vir die aanval het Hitler 'n konsentrasie van die beste van sy oorblywende mage gebruik en die aanval vanaf die Ardenne in die suide van België geloods: die area was bergagtig en in sommige plekke dig bebos; dit was ook die plek waar Hitler in 1940 'n sege behaal het tydens ''[[Fall Gelb]]''. Digte wolke het beteken dat die Amerikaners nie hul verkenningsvliegtuie en vliegtuie wat grondteikens geteiken het kon gebruik nie. Dele van die aanval het daarin geslaag om deur die dun Amerikaanse linies te breek en het voortgebeur in die rigting van die [[Meuse]]-rivier. Die noordelike deel van die linie het egter behou gebly en die Duitsers se vooruitgang was beperk tot 'n nou korridor. Die Duitse opmarsing was ook vertraag by [[St. Vith]], wat etlike dae deur die Amerikaners verdedig was. Bastogne was die ligging van 'n belangrike padknooppunt en die Amerikaanse troepe het dit suksesvol verdedig tydens die [[Slag van Bastogne]] (mid-Desember 1944 tot Januarie 1945). Hulle was egter steeds omsingel deur die Duitsers en generaal [[George S. Patton]] se 3de Leër, wat oorspronklik suidwaarts gemars het, het 'n 90-grade ommeswaai gemaak en die Duitsers se suidelike flank aangeval, wat die deurslag gegee het. Teen hierdie tyd het die weer begin opklaar en die Geallieerdes se lugmagte is op die Duitsers ontketen en die Duitse aanval is by [[Dinant]] stopgesit. In 'n poging om hulle offensief voort te sit, het die Duitse 'n massiewe lugaanval geloods op die Geallieerdes se vliegvelde in die Lae Lande op [[1 Januarie]] [[1945]], tydens ''Operasie Bodenplatte''. Die Duitsers het 465 Geallieerde vliegtuie vernietig, maar het self 277 van hulle eie vliegtuie verloor. Alhoewel die Geallieerdes daarin geslaag het om hulle verliese in slegs dae te herwin, sou die ''Luftwaffe'' nooit weer daartoe in staat wees om 'n groot lugaanval te loods nie.<ref>{{en}} A World At Arms, bl. 769, Gerhard Weinberg.</ref> Geallieerde magte van die noorde en suide het by [[Houffalize]] ontmoet en teen die einde van Januarie het hulle die Duitsers terug tot hulle beginposisies gedruk. Baie Duitsers was vasgevang in die weerstandskol wat deur die uitbulting van die Geallieerde linies geskep is en was geforseer om hulself oor te gee of om sonder hulle swaar toerusting te ontsnap. Maande van die Reich se oorlogproduksie het verlore gegaan en Duitse magte op die Oosterse front was uitgehonger vir voorraad op dieselfde oomblik as wat die Rooi Leër sy grootskaalse teenoffensief teen Duitsland voorberei het. Die Geallieerdes se laaste hindernis was die Ryn-rivier: hulle het in Maart 1945 daarin geslaag om dié rivier oor te steek, gedeelteliks te danke aan die inname van die [[Ludendroff-brug]] by [[Remagen]]. Tydens ''Operasie Varsity'', 'n valskermaanval in laat-Maart, het die Geallieerdes ook 'n vastrapplek gekry aan die oostelike oewer van die [[Ryn]]. Na die Geallieerdes die rivier oorgesteek het, het die Britse troepe na die noordooste uitgesprei in die rigting van [[Hamburg]], die [[Elbe]]-rivier oorgesteek en voortbeweeg na Denemarke en die [[Baltiese See]]. [[Lêer:Omar Bradley.jpg|duimnael|Generaal [[Omar Bradley]] het die opmars na Duitsland gelei.]] Die Amerikaanse 9de Leër het suid beweeg en die Amerikaans 1ste Leër het noord beweeg in 'n poging om die Duitse ''Heeresgruppe B'' te omsingel by die [[Ruhrgebied]] in Duitsland. Die Amerikaanse troepe was gelei deur generaal [[Omar Bradley]], wat meer as 1 300 000 soldate in sy beheer gehad het. Op [[4 April]] [[1945]] was die omsingeling voltooi en die Duitse magte, onder leiding van veldmaarskalk [[Walther Model]] was vasgevang in die weerstandskol by die Ruhr. Ongeveer 300 000 Duitse soldate is as krygsgevangenes geneem. Die 1ste en 9de Amerikaanse leërs het na die ooste gedraai. Hulle het by die Elbe-rivier gehalt, waar hulle Sowjetse troepe in mid-April ontmoet het. === Sowjetse teenaanval en die verowering van Duitsland === Die Sowjette het hulle winteroffensief in Januarie 1944 in die Noordelike sektor geloods en die brutale [[beleg van Leningrad]] afgelos. Die Duitsers het 'n ordelike terugval uit die Leningrad-gebied onderneem na 'n korter linie gebaseer op die mere na die suide. Teen Maart het die Sowjette [[Roemenië]] vanuit die Oekraïne aangeval. Die Sowjetse magte het die 1e ''Panzerarmee'' noord van die Dnjestr-rivier omsingel. Die Duitsers het in April daarin geslaag om uit die weerstandskol te ontsnap en meeste van hulle manskappe te red, maar hulle swaar toerusting het in die proses verlore gegaan. Gedurende April het die Rooi Leër 'n reeks aanvalle naby die stad [[Iaşi]], Roemenië, geloods, wat daarop gemik was om dié strategies belangrike sektor te buit. Indien suksesvol sou die area gebruik kon word as 'n basis om Roemenië in 'n someroffensief in te val. Na die Sowjetse magte die aanval vanuit die woud Târgul Frumos geloods het, is hulle deur die Duitse en Roemeense magte teruggehou en het die Spilmoondhede se magte daarin geslaag om die sektor dwars deur April te verdedig. Soos wat Sowjetse troepe nader aan [[Hongarye]] beweeg het, het Duite magte Hongarye op [[20 Maart]] beset. Hitler het gemeen dat die Hongaarse leier, admiraal [[Miklós Horthy]], moontlik nie meer 'n betroubare bondgenoot kon wees nie. [[Finland]], wat as deel van die [[Voortsettingsoorlog]] ook teen die Sowjetunie geveg het, het in Februarie vrede met Stalin versoek, maar wou nie die aanvanklike voorwaardes wat aangebied is aanvaar nie. Op [[9 Junie]], het die Sowjetunie die Vierde strategiese offensief op die [[Kareliese Landengte]] geloods, wat Finland na drie maande gedwing het om 'n vredesverdrag te aanvaar. Voor die Sowjetunie se someroffensief kon begin met 'n aanval op [[Belarus]], moes hulle die eers die [[Krim]]skiereiland van die Spilmoondhede se troepe bevry. Die oorblywende dele van die Duitse Sewentiende Leër en die ''Heeresgruppe Süd'' en sommige Roemeense magte was afgesny en op die skiereiland agtergelaat toe die Duitsers uit Oekraïne onttrek het. Vroeg in Mei het die Rooi Leër se 3de Oekraïnse Front die Duitsers aangeval en die daaropvolgende veldslag het geëindig in 'n totale oorwinning vir die Sowjetunie. Die Duitsers se poging om oor die Swart See te ontsnap, het misluk. [[Lêer:Approaching Omaha.jpg|duimnael|250px|Die Geallieerde landings in Normandië, Junie 1944.]] Noudat die Krimskiereiland oop was, is die lang-verwagte Sowjetse someroffensief op [[22 Junie]] [[1944]] geloods. Die offensief, met die kodenaam ''Operasie Bagration'', het 2,5 miljoen man en 6 000 tenks ingesluit. Die doel van die offensief was om die Duitse troepe uit Belarus te verwyder en die Duitse ''Heeresgruppe Mitte'', wat die sektor verdedig het, te vernietig. Dit was beplan dat die offensief terselfdertyd as die [[Slag van Normandië|Geallieerde landings in Normandië]] sou plaasvind, maar vertragings het veroorsaak dat die offensief met 'n paar weke uitgestel is. Die daaropvolgende veldslae het die vernietiging van die ''Heeresgruppe Mitte'' tot gevolg gehad en het gelei tot 800 000 Duitse sterfgevalle. Dit was dan ook die grootste nederlaag vir die Duitse ''Wehrmacht'' gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die Sowjetse magte het voorwaarts beweeg en die buitewyke van [[Warskou]] op [[31 Julie]] bereik. Die nabyheid van die Rooi Leër het die Pole in Warskou laat glo dat hulle binnekort bevry sou word. Op [[1 Augustus]] het inwoners van die stad in opstand gekom tydens die [[Warskou-opstand]], wat deel gevorm het van die groter [[Operasie Storm]]. Nagenoeg 40 000 versetstryders het beheer van die stad oorgeneem. Die Rooi Leër het egter gehalt met hul opmarsing.<ref>{{en}} [http://www.warsawuprising.com/doc/okulicki1.htm ''The Warsaw Rising: Its Causes, Course, and Capitulation.''] deur Gen. Leopold Okulicki. Laaste besoek op 6 September 2007.</ref> Die enigste bystand wat aan die Pole verleen is, was artillerievuur en Duitse troepe het na die stad beweeg op die opstand stop te sit. Die opstand het op [[2 Oktober]] geëindig en die Duitse magte het dit wat van die stad oorgebly het, vernietig. In Joego-Slawië is die Partisane uiteindelik met sukses begroet. Op [[16 Junie]] [[1944]] is die [[Verdrag van Vis]] deur die Partisane en die Koninklike Regering onderteken: hierdie verdrag het die Partisane as die leër van Joego-Slawië bevestig. Teen die einde van Augustus is [[Josep Tito]] aangestel as personeelshoof van die [[Tsjetniks]], alhoewel sy koningsgesinde teenstander, [[Draža Mihailovic]], en ander Tsjetniks voortgehou het met hulle eie versettingsbeweging. Dié aparte versettingsbeweging is egter uiteindelik verslaan tydens die [[Slag van Lijevca-veld]] (30 Maart – 8 April) deur 'n Kroasiese alliansie. Na die vernietiging van die Duitse ''Heeresgruppe Mitte'' het die Sowjetse magte die Duitsers in mid-Julie van 1944 in die Suide aangeval. Hulle het in 'n maand se tyd daarin geslaag om Oekraïne geheel en van die Duitsers te bevry en die Duitse troepe het groot verliese gely. Daarna het die Sowjetse magte hulle op Roemenië gerig. Die Rooi Leër se 2de en 3de Oekraïnse Fronte het die Duitse ''Heeresgruppe Südukraine'' (wat uit beide Duitse en Roemeense troepe bestaan het) aangeval in 'n poging om Roemenië te beset en die Duitse oprigtings in die sektor te vernietig. Die uitslag van die [[Slag van Roemenië]] was 'n gehele oorwinning vir die Rooi Leër en 'n skuif vir Roemenië vanaf die Spilmoondhede na die Geallieerdes. [[Bulgarye]] het in September aan die Rooi Leër oorgegee. Na die Duitse onttrekking uit Roemenië, het Sowjetse troepe Hongarye in Oktober 1944 ingevaar, maar die Duitse Sesde Leër het drie afdelings van maarskalk Rodion Jakowlewitsj Malinowski se Groep Plijef naby Debrecen omsingel en vernietig. Die vinnige aanval wat die Sowjette gehoop het sou lei tot die inname van Budapest was nou stopgesit en Hongarye sou Duitsland se geallieerde bly tot aan die einde van die oorlog in Europa. Hierdie veldslag was die laaste Duitse oorwinning aan die Oostelike Front. Soos die Rooi Leër hul opmars na die Balkan voorgesit het, het Duitse troepe op 12 Oktober uit Griekeland onttrek. Terselfdertyd het die Joego-Slawiese Partisane hul operasies na Serwië verskuif en het hulle [[Belgrado]] op [[20 Oktober]] met hulp van die Sowjetunie bevry. Teen die einde van die jaar het die Partisane die oostelike helfte van Joego-Slawië en die Dalmatiese kus beheer en was hulle teen laat Maart 1945 gereed vir 'n finale weswaartse offensief. Die Sowjetunie het van sy nederlaag in Debrecen herstel en naderende kolonne van die Rooi Leër het Belgrado in laat-Desember bevry en Budapest op [[29 Desember]] [[1944]] bereik. Hulle het die stad omsingel en sodoende meer as 188,000 troepe van die Spilmoondhede vasgevang, insluitende baie Duitse [[Waffen-SS]]. Die troepe in Budapest het tot [[13 Februarie]] [[1945]] uitgehou en die daaropvolgende beleëring was een van die bloederigste tydens die oorlog. In die tussentyd het die Rooi Leër se 1ste, 2de en 3de Baltiese Fronte was in 'n geveg met die oorblyfsels van die Duitse ''Heeresgruppe Mitte'' en die ''Heeresgruppe Nord'' om die Baltiese streek van die Duitsers in Oktober 1944 te ontneem. Die uitslag van die reeks veldslae was 'n permanente verlies van kontak tussen die ''Heeresgruppe Nord'' en ''Mitte'' en die skepping van die Koerland-weerstandskol in [[Letland]] waar die Duitse 18de en 16de Leërs (met saam meer as 250 000 man) vasgekeer was tot aan die einde van die oorlog. === Opmars na Berlyn === Siende dat die Balkan en die grootste deel van Hongarye teen laat Desember 1944 van Duitse troepe bevry was, het die Sowjetunie 'n massa-ontplooiing in Pole begin om voor te berei vir die komende Winter-offensief. Sowjetse voorbereidings was steeds besig toe Churchill aan Stalin gevra het om sy offensief so gou as moontlik te loods, ten einde die Duitse druk in die weste te verlig. Stalin het ingestem en die begindatum vir die offensief was vasgestel vir [[12 Januarie]] [[1945]]. Die Sowjetse bevelvoerder, [[Iwan Konew]], se troepe het die Duitsers in die suide van Pole aangeval en hulle posisie het in omvang toegeneem vanaf hul brughoof by die Wisła-rivier naby [[Sandomierz]]. Op [[14 Januarie]] het Sowjetse bevelvoerder, [[Konstantin Rokossowski]], se magte die Duiters vanaf die Narew-rivier noord van [[Warskou]] aangeval, terwyl bevelvoerder Georgi Sjukow se troepe in die middel vanaf hulle brughoof naby Warskou aangeval het. Die gekombineerde Sowjetse offensief het deur die verdediging wat [[Oos-Pruise]] gedek het, gebreek en het die Duitse front was in chaos gedompel. Sjukow en sy troepe teen [[17 Januarie]] ingeneem en teen [[19 Januarie]] het sy tenks [[Lódz]] ook ingeneem. Ook op die 19de het Konew se troepe die Duitse voor-oorlogse grens bereik. Aan die einde van die eerste week van die offensie het die Sowjette 160 km diep in 'n front ingebeur wat 650 km wyd was. Die Sowjetse aanval het is uiteindelik by die Oder-rivier aan die einde van Januarie gehalt, slegs 60 km van Berlyn. [[Lêer:Eastern Front 1945-01 to 1945-05.png|duimnael|225px|links|Berlyn- en Praag-offensief op die Oosterse Front, 1945.]] Die Sowjetunie het gehoop om Berlyn teen die middel van Februarie in te neem, maar dit het geblyk dat hulle te optimisties was. Die Duitse versetting het, in plaas van om ineen te stort, aansienlik versterk tydens die aanvang van die aanval. Die Sowjetse voorsieningslyne kon nie aan die behoeftes van die troepe voldoen nie. Die dooiweer van die lente, die gebrek aan lugversterking en die vrees vir omsingeling deur flankaanvalle uit Oos-Pruise, [[Pommere]] en [[Silesië]] het die Sowjetse offensief stopgesit. Die nuut geskepde Heeresgruppe Weichsel, onder die bevel van [[Heinrich Himmler]], het 'n teenaanvaal op die blootgestelde flank van die Sowjetse Leër gepoog, maar het teen 24 Februarie misluk. Dit het dit aan Sjukow duidelik gemaak dat die flank sekuur moes wees, voor enige aanval op Berlyn geloods kon woord. Die Sowjette het hulle magte hergroepeer en na die noorde aangeval en Duitse troepe in Pommere ontruim. Daarna van hulle na die suide aan en ontruim hulle Duitse troepe uit Silesië. In die suide het drie Duitse pogings om die omsingelde garnisoen in Boedapest te ontset, gefaal en die stad is op [[13 Februarie]] deur die Sowjetse magte ingeneem. Die Duitsers het weereens 'n teenaanval geloods: Hitler het daarop aangedring om beheer oor die Donau te verkry. Die [[16 Maart]] het die aanval gefaal en die Rooi Leër het hulle teenaanval op dieselfde dag geloods. Op [[30 Maart]] het Sowjetse troepe Oostenryk binne gegaan en [[Wene]] is op [[13 April]] ingeneem. Hitler het geglo dat die Sowjetunie se hoofteiken vir hulle naderende offensief in die suide naby [[Praag]] sou wees en nie Berlyn nie. Hy het dus sy laaste oorblywende Duitse reserwes gestuur om daardie sektor te verdedig. Die Rooi Leër se doelwit was egter Berlyn en teen [[16 April]] was die Sowjetunie gereed om hulle [[Slag van Berlyn|finale aanslag op Berlyn]] te loods. Sjukow se magte het vanuit die middel aangeval en het die Oder-rivier gekruis, maar is daarna deur sterk Duitse weerstand naby Seelow vasgekeer. Na drie dae van swaar geveg en 33 000 dooie Sowjetse soldate<ref>{{de}} http://www.gedenkstaette-seelower-hoehen.de/</ref> het die Sowjetse troepe deur die laaste verdedigingslyne van Berlyn gebreek. Konew het die Oder-rivier vanuit die suide gekruis en was binne slagwydte van Berlyn, maar Stalin het Konew beveel om die flanke van Sjukow se troepe te beskerm en nie Berlyn self aan te val nie. Rokossowski se troepe het die Oder vanuit die noorde gekruis en het by Britse veldmaarskalk Bernard Montgomery se magte in Noord-Duitsland aangesluit, terwyl Sjukow en Konew se troepe Berlyn ingeneem het. Teen [[24 April]] [[1945]] het die Sowjetse leër die Duitse 9de Leër en 'n deel van die 4de Pantser Leër suid-oos van Berlyn omsingel. Berlyn was ongeveer dieselfde tyd omsingel en, as 'n finale weerstandspoging, het Hitler die stad se burgers, insluitende tieners en ou mens, opgeroep om in die ''[[Volkssturm]]''-burgermag teen die naderende Rooi Leër te veg. Duitse troepe aan die stad se grense is versterk deur die oorblywende troepe wat teen die Sowjette naby Seelow geveg het. Hitler het beveel dat die omsingelde Duitse 9de Leër, onder bevel van Generaal [[Theodor Busse]], uit moes breek an by die Duitse 12de Leër, onder bevel van Generaal [[Walther Wenck]], moes aansluit. Na die leërs bymekaar aangeluit het, het hulle gepoog om Berlyn van die Sowjetunie te bevry: 'n onmoontlike taak. Die oorblywende eenhede van die 9de Leër is na die woude om Berlyn gedryf, naby die dorpie Halbe, waar hulle, tydens die [[Slag van Halbe]], deur die Sowjetse linies probeer breek het om die Duitse 12de Leër te bereik. 'n Klein aantal soldate het daarin geslaag om by die 12de Leër aan te sluit en het hul weg na die weste oopgeveg waar hulle aan die Amerikaners oorgegee het. In die tussentyd het die geveg in Berlyn voortgeduur. Die Duitsers het 'n groot aantal [[Panzerfaust]]s tot hulle beskikking gehad – 'n soort anti-tenk-handkanon – waarmee hulle 'n swaar tol van die Sowjetse geledere in die strate van Berlyn geëis het. Die Sowjette het egter stedelike oorlogvoering in Stalingrad meegemaak en die ervaring het bygedra tot hulle stadig maar sekere vooruitgang na die middel van die stad. Die Duitse weerstand in die stad was volhoudend, maar die Sowjetunie het uiteindelik geseëvier. Die Sowjetunie het 360 000 stergetalle gehad en die Duitsers 450 000, waaronder ook siviele burgers en omtrent 170 000 Duitsers was gevange geneem. Hitler en sy personeel het na die [[Führerbunker]] verhuis: 'n Betonbunker onder die Reichs-kanseliersgebou in Berlyn. Hitler het daar op [[30 April]] [[1945]] saam met sy bruid, [[Eva Braun]], selfmoord gepleeg. Hy het reeds die vorige dag, 29 April 1945, Grootadmiraal Dönitz, as sy opvolger as staatshoof van Duitsland aangestel. === Einde van die oorlog in Europa === [[Lêer:Yalta summit 1945 with Churchill, Roosevelt, Stalin.jpg|duimnael|regs|[[Winston Churchill]], [[Franklin D. Roosevelt]], en [[Joseph Stalin]] in [[Jalta]] in 1945.]] [[Lêer:News. V.E. Day BAnQ P48S1P12270.jpg|duimnael|''Montreal Daily Star'': "Germany Quit", 7 Mei 1945]] [[Franklin D. Roosevelt]], [[Winston Churchill]] en [[Josef Stalin]] het reëlings getref vir 'n na-oorlogse Europa by die [[Konferensie van Jalta]] in Februarie 1945. Hulle ontmoeting het gelei tot baie belangrike besluite, soos die vorming van die [[Verenigde Nasies]], demokratiese verkiesings in [[Pole]], die skuif van Poolse grense na die weste (op Duitsland se onkoste), Sowjetse burgers sou teruggevoer word en daar was ingestem dat die Sowjetunie Japan binne drie maande van Duitsland se oorgawe sou inval. Na Hitler se dood (op 30 April), het grootadmiraal [[Karl Dönitz]] die leier van die Duitse regering geword en het hy die oorgawe van Duitsland beveel. Op [[2 Mei]] [[1945]] gee Duitse troepe Berlyn oor aan die Sowjetse troepe daar. In 'n geïsoleerde insident het die Duitse troepe in Italië reeds hulle oorgawe op [[29 April]] belowe: by Caserta het Kolonel Schweinitz en sy adjudant, Wenner (wat Generaal Vietinghoff verteenwoordig het), 'n dokument onderteken wat die onvoorwaardelike oorgawe van alle Duitse troepe in Italië vanaf 13:00 MGT (14:00 in Italië) op 2 Mei 1945 gewaarborg het. As Dönitz se verteenwoordiger in [[Reims]], [[Frankryk]], beveel Kolonelgeneraal [[Alfred Jodl]] die oorgawe van alle oorblywende troepe daar op [[7 Mei]]. Na die finale ondertekening van Duitse oorgawe in Berlyn op [[8 Mei]] [[1945]] word [[Oorwinningsdag]] vir die eerste keer deur Westerse Geallieerdes gevier. Te wyte aan tydsverskille het die Sowjetunie hulle eie Oorwinningsdag op [[9 Mei]] gevier: volgens die Sowjetse horlosie het die staking van Duitse militêre aktiwiteit een minuut na middernag plaasgevind. Sommige oorblywende Duitse versettingstroepe was tot [[11 Mei]] aktief (sien die [[Praag Offensief]]).<ref>{{en}} [http://www.wargamer.com/ww2timeline/1945eastern.asp ''Eastern Europe – 1945''] deur die ''World War 2 Timeline'' van ''The Wargamer''. 20 Desember 2000. Verkry op 22 April 2007.</ref>⏎ ⏎ === Oorlog breek uit in Asië === ==== Chinese en Suid-Asiatiese veldtogte ==== [[Lêer:Japanese Empire2.png|regs|duimnael|Die Japannese Ryk se gebied tydens die ryk se piek.]] (contracted; show full) * {{en}} ''The Second World War in Colour'' (1999) is 'n dokumentêre reeks wat drie episodes beloop het en unieke beeldmateriaal in kleur wys. ([http://www.imdb.com/title/tt0212694/ Imdb-skakel]) All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=1836932.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|