Difference between revisions 1836936 and 1837072 on afwiki

[[Lêer:Honda_Aqua_Trax_F-12x_turbo.jpg|thumb|center|600px|Honda Aqua Trax F-12x turbo]]
[[Lêer:Jeep-CJ.jpg|duimnael|links|280px]]
[[Lêer:'46 Jeep CJ (Auto classique Laval '10).jpg|duimnael|regs|1946 Jeep CJ]]
[[Lêer:Green Highlander salmon fly.jpg|duimnael|regs|''Green Highlander'' is 'n kunsvlieg wat goed werk vir salm.]]
{{reg}}
{{verkeerd}}
[[en:User:Aliwal2012/sandbox]]
[[nso:Mošomi:Aliwal2012/sandpit]]
-----------------------------------
{{clr}}
==Maklike afdrukking van artikels==

Wel, maklik, miskien, maar tog 'n bietjie stadig: http://pediapress.com/collection/ laat jou toe om soveel artikels as jy wil af te druk in boek/hoofstuk vorm. Lyk baie mooi, alhoewel inligtingskaste ongelukkig gestrek word om die hele bladsy te vul en die teks bietjie te groot na my sin is. Diegene wat belangstel kan ook miskien na die "[[:mw:Extension:Collection|Collections extention]]"  kyk - hoop dit word ook vir ons wiki geïmplimenteer. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 08:14, 28 Januarie 2009 (UTC)
:Ek moet meer diwels sê "ek hoop dat....". Lyk my ons het nou die ''[[:mw:Extension:Collection|Collections-extension]]''. Gaan bietjie speel om te kyk hoe dit werk (sal die nodige ook by Betawiki vertaal sodat dit in Afrikaans vertoon). [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 10:18, 31 Januarie 2009 (UTC)
::Hmm... ek sou gehoop het dat mens meer keuse in die grootte van die lettertipe ens. sou hê, maar ''oh, well''. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 10:37, 31 Januarie 2009 (UTC)

==Oorbodige kategorieë==

Daar bestaan kategorieë vir indiwiduele musikale eenhede — is dit regtig nodig? Ek sou verkies dat ons die kategorieë verwyder. Die betrokke artikels kan van die hoofartikels geskakel word en het nie nodig om in 'n eie kategorie te staan nie. Sien bv. [[:Kategorie:Fokofpolisiekar]], [[:Kategorie:Seether]], [[:Kategorie:Depeche Mode]], [[:Kategorie:Lize Beekman]]. — [[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]] • [[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 21:36, 29 Januarie 2009 (UTC)
:Ek is self ten gunste van so iets, maar daar was destyds konsensus dat, sodra daar meer as een artikel is wat in 'n kategorie gepas kan word, die kategorie dan geskep word. Persoonlik sien ek nie die nut van kategorieë wat waarskynlik nooit meer as 'n handjievol artikels kan hê nie. 'n Uiters spesifieke kategorie lyk miskien netjies in die artikel self, maar as jy tussen die kategorieë snuffel wil mens nie 100 keer moet kliek voor jy uiteindelik by 'n artikel uitkom nie. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 21:52, 29 Januarie 2009 (UTC)

::Sal ek voortgaan op die kategorieë te verwyder? Ek sien nie die nut daarvan nie.  — [[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]] • [[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 13:30, 30 Januarie 2009 (UTC)

:::Die kategorieë is nou verwyder. Kan ons besluit op 'n benamingskonvensie vir kategorieë wat die VSA in hul name het? Bespreek dit asb. [[Kategoriebespreking:Verenigde State van Amerika|hier]].  — [[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]] • [[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 17:28, 30 Januarie 2009 (UTC)

==Suiker, 'n ander gebruik vir die woord==

Hi daar, op hierdie stadium is daar slegs een artikel met die titel [[suiker]]. Is dit moontlik om nog 'n artikel te kry met die term in 'n chemiese konteks? Suikers in organiese chemie, ook bekend as sacchariede, sluit in molekules soos glukose, fruktose, mannose, xylose, sucrose, galaktose en laktose. Daar is ook 'n hele klasifikasie stelsel vir suikers. [[Gebruiker:Marx1326|Marx1326]] ([[Gebruikerbespreking:Marx1326|kontak]])

:Mens kan 'n bladsy met die naam [[sacchariede]] skep en dan bo-aan die huidige [[suiker]]blad noem:
:''Hierdie artikel handel suiker in sy gebruiklike vorm, sien [[sacchariede]] vir die artikel oor suiker in 'n chemiese konteks.''
:Of iets met 'n beter bewoording. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 16:02, 30 Januarie 2009 (UTC)

::Dalk kan die algemene strooisuiker na 'n ander artikel geskuif word, dalk onder sy chemiese naam, en dan word suikers in die algemeen by [[Suiker]] bespreek, met 'n nota wat na strooisuiker aanstuur.  — [[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]] • [[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 17:05, 30 Januarie 2009 (UTC)
:::Strooisuiker is 'n spesifieke (baie fyn) suiker, nie algemene suiker nie. Algemene suiker is bloot "suiker". [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 17:06, 30 Januarie 2009 (UTC)

::::Ek het dit nooit geweet nie. Kan ons dan die algemene suiker onder [[Suiker (algemeen)]] bespreek, en suiker in die algemeen, onder [[Suiker]]?  — [[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]] • [[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 17:27, 30 Januarie 2009 (UTC)

:::::Die artikel oor "suiker" behandel die algemene en kultuurgeskiedenis van kristalsuiker (of kristalsukrose) - in 'n chemiese konteks sal 'n artikel oor "koolhidrate" (sakkariede) met die drie hoofgroepe monosakkariede, oligosakkariede en polisakkariede geskep moet word. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 21:54, 30 Januarie 2009 (UTC)
::::::Wat van 'n nuwe blad met die naam [[Suikers]] vir die chemiese konteks. Met 'n skakel vanaf [[suiker]]. [[Gebruiker:Byeboer|Byeboer]] ([[Gebruikerbespreking:Byeboer|kontak]]) 06:32, 31 Januarie 2009 (UTC)

==Popup gadget==

Skies die Engels, maar diegene wat van gadgets hou, kyk bietjie na [[:en:Wikipedia:Tools/Navigation_popups]]. Indien jy dit wil gebruik hoef jy slegs die volgende by jou [[Special:Mypage/monobook.js|monobook.js]] te voeg:

<pre>
// [[User:Lupin/popups.js]]

importScript('Gebruiker:Anrie/popups.js');
</pre>

(Ek los die oorspronklike skakel in die titel, dan weet mens waar dit vandaan kom.) Tata. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 19:37, 1 Februarie 2009 (UTC)

:Dankie Anrie, dis baie nuttig! &nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 20:29, 1 Februarie 2009 (UTC)

==Gr.7 Afrikaans praatjies / redenaars==

Hi almal, kan enigiemand dalk help met voorstelle of inligting vir 'n afrikaans praatjie met enige van die volgende onderwerpe...  TALENTE; HULPBRONNE en MISVERSTAND??  ons krap behoorlik kop met die onderwerpe...[[Spesiaal:Bydraes/41.244.60.9|41.244.60.9]] 07:15, 2 Februarie 2009 (UTC)

:Julle sou byvoorbeeld 'n onderwerp soos talentbestuur (''talent management'') in 'n sakeonderneming wat julle ken kan behandel. Gesels met die personeelbestuurder of ander verantwoordelike persone. Watter menslike hulpbronne het hulle ter beskikking? Watter uitsonderlike talente en vaardighede het hul werknemers? Word hulle in die onderneming ingespan? Het die personeelbestuurder al van die konsep van talentbestuur gehoor, en is daar moontlik nog misverstande ten opsigte van hierdie konsep wat uit die weg geruim moet word?
:Doen 'n soektog op die internet:
:* Cape Gateway ([http://www.capegateway.gov.za/afr/pubs/guides/U/67928/4/ ''Menslike hulpbronne'']) en 
:* die Engelse Wikipedia ([http://en.wikipedia.org/wiki/Talent_management ''Talent management''])
:is moontlike beginpunte. Sterkte --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 00:35, 3 Februarie 2009 (UTC)

==Nog 'n gadget==

Diegene wat belangstel kan ook die nuwe Redigerings-gadget uitprobeer. Gaan na "my voorkeure", kliek op geriewe en selekteer "WikiEd" of iets soos dit. Dit verskaf 'n wysigingsvenster wat meer soos 'n woordverwerker lyk. Dit bied ook HTML->Wiki omskakelingsfunksies, tabelle word met die kliek van die muis ingevoeg en [[:en:User:Cacycle/wikEd|nog meer]]. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 16:53, 4 Februarie 2009 (UTC)

O ja, dit werk nie met Internet Explorer of Opera nie, slegs Firefox, Chrome, Safari en Seamonkey. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 16:57, 4 Februarie 2009 (UTC)

==WAT IS MY REGTE AS GROOT OUERS==

Ek is ongelukkig.
My dogter het nie op n mooi manier uitgetrek die naweek wat verby is nie.
Sy ken die man nou 2 maande. Alhoe wel hy nog nie geskei is nie pla dit hulle maar min of sy amper ex`s dit uitvind.
My probleem is al het sy uitgetrek het sy leuens aan die polisie vertel.
Sien sy het n 2 jaarige seuntjie wat ek so te se grootgemaak het. Hy vertrou sy oupa en oumie. Sy het aan die polisie vertel dat ek nie haar kind aan haar wil gee nie want ek het gevoel as sy so graag wil trek hkm try dit eers nie en kyk of dit is wat sy wil doen. Die polisie het vir haar die selfde voorstel gemaak wat maar op dowe ore geval het want die volgende dag het sy haar kind se goed kom haal weer met n ander polisie man net om seker te maak ek gee dit aan haar. sy is van ons huis na die kleurteskool toe waar ek hom die volgende dag gaan aflaai het weer met n polisie net om seker te wees ek het nie opdrag gegee dat sy hom mag kry nie.
Ek sal nooit haar kind van haar af weg vat nie.
Nou die groot probleem is . . . . 
Sy het dit aan my gedoen. 
Ek was siek van kommer.  
Wat as hy na my vra....
Wat se sy vir hom....
Dit was maandag.... vandag is donderdag.
Al wat ek wil he is om hom bietjie vas te hou. 
ek het nie bye vir hom gese nie.

Nou wil die ou n interdik teen ons kry. Het hy die reg om dit te doen. 
In my oe is hy niks van ons of die kind want hy is getroud wil nie eers van sy eie kind wat seker so 3maande is af weet nie.

Wat is my regte as grootouers. van hy gebore is voor en na het ons al die onkostes gedra vir hom tot en met laas week gesorg vir sy doeke, kos badgoed klere u name it ons het dit gedoen. vir altwee. als wat sy nodig gehad het was daar vir haar. dak oor haar kop kos wasgoed als tot die werk wat haar pa vir haar gekry het.

KAN EK N SAAK TEEN HAAR MAAK. ONBEVOOG WEET EK IS SY NIE IN DIE EERSTE PLEK DAN 2DE SY KAN NIE EERS MET HOM SPEEL WANT SY IS ALTYD MOEG EN AS HY SIEK IS IS DIT EK WAT OPSIT WANT SY MOET WERK DIE VOLGENDE DAG. eK WAS 24/7 DAAR VIR HOM GEWEES.

aS JULLE DINK EK HET N SAAK EK IS VAN VANDERBIJLPARK. OM VINNIGE ANTWOORDE TE KRY SAL EK DIT WAARDEUR AS JULLE VIR MY N EMAIL KAN STUUR.   [email protected] EK VERWELKOM ANTWOORDE WANT VIR MY GAAN DIT OOR DIE BELANG VAN N KIND. eK WEET NET HULLE BLY IN SASOL NOU EN EK SAL NOOIT HAAR BY HAAR WERK GAAN PLA NIE.
As iemand weet van n goeie nie te duur prokereur sal ek dit ook baie waardeur.

Jamer vir die lang brief.
Groete Petro.{{paraf|196.207.32.36}}

Jammer om te hoor van jou probleme. Ek dink nie groot ouers het veel regte. So jy sal 'n ander pad moet vind. Geduldig wees tot hulle moeg raak van die kind en weer 'n babaoppasser soek. Jy kan ook gemeen raak maar dink nie dit sal help nie. Maar kontak kinderwelsyn en lig hulle in. Mag handig wees dat hulle weet. Alle sterkte. [[Gebruiker:Byeboer|Byeboer]] ([[Gebruikerbespreking:Byeboer|kontak]]) 23:14, 5 Februarie 2009 (UTC)

==Roofkopieëring==

Ek sal dit waardeer indien `n kenner vir ons `n artikel kan skryf oor roofkopieëring in RSA en/of internationaal, met verwysing na gepubliseerde artikels in dagblaaie ens. Oral lees jy van kopiereg, maar nie eintlik van roofkopieëring nie.  Toepaslike voorbeelde daarvan sal dit meer leser vriendelik maak.  Dankie  Retha Prinsloo

:Ek is allesbehalwe 'n kenner maar ek dink die vertaling van die Duitse Wikipedia-artikel ''Raubkopie'' bied 'n beknopte oorsig oor die problematiek. Jy sal moontlik hierdie rolprent nuttig vind : [http://www.no-copy.org/movie-play.html ''no-copy.org The Movie''] --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 10:01, 6 Februarie 2009 (UTC)

==kunsrotswerk met sement==

–&nbsp;–lEk het myself bekwaam in die ontwerp en bou van kunsrots, m.a.w die bou van rotse, watervalle, spring klippe, boomstompe ens in landskappe. Ek doen dit nou al vir 8 jaar as 'n stokperdjie en het baie gelees en gedoen oor die onderwerp.As daar enige persooon in die Wesrand woon wat dieselfde belangstelling toon my asb. te kontak, ek sal graag my ondervinding wil deel met ander en ook so ander idees ens wil bekom.
My e-mail is [email protected]
Baie dankie
Leon v Zyl

==Afrikaanse wikipedia genoem by die Page F30 blog==
Hello - gaan lees bietjie wat skryf hierdie ou op sy baie interessante blog.  Hy noem selfs die Kathaar artikel (mooi skoot)   
[http://mithridates.blogspot.com/2009/02/german-losing-its-status-as-scholarly.html German losing its status as scholarly language]
--[[Gebruiker:Alleman|alleman]] ([[Gebruikerbespreking:Alleman|kontak]]) 23:14, 8 Februarie 2009 (UTC)
:Hy het al in die verlede ook oor ons geskryf - sal êrens in die geselshoekie se argiewe wees. Altyd interessant om 'n nie-Afrikaanssprekende se opinie te hoor - veral as dit so 'n positiewe een is! Ironies genoeg het ek onlangs ook 'n soortgelyke iets gelees oor Afrikaans as taal vir akademici (een ou was hewig gekant daarteen). Dit 'n dag na ek self die nuwe "Ontsluier die heelal" ontvang het - 'n bielie van 'n akademiese boek, en in Afrikaans! [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] [[Spesiaal:Bydraes/145.102.8.10|145.102.8.10]] 08:44, 9 Februarie 2009 (UTC)

::Snaaks dat ons spesie 'n simfonie van 'n taal ten koste van die luiheid om dit aan te leer, kan opgee. &nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 12:22, 9 Februarie 2009 (UTC)

:::Dit gaan eintlik net om wetenskaplike publikasies oor resente navorsing wat vir 'n baie klein publiek geskryf word - Engelse artikels in tydskrifte het natuurlik 'n beter kans om internasionaal aangehaal te word (dieselfde geld moontlik vir wetenskaplike monografieë met 'n beperkte aantal lesers). Gewoonlik het die outeurs egter steeds Engelse moedertaalsprekers nodig wat hul manuskripte moet vertaal of redigeer. Ek weet ook nie watter voordeel dit inhou om mense op akademiese konferensies met gebroke of Pidgin-Engels te teister nie (daar is immers simultaanvertalers wat hul dienste kan aanbied). Europese studente wat kursusse in Engels volg doen gereeld slegter in toetse. Ander tale tale loop nogtans gevaar dat hulle oor die lang termyn geen eie vakterminologie meer ontwikkel nie. 
:::Dit is kommerwekkend dat baie Afrikaanssprekende Wikipediane hul bydraes uitsluitlik in Engels skryf om 'n groter publiek te bereik. Die internasionale publiek wat wél in spesifiek Suid-Afrikaanse onderwerpe belang stel sal ook bereid (moet) wees om Afrikaans aan te leer. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 13:35, 9 Februarie 2009 (UTC)

==Goeie dag==

Hi aan almal, ek is nuut by wikipedia en het my eerste bydrae gelewer (en is nog besig) deur die ENIAC artikel te vertaal van Engels na Afrikaans. Ek hoop maar dit wat ek doen is aanvaarbaar en reg. 

Ek is oop vir enige voorstelle vir korreksies, kortpaaie, ens. 

Groetnis{{paraf|196.207.33.197}}


Dit lyk gaaf vir 'n begin.  Ek stel voor jy skep 'n rekening (teken in), dat jou bydraes onder jou gebruikernaam kan wees.  --[[Gebruiker:Alleman|alleman]] ([[Gebruikerbespreking:Alleman|kontak]]) 00:33, 10 Februarie 2009 (UTC)
:Ek dink dis [[Gebruiker:Ernabiss]]. Ek het hom welkom geheet en gesê dat hy welkom is om hom/haarself in die Geselshoekie te kom voorstel. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 16:41, 10 Februarie 2009 (UTC)

==Vertal van engels na afrikanns==

Psychologist, life strategist, television host. Born in 1950 in Oklahoma, Dr. Phil was raised both there and in Texas. He grew up to become a 6-foot-4-inch linebacker and was awarded a football scholarship to the University of Tulsa. He finished his degree at Midwestern State University in Wichita Falls, Texas. Later, in just four years, he picked up his master's and Ph.D. in psychology at the University of North Texas. In 1979, Dr. Phil opened a practice with his father, who earned his psychology degree at the age of 40. 
After going into private practice, Dr. Phil soon realized one-on-one therapy wasn't for him. He then launched a popular self-motivation seminar called Pathways. And in 1989, he built a company called Courtroom Sciences. The venture helped trial lawyers build cases using psychology by conducting mock trials, behavioral analysis, jury selection and mediation. 
It was through Courtroom Sciences that Dr. Phil met Oprah Winfrey. In 1996, she was being sued by cattlemen who claimed she defamed the beef industry on one of her shows, and Oprah hired Dr. Phil to assist during the trial. After helping her win the case in 1998, Dr. Phil became a regular expert on Oprah, dealing with life strategies and relationships. With his catchphrase, "Get real," the plain-spoken Texan served up common sense advice rather than self-help jargon. His tough demeanor made him a psychologist that even men felt comfortable listening to. 
In the fall of 2002, he launched his own nationally syndicated series, Dr. Phil. The one-hour talk show garnered the highest ratings of any new syndicated program since the launch of The Oprah Winfrey Show 16 years prior. Along with conducting motivational seminars across the country, he is the author of four New York Times bestsellers. His most recent book, Family First, was released in September 2004. 
Dr. Phil has been married to his wife, Robin, since 1976. They have two sons, Jay and Jordan.{{paraf|147.110.52.117}}

==plaas "donkies" vir warmwater ==

Wie kan help - die ouer manne - waar kry ek inligting oor verskaffers van die "Donkies" wat ons gebruik het as kind en nou nog op plase gebruik word.Kan iemand help met my soektog.Ek het n plaas gekoop en soek na so n stelsel of raad om een te bou wat langer sal hou as Oupa sin. [email protected]

==Translatewiki.net update==
* [http://translatewiki.net Translatewiki.net] formerly known as Betawiki is where the Internationalisation and Localisation of MediaWiki is concentrated. Over 300 languages are supported, issues with MediaWiki programs are dealt with. But we need all the help we can get to ensure that we can maintain this service in the face of an increasing workload. 

*Currently 78.45% of the MediaWiki messages and 36.56% of the messages of the extensions used by the Wikimedia Foundation projects have been localised. Please help us help your language by localising and proof reading at [[betawiki:Special:LanguageStats/{{CONTENTLANGUAGE}}|Betawiki]]. This is the [http://translatewiki.net/w/i.php?title=Special:RecentChanges&translations=only&trailer=/{{CONTENTLANGUAGE}} recent localisation activity] for your language. Thanks, [[Gebruiker:GerardM|GerardM]] ([[Gebruikerbespreking:GerardM|kontak]]) 10:19, 13 Februarie 2009 (UTC)
*Currently 77.78% of the MediaWiki messages and 35.69% of the messages of the extensions used by the Wikimedia Foundation projects have been localised. Please help us help your language by localising and proof reading at [[betawiki:Special:LanguageStats/{{CONTENTLANGUAGE}}|Betawiki]]. This is the [http://translatewiki.net/w/i.php?title=Special:RecentChanges&translations=only&trailer=/{{CONTENTLANGUAGE}} recent localisation activity] for your language. Thanks, [[Gebruiker:GerardM|GerardM]] ([[Gebruikerbespreking:GerardM|kontak]]) 14:40, 7 Maart 2009 (UTC)
*PS Please help us complete [http://translatewiki.net/w/i.php?title=Special%3ATranslate&task=untranslated&group=core-mostused&language={{CONTENTLANGUAGE}}&limit=100 the most wanted messages]..
::Maybe it would be nice if you would explain what you mean by 'localisation' Gerard. [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 17:24, 15 Februarie 2009 (UTC)
:::Localisation is the translation of the system messages of MediaWiki and its extensions. When this is done at http://translatewiki.net , it will benefit all MediaWiki projects including Commons and the af.wp. Thanks, [[Gebruiker:GerardM|GerardM]] ([[Gebruikerbespreking:GerardM|kontak]]) 14:40, 7 Maart 2009 (UTC)

==Nuus vir gebruikers==
Naar analogie van de en.wiktionary heb ik een bladzijde geschapen waar nieuws dat van belang is voor alle gebruikers, zoals veranderde of toegevoegde sjablonen, veranderde afspraken enz. aangekondigd kunnen worden. Er is een link bovenaan de "Onlangse wysigings" aangebracht. Uiteraard: als het anders moet, kan dat [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 17:24, 15 Februarie 2009 (UTC)
:Heel erg goed idee. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 17:38, 15 Februarie 2009 (UTC)
::Baie goeie idee - veral die plasing. Ek het iets soortgelyks probeer met die "Wikipedia-nuus" in die Gebruikersportaal, maar dis meer algemene Wikimedia-nuus gerig op enige besoeker. So kan ons Wikipedia-gesentreerde nuus aan gereelde gebruikers bring - die soort ouens wat "Onlangse wysigings" dophou. Baie belangrike nuus moet natuurlik liefs ook in die Geselshoekie afgekondig word, maar so 'n bladsy kan nuttig wees vir mense wat nie die Geselshoekie elke dag dophou nie of vir boodskappe wat nie normaalweg hier aangekondig sou word nie. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 20:09, 15 Februarie 2009 (UTC)
:::Sal ons die nuus ook op die Geselshoekie of op 'n ander toepaslike bladsy laat vertoon?&nbsp;—&nbsp;[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|Bespreking]]&nbsp;•&nbsp;[[Spesiaal:Contributions/Adriaan90|Bydraes]]) 14:33, 16 Februarie 2009 (UTC)

==Dubbele verwysings==

Abigor het RAM gevra of hy hier tydelik sysop kan wees om ~ 60 dubbele redirects op te los. Dit is MediaWiki-bladsye met kalender-info en ek het begin hulle te verander, maar ek dink hulle kan geskrap. Weet iemand meer? [[Gebruiker:Jcwf|Jcwf]] ([[Gebruikerbespreking:Jcwf|kontak]]) 03:44, 16 Februarie 2009 (UTC)

==Skelet van die mens==

Kan jy glo, ek kry nerens 'n mooi diagram van die menslike skelet, met benamings...in Afrikaans nie...baie in engels, maar eish, niks in Afrikaans nie.

Kan iemand dalk help, seblief.
Baie dankie
JL

:Hier is die voorkant solank - kliek op die beeld vir 'n groter weergawe (en dan nog 'n keer op die beeld self, totdat daar slegs die beeld op u skerm verskyn). Dis in SVG-formaat, so dit behoort tegniesgesproke tot selfs plakkaatgrootte uitgedruk te kan word. Sal na die agteraansig skakel sodra ek daarmee klaar is. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 16:50, 21 Februarie 2009 (UTC)
::Inkscape is nou weer op sy stukke. Sukkel om die agterkant te maak. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 17:02, 21 Februarie 2009 (UTC)


==Hulp met SVG Kaart==

Van julle het seker opgemerk dat ek aan 'n kaart wat die verspreiding van die [[Oeraalse tale]] aandui gewerk het. Ek sukkel bietjie met die SVG weergawe. Soos gesien kan word in die onderstaande vergelyking met die PNG weergawe wat uit Inkscape geskep is word baie van die detail nie reg vertoon nie.
<center><gallery>
Image:Oeraals verspreiding-af.png|PNG weergawe
Image:Oeraals_verspreiding-af.svg|SVG weergawe
</gallery></center>

Sien meer by http://commons.wikimedia.org/wiki/Commons:Graphics_village_pump/February_2009#SVG_not_rendering 

[[Gebruiker:Laurens|laurens]] ([[Gebruikerbespreking:Laurens|kontak]]) 08:46, 22 Februarie 2009 (UTC)

==Dorpe en ons kultuur==

Hoe verskriklik om te sien hoe ons Afrikanerkultuur, monumente en dorpe tot niet gaan. Wie word hiervoor aanspreeklik gehou wanneer jy eiendom koop en later blyk dit dat die dorpsgebied in 'n spookdorp en plakkerskamp ontaard!!!!!
: Blameer al die mense wat wegtrek en dit veroorsaak.

==Allanridge in die Vrystaat==

Hoe nou gemaak?

Tot onlangs, nie baie jare gelede nie was Allanridge een van die Goudveld se mooiste myndorpies en daarna het mense van buite die geleentheid gekry om eiendom aan te koop en is die 'n aftree dorpie genoem.

Dinge het intussen verander.  Huise en erwe staan leeg en is geplunder, straatligte werk nie, sypaadjies lyk soos die wildtuin,
die skool is in 'n haglike toestand. Die mynklub is vervalle en die eens Olimpiese swembad wat hier was is toegegooi met grond. Die Nasionale Monument, die boorgat by die ingang van die dorp is in net so 'n patetiese verwoestende toestand.  Alles is besig om te verval.  Waar is die munisipaliteit?  Wat is hulle verpligtinge? Waar kan 'n leek soos ek aanklop vir hulp, ek wil ons eens pragtige dorpie red, maar sal nie alleen die mas opkom nie. Is daar iemand wat kan raad gee oor hoe, wie en waar?
Intussen is die Harmonie Target myn in ons dorpie, maar lyk nie vir my of hulle enigsens omgee nie, solank hulle kan goud uit ons grond haal en hulle kan geld maak!

As jy omgee, asseblief gee raad! [email protected]
:Dit is jammer om te hoor hoe jou dorp agteruit gaan. 'n Paar jaar terug het my ma saam met 'n vriendin op toer gegaan om musiek te maak. Sy het toe opgemerk hoe al die pragtige plattelandse dorpies agteruitgaan. Hoe om dit te keur en terug te rol? Iemand, heel moontlik in 'n organisasie soos die kerk (ja almal sal nie saamstem nie) of die politiek moet leiding neem en sê waar en hoe hulle die dorp wil sien. Met die huidige wêreld ekonomie probleme sal by die basiese begin moet word. Daar word gesê dit is die vervaardiging industrie of die bankwese, maar nee, vir my is die heel eenvoudigste hoeksteen landbou. En nie op groot skaal nie. Die groentetuin, hoenders (eiers vleis) en skaap( wol ens.) (ek dink aan Gandhi) wat weer dinge aan die gang sal kry. Miskien dink ek te klein. Die Voortrekkers was eerste boere gewees. Miskien moet ons beter na die grond kyk. Verplig die plunderaars om die gemeenskap op te bou. My tiekie. [[Gebruiker:Byeboer|Byeboer]] ([[Gebruikerbespreking:Byeboer|kontak]]) 23:45, 23 Februarie 2009 (UTC)

:In die 1980's was daar nog organisasies soos ROEP (Red Ons Eensame Platteland) wat die ontvolking van die platteland probeer keer het. Vergelyk ook hierdie artikel in die Landbouweekblad ([http://www.landbou.com/LandbouWeekblad/Net_op_die_web/0,,1294-1297_2252148,00.html ''Lekker-lees Landbou Blogs'']). Miskien moet mense soortgelyke organisasies stig. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 10:33, 24 Februarie 2009 (UTC)

::Waar ek nou woon is daar 'n sterk vrywilligerkultuur met mense wat vrywillig die woonbuurt help skoonmaak, oumense se gras vir hulle gaan sny, onkruid by die aangrensende nasionale park te gaan uithaal ensovoorts.  Miskien iets wat Afrikaners ter harte kan neem.  As mens sien hoe lyk die monument by [[Bloukrans]] dan voel 'n mens daar kort so 'n bietjie van hierdie gees as mense hulle kultuur wil behou.  Dit gaan nie help om op die regering staat te maak as dit by kultuurbehoud kom nie. --[[Gebruiker:RAM|RAM]] ([[Gebruikerbespreking:RAM|kontak]]) 19:47, 25 Maart 2009 (UTC)

:Een oplossing is om die hele dorp op te koop, dit in 'n privaat eiendom te verander, 'n sekuriteits muur om te sit, en 'n sekuriteits kompleks te skep, wat in aanvraag is. Sekuriteits komplekse waar mense woon, werk en koop kom voor in die VSA. Voorheen het mense barbare uitgehou deur 'n internasionale grens te beskerm. Die grootste gevaar is nou nie meer 'n internasionale inval nie, maar plaaslike misdaad.  --[[Gebruiker:JVC]] 11 April 2009

==TELKOM OF INTERNET OF E-MAIL PROBLEME VERAL BY DIAL UP==

Ek voel redelik ongelukkig omdat ek vandat ek die Internet deur Telkom gekry het, gedurigdeur probleme het.  Juis, omdat ek 'n leek op die gebied van Internetgebruik is, voel ek dat juis nou moet alles reg verloop.  Maar alles gaan verkeerd.  Eers kon ek glad nie Internet laai nie, want instellings was verkeerd.  Toe ek uiteindelik kon, was die 'e-mail authenticity" in gedrang.  Nou is dit weer "delay" in e-mail.  Dit is al wat ek hoor die heeltyd!  Geen e-mail ontvang of gestuur.  Ek kan net heeltyd op google alles doen wat ek wil.  

Help!--[[Spesiaal:Bydraes/155.239.194.43|155.239.194.43]] 15:20, 23 Februarie 2009 (UTC)
:Hierdie is nie juis 'n besprekingsforum vir sulke probleme nie, maar ek sal voorstel dat u 'n klag indien en moontlik 'n nuwe diensverskaffer gaan soek. [[Gebruiker:Anrie|Anrie]] ([[Gebruikerbespreking:Anrie|kontak]]) 16:25, 23 Februarie 2009 (UTC)
:Go American. U kan inteken by www.aol.com - daar is gratis e-mail-adresse beskikbaar. Dit werk - vinnig en maklik. --[[Gebruiker:Voyageur|Voyageur]] ([[Gebruikerbespreking:Voyageur|kontak]]) 22:42, 23 Februarie 2009 (UTC)