Difference between revisions 1878299 and 1878321 on afwiki'''Korhane en wildepoue''' (familie ''Otidae'') is groot, grondlewende voëls wat in savannes, haltwoestyne, droë bosveldgebiede en selfs woestyne voorkom. Uiterlik lyk die twee voëls baie na mekaar behalwe dat die poue groter is as die korhane. Kenmerkend vir hierdie voëls is dat hulle net 3 voortone en geen agtertoon het nie. Wildepoue is nie aan die mak [[pou]] - wat tot die familie van die jagvoëls (''Phasianidae'') behoort - verwant nie. Die 22 spesies korhane en wildepoue (familie Otidae) word op alle kontinente buiten Amerika in droë gebiede aangetref. In Suider-Afrika word 10 spesies aangetref wat in 2 genera ingedeel is, naamlik Otis (wildepoue) en Eupodofis (korhane). Wildepoue is groter as korhane en Die 22 spesies korhane en wildepoue (familie ''Otidae'') word op alle kontinente buiten Amerika in droë gebiede aangetref. In Suider-Afrika word 10 spesies aangetref wat in 2 genera ingedeel is, naamlik Otis (wildepoue) en Eupodotis (korhane). Wildepoue is groter as korhane en hierdie voëls se koppe is groot in verhouding met die res van die liggaam, en die nekke is lank en taamlik dik. Die stert is ook lank, en in vlug word die nek en die stert uitgestrek. Korhane en wildepoue is oor die algemeen vaal bruin of vaalgrys van kleur, en soms grys, bruin en wit gespikkel. Party het helderkleurige vere aan die nek of vlerke. Hulle is sku voëls wat gewoonlik alleen of in pare aangetref word. Omdat hulle in droë gebiede voorkom, is hulle allesetend, hoewel sommige spesies plantdeeltjies en sade bo insekte en klein diertjies verkies. Korhane en wildepoue is oor al die algemeen taamlik lawaaierige voëls en die mannetjies pronk op baie aanskoulike maniere. Die broeityd is in die somer en die wyfie lê gewoonlik 2 groenerige of bruinerige eiers in 'n vlak holte in die sand. Sy is alleen vir die uitbroei daarvan verantwoordelik. Een van die bekendste wildepoue in Suider-Afrika is die gompou (''Otis kori''), wat baie gejag word. Dit is ʼn groot voël wat 135 cm en langer kan word en met 'n gewig van tot 22,5 kg is hy een van die swaarste vlieënde voëls. Kenmerkend is die langerige kuif aan die agterkop. As die mannetjie pronk, sprei hy sy lyfvere en blaas sy keel op. 'n Korhaan wat eienaardig pronk, is die boskorhaan (''Eupodotis ruficrista''). Die mannetjie vlieg hoog die lug in, vou sy vlerke op en val reguit na benede. Net voor hy op die grond land, sprei hy sy vlerke. Ander verteenwoordigers van hierdie familie wat in Suider-Afrika aangetref word, is onder meer die swart korhaan (''Eupodotis afra'') met 'n swart voorkop en nek, die langbeenkorhaan (''Eupodotis melanogaster''), wat 'n opvallende dun nek en lang pote het, die bloukorhaan (Eupodotis caerulescens) met sy blougrys kroon en pens en 'n roep wat soos slaat-my-plat klink, en die Ludwigpou (''Otis ludwigii'') en veldpou (''Otis denhami''), wat soms in kleiner groepe (en nie net in pare nie) aangetref word. == Verwysings == * Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409567 band All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=1878321.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|