Difference between revisions 1878321 and 1880242 on afwiki

{{Verwyder}}

'''Korhane en wildepoue''' (familie ''Otidae'') is groot, grondlewende voëls wat in savannes, haltwoestyne, droë bosveldgebiede en selfs woestyne voorkom. Uiterlik lyk die twee voëls baie na mekaar behalwe dat die poue groter is as die korhane. Kenmerkend vir hierdie voëls is dat hulle net 3 voortone en geen agtertoon het nie. 

(contracted; show full)) met 'n swart voorkop en nek, die langbeenkorhaan (''Eupodotis melanogaster''), wat 'n opvallende dun nek en lang pote het, die bloukorhaan (Eupodotis caerulescens) met sy blougrys kroon en pens en 'n roep wat soos slaat-my-plat klink, en die Ludwigpou (''Otis ludwigii'') en veldpou (''Otis denhami''), wat soms in kleiner groepe (en nie net in pare nie) aangetref word.

== Verwysings ==

* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409567 band