Difference between revisions 1878299 and 1878321 on afwiki

'''Korhane en wildepoue''' (familie ''Otidae'') is groot, grondlewende voëls wat in savannes, haltwoestyne, droë bosveldgebiede en selfs woestyne voorkom. Uiterlik lyk die twee voëls baie na mekaar behalwe dat die poue groter is as die korhane. Kenmerkend vir hierdie voëls is dat hulle net 3 voortone en geen agtertoon het nie. 

Wildepoue is nie aan die mak [[pou]] - wat tot die familie van die jagvoëls (''Phasianidae'') behoort - verwant nie. Die 22 spesies korhane en wildepoue (familie Otidae) word op alle kontinente buiten Amerika in droë gebiede aangetref. In Suider-Afrika word 10 spesies aangetref wat in 2 genera ingedeel is, naamlik Otis (wildepoue) en Eupodofis (korhane). 

(contracted; show full)) met 'n swart voorkop en nek, die langbeenkorhaan (''Eupodotis melanogaster''), wat 'n opvallende dun nek en lang pote het, die bloukorhaan (Eupodotis caerulescens) met sy blougrys kroon en pens en 'n roep wat soos slaat-my-plat klink, en die Ludwigpou (''Otis ludwigii'') en veldpou (''Otis denhami''), wat soms in kleiner groepe (en nie net in pare nie) aangetref word.

== Verwysings ==

* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409567 band