Difference between revisions 1379819 and 1391682 on afwiki{{argief}} ;2015: == Verrotte webskakels == Almal wat hier bydrae behoort die artikel oor [[:en:Wikipedia:Link_rot|link rot]] te lees. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 06:59, 6 Januarie 2015 (UTC) :Weet iemand watter sjabloon om te gebruik om argivering te kry (en hoe om dit te gebruik) dankie by voorbaat [[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 08:40, 7 Januarie 2015 (UTC) (contracted; show full) :: Ek stem. O, blikkies - ek lees nou eers: <big>'''Aangesien heelwat administratiewe reëlings ten opsigte van die Simposium getref moet word, word u hiermee vriendelik versoek om teen <big>4 September 2015</big> u teenwoordigheid te bevestig'''</big>.[[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 19:57, 30 Augustus 2015 (UTC) == 9th Cape Town meetup == Hello everyone, Apologies for the use of English here, my Afrikaans is so bad I am not going to abuse you all by using my very poor butchered Google-translation-like Afrikaans. This is just everyone in the Cape Town/Western Cape area know that the [https://en.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Meetup/Cape_Town/Cape_Town_9 9th Cape Town meetup] will be happening this Sunday 6th September 2015. Anyone interested in Wiki related stuff including and especially Wikipedia are welcome to join us. I can guarantee free coffee as usual. For more information check out the meetup page on en.Wikipedia at the [https://en.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Meetup/Cape_Town/Cape_Town_9 link here]. In brief the details are: *Time and Date: '''11:00-14:00, Sunday 6th Sept''' *Location: '''Truth Coffee, 36 Buitenkant St, Cape Town 8000, South Africa''' Cheers, --[[User:Discott|Discott]] ([[User talk:Discott|talk]]) 10:13, 31 August⏎ == Hou 2 Oktober 2015 dop! == Ek sien die Akademie [vir Wetenskap en Kuns] is besig om ons ernstig op te neem, julle! Of nie. Op 2 Oktober 2015 gaan prof. dr. Laurette Pretorius, Skool vir interdissiplinêre navorsing en nagraadse studies, van Unisa, die praatjie lewer: ''Die rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van Afrikaans.'' Dit lyk my, as ek die pamflet reg lees, sal die verrigtinge by die Groenkloof Research Commons Ouditorium, Biblioteek, Universiteit van Pretoria se Groenkloofkampus plaasvind. So enigiemand wat geldwassery wil toepas (of wie se erfgeld hom brand) dit is R175,00 per kop en R100,00 per gade. Hoekom so duur? Want jy betaal vir die intelligente geselskap: dit is hoekom Rockkonserte so goedkoop is. Jy gaan skouers skuur met die room van die oes [juis, room word maklik suur!]. Die goeie nuus is, verversings is beskikbaar - so eet my porsie ook wat ek gaan misloop. Ek bly hier doer onder in die Kaap, so, ''jammer skatties''. Sy praat 09:25-10:15 die oggend, so sê vir jou baas jy het per ongeluk tandepasta op jou toebroodjies gesmeer en wil 'n uur afvat vir KFC. Hier is die [http://www.akademie.co.za/wp-content/uploads/2015/07/Algemene-Simposium-1-en-2-Oktober-2015.pdf pamflet]. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 19:06, 30 Augustus 2015 (UTC) :Dit kan baie goed of baie sleg vir ons wees. Ek sou graag 'n vlieg aan daardie muur wou wees. [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 19:32, 30 Augustus 2015 (UTC) :: Ek stem. O, blikkies - ek lees nou eers: <big>'''Aangesien heelwat administratiewe reëlings ten opsigte van die Simposium getref moet word, word u hiermee vriendelik versoek om teen <big>4 September 2015</big> u teenwoordigheid te bevestig'''</big>.[[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 19:57, 30 Augustus 2015 (UTC) == 9th Cape Town meetup == Hello everyone, Apologies for the use of English here, my Afrikaans is so bad I am not going to abuse you all by using my very poor butchered Google-translation-like Afrikaans. This is just everyone in the Cape Town/Western Cape area know that the [https://en.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Meetup/Cape_Town/Cape_Town_9 9th Cape Town meetup] will be happening this Sunday 6th September 2015. Anyone interested in Wiki related stuff including and especially Wikipedia are welcome to join us. I can guarantee free coffee as usual. For more information check out the meetup page on en.Wikipedia at the [https://en.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Meetup/Cape_Town/Cape_Town_9 link here]. In brief the details are: *Time and Date: '''11:00-14:00, Sunday 6th Sept''' *Location: '''Truth Coffee, 36 Buitenkant St, Cape Town 8000, South Africa''' Cheers, --[[User:Discott|Discott]] ([[User talk:Discott|talk]]) 10:13, 31 August 2015 (UTC) == Introducing the Wikimedia public policy site == Hi all, We are excited to introduce a new Wikimedia Public Policy site. The site includes resources and position statements on access, copyright, censorship, intermediary liability, and privacy. The site explains how good public policy supports the Wikimedia projects, editors, and mission. Visit the public policy portal: https://policy.wikimedia.org/ Please help translate the [[m:Public policy|statements on Meta Wiki]]. You can [http://blog.wikimedia.org/2015/09/02/new-wikimedia-public-policy-site/ read more on the Wikimedia blog]. Thanks, [[m:User:YWelinder (WMF)|Yana]] and [[m:User:Slaporte (WMF)|Stephen]] ([[m:User talk:Slaporte (WMF)|Talk]]) 18:13, 2 September 2015 (UTC) ''(Sent with the [[m:MassMessage#Global_message_delivery|Global message delivery system]])'' <!-- Message sent by User:Slaporte (WMF)@metawiki using the list at https://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=User:Slaporte_(WMF)/Announcing_public_policy_site&oldid=13439030 --> == Open call for Individual Engagement Grants == ''My apologies for posting this message in English. Please help translate it if you can.'' Greetings! The '''[[m:IEG|Individual Engagement Grants program]] is accepting proposals''' until September 29th to fund new tools, community-building processes, and other experimental ideas that enhance the work of Wikimedia volunteers. Whether you need a small or large amount of funds (up to $30,000 USD), Individual Engagement Grants can support you and your team’s project development time in addition to project expenses such as materials, travel, and rental space. *[[m:Grants:IEG#ieg-apply|'''Submit''' a grant request]] *[[m:Grants:IdeaLab|'''Get help''' with your proposal in IdeaLab]] or [[m:Grants:IdeaLab/Events#Upcoming_events|an upcoming Hangout session]] *[[m:Grants:IEG#ieg-engaging|'''Learn from examples''' of completed Individual Engagement Grants]] Thanks, [[m:User:I JethroBT (WMF)|I JethroBT (WMF)]], [[m:Community Resources|Community Resources]], Wikimedia Foundation. 20:52, 4 September 2015 (UTC) ([[m:User:I JethroBT (WMF)/IEG 2015 Targets|''Opt-out Instructions'']]) <small>This message was sent by [[m:User:I JethroBT (WMF)|I JethroBT (WMF)]] ([[m:User talk:I JethroBT (WMF)|talk]]) through [[m:User:MediaWiki message delivery|MediaWiki message delivery]].</small> <!-- Message sent by User:I JethroBT (WMF)@metawiki using the list at https://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=User:I_JethroBT_(WMF)/IEG_2015_Targets&oldid=13476366 --> == Bronne == Hoe maak 'n mens wanneer jy e-pos aan 'n nasaat van die onderwerp van 'n artikel stuur en hulle dan vrae beantwoord en inligting verstrek wat jy in 'n artikel bywerk? Is dit te onensiklopedies? Of is daar 'n manier om erkenning te gee aan die bron? [[Gebruiker:Morne|Morne]] ([[Gebruikerbespreking:Morne|kontak]]) 08:15, 6 September 2015 (UTC) : Dit kan moontlik as [[Wikipedia:Geen oorspronklike navorsing|oorspronklike navorsing]] gesien word, hoewel ek nie dink dat mens dit te streng sal toepas nie. Persoonlik dink ek dis aanvaarbaar mits jy dit (op die besprekingsblad of in 'n verwysing) dokumenteer. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 09:52, 6 September 2015 (UTC) :: Dankie! Ek maak dit dan 'n verwysing. [[Gebruiker:Morne|Morne]] ([[Gebruikerbespreking:Morne|kontak]]) 11:43, 6 September 2015 (UTC) :::Ek het byvoorbeeld by [[Afrikaans hoort by Nederlands]] sommer besluit om vir Petrus van Eeden self te e-pos. Ek het by hom gaan hoor of die artikel na sy smaak is en of ek nog iets kon byvoeg. Hy het toe 'n brief aan ''Rapport'' gestuur wat hy sommer aan my ook as e-pos aangestuur het. Toe ek nou ''Rapport'' se weergawe vergelyk met sy oorspronklike weergawe, merk ek 'n belangrike argument is deur die verkorting weggelaat. Natuurlik het ek dit so aangedui. Aan wie doen ek nou reg: nie aan ''Rapport'' nie [wat daardie argument weggelaat het], maar die skrywer. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 16:56, 7 September 2015 (UTC) == Oor die vreemde Global Language Network == Mense, ek het op die vreemdste webwerf afgekom. Soos julle my nou al deeglik ken, het ek hierdie ongeneeslike siekte onder lede om nie te weet watter taal die meeste invloed het om te leer nie. Veral arme Voyageur moes gereeld troostannie vir my pynlike geweeklaag speel. Nietemin. So Google ek mos. En daar sit ta: '''http://language.media.mit.edu/visualizations/books''' Hierdie webwerf wys hoe '''gesentreerd''' tale is wat '''Boeke''', '''Twitter''' en '''Wikipedia''' betref. Sentrisme dui op interaksie. Hoe meer jy interaksie het met verskillende tale, hoe meer van 'n "sonnetjie" raak jy. D.w.s. hoe meer mense na jou taal vertaal, hoe meer mense van jou taal vertaal, hoe meer tale daar is waarnatoe jou taal vertaal word [NB!], hoe beter. Maak seker jy het ''Eigenvector Centrality'' gekies. By '''boeke''' is Engels natuurlik die heilige son, terwyl Afrikaans (Eigenvector 0,00086109) naas Hebreeus (Eigenvector 0,02361634) albei sy Mercurius is. Dit is 'n teken dat daar 'n oorweldigende eensydige "interaksie" tussen die twee tale is. Afrikaans skroei amper van die ''Englishness''. Op sigself maak dit nie vir my sin nie: hoe is dit dan dat daar nie 'n enkele lyntjie na Duits getrek is nie, maar Nederlands wel? Toegegee, daar is al heelwat boeke uit Afrikaans na Nederlands vertaal. Meer, as vica versa. Want watter regdenkende Afrikaanstalige sal nou Nederlandse boeke in Afrikaans laat vertaal? Nederlands is mos tweede natuur - danksy ''Van Dale Online''. '''Buitendien word ons mos grootgemaak om in die oorspronklike tale te lees. Wie het dan vertalings nodig? Wie lees dan nog vertalings in Engels? Met beter onderwysers sal ons een van die dae die Bybel in sy oorspronklike Oudhebreeus/Oudgrieks, die Koran in Arabies en ''Das Kapital'' in Duits ook lees. Ons kyk mos nou al jare lank Anime in sy oorspronklike Japannees - dis mos 'n kleutertaal...''' Dit is mos vanselfsprekend dat Afrikaans nie te goed vaar nie. Ons kan mos nie help ons is die veeltaligste volk op aarde nie! [Hoe veeltaliger 'n volk is, maar geen vertalings uitgee nie, hoe kleiner die taalinvloed. Vreemd, nè?] Die taal wat die meeste invloed op die aantal ander tale uitgeoefen het, naas Engels, is Russies, kwantitatief gesproke [hy het 'n hele koor van tale rondom hom]. Vir 'n "geïsoleerde" taal doen Italiaans verbasend goed. Die inherente boekemag van die "dooie taal" Latyn lê net onder Nederlands, wat mens wys hoe belangrik 'n wetenskaptaal is. Ongelukkig word daar meer uit Latyn vertaal as wat dit, soos by 'n lewende taal, ook uit ander tale vertaal: dus is daar weinig sprake van interaksie. Hoe minder interaksie, hoe minder "sonnetjie". Spaans toon weer net die teenoorgestelde: hy vertaal dat die spoeg so spat, maar niemand vertaal eintlik uit Spaans nie. Dus is sy "mag" kleiner as Frans, al is sy aantal sprekers meer. By '''Twitter''' lyk sake anders: Afrikaans is soos Pluto gedesentraliseer (0,01) - soos ons afsydige buurman Deens (0) - selfs verder weg as Nederlands (0,11) en Duits (0,02), maar is ook met Filippyns (0,13) verbind, wat vir my werklik nie sin maak nie. Spaans, Maleisies en Portugees is duidelik besig om vir Engels die stryd aan te sê. Nou kom ons by die storie wat belangrik is. '''Wikipedia'''. Afrikaans se Eigenvector is 0,00223104 (lees by Rankings en klik dan op [W] op die linkerbalk). Ons is slegter af as Latyn, maar lê tussen Luxemburgs en Wallies. Xhosa haal nie eens die lys nie. Nederlands s'n is 0,13. Duits is 0,48. By laasgenoemde is daar weereens geen verbintenis tussen Afrikaans met Duits nie. Maar ook nie met Deens nie. Wat hier belangrik is, is glo: ''Number of Multilinguals''. Ek het nie die vaagste benul hoe hulle dit gemeet het nie. Onderaan die blad staan: ''In the example above, two languages are connected when users that edit an article in one Wikipedia language edition are significantly more likely to also edit an article in another language edition.'' Moet nou nie vir my kom sê dit is daardie taalbokse waar jy glo moedertaal-Latyn kan praat nie? By [Data] staan daar: "Language Expressions by User". Ek verstaan nie wat hulle wil hê nie: moet die Afrikaanse gebruiker nou bydra tot 'n ander Wikipedia, NAAS sy eie, of moet meer mense van ander tale na Afrikaans vertaal? Of hoe werk dit nou? [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 16:52, 7 September 2015 (UTC) : Baie interressant. : > maar is ook met Filippyns (0,13) verbind : Ek vermoed wat gebeur is dat die AI algoritme wat die taal van die twiet moet herken Nederlands en Afrikaans met mekaar verwar. Die Fillipynse konneksie het heel waarskynlik 100% met Nederlands te doen (vanwee die kolonialistiese geskiedenis). Dus is daar waarskynlik heelwat valse positiewe herkennings (Nederlandse twiets wat as Afrikaans herken word). [[Gebruiker:JCBrand|JCBrand]] ([[Gebruikerbespreking:JCBrand|kontak]]) 18:58, 7 September 2015 (UTC) == Is ek onredelik? == 'n Tydsame stokperdjie waarmee ek tans besig is [wat my ook seker 20 jaar gaan besig hou], is die opname van vertaalde werke. Ek vind dit nuttig, want dan hoef die leser net in die [[biblioteek]] te gaan soek vir die vertaalde werk in Afrikaans. Jy hoef dus nie te sukkel om ''L'étranger'' te ontsyfer nie - gaan soek net [[Jan Rabie]] se ''Die buitestaander'' (1966); die probleem is opgelos. Ek probeer die proses "distilleer" deur ''vertalings uit die oorspronklike taal alleen'' te sif. Dit beteken dus dat ek [[André P. Brink]] se vertaling van die Russiese boek ''Die begeleidster'' deur Nina Berberova weglaat, juis omdat Brink die Franse vertaling gebruik het om na Afrikaans oor te vertaal. Dit maak die vertaling reeds "derdehands". Ek is klaar brandsuur oor ''Die alchemis'', waarvan ek die Engelse vertaling as oorsprong tussen die reëls uitruik, [http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2003/12/10/KA/02/02.html al was die vertaling hoe edel bedoel]. Die oorspronklike teks is in Portugees geskrywe. Waar wel uit die oorspronklike teks vertaal is, maar die skrywer "nie by magte was om die taal goed te ken (op [[Europese verwysingskader|C2]]-vlak) nie" (indien dit uit koerante so sal blyk) teken ek dit aan. Dit is nie om die vertaler te verkleineer nie, dit is net om die leser in te lig omtrent die akkuraatheid van die teks, soos by Brink se vertaling van ''Die vindingryke ridder Don Quijote de la Mancha''. Hy het uit die Spaans vertaal, ja. Maar Brink het nie so lank op die Spaanse weiveld herkou soos op die Franse bodem nie. "Ek [het] moderne vertalings in Frans en Engels gebruik om my op die regte spoor te bring". Tersyde. Ek is nie van nature mislik nie - ek hou net nie daarvan as perdedrolle vir sitroene aan my verkoop word nie. Ek laat my dus nie vertel die hoofstroomuitgewers of selfs ons liewe boekeredaksie sal weet as jy 'n kutteltjie iewers in jou vertaling gemaak het nie. Ek lag my eintlik dood vir ''De Kat'', ''Die Burger''/''Beeld'' en ''Taalgenoot'' se resensente van ''Homeros'' se ''Fragmente uit die Ilias'' - want nie een van daardie ''rotznasige'' (pleks van wysneusige!) letterkramers ken Oudgrieks met soveel kundigheid om 'n opinie oor Prof. Cas Vos se werk te lewer nie! Laat jy so 'n Duitse vertaling aan ''Der Spiegel'' oor vir beoordeling, sou daardie Duitse tydskrifartikel gewemel het met Griekse lettertjies en hoe mooi die Duits "trou" met hierdie sinsbou hier, en hierdie vervoeging daar. Maar ook hoe hierdie woordjie hier reggetimmer kon word, die nuanse wat hier nie tot sy reg kom nie - maar daar wel, ens. Die Afrikaanse lot praat al in die rondte omtrent die teks en hoe die leek dit hmmm en haaa, maar waardeer (beoordeel) nie eintlik die vertaling nie. Plak jy 'n ''stralerenjin'' voor 'n aap neer, kry jy presies dieselfde reaksie. Ek ken ook nie Oudgrieks nie, maar ek erken ten minste my onkunde! Ek is 'n slim aap. :Die Hollandse kritikus van die Afrikaanse en Nederlandse lettere, Rob Antonissen, skryf in sy resensie oor ''Uys Krige: Vir die luit en die kitaar (1950)'', die volgende: ''Die eerste wat 'n mens geneig is om te doen wanneer jy die waarde van 'n vertaling probeer toets, is om dit met die origineel te vergelyk. Toe dus dié neiging ook vir my beetkry, het ek onmiddellik baie teleurgestel gevoel oor my onmag: die anderhalwe woord Spaans wat ek ken, gun my nie 'n skyn van kans om Spaanse poësie in die oorspronklike behoorlik te begryp, laat staan na waarde te skat nie. Wat die Arabiese poësie betref, het Krige self die vergelykingstoets onmoontlik gemaak, want hier het hy uit Engelse en Franse vertalings oorgesit. As my enigste toevlug het dus die Frans poësie oorgebly.'' :(Bogenoemde aangehaal uit [https://archive.org/stream/onseieboekdriem00unkngoog#page/n86/mode/2up ''Ons eie boek: driemaandelikse tydskrif en boekegids'', Jaargang XVII (2): 11]) :'''Kry mens nog sulke akademiese eerlikheid?''' :Na al die jare (1950's) is bogenoemde resensie steeds relevant vir die Afrikaanse letterkundiges (neem waar!). Dit laat my amper ook dink aan ''De plaag'' deur Reybrouck (2001-2003), waar die Belgiese skrywer juis vra: hoe kan mens sommer uit die staanspoor aanvaar dat Maeterlinck plagiaat van Eugène Marais se werk gepleeg het, as niemand eens die Franse "plagiaatstuk" met die oorspronklike Afrikaanse tydskrifartikels vergelyk het nie? Dit is sulke "goedgelowigheid" wat my die skrik op die lyf jaag. Ek sif verder deur alle Engels-Afrikaanse vertalings weg te laat, aangesien dit maklik 95% van alle Afrikaanse vertalings uitmaak [sien bo - '''en dankie JCBrand vir die antwoord'''] en so te sê 'n onmoontlike taak is om in my leeftyd al daardie werke wat was en nou gedruk word neer te pen. Tensy jy nou werklik [[Shakespeare]] se werke in Afrikaans soek... [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 22:00, 10 September 2015 (UTC) :Dit klink na 'n baie nuttige projek. Daar het terloops onlangs 'n Afrikaanse vertaling van Tregardt se dagboek verskyn, maar ek is nie seker of dit die hele dagboek insluit nie. Moet saamstem dat 'n vertaling van 'n vertaling in 'n duidelike tweede kategorie geplaas moet word. Maar soos 'n apokriewe boek kan dit ook waardevolle leesstof wees, en kan 'n nuttige toevoeging tot die lys uitmaak. So 'n lys sal natuurlik as 'n artikel op Afrikaanse wikipedia verwelkom word. [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 17:27, 12 September 2015 (UTC) ::Dit is 'n puik idee: ek kan net 'n hofie maak: "Vertaling uit oorspronklike werk" en "Vertaling uit 'n vertaling". Iemand wat byvoorbeeld uit ''Die begeleidster'' sou vertaal, kan weer onder "Vertaling uit 'n vertaling van 'n vertaling" ingedeel word (ens.). ::Die vertalings kan indirek meertaligheid aanhelp (ek hoop so!). ::Donderdag het ek vir die eerste keer uitgevind van [[Günter Grass]] se ''Im Krebsgang'' wat ook in Afrikaans beskikbaar is getiteld ''Kreeftegang'' - en boonop in my dorpsbiblioteek op my wag. Ek sou dit nooit geweet het nie! ::In my boekrak het ek ook ''Götter, Gräbe und Gelehrte'' [wat ek by ''The Book Shop'' in [[Montagu]] gekoop het]. Die Afrikaanse vertaling, ''Gode, grafte en geleerdes'', is in die Wes-Kaapse biblioteke beskikbaar by [''Beaufort West Region, George Region, General Stacks, Oudtshoorn Region, SN Central Reference, Swellendam Free Choice, Vanrhynsdorp Region''] en het, soos te verwagte, slegs een druk beleef. ::Goddank vir e-boeke, hoef daar nie meer slegs "een druk" te wees soos in die ou dae nie. Dik boeke soos ''Gode, grafte en geleerdes'' is net een keer gedruk - dan was dit oor en verby. Terwyl in ontwikkelde lande dikwels herdrukke van niefiksie (én fiksie) mildelik uitgegee word, gebeur dit eenvoudig nie in Suid-Afrika nie.[http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2012/06/19/SK/6/voetnoot-044.html Dit verstaan ek glad nie: net omdat één geslag besluit het hulle wil nie die werk lees nie (of nie die geld vir die duur drukkerskoste gehad het nie), moet die opkomende geslagte almal daaronder ly]. Dikwels moet die persoon eers sterf voordat die werke saamgestel word. Ek neem aan iemand gaan nou so gaaf wees om 'n 24-boekdeel-stel van André P. Brink se ''Gesamentlike Werke'' uit te gee op DVD. Of, gaan dit nie gebeur nie? Maak gou! Sy werke is nog nie in die openbare domein nie - daar is nog 50 jaar vir die lyk oor om af te koel. ::Verleenthede soos die "geldkrisis" van enkele ensiklopedies, soos vermeld in J.C. Steyn se ''Tuiste in eie taal'', sou aansienlik verminder het. Die e-boeke kan juis nou groei in vertaling help stimuleer. En dit is wat ons NOU nodig het. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 21:18, 12 September 2015 (UTC) ==Skuinstitel== Ek sien {{italic title}} werk nie op Afrikaanse wikipedia nie. Word o.a. benodig by artikels wat uit 'n latynse spesienaam of boektitel bestaan. [[Gebruiker:JMK|JMK]] ([[Gebruikerbespreking:JMK|kontak]]) 17:27, 12 September 2015 (UTC) :Gebruik die volgende: <pre>{{TITELAANSIG|''Watookal''}}</pre> Kyk by ''[[Tyrannosaurus rex]]''. [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 17:49, 12 September 2015 (UTC) == Bladsye in die buurt/ naby jou == Na 'n groot gesukkel werk die funksie uiteindelik. Toets gerus by [[Spesiaal:Naby]]. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 06:13, 13 September 2015 (UTC) :Wow, interessant. [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 08:58, 13 September 2015 (UTC) ::Interressant. Ek dink ons moet 'n skakel na hierdie blad op die navigasielys links bo aanbring. Miskien bo of onder "Lukrake bladsy"? [[Gebruiker:JCBrand|JCBrand]] ([[Gebruikerbespreking:JCBrand|kontak]]) 18:17, 13 September 2015 (UTC) == New Wikipedia Library Database Access (September 2015) == <div lang="en" dir="ltr" class="mw-content-ltr"> Hello Wikimedians! [[File:Wikipedia_Library_owl.svg|thumb|150px|The TWL OWL says sign up today!]] [[m:The Wikipedia Library|The Wikipedia Library]] is announcing signups today for free, full-access accounts to published research as part of our [[m:The_Wikipedia_Library/Journals|Publisher Donation Program]]. You can sign up for new accounts and research materials from: * '''[[w:en:WP:EBSCO|EBSCOHost]]''' - this is one of our largest access donations so far: access to a wide variety of academic, newspaper and magazine sources through their Academic Search Complete, Business Source Complete and MasterFILE Complete * '''[[w:en:WP:Newspaperarchive.com|Newspaperarchive.com]]''' - historical newspapers from the United States, Canada, UK and 20 other countries, and includes an Open Access "clipping" feature (1000 accounts) * '''[[w:en:WP:IMF|IMF Elibary]]'''- a digital collection of the IMF's reports, studies and research on global economics and development (50 accounts) * '''[[w:en:Wikipedia:Sabinet|Sabinet]]''' - one of the largest African digital publishers, based in South Africa, with a wide range of content in English and other European and African languages (10 accounts) * '''[[w:fr:Wikipédia:Numérique Premium|Numérique Premium]]''' - a French language social science and humanities ebook database, with topical collections on a wide range of topics (100) *'''[[w:ar:ويكيبيديا:مكتبة_ويكيبيديا/المنهل|Al Manhal]]''' - an Arabic and English database with a wide range of sources, largely focused on or published in the Middle East (60 accounts) *'''[[w:ar:ويكيبيديا:مكتبة ويكيبيديا/جملون|Jamalon]]''' - an Arabic book distributor, who is providing targeted book delivery to volunteers (50 editors) Many other partnerships with accounts available are listed on [[w:en:WP:The_Wikipedia_Library/Journals|our partners page]], including expanded accounts for [[w:en:WP:Elsevier ScienceDirect|Elsevier ScienceDirect]], [[w:en:WP:BMJ|British Medical Journal]] and [[w:en:WP:Dynamed|Dynamed]] and additional accounts for [[w:en:WP:Project MUSE|Project MUSE]], [[w:en:WP:DeGruyter|DeGruyter]], [[w:en:WP:Newspapers.com|Newspapers.com]], [[w:en:WP:Highbeam|Highbeam]] and [[w:en:HeinOnline|HeinOnline]]. Do better research and help expand the use of high quality references across Wikipedia projects: sign up today! <br>--[[w:en:Wikipedia:TWL/Coordinators|The Wikipedia Library Team]] 19:42, 16 September 2015 (UTC) :''We need help! Help us coordinate Wikipedia Library's distribution of accounts, communication of access opportunities and more! Please join our team at [https://meta.wikimedia.org/wiki/The_Wikipedia_Library/Coordinators/Signup our new coordinator signup].''<br> :<small>This message was delivered via the [https://meta.wikimedia.org/wiki/MassMessage#Global_message_delivery Global Mass Message] tool to [https://meta.wikimedia.org/wiki/Global_message_delivery/Targets/Wikipedia_Library The Wikipedia Library Global Delivery List].</small> </div> <!-- Message sent by User:Sadads@metawiki using the list at https://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=Global_message_delivery/Targets/Wikipedia_Library&oldid=13664781 --> == Nuwe Engelse wiki's oppad? == Dis nog nie amptelik aangekondig nie, maar lyk my die '''Wiki Foundation''' beplan die stigting van drie aparte wikipedias in Amerikaanse Engels, Britse Engels en Suid-Afrikaanse Engels. Gaan kyk op die linkerbalk langs enige Afrikaanse artikel en jy sien die dooie taalskakels nl. en-us, British English, en-za (in grys) pronk reeds daar vir hierdie tale/dialekte. Ek sou nie self sê dat dit 'n goeie idee is nie, want 'n miljoen-plus bestaande artikels sal gedupliseer moet word deur bydraers, sover ek weet net vir 'n paar woordjies/frases wat in die dialekte mag verskil, bv. '''color''' (Am.) vs '''colour''' (Br.). Nou toe nou! Oesjaar en Theresa, weet julle iets van die (beoogde) nuwe wikis? Goete tuis! [[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 19:16, 17 September 2015 (UTC) :''What about Australian and New Zealandian English?'' ;) Nee, ek glo nie, dat dit sal gebeur. Andersins moet hulle ook Wiki's vir Oostenrykse en Switserse Duits, Kanadese Frans, Latyns-Amerikaanse Spaans en Brasiliaanse Portugees skep. Op Wikidata staan ook dinge soos [[:be-tarask:]], wat vir [[:be-x-old:]] staan. Ek dink, dit is onnodig en beskou dit ook as onmoontlik. Groete. -- [[Gebruiker:JCIV|JCIV]] ([[Gebruikerbespreking:JCIV|Besprekings]] | [[Spesiaal:Bydraes/JCIV|Bydraes]]) 19:35, 17 September 2015 (UTC) ::Rol ek nou van die lag. Is dit 'n laat gekkedaggrap? Dit is eerlikwaar die domste ding wat ek ooit gehoor het. Kyk gerus na die YouTube-video [https://www.youtube.com/watch?v=njJBw2KlIEo "The History of English in 10 minutes"]. Engels behoort nie eens meer aan Engeland nie - daarvoor het Webster's Dictionary en die Internet gesorg [net in Suid-Afrika is ons nog uit sentiment verknog aan Oxford]. Stel dit vir jou so: "ek sal nie enige kanse vat nie" is nie eens 'n Anglisisme in Afrikaans nie. Dit is 'n Amerikanisme. Hoe weet ek dit? Want in die boek ''Dracula'' deur Abraham Stoker was daar 'n effense snobisme teenoor die Amerikaanse woordeskat. En vandag? Kan Londenaars enigsins die stortvloed Hollywood-flieks onder sensuur plaas? Aikôna. En daardie Amerikanismes het al so in die Britse vlees binnegedring dat Engeland stadig maar seker sy oorspronklike Engelsheid [of, copy-paste-Francais-Latina] verloor. Dieselfde Amerikanismes word bloot met 'n Cockney-aksent oorgedra. Maar so werk taalinvloed. ::Hipoteties gaan dit groot verdeeldheid op aarde besorg. Hou jou kruit droog. Wie gaan by watter Engelse Wikipedia bydra? En waaroor gaan hulle skryf? 'n Sjinees sal sekerlik by die Amerikaanse Wikipedia bydra. En Suid-Afrikaners ook. Verdomp: die ''Simple English Wikipedia'' het nie eens ver gekom nie, hoe wil Pommie-English nog 'n duik in sy Mini Cooper maak? [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 20:08, 17 September 2015 (UTC) :::Wag, wag, wag. Dalk wil hulle dit probeer doen soos met Twents ens. by die Nedersaksiese Wikipedia. Dat die héle artikel in bv. Britse Engels geskryf is. Maar dit skep ook probleme: want hoe weet ek, arme drommel, of hierdie artikel nou in Sjinglish geskryf is of nie? [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 20:12, 17 September 2015 (UTC) :::: Wat bedoel jy, dit lyk jou? Het jy 'n bron? [[Gebruiker:Morne|Morne]] ([[Gebruikerbespreking:Morne|kontak]]) 21:18, 17 September 2015 (UTC) ::::: Hi Morne, ek het geen bron nie, ek merk dit net op op my rekenaarskerm links by "taalskakels". Ek wil nie "rumours" versprei nie, ek sien vandag is daar slegs "en-us" bo-aan gelys, seker maar MF-programeerders wat 'n proeflopie wou doen? [[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 09:01, 18 September 2015 (UTC) == Stelle deine Frage == Dit lyk asof my [https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Geselshoekie/Argief31Mar2015#Kom_gesels_saam_oor_die_rol_van_Afrika_tale_in_Suid-Afrika "idee" van 'n paar maande terug] op die Afrikaanse Wikipedia nou by die Duitse Wikipedia gebruik word. Terwyl ek voorgestel het dat lesers ruimhartig hul vrae met 'n opwipvenster kan stel by 'n soort: "Het jy gekry waarna jy gesoek het?", probeer die Duitse Wikipedia nuwe gebruikers (met gebruikersname) ondersteun met die nuwe funksie: STELLE DEINE FRAGE. Langs jou gebruikersnaam (as jy ingeteken is) staan 'n gifgroen vraagskakel; jy kan nou vrae stel dat dit goed gaan as jy 'n nuweling is. Ek sien by ons is daar hoeveel lede wat bykom, maar selde iets uitrig. Hul name bly net rooi skakels. So 'n funksie kan ons help as niemand weet waar om te begin nie. Nie almal kan [https://www.youtube.com/watch?v=C7yXx3YbcNI YouTube-video's] kyk nie. Lees meer by: https://de.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Teestube/Konzept#Testen_und_Verbesserungsvorschl.C3.A4ge [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 12:06, 20 September 2015 (UTC) == Only one week left for Individual Engagement Grant proposals! == (Apologies for using English below, please help translate if you are able.) '''There is still one week left to submit [[m:IEG|Individual Engagement Grant]] (IEG) proposals''' before the September 29th deadline. If you have ideas for new tools, community-building processes, and other experimental projects that enhance the work of Wikimedia volunteers, start your proposal today! Please encourage others who have great ideas to apply as well. Support is available if you want help turning your idea into a grant request. *[[m:Grants:IEG#ieg-apply|'''Submit''' a grant request]] *[[m:Grants:IdeaLab|'''Get help''' with your proposal in IdeaLab]] *[[m:Grants:IEG#ieg-engaging|'''Learn from examples''' of completed Individual Engagement Grants]] [[m:User:I JethroBT (WMF)|I JethroBT (WMF)]], [[m:Community Resources|Community Resources]] 21:01, 22 September 2015 (UTC) <!-- Message sent by User:I JethroBT (WMF)@metawiki using the list at https://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=User:I_JethroBT_(WMF)/IEG_2015_Targets&oldid=13754911 --> == Reimagining WMF grants report == ''(My apologies for using English here, please help translate if you are able.)'' Last month, we asked for community feedback on [[m:Grants:IdeaLab/Reimagining WMF grants| a proposal to change the structure of WMF grant programs]]. Thanks to the 200+ people who participated! '''[[m:Grants:IdeaLab/Reimagining_WMF_grants/Outcomes| A report]]''' on what we learned and changed based on this consultation is now available. Come read about the findings and next steps as WMF’s Community Resources team begins to implement changes based on your feedback. Your questions and comments are welcome on [[m:Grants talk:IdeaLab/Reimagining WMF grants/Outcomes|the outcomes discussion page]]. With thanks, [[m:User:I JethroBT (WMF)|I JethroBT (WMF)]] 16:56, 28 September 2015 (UTC) <!-- Message sent by User:I JethroBT (WMF)@metawiki using the list at https://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=Grants:IdeaLab/Reimagining_WMF_grants/ProjectTargets&oldid=13850666 --> == Leestekens kom voor verwysings == Let asseblief op dat leestekens voor, en nie na verwysings geskryf moet word. Byvoorbeeld: {{reg}}<nowiki>Eugène Marais was 'n Britse handlanger.<ref>Nuus24 se webtuiste</ref></nowiki><br /> {{verkeerd}}<nowiki>Eugène Marais was 'n Britse handlanger<ref>Nuus24 se webtuiste</ref>.</nowiki><br /> Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 14:26, 29 September 2015 (UTC) ::Dankie. Dit is nou net mooi die teendeel wat ons op universiteit leer [dit het my self lank gevat om dit op Wiki agter te kom]: {{reg}}Na afloop van die millenniumwending het die belangstelling in die New Age-denkrigting saam met die Indologie in Duitsland getaan ([https://www-genesis.destatis.de/genesis/online/data;jsessionid=7387245417AAF2C00A077EDE439F7280.tomcat_GO_2_1?operation=abruftabelleBearbeiten&levelindex=2&levelid=1443538555578&auswahloperation=abruftabelleAuspraegungAuswaehlen&auswahlverzeichnis=ordnungsstruktur&auswahlziel=werteabruf&selectionname=21311-0003&auswahltext=%23Z-01.01.2015%2C01.01.2014%2C01.01.2013%2C01.01.2012%2C01.01.2011%2C01.01.2010%2C01.01.2009%2C01.01.2008%2C01.01.2007%2C01.01.2006%2C01.01.2005%2C01.01.2004%2C01.01.2003%2C01.01.2002%2C01.01.2001%2C01.01.2000%2C01.01.1999%23SBILSF1-SF078&werteabruf=Werteabruf Statistisches Bundesamt Deutschland:2015])<big><big>.</big></big> [[Lêer:Crystal Project cancel.png|links|15px]]Na afloop van die millenniumwending het die belangstelling in die New Age-denkrigting saam met die Indologie in Duitsland getaan<big><big>.</big></big>([https://www-genesis.destatis.de/genesis/online/data;jsessionid=7387245417AAF2C00A077EDE439F7280.tomcat_GO_2_1?operation=abruftabelleBearbeiten&levelindex=2&levelid=1443538555578&auswahloperation=abruftabelleAuspraegungAuswaehlen&auswahlverzeichnis=ordnungsstruktur&auswahlziel=werteabruf&selectionname=21311-0003&auswahltext=%23Z-01.01.2015%2C01.01.2014%2C01.01.2013%2C01.01.2012%2C01.01.2011%2C01.01.2010%2C01.01.2009%2C01.01.2008%2C01.01.2007%2C01.01.2006%2C01.01.2005%2C01.01.2004%2C01.01.2003%2C01.01.2002%2C01.01.2001%2C01.01.2000%2C01.01.1999%23SBILSF1-SF078&werteabruf=Werteabruf Statistisches Bundesamt Deutschland:2015]) [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 15:04, 29 September 2015 (UTC) :::Ernstig hoor, dit is die enigste taalgroep aan die Duitse universiteite wat saam met Egiptologie 'n skielike opbloei en 'n stadige dood gesterf het. Die tydperk van die waterdraer het gouer gegaan as wat ons gedink het... [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 15:04, 29 September 2015 (UTC) ::::Ek het al gewonder hieroor en dit nou seker al honderde kere verkeerd gedoen. 15:44, 29 September 2015 (UTC) :::::'n Sin eindig altyd met 'n punt. 'n Paragraaf is 'n versameling sinne. As die verwysing aan die hele paragraaf behoort, dan is dit logies dat dit '''na''' die laaste sin moet kom en nie 'n gedeelte van die laaste sin nie - dws na die punt van die laaste sin. [[Gebruiker:Martinvl|Martinvl]] ([[Gebruikerbespreking:Martinvl|kontak]]) 20:12, 29 September 2015 (UTC) :::: Nie heeltemal nie, lees asseblief [[:en:MOS:REFPUNC]]: "''The ref tags should immediately follow the text to which the footnote applies, with no intervening space. Any punctuation (see exceptions below) must precede the ref tags.''" Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 05:53, 30 September 2015 (UTC) == Taal artikel in Beeld == Suidpunt en taalgurus: sien http://www.netwerk24.com/stemme/menings/2015-09-30-die-top-10-taalfoute-wat-afrikaanssprekendes-onbewustelik-maak ek hoor gaag julle kommentaar! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 12:20, 1 Oktober 2015 (UTC) Hmmm... ek kry onmiddellik die volgende boodskap op my Vuurvos: ''Bly op hoogte van alles, teen R99 per maand!'' Toe sê ek, nee wat - en maak my Operasnuffelaar oop. Ek wonder wat sal die koerant maak as jy Tor begin gebruik - jou I.P.-adres verander so vinnig die webwerf is skoon permanent toeganklik. En as die F.B.I. nou heel toevallig jou rekenaar met 'n internasionale sindikaat s'n kruis, het hulle steeds geen bewyse nie. Ek was tog so angstig terwyl die netwerk laai [onthou, môre is die GROOT DAG, dis 2 Oktober!!!! Dalk 'n artikel oor ons?] en toe kyk ek my vas in 'n mooi horlosie, 'n wit helpmyfrislykhempie (alleseenwoord), 'n [[Ray-Ban Aviator|Aviator]]-sonbril en 'n naam wat ek nog nooit van gehoor het nie. Laat ek die sake kafdraf: 10. '''Wat/Wie''' (Korrek! As jy nie "wie se" (deze) kan sê nie, bly dit ''WAT'' (die). Ek gaan nie die ''Onse Vader'' aanhaal nie.) 9. '''Nogals''' (ek het in die AWS gaan naslaan van 1964 - daar staan ook net ''nogal''. Daar word wel by die [http://etymologiebank.nl/trefwoord/nogal Etymologiebank.nl] duidelik aangestip dat 'nogals' geselstaal is. Daar word geen etimologiese rede verskaf waarom dit nou sedert 1685 in daardie Neerlandistiese toestand bevrore moet bly nie.) 8. '''Huistoe''' (hierdie vloekwoord het my al so teë, deesdae praat ek in my Euromix sommer van "Hy is ''nach Hause''". Mense verstaan my Afriduits goed genoeg. Praat van der Teufel, [http://www.korrekturen.de/wortliste/nachhause.shtml die Duitsers sit met presies dieselfde probleem]). Die Oostenrykers en Switsers het al vergange jare die woorde vas geskryf. En hulle mag vandag nog! So, ek skryf myne ook vas, ten spyte van wat die AWS pleit. Die los woorde is maar weereens Nederlandse tradisie. '''Weereens''' is ook twee woorde, hoewel ek vir die een of ander rede 'n dwars strepie het om dit vas te wil skryf, dalk omrede die Duits vas is: "wiederum". Haai, lees ek vanoggend, die 4de Oktober, dit kan nou tog as een woord geskrywe word!) 7. '''Oppad''' (Nou kyk, selfs die slegste straathoer weet jy is eintlik veronderstel om soos die Franse 'n "die" voor elke liewe selfstandige naamwoord te plaas, met die uitsondering as jy die selfstandige naamwoord aan iemand toeskryf: "Trek gou JOU nommertjie aan". Terug by die begin: ''Ek is op die pad.'' Nou, dit begin neuk hoe mens die woord wil aanvaar: vir die doodgewone Afrikaanssprekende is "oppad" 'n werkwoord en daarom skryf hulle dit vas (bedoelende: Ek ry / Ek vlieg / Ek haas my), want dit is één aksie, een begrip (maar 'n werkwoord is dit nie, want jy kon netsowel skryf: Ek is ''haastig'' - nie 'n werkwoord nie). Die taalkundiges beskou hierdie "op pad" as 'n omskrywende tendens wat die outjie doen (en 'n tradisionele relik uit die Nederlands). Daarom: twee woorde. LW: jy kan '''pad langs''' loop, maar '''padlangs''' praat (uit: J.C. Combrink se "Spel reg!" (1977)) 6. '''Vir seker / Verseker'''. (Jy kan praat van 'n ''waagskaal'' pleks van 'n ''weegskaal''. Van ''vuilis'' pleks van ''vullis''. Van ''reg-reg'' pleks van ''rêrig'' (hoewel ''regtig'' die keurigste is). Van ''muskejaatkat'' pleks van ''muskeljaatkat''; leuter/luiters/luters; ''marke'' en ''markte''; ''Kersmis'' en ''Krismis''; ''hipokonders'' en ''ipekonders''; ''gemsbok'' en ''gensbok''; ''boerewors'' en ''boerwors''. Nou waarom de duiwel nie "verseker" pleks van "vir seker" (beslis!) nie? "Ver-" beteken "verandering", dit is hoekom. [En tog skryf ek "verseker" uit pure moedswilligheid, want waarom kan mens praat van '''vereers'''?]. 5. '''Waardeur''' en '''waardeer'''. (Eenvoudig: waar + deur ; waardeer = werkwoord van ''waarde'') 4. '''Minlik''' / '''Nimlik''' (Nee werklik, dit is 'n gebrek aan opvoeding. As jy Middelnederlandse poësie vir kinders aangebied het, sou hulle geweet het van die Hoofse Minne (liefde in die hof [tuin, kasteel, woning], die hof maak...). En waar meer''min'' vandaan kom (Uit Ndl. meermin (Mnl. meerminne), 'n samestelling van meer 'meer, groot binnelandse watermassa' en min, met lg. 'n afleiding van man in die oorspr. bet. 'mens' onder die invloed van minnen 'bemin'. Let wel: hier is ''meer'' nie soos die Duitse 'Meer' en die Latynse 'mare' wat "see" beteken nie.). As die kinders ook in die Sondagskool opgelet het: ''Jesus min my, salig lot''... sou hulle geweet het min het iets met liefde uit te waai. Nimlik kom uit "nimmelijk" (identies) wat lankal in die Nederlandse taal uitgesterf het. Ek vermoed dit kom van iets soos "naamlik" af, wat sou beteken het "op sy naam noem" of "volgens sy naam" (dis presies hy!), maar ek spekuleer nou. 3. '''Sin''' / '''s’n''' (Sin = Satz/zin/sentence of "teen my sin = teen my wil"; en s'n is die Afrikaanse weergawe van die "sein"/"zijn" (aan wie dit behoort, dit is "syne"). Vergelyk: "Dit is nie jou haarborsel nie. Dit is Alet '''s'n'''. Die haarborsel is '''hare'''." Maar gepraat van "Alet '''se''' haarborsel", die enigste ander Indo-Europese taal wat so 'n los '''se''' gebruik, waarvan ek weet, is [[Hindi]]: die woord "ka" word gebruik. Ons weet mos mens praat van ''Hans' boek'' (Nederlands) of ''John's house'' (Engels). Nou wonder ek of Afrikaans hierdie losgerukte "se" nou vanself sou geskep het, en of daar Indiese invloed iewers betrokke sou wees, want Maleisies het dit beslis nie. 2. '''Saam met''' (Ek het nog nooit (nie in die verlede nie, ook nie in die toekoms nie) in hierdie slaggat getrap nie: ''Kom gou saam my''. Die sin maak hoegenaamd nie eens vir my sin nie. Dit lyk my mense is bang om 'n dubbele "with-with" te skep, wat nie waar is nie. "Kom jy saam?" word mos maklik vertaal met "Do you come with?" Hier sien ons hoe "saam" en "with" op presies dieselfde vlak gebruik word, en dit skep verwarring by die onervare Afrikaanse gebruiker en die lakse moedertaalspreker. Dan kry jy egter die '''Praat jy saam met my?''' Alleenlik as ons al twee gelyktydig praat ja, andersins praat ek '''met''' jou! En jy '''met''' my! Ek praat nou, ''jy'' luister; jy praat nou, ''ek'' luister. Dit is hoe beskaafde mense kommunikeer oor 'n koppie tee.) 1. '''Huidiglik'''. ''Huidig'' is afgelei van ''hede'', maar kan ook uit die Duits afkomstig wees: ''misschien naar analogie van Duits heutig, dat al veel ouder is: ohd. hiutīg [8e eeuw; Pfeifer], mhd. hiutec, -ic.'', wat weer 'n afleiding is van '''heute''' (vandag) ( http://etymologiebank.nl/trefwoord/huidig ), byvoorbeeld: ''Heute ist der Tag''. Hierdie "vandag" kan sowel "op hierdie datum" (welches Datum haben wir heute? /Die hoeveelste is dit vandag?) as "deesdae" beteken. ''Huidiglik'' raak dus 'n dubbele afleiding van 'n bywoord wat ongrammaties is. Ek dink "huidiglik" kom van "presently" af; laasgenoemde kan jy wel in Engels doen, want 'n afleiding is hier slegs een keer gemaak. Kom ek vergelyk dit gou, hier is my veronderstelling: * In Afrikaans kry jy hede - huid'''ig''' - maar huidig'''lik''' is verkeerd. By die vorming van 'n nuwe naamwoord klink ''huidigheid'' korrek. * In Afrikaans kry jy swaar - swar'''ig''' - maar swarig'''lik''' klink snaaks. By die vorming van 'n nuwe naamwoord klink ''swarigheid'' korrek. * In Engels kry jy heavy - heavi'''ly''' - maar heavi'''lily''' klink snaaks. Hea'''vi'''liness pas hier nie, maar heavi-ness wel. * Kom ons kyk - heaven - heaven'''ly''' - maar heaven'''lily''' klink snaaks. Hea'''ven'''liness is ook korrek. Waarom kan mens praat van ''heavenli''ness, maar nie '''heavili'''ness nie? Jy sien, die Engelse weet dit nie, maar "heavy", soos ons eie "hewig" is reeds 'n afleiding van "hef"/"hebban" of Oergermaans *haf-jan. "Heavy" op sigself is nie die absolute simpleks nie, al behandel die moderne Engelsman hom so. Die woord "heavy" delf nog dieper die geskiedenis in. Ek raai dus dat heaven + li + ness aandui dat "heaven" die simpleks is. Ek dink daarom flous "huidiglik" die leser 'n bietjie. Huidiglik is dus: hede + -ig + lik, maar dit is nie nodig nie. Hede + -ig is goed genoeg. Jy kan dus ook sê "ek het my gruwen+lik (gruwelik) vererg", maar nie "ek het my hef+ig+lik vererg" nie. Jy kan slegs jou ''hewig vererg''. Kortom: dit help nie Riaan Grobler verwys slegs na die A.W.S. nie. Dit noem mens wetties en is 'n "want die boek sê so"- benadering. Of: "dis tradisie!". Tradisie se moer! Mense wil spesifiek weet waarom 'n ding is soos hy is. Die Afrikaanse Taalkommissie stel dit duidelik dat hy die Nederlandse tradisies respekteer, maak dus ten eerste gebruik van Nederlandse woordeboeke as jy onseker voel (met die uitsondering van ''agressief'' in Nederlands en ''aggressief'' in Afrikaans (oorspronklik a'''g'''re'''ss'''ion'' in [[Frans]], uit [[Latyn]] a'''gg'''re'''ss'''iō) ). Ten tweede kan jy met vrug Duitse woordeboeke byderhand hou. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 15:49, 1 Oktober 2015 (UTC) ::Dit spyt my innig om te sê, maar uit bogenoemde is Engels 'n opgeneukte taal. ''Heavily'' moes nooit bestaan het nie, net soos *hewiglik nooit bestaan nie. ::My teorie is, as 'n teks met sy EERSTE afleiding op -ig of -lik eindig, moet dit 'n goeie woord met -heid kan vorm. My teorie lyk reg, en soos 'n rekenaartaal werk dit uitmuntend, maar by nadere ondersoek werk dit slegs met Nederlands! ::Die voordeel is dat mens gedwing word om die oorsprong van die tekste te gaan soek. Wat jy uit onderstaande sal leer is dat taal nie perfek volgens 'n rekenaaragtige manier werk nie, soos EEN stam wat glad nie altyd bestaan nie. Sommige stamme bestaan nie meer nie (soos ''aak''), terwyl Afrikaans heelwat woorde nie meer gebruik wat Nederlanders wel nog tot hul beskikking het nie. Iewers was daar 'n moerse ''software failure''! 'n Oertaal soos Latyn en selfs Sanskrit is amper wiskundig bereken. Enkele van die ou Nederlandse vorme is deur die jare heen verafrikaans, soos ''doffigheid'' wat ''dowwigheid'' word. Dit lyk eerlikwaar of die Afrikaanse taal 'n stelselfout iewers opgedoen het. Die sterretjie (*) dui op woorde wat nie eintlik meer in Afrikaans gebruik word nie. {| class="wikitable" |- ! Stam !! Afleiding !! Nuwe Naamwoord (-heid) |- | *aiwō- (eeu, eewe, ee) || ewig || ewigheid |- | *aak/acan/ece (Engels: ache) || aaklig (NL:akelig) || aakligheid |- | grof || growwig (weinig gebruiklik) || growwigheid |- | droef || droewig || droewigheid |- | bedryf || bedrywig || bedrywigheid |- | styf || stewig || stewigheid |- | geloof || gelowig || gelowigheid |- | bygeloof || bygelowig || bygelowigheid |- | *[dik+lyf] || diklywig || diklywigheid |- | doof || *dowig (NL:dovig) || dowigheid |- | doof || dowerig || dowerigheid |- | dof || dowwerig || dowwerigheid |- | dof || *dowwig (NL:doffig) || dowwigheid |- |*[drie+hoef] || driehoewig || driehoewigheid |- |*[een+wyf] || eenwywig || *eenwywigheid (NL:eenwijvigheid) |- |*[hand+nerf] || handnerwig || handnerwigheid |- |*[hard+lyf] || hardlywig || hardlywigheid |- | laf || *lawwig (NL:laffig) || lawwigheid |- | lief || *liewig (NL:lievig) || liewigheid |- |*mogen- (vergelyk mag, krag, wil)|| moontlik (NL:mogentlijk) || moontlikheid |- |*moeye- (moeite, verdriet) || moeilik (NL: moeilijk) || moeilikheid |- | nuut || *nuwig (NL:nieuwig) || nuwigheid |- | slu || *sluwig (NL: sluwig) || sluwigheid |- |*[onder+hebben(haven)] || onderhewig || onderhewigheid |- | styf || *stywig (NL: stijvig) || stywigheid |- | styf || stywerig || stywerigheid |- | stof || stowwerig || stowwerigheid |- |*[teen+streef] || teenstrewig || teenstrewigheid |- |*[weder+streef] || wederstrewig || wederstrewigheid |- |*[twee+wyf] || tweewywig || *tweewywigheid (NL:tweewijvigheid) |- |*[veel+wyf] || veelwywig || *veelwywigheid (NL:veelwijvigheid) |- |*[vier+kief] || vierkiewig || vierkiewigheid |} [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 19:58, 1 Oktober 2015 (UTC) : Wat die losskryf van ''se'' betref: Ek dink dat dit dalk 'n verkorting van die Nederlandse 'zijn' is. Kyk [https://onzetaal.nl/taaladvies/advies/jan-zn-fiets-jan-zijn-fiets-jans-fiets hierso] wat die Hollanders van die saak sê. My Vlaamse vriende praat gereeld van 'Jan zijn hond' of afgekort 'Jan z'n hond' in plaas van 'Jans hond'. Dan is daar natuurlik ook die vroulike vorm, wat klaarblyklik in Afrikaans in die slag gebly het: 'Lieve haar hond' wat afgekort word tot 'Lieve d'r hond'. : En ek weet mens mag dit nie sê nie, dis blykbaar nie goeie maniere nie, maar ek hou van die woord 'huidiglik'. Iemand moet seker maar vir hom in die bres tree. Hoekom? Want ek hoor nou die dag hoe iemand die woordjie verguis met: 'Wel, huidiglik is actually nie 'n woord nie'. Vir seker, ja, maar dis darem baie beter as actually. Dit is byna of dit soms 'n sport geword het om in slegte Afrikaans oor huidiglik te kla. En as ons so ver geval het, dan verdien die woord seker bietjie ondersteuning en bystand hier van die kantlyn af. Ek weet nie of ek my nek heeltemal wil uitsteek deur oor 'huidiglik' se herkoms te bespiegel nie, maar ek wonder of 'huidiglik' nie 'n verafrikaansde weergawe van 'currently' is nie (of 'presently' soos Suidpunt noem). Daar is 'n reeks Engelse modewoorde wat baie gewild in Afrikaans is: actually, obviously, totally, currently en seker nog 'n paar. Nou, actually is eintlik, en obviously is natuurlik of duidelik, dan is dit seker moontlik dat currently huidiglik moet word. Of iets met 'n -lik. Ten minste is dit nie tanslik nie... [[Gebruiker:AHB|AHB]] ([[Gebruikerbespreking:AHB|kontak]]) 08:46, 2 Oktober 2015 (UTC) :::Baie, baie, dankie vir die "zijn"!! Dit is so voor die hand liggend! Die slang het my pas gepik. Die ooreenkoms in Hindi is dus blote toeval. Of dit uniek aan die Indo-Europese tale is, sal ek nie kan sê nie. :::Ek het slegs 'n patroon probeer vind wat verklaar waarom "huidiglik" so heftig aangeval word, want niemand gee 'n goeie rede waarom dit verkeerd is nie. Vir ons word amper van skooldae af gebreinspoel: ons skryf soos ons praat. Maar voor ek my weer kry, sit ek met Latynse, Oudhoogduitse en Middelduitse taalboeke, [[H.J.J.M. van der Merwe]] se ''Lanseloet van Denemerken'', die etymologiebank.nl en soms selfs ''Sweet's Anglo-Saxon Reader in prose and verse'' ['n horingou boek op enige taalliefhebber se leeslys] voor my om te probeer uitvind waarom die taalkundiges sulke uitlatings maak. :::Jou teorie lyk vir my na die beste rede wat "bestaansreg" gee aan 'huidiglik' - dit is 'n aanpassing by die Engelse slêng in Afrikaans. :::"Huidiglik" val nou nie in daardie "-ig" "-igheid" / "-lik", "-likheid"-patroon nie, so daar is nog 'n moontlike antwoord waarom die taalkundiges die woord pes. Die meeste hoogleraars het nog nie 'n bevredigende antwoord gegee waarom "huidiglik" geen woord is nie. Ook H.J.J.M. van der Merwe se ''Die korrekte woord'' lewer niks op nie. :::Van Huyssteen antwoord op Carry-Ann Nel se vraag: ''Iets soos ‘huidiglik’ is in ’n groot mate nog nie in formele, geskrewe taal te bespeur nie – daarom dat die Taalkommissie dit nog nie aanvaar nie.'' [http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2013/11/28/8/canuwewoorde_29_0_75053055.html ‘Moenie skrik vir taal op Twitter’: Party woorde bly taboe ]. :::Jammer, maar getalle (of, die kwantitatiewe benadering) is geen wetenskaplike antwoord nie [dit leer jy sommer dag een in jou honneursjaar], want wat sou mens nou met wetenskaplike begrippe maak wat tannie Sannie wat die wasgoed nou staan en ophang nooit sal gebruik nie? Ek het 'n woord "[[dominansiegeveg]]" geskep vir die Duitse ''Kommentkampf'' 'n paar jaar terug (die stryd tussen manlike diere om paar- en grondreg), omrede ek geen woord in Afrikaans daarvoor kon vind nie. Sal dit nou in die [[WAT]] aanvaar word, of moet dit eers in 50 verhandelings opduik [waarvan die Afrikaanse verhandelings en proefskrifte oor die ekologie deesdae maar yl gesaai is!]? :::Buitendien, as "huidiglik" dan vir formele situasies (so taks!) deur die proeflesers en taalpraktisyns uitgehaal word, wat van woordeboeke gebruik maak wat uitgegee is deur ons eie Franse ''Les « immortels »'', die Taalkommissie, hoe sal jy "huidiglik" dan ooit in die formele, geskrewe taal in die toekoms vind? Dit is 'n bedekte sirkelredenasie. :::Ek het toe tog bietjie gaan Google en bevind dat "hefelig", "hefelic", of "[http://www.gutenberg.org/files/31543/31543-h/files/dict_hn.html#word_hefig hefiglic]" (''heavily'') naas "hefig" (''heavy'') reeds deur die Angelsaksers in die jaar 1044 gebruik is. Herhaaldelik. Gestel my teorie is reg, dat "hefelig" 'n grammatikafout is wat geskep is deur 'n klomp Britte wat nie die Germaanse taal met drie vreemde genders en uitgange heeltemal kon baasraak nie (by name die Romeins-Kelte?), dan het die afstammelinge [en hul koloniale kroonbesit] so ongemerk 'n ou grammatikafout dwarsdeur die eeue niksvermoedend behou. :::Ons sit hier nou vasgevang tussen sulke oorlewerings (soos "huidiglik") en die wetenskap. Wie gaan oor die lange duur wen? :::Miskien was [[Afrikaans hoort by Nederlands|Petrus van Eeden]] reg, dalk het die Afrikaners in die 1910's-1920's meer met hul emosie as met hul verstand gedink. Want, soos ek die tabel kyk wat ek opgetrek het, sonder om nog die woordeskat van die ''Van Dale'' in te reken, het ons vreeslik meer verloor as wat ons deur 'afstigting' gewen het.</br> :::Nie eens Naspers, wat alleenhandel dryf, kon veel geld uit Afrikaans maak nie (wat nog te sê van duplikaatwoordeboeke - wat op 'n druppel water met die Nederlands ooreenstem - wat jaarliks geld opslurp?). Nou pieker ons oor kleinigheidjies, en word ons oë verblind deur ''binnepolitiek'' soos die bestaansreg van "huidiglik", Kaapse streekstaalwoorde, ens. grootliks omdat ons nie Hollands en die Hollandse taalgeskiedenis ken nie. Ook nie die Engelse, Duitse, Franse, Latynse en die hele Indo-Europese taalgeskiedenis nie. ''Sug!'' Die eintlike probleem gaan so ongesiens onder ons neus verby: Kom ons fokus dan maar eerder op iets opbouends, soos die uitbreiding van die vakterminologie en tweetalige woordeboeke... goed wat werklik saak maak. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 12:11, 2 Oktober 2015 (UTC) All content in the above text box is licensed under the Creative Commons Attribution-ShareAlike license Version 4 and was originally sourced from https://af.wikipedia.org/w/index.php?diff=prev&oldid=1391682.
![]() ![]() This site is not affiliated with or endorsed in any way by the Wikimedia Foundation or any of its affiliates. In fact, we fucking despise them.
|