Difference between revisions 1391685 and 1399376 on afwiki

{{argief}}
;2015:
== Verrotte webskakels ==

Almal wat hier bydrae behoort die artikel oor [[:en:Wikipedia:Link_rot|link rot]] te lees. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 06:59, 6 Januarie 2015 (UTC)
:Weet iemand watter sjabloon om te gebruik om argivering te kry (en hoe om dit te gebruik) dankie by voorbaat [[Gebruiker:Hansjoseph|hansjoseph]] ([[Gebruikerbespreking:Hansjoseph|kontak]]) 08:40, 7 Januarie 2015 (UTC)
(contracted; show full) grootliks omdat ons nie Hollands en die Hollandse taalgeskiedenis ken nie. Ook nie die Engelse, Duitse, Franse, Latynse en die hele Indo-Europese taalgeskiedenis nie. ''Sug!'' Die eintlike probleem gaan so ongesiens onder ons neus verby: Kom ons fokus dan maar eerder op iets opbouends, soos die uitbreiding van die vakterminologie en tweetalige woordeboeke... goed wat werklik saak maak. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 12:11, 2 Oktober 2015 (UTC)



;Oktober 2015:
Nota: ''Vorige artikels is na die [[Wikipedia:Geselshoekie/Argief31Mar2015|Geselshoekie-argief]] geskuif.''

==Foutiewe aanstuur?==
[[Bell se skarnierskilpad]] stuur foutieflik aan na [[Speke se skarnierskilpad]]. Tensy iemand nou daarvoor voel om 'n artikel te skryf, wil ek hom verwyder. Ek weet net nie hoe nie! Kan iemand miskien help?--[[Gebruiker:Michaelphillipr|Michaelphillipr]] ([[Gebruikerbespreking:Michaelphillipr|kontak]]) 07:59, 9 Oktober 2015 (UTC)
:{{uitgevoer|Afgehandel, dankie!}}

== Hoe om 'n blad te verwyder ==
Hi [[Gebruiker:Michaelphillipr|Michaelphillipr]]! In antwoord op jou vraag hierbo, slegs 'n administrateur of burokraat kan 'n foutiewe artikel verwyder ("delete"). Dit word gedoen deur die verkeerdelik-benaamde artikel te skuif na die korrekte naam, maar <u>sonder</u> om 'n aanstuur agter te laat. Daardeur skrap dit die verkeerde bladsynaam vir ewig.

Jy kan vra dat [[Gebruiker:Naudefj|Frank]], wat onlangs as burokraat aangewys is op die Afrikaanse wiki, jou hiermee help. Hy versoek dat jy die sjabloon <nowiki>{{skrap}}</nowiki> op die artikel ter sprake plaas, sodat hy dit kan raaksien.

Groete en sterkte van my af, [[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 15:22, 10 Oktober 2015 (UTC)

::Dankie [[Gebruiker:Aliwal2012]].--[[Gebruiker:Michaelphillipr|Michaelphillipr]] ([[Gebruikerbespreking:Michaelphillipr|kontak]]) 18:58, 11 Oktober 2015 (UTC)

== Kopieregtermyn van beelde ==
Volgens die Suid-Afrikaanse wet op kopiereg word alle werke in die publieke domein vrygestel vyftig jaar na hulle publisering, getel vanaf die begin van die volgende kalenderjaar. Ek wil graag uitvind of die 50 jaar getel word vanaf datum wat die foto geneem is, of vanaf die datum wat dit in 'n publikasie gepubliseer was. Voorbeeld: [[:Lêer:Ewald Esselen.jpg]] - 'n foto van Ewald Esselen. Die persoon is in 1918 oorlede, dus is die foto voor 1918 geneem, maar dit is in 1971 in die boek ''Kruger's Pretoria'' gepubliseer. Tel ons dan 50 jaar vanaf 1918 af, of vanaf 1971 af? Groete. [[Gebruiker:Ossewa|Ossewa]] ([[Gebruikerbespreking:Ossewa|kontak]]) 06:43, 12 Oktober 2015 (UTC)
::Dit moet tog sekerlik gaan oor wanneer dit geskep is, want as ek nou 'n ou foto in 'n boek publiseer, gaan iemand anders tog nie 50 jaar hoef te wag voor hy of sy dit ook in 'n boek mag publiseer nie? [[Gebruiker:Morne|Morne]] ([[Gebruikerbespreking:Morne|kontak]]) 11:22, 12 Oktober 2015 (UTC)
:::Besoek gerus: http://www.svw.co.za/copyright/ : ''Films and Photographs – 50 years from the end of the year in which the work is made publicly available, or the end of the year in which the work is first published, whichever is longer, or fifty years from the end of the year in which the work is made''. 
:::Die vraag is dan ook: aan wie behoort die foto? En waar moet jy die persoon in die hande kry? Hoe weet jy wie die fotograaf was? In my geval het ek 'n ander etiese kwessie: In die jaar 2007 is ek en Paps na die rekenaarwinkel; ek het gesoek na 'n tweedehandse hardeskyf om met Linux te speel (hoewel ek in der waarheid ''SuperTux'' gespeel het, vreklekker speletjie: mens kry mos eers gesonde verstand ná 25...). Die ou gee toe vir ons 'n hardeskyf met die presiese woorde: ''hierdie harddrive is stable''. 
:::Ieder geval: hier kom ek af op 'n oudskolier (eintlik was sy toe in Matriek) se foto's. Al haar rowwe partytjies, ''underage drinking'' en soortgelyke "afpersmateriaal" (wat vandag skaamteloos op Facebook geplaas sou word om die onderwysers mee te tart, want dit is mos nie in skooldrag nie). Onder andere was daar ook foto's van haar vriendinne (mens ruil natuurlik foto's uit). Voordat ek die hardeskyf skoongemaak het, het ek eers al die foto's op heelwat CD's gesny, met die woorde op: X-files I, II, III, IV... Nou is daar onder andere 'n mooi foto van Arniston op met 'n reënboog oor die kerkie. Hoe ek ook al brand van begeerte om die foto op te laai, ek weet ek mag nie. Maar dan weer: dis haar eie simpelgeit. Dis soos kontant wat op die vloer rondwaai: kontant het nie 'n naam op nie [behalwe dié van Gill Marcus en die opvolger], daarom weier ek om dit by die polisie te gaan inlewer. Op 'n keer het ek 'n selfoon gaan inlewer wat ek langs die strand opgetel het (eintlik was dit om nie van diefstal aangekla te word nie, want toe ek 'n SIM-ruiling doen, sien ek geld is by my afgetrek. ''Oh, shit'': MobileSecurity!). Ek het toe 'n volledige verslag saamgestel, maar die polisie was OK daarmee. Toe ek dit wou gaan terugeis [en geen ''rapportages'' gemaak is nie], moes ek na 6 maande terugkom. Toe nog 6, toe nog ... En toe koop ek vir my 'n Nokia by Jet Stores. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 07:31, 13 Oktober 2015 (UTC)
::::Dankie vir die insette. Dit lyk vir my of die wet op kopiereg dalk bietjie dubbelsinnig is waneer dit by fotos kom. Mens kan byvoorbeeld redelik maklik bepaal waneer 'n film of 'n boek vir die eerste keer in die publiek vrygestel is (the year in which the work is made publicly available) of wandeer dit vir die eerste keer gepubliseer is (the year in which the work is first published), maar dit sal byna onmoontlik wees om dit van 'n foto uit te vind. Miskien is dit meer toepaslik om die tydperk vir fotos te tel vanaf die datum waarop dit geskep is, of geneem is (fifty years from the end of the year in which the work is made). 
::::Ek stem ook saam met Morné, mens kan nie elke keer 50 jaar wag nadat 'n foto gepubliseer is nie, maar as mens dan werk op die datum waneer dit geskep is, dan is daar 'n defnitiewe datum, 50 jaar later, waneer die foto vry is, ongeag van hoeveel keer dit in die verlede gepubliseer was. 
::::Miskien is dit ook hoog tyd dat die wet op kopiereg opgedateer word. Groete [[Gebruiker:Ossewa|Ossewa]] ([[Gebruikerbespreking:Ossewa|kontak]]) 11:00, 17 Oktober 2015 (UTC)

== !afwiki op duckduckgo.com ==
Hallo Almal

Gebruik enige van julle dalk die soekenjin Duck Duck Go? https://duckduckgo.com/
Een van hulle grootste trekpleisters is dat hulle meer privaatheidsbewus is en mens nie afloer soos wat Google doen nie. Hulle het ook 'n innovatiewe manier om ander soekenjins te integreer. Dit word gedoen met die sogenaamde "bang syntax" (https://duckduckgo.com/bang), wat beteken dat mens 'n uitroepteken tesame met 'n kenwoord gebruik om soektogte met ander soekenjins uit te voer. 'n Ruk terug het 'n versoek gemaak dat die Afrikaanse wiki geïntegreer word, en ek is bly om te verneem dat hulle dit nou bygevoeg het. Mens kan nou in duckduckgo.com 'n soektog met "!afwiki" as voorvoegsel gebrui om so 'n soektog op die afrikaanse wiki uit te voer. M.a.w, as ek in duckduckgo.com soek vir "!afwiki gesegdes" verskyn die Afrikaanse wiki se soekresultate daarvoor.

Groete
[[Gebruiker:JCBrand|JCBrand]] ([[Gebruikerbespreking:JCBrand|kontak]]) 15:23, 14 Oktober 2015 (UTC)

:Dit is fantastiese nuus. Dankie JC. Ek gebruik by voorkeur DuckDuckGo en het ook al bygedra met vertalings vir die soekenjin. [[Gebruiker:Puvircho|Puvircho]] ([[Gebruikerbespreking:Puvircho|kontak]]) 15:35, 23 Oktober 2015 (UTC)

== Tempelchaos ==

Ek kan nie die artikel [[Tempel van Artemis]] skep nie. Ek kry die volgende boodskap: 

Die bladsy wat u wou stoor was geblok deur die gemorspos-filter. Hierdie situasie was waarskynlik deur 'n skakel na 'n eksterne webtuiste op ons swartlys veroorsaak.

Die volgende teks is wat ons gemorspos-filter geaktiveer het: .cs.com.

Help asb. (sommer die boodskap se swak taalgebruik ook). [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 18:31, 14 Oktober 2015 (UTC)

:Ekskuus, ek het reggekom. Ek het die adres uitgehaal, dit was toe in die artikel. [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 18:35, 14 Oktober 2015 (UTC)

== WikiWoordeboek ==

Het iemand hier al die [[Wikiwoordeboek]] opgedateer? Ons het drie artikels wat soontoe geskuif moet word: [[aarts]], [[voormalig]] en [[onkreukbaar]]. Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 08:18, 16 Oktober 2015 (UTC)

:Hoe sal mens dit doen: 'n nuwe inskrywing op Wiktionary maak en dan word dit op Wikipedia geskrap? [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 11:58, 20 Oktober 2015 (UTC)

::Ek het voormalig en onkreukbaar gedoen so goed ek kan, maar ek sukkel 'n bietjie met aarts omdat dit 'n voorvoegsel is en daar nie 'n sjabloon vir voorvoegsels is nie. Sal later weer kyk. [[Gebruiker:Winstonza|<span style="color:#26619C; font-family: Segoe Print">'''Winston'''</span>]] [[Gebruikerbespreking:Winstonza|<font color="#26619C;">(kontak)</font>]] 13:04, 20 Oktober 2015 (UTC)

::: Lyk goed. Dankie Winstonza! Groete. [[Gebruiker:Naudefj|Frank]] ([[Gebruikerbespreking:Naudefj|kontak]]) 19:08, 1 November 2015 (UTC)

== Duplikasie ==

Die artikels [[Dorslandtrek]] en [[Angola-Boere]] is byna identies. En is dit moontlik om die syfers te bevestig? Dit sê "370 persone uiteindelik hulle beloofde land bereik" en "’n aantal kleiner trekke het drie groot trekgroepe tussen 1892 en 1894 by die trekkers in Angola aangesluit". Na vier dekades, is hulle 2500 (1,900 wat teruggekom het en 600 wat agergebly het). Is dit moontlik? Groete, [[Gebruiker:Rui Gabriel Correia|Rui Gabriel Correia]] ([[Gebruikerbespreking:Rui Gabriel Correia|kontak]]) 20:36, 16 Oktober 2015 (UTC)
:Kyk gerus hierna om die syfers te bevestig: http://sas-space.sas.ac.uk/4032/1/W_G_Clarence-Smith_-_The_thirstland_trekkers_in_Angola_-_Some_reflections_on_a_frontier_society.pdf Groete, [[Gebruiker:Ossewa|Ossewa]] ([[Gebruikerbespreking:Ossewa|kontak]]) 11:23, 17 Oktober 2015 (UTC)
Volledige tabelle van die Dorslandtrekkers wat Angola teen 1881-1883 bereik het, verskyn in Nicol Stassen se boek, "Die Dorslandtrek, 1874-1881". Die ander feite is in Stassen se ander boeke wat as bronne in die artikel vermeld word. [[Gebruiker:Rui Gabriel Correia|Rui Gabriel Correia]], kontak my gerus - Nicol Stassen - [email protected].

== Pensioenfonds SA Vervoerdienste ==

Kan iemand my dalk inligting oor hulle epos-adres verskaf?

== Vergunning van webmeester om inligting te gebruik ==

Hoe maak ek met erkenning as ek ’n e-pos van die webmeester van ’n spesifieke webwerf gekry het om die inligting op die webwerf te gebruik as primêre bron vir ’n artikel? Ek kan die e-pos hier plaas indien dit nodig sou wees. [[Gebruiker:Puvircho|Puvircho]] ([[Gebruikerbespreking:Puvircho|kontak]]) 15:38, 23 Oktober 2015 (UTC)
:Hallo. 'n Soortgelyke vraag 'n maand terug: https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Geselshoekie/Argief31Mar2015#Bronne . [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 20:11, 23 Oktober 2015 (UTC)
::Dankie Suidpunt. [[Gebruiker:Puvircho|Puvircho]] ([[Gebruikerbespreking:Puvircho|kontak]]) 17:48, 24 Oktober 2015 (UTC)

== Is daar 'n blad oor Afrikaneretiket nodig? ==

Ek verwys na : http://www.everyculture.com/wc/Rwanda-to-Syria/Afrikaners.html 

Ek het pas 'n boek genaamd ''Culture Shock! Singapore'' (1993) klaargelees en verstaan nou die Singapoerse Sjinese, Maleiers en Indiërs beter. By die Maleiers was ek geskok toe ek lees dat selfs 'n pluisdier (''plush toy'') wat soos 'n hond lyk, of 'n hempie met 'n hond op, geheel en al onaanvaarbaar is. Honde word as onrein diere beskou (volgens die interpretasie van die Islamgeloof), en dit verstaan ek heel goed, maar ook ''beeltenisse'' daarvan.... dit was 'n skok. Ek bedoel - ons hou nie van spinnekoppe, vlermuise en slange in ons huise nie, maar tog pla rubberspinnekoppe, -vlermuise en -slange ons nie veel nie. As die kind miskien die rubberslang sal aanbid - kyk, dan is dit 'n ernstige saak vir die dominee of kinderarts. 

Die Zoeloe-etiket en Xhosa-etiket is 'n benaderde sosiale studie op sigself: want hier leer jy die kultuur en taal by, en dit is vir my heel makliker om te leer as die soort mengelmoes-Westerse kultuur van die Afrikaner wat jy nêrens op skrif kry nie. Dit is 'n antropoloog se nagmerrie!


Tannie Emsie Schoeman en Oom Nataniël se etiketboeke verskaf ons eintlik net internasionale Euro-Amerikaanse etiketraad in die breë wat jy vanaf Google kan aflaai - maar nou het jy 'n probleem: die Afrikaner self is in drie etiketboeke vasgevang: Kontinentaal-Brits-Amerikaans. Die Hollanders se etiket verskil immers van die Duitsers s'n, wat weer van die Franse etiket verskil (soos die driemaal-gesoenery op die wang). Rooi en wit rose in een tuil is tradisioneel nog onaanvaarbaar (ook in die Britse kultuur, dit simboliseer die dood), maar met geel krisante het ons vrede (Belgies, om presies dieselfde rede). Die getal blomme maak nie saak nie [nie waarvan ek weet nie!]. 

Gepraat van geel: Geel simboliseer in die Engelse en Franse kultuur lafhartigheid. In Afrikaanse kultuur: vrolikheid of jaloesie.

Die Maleiers [in Singapoer en Maleisië] spreek mekaar se seniors (sonder verwantskap) ook nog as "Oom" en "Tannie" aan - so, daardie spul "hooggeleerde" en hoog aangeskrewe polities-korrekte-geëmansipeerde [ONINGELIGTE!] snobwywe wat so teen die gebruik van "Oom" en "Tannie" in die Afrikaanse gemeenskap is: Jy ontken jou multikulturele herkoms! (Dankie hemel, dis lekker om konserwatief groot te word... Niks skort met my opvoeding van "oom en tannie" nie).

En wat die saak nog verder kompliseer is daardie einste geëmansipeerde vroue wat sommer die hele etiketboek by die deur uitsmyt en mens regtig verleë maak oor hoe om nou gepas op te tree. Jy mag nie 'n deur oophou nie [ook nie meer in Holland nie], want dit dui op die swakte van die vrou. Deesdae behandel ek vroue presies soos mans - wat ook skurwe taal soms op die regte tyd insluit - wat my effens onbeskof laat voorkom. Anders as baie Afrikaners volg ek die "onbeskofte" Hollandse REGUIT-eienskap om "Nee!" direk in iemand se gesig te sê, terwyl baie, soos die Engelse, gewoonlik eers wye draaie om Pluto gaan maak om die saak sagter te stel. (Wat baie ooreenstem met die Singapoere wat nie jou gevoelens wil seermaak nie). Wat my eie ingesteldheid betref: Jou JA is jou JA. Jou NEE is jou NEE. En basta daarmee. 

Die Sondagrus word nie so streng soos in Duitsland toegepas nie, hoewel daardie dag juis plek maak vir jou tipiese Sondagbraai.

Nog moeiliker: stel jy my nou aan jou vriende voor [soos in Brittanje en Amerika] of moet ek myself voorstel [soos in Holland en Denemarke?]. 

Aan die ander kant het jy "stiptelikheid" - volgens die Britse, Amerikaanse en Vastelandeuropese etiket moet jy klokslag 20:00:00 by 'n deur instap, soos aangedui op jou uitnodiging en horlosie. In Suid-Afrika sal mens iemand nog 10 tot 15 minute speling gee (weens ander kwessies was hierdie goue doel belemmer, in die wiele ry, of op inspeel, soos [[Afrikatyd]] en gebrek aan doeltreffende en seepglad infrastruktuur). In Singapoer kan jy byvoorbeeld laat aankom by 'n ete, sodat jy nie te "gierig"/"gretig"/"gulsig"/"aasvoëlagtig" vertoon nie. Van die moderne Singapoere breek juis weer hierdie reëls, anders begin bv. die troue se ontvangs laat - in hulle land word troues gewoonlik op één dag van die week gehou: en op daardie dag is daar dalk 3 of 4 troues wat bygewoon moet word. Die een vertraging lei tot die volgende.

Vir huisbesoeke in Suid-Afrika: moet jy eers 'n week of twee voor die tyd skakel en reël (soos die Dene maak, maar o hemel, mens, moet net nie durf vergeet nie!) of kan jy sommer net inwip as jy in die buurt is? 

Jy mag met jou hande op jou skoot aan tafel sit [Britse invloed], maar in die Europeeskontinentale wêreld dink die mense van jou enigiets: van brood steel, tot wapens onder die tafel deur smokkel (waarom anders moet jou hande permanent bo-op die tafel sigbaar wees?! Jou lewendige hande klap tog net die fyn kristalglase om... Hou dit liefs stil en uit die pad: op jou skoot!).

Die slotsom: die etiketboeke in Suid-Afrika help regtig nie veel nie. Ek kan hoogstens die etiket uit Grobbelaar se ''Boerewysheid'' kry - maar ook hier sien ons dat die Hollandse en Britse etiket mekaar vermeng het. En die effens stywe en stugge etiket van die Noord-Europeërs is ook hier in Suid-Afrika heelwat verslap. Deur die veramerikaansing is so te sê heeltemal weggedoen daarmee.  Vandag bly jy stil in 'n kerk (in die charismatiese kerke mag jy wel kliphard "Amen!" sê en tydens lofprysing jou hande ophef en handeklap), in 'n biblioteek mag jy effens saggies praat sonder om ander te pla [behalwe by 'n naslaanafdeling, daar swyg jy soos die graf], in die banke en ander openbare plekke wag jy in stilswye jou beurt af in die ry (bv. gewone banke) of rusbank (bv. [[Capitec Bank]]). Jy raas nie rondom 'n kerkgebou nie, jy raas ook nie in begraafplase nie. Jy kan op 'n plaas, op die strand en by Ratanga Junction jou longe uitgil.  

Dit is vir my net so onmoontlik om die etiket van die Suid-Afrikaanse Engelse te peil. Sal mens maar hou by die Britse etiket? Of nie? [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 12:06, 27 Oktober 2015 (UTC)

:Dankie, dit was baie lekker om die te lees.--[[Gebruiker:Michaelphillipr|Michaelphillipr]] ([[Gebruikerbespreking:Michaelphillipr|kontak]]) 08:16, 28 Oktober 2015 (UTC)

== Vertaling (verskuif vanaf besprekingsblad 27.10.2015) ==

Goeie dag, mede Wiki-lede!

Ek is gedurig opsoek na die regte Afrikaanse woorde as ek 'n artikel uit Engels vertaal. Byvoorbeeld, wat is 'n mooi Afrikaanse woord vir 'construction'? Die enigste woord waaraan ek kan dink, is konstruksie, maar dit is 'n anglisisme. Daar is tog sekerlik 'n meer opregte Afrikaanse woord daarvoor. (''ongetekende teks geplaas deur:'') [[Gebruiker:LiebeB|LiebeB]] ([[Gebruikerbespreking:LiebeB|kontak]]) 14:01, 24 Oktober 2015 (UTC)

:Wat is die sin? Dit kan bouwerk wees of 'n bouery of die eindproduk is 'n bousel of gebou. Terloops, konstruksie is nie 'n anglisisme nie. [[Gebruiker:Morne|Morne]] ([[Gebruikerbespreking:Morne|kontak]]) 15:10, 24 Oktober 2015 (UTC)
::O, jy bedoel [[Lys van minder suiwer Afrikaanse woorde]]? Lees maar, hoewel dit 'n gejaag na wind is [elkeen van ons beleef dit die een of ander tyd, dit is soos 'n oorgangsrite - na so 6 maande begin mens insien dat taal nie aan logika of suiwering onderworpe is as niemand wil saamspeel nie. Wat te duiwel help dit jy bestel ''bruismelk'', maar die halfafrikaanse kelner staar jou met 'n vraagteken aan? Dan sê jy maar: '' 'n Strawberry milkshake met genoeg hundreds and thousands, terima kasih.'' [Jy sal egter soos 'n halfgod in Ysland vereer word, maar nie in Afrikaans nie]. Dit is waar wat Morné sê, daar is niks fout met sulke verlatynsings, vergrieksings, verduitsings, verhollandsings, verspaansings ens. nie. Weet jy wat is WERKLIK 'n Anglisisme? Wanneer jy Afrikaanse woorde as bakstene gebruik om 'n Engelse huisie mee te bou. Jy let dit vinnig op in die sinsbou wat geleidelik deurskemer, maar eers as jy die Nederlands, Duits en Engels naas die Afrikaanse vertaling neerplak. Op sigself is dit, soos wyle Jan Combrinck tereg sê, 'n onmoontlike taak om presiese Anglisismes vas te stel (dié wat wel bekend is, vermy ek soos die pes). Jy sal Middeleeuse Nederlands onder die knie moet kry (wat onmoontlik is, want toe was daar nog geen Standaardnederlands nie), Fries en veral Platduits. En sommer Maleisies en die ander Afrikatale ook. As jy nou WERKLIK hardgebak wil wees, besoek ''De Bond tegen Leenwoorden'' ( http://bondtegenleenwoorden.nl/ ). Ek gebruik byvoorbeeld ''aftaster'' pleks van "skandeerder" omdat laasgenoemde nie so kort en bondig soos eersgenoemde is nie (dit is wel nie 'n Anglisisme nie). Maar verander sommer die maandname ook: vandag is dit 24 Wijnmaand [hoe koloniaal! Ons wingerd begin dan eers Februarie-Maart aan die gang kom!]. Maar waarom nog sukkel met Oudnederlands waarvan die bronne en woordeskat van die eenvoudige lekebroer so min is (selfs 'n verligte humanis soos [[Desiderius Erasmus]] het grotendeels in die verhewe wêreldskryftaal Latyn geskrywe)? Gaan lees jou Oudduitse boeke (deurspek met Latyn, Grieks, Kelties, ''und so weiter'' - bv. Moderne Duits: ''Es ist mir'' '''egal''' - "Dit maak nie saak nie", "dit skeel my nie") en leer bietjie Goties (deurspek met Grieks en Latyn) en Oudnoors (ook maar 'n afstammeling van Indo-Europees), Yslands (ook maar afgewykte Oudnoors) en die wonderlike Angelsaksies (suiwer Noordduits gemeng met 'n bietjie Jutlands, Kelties en Latyn, hmmmm... soos Magherita pizza). [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 17:00, 24 Oktober 2015 (UTC)
::O, ja - ek hou ook nie van '''Onder Konstruksie''' nie, dit klink soos iemand met aambeie of hardlywigheid. Ek hou wel van borde met die woorde '''In Aanbou'''. Dit klink skoon opbouend. 'n Mens sien sowaar uit na die nuwe winkelsentrum. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 17:03, 24 Oktober 2015 (UTC)
:::Terug na jou oorspronklike vraag: As jy nou wel so paniekbevange is met die gedagte dat jy moontlik 'n misdaad teen Afrikaans en die mensdom gaan pleeg, besoek '''www.linguee.nl''' of '''www.linguee.de''' . As jy nie met Nederlands regkom nie, sal jy met Duits regkom. Jy mag ook sê: ''As die puntjie by die paaltjie kom'' (Daniel Hugo het so vertaal) pleks van die geykte clichés (verskoon tog die pleonasme) ''Aan die einde van die dag'' (is dit die oortjies van die seekoei). Laasgenoemde twee irriteer die vyfhonderd muskiete uit my blombeddings uit. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 17:20, 24 Oktober 2015 (UTC)
:::En een laaste ding (sou iemand in die toekoms weer die blad besoek): kry vir jou 'n goeie tesourus of sinoniemwoordeboek. Toets dan eers die woord om die regte konteks te vind; as jy steeds onseker voel, toets die woord in Nederlands of gebruik jou verklarende woordeboek. By "Demografie" kan jy byvoorbeeld ''bevolkingsamestelling'' gebruik, maar ook ''volkstelling'' by ''sensus''. Jy kan ook horingou Hollandse woordeboeke nadersleep [vryelik te kry by archive.org] - toe die lande nog diep beïndruk was deur die [[Romantiek]] is die "volkseie" vooropgestel. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 11:20, 26 Oktober 2015 (UTC)
::::Wat ek baie waardeer van suiwer Germaanse woorde is dat hulle baie meer verstaanbaar is, veral omdat hulle gewoonlik saamgestelde naamwoorde is, wat uit kleiner betekenisvolle stamwoorde bestaan. Om jou voorbeeld "bevolkingsamestelling" te gebruik. As jy weet wat 'n bevolking is, en wat 'n samestelling is, weet jy wat 'n bevolkingsamestelling is. Met die "uitheemse" woord demografie kan mens nie seker wees nie. Dit het niks met 'n graaf of 'n demonstrasie uit te waai nie. Hierdie Germaanse woorde maak die taal meer verstaanbaar en konsekwent. Dink maar aan "skynheilig" en die Engelse "hypocrisy". Mens kan aflei wat skynheilig beteken ('n skyn van heiligheid), maar sonder oud-Grieks of Latynse kennis gaan mens nie die betekenis van "hypocrisy" van die woord self kan aflei nie. Die besetenheid van vroeëre Engelse taalkundiges met Latyns en hul strewe om Engels meer Latyns te maak het die Germaanse karakter van Engels baie afgewater en daardeur is hierdie afleibaarheid van abstrakte terme (soos "skynheilig") tot 'n groot mate verlore gegaan. [[Gebruiker:JCBrand|JCBrand]] ([[Gebruikerbespreking:JCBrand|kontak]]) 11:33, 27 Oktober 2015 (UTC)
:::::Nie alleen die woorde nie - die hele sinsbou van Engels is aangetas om by die Franse mode aan te pas! In Afrikaans, Duits en Hollands het jy nog grotendeels die Onderwerp-Voorwerp-Werkwoord (SOV). Oudengels was destyds presies so (SVO & SOV), MET DRIE GENDERS SOOS IN DUITS, maar met soveel insuig en kopiëring van die Franse kultuur, is dit nou amper heeltemal SVO (Subject-Verb-Object). Ek begin self wonder hoe lank dit gaan duur voordat Afrikaans 'n SVO raak. Die tangkonstruksie is reeds in ons taalkundeklasse voorgestel, soos ek nou gaan wys: 

:::Terwyl mens gewoonlik sou skryf: 

::1. Dagvaarding ''sal'' aan alle persone wat betrokke was '''uitgereik word''',   (SOV)

::::Word nou voorgestel: 

::2. Dagvaarding '''sal uitgereik''' word aan alle persone wat betrokke was.  (SVO)

::::'n Duitser sal sonder probleme nommer 1 deurvoer. 

::::::Ook:

::''Hierdie windpomp is aan die Nasionale Parkeraad deur Stewarts en Lloyds by geleentheid van die produksie van hul 150 000ste windpomp in Suid-Afrika'' '''geskenk'''.

::::Maar nou voel die taalkundiges te veel spanning word gelaai, omdat mens heeltyd wag op die werkwoord, "geskenk". Ek bedoel, dit lyk my werklik nie die taalkundiges het in hul lewe kontak met Duits gehad nie! 'n Tipiese sinsbou in Duits is:

::Die vrou, wat-ek-ken-vandat-ek-klein-was-met-die-o-so-mooie-hare-van-satyn-wat-gebly-het-in-die-huisie-in-Rothenburg-ob-der-Tauber, '''is doodgemaak'''. 

::::Spanning of te nie, die werkwoord wag sy beurt af! [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 13:00, 27 Oktober 2015 (UTC)

== Tegnologie steel gesinstyd  ==

Na aanleiding van ''Tegnologie steel gesinstyd‎; 16:54 . . (+26)‎ . . ‎197.79.1.167 (Besprekings)‎ (Nuwe bladsy geskep met 'tegnologie steel gesinstyd')''. ( https://af.wikipedia.org/wiki/Tegnologie_steel_gesinstyd )

Dit lyk na 'n baie interessante onderwerp, hoewel nie ensiklopedies van waarde nie. Ek kan tussen die reëls lees: dit is skoolwerk. Ek gaan niemand se huiswerk vir hom doen nie, maar fokus op die volgende enkele aspekte [vir en téén tegnologie wat gesinstyd steel]:

* '''Tegnologie verhoog vrye tyd, wat met ander strooi en tydverspilling opgevul KAN word''' [moet tog nie vir my sê jy het 'n leerboek oor Arabies gaan aflaai nie... jy neuk die statistiek en stereotipe oor tieners nou goed op!]. Bv. Dit sal jou so 3 maande tot 5 jaar duur om deur woordeboeke te blaai net om die [[intensiewe]] vorm van "bruin" te soek. Daar kry jy die antwoord toe op Wikipedia in 'n kits. Nou kan jy daardie 5 jaar opvul deur YouTube-video's te kyk. En weer. En weer. Rol terug. Kyk weer. En weer. YouTube-video's kan tot 10 minute neem om te laai [en steeds vashaak terwyl jy speel]. En laat ons eerlik wees - DStv sal binnekort sy deure moet sluit: want hier is so waar as wragtig iets vir almal. [Ja, ook daardie katvideo]. Wie wil vasgevang wees wat die TV vir jou opdis? Dit is tog eenrigtingverkeer! En as jy nou in die middel van 'n onwettige oplaaisel van die nuutste rolprent is [of 'n ou [[Casper de Vries]]-grap], is jy nie lus om in die tuin te gaan werk nie.

::Toets jouself: besoek jou Internetgeskiedenis. Kyk dit vierkantig in die oë. Moenie vir jouself kwaad wees omdat daardie vullisdrom in die kombuis nog nie uitgegooi is nie. Jy was bloot besig met belangriker goed. 

::Laat ons nie die leegste vorm van tydverspilling, Facebook, ook buite rekening laat nie...

::Dan, vir die meer "produktiewe" soort [die ''geeks''] is daar "aan baie boeke maak kom geen einde nie": jy hop van die een skakel na die volgende: jy begin met [[Euklidiese meetkunde]], maar eindig by [[Goudvis]]. Dan begin jy boeke aflaai - in die dorpsbiblioteek kan jy hoogstens 4 boeke per slag uitneem. Nee, nou kan jy 35 in 'n halfuur aflaai. Hoe maller en vreemder, hoe beter. En tog, die aflaai neem tyd.  En net as jy klaar afgelaai het, besoek jy [[Biblioteek]], om te kyk wat daar in jou plaaslike biblioteek beskikbaar is...

::So, jy is nie 'n boekwurm nie? Dan skryf jy miskien programme vir [[Firefox]], is 'n aktiewe lid van Wikimania Suid-Afrika, lewer insette tot [[Linux]] en [[LibreOffice]]. Of dalk [[Greenpeace]]?

::Ook nie? Dan is jy seker besig om polemiek tussen [[Dan Roodt]] en [[Max du Preez]]/[[Marianne Thamm]] op te weeg ['n mens mag hulle seker nog in dieselfde sin gebruik?]. Ag, tussen [[PRAAG]], ''[[Der Spiegel]]'', ''The Daily Maverick'' en [[Netwerk24]] is daar iewers seker 'n goue middeweg... As jou Ma inkom: "Waarmee is jy so besig, knapie?" "Politieke ontleding, mammie!" 

::Die ergste siekte waaraan 'n mens kan ly is neofilie - die sug om alles te omarm wat nuut is. Want mens raak tog so gou verveeld, en om daardie drang te bevredig is maar dieselfde as opium snuif: dit raak verslawend. 

* '''Tegnologie verhoog produktiwiteit.''' My eie rekenaar is my kwaaiste baas: by Excel vertoon my een blokkie by elke taak rooi as 'n sekere tydperk verstreke is (danksy daardie wonderlike formule op my gebruikersblad). Nie eens jou Ma kan so streng wees soos jou eie blikbrein wat meganies jou oor die vingers tik nie. Ek olie byvoorbeeld die tuinhek se skarniere elke 31 dae. As jy die een oggend wakker word en sien 10 rooi blokkies van verskillende take wat wag op jou, dan het jy probleme en 'n erge skuldgevoel.

* '''Tegnologie is verdomp stadig'''. Sonder om te veralgemeen: 90% van 'n tiener se gesprekvoering tussen maatjies is twakpraat. Soos meerkatte wat radarseine uitstuur om elkeen se Garmin-koördinate te peil. In die oude dae was daar 'n gegewe tydperk waar mens mekaar gesien het, gegaan het, en die afwesigheid geniet het. [In my hoërskooljare was ek net te bly om smiddae van die skool en burokrasie weg te kom! Ek hou van my stilte.] Dit is 'n konstante gekwetter, getjirp, geskinder oor persoonlikhede en karakters wat oor 50 jaar nie die geskiedenisboeke sal haal nie. Die gesketter en gekwetter is niks - 300 woorde per minuut werk goed. Maar probeer daardie 300 woorde per minuut SKRYF! Gou word die tyd uitgerek: 1 uur, 2 uur, 5 uur... [haai, ek moet toilet toe!]... 6 uur, 8 uur, [etenstyd]... Waarom druk jy nie maar eerder op Whatsapp daardie "record"-knoppie nie? Praat is tog vinniger!

::Laat ons ook nie praat wanneer die aflaaityd so stadig loop nie...

::Veel erger: daardie lastige ventjie wat heeltyd tydig en ontydig pla: "Hallo?..." "Hoe gaan dit?..." "Wat doen jy?..."  

::Het jy al ooit van Pavlov se positivistiese proef oor kondisionering gehoor? Lui klokkie, kwyl drup uit die hond se bek... [Lui selfoon, ek kyk].

* Tegnologie bied 5 000 antwoorde op elke vraag [en ander weer niks!]. Dit vat vreeslik baie tyd om al die nuttige inligting te sif [en dan nog te vertaal!]. Die grootste frustrasie is seker as jy spesifieke inligting soek, maar jy het nie die vaagste benul waar om te begin nie. Die grootste beslommering is die klomp drek van pseudowetenskaplikes wat jy eers met rooi ink moet doodtrek.

* So, jy was vroeër tevrede om met jou maatjies en gesin bal te skop? Wel - geniet MMPORG, soos ''World of Warcraft'' of enige aanlynrolspel. Daar is derduisende speletjies wat jy gratis kan gaan aflaai deur Android. Speletjies mors tyd - my Pa was baie streng daaroor: "'n rekenaar is daar om mee te werk, nie om op te speel nie." 

* Gumtree, OLX, Bidorbuy, Amazon, Ebay, Takealot, VanSchaik... dit kos nou nie meer 15 minute om in 'n boekwinkel of snuisterywinkel rond te loop nie - jy sif deur duisende boeke en "verbruikersgoedere" enetjie vir enetjie [die kategorisering is gewoonlik power of bestaan nie!]. En hoe meer jy treffers opmerk, hoe meer WIL JY hê!!! Jy vergelyk pryse dat dit klap. Ek sit met vragte ou boeke in my kamer wat ek met sterke dissipline nou wil begin deurwerk. Maar die een boek wys weer na die volgende, jy Google weer, en die hele proses maak jou wenslysie net al hoe langer! [Party sal byvoorbeeld op flieks, rekenaarspeletjies, versamelstukke, ens. presies dieselfde reageer!]

* Vind jy dit nie lastig om 30 minute te moet inruim om sekere programme by te werk [''update''] nie? Boodskappe soos [UPDATE NOW!] is vreeslik irriterend. En om hierdie lastigheid vaarwel te sê, doen jy maar soos die rekenaar jou beveel. 

* Gedenk die volgende gesprek:

::MA: "Is jy op die internet?"
::KIND: _Brom iets_
::MA: "Wil jy nie miskien vir my 'n resep wat mens met tamaties kan doen soek nie?"
::KIND: _Brom iets geïrriteerd_
::MA: "Goed, ek sal dit dan self doen!"

* Jy kan ook die TV inreken, veral daardie strooisages [sepies]... "Sjoes nou, ek kyk!" / "Sjoes nou, ek luister!".

* Tegnologie bied oorproppe [of is dit oorfone?] wanneer jou ma 'n gesprek wil voer. Musiek, potgooie, streeksradio's... 

* Tegnologie kan eenvoudig net doodstop of traag wees; dink maar aan rekenaarprogramme wat stol.

* Tegnologie bied juis onderwerpe om met jou liewe ouers oor te praat. "Ma/Pa - volgens Wikipedia het dit-en-dit-en-dit gebeur, was dit so?" "Ma, volgens hierdie godsdiensleerstelling ... wat sê ons kerk daaroor?" "Pa, weet Pa van oom Harry se graffoto op EGGSA.org?" "Ma, ek sien op Facebook daar is baie familielede van die burgemeester wat die afgelope paar maande by die munisipaliteit begin werk het. Dis darem vreemd, dink Ma nie so nie?" "Haai Ma, kom kyk na die foto's wat ek vandag geneem het".

* Tegnologie, soos die Internet, vertel (ongevraag(d)!) vir jou alles oor menslike voortplanting [en in elke liewe vorm], sodat jy dit nie by jou ouers hoef te hoor nie [die intieme gesprekke gaan so verlore, hoewel party ouers dikwels 'n sweetdruppeltjie wegpink oor hierdie duistere onderwerp wat hulle al te goed ken...]. 

::Dit is maar van die laterale denke waar jy rondom kan bou. Lees ook gerus ''[[Hoe God verdween uit Jorwerd]]'' en let op die deel oor mondelingse oorvertellings wat deur die jare heen tot niet gaan. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 18:09, 28 Oktober 2015 (UTC)

* Voordat ek vergeet - die grootste sondebok: REKLAME/ADVERTENSIES. Daar is nie 'n TV-kanaal wat daarvan gevrywaar is nie. Korreksie: Net Parlement-TV is van advertensies gevrywaar (sover ek weet?). Dink net aan al daardie AFSLAG!!!! wat hulle aan jou opdring [in Dollars].  Jy het nie daarvoor gevra nie. Dink aan die oorvol posbus, gemorspos, die telebemarker, Facebook wat probeer vasstel waarvan jy hou. Webwerwe wat jou Ma uitvloek omdat jy nie hul advertensies kyk nie (ONS ARME WERFIE LEEF TOG NET VAN ADVERTENSIES! Klik op hierdie knoppie en skenk $1 aan wêreldhongerverligting [ons voorsien eintlik wapens aan ISIS, maar dit hoef jy nie te weet nie]). Of dink aan daardie SMS-advertensies: YOU HAVE WON R28 000 CALL LUCINDA @ 082066584413564541374216 . [5 sekondes vermors] Nou moet jy eers daardie advertensie by jou selfoonnetwerk gaan rapporteer om jou filantropiese daad vir die dag te doen [30 minute]. Sal ons uitwei oor die "Nigerian Prince" en 419-pos? 

::Gelukkig is daar vir die websnuffelaars Adblock Plus. 
* Tegnologie skep ongeduld: in ''Hoe God verdween uit Jorwerd'' word geskryf - as daar 'n vinniger middel tot 'n doel is, word jy gouer ongeduldig. Bv. vroeër was die krakende wa oor die berge en dale die vinnigste manier. Daar was geen ander nie. Nou is 2-3 ure vanaf die Overberg na Kaapstad per motor te erg. Hoekom? Want jy het helikopters en vliegtuie wat die werk vinniger kan doen. Nie almal kan 'n helikopter besit nie, maar die feit bly staan: DAAR IS 'N VINNIGER MANIER! Nou haal die ouer sy frustrasie op die kind uit, en vica versa. En almal sit nou stom en suur in die kar vir mekaar in die truspieëltjie en gluur.

* '''Minder is eenvoudig meer'''. 500 gigagreep of 2/4/8/16/32/64 teragreep hardeskyf(kombo's) laat jou vandag toe om amper oneindig baie lêers en dokumente af te laai of skep. Dit word netjies op 'n konvensionele toebroodjiedik [of kleiner] medium geberg en bly uit almal se pad. Dit is gaaf. Die probleem is egter die rugsteun. Hoe groter die hoeveelheid dokumente, hoe langer duur dit om die lêers te orden, 'n individuele naam te gee, te merk (''tag''), kommentaar by te voeg [soos foto's, anders weet jy nie wie die gesigte op die foto is wanneer jy 80 jaar oud is nie] en deur te soek. Windows se bedryfstelsel het ook die vloek om tot 8 ure te neem om die stapel lêers van een medium na 'n ander oor te dra. En dikwels weet jy nie wat die probleem is as daar skielik 800 lêers oorbly wat nie oorgedra kan word nie. ''Total Commander'' werk vir my beter: die oordragspoed bly in my geval redelik konstant [en verminder die oordrag met 3-4 ure]. Hy sê ook vir jou wat fout is: die naam is gewoonlik te lank [meer as 21 letters]. Dan is daar 'n ander probleem: dubbele/trippele/driedubbele/vierdubbele gekopieerde lêers. ''Duplicate Cleaner Free'' help hier heelwat. '''Maar die groot vraag is: sou jy hierdie probleme in die eerste plek gehad het?''' [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 06:02, 29 Oktober 2015 (UTC)

== VisualEditor News #5—2015 ==

<div class="plainlinks mw-content-ltr" lang="en" dir="ltr">
''[[m:VisualEditor/Newsletter/2015/October|Read this in another language]]  •  [[:m:VisualEditor/Newsletter|Subscription list for this multilingual newsletter]]''

<div style="margin:0.5em;width:230px;{{#switch:ltr|rtl=float:left;margin-left:0;|#default=float:right;margin-right:0;}}border:1px solid #AAA;padding:0.5em;">
[[File:VisualEditor-logo.svg|200x70px|center|alt=VisualEditor]]
'''Did you know?'''  
<div class="thumbcaption" style="font-size: 90%;">

You can use the visual editor on smartphones and tablets.<br/><br/>[[File:Switching edit modes to VisualEditor on Mobile web.png|alt=Screenshot showing the menu for switching from the wikitext editor to the visual editor|centre|frameless|230x230px]]<br/>
Click the pencil icon to open the editor for a page.  Inside that, use the gear menu in the upper right corner to "{{int:mobile-frontend-editor-switch-visual-editor}}".

The editing button will remember which editing environment you used last time, and give you the same one next time.  The desktop site will be switching to a system similar to this one in the coming months.
<br/>You can read and help translate [[:mw:VisualEditor/User guide|the user guide]], which has more information about how to use the visual editor.
</div></div>
Since the last newsletter, the [[mw:VisualEditor|VisualEditor Team]] has fixed many bugs, added new features, and made some small design changes.  They post weekly status reports [[mw:VisualEditor/changelog|on mediawiki.org]]. Their workboard is available [[phab:project/board/483/|in Phabricator]].  Their [[mediawikiwiki:VisualEditor/Current_priorities|current priorities]] are improving support for languages like Japanese and Arabic, making it easier to edit on mobile devices, and providing rich-media tools for formulæ, charts, galleries and uploading.   
=== Recent improvements ===
'''Educational features:''' The first time ever you use the visual editor, it now draws your attention to the {{Int:visualeditor-annotationbutton-link-tooltip}} and {{Int:visualeditor-toolbar-cite-label}} tools.  When you click on the tools, it explains why you should use them. ([[Phab:T108620|T108620]]) Alongside this, the welcome message for new users has been simplified to make editing more welcoming. ([[Phab:T112354|T112354]])  More in-software educational features are planned.  

'''Links:'''  It is now easier to understand when you are adding text to a link and when you are typing plain text next to it. ([[Phab:T74108|T74108]], [[Phab:T91285|T91285]])  The editor now fully supports ISBN, PMID or RFC numbers. ([[Phab:T109498|T109498]], [[Phab:T110347|T110347]], [[Phab:T63558|T63558]])  These  [[:en:Help:Magic_links|"magic links"]] use a custom link editing tool.  

'''Uploads:'''  Registered editors can now '''upload images''' and other media to Commons while editing.  Click the new tab in the "{{int:visualeditor-toolbar-insert}} {{int:visualeditor-dialogbutton-media-tooltip}}" tool.  You will be guided through the process without having to leave your edit.  At the end, the image will be inserted. This tool is limited to one file at a time, owned by the user, and licensed under Commons's standard license.  For more complex situations, the tool links to more advanced upload tools.  You can also drag the image into the editor.  This will be available in the wikitext editor later. 

'''Mobile:'''  Previously, the visual editor was available on the mobile Wikipedia site only on tablets. Now, editors can use it on all devices regardless of size if they wish. ([[Phab:T85630|T85630]])  Edit conflicts were previously broken on the mobile website. Edit conflicts can now be resolved in both wikitext and visual editors. ([[Phab:T111894|T111894]])  Sometimes templates and similar items could not be deleted on the mobile website.  Selecting them caused the on-screen keyboard to hide with some browsers.  Now there is a new "{{int:Visualeditor-contextitemwidget-label-remove}}" button, so that these things can be removed if the keyboard hides. ([[Phab:T62110|T62110]]) You can also edit table cells in mobile now.

'''Rich editing tools:'''  You can now add and edit '''sheet''' '''music''' in the visual editor. ([[Phab:T112925|T112925]])  There are separate tabs for advanced options, such as MIDI and Ogg audio files. ([[Phab:T114227|T114227]], [[Phab:T113354|T113354]])  When editing '''formulæ''' and other blocks, errors are shown as you edit.  It is also possible to edit some types of '''graphs'''; adding new ones, and support for new types, will be coming. 

On the '''English Wikipedia''', the visual editor is now automatically available to anyone who creates an account.  The preference switch was moved to the normal location, under [[Special:Preferences]].

=== Future changes ===
You will soon be able to '''switch from the wikitext to the visual editor''' after you start editing. ([[phab:T49779|T49779]]) Previously, you could only switch from the visual editor to the wikitext editor.  Bi-directional switching will make possible a '''single edit tab.''' ([[phab:T102398|T102398]]) This project will combine the "{{int:vector-view-edit}}" and "{{int:visualeditor-ca-editsource}}" tabs into a single "{{int:vector-view-edit}}" tab, similar to the system already used on the mobile website.  The "{{int:vector-view-edit}}" tab will open whichever editing environment you used last time.

=== Let's work together ===
* Share your ideas and ask questions at [[:mw:VisualEditor/Feedback|VisualEditor/Feedback]].  This feedback page uses [[mw:Flow|Flow]] for discussions.
* <mark>Can you read and type in Korean or Japanese?</mark> Language engineer [[mw:User:DChan (WMF)|David Chan]] needs people who know which tools people use to type in some languages. If you speak Japanese or Korean, you can help him test support for these languages. Please see the instructions at [[mw:VisualEditor/IME Testing#What to test|What to test]] if you can help, and report it on Phabricator ([[phab:T110654|Korean]] - [[phab:T109818|Japanese]]) or on Wikipedia ([[:ko:위키백과:시각편집기/IME|Korean]] - [[:ja:Wikipedia:ビジュアルエディター/フィードバック/IME|Japanese]]).  
* Local admins can [[mediawikiwiki:Citoid/Enabling_Citoid_on_your_wiki|set up the Citoid automatic reference feature for your wiki]].  If you need help, then please post a request in the [[phab:tag/citoid/|Citoid project on Phabricator]]. Include links to the [[:mw:Help:TemplateData|TemplateData]] for the most important citation templates on your wiki.
* The weekly task triage meetings are open to volunteers.  Learn how to join the meetings and how to nominate bugs at [[:mw:VisualEditor/Weekly triage meetings|mw:VisualEditor/Weekly triage meetings]].  You do not need to attend the meeting to nominate a bug for consideration, though.  Instead, go to Phabricator and "associate" the main [[phab:project/profile/483/|VisualEditor project]] with the bug. 

If you aren't reading this in your favorite language, then please help us with translations!  Subscribe to the [[mail:translators-l|Translators mailing list]] or [https://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=User_talk:Elitre_(WMF)&action=edit&section=new  contact us] directly, so that we can notify you when the next issue is ready. Thank you!
</div>—[[:mw:User:Elitre (WMF)|Elitre (WMF)]], 18:17, 30 Oktober 2015 (UTC)
<!-- Message sent by User:Elitre (WMF)@metawiki using the list at https://meta.wikimedia.org/w/index.php?title=VisualEditor/Newsletter/Wikis_with_VE&oldid=14334116 -->