Difference between revisions 1691063 and 1691953 on afwiki

== Onvertaalde teks ==

Hi Adriaan!

Insake [[Hulp:Gesagkontrole]]

Jy moet asb enige bydrae eers vertaal voor jy dit in die hoofnaamspasie publiseer. Dis nie aanvaarbaar om uit Engels te knip en plak op af:wiki nie, al is jou bedoelings goed!! As dit nie oor 'n uur verbeter is nie gaan ek dit verwyder. Groete  --[[Gebruiker:Aliwal2012|Aliwal2012]] ([[Gebruikerbespreking:Aliwal2012|kontak]]) 09:23, 16 September 2017 (UTC)

(contracted; show full)

:::Kom jy Wikimania toe? [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 11:53, 18 Julie 2018 (UTC)

:::: Ja! Sien ek jou môre by die openingsfunksie? K175 ([[Gebruikerbespreking:K175|bespreking]] | [[Spesiaal:Bydraes/K175|bydraes]]) 12:05, 18 Julie 2018 (UTC)
:::::O ja! Die mooiste man van Krugersdorp sal daar wees! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 12:05, 19 Julie 2018 (UTC)


== Botartikels ==

Hallo Adriaan, ek sien jou bot het nou met die botartikels begin sonder om die gemeenskap te vra. As dit nou 20 000 artikels sou word, sal dit die grootste impak op ons projek ooit wees en almal moet daarvan kennis neem, dis dog 'n gemeenskapsprojek. Soos jy weet hou ek meer van kwaliteit bo kwantiteit. Vandag met al die nuwe inspirasies wou ek julle by verskeie artikels soos nedersettings en politici met kassies en al die dinge help. Maar hoe meer artikels met min inhoud geskep word, hoe minder kan ek help met uitbreiding. Ek wou eers die een stap na die ander doen. Eers bestaande artikels uitbrei, help en met kassies versorg en aansluitend begin ons met nuwe artikels. Ek het nog my eie projekte. Daar is ook nie genoeg tyd om jou bot met taalskakels te help nie, jammer! Groete. -- [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 13:56, 20 Julie 2018 (UTC)